












âą Femtosecond-LASIK en LALEX
âą Korneale Laser prosedure PRK
âą Kontaklens-inplantings
âą Refraktiewe katarakchirurgie
âą Refraktiewe lens vervanging
âą Retinale-chirurgie
âą Makula-chirurgie
âą Ooglid-chirugie
âą Pterygium chirurgie





![]()













âą Femtosecond-LASIK en LALEX
âą Korneale Laser prosedure PRK
âą Kontaklens-inplantings
âą Refraktiewe katarakchirurgie
âą Refraktiewe lens vervanging
âą Retinale-chirurgie
âą Makula-chirurgie
âą Ooglid-chirugie
âą Pterygium chirurgie





permanent
Cor Cronje, sedert die 1970âs ân inwoner van Malmesbury en ân bekende gesig agter die lens van sy kamera, is Woensdagaand (2 Julie) in die ouderdom van 77 jaar in die Mediclinic Cape Gate oorlede
Hy is Maandag 30 Junie in die hospitaal opgeneem nadat hy by sy huis geval en ân kopbesering opgedoen het Hy het twee operasies ondergaan voordat hy in ân koma verval het Hy is kort daarna dood DiĂ© skoknuus het soos ân veldbrand deur die streek versprei Cronje, gebore in Hermanus as die tweede jongste van 10 kinders, was alombekend as die vriendelike fotograaf van die Swartland wat sedert die gemeenskapskoerant die Swartland en Weskus Herald se dae byna by alle nuusgebeure, skoolbyeenkomste en ongelukstonele teenwoordig was Hy was ook ân bekroonde trou- en geleentheidsfotograaf Cronje het ook goeie herinneringe as tegnikus by Telkom, waar hy 32 jaar in Malmesbury gewerk het, en graag staaltjies van sy tyd by die destydse kommunikasiereus gedeel Dit sluit ân paar noue ontkominge en elektriese skokke in Hy het sy eerste kamera gekoop nadat hy ân afleggingspakket aanvaar en saam met sy broer begin fotoâs neem het Cronje was tot nĂĄ die Covid-19-pandemie nog as fotograaf by gemeenskapsnuus betrokke en het nĂĄ die Herald se naamsverandering onder meer by Die Tempo, Swartland Monitor, Swartland Gazette, Die Courant en Swartland Joernaal gewerk IzĂ©lle FouchĂ©, redakteur van die Joernaal, sĂȘ hy het altyd die positiewe raakgesien, geglimlag en ân grappie gehad om te vertel âDie glinster in sy oĂ« as hy iets ondeund aangevang het, sal ek nooit vergeet nie Ek kan my nie ân Malmesbury indink waar hy nie langs ân rugbyveld staan of sy oggendstappie neem nie Sy âhallo my ou girlâ as ek hom gebel het, sal ek baie mis Hy was ân rots, ân steunpilaar en ân inspirasie â
NĂłg ân oud-kollega, Sarie Nell, is dit eens dat sy humor, omgee, vermoĂ« om ân situasie deur die lens vas te vang en lesers sĂł te laat deel in dit wat in die Swartland gebeur, ân konstante was âSoms was hy nie lus vir nĂłg ân swem- of atletiekbyeenkoms in die hitte nie, en wie sou ons dan steeds jaar nĂĄ jaar langs dieselfde swembad en atletiekbaan aantref â dieselfde gentleman, kamera in die hand, glimlag op die lippe, reg met nog ân grappie, nog ân kamma-nabootsing van iemand wat ons ken â Cronje het sy vrou, Susan, op ân blinde afspraak ontmoet Hulle het in 1974 die knoop deurgehaak en verlede jaar hul 50ste huweliksherdenking gevier Sy skryf: âBokkie, jou Poppie gaan jou baie mis Ons was
ân Saak van strafbare manslag word ondersoek nĂĄ die dood van ân voetganger in Bokomoweg Die man is omstreeks 07:15 Vrydag (4 Julie) deur ân vragmotor getref Nooddienste was reeds met die polisie se aankoms op die toneel Volgens die plaaslike polisiewoordvoerder, sers Henry du Randt, is die man op slag dood
Die slagoffer is later as Martin September (55), ân inwoner van Wesbank, Malmesbury, uitgeken
September was volgens ân ooggetuie op die toneel besig om ân voertuig wat onklaar geraak het, saam met hom te stoot
Die oorledene het daarna op die draai op die hoek van Bokomoweg en Pieter Berghstraat gestaan toe hy deur die vragmotor getref is âân Vragmotor het by Pieter Berghstraat uit Bokomoweg ingedraai September het blykbaar met die trefslag onder die voertuig se wiele beland Niemand is in hegtenis geneem nie, maar ân saak van strafbare manslag word ondersoek,â het Du Randt bevestig

51 jaar gelukkig getroud Ek sal altyd jou sagte omgeehart onthou en dat jy altyd as ân steunpilaar daar was vir ons gesin My hart is leeg Die huis is stil sonder jou Ek huil oor alles wat ons gister saam gedoen en bereik het, wat ons elke dag beleef het en wat ons mĂŽre nie meer saam kan doen nie Jy was ân wonderlike man vir my â Sy vier kinders onthou hom as ân ferm pa met streng reĂ«ls, maar een met ân sagte hart âHy het ons geleer om hard te werk en op ons eie voete te staan Hy het ons deur sy voorbeeld gelei om lief te wees vir die Here,â vertel sy dogter Burnese Jooste Hulle onthou ook sy grappies en hoe hy graag hul siele uitgetrek het Sy kinders beskryf hom as ân trotse man wat hulle geleer het om nederig te bly en dit wat hulle het, te waardeer, hard te werk en altyd hul beste te gee âDad, Papsie, ons pappa: Hoe sĂȘ ons dankie vir alles wat jy ons geleer en [vir ons] gedoen het? Pa het ons geleer om georganiseerd te lewe, om lief te wees vir kamp en om kos goeie koffie en rooiwyn te
CharlotteLesch
Jaco Louw (49), ân bekende inwoner van Malmesbury wat vandag (8 Julie) sy 50ste verjaardag sou vier, is Sondagaand 29 Junie omstreeks 18:30 in ân motorfiets-botsing op die Klipheuwel-pad dood Twee motorvoertuie was by die voorval betrokke Sy ouers, Hugo en Nelia Louw, was na NamibiĂ« onderweg toe hulle die nuus van Jaco se dood ontvang Sy pa, beter bekend as Tappies Louw, het die volgende dag in ân boodskap aan familie en vriende gesĂȘ hulle bedank die Hemelse Vader wat Jaco vir 50 jaar aan hulle geleen het Jaco, gebore en getoĂ« in die Swartland, was volgens sy familie lief vir mense, om tyd saam met hulle deur te bring en ander te help âOns het ân oorvloed boodskappe ontvang van mense wat getuig van sy goedheid en omgee Hy het vriende gemaak waar hy gaan en sy roudiens is bygewoon en gestroom deur mense van alle uithoeke van die wĂȘreld,â vertel sy suster Lorraine Simpson âHy was voorwaar ân mensemens wat jy wou ken Daar was altyd ân glimlag op sy gesig, en sy passie vir die lewe was opmerkbaar Deel van sy lewenspassie was om sy liefde vir sy Skepper uit te leef en uit te dra aan ander en ân verskil in die wĂȘreld te probeer maak â John DĂŒrr, voorsitter van Malmesbury Agri, het dit goed in sy huldeblyk by die lewensvieringsdiens vasgevat met die simbool van ân enkele koringkorrel, soos Jaco, wat soveel potensiaal het om te vermeerder en aan te hou vermeerder âIn ân gemeenskap kan omgee en belangstelling in mense soos ân koringkorrel ân positiewe impak maak, bly vermeerder en so ân stukkie van die wereld verbeter Ons hoop Jaco se nagedagtenis sal mense bly inspireer om koringkorrels te bly en sal omgee vir ander â Sy leuse vanuit sy gunstelingfliek, The Gladiator het boonop daarby aangesluit:

was nooit af nie â
As een van die stigterslede van Malmesbury Veiligheid het sy insig en ervaring ân groot rol gespeel in die organisasie se suksesvolle ontwikkeling Hy was ook aktief in ander strukture soos die Veediefstalgroep, waar sy waarskuwings âdie maan is volâ gemis gaan word Van der Westhuijzen sĂȘ Jaco het met wysheid en vasberadenheid opgetree en nooit geskroom om besluite te neem nie Hy het vertroue ingeboesem waar dinge onseker was en leiding gebring waar verwarring geheers het Paul Wiehahn, ân goeie vriend, vertel hoe hy die Sondagaand nog vir Jaco gewag het om te kom kuier, terwyl die nuus oor Bok Radio oor ân motorfietsongeluk bekend gemaak is âEk het hom gebel om te hoor of hy veilig is Ek was so verlig toe hy antwoord â
Dit was toe nooit Jaco wat geantwoord het nie, maar ân brandweerman op die ongelukstoneel wat aan Wiehahn die hartseer nuus moes breek âEk is bly hy het nie pyn gehad nie,â voeg Wiehahn by Hy meen Jaco laat ân groot leemte Jeremy Monk, nog ân goeie vriend, sĂȘ hulle het mekaar gedurende ân tydperk ontmoet waartydens albei deur moeilike tye gegaan het âOns het vinnig bevriend geraak. He was my brother from another mother â Volgens Monk het hulle dieselfde belangstellings gedeel en baie tye saam op die plaas, in hul viertrekvoertuie of in sy werkswinkel geniet Jaco was ook ân kampliefhebber wat graag sy passie vir kamptoerusting met Monk gedeel het ïŹânGedenkdienstervieringvanJacoseleweis dieafgelopeVrydag(4Julie)indieSwartlandNG MoedergemeenteinMalmesburygehou.Hylaat sydogter,Kayla(16),sypa,Hugo,ma,Nelia,en tweejongersustersagter

Charlotte Lesch
Die 18-jarige Ashton Geswint van Kalbaskraal is verlede Sondagaand (29 Junie) in die Swartland-hospitaal dood nadat hy ân noodlottige hou met ân gholfstok teen die kop gekry het.
Volgens sy ma, Sylvia â beter bekend as Poenie â was hy op pad na sy broer Brandon toe die aanval plaasgevind het. Sylvia meen sy is bly haar kind is by die Here. âHy was nie ân bakleierige kind nie; hy was ân stil kind. Almal het van hom gehou. Hy het so ân slim glimlaggie met ân dimpel gehad en vir almal van ver
af al gegroet â nes sy ma,â lag sy
Sy vertel verder en sĂȘ haar seun was lief om grappies te vertel. âAshton was geliefd onder sy vriende, sy tannies en ooms en die hele Kalbaskraal. Hy en sy broer Brandon was ook naby aan mekaar. Ek gaan hom mis â veral soggens wanneer hy koffie maak.â
Sylvia sĂȘ Ashton het ouer mense gerespekteer en was ân gunsteling onder die onderwysers by Malmesbury High School in Chatsworth.
Sy beskryf sy dood as onnodig. âHy was nie lid van ân bende nie; hy was nie ân moeilikheidmaker nie.â
Sy is baie hartseer, maar sĂȘ niks is
onmoontlik as jy by die Here is nie. âDie Here hou my kalm. Toe ek my kind daar sien lĂȘ, het ek net my kop vasgehou en gebid. As dit nie vir Hom was nie, was dit nie die geval nie. Dit gaan stil wees â sy sitplek is weg, sy brood is weg en sy beker is weg. Maar ek weet hy is op ân goeie plek.â
Ashton laat ân groot leemte in Kalbaskraal
Sylvia wens hul dorpie was soos jare gelede sonder geweld en bendes âGenoeg is genoeg Ons moet vry wees om te kan loop en nie nodig hĂȘ om agter ons te kyk nie. Dit moet stopgesit word. Kinders moet hul ouers begrawe, nie anders-om

Ashton Geswint (18)
nie,â voeg sy by. Die 15-jarige beskuldigde wat Ashton glo met die gholfstok geslaan het, het verlede Dinsdag (1 Julie) in die landdroshof in Malmesbury verskyn Volgens kapt. Tania Helfricht, ân polisiewoordvoerder vir die Weskus-distrikskantoor, kan die polisie in diĂ© stadium nie meer inligting oor die beskuldigde bekendmaak nie.
ïŹAshton laat sy ma en twee broers â Brandon en Mark â agter



JongmensevandieDarling-gemeenskaphetSaterdag28Juniedienatenkoueweertrotseerendeurdiestratevan diĂ©dorpgestapomaandieGemeenskaplikeJeug-optogdeelteneem DiegeleentheidisdeurdieGenesisAssembly ofGod-kerkgereĂ«lâmetdieoogopjeugdigesvanalleplaaslikekerke DieoptoghetmetânstaproetevanVooruitsig Skoolbegin,waardeelnemersdienaamvanJesusaandiegemeenskapverkondighetomândaadwerklikeverskil inDarlingtemaak Diegeleentheidhetmetânopelug-byeenkomsbydieDeVlei-amfiteatergeĂ«indig,waardie Swartlandseburgemeester,HenryCleophas,diejongdeelnemerstoegespreekenterselfdertydookdiebedankings gedoenhet CleophashetookdieorganiseerdersaangemoedigommeersulkeoptogteindietoekomstereĂ«lsodatân daadwerkilkeveranderingindieDarling-gemeenskapkanplaasvind.
Die nuutste werk uit die pen van die skrywer Jaco Wolmarans, Donkermaan, word Donderdag 24 Julie by die Malmesbury-biblioteek bekendgestel
Die roman, wat deur Tafelberg uitgegee word, speel in 1991 in Israel af DiĂ© land is in die kruisvuur van nuwe langafstand-missiele uit Lebanon Mossad moet dringend ân antwoord en ân geskikte rekruut vir ân uiters sensitiewe operasie kry â die diefstal van broodnodige radartegnologie by die Suid-Afrikaanse lugmag, as teenvoeter
vir Siriese missiele
Ruth Heyns, ân doktorsgraadstudent in Tel Aviv, is die geskikte kandidaat, maar sy trek die aandag van Teenspioenasie se ervare Gunther Eckhardt en die toene- mende agterdog van die lugmag se skakelbeampte, kol Leon Rutger Wolmarans sal met DaniĂ«l Lotter in gesprek wees ïŹDie geleentheid begin om 18:00 en toegang beloop R60, verversings ingesluit Bespreek jou plek deur Talita by 022 487 9439 te bel
DEPARTMENT OF AGRICULTURE
FARM AID: FARM SERVICES (LANGGEWENS)
Salary: R138 486 - R163 131 per annum (Salary level 2)
Component: Farm Services, (Programme 5)
Enquiries person: Mr Samie Laubscher at (022) 433 8931
Reference number: AGR 47/2025
Job purpose: The Department of Agriculture Western Cape Government has an opportunity for a Farm Aid worker to perform routine manual farming activities
Requirements: Basic literacy and Numeracy (ABET level 3 /Grade 7)
Key performance areas: Perform the following routine activities: Crop production; Livestock; General infrastructure and farm work
Competencies: Knowledge of general infrastructure and farm work âą Basic communication skills âą Planning and organising âą Ability to work independently and as part of a team
NB: Applicants from relevant local communities will receive preferences The selection process will be guided by the EE targets of the employing department Candidates will be subjected to a medical ïŹtness test as prescribed by the Construction Regulations as contained in OHS Act 85/1993 Candidates will also be required to complete a practical exercise as part of the interview process
To apply, please complete an application form (Z 83) and current CV (5 pages maximum) together with copies of ID, Academic qualiïŹcations and proof of other requirements as indicated in the advertisement The post being applied for and the reference number must be clearly indicated on the Z83 application form


AgtervanlinksstaanChrizeldavanReenen(Absa),JohBester,ArmandMeintjiesenAEGroenewaldvanHoĂ«rskoolDirkieUyssaammetdieuitvoerendeburgemeester,HaroldCleophas.ByhullestaanLlewellynKoopman vanWesbankSekondĂȘr,HaleyHantamvanNewMoorreesburgHigh,AdrienneSamuelsvanSchoonspruitSekondĂȘr,CondreDanielsvanNMH,IlseLoockvanSwartland-munisipaliteitenRita-MariLourensvanHoĂ«rskool Swartland.RosieNeethlingenHugoBruwervanHSSwasniebydieafsluitingteenwoordignie.
Charlotte Lesch
Die Swartland-munisipaliteit het die geleentheid met ope arms verwelkom toe hy vroeĂ«r vanjaar deur die organisasie Kiez Landesverband in Sachsen Anhalt, Duitsland, genooi is om ân opvoedkundige kamp (Kiez Duitsland-kamp) van 12 tot 23 Julie in Quedlenburg by te woon
To submit your application there are 3 methods in which you can apply please only use 1 of the following: 1 Hand deliver your application for Attention: Western Cape Government Jobs, 44 Gannet Street Pelican Heights, Cape Town (From Monday to Friday between 07:00am to 17:00pm); Or 2 Post your application for Attention: Western Cape Government Jobs PO Box 22432 Fish Hoek; Or 3 Email your application to westerncape@respond co za Clearly indicate the reference number of post in email subject line and ensure attachments are in the appropriate format (MS Word or PDF)
Applications not submitted on or before the closing date as well as faxed copies will not be considered If you did not receive any correspondence within 3 months of closing date, consider your application as unsuccessful


Altesaam 10 plaaslike hoĂ«rskoolleerders is nĂĄ verskeie onderhoude deur die munisipaliteit gekies om die toer as verteenwoordigers van die Swartland saam met hulle mee te maak Die groep leerders â tussen 14 en 16 jaar oud â is onder meer van die HoĂ«rskool Swartland, Schoonspruit SekondĂȘr en Wesbank SekondĂȘr in Malmesbury en New Moorreesburg High en die HoĂ«rskool Dirkie Uys in Moorreesburg
Twee verteenwoordigers â Ilse Loock van die munisipaliteit en Chrizelda van Reenen (Absa), wat ook by die jaarlikse Sondeza-leierskapkamp betrokke is, sal die groep vergesel
Hierdie besoek word deur Kiez Landesverband en die Swartlandmunisipaliteit moontlik gemaak
Verskeie dorpe, museums en besienswaardighede sal besoek word
Die kamp word ook deur jeugdiges van Vietnam en Latvia bygewoon
Die doel van die kamp is om groter wĂȘreldinsig en verdraagsaamheid tussen verskillende kulture aan te moedig, leierskap te ontwikkel, leerders se visie te verbreed en die gevoel van verantwoordelikheid van die onmiddellike omgewing tot diĂ© van die wĂȘreld te vergroot Bywoning sal ook die visie vir program-inhoud van die jaarlikse Sondeza-leierskapkamp, wat die Swartland-munisipaliteit in Ganzekraal aanbied, vergroot
Die leerders is Rosie Neethling, Hugo Bruwer en Rita-Mari Lourens van die HoĂ«rskool Swartland; Llewellyn Koopman van Wesbank SekondĂȘr, Adrienne Samuels van Schoonspruit SekondĂȘr, AE Groenewald, Joh Bester en Armand

DieuitvoerendeburgemeesterHaroldCleophashet spesialerugsakkeaandieleerdersuitgedeel.HiersĂȘhy skertsendvirJohBestervanHoĂ«rskoolDirkieUysom homselftegedra,maarooktenvolletegaangeniet.
Meintjes van die Hoërskool Dirkie Uys en Condré Daniels en Haley Hantam van New Moorreesburg High in Moorreesburg
Die Swartlandse burgemeester, Harold Cleophas, het die leerders verlede Dinsdag (1 Julie) gedurende ân afsluitingsgeselligheid herinner dat die geleentheid ân groot voorreg is wat nie almal beskore is nie Hy het die leerders se ouers en familielede bedank vir hul bydraes om hul kinders die geleentheid te gee
âDie Duitsers is baie op dissipline ingestel Daarom vra ek dat julle jul ouers nie teleurstel nie Voldoen aan dissipline en spanwerk en moenie jou bagasie oorlaai met inkopies nie,â het hy skertsend bygevoeg
âJulle gaan as ambassadeurs van Suid-Afrika, die munisipaliteit en jul skole na Duitsland Julle moet ons gaan verteenwoordig en die Duitsers gaan vertel hoe lekker dit is om in Suid-Afrika te woon,â het hy die leerders met ân glimlag aangemoedig Volgens Cleophas gaan die leerders se gedrag en samewerking bepaal of so ân geleentheid weer sal kom âGee jul samewerking, maak vriende en geniet dit Maak gebruik van die geleentheid en waardeer wat julle ouers ingesit het om vir julle die geleentheid te gee,â het hy afgesluit
Die Malmesbury-biblioteek in samewerking met die plaaslike museum nooi die hele gesin om die dorp se geskiedenis saam met hulle op ân historiese staproete te herontdek
Die uitstappie vol pret, plesier en historiese feite vind vandag (Dinsdag 8 Julie) en Donderdag (10 Julie) plaas Volgens Talita Viola van die Malmesbury-biblioteek het hulle besluit om die staptog wéér nå verlede jaar se sukses
aan te pak. Die staproete begin by die biblioteek in Voortrekkerweg en eindig met ân besoek by die museum, terwyl die stappers by verskeie historiese bakens langs die roete sal aandoen. âDie avontuur gaan oor verkenning, om kennis op te bou en verlief te raak op ons plaaslike geskiedenis Dit is ideaal vir nuuskierige kinders en hul ouers.â
ïŹDie staproetes vind tussen 08:00 en 12:00 plaas. Bel die biblioteek by 022 487 9439















