Lewensoriëntering

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
© Optimi
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07

Lewensoriëntering

INHOUDSOPGAWE
VOORWOORD
Inleiding
Lewensoriëntering is belangrik vir leerders se ontwikkeling as mense. Dit leer hulle om hulself te leer ken, om te verstaan hoe die wêreld werk en waar hulle daarin inpas. Hulle sal ook leer om verantwoordelik te wees, hoe om probleme op te los, om goeie besluite te neem en om ’n gesonde lewe te lei.
Al die leermateriaal voldoen aan KABV-vereistes. Lewensoriëntering bestaan uit twee komponente, naamlik ’n teoretiese en ’n praktiese (fisiese) komponent. Die teoretiese komponent word in die voorgeskrewe klastyd gedoen. Elke les het ’n aktiwiteit wat leerders in hul werkboeke moet voltooi. Die aktiwiteite se memorandums is in die fasiliteerdersgids.
“Vir die nuuskierige” maak voorsiening vir leerders om ’n bietjie meer oor ’n onderwerp te leer as hulle wil. Hulle kan dít wat hulle hier leer met die fasiliteerder bespreek.
Die praktiese deel van Lewensoriëntering word Liggaamsopvoeding genoem en word aan die begin van elke eenheid behandel.
Tydstoedeling en -bestuur
Die tydstoedeling vir Lewensoriëntering is twee uur per week. Een uur per week word aan Liggaamsopvoeding spandeer en die oorblywende uur sal tussen die ander onderwerpe verdeel word. Dit beteken dat 70 uur beskikbaar is vir die onderrig van Lewensoriëntering. ’n Vaste periode per week moet aan Liggaamsopvoeding toegeken word. Gewigswaarde van die onderwerpe soos geneem uit die KABV:
Onderwerp
Selfontwikkeling in die samelewing 9
Gesondheids-, sosiale- en omgewingsverantwoordelikheid 8
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede 9
SAMPLE
Assesseringsplan en -vereistes
Ure toegedeel
Assessering is ’n deurlopende proses om leerders se vordering te moniteer. Lewensoriëntering vereis sekere vaardighede. Dit sluit besluitneming, kommunikasie, selfgelding, onderhandeling, doelwitstelling, probleemoplossing en kreatiewe denke in.
Leerders word op twee wyses geassesseer:
1. Informele assessering
• Dit vind tydens die onderrig- en leerproses plaas.
• Dit is gewoonlik die aktiwiteit wat aan die einde van elke les voltooi moet word.
• Die uitslae van informele assessering word nie opgeteken nie.
2. Formele assessering
• Alle assesseringstake wat deel vorm van die formele assesseringsprogram vir die jaar word as formele assessering beskou.
• Geen aktiwiteit in die handleiding is vir formele assessering nie. Verwys na die portefeuljeboek vir alle formele assesserings. Die fasiliteerder merk die take self.
Studiewenke en -metodes
’n Mens moet nooit wag tot die aand voor ’n toets of vraestel om te begin leer nie. Dit is nooit te vroeg om goeie studiegewoontes te ontwikkel nie. Almal verskil en die motivering om te leer kom meer natuurlik vir sommige leerders. Net soos atlete moet oefen en hul vaardighede ontwikkel, moet doeltreffende studievaardighede geoefen word om goed te presteer. Hoe vinniger leerders goeie studiegewoontes verstaan en toepas, hoe makliker sal die toetse en vraestelle wees, en hoe groter hul kans om goeie punte te behaal.
Wenke om leerders te help om die meeste van hul Lewensoriënteringstudies te maak:
• Leerders kan orals leer, maar die plek moenie enige afleidings hê nie.
• Tyd is die waardevolste hulpbron. Indien leerders sukkel om tyd te kry om te leer, moet hulle prioritiseer en ’n rooster optrek.
• Wanneer leerders vir toetse of eksamens voorberei, moet hulle tyd neem om die werk te hersien. Hulle moet die proses begin deur die werk te hersien terwyl dit nog vars in hul geheue is. Indien hulle te lank wag sal die inhoud dalk nie meer sin maak nie.
• Leerders moet seker maak dat hulle al die leermateriaal in hul handleiding verstaan. Dit is nutteloos om feite te memoriseer as hulle dit nie verstaan nie.
• Leerders moet hulself toets deur die selfassesseringvrae en aktiwiteite te doen. Hulle moet die uitslae as ’n riglyn gebruik om te bepaal aan watter areas hulle ekstra aandag moet skenk.
• Dit is belangrik om gereeld te rus – indien leerders te hard werk kan dit hulle prestasie beïnvloed.
• Bly gemotiveerd. Leerders kan hul studieruimte versier met inspirerende aanhalings of foto’s van mense wat hulle wil trots maak deur goeie punte te kry.
• Leerders moet hulself beloon
Leselemente

Leerdoelwitte
Wat leerders volgens KABV-vereistes aan die einde van die les moet weet.

Definisies
Definisies van begrippe om die inhoud te verstaan.

Vir die nuuskieriges
SAMPLE
Aanmoediging om grondige navorsing oor die inhoud te doen. Brei die aktiwiteit en oefening tot so ’n mate uit dat leerders aangemoedig word om te verken.
Vir Leerders met Spesiale Onderrigbehoeftes (LSO): verduidelik dat hulle die basiese vrae moet voltooi om ’n slaagpunt te behaal.

Aktiwiteit
Vrae wat leerders moet voltooi om hul kennis van die afgehandelde les te toets.

Kerninhoud
Beklemtoon die kern van die inhoud; ’n grondige verduideliking van ’n spesifieke afdeling van die les; leerders moet hierdie inhoud verstaan.

Oefening
Ter afsluiting van die spesifieke eenheid. Formatiewe assessering.
Jaarplan
en selfmotivering
Seksualiteit
en vriendskappe Wêreld van werk
Identifiseer en pas eie leerstyl toe
Die ses loopbaankategorieë
Wêreld van werk
Gesondheids-, sosiale en omgewingsontwikkeling
Wêreld van werk
Gesondheids-, sosiale en omgewingsontwikkeling
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede
Die rol van werk in verhouding tot SA se sosiale en ekonomiese behoeftes
Sosiale faktore wat bydra tot dwelmmisbruik
Die verband tussen die prestasie in skoolvakke, belangstellings en vermoëns
Die besluitnemingsproses ten opsigte van die keuse van ’n loopbaan
Besluitneming ten opsigte van gesondheid en veiligheid: MIV en vigs
Grondwetlike regte en verantwoordelikhede
Menseregteskendings
Kulturele diversiteit in Suid-Afrika
Bydraes wat organisasies in verskillende religieë lewer tot maatskaplike ontwikkeling
KWARTAAL 1
LIGGAAMSOPVOEDING, SELFONTWIKKELING IN DIE SAMELEWING EN WÊRELD VAN WERK
Hierdie eenheid se Liggaamsopvoeding fokus op algemene fiksheid. Die doel is om vir leerders die geleentheid te gee om aan fisiese aktiwiteite deel te neem en die waarde daarvan te besef.
Leerders moet ten minste 10 uur per kwartaal aan fisiese aktiwiteite spandeer. Dit is 40 ure in totaal vir die jaar. Spandeer ten minste een uur per week aan fisiese aktiwiteite. Hulle moet altyd gemaklike klere en goeie oefenskoene dra, en laat hulle in ’n veilige, oop ruimte oefen soos ’n parkie of ’n rugbyveld.
Die eenheid fokus ook op selfbeeldvorming en selfmotivering. Leerders gebruik hulle nuwe lewensvaardighede om hul potensiaal verder te ontwikkel en te gebruik. Dit sal hulle help om die lewe se uitdagings suksesvol aan te pak. Gedurende adolessensie ondergaan leerders emosionele en liggaamlike veranderinge. Dit is belangrik dat hulle ’n positiewe selfbeeld ophou en voel dat hulle aanvaar word deur hul portuurgroep. Hierdie eenheid help leerders om bykomende lewensvaardighede en emosionele intelligensie te ontwikkel wat hulle sal help om uitdagings te hanteer. Die eenheid bou voort op die vorige graad se werk met nuwe kennis. Seksualiteit, asook verhoudings en vriendskappe word ook behandel.
In hierdie eenheid gaan leerders ook kyk na die wêreld van werk. Hulle hersien kortliks die verskillende soorte leerstyle en studiemetodes wat hulle in graad 7 bespreek het en dan identifiseer hulle hul eie leerstyl sodat hulle dit op hul eie studies kan toepas.
Elke les is só saamgestel dat leerders rustig daardeur kan werk. Die les word dan afgesluit met ’n aktiwiteit om hul begrip van die les te toets. Sommige van die vrae in die aktiwiteite toets hul insig terwyl ander van hulle vereis om dít wat hul geleer het, toe te pas. Daar is ’n tydsaanduiding by elke les; dit is die aanbevole tydsduur vir leerders om die les te voltooi.

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie eenheid moet leerders:
• veiligheidskwessies met betrekking tot fiksheidsaktiwiteite ken en verstaan
• ’n fiksheidsprogram kan uitwerk en daaraan deelneem
• faktore kan identifiseer wat selfbeeldvorming en selfmotivering beïnvloed
• positief oor hulself kan praat
• strategieë en vaardighede kan toepas om hul potensiaal te bevorder
• hul eie seksualiteit verstaan
• hul vriende en portuurgroep se seksualiteit verstaan
• gepaste maniere kan identifiseer om vriendskappe en verhoudings te begin en te bou
• probleemoplossingsvaardighede kan ontwikkel
• kommunikasievaardighede kan ontwikkel
• verskillende leerstyle kan identifiseer.
Les 1: Algemene fiksheid (10 uur)
LES 1: ALGEMENE FIKSHEID (10 UUR)

Definisies
• Aërobiese oefening: Aërobiese of “met-suurstof”-oefening bied kardiovaskulêre kondisionering. Dit beteken dat asemhaling die hoeveelheid suurstof wat in die bloed sirkuleer beheer om aan die energievereistes van die spiere te voldoen, sodat hulle kan aanhou beweeg.
• Balansoefening: ’n Soort oefening wat al die spiere versterk wat nodig is om die liggaam regop te hou.
• Soepelheidsoefeninge: Oefeninge wat die spiere uitstrek en die liggaam se beweeglikheid by jou gewrigte verbeter.
• Weerstandsoefening: Oefeninge waar die ledemate beweeg teen die weerstand van jou eie liggaamsgewig, swaartekrag, elastiese bande, gewigte of handgewigte, om sodoende spierkrag en uithouvermoë te verbeter.
Oefening en algemene fiksheid is uitstekend vir ’n mens se liggaam en geestesgesondheid, omdat dit endorfiene vr ystel. Endorfiene is chemikalieë in ’n mens se brein wat jou goed laat voel. Dit help onder meer om spanning, angs en depressie te hanteer. Mense wat gereeld oefen, is oor die algemeen gesonder en voel ook meer ontspanne.
Veiligheidskwessies met betrekking tot fiksheidsaktiwiteite
Neem altyd jou veiligheid in ag neem as jy oefeninge doen. Dit beteken dat jy bewus moet wees van:
• saam met wie jy oefen – oefen saam met gesinslede, vriende, bure of mense wat dieselfde fiksheidsdoelwitte as jy het
• waar jy oefen – kies ’n veilige en mooi omgewing om in te oefen, en vermy verlate gebiede en strate
• wanneer jy oefen – oefen vroeg in die oggend voor skool of laat in die middag
• waarom jy oefen – oefen jy om fiks en gesond te bly, of oefen jy om gewig te verloor?
• jou kleredrag – dra klere en skoene wat by die oefening/aktiwiteit pas
• die apparaat wat jy gebruik – die apparate wat jy gebruik moet geskik wees vir die oefening wat jy wil doen en dit moet ook in ’n goeie toestand wees.
Leerders moet gehidreer bly deur genoeg water te drink. Hulle moenie oefen as hulle siek is nie en luister na hul liggaam – as hulle enige pyn of ongemak ervaar terwyl hulle oefen, moet hulle stop of rus. Werk saam met die leerders deur die opwarmings- en afkoelingsoefeninge, soos in die handleiding uiteengesit.
SAMPLE
Bespreek met leerders die belangrikheid van opwarming voor en afkoeling ná ’n oefensessie. Werk ook saam met hulle deur die opwarmings- en afkoelingsoefeninge, soos in die handleiding uiteengesit, en wat statiese en dinamiese strekoefeninge behels.
Les 1: Algemene fiksheid (10 uur)
Opwarmingsoefeninge
Nek
Skouers en arms


bolyf en sye


SAMPLE


Fasiliteerdersgids
G08 – Lewensoriëntering
Afkoelingsoefeninge
Bene
Les 2: Selfbeeldvorming en selfmotivering (3 ure)



Jou eie fiksheidsprogram
Verduidelik aan leerders dat hulle in hierdie kwartaal gaan leer om vir hulself ’n fiksheidsprogram saam te stel en dat hulle deur die fasiliteerder geassesseer sal word op hul deelname en uitvoering van aktiwiteite.
LES 2: SELFBEELDVORMING EN SELFMOTIVERING (3 URE)

Definisies
• Doelwit: Iets wat ons probeer bereik, gewoonlik binne ’n sekere tydperk.
• Individualiteit: Die eienskappe wat jou ’n individu maak. Dit onderskei jou van ander persone.
• Selfbeeld: Die beeld wat ’n mens van jouself het.
• Selfmotivering: Wanneer jy die entoesiasme en dryfkrag het om te doen wat nodig is om jou doelwitte te bereik.
• Uniek: Iets waarvan daar nie twee is nie.
Hoe word jou selfbeeld gevorm?
Verduidelik aan leerders wat ’n selfbeeld is. Die beeld wat leerders van hulself het, hetsy positief of negatief, is nie noodwendig altyd hoe ander mense hulle sien nie.
Gesels meer oor die faktore wat bydra tot leerders se selfbeeldvorming en selfmotivering:
• Hul gesin/familie
• Vriende
• Die media
• Selfkritiek
• Hul eie ervarings
• Hul verbeelding
• Onrealistiese verwagtinge
Les 2: Selfbeeldvorming en selfmotivering (3 ure)
Verbeter jou selfbeeld
G08 – Lewensoriëntering
Gesels met leerders oor doelwitstelling as ’n manier om hul selfbeeld te verbeter. Gebruik die scenario van Siya as ’n voorbeeld van die vier stappe van doelwitstelling, sodat hulle beter kan verstaan hoe om doelwitstelling toe te pas in hul eie lewe.
Kweek positiwiteit
Bespreek die belangrikheid van positiwiteit met leerders, asook die voordele wat dit inhou. Verduidelik aan leerders dat positiwiteit ’n keuse is wat bydra tot ’n positiewe uitkyk op die lewe, ongeag hulle omstandighede.
Identifiseer jou unieke eienskappe
Help leerders om hul eie unieke eienskappe te identifiseer deur hulself die volgende vrae te vra:
• Wie is ek?
• Waarvan hou ek en waarvan hou ek nie?
• Wat is my sterk eienskappe?
• Watter eienskappe sal ek graag wil verander?
• Omring ek my met positiewe of negatiewe mense?
• Watter eienskappe onderskei my van ander mense?
Ontgin jou potensiaal

Gesels met leerders oor persoonlike potensiaal. As hulle hul gawes en aanlegte kan identifiseer sal hulle ’n beter idee van hul potensiaal hê. Verduidelik aan die hand van die voorbeeld hoe leerders hul potensiaal kan identifiseer en ontwikkel.

Vir die nuuskieriges
Leerders moet navorsing doen oor enige bekende persoon wat persoonlike terugslae oorkom het om vandag suksesvol te wees. Bespreek hoe hierdie persoon hulle potensiaal ontwikkel het.

Aktiwiteit 1
Leerders maak ’n collage van vier dinge wat hulle selfbeeld beïnvloed. Hulle moet in die collage op materiële (aardse) dinge fokus en nie op mense nie. Dit kan dinge wees wat hulle positief óf negatief beïnvloed, soos selfone, klere, motors, ens. Die collage moet ’n halwe A4-bladsy wees. Nadat die collage voltooi is, moet hulle die vrae beantwoord.
1. Wat is jou opinie oor die items wat jy in jou collage geplak het? Dink jy dat jy as tiener jou selfbeeld deur die dinge moet laat beïnvloed? Verskaf vyf goeie stellings wat jou opinie hieroor duidelik maak. (5) Leerder se eie relevante antwoord en VYF stellings.
2. Wat dink jy sal gebeur as iemand hulle geluk en selfbeeld op materiële besittings baseer? Noem twee gevolge. (2)
Leerder se eie relevante antwoord.
3. Verduidelik kortliks jou collage. Waarom het jy die spesifieke vier dinge gekies en op watter manier beïnvloed elkeen jou selfbeeld? (8) Leerder se eie relevante antwoord.
G08 – Lewensoriëntering
Les 3: Konsep: Seksualiteit (3 ure) Fasiliteerdersgids
LES 3: KONSEP: SEKSUALITEIT (3 URE)

Definisies
• Groepsdruk: Die invloed wat ander mense van jou ouderdom en sosiale groep op jou het om deur hulle gerespekteer en aanvaar te word.
• Seksualiteit: Die gesamentlike kenmerke wat ’n individu manlik of vroulik maak. Dit behels ’n persoon se seksuele lewe, gevoelens, behoeftes en aktiwiteite.
• Waardes: Gedragsbeginsels of -standaarde; jou oordeel van wat belangrik en waardevol in die lewe is.
Wat is seksualiteit?
Verduidelik aan leerders wat seksualiteit is en wat dit alles behels. Beklemtoon dat dit belangrik is om ’n goeie ondersteuningstelsel op te bou sodat hulle altyd met iemand kan gesels en hul gevoelens kan deel.

Faktore wat seksualiteit beïnvloed
• Vriende en groepsdruk
Vriende het hul eie siening oor seksualiteit wat gevorm word deur hul ouers, familie, kultuur, godsdiens en gemeenskap. Leerders se norme en waardes is nie noodwendig dieselfde as hul vriende s’n nie. Verduidelik aan leerders dat hul besluite positief of negatief deur vriende beïnvloed kan word. Groepsdruk is nóg ’n faktor wat leerders kan druk om verkeerde besluite te neem waarmee hulle ongemaklik voel, bloot om nie uitgesluit te word nie.
• Gesin en die gemeenskap
SAMPLE
Verduidelik aan leerders dat hulle gewoonlik die rolle van mans en vroue in hul gesin leer. Faktore soos egskeiding, mishandeling en hulle ouers se verhouding met mekaar, kan hul siening van seksualiteit beïnvloed. Studies toon dat tieners uit gemeenskappe met ’n laer sosio-ekonomiese status geneig is om seksueel meer losbandig te wees omdat daar gewoonlik nie volwasse toesig is nie aangesien ouers lang ure moet werk.
• Kultuur en godsdiens
Seksuele norme verskil tussen kulture en godsdienste. In party kulture bespreek ouers glad nie die onderwerp met hul kinders nie. In ander kulture moet die vrou reeds voor die huwelik kan bewys dat sy vrugbaar is deur ’n kind te hê, terwyl voorhuwelikse seks in sekere gelowe verbied word.
• Sosiale druk en die media
Bespreek met leerders hoe die verskillende mediavorme (internet, sosiale media, tydskrifte, TV en die radio) en rolmodelle hulle eie selfbeeld en gedrag beïnvloed. Die media gebruik dikwels bekendes om produkte te bemark. Bemarkers wil die begeerte by kliënte skep om soos daardie persoon te wees of te lyk, hetsy sexy, sportief of suksesvol. Die beeld wat van die bekende se vroulikheid of manlikheid geskep word, word dus gebruik om mense te beïnvloed.
Les 3: Konsep: Seksualiteit (3 ure)
Leerders moet die volgende foto’s bestudeer waarin bekendes parfuum bemark:



Gesels met die leerders oor hoe hierdie soort bemarking hulle in hul tienerjare beïnvloed. Verduidelik dat bemarking en advertensies dikwels misleidend en baie ver van die waarheid is. Daarom is baie mense teleurgesteld as hulle die produk koop en dan nie voel soos die advertensie voorgehou het hulle sal voel nie. Gesels ook oor die invloed wat groepsdruk op hulle seksualiteit kan hê.
Probleemoplossingsvaardighede
Bespreek die belangrikheid van goeie probleemoplossingsvaardighede met die leerders. Beskryf ook die stappe wat ’n mens moet volg om ’n probleem op te los:
• Indien die probleem vir jou te groot lyk, kan jy dit in kleiner gedeeltes verdeel. Dit is makliker om een gedeelte op ’n slag aan te pak.
• Vra raad by iemand wat jy vertrou.
• Stel vir jouself langtermyndoelwitte om jou probleem op te los.
• Besluit hoe jy die probleem gaan oplos – dit is jou aksieplan.
• Stel jou plan in werking en kyk of dit die gewenste resultate lewer.

Vir die nuuskieriges
SAMPLE
Die leerders moet navorsing doen oor hoeveel glanspersoonlikhede (celebrities) al in advertensieveldtogte verskyn het en hoeveel geld hulle daarvoor verdien. Hulle moet nadink of die glanspersoonlikhede tog in ’n mate uitgebuit (misbruik) word, al verdien hulle so baie geld daarvoor.

Aktiwiteit 2
Leerders moet ’n plaaslike of internasionale TV-reeks kies waarmee hulle bekend is. Hulle plak of teken dan ’n prentjie van die logo in hul werkboek.
Leerders moet dan in ’n kort opstel van 100–150 woorde die invloed beskryf wat hierdie TV-program veral op tieners het. Dink hulle die situasies wat in die reeks plaasvind is lewensgetrou? Kan die leerders en hul maats hulle daarmee vereenselwig? Hulle eie interpretasie en opinie is belangrik. Hulle moet duidelik kan weergee hoe die media tieners beïnvloed. (10)
Fasiliteerdersgids
G08 – Lewensoriëntering
Punte gaan vir die volgende toegeken word:
Les 4: Verhoudings en vriendskappe (3 ure)
1. Inleiding (2)
2. Inhoud (6)
3. Slot (2) [10]
LES 4: VERHOUDINGS EN VRIENDSKAPPE (3 URE)

Definisies
• Verhouding: Die interaksie tussen twee persone.
• Empatie: Om begrip te hê vir ander se gevoelens.
Gesonde verhoudings
Gesels met leerders oor die rol wat verhoudings in hul lewe speel. Party gaan in romantiese verhoudings betrokke raak terwyl ander gelukkig is om net platoniese vriende te hê. Beklemtoon hoe belangrik dit is dat leerders wag tot die tyd vir hulle reg voel om romantiese verhoudings aan te knoop. Bespreek ook hoe eerlikheid, respek en vertroue die basis van ’n goeie verhouding vorm, en dat dit belangriker eienskappe in ’n vriendskap is as ’n persoon se uiterlike. Verduidelik dat vriendskappe en verhoudings hoogtepunte en laagtepunte deurgaan, en dat dit normaal is. Leerders se verhoudings moet hulle positief beïnvloed en nooit negatief nie.
Beklemtoon dat kommunikasie belangrik is en dat leerders hulle gevoelens met hul maat moet kan deel sonder om skaam te voel. Verduidelik hoe belangrik dit is dat leerders in romantiese verhoudings net hulself sal wees. Hulle moet die ander persoon in ag neem deur vrae te vra en nie net oor hulself te praat nie.
Hoe om ’n gesonde verhouding te hê
SAMPLE

Bespreek die belangrikste aspekte van ’n verhouding, hetsy ’n vriendskap of ’n liefdesverhouding:
• Wees ten alle tye eerlik.
• Vertrou jou maat.
• Kommunikasie is baie belangrik.
• Wees versigtig hoe jy iemand kritiseer.
• Moenie jou maat in die steek laat nie.
• Luister na jou maat.
• Bly selfstandig.
Les 4: Verhoudings en vriendskappe (3 ure)
Probleemoplossingsvaardighede in ’n verhouding
G08 – Lewensoriëntering
Verduidelik aan leerders dat alle verhoudings uitdagings het en dat hulle goeie probleemoplossingsvaardighede nodig het om ’n verhouding te handhaaf. Hoe kan ’n leerder weet dat daar ’n probleem in hul verhouding is?
• Die maat tree skielik anders teenoor hulle op.
• Die maat antwoord nie hulle oproepe en boodskappe nie.
• Die maat gaan saam met ander mense uit.
• Die maat is nie sensitief vir hul gevoelens nie.
Leerders moet eerlik met ’n maat wees oor ’n probleem in die verhouding, sensitief wees vir hul maat se gevoelens en luister wat die maat vir hulle sê. Hulle moet saam ’n oplossing vind en saam besluit om met die verhouding voort te gaan of om dit te beëindig.
Hoe om ’n verhouding gepas te beëindig
Dit gebeur selde dat al twee persone in ’n verhouding op dieselfde tydstip die verhouding wil beëindig. Iemand voel gewoonlik seergemaak. Gesels met leerders oor gepaste en sensitiewe maniere om ’n verhouding te beëindig:
• Wees eerlik oor waarom jy die verhouding wil beëindig en oor jou gevoelens.
• Neem jou maat se gevoelens en omstandighede in ag.
• Kommunikeer die boodskap op ’n positiewe wyse.
• Bly by jou besluit.

Aktiwiteit 3
Leerders moet die onderstaande lees en die vrae wat volg beantwoord. Meliha en Remzi het mekaar op ’n uitstappie ontmoet. Meliha het gedink Remzi het die mooiste bruin oë. Sy het dadelik baie van hom gehou. Remzi was weer mal oor Meliha se vriendelike en aangename geaardheid. Remzi en Meliha het dadelik vas begin uitgaan. Hulle het alles saam gedoen. Remzi het egter later sy vriende begin mis en het al hoe meer saam met hulle begin kuier. Dit het Meliha baie vies gemaak en hulle het daaroor begin baklei. Meliha het toe vir Ali ontmoet. Sy het besef dat sy eerder met Ali wil uitgaan.
1. Noem die eienskappe wat Meliha en Remzi in die begin van die verhouding na mekaar aangetrek het.
Meliha het gedink Remzi het die mooiste bruin oë.
Remzi was mal oor Meliha se vriendelike en aangename geaardheid. (2)
2. Dink jy dat dit genoegsame rede was om ’n langtermynverhouding te bou?
SAMPLE
Motiveer jou antwoord.
Ja/nee. Leerder se eie relevante motivering. (2)
3. Watter twee soorte gedrag was onvanpas in die verhouding?
Leerder se eie relevante antwoord.
Antwoord kan verwys na swak kommunikasie tussen Meliha en Remzi, hulle het nie selfstandig gebly nie, hulle het nie altyd na mekaar geluister nie, hulle het mekaar se gevoelens seergemaak, ens. (2)
4. Waarom dink jy het hierdie verhouding nie geslaag nie?
Noem twee foute wat uitstaan.
Leerder se eie relevante antwoord.
Antwoord kan verwys na swak kommunikasievaardighede, ’n tekort aan goeie probleemoplossingsvaardighede, ens. (2)
Fasiliteerdersgids
Les 5: Verskillende leerstyle (1 uur)
5. Hoe, dink jy, moet Meliha te werk gaan om hierdie verhouding te beëindig? Noem twee strategieë.
• Eerlik wees oor waarom sy die verhouding wil beëindig en oor haar gevoelens.
• Remzi se gevoelens en omstandighede in ag neem.
• Die boodskap op ’n positiewe wyse kommunikeer.
• By haar besluit bly.
Leerder kan enige twee strategieë in die handleiding noem. (2) [10]
LES 5: VERSKILLENDE LEERSTYLE (1 UUR)

Definisies
• Kinesteties: Die gewaarwording van jou liggaamsbeweging wanneer jou spiere en liggaamsdele beweeg.
• Studiemetodes: Die metode wat jy gebruik om feite te memoriseer sodat jy dit korrek kan weergee.
Die vyf verskillende
leerstyle
Bespreek die vyf verskillende leerstyle met leerders:
1. Kinesteties
• Leer deur beweging en deur aktiwiteite te doen soos byvoorbeeld om iets te bou, toneelspel, rolspel of dans.
• Sukkel om dinge te leer deur net te kyk en luister.
• Praat nie baie nie en gebruik veral liggaamstaal.
• Wil aktief die wêreld verken en sit nie lank op een plek stil nie.
• Verkies om buite te speel. Hardloop en klim graag, en het baie goeie koördinasie.
• Geniet groepsaktiwiteite.
• Hou van aanraking en is baie liefdevol.
• Is fyngevoelig en kan maklik seergemaak voel as iemand hulle nie goed behandel nie.
SAMPLE
• Kry soms woede-uitbarstings.
2. Visueel
• Leer deur iets te sien.
• Onthou in prente en beelde.
• Geniet dit om te teken en te ontwerp.
• Geniet kunsaktiwiteite en visuele speletjies, soos speletjies met flitskaarte.
• Het nie so ’n groot woordeskat nie en gebruik kort sinne as hulle praat.
• Ruil soms hulle woordorde om wanneer hulle praat.
• Kan meer as een ding op ’n slag doen.
• Hou nie van aanraking nie en is nie baie emosioneel nie.
• Verstaan glad nie ander mense se woede-uitbarstings nie.
• Onthou aktiwiteite beter as hulle dit gesien het.
3. Ouditief
• Leer deur te luister. Verkies om inligting te hoor eerder as om dit te lees.
• Kan aandagtig luister vir ’n geruime tyd.
• Hou daarvan om met mense te kommunikeer en na hulle opinies te luister.
• Heg nie veel waarde aan geskrewe inligting nie.
4. Linguisties
• Leer deur te lees en skryf.
• Leer ook deur te praat en te luister.
• Hou daarvan om te debatteer.
• Vertel en skryf graag stories.
• Lees baie boeke en soek nuwe inligting.
5. Logies/wiskundig
• Leer deur feite self uit te redeneer.
• Werk graag met probleme en syfers.
• Leer deur kritiese denke te gebruik.
• Leer deur berekeninge, eksperimente en deur feite te bevraagteken.

Vir die nuuskieriges
Leerders moet hulle spesifieke leerstyl identifiseer en dan op die internet gaan kyk of hulle nog inligting daaroor kan kry.

Aktiwiteit 4
Leerders moet die volgende tabel voltooi.
Leerstyl Jy leer deur Aktiwiteite wat jy geniet Die metode wat jy gebruik om te leer
Kinesteties
Visueel
Ouditief
Linguisties
Logies/wiskundig
Fasiliteerdersgids
G08 – Lewensoriëntering

Oefening 1: Oopboektoets
Die oopboektoets toets leerders se kennis van die afgehandelde eenheid. Hulle mag na die lesmateriaal verwys. Die toets tel nie vir assessering nie.
1. Gebruik prente, foto’s en woorde om ’n A4-plakkaat te ontwerp wat die verskillende soorte verhoudings uitbeeld (gebruik hierdie riglyne):
• Vriendskappe met jou portuurgroep
• Verhouding met jou ouers
• Verhouding met jou broers of susters
• Verhouding met jou onderwysers of fasiliteerders
• Verhouding met jou kêrel of meisie
• Verhouding met jou beste vriend of vriendin (7)
2. Beskryf elke verhouding kortliks.
Leerder se eie relevante antwoord. (7)
3. Beskryf hoe elke verhouding jou selfbeeld beïnvloed.
Leerder se eie relevante antwoord. (7)
4. Beskryf hoe elke verhouding jou persoonlike besluite beïnvloed.
Leerder se eie relevante antwoord. (7)
5. Noem twee redes waarom jy dink dit is belangrik om verhoudings met ander mense te hê.
Leerder se eie twee relevante antwoorde.
SAMPLE
KWARTAAL 2
LIGGAAMSOPVOEDING, WÊRELD VAN WERK EN GESONDHEIDS-, SOSIALE EN OMGEWINGSONTWIKKELING
Hierdie eenheid se Liggaamsopvoeding fokus op teikenspeletjies. Die doel is om vir leerders die geleentheid te gee om aan fisiese aktiwiteite deel te neem en die waarde daarvan te besef.
Leerders moet ten minste 10 uur per kwartaal aan fisiese aktiwiteite spandeer. Hulle moet altyd gemaklike klere en ’n goeie paar skoene dra. Laat hulle ook ’n veilige oop ruimte soos ’n parkie of ’n rugbyveld kies om in te oefen.
In hierdie eenheid kyk leerders ook na die wêreld van werk. Hulle gaan die verskillende soorte leerstyle en studiemetodes wat in graad 7 bespreek is, kortliks hersien en dan gaan hulle hul eie leerstyl identifiseer sodat hulle dit op hul eie studies kan toepas.
Ons bespreek die ses verskillende loopbaankategorieë, en ook die belangstellings, vermoëns en skoolvakke wat daarmee saamgaan. Die ses loopbaankategorieë is:
• Ondersoekend
• Ondernemend
• Realisties
• Kunstig
• Konvensioneel
• Sosiaal
Leerders gaan ook gesels oor die rol wat werk in ons land se sosiale en ekonomiese behoeftes speel. Hoe dra werkers byvoorbeeld tot die land se sosiale en ekonomiese welvaart by, en waarom is dit vir ’n persoon belangrik om te werk en ’n bydrae te lewer?
Laastens kyk ons na dwelmmisbruik en hoe dwelmmisbruik ’n persoon op die langtermyn beïnvloed. Dit is belangrik dat leerders weet waar hul om hulp kan vra indien hulle of iemand wat hulle ken probleme met dwelmmisbruik ervaar.

Leerdoelwitte
Aan die einde van hierdie eenheid moet leerders:
• die veiligheidskwessies by teikenspeletjies kan herken en goeie oordeel kan toepas
• ’n teikenspeletjie kan speel en ’n teikenspeletjie kan ontwikkel
• hul eie leerstyl kan identifiseer en toepas
• die ses loopbaankategorieë kan identifiseer
• die belang en rol van werk kan identifiseer in verhouding tot Suid-Afrika se sosiale en ekonomiese behoeftes
• die sosiale faktore kan identifiseer wat bydra tot dwelmmisbruik.
Fasiliteerdersgids
G08 – Lewensoriëntering
LES 6: TEIKENSPELETJIES (10 URE)
Hierdie kwartaal gaan ons kyk na teikenspeletjies. Leerders gaan leer hoe om iets as teiken te gebruik, hoe om met ander mense saam te werk en hoe om die bal op verskillende maniere te gebruik.
Veiligheidskwessies by teikenspeletjies
Soos ons reeds geleer het, moet leerders altyd hul veiligheid in ag neem as hulle oefeninge doen. Met teikenspeletjies is daar ander mense ook betrokke, so spanmaats se veiligheid moet ook in ag geneem word. Onthou dat leerders bewus moet wees van:
• saam met wie hulle oefen
• waar hulle oefen
• wanneer hulle oefen
• waarom hulle oefen
• hulle kleredrag
• die apparaat wat hulle gebruik.
Leerders moet gehidreer bly deur genoeg water te drink. Hulle moenie oefen as hulle siek is nie en luister na hul liggaam – as hulle enige pyn of ongemak ervaar terwyl hulle oefen, moet hulle stop of rus. Werk saam met die leerders deur die opwarmings- en afkoelingsoefeninge, soos in die handleiding uiteengesit.
Opwarmingsoefeninge
Heenenweerhardloop Nek
SAMPLE







Enkels
Afkoelingsoefeninge
Arms Bene


Neem deel aan ’n teikenspeletjie
’n Teikenspeletjie is ’n aktiwiteit waarin ’n voorwerp na ’n teiken gegooi word. Soms is daar hindernisse wat die voorwerp kan wegkeer en vermy moet word. Voordat leerders aan ’n teikenspeletjie deelneem, moet hulle weet wat so ’n speletjie alles behels. Hulle moet byvoorbeeld weet:
SAMPLE
• watter toerusting hulle benodig om die speletjie te speel – word die speletjie met ’n bal gespeel, en het hulle kolwe, stokke, rakette, ens. nodig?
• waar die speletjie gespeel moet/kan word – moet/kan die speletjie binnemuurs gespeel word of moet/kan die speletjie buitemuurs gespeel word?
• hoe die speletjie gespeel word – wat is die doel van die speletjie en wat moet elke span doen om te wen?
• hoe die spansamestelling lyk – hoeveel spanlede is daar in elke span en wat is hul posisies?
• watter vaardighede hulle benodig om die speletjie te speel – het hulle balvaardighede en goeie hand-oogkoördinasie nodig, of moet hulle bloot atleties en vinnig wees?
• wat die reëls van die speletjie is – wat mag hulle doen en waarvoor kan hulle gestraf word?
• hoe punte aangeteken word
• hoe lank die speletjie duur.
Fasiliteerdersgids
G08 – Lewensoriëntering
Handbal
Ons gaan handbal as ’n voorbeeld van ’n teikenspeletjie gebruik. Leerders moet ’n klomp maats of familielede bymekaar kry, sodat hulle twee spanne kan maak wat teen mekaar kan speel. Hulle moet ook sorg dat almal weet hoe om handbal te speel, dat hulle die regte toerusting het en dat hulle ’n geskikte plek het om te speel.
Toerusting
• ’n Bal
• Merkers om veld af te baken
• Spelers
Speelarea
Die speelveld is ’n oop grasperk van 40 m × 20 m met ’n doelhok aan weerskante. Die doelgebied bestaan uit ’n halwe sirkel met ’n straal van 6 meter.
Doelgebiedseksie
Middelgebied
Doelgebiedseksie
Spelbeskrywing
Handbal is ’n spansport wat met ’n handbal-bal gespeel word en waarin spelers die bal vir mekaar aangee, dribbel of slaan met enige deel van die liggaam bo die knieë in ’n poging om soveel as moontlik doele in die teenstanders se doelhok aan te teken.
SAMPLE
Spansamestelling en posisies
Elke span bestaan uit ses spelers en ’n doelwagter. Jy kan egter ter wille van praktiese reëlings jou span saamstel uit die aantal maats wat jy het. Spelers wat nie ’n doelwagter is nie, word veldspelers genoem. ’n Tipiese handbalspan bestaan uit:
• 1 doelwagter – die doelwagter is die laaste verdedigingslinie wat moet verhoed dat die teenstanders die bal in die doelhok kry. Die doelwagter is die enigste speler wat die bal mag skop of met die onderbeen hanteer. Die doelwagter mag as ’n veldspeler optree buite hul eie halfsirkel-gebied, maar mag nie die bal oor hierdie lyn dra nie.
• 2 agterspelers (linker en regter) – vorm deel van die agterlyn. Agterspelers se hoofdoel is om opponente te verhoed om doele aan te teken. Hulle is gewoonlik die grootste spelers in die span.
• 1 middelagterspeler (centre back) – gewoonlik die mees ervare speler in die span. Die middelagterspeler lei meestal die aanvalle en probeer die verdediging binnedring. Hulle speel meestal in die middel van die veld en probeer swakhede in die opponente se verdediging vind.
Les 6: Teikenspeletjies (10 ure)
• 2 vleuels (linker en regter) – die vleuels is dikwels klein, vinnige spelers. Hulle patrolleer die sykante van die veld en probeer aanvalsgeleenthede vir ander spanlede skep. Hulle skiet gewoonlik doele uit moeilike, wye hoeke.
• 1 skakel of middelvoorspeler (centre forward) – ’n aanvallende speler. Hulle is gewoonlik vinnig en speel meestal tussen die ander span se verdedigers. Die skakel speel nou saam met die middelagterspeler. Hulle probeer swakhede in die opponente se verdediging vind.
Teiken
’n Bal word na ’n doelhok gegooi ten einde ’n doel aan te teken en die beste puntetelling te kry.
Vaardighede
• Akkuraat gooi
• Vang
• Hardloop
• Spring
• Spanwerk
Reëls
• Die bal mag op enige wyse en in enige rigting met die hande, arms, kop, romp, bobene of knieë gestop, gevang, gegooi, gestoot, gebons of geslaan word.
• Geen speler buiten die doelwagter mag die bal skop of met die onderbeen hanteer nie.
• Die bal mag slegs vir drie sekondes vasgehou word en die speler mag slegs drie treë gee terwyl die bal in hul besit is.
• ’n Doel word aangeteken as die bal van buite die doelsirkel gegooi word en in die doelhok ingaan.
• Slegs die doelwagter mag in die doelsirkel wees.
• Die bal mag vanuit ’n knielende posisie gespeel word en mag van een hand na die ander oorgegee word.
• Dit is toelaatbaar om jou arms en oop hande te gebruik om besit van die bal te probeer kry of ’n doel te keer.
• Jy mag nie aan jou opponent stoot, stamp of druk nie.
• Jy mag nie die bal opsetlik teen jou opponent vasgooi nie.
• As ’n speler die reëls oortree, kry die ander span ’n vrygooi vanaf die plek waar die oortreding plaasgevind het.
• ’n Doelwagtergooi word van die doelsirkel geneem as die doelwagter ’n doel gekeer het.
Puntetoekenning
Wanneer ’n span ’n doel in die teenstanders se doelhok aanteken, word hul 1 punt toegeken. Die span met die meeste punte aan die einde van die wedstryd, is die wenner.
Tydsduur
SAMPLE
’n Handbalwedstryd bestaan uit twee helftes van 30 minute elk, dus neem ’n wedstryd 1 uur om te voltooi. Daar is ook ’n halftydbreek van ongeveer 10 minute tussen die helftes.
