Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za
Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.
Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.
Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.
Reg.nr.: 2011/011959/07
Afrikaans Huistaal
Handleiding
Graad 8
SAMPLE
Aangepas vir KABV
I Kritzinger M Swanepoel
Welkom by Afrikaans Huistaal graad 8!
Voorwoord
Die handleiding en fasiliteerdersgids is saamgestel en ontwikkel om aan al die vereistes van die Nasionale Kurrikulum- en Assesseringsbeleidsverklaring (NKABV) te voldoen.
Jy gaan die volgende bronmateriaal benodig:
• Boeke met skoon lyntjiespapier (werkboeke/skrifte)
• Rofwerkpapier
• ’n Verklarende Afrikaanse woordeboek (soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal)
• Tydskrifte en koerante
• Afrikaanse leesboeke (enige fiktiewe stories van jou gunsteling-outeurs)
Gedurende elke eenheid moet jy ’n boek van jou keuse lees. Die boek moet uit ongeveer 120 bladsye bestaan (dit mag meer wees, volgens jou vermoë). Aan die einde van elke eenheid gaan jy ’n boekverslag invul oor die boek wat jy gedurende die eenheid gelees het.
Jaarplan
1 1 – 2 Aktiwiteit 1 – 5
3 – 4 Aktiwiteit 6 – 10
5 – 6 Aktiwiteit 11 – 16
7 – 8 Aktiwiteit 17 – 23
9 – 10 Aktiwiteit 24 – 29
2 1 – 2 Aktiwiteit 1 – 7
3 – 4 Aktiwiteit 8 – 13
5 – 6 Aktiwiteit 14 – 20
7 – 8 Aktiwiteit 21 – 26
9 – 10 Junie-eksamen
3 1 – 2 Aktiwiteit 1 – 6 3 – 4 Aktiwiteit 7 – 12
5 – 6 Aktiwiteit 13 – 19
7 – 8 Aktiwiteit 20 – 25
9 – 10 Aktiwiteit 26 – 31
4 1 – 2 Aktiwiteit 1 – 7
SAMPLE
3 – 4 Aktiwiteit 8 – 14
5 – 6 Aktiwiteit 15 – 20 (Hersiening)
7 – 8 Aktiwiteit 21 – 28 (Hersiening)
9 – 10 Novembereksamen
EENHEID 1: Week 1 – 2
Leerdoelwitte
Nadat jy die les voltooi het, moet jy:
• aan ’n gesprek kan deelneem oor jou vroegste herinnering as kind.
Les 1
• ’n opsomming kan skryf oor die vroegste herinnering as kind wat jy met jou fasiliteerder gedeel het.
AFDELING 1 LUISTER EN PRAAT
Aktiwiteit 1: Groepbespreking
Hoe ver terug kan jy onthou? Dink aan jou vroegste herinnering as kind en vertel jou fasiliteerder wat hierdie herinnering is.
Aktiwiteit 2: Luister met begrip en maak ’n opsomming
Jy het vroeër vir jou fasiliteerder vertel van jou vroegste herinnering as kind. Som nou hierdie herinnering op in ’n paar sinne.
AFDELING 2 LEES EN KYK
Wanneer ’n mens lees, is daar sekere prosesse wat te alle tye gevolg moet word om sinvol te kan lees en weer te gee wat jy gelees het. Die leesproses is as volg:
• Pre-lees: Aktiveer bestaande kennis: jy kyk waar die teks gepubliseer is, wie die skrywer is en wat die publikasiedatum is. Lees eerste die eerste en laaste paragrawe van ’n afdeling. Maak dan voorspellings oor onder andere die inhoud en die tema)
• Tydens lees: Neem ruspouses terwyl jy lees om jou begrip te toets sodat die idees kan insink. Vergelyk ook dit wat jy lees met dit wat jy voorspel het gaan gebeur. Maak gebruik van die teks om die betekenis van onbekende woorde in konteks vas te stel, anders kan jy ’n woordeboek gebruik. Dit help om te visualiseer wat jy lees. Herlees gedeeltes wat jy nie verstaan nie. Lees hierdie dele hardop en teen ’n stadiger tempo indien jy steeds nie verstaan nie. Vra hulp vir gedeeltes wat jy nie verstaan nie.
• Post-lees: Wys hoofgedagtes uit. Maak ’n opsomming om hoofgedagtes te kan herroep. Dink na oor die onderwerp en stel vrae daaroor op. Maak nou seker of jy die teks verstaan. Nou behoort die leser vrae te kan beantwoord, te kan vergelyk, kontraste te kan identifiseer en die inhoud te kan evalueer. Eers nadat die leesproses volledig deurgewerk is, kan daar van leesbegrip gepraat word.
Aktiwiteit 3: Kortverhaal
Crayola washables ook vir my seun
Marelize
Swanepoel
“Ek wil hê julle moet vir my ’n monster teken,” sê juffrou Erasmus en kyk met groot oë na haar graad 5-klas, “maar nie sommer enige monster nie. Hierdie monster moet gemaak word uit verskillende dele van ander diere en enige iets anders wat julle aan kan dink. Gebruik julle verbeelding!”
Juffrou het uiteindelik na my idee geluister wat ek aan die begin van die jaar in die idees-boks gegooi het, jippie! Eugene is ʼn oulike, slim en baie eiewyse seunskind. Hy het wilde swart hare soos sy pa ... jy weet, voordat hy grys geword het. Eugene is baie lief daarvoor om te teken; vandat hy kan onthou, teken hy al. Sy pa het vir hom sy eerste vetkryte op 3-jarige ouderdom gegee.
Kort daarna moes hy uitvind dat hy nie op die eetkamermuur mag teken nie. Sy pa het vir sy klein kunstenaartjie ʼn fotoraam uitmekaar gehaal en daardie “prentjie” geraam, net daar op die muur Hy het nou nog daardie raam met ʼn foto van die prentjie wat hy destyds geteken het.
“Haai, Eugene, aarde na Eugene, was jy al weer in daardie wêreldjie van jou?” Marelca, sy maatjie sedert kleuterskool kyk met haar groot blou oë na hom, “Juffrou het al 5 minute gelede gesê dat ons moet begin met ons prentjie.”
SAMPLE
“Marelca, jy weet mos ek doen my beste werk as ek eers na my wêreldjie toe gaan!” Ek kan sien dat sy reg is om my ʼn klap te gee. Ek kyk na die groot papier op my tafel en die moontlikhede is oneindig. Ek maak my tas oop en haal my Crayola washable markers en my Crayola twistables uit.
Ek haal my HB-potlood uit en trek my eerste streep. Idees kry vorm in my kop, verskillende diere en hulle gedeeltes vlieg voor my oë verby. My strepe kry vorm op die papier: ʼn groot vis vir ʼn lyf, vier baie groot oë ( jy weet om hulle beter te kan sien, :) ) en drie pote wat lyk soos hoenderpote. Ek teken vir die vis groot driehoekige tande met ʼn groot glimlag. Juffrou het mos gesê ons moet ʼn monster teken, maar nie dat die monster onvriendelik moet wees nie. My pa het my van kleins af geleer dat mens nie bang hoef te wees vir monsters nie, jy moet hulle net so verander dat jy vir hulle kan lag. Ek begin my “monster” inkleur, dit moet helder en baie kleurvol wees – vir hierdie monster sal daar gelag word.
“Jinne, Eugene, maar is dit nou nie ʼn vriendelike en kleurvolle monster nie! Wat noem jy hierdie gedrog?” Juffrou Erasmus kyk glimlaggend na hom.
“Dis ʼn Hansviswors juffrou,” sê Eugene vol selfvertroue, “dis ʼn vis gekruis met ʼn hanswors. Ons moenie toelaat dat monsters ons bangmaak nie, juffrou. As jy vir hulle kan
lag, is jy nie meer bang vir hulle nie.”
“Dit is ʼn baie interessante manier van kyk na die lewe!”
“Jong, kleur hom gou-gou in.” Juffrou stap na haar tafel toe en gaan haal haar goue sterretjies uit haar boonste laai.
Eugene hou van juffrou Erasmus, sy laat hom toe om homself te wees. Eugene hou nie daarvan om in ʼn boksie gedruk te word nie. Sy ouers het hom geleer dat om selfstandig te dink. Pa het hom geleer dat Swanepoels nie bang is om individue te wees nie. Die beste persoon wat jy kan wees is die persoon wie jy op aarde gesit is om te wees. En hy leef dit 100% uit.
Dis een van die redes hoekom juffrou Erasmus so baie van Eugene hou. Hy is haar sterretjie in die klas. Hy sorg altyd vir ʼn vars bries in die klas met sy anderse manier van dink.
Sy verwelkom dit. Hy het al ʼn hele paar verskille teweeg gebring in haar klas. Chester wil nie meer soos Jimmy wees nie, hy is nie meer skaam om homself te wees nie. Marelca het opgehou om weg te kruip en haar natuurlike leierseienskappe het na vore getree; sy is reeds ʼn moontlike keuse vir hoofdogter in graad 7. Ja-nee, hierdie seunskind gaan nog ʼn groot verskil in hul klein dorpie maak.
Almal van ons het daardie dag sterretjies gekry, my kunswerk en so paar ander se prentjies is ingeskryf vir die kunswedstryd. My monster hang geraam in my seun se kamer met ʼn goue sterretjie en ʼn “Mooi so!” in die hoek. Ek het baie gou geleer dat Crayola washables ook vir hom sal werk.
Lees die verhaal “Crayola washables ook vir my seun” en beantwoord die vrae wat volg.
1. Wie gee vir die klas instruksies?
2. Die kinders moet ’n monster teken. Wat maak hierdie monster anders as normale monsters?
3. Die juffrou sê dat die kinders hulle verbeelding moet gebruik. Wat bedoel sy hiermee?
4. Wie se idee was hierdie monster-opdrag?
5. Hoe het die juffrou hierdie idee in die hande gekry?
6. Beskryf Eugene se karakter in twee sinne.
7. Is die volgende stelling waar of onwaar. Motiveer jou antwoord. Eugene se pa het bruin hare.
8. Wat het Eugene vir sy derde verjaarsdag by sy pa gekry?
SAMPLE
9. Wat het Eugene na sy derde verjaarsdag uitgevind?
10. Eugene se pa het die “teken op die muur”-situasie baie goed hanteer. Hoe sou jou ouers die situasie hanteer het as dit jy was?
11. Hoe weet jy dat Marelca ’n goeie vriendin van Eugene is?
12. Waarna dink jy verwys hulle as hulle praat van Eugene se “wêreldjie”? Hoe stem dit ooreen met juffrou Erasmus se instruksies aan die begin?
13. Wat presies is “Crayola washable markers”?
14. Hoekom sou Eugene se ouers eerder vir hom Crayola washable-inkleurpenne koop? Gebruik ’n voorbeeld uit die storie om jou antwoord te staaf.
15. Die verteller gee ’n baie goeie beskrywing van hoe Eugene se monster lyk. Volg hierdie instruksies en teken die “monster” in die onderstaande spasie.
16. Watter belangrike les het Eugene se pa hom geleer oor monsters?
17. Wat noem Eugene die gedrog wat hy geteken het?
18. Watter twee belonings het Eugene gekry vir sy prentjie?
19. Wat beteken dit as jy nie daarvan hou om in ’n boksie gedruk te word nie?
20. Watter positiewe verskille het Eugene se karakter al in die klaskamer teweeg gebring?
21. Wie is die verteller in die kortverhaal? Motiveer jou antwoord.
22. Noem twee ruimtes waar die verhaal afspeel.
23. Waarom is die slotsin van die kortverhaal ironies?
AFDELING 3 SKRYF EN AANBIED
Skryfproses
SAMPLE
Voordat ’n mens enige skryfstuk begin skryf, MOET jy eers jou gedagtes agtermekaar kry oor WAT jy wil skryf. Wanneer ’n mens aan ’n onderwerp dink waaroor jy wil skryf, kom daar gewoonlik baie idees in jou kop, en dit is juis DIT wat jy moet neerskryf, sodat jy kan sien of dit wat jy gedink het jy wil skryf, wel iets om die lyf het.
Wanneer jy ’n verhalende opstel skryf, is daar ’n spesifieke beplanningsmodel wat jy kan gebruik om jou te help om jou gedagtes beter te orden. Die spinnekopdiagram of breinstorm is maar een van baie metodes. Die FAIL-skryfmetode is baie meer suksesvol omdat dit ook die beplanning vir ’n vyf-paragraaf-opstel is. F.A)I.L. staan vir jou “First Attempt In Learning”. Sien jou beplanning en jou eerste poging as jou eerste probeerslag, en daarom mag jy maar foute maak. Onthou ook dat jou beplanning die geraamte is en dat jou eerste poging is waar jy meer vleis aan die geraamte sit.
Beplanningsmodel vir ’n verhalende opstel en sy stappe:
1. Teken die breinkaart op die helfte van jou beplanningsbladsy.
2. Titel van opstel: In hierdie spasie skryf jy kortliks waaroor jou onderwerp handel.
3. Die liggaam van die opstel word eerste beplan. Dis die gedeelte waar jou eintlike storie vertel gaan word. Enige storie het ’n begin (paragraaf 2), ’n middel (paragraaf 3) en ’n einde (paragraaf 4). Beantwoord die volgende vrae in elke blokkie met ’n kort antwoord:
a) Liggaam blokkie 1: Wat het gebeur?
b) Liggaam blokkie 2: Waarom het dit gebeur?
c) Liggaam blokkie 3: Wat gebeur nou volgende?
4. Die slot (paragraaf 5) word direk na die liggaam beplan. Jou slot mag nie nuwe inligting bevat nie.
Sien jou slot as daardie laaste stukkie legkaart wat jy moet byvoeg sodat die hele prentjie sin maak. Daarom is die slot ook op die meeste net 2 – 3 sinne lank.
3 Inleiding
2 Slot
Titel van opstel
1 Liggaam (3 paragrawe)
Sien die slot as die plek waar jy skryf wat jy uit die hele gebeurtenis geleer het.
5. Die inleiding (paragraaf 1) word heel laaste beplan. Die rede hiervoor is omdat mens altyd wonder hoe om ’n opstel kreatief en interessant te begin. Jou slot en jou inleiding moet met mekaar skakel. Jou inleiding is ook nie langer as 2 – 3 sinne nie.
FAIL-metode se eerste poging:
Net soos jou beplanning, begin jou eerste poging by paragraaf 2.
• Deel 5: Paragraaf 1 is die inleiding, maar word laaste geskryf.
• Deel 1: Paragraaf 2 is die eerste deel van jou liggaam waar jy vertel “Wat het gebeur?”
• Deel 2: Paragraaf 3 is die tweede deel van jou liggaam waar jy vertel “Hoekom het dit gebeur?”
• Deel 3: Paragraaf 4 is die laaste deel van jou liggaam waar jy vertel “Wat het toe gebeur?”
• Deel 4: Paragraaf 5 is die slot wat direk na die liggaam geskryf moet word.
Kom ons kyk na die volgende voorbeeld om die FAIL-skryfmetode in aksie te sien:
Onderwerp: Ek los jou daar ...
3 Inleiding
Ons hond is ’n baie nuuskierige brakkie wat altyd haar neus by plekke ingedruk het waar dit nie hoort nie.
My hond by vee arts
1 Liggaam (3 paragrawe)
2 Slot
Ons was so hartseer gewees en moes sonder haar huis toe gaan.
Wat het gebeur?
Ons hond (16 jaar oud) is deur ’n swerm bye gesteek.
Hoekom het dit gebeur?
Die hond het gaan rondsnuffel agter die motorhuis en op die bynes afgekom.
Wenke by die skryf van kreatiewe opstelle:
Wat het toe gebeur?
Ons het haar veearts toe gevat, maar haar hart was te swak.
• Jou beplanning is 80% van jou werk. As jy reg beplan het, sal jou opstel homself kan skryf.
• Glans (highlight) enige woorde waarvan jy onseker is oor die spelling.
• Jy mag slegs ’n woordeboek gebruik wanneer jy met jou beplanning en jou eerste poging klaar is. Die idee is om die warboel in jou kop eers op papier te kry en dan die woordeboek te gebruik om jou werk te redigeer.
• Jy moet net so baie tyd aan jou redigeringspoging (waar jy al jou foute regmaak) spandeer as aan jou eerste poging. Dis ’n goeie idee om jou geredigeerde opstel hardop vir jouself te lees sodat jy kan hoor of jy enige taal- of sinsfoute en inhoudsfoute gemaak het.
• Jy kry punte vir die inleiding-, liggaam- en slotgedeeltes van jou opstel.
• Jy word net teruggehou deur jou eie verbeelding. As jy nie hou van die onderwerp nie, is dit jou werk om dit vir jouself interessant te maak. Dit help as jy jou opstel skryf oor iets wat al gebeur het omdat feite jou opstel makliker maak om te glo.
• Jou woorde tel is deel van die beplanning en redigering – jy tel nadat jy jou eerste poging geskryf het, en verkort dan of maak langer.
ONTHOU:
Dit mag jou dalk ’n paar ekstra minute vat om hierdie metode die eerste keer toe te pas, maar jou volgende opstelle gaan soveel makliker wees om te skryf. Jy moet met elke opstel wat jy skryf ’n beplanning, eerste poging, bewys van redigering en finale skryfstuk inhandig.
Verhalende opstel
Dis ‘n interessante vertelling van ‘n storie of gebeurtenis (gewoonlik uit die verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
Argumenterende opstel
Die skrywer het ‘n spesifieke mening/opinie en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te motiveer. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dis ‘n subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/ haar gesigspunt te deel.
Beskrywende opstel
Die skrywer beskryf iets/ iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie).
Die skrywer behoort ‘n prentjie met woorde te teken. Gebruik jou sintuie.
Bespiegelende opstel
Die skrywer oorweeg/ deurdink ‘n idee/ lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele reaksies en gevoelens weer. Hierdie opstel sal subjektief wees. Gevoelens en emosies speel ‘n baie belangrike rol.geskryf word.
SAMPLE
Beredenerende opstel
Dis objektief en probeer om ‘n gebalanseerde gesigspunt vanuit albei kante van ‘n argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die toon moenie emosioneel wees nie.duidelik wees. Dis ‘n subjektiewe opstel waarin die skrywer probeer om die leser te oortuig om sy/haar gesigspunt te deel.
Aktiwiteit 4: Skryf ’n verhalende opstel
Kies EEN van die volgende drie onderwerpe en skryf ’n verhalende opstel van 200 – 250 woorde. Maak seker dat jou opstel uit vyf paragrawe bestaan. Toets jou verhaal aan die kontrolevorm hieronder – as jy op alles JA kan antwoord, MOET jy goeie punte kry!
Onderwerp 1: ’n Storie wat soos volg eindig –“As ek tog maar na my ouers geluister het!”
Onderwerp 2: ’n Slapelose nag OF
Onderwerp 3: ’n Storie wat soos volg begin –“En die dag was ...”
VERHALENDE OPSTEL: KONTROLEVORM
Ja Nee
Struktuur
1. Is daar ’n opskrif/titel?
2. Is daar reëls oop tussen paragrawe?
3. Is daar vyf paragrawe (inleiding, drie liggaamsparagrawe en ’n slot)?
Inhoud
• Het die inleidingsparagraaf dadelik jou aandag getrek en gehou?
• Volg die gebeure logies op mekaar?
• Is die storielyn oortuigend?
• Is die slot ongewoon/onvoorspelbaar/interessant?
Taal
• Gee drie punte vir vyf of minder spelfoute
• Gee twee punte vir ses tot agt spelfoute
• Gee een punt vir nege tot twaalf spelfoute
• Gee ’n nulpunt vir meer as twaalf spelfoute
• Gee een punt vir vyf en minder taalstuktuurfoute
• Gee ’n nulpunt vir ses en meer taalstruktuufoute
TOTAAL uit 10
AFDELING 4
TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
Bywoorde
SAMPLE
’n Bywoord beskryf die hoofwerkwoord. Bywoorde kom altyd in die volgende volgorde voor in ’n sin: tyd, graad/wyse en plek. Jy kan die bywoord identifiseer deur die volgende vrae te vra:
Die man hardloop nou baie vinnig in die wedloop.
Wanneer werkwoord die onderwerp? Bywoord van tyd
Wanneer hardloop die man? nou
Hoe werkwoord die onderwerp? Bywoord van graad/wyse
Hoe hardloop die man? baie (graad) vinnig (wyse)
Waar werkwoord die onderwerp? Bywoord van plek
Waar hardloop die man? in die wedloop
Die bywoord van graad verwys na ’n gradering of ’n indeling op ’n spektrum.
Vra jouself: In watter mate?
laag meer hoog
Die bywoord van plek vertel vir jou waar die aksie gedoen word. Hier volg ’n paar voorbeelde van bywoorde van plek: buite, binnekant, daarheen, hierheen, links, regs, hierso, daarso, vorentoe, agtertoe, soontoe, oral(s), hiervandaan, ens.
Nog voorbeelde:
• Susan sal môre (bywoord van tyd) die skoene buite die winkel (bywoord van plek) oplaai.
• Die kinders het netnou (bywoord van tyd) die werk vinnig (bywoord van wyse) in hulle boeke (bywoord van plek) gedoen.
Enkelvoudige sinne
’n Enkelvoudige sin is ’n sin wat uit ’n hoofsin, sonder enige bysinne bestaan. So ’n sin kan in drie dele opgedeel word, naamlik die onderwerp (wie?), gesegde (doen?) en voorwerp (wat?). ’n Enkelvoudige sin het nooit meer as een gesegde nie.
Wie doen wat?
Die onderwerp: Dit is die “wie” wat die handeling uitvoer.
Die voorwerp: Die voorwerp volg altyd na ’n oorganklike werkwoord. Hoe identifiseer jy die voorwerp? Wat werkwoord die onderwerp? Die antwoord op hierdie vraag is die voorwerp.
Die gesegde: Dit is die werkwoordelike gedeelte. Die hulpwerkwoord en die hoofwerkwoord vorm saam die gesegde.
Voorbeelde:
SAMPLE
• Susan sal môre die skoene buite die winkel oplaai.
Onderwerp: Wie? Susan
Gesegde: sal ... oplaai
Voorwerp: Wat ww. (sal) die onderwerp (Susan) oplaai? die skoene
• Die kinders het netnou die werk vinnig in hulle boeke gedoen.
Onderwerp: Wie? Die kinders
Gesegde: het ... gedoen
Voorwerp: Wat ww. (het) die onderwerp (die kinders) gedoen? die werk
Bysinne
’n Byvoeglike bysin word gewoonlik ingelei deur die betreklike voornaamwoorde: wat, waarop en waarmee. Hierdie betrokke bysin brei die onderwerp-/voorwerp-gedeeltes uit.
Troeteldiere wat geterg word, sal kinders byt.
Hoofsin: Troeteldiere sal kinders byt.
Byvoeglike bysin: wat geterg word
Mense wat bang is vir die donker, sal skrik as die ligte uitgaan.
Hoofsin: Mense sal skrik as die ligte uitgaan.
Byvoeglike bysin: wat bang is vir die donker
’n Bywoordelike bysin beskryf die gesegde. As ’n bysin bevat dit daarom ook ’n gesegde. ’n
Bywoordelike bysin word deur voegwoorde ingelei. Daar is drie tipes bywoordelike bysinne:
• Bywoordelike bysin van tyd = WANNEER?
Terwyl jy die wenke gelees het, het jy meer geleer oor veiligheid.
Hoofsin: Jy het meer geleer oor veiligheid.
Bywoordelike bysin van tyd: Terwyl jy die wenke gelees het.
• Bywoordelike bysin van wyse = HOE?
Die hond grom asof hy ’n wilde dier is.
Hoofsin: Die hond grom.
Bywoordelike bysin van wyse: asof hy ’n wilde dier is.
• Bywoordelike bysin van plek = WAAR?
Jy sal meer oor rekenaarveiligheid leer waar hulle oor die internet praat.
Hoofsin: Jy sal meer oor rekenaarveiligheid leer.
Bywoordelike bysin van plek: waar hulle oor die internet praat.
Sinonieme en antonieme
Die betekenis van ’n woord kan slegs binne ’n sekere konteks bepaal word, bv. Daardie kos is baie lekker
Die boek kos baie duur
Die woord kos het in elke sinskonteks ’n ander betekenis.
SINONIEM
’n Sinoniem is ’n woord met min of meer dieselfde betekenis, bv. mooi – pragtig
ANTONIEM
’n Antoniem is ’n woord met min of meer die teenoorgestelde betekenis.
Letterlike en figuurlike betekenis van woorde
• Letterlike betekenis: Woorde funksioneer presies soos dit beskryf word.
As jy met vuurhoutjies speel kan jy jou vingers verbrand. Die vuur sal jou vingers brand en jy sal mediese hulp nodig hê.
• Figuurlike betekenis: Jy moet tussen die lyne lees om uit te vind wat dit regtig beteken, daar is ’n dieper betekenis.
As jy te veel reëls breek, gaan jy jou vingers verbrand. As jy te veel reëls breek, gaan jy in die moeilikheid beland.
Aktiwiteit 5: Geïntegreerde taal
Werk die taalreëls deur en beantwoord die volgende taalvrae:
1. Dui aan watter soort bywoorde die onderstreepte woorde is.
a) Die winter kan ’n baie spesiale tyd wees om die buitelug in te vaar.
b) Jy wil warm aangetrek wees wanneer jy onaktief is.
c) Jy gaan dalk nie so dors soos in die somer wees nie.
2. Lees die volgende sinne versigtig. Onderstreep die onderwerp en omkring die voorwerp:
a) Die winter kan ’n baie spesiale tyd wees om die buitelug in te vaar.
b) Laastens het jy ’n lekker dik water- en windbestande baadjie nodig vir ekstra koue weer.
c) Maak seker jou stapskoene is waterdig.
d) Jy kan ’n flessie warmsjokolade in jou rugsak sit.
3. Dui aan of die onderstreepte gedeelte ’n byvoeglike of ’n bywoordelike bysin is:
SAMPLE
a) Die man, wat die vuur aansteek, dra vuurbestande klere.
b) Terwyl jy die tent opslaan, moet jy kyk waar die eerste strale met sonsopkoms sal val.
c) Die vuur knetter asof dit in die hel gestook is.
4. Gee ’n sinoniem vir die volgende woorde (hierdie woorde sal jy in ’n woordeboek kan naslaan):
a) afkraak
b) balans
c) aanmoedig
d) akteur
e) dagblad
f) afkoms
g) blaps
h) delikaat
i) fiemies
j) jaloesie
k) item
l) resultaat
m) noukeurig
n) guitig
o) tydsaam
5. Gee ’n antoniem vir die volgende woorde:
a) aanwesig i) mak
b) bevestig iets j) maksimum
c) diep k) nader
d) dieselfde l) vergeet
e) hartseer
f ) gespanne
g) interessant
h) liggaamlik
m) verlies
n) letterlik
o) opsetlik/aspris
6. Wat is die letterlike en figuurlike betekenis van die onderstreepte gedeelte?
a) Die winter is ’n spesiale tyd om die buitelug in te vaar.
b) Die koue seisoen is niemand se speelmaat nie.
c) As jy dit nie breed het nie, kan jy steeds lekker gaan kamp.
d) Ek sal ’n duisend dode sterf as my baadjie aan die brand moet raak.
e) Die vuurmaakplek is maar ’n hanetreetjie van die tent af.