Gr 8-Afrikaans Eerste Addisionele Taal-Fasiliteerdersgids

Page 1


Eerste Addisionele Taal

Besit en gepubliseer deur Optimi, deel van Optimi Central Services (Edms) Bpk. Impalalaan 7, Doringkloof, Centurion, 0157 info@optimi.co.za www.optimi.co.za

© Optimi

Afgesien van enige billike gebruik vir die doel van navorsing, kritiek of resensie soos toegelaat onder die Wet op Outeursreg, mag geen gedeelte van hierdie boek in enige vorm of op enige manier elektronies of meganies, insluitend fotokopiëring, bandopname, of enige inligtingstoring-en-herwinningstelsel, gereproduseer of versend word sonder die uitgewer se skriftelike toestemming nie.

Die uitgewer dra geen verantwoordelikheid vir die voortbestaan of akkuraatheid van URL’e van eksterne webwerwe of webwerwe van derde partye waarna daar in hierdie publikasie verwys word nie, en waarborg nie dat enige inhoud op sulke webwerwe akkuraat of toepaslik is, of sal bly nie.

Daar is gevalle waar ons nie die kopiereghouer kon kontak of opspoor nie. Die uitgewer is bereid om enige foute of weglatings so gou as moontlik reg te stel indien die saak onder ons aandag gebring word.

Reg.nr.: 2011/011959/07

Aktiwiteit 99: Hoe klink die taal in ’n toespraak? ......................................................................

Aktiwiteit 100: Beplan, skryf en lewer ’n toespraak

AFDELING 2: LEES EN KYK ..................................................................................................

Aktiwiteit 101: Verken ander soorte toesprake/huldeblyke ................................................

Aktiwiteit 102: Voordat jy lees: Vrae wat jou laat nadink

Aktiwiteit 103: Verstaan die kernwoorde .....................................................................................

Aktiwiteit 104: Tydens lees: Bestudeer huldeblyke verder ..................................................

Aktiwiteit 105: Nadat jy gelees het

Aktiwiteit 106: Hoe word die taal in die huldeblyke gebruik?.............................................

Aktiwiteit 108: Hersien die kenmerke en riglyne van ’n huldeblyk ..................................

Aktiwiteit 110: Eerste poging: Ontwerp en

Fasiliteerdersgids 1/2

G08

VOORWOORD

Die doel van hierdie voorwoord is om jou as fasiliteerder ’n oorsig te gee oor die onderrig en leer van Afrikaans in graad 8 op die vlak van eerste addisionele taal (EAT). Die handleidings en fasiliteerdersgidse dek al die werk wat nodig is om jou leerders se kennis en vaardighede in Afrikaans verder te ontwikkel. Hierdie boeke is volgens die vereistes van die hersiene lesplanne in die kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) van die Departement van Basiese Onderwys saamgestel. Die hersiene lesplanne van die KABV gee ’n uiteensetting van die minimum werk wat gedek moet word. Die handleidings en fasiliteerdersgidse bevat soms meer inligting en aktiwiteite as wat hierdie lesplanne vereis om vanjaar se reistog in Afrikaans suksesvol af te lê.

Die handleiding en die fasiliteerdersgids is in vier eenhede en in 18 lesse verdeel. Eenheid 1 en 2 is in handleiding 1/2 en in fasiliteerdersgids 1/2 en eenheid 3 en 4 is in handleiding 2/2 en fasiliteerdersgids 2/2.

Die onderwerpe wat in die lesse gedek word, is daarop gemik om jou leerders se belangstelling te wek en om hulle opgewonde oor hul verdere ontdekkingsreis in Afrikaans te maak. Die hooftema van ’n ontdekkingsreis verbind die onderwerpe van die lesse vanaf die “Pak jou tasse!” tema in les 1 tot by die “Uit en tuis!” tema in les 18. Die onderwerpe word per les in die volgende temas verpak:

Eenheid 1 bestaan uit vyf lesse

Les 1: Pak jou tasse!

Les 2: Ons vier verskillende kulture

Les 3: Totsiens en hallo!

Les 4: Geld wat stom is, maak reg wat krom is

Les 5: Wat praat jy!

Eenheid 2 bestaan uit vier lesse

Les 6: Loervinke en skindery!

Les 7: Stropery . . .

SAMPLE

Les 8: Geniet die natuur!

Les 9: Hoor hier!

Lesaanbieding

Eenheid 3 bestaan uit vyf lesse

Les 10: Virusse – hoe gemaak?

Les 11: Luister, lees, aksie!

Les 12: My pennevrug

Les 13: Laat ek vertel . . .

Les 14: Liedjiestories

Eenheid 4 bestaan uit vier lesse

Les 15: Koerskry . . .

Les 16: Kuns laat leef!

Les 17: Tevrede met ons diens?

Les 18: Uit en tuis!

Elke les bestaan uit aktiwiteite wat teksgebaseerd en kommunikatief aangebied word. Die aktiwiteite is in drie afdelings verdeel om die volgende vaardighede van jou leerders verder te ontwikkel: luister en praat (afdeling 1); lees en kyk (afdeling 2); skryf en aanbied (afdeling 3). Die verduidelikings, voorbeelde en aktiwiteite wat die leerders se verstaan en inoefening van taalstrukture en -konvensies in Afrikaans bevorder, is met die aktiwiteite van afdeling 1, 2 en 3 geïntegreer.

Die uitbreidingsaktiwiteite, sowel as die verrykingsaktiwiteite vir meer gevorderde leerders, is daarop gemik om jou leerders se ontdekkingsreis nog meer interessant te maak. Die soort aktiwiteite en die strategieë wat gebruik word om jou leerders se vaardighede te ontwikkel word kortliks per afdeling beskryf.

Afdeling 1: Luister en praat

Luister en praat vorm ’n integrale deel van enige taal. Hoe meer ’n nuwe taal gehoor en gepraat word, hoe makliker word dit aangeleer. Die aktiwiteite bevorder ’n pre-luister, luister en post-luister proses om die ontwikkeling van die leerders se luistervaardighede te fasiliteer. Die strategieë wat gevolg word om hierdie proses in elke les te fasiliteer, word duidelik in die fasiliteerdersgids en in die handleiding aangetoon.

Die aktiwiteite in hierdie afdeling skep geleenthede vir groepsbesprekings, onvoorbereide en voorbereide mondelinge sowel as hardop lees. Dit sluit ook rolspel in om die leerder(s) se luister- en praatvaardighede in werklike (real-life) situasies te ontwikkel. Moedig jou leerders aan om ten minste een keer per week na ’n Afrikaanse televisieprogram te kyk of na ’n Afrikaanse radioprogram te luister.

Afdeling 2: Lees en kyk

Hierdie afdeling bied ’n ryke verskeidenheid van tekstipes aan om ’n teksgebaseerde benadering tot die ontwikkeling van hul lees- en kykvaardighede te bevorder. Die aktiwiteite fasiliteer die pre-lees, lees en post-lees prosesse wat gevolg word om byvoorbeeld die roman, volksverhaal, kortverhaal, gedig, strooibiljet en advertensie wat gelees word, beter te verstaan en te waardeer.

Die vrae wat oor die tekste handel, help jou leerders om die betekenis van die tekste in elke fase van die leesproses verder te ontdek. Die antwoorde op die vrae verskyn in jou fasiliteerdersgids. Daar is ook voorbeelde van begripstoetse in hierdie afdeling wat jou leerders se vaardigheid om Afrikaanse teks met begrip te lees verder ontwikkel.

Afdeling 3: Skryf en aanbied

Die aktiwiteite in hierdie afdeling bied jou leerders geleenthede om hul kennis en verstaan van die onderwerp in ’n betrokke les, wat reeds in afdeling 1 en in afdeling 2 ontwikkel is, verder vas te lê. Die aktiwiteite begelei jou leerders in die stappe van die skryfproses wat bestaan uit beplanning, die skryf van ’n eerste poging, hersiening, redigering, proeflees en aanbieding.

SAMPLE

In die hersieningsfase van die skryfproses is daar ’n aktiwiteit wat jou leerders kan help om self- en eweknie-assessering van hul skryfwerk te doen. Die toetsstene (touchstones) hiervoor is gebaseer op die spesifieke kenmerke van die tekstipe wat hulle moet skryf en aanbied. Die aktiwitete fasiliteer die skryf van kreatiewe tekste soos verhalende opstelle en gedigte, asook transaksionele tekste soos formele e-posse en advertensies. Die leerders word ook begelei om ’n kreatiewe skryfprojek na te vors, te skryf en aan te bied.

Fasilitering

Benewens die rol wat die aktiwiteite in die handleiding en in die fasiliteerdersgids speel om die onderrig en leer van Afrikaans op die vlak van ’n eerste addisionele taal te fasiliteer, is jou rol as fasiliteerder van die allergrootste belang. Jou rol word in hierdie gids per afdeling en, waar nodig, per aktiwiteit in detail verduidelik.

Hier volg slegs ’n paar algemene wenke om jou leerders se ontdekkingsreis nog meer sinvol te maak.

Fasiliteerdersgids 1/2

G08 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

• Probeer om die tema so lewendig as moontlik vir die leerders te maak – die klas/vertrek kan byvoorbeeld volgens die tema van die les versier word. Betrek die leerders by die les deur hulle te vra om leesstof, gedigte, koerantberigte, prente en muurversierings klas toe te bring.

• Baie aktiwiteite vereis dat leerders in pare, groepe of as ’n klas werk. Indien daar slegs een leerder is, kan jy as fasiliteerder instaan.

• Moedig jou leerders aan om tydskrifte en koerante gereeld te gebruik. Stel hulle vroegtydig in kennis om dit klas toe te bring. Maak ook voorsiening om tydskrifte en koerante in die klas te hou.

• Die geïntegreerde taalaktiwiteite bied jou leerders volop geleentheid om die Afrikaanse taalkonvensies en -strukture te hersien. Jou leerders kan ook tussendeur die aktiwiteite kort, informele toetse oor taalaspekte skryf, byvoorbeeld oor meervoudsvorme, ensovoorts.

Jou rol as fasiliteerder vra ook dat jy deeglik beplanning doen deur doeltreffende tydindeling wat in jou fasiliteerdersgids reeds vir jou voorgestel word. Die volgende aspekte word kortliks aangedui.

Tydindeling en beplanning

Elke les word oor ’n tydperk van twee weke behandel (8 uur) en elke eenheid strek oor ’n kwartaal. Die tydindeling van die aktiwiteite in die fasiliteerdersgidse volg die voorgestelde agt uur per tweeweeklikse siklus. Hierdie tydindeling gee bloot ’n aanduiding van die kontaktyd wat moontlik per aktiwiteit benodig word. Jou leerders het ook tyd nodig om in hul eie tyd byvoorbeeld navorsing te doen, ’n toespraak/opstel voor te berei of taaloefeninge te doen; jy as fasiliteerder het self ook tyd nodig om voor te berei en om jou leerders se geskrewe werk na te sien. Aan die einde van eenheid 2 en eenheid 4 (kwartaal 2 en 4) skryf jou leerders eksamen.

SAMPLE

Volgens die voorgestelde tydindeling in die KABV, word twee uur aan luister en praat spandeer, drie uur aan lees en kyk, twee uur aan skryf en aanbied en een uur aan taalstrukture en -konvensies. Die uur wat aan die onderrig en leer van taalstrukture en konvensies gewy word, is geïntegreer in die aktiwiteite van afdelings 1, 2 en 3.

Let asseblief daarop dat die tydstoekenning by die aktiwiteite nie noodwendig agt uur per tweeweeklikse siklus behels nie. Dit is omdat die tyd wat aan ’n aktiwiteit afgestaan word deur die getal leerders in die klas bepaal word. Sommige aktiwiteite neem ook langer; jy moet byvoorbeeld meer tyd gebruik om jou leerders se hardop lees of mondelinge aanbieding te assesseer. Hier kan die aktiwiteit oor ’n paar dae strek sodat al jou leerders kans kry om die aktiwiteit te voltooi.

Gebruik jou eie oordeel om seker te maak dat jou leerders deur al die werk kom. In sommige gevalle strek die werk oor meer as een periode. Daar is ’n tabel aan die begin van elke les in die fasiliteerdersgidse. Hierdie tabel bevat die aktiwiteite en die tydindeling. Verdere voorstelle vir tydindeling kom ook in die inleidende aantekeninge tot ’n afdeling en/of ’n aktiwiteit vir die fasliteerder in die fasiliteerdersgidse voor.

Die aanleer van ’n eerste addisionele taal vereis veral dat die aanleer van woordeskat en spelling gefasiliteer word.

Woordeskat en spelling

Jou leerders maak hul eie woordeboek aan die begin van die jaar. Hulle kan met die vorige jaar se woordeboek aangaan indien hulle dit nog het. Waar aangedui, moet hulle die woorde met hul betekenisse asook die Engelse woord gee, of hulle kan ’n sin of prentjie in die woordeboek skryf/teken. Die woordverklarings van sleutelwoorde in die tekste word gegee. Die woorde verskyn in die volgorde waarin die woorde in die teks voorkom. Dit word ook in die konteks en in die tydsvorm van die teks gegee.

Jou leerders moet gereeld ’n woordeboek gebruik om seker te maak hulle spel die woorde reg. Hulle skryf ’n speltoets aan die einde van elke les. In plaas hiervan kan hulle elke dag of aan die einde van elke week ’n speltoets skryf. Ter voorbereiding, kan jou leerders met ’n glimpen (highlighter) uitlig waar hulle moontlik verkeerd kan spel.

Woordelys

Daar verskyn ook ’n woordelys in die bylae agterin die boek vir verwysing sodat jy en jou leerders maklik kan naslaan waar ’n sekere woord of woorde in die handleidings en fasiliteerdersgidse voorkom.

Assessering

Gedurende en aan die einde van hierdie reis is dit nodig om vas te stel of jou leerders die kennis en vaardighede wat hulle gedurende of aan die einde van ’n les of ’n eenheid geleer het, bemeester het. Assessering vorm dus ’n onlosmaaklike deel van die onderrig- en leerproses.

SAMPLE

Informele assessering: Die assesseringsaktiwiteite wat in die fasiliteerdersgids en in die handleiding verskyn, word informeel gedoen. Die toetsstene wat in die lesse voorkom word gebruik om die leerders se self- en eweknie assessering as deel van die formatiewe assesseringsaktiwiteite aan te moedig. Die fasiliteerder kan dit ook gebruik as riglyne aan die leerders gedurende die skryfproses.

Formele assessering: Dit is baie belangrik om kennis te neem van die volgende: geen aktiwiteit in die handleiding word as formele assessering gedoen nie. Raadpleeg asseblief die portefeuljeboek vir alle formele assessering. Rubrieke vir formele assessering verskyn ook in die portefeuljeboek en -memorandum.

Eksamens

Daar is twee eksamens in graad 7 – die Junie-eksamen en die Novembereksamen. In beide eksamens skryf die leerders drie vraestelle.

• Vraestel 1: (word in die loop van die kwartaal voltooi): Mondeling (lees hardop / luisterbegrip/ toespraak / rolspeel, ens.)

• Vraestel 2: Reageer op tekste (leesbegrip van ’n teks, leesbegrip van ’n visuele teks, opsomming, taalstrukture en -konvensies)

Fasiliteerdersgids 1/2

G08 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

• Vraestel 3: Skryf (opstel en transaksionele teks, soos dialoog, dagboekinskrywing, boodskap, ens.)

Let wel: Die samestelling van die eksamens is onderhewig aan verandering. Verwys altyd na die portefeuljeboek en assesseringsplan vir die nuutste inligting oor die samestelling van die eksamens.

Eie werkboek en woordeboek

Elke leerder kort ’n lyntjiesboek (’n skrif) met 72 bladsye om die aktiwiteite in te doen. (Hulle mag dalk later die jaar nóg ’n werkboek benodig.) Dit kan ook ’n swart hardebandboek wees. Daar word aanbeveel dat jou leerders belangrike aspekte in hul werkboek oorskryf en nie net die aktiwiteite voltooi nie (byvoorbeeld wat ’n sinoniem is of hoe ons ’n selfstandige naamwoord uitken). Hulle kan ook die antwoorde van elke bespreking in afdeling 2 in hul werkboek skryf ná die bespreking afgehandel is.

Leerders moet ook ’n A5-lyntjiesboek (of ’n A4-boek) vir hul eie woordeboek hê (sien “Woordeskat en spelling”). Indien hulle nog die vorige jaar se woordeboek het, kan hulle met dieselfde boek aangaan.

Aanbevole boeke

Jou leerders moet toegang tot ’n goeie, verklarende woordeboek (soos die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal – HAT) hê, asook ’n tweetalige woordeboek. ’n Tesourus is ook voordelig.

Jou leerders moet minstens een leesboek per kwartaal lees. Dit kan enige toepaslike boek van die leerder se keuse wees. Dit is belangrik om te onthou dat hoe meer daar gelees word, hoe makliker en beter word die taal aangeleer. As leerders lees, brei hul woordeskat uit en hul spelling verbeter.

’n Lys van lekkerlees boeke en drie digbundels volg:

Titel

Absoluut Einstein

SAMPLE

Skrywer Uitgewer

Genre

Christien Neser NB Roman Brand

Fanie Viljoen NB Roman

Die lewe volgens Wim Vermaak William Oosthuizen NB Roman

Die vlerke van naaldekokers

Dinge wat ek nie van skape geweet het nie

Elf dae reeks:

Elf dae in Parys

Elf dae in Oxford

Elf dae in New York

Elton Die verskriklike April verloor dit

Cecelia Steyn NB Roman

Jaco Jacobs LAPA Roman

Elizabeth Wasserman NB Romans

Carin Krahtz NB

Roman (Opvolg van Elton Amper-famous en Juffrou Brom)

Goeie dag vir boomklim, ’n

Grilgrypers 6: Die geheim van die spookwerf

Jungu Josh: Die goue kalbas

Justin Fortuin, skattejagter

Jy sê, ek sê, ons sê

Kies-jou-eie-avontuur reeks: Die gevaarlikste speletjie op aarde

Die gevaarlikste boek op aarde

Die gevaarlikste fliek op aarde

Laaste lewe

Oor ’n motorfiets, ’n zombiefliek en lang getalle

Perfek

Pienk is nie vir sissies nie

Raaiselreeks:

Raaiselster

Raaiselklip

Raaiselsee

Spooksoeker: Die geheime lêers van Warno Alberts

Ster in haar sak en ander kortverhale, ‘n

Sterkykers

Toring van Jasmyn

Toulopers

Vlerke vir Almal

Jaco Jacobs LAPA Roman

De Wet Hugo NB Roman (ATKV veertjie)

Constant van Graan NB Roman

Theresa van Baalen LAPA Roman

Saamgestel deur

Marita van der Vyver LAPA Digbundel (Gedigte deur hoërskoolleerders)

De Wet Hugo NB Romans

SAMPLE

Wat Werner doen met sy drie miljoen

Wêreld van Wolwe 1: Eerste bloed

Z-A-K: Die Blou Planeet

Fanie Viljoen LAPA

Grafiese roman (vir leesku leerders of om te gebruik vir visuele tekste)

Jaco Jacobs LAPA Roman

Jaco Jacobs LAPA Roman

Christien Neser NB Roman

Troula Goosen NB Romans

Francois Bloemhof LAPA Roman

Saamgestel deur

Marieta Nel LAPA Kortverhale

Saamgestel deur Jaco Jacobs LAPA Digbundel

Derick van der Walt NB Roman

Saamgestel deur Jaco Jacobs LAPA Digbundel

Marion Erskine NB Roman

Tertius Janse van Rensburg LAPA Roman

Fanie Viljoen LAPA Roman

Theresa van Baalen LAPA Roman

Voorspoed vir die uitdagings wat op jou en jou leerders se ontdekkingsreis voorlê. Ons vertrou dat hierdie gids jou sal help om die ontwikkeling van jou graad 8 leerders se vaardighede in Afrikaans op eerste addisionele taalvlak ten beste te fasiliteer!

Fasiliteerdersgids 1/2

G08 ~ Afrikaans Eerste Addisionele Taal

LESELEMENTE

LEERDOELWITTE

Wat jy aan die einde van die les moet weet, in pas met die KABV.

AKTIWITEIT

Bevat die kerninhoud en vrae om jou kennis te toets.

WOORDESKAT

Betekenis van moeiliker woorde in tekste.

KERNINHOUD

Die inhoud wat verstaan moet word; verduideliking van begrippe

WENKE

Om die begrippe beter te verstaan; om in die leerproses te help.

VERRYKING

Aansporing om die inhoud na te vors of navorsing om algemene kennis uit te brei.

SAMPLE

JAARPLAN

Eenheid Les Datum begin Datum voltooi

LES 1: Pak jou tasse!

LES 2: Ons vier verskillende kulture

1

LES 3: Totsiens en hallo!

LES 4: Geld wat stom is, maak reg wat krom is

LES 5: Wat praat jy!

LES 6: Loervinke en skindery!

LES 7: Stropery …

2

LES 8: Geniet die natuur!

LES 9: Hoor hier!

LES 10: Virusse – hoe gemaak?

LES 11: Luister, lees, aksie!

3

LES 12: My pennevrug

SAMPLE

LES 13: Laat ek vertel …

LES 14: Liedjiestories

LES 15: Koerskry …

LES 16: Kuns laat leef!

4

LES 17: Tevrede met ons diens?

LES 18: Uit en tuis!

Eenheid 1 en 2 (kwartaal 1 en 2) is in hierdie fasiliteerdersgids en eenheid 3 en 4 (kwartaal 3 en 4) is in fasiliteerdersgids 2/2.

EENHEID 1: Week 1 – 2 LES 1:

Leerdoelwitte

Welkom by die eerste les in Afrikaans Eerste Addisionele Taal. Ons pak die reis saam met jou as fasiliteerder aan. Die inhoud van les 1 is klaar in die onderstaande tabel verpak. Gebruik dit as padkaart om jou deur die gids te lei.

In hierdie les gaan jou leerders:

• ’n strooibiljet in ’n groepbespreking van naderby leer ken;

• die kenmerke en elemente van ’n strooibiljet ontdek deur aantekeninge te lees en ’n strooibiljet op verskillende maniere te lees;

• die verskillende maniere waarop hulle lees, hersien;

• die verskillende stappe vir wanneer hulle skryf, hersien;

• hul eie strooibiljet skryf en dit aan die klas wys; en

• ontdek hoe taal gebruik word, veral om boodskappe duidelik en verbeeldingryk oor te dra. Vaardigheid

Luister en praat

Groepbespreking: Ons praat oor ’n strooibiljet

Bespreek die belangrikste kenmerke en elemente van ’n strooibiljet

SAMPLE

Hoe klink die taal van ’n strooibiljet? (hersiening van sinsoorte, tye en register geïntegreer)

Gesels oor jou gunstelingvakansieplek

Lees en kyk

Ondersoek verskillende maniere van lees

Voordat jy lees (prelees): Vrae wat jou laat nadink

Verstaan die kernwoorde

Tydens lees: Verken die strooibiljet verder

Postlees-bespreking – alles in die teks werk saam!

Hoe word die taal gebruik?

Skryf en aanbied

Hersien die kenmerke en elemente van 'n strooibiljet

Aktiwiteit 1 30 minute

Aktiwiteit 2 30 minute

Aktiwiteit 3 30 minute

Aktiwiteit 4 30 minute

Aktiwiteit 5 20 minute

Aktiwiteit 6 30 minute

Aktiwiteit 7 25 minute

Aktiwiteit 8 45 minute

Aktiwiteit 9 45 minute

Aktiwiteit 10 45 minute

Aktiwiteit 11 10 minute

1

Hoe skryf mens jou eie strooibiljet?

Beplan hoe om jou strooibiljet te skryf

Eerste poging: Ontwerp en skryf jou strooibiljet

Hersien jou eerste poging

Redigeer jou teks (hersiening van enkelvoudige sinne; byvoeglike naamwoorde en bywoorde hiermee geïntegreer)

Is alles reg? (Proeflees jou strooibiljet)

Wys jou strooibiljet aan die klas, lees dit voor en bespreek dit

Remediëring

AFDELING 1

LUISTER EN PRAAT

Aktiwiteit 12 10 minute

Aktiwiteit 13 15 minute

Aktiwiteit 14 30 minute

Aktiwiteit 15 20 minute

Aktiwiteit 16 30 minute

Aktiwiteit 17 10 minute

Aktiwiteit 18 10 minute

Aktiwiteit 19 15 minute

Inleiding tot afdeling 1: Dit is die begin van ’n nuwe jaar en die tema van les 1, “Pak jou tasse!”, bied jou en die leerders ’n heerlike geleentheid om hul vaardighede in Afrikaans te hersien en verder te ontwikkel. In aktiwiteit 1 neem die leerders aan ’n groepbespreking deel. Jy het die geleentheid om hul nuuskierigheid en belangstelling te prikkel deur vir hulle voorbeelde van strooibiljette (flyers) te wys. Daar word ook ’n voorbeeld van ’n strooibiljet oor “Seesig-Gastehuis” vir jou ingesluit indien dit moeilik is om strooibiljette, waarop gastehuise en -plase geadverteer word, in die hande te kry. Hierdie strooibiljet word ook in aktiwiteit 3 gebruik.

Wys die strooibiljet(te) vir die klas om ’n groepbespreking in te lei. Lees die inligting twee keer hardop en stadig voor terwyl hulle notas maak van die inligting wat hulle die meeste opgeval het. Dit behoort interessant te wees om te hoor wat vir elke leerder belangrik was indien die leerders hul notas met mekaar s’n vergelyk. Hier onder volg ’n paar wenke oor hoe jy die interaksie tussen jou en die leerders en tussen die leerders kan gebruik om Afrikaans lekker en goed te kan aanleer.

SAMPLE

Daar is ’n paar redes waarom jy jou leerders moet motiveer om aan groepbesprekings deel te neem:

• Dit maak die onderwerp meer interessant.

• Dit help die leerders om te leer.

• Jy kan terugvoer oor die bespreking gee.

• Die leerders besef waar hulle foute begaan het en kan dit regstel.

Deur aktiewe deelname aan te moedig, vergemaklik jy die leerproses en laat jy die leerders op ’n nuwe manier oor die les – en oor hulleself – dink. Jy kan dit soos volg doen:

• Maak besprekings toeganklik: Die leerders moet gemaklik daarmee voel om te praat en hul stemme te laat hoor. Hulle moet nooit bang wees om Afrikaans te praat of foute te maak nie – dit is die enigste manier om ’n taal aan te leer.

• Skep ’n vriendelike atmosfeer: Die leerders moet die onderwerpe bespreek en hul menings op ’n respekvolle manier aan mekaar meedeel.

• Stel ’n doelwit: Die bespreking moet ’n doel en rigting hê. Wat wil jy met die bespreking bereik?

• Moedig deelname aan: Moenie dieselfde paar leerders toelaat om die bespreking te oorheers nie en moenie altyd vrae aan dieselfde leerders vra nie – gee die “skaam” leerders ook geleentheid om te praat.

Groepbesprekings leer die leerders om uit die vuis te dink ten einde die inligting wat hulle kry, te gebruik en idees met mekaar uit te ruil. Die leerders wat aan begeleide klasbesprekings deelneem, leer ook noodsaaklike lewensvaardighede aan wat die belangrikheid daarvan om aktief te luister, insluit. Wanneer ons die leerders aanmoedig om te luister ten einde te verstaan, verbeter ons ook hul kommunikasievaardighede.

Van die maniere om dit te doen, is om:

• die leerders ’n vraag oor die huidige les te vra;

• hulle 5 tot 10 sekondes te gee om oor die vraag te besin;

• hulle toe te laat om op die vraag te reageer (Indien niemand vrywillig hul hande opsteek nie, kies ’n leerder wat moet reageer. Probeer iemand kies wat gewoonlik stil is.);

• die leerder te prys omdat hy/sy die vraag beantwoord het;

• die klas te vra om oor die leerder se antwoord te besin (Wat dink hulle beteken dit?); en

• hul vrae te gebruik om die bespreking te lei.

Aktiwiteit 1: Groepbespreking: Ons praat oor ’n strooibiljet 30 minute

SAMPLE

Weet jy wat ’n strooibiljet is en hoekom dit gebruik word? Dink ’n bietjie na oor wat die woord “strooi” beteken. Het jy dalk al die woord “biljet” iewers gehoor? Raai waarvoor ’n strooibiljet gebruik kan word deur na die betekenis van die woord te kyk. Om jou verder te help, gaan jou fasiliteerder vir jou ’n strooibiljet wys en die woorde daarop voorlees. Maak notas van die inligting wat jy dink belangrik is. Jou fasiliteerder sal dit weer ’n keer aan jou voorlees; kyk dan na jou notas en voeg dinge by wat jy nie die eerste keer gehoor het nie. Skrap wat jy dink nie van belang is nie. Luister of jy die inligting maklik kan verstaan en of die strooibiljet met jou “praat”.

Aan die fasiliteerder: Lees die strooibiljet op die volgende bladsy voor. Die leerders gee dan hul eie antwoorde op vraag 2 en 3:

1. Wat beteken die woord “strooi” in “strooibiljet”? Die woord beteken om rond te strooi (scatter).

2. Waar sien jy self dikwels strooibiljette?

3. Het jy al ooit op ’n strooibiljet, wat byvoorbeeld ’n nuwe skaatsbaan bekendstel, gereageer?

Sien die kleurbylae vir ’n kleurweergawe.

SAMPLE

• A complete guide with all the texts (contemporary and classic) for comprehension exercises, speeches, and reading included.

• Comprehensive explanations of language aspects.

• Step-by-step guidelines in plain language.

• Fun, engaging, and practical activities.

• Interesting themes for Grade 8s to expand general knowledge and inspire curiosity.

• Encourages independent thinking and develops reasoning skills.

• Suitable for learners on all levels.

• Use in school or at home.

home classroom college workplace

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.