Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.9 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

VOLUME 29 NO. 9

R 10

FRIDAY, 13 MARCH 2026

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 12 Maart

Vrydag 13 Maart

Saterdag 14 Maart

Sondag 15 Maart

23° 40°

21° 39°

18° 35°

17° 35°

CERES KOEKEDOUW DAM

Available in BBQ Chicken l BBQ Beef BBQ Bacon l Russian l Debonairs Chicken l Chicken & Spice Pine T’s&C’s apply

65%

TULBAGH DAM

53%

WAVERENSKROON TULBAGH

60%

(023) 312-1916 CERES

Lesings geneem: 2026/03/11

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Man sterf na hy met 'n mes gesteek is DIE polisie ondersoek ‘n moord nadat ‘n man (25) in die Koue Bokkeveld dood is. Die voorval het Sondagoggend 8 Maart omstreeks 09:00 op die plaas Rietfontein plaasgevind. Volgens die polisie het die oorledene, Lekunutu Tsoeu in ‘n vertrek gesit toe die verdagte, Zubenathi Manxingane (20), instap en hom twee keer in die bors met ‘n mes gesteek het. Manxingane is gearresteer en het vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn.

Vermiste vrou se liggaam gevind DIE vrou (58) wat begin Maart as vermis aangemeld is op Tulbagh, is ‘n paar dae later gevind. Martha Swart van Weltevrede-plaas het Saterdag 28 Februarie buite Tulbagh vermis geraak. Sy het omstreeks 20:00 op die plaas Groenkloof gaan kuier en later die plaas te voet verlaat. Soeken reddingspanne is saam met polisielede ontplooi en het die area waar sy vermis geraak het, gefynkam. Verlede Woensdag is die liggaam van Swart gevind naby waar sy vermis geraak het. ‘n Nadoodse ondersoek is geloods maar die uitslag van haar dood was teen druktyd nie bekend nie. Geen misdaad word vermoed nie.

Brand verwoes drie huise ‘n BRAND het Maandagaand omstreeks 21:15 drie wonings op Tulbagh in puin gelê. Die brand het in ‘n informele struktuur by een van die huise begin en vinnig na aangrensende skakelhuise in Obiquasingel versprei. Niemand is in die voorval beseer nie en geen misdaad word vermoed nie. FOTOS: Video-uitknipsels.

BELANGRIK VIR ALLE TOYOTA-EIENAARS

URGENT TAKATA AIRBAG RECALL IS JOU VOERTUIG VEILIG? CERES TOYOTA NOOI JOU UIT VIR ’N GRATIS VEILIGHEIDSKONTROLE.

Porterstraat (023) 312-3411 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30

Promosie vanaf 10 Maart - 31 Julie 2026 (terwyl voorraad hou) VERSKAFFERSDAG 1 + 2 APRIL 2026 08:00 - 12:00 TERME EN VOORWAARDES GELD. GEEN SMOUSE. PRYSE IS BTW ING.

Jou voertuig mag dalk deel wees van ’n wêreldwye terugroepaksie weens foutiewe Takata-lugsakke. Indien jou voertuig op dié lys verskyn, moet jy asb. dringend met ons kontak maak. Jou veiligheid is vir ons prioriteit! COROLLA HILUX AVENSIS (2002 - 2007) (2007 - 2010) (2010 - 2014)

AURIS (2007 - 2010) (2010 - 2013)

FORTUNER (2006 - 2009) (2009 - 2011) (2011 - 2016)

(2005 - 2011) (2006 - 2012) (2011 - 2017)

(2005 - 2009) (2009 - 2011) (2011 - 2016) Alle enkel-, ekstra- en dubbelkajuit modelle

RAV4

RUNX

(2003 - 2007) (2007 - 2010)

(2003 - 2007)

(2003 - 2007)

YARIS

• Slegs 5 minute van jou tyd • Geen koste • Potensieël lewensreddend - Moenie wag tot dit te laat is nie.

Of stuur vir ons ’n foto van jou voertuig se lisensieskyf na: 082-565-9479 of richard@cerestoyota.co.za

Voortrekkerstraat 112 CERES ☎ (023) 312-1057

Goldair Portable Airconditioner 12000btu R5 000

Goldair Portable Airconditioner 7000btu R3 500

Goldair Fan Pedestal 18” R850

Goldair Fan Floor 18” R670

Goldair Fan Desk 40cm R370

Goldair Fan Desk 30cm R300


2 l WITZENBERG HERALD l 13 MARCH 2026

DRIE atlete van Laerskool F.D. Conradie, Daniël Conradie, Adver van der Ross en Jacobus Botha, het die naweek aan die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe deelgeneem. Daniël (links) behaal ‘n eerste plek in hoogspring, Adver (middel) behaal ‘n tweede plek in verspring en Jacobus (regs) blink uit in die seuns o/10 gewigstoot. Die drie gaan nou aan die S.A. atletiekkampioenskappe deelneem wat van 19 - 21 Maart in die Groenpunt stadion plaasvind.

HAMLET MEDICAL CLINIC Cnr. Voortrekker- and Church St. 10, P.A. Hamlet, (Hamlet Lodge Building, entrance Church Street)

Mon - Fri: 08:30 - 17:00 Saturday: 08:30 - 12:00 Plus after hours availability for emergencies!

Dr. Mirielle vd Merwe and Dr. Jacques West 078-307-7569 l (021) 300-9553 l hamlet@drjwest.co.za

PERSONEEL van die Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand wie werksaam is by gesondheidsfasiliteite in die Breedevallei, Drakenstein, Langeberg, Stellenbosch en Witzenberg, was onlangs byeen vir ‘n langdienstoekenningsgeleentheid in Worcester. Verpleegassistent Maria Britz is een van twee personeellede wie vereer is vir 40 jaar diens. VLNR: Bernadette Arries (hoof van menslike hulpbronbestuur vir die provinsie), verpleegassistent Britz van Ceres hospitaal, Geoffrey Vermeulen (assistentbestuurder van verpleegkunde: Ceres hospitaal), Handri Liebenberg (direkteur: Kaapse Wynland), dr. Lizette Phillips (hoofdirekteur van gesondheidsdienste in landelike areas van die Wes-Kaap provinsie) en dr. Elton Titus (bestuurder van die Witzenberg subdistrik).

WITZENBERG MUNISIPALITEIT DIENSLEWERING IMBIZO HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE? Deernis

Registrasie op werklose databasis

Kredietbeheer (rekeninge)

Registrasie vir klein besighede

Sosiale Ontwikkelingsprogramme

Basiese dienste, water, elektrisiteit, vullis, strate ens.

Behuisings waglys-aansoeke en navrae

Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan

Geriewe (sale, sportgronde), parke en bome

Verkeer en Wetstoepassing

WAAR WORD DIT GEHOU? DAG EN DATUM

TYD

DORP

WYKE

PLEK

Dinsdag

17 Maart

09:00 - 12:00

P.A. Hamlet

4 & 10

Kliprug Gemeenskapsaal

Woensdag 18 Maart

09:00 - 12:00

Nduli

1 & 12

Nduli Gemeenskapsaal

Donderdag 19 Maart

09:00 - 12:00

Tulbagh

7 & 11

Witzenville Gemeenskapsaal

Vrydag

20 Maart

09:00 - 12:00

Ceres

3&5

Ceres Stadsaal

Dinsdag

24 Maart

09:00 - 12:00

Bella Vista

4&6

Bella Vista Gemeenskapsaal

Woensdag 25 Maart

09:00 - 12:00

Wolseley

2&7

Pine Valley Gemeenskapsaal

Donderdag 26 Maart

09:00 - 12:00

Op-die-Berg

8&9

Nuykintaba Gemeenskapsaal

‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep

MUNICIPAL SERVICE DELIVERY IMBIZO DO YOU NEED ASSISTANCE WITH THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES? Indigent

Registration on Municipal Unemployed Database

Credit Control (accounts)

Small Businesses Support

Social Development Programmes

Basic services, water, electricity, refuse, streets etc

Registration on Housing waitinglist

The Integrated Development Plan

Amenities (halls, sportsgrounds), parks and trees

Traffic and Law Enforcement

WHERE WILL IT BE HELD? DAY AND DATE

TIME

TOWN

WARD

VENUE

Tuesday

17 March

09:00 - 12:00

P.A. Hamlet

4 & 10

Kliprug Community Hall

Wednesday 18 March

09:00 - 12:00

Nduli

1 & 12

Nduli Community Hall

Thursday

19 March

09:00 - 12:00

Tulbagh

7 & 11

Witzenville Community Hall

Friday

20 March

09:00 - 12:00

Ceres

3&5

Ceres Town Hall

Tuesday

24 March

09:00 - 12:00

Bella Vista

4&6

Bella Vista Community Hall

Wednesday 25 March

09:00 - 12:00

Wolseley

2&7

Pine Valley Community Hall

Thursday

09:00 - 12:00

Op-die-Berg

8&9

Nuykintaba Community Hall

26 March

A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities DAVID NASSON MUNICIPAL MANAGER MUNISIPALE BESTUURDER

Heuningkwas of .....HARDEKWAS Francois Snyman TALLE klagtes oor die bestuursvermoë van mense is die afgelope tyd ontvang waar plaasbakkies vragmotors in Gydopas op gevaarlike plekke verbygaan sonder dat hulle enigsins aankomende verkeer kan sien, motoriste wat stopstrate op die dorp ignoreer, meer as 80 km/h jaag in dorpstrate waar die spoedgrens 40 km/h is en nie ‘n flenter omgee of daar voetgangers in die strate stap of kinders met hulle fietse daar ry nie. ‘n Maand gelede het ek oor ouers geskryf wat dink dit is cool en skynbaar nie omgee dat hul kinders sonder valhelms teen ‘n spoed met elektriese skopfietsies of fietse in die woonbuurt se strate jaag nie. Van hulle laai selfs ‘n passasier op en kyk nie links of regs nie. Hoe kan ons verwag dat ouers wat nie ‘n flenter omgee oor verkeersreëls en algemene veiligheid van ander padgebruikers en voetgangers, enigsins ‘n voorbeeld vir hul kinders gaan wees? Wanneer gaan ouers verantwoordelikheid neem, vergeet van om cool of in te wees en hul kinders se veiligheid eerste begin stel? Eers as die kinders baie seergekry het, in die hospitaal lê of skade aanrig wat deur die ouers moet betaal word? Al wat gevra word - respekteer ander padgebruikers en inwoners. Jy bly nie alleen op die dorp nie en is ook nie so belangrik as wat jy dalk dink nie. Fietsryers Die afgelope naweek het meer as 30 000 fietsryers aan die Cape Town Cycle Tour (CTCT) deelgeneem. Vir die grootste meerderheid van ons was dit ‘n lekker sosiale geleentheid om te geniet, ‘n baie mooi roete om te ry en om die wedren veilig te voltooi sonder om te val. Maar soos ons Witzenbergstreek sukkel met ‘n paar motoriste wat hulle aan niks of niemand of enige wette of padreëls stuur nie, is daar ook fietsryers wat nie algemene fietsryreëls of fietsryetiket onder die knie kan kry nie. Hulle motorlisensies moet summier afgevat word. Op Sondag se roete was daar talle van hulle op die pad, ook die wat teen jou verbyskuur, zigzag ry, nie vra of sê hulle wil verbykom nie. Dan is daar ook die fietsryers wat onverskillig ry net om sy beste vorige tyd met enkele sekondes te verbeter of groot groepe wat wil jaag tussen die fietsryers wat net deelneem om dit te geniet. As jy wil jaag, spring vroeër weg! * Dit was die naweek lekker om deel te kon wees van ‘n groep van 26 fietsryers wat ten bate van militêre veterane met gestremdhede ry. Die groep was duidelik sigbaar, het selfs ‘n draai op TV gemaak en die CTCT se atmosfeer en roete baie geniet. Meeste lede van die groep is in eie reg goeie fietsryers wat al die Munga, ABSA Cape Epic en ander groot wedrenne voltooi het en binnekort weer daaraan gaan deelneem. Daar was ook ‘n Springbok fietsryer in die groep wat al onder die top 3 in dié fietstoer geëindig het maar die naweek verkies het om eerder ‘n goeie doel te ondersteun. Miskien moet ons deelname meer gefokus wees daarop om iets te geniet eerder as om tye na te jaag en so gou moontlik by die eindpunt aan te kom. Almal kry dieselfde medalje na die tyd.

Ceres Fruit Processors (Edms.) Bpk. beskik tans oor

tydelike vakatures in die ondergemelde poste:

VURKHYSERDRYWERS SEISOENALE POSTE Kandidate moet oor die volgende beskik: • ‘n Geldige vurkhyser bestuurderslisensie; • Goeie ondervinding in die hantering van ‘n vurkhyser; • Bewese uitstekende werksprestasie; • ‘n Gesonde werksetiek. Stuur asb. u CV asook bewys van geldige vurkhyser lisensie per epos na: sburrows@cfp.co.za Sluitingsdatum vir aansoeke: 19 Maart 2026


13 MARCH 2026 l WITZENBERG HERALD l 3

CERES Fruit Growers (CFG), een van Tru-Cape Fruit Marketing se aandeelhouers is aangewys as die BRCGS (Brand Reputation through Compliance Global Standards) se perseel van die jaar. Dié gesogte internasionale erkenning beklemtoon CFG se toewyding aan voedselveiligheid, gehalte en bedryfsbestendigheid. Dit is ook ‘n weerspieëling van die hele voedselveiligheid- en gehaltespan, sowel as die uitstekende stelsels en standaarde wat regoor die onderneming toegepas word.

DIE man wat verlede Woensdag 4 Maart omstreeks 11:15 by die verkeerslig oorkant die Ceres polisiestasie dood is, se naam is bekend gemaak. Angelo Daames (44) het vermoedelik weens ‘n hartaanval gesterf terwyl hy in sy Colt Clubcab bakkie by die verkeerslig gewag het. Polisielede sowel as die EMS personeel was gou op die toneel maar kon niks vir hom doen. Daames is van Delft naby Kaapstad en het as subkontrakteur vir Roadmac gewerk. Hy was ten tye van sy dood die voorspelerafrigter van Young Good Hopes rugbyklub.

Bekende inwoner (74) oorlede ‘n BEKENDE inwoner van Ceres wat diep spore in die gemeenskap getrap het, is twee weke gelede oorlede. Freek Muller (74) is Saterdag 7 Maart vanuit die Verenigde Gereformeerde Kerk Ceres begrawe. Freek het ’n leeftyd op Ceres gebly en was ‘n bekende in die streek. Hy sal onthou word as ’n persoon met ’n ongelooflike fyn humorsin, altyd bereid om iets vir iemand te doen en sy algemene netheid. “Hy het altyd met sy fiets Ceres se strate vol gery en almal gegroet” onthou Marthinus de Villiers wat saam met Freek gewerk het. Freek het afgetree by Ceres Fruit Growers waar hy in die pakmateriaal-afdeling werksaam was. By CFG het hy vir baie jare die personeel na-ure in die sosiale klub bedien en met sy staaltjies vermaak. Voor CFG was hy werksaam by AJ Rankin/Basson Sport, Ceres Bande/Retreaders en BauRESIDENTS of Tulbagh turned out in colourful spirit on Saturday, 7 March, when Badisa Tulbagh hosted a lively fun run in celebration of Kuumba Care Day. The event formed part of a nationwide celebration where communities came together to celebrate creativity, compassion and care, while enjoying a little friendly competition. “Thank you to everyone who joined us and supported this special cause. Your support helps us continue the work we do for the children in our community,” said Arendène du Plessis, chairperson of Badisa Tulbagh’s management board.

mans. Vivian Minnaar het in ‘n Facebookplasing gesê dat sy vriend Freek Muller stem hom behoorlik tot hartseer en heimwee... ”Hartseer omdat ‘n familie ‘n broer, ‘n gesin ‘n pa/oupa en ‘n gemeenskap ‘n vriend en sportman verloor het”. “Ek sal Freek onthou vir sy sprankel persoonlikheid, humorsin en daai altyd glimlaggende gesig. Hy was ‘n goeie rugbyspeler en ‘n bogemiddelde tennisspeler. Hy kon enigeen op Ceres die regte klere laat aantrek want hy het die kuns verstaan om aan jou klere te verkoop wat by jou persoonlikheid en styl gepas het. By Baumanns en A.J Rankin/Basson Sport het hy gefloreer as verkoopsman en harde werker. Jy kon hom elke dag deur ‘n ring trek. Ek gaan jou mis pella, as jy met ‘n glimlag by jou hekkie, op jou fiets of in die straat loop. Sal beslis jou kwinkslae en grappies mis...Rus in vrede tot ons weer ontmoet”.

Een dood, talle beseer in ongelukke TALLE motorongelukke is die naweek op Op-die-Berg, P.A. Hamlet, Nduli en naby Witbrug in Michellspas aangemeld. Een persoon is Saterdagoggend omstreeks 03:20 dood in die ongeluk wat op die R303 by Op-die-Berg plaasgevind het. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle ‘n man in die pad aangetref wat weens beserings gesterf het. Geen verdere besonderhede was beskikbaar nie. In die ander twee ongelukke by P.A. Hamlet (foto) en Nduli is insittendes net lig beseer. Volgens inligting was dié minibus taxi in Ceres se rigting onderweg toe ‘n Ford Bantam bakkie by Jagerskraal uitgekom en vermoedelik voor die minibus ingedraai het. Die ongeluk het Saterdag 7 Maart omstreeks 16:50 plaasgevind.

PUBLIC NOTICE

DRAFT ELECTRICITY SUPPLY BY-LAW The Witzenberg Municipal Council is in the process of adopting a By-law regulating Electricity Supply within its area of jurisdiction. The draft By-law is available on the Municipality‘s website www.witzenberg.gov.za A copy of the same can also be obtained from the Manager: Electrical Services at the Municipal Offices, 50 Voor trekker Street, Ceres or by e-mail at victor@witzenberg.gov.za Any written submissions or suggestions on the By-law must be handed in at the Office of the Municipal Manager for attention Mr. V. Dyusha or email it to victor@witzenberg.gov.za on or before 1 April 2026.

OPENBARE KENNISGEWING

KONSEPVERORDENING OOR ELEKTRISITEITSVOORSIENING Die Witzenberg Munisipale Raad is besig om ‘n Verordening aan te neem wat elektrisiteitsvoorsiening binne sy jurisdiksiegebied reguleer. Die konsepverordening is beskikbaar op die munisipaliteit se webwerf www.witzenberg.gov.za ‘n Afskrif daarvan kan ook verkry word by die Bestuurder: Elektriese Dienste by die Munisipale Kantore, Voor trekkerstraat 50, Ceres of per e-pos by victor@witzenberg.gov.za Enige geskrewe voorleggings of voorstelle oor die verordening moet by die kantoor van die Munisipale Bestuurder ingedien word vir aandag Mnr. V. Dyusha of per epos gestuur word aan victor@witzenberg.gov.za op of voor 1 April 2026. D. NASSON MUNICIPAL MANAGER 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835


4 l WITZENBERG HERALD l 13 MARCH 2026

Groep atlete van Steinthal kwalifiseer vir Wes-Kaap kampioenskappe DIE groep atlete van Steinthal Vaardigheidskool neem vanaf Vrydag en Saterdag deel aan die Wes-Kaap atletiekkampioenskappe op Stellenbosch. VOOR: Esmerelda Witbooi, Juneacke Hanse, Giwaan Isaacs en Surisnie Wilschut. AGTER: Skyelinn Africa, Kaylin Makapan, Alfred Johannes, Eu-Handré Killian, Keoghan Gislen, Nicole Lucas, Kay-Lee Fortuin en Moain Petersen.

BESKIKBARE VAKATURE

WERKSWINKEL BESTUURDER

SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 5 APRIL 2026

CASE IH CERES TA K

Vereistes en verantwoordelikhede:

• Gekwalifiseerde diesel-/trekker werktuigkundige • Sterk tegniese agtergrond, vaardighede en kennis • Ervaring in die bestuur van ‘n werkswinkel • Sterk administratiewe ervaring en begrip van finansiële konsepte • Rekenaargeletterdheid: MS Office, Excel, Outlook • Sterk vermoë om te beplan, prioritiseer en take af te handel • Leierskap- en interpersoonlike vaardighede met die vermoë om personeel te motiveer

Stuur verkorte CV na: tarina.louw@cnh.com As u nie teen 24 April 2026 terugvoering ontvang het nie, is u aansoek onsuksesvol.

CERES SAPD ondesoek ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur teen die bestuurder van ‘n Toyota Conquest nadat dié motor na bewering voor ‘n aankomende Honda CRV ingedraai het. Die Toyota Conquest is erg beskadig terwyl die Honda op sy sy langs die pad beland het. Die ongeluk het verlede Vrydag omstreeks 06:00 op die R46 naby die Vredebes-ingang plaasgevind.

Job opportunity at Verdun Estates

ASSISTANT PRODUCTION MANAGER

Standard terms and conditions on all promotions and products apply and can be viewed at www.telkom.co.za. E&OE. Deal valid from 1 January - 31 March 2026. Free Starter Pack Promotion valid until 31 March 2026. Customers can seamlessly switch speeds based on their Internet Recharge Voucher purchase. No FUP threshold and no throttling apply. Includes Openserve Uncapped Internet data. Telkom shall be entitled in line with the Act (Electronic Communications Act 36 of 2005) and/or any Regulation to adjust the amounts reflected under Telkom’s Tariff List from time to time.

An established Stone Fruit farm in the Ceres area is looking for a dynamic and motivated full time Assistant Production Manager to strengthen the production team who will report directly to the Production Manager. RESPONSIBILITIES: Assist with the daily management of productivity, efficiency and quality which include, but are not limited to: · Harvest preparation: pruning, thinning, picking · Pest and weed control, monitoring · Irrigation, fertilization and ground cover · Orchard development · Administration · Production housekeeping, staff safety and hygiene · Weekend services REQUIREMENTS: · 3 Years practical experience in Stone Fruit production / Tertiary Agriculture qualification · Minimum qualification: Gr 12 · Exposure to pest & weed control application & regulations · Computer literacy (Microsoft Office) · Valid drivers license · Language proficiency in Afrikaans and English (Xhosa/Sotho will strengthen the application) · Good people management and communication skills · Ability to work independently and under pressure · Training in Safe Handling of Chemicals will strengthen your application The Company offers a market-related remuneration. CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: On or before 16 March 2026 Send a short CV with a clear outline of previous experience to hr@verdun.co.za or submit your application to Verdun Office, 1 Van Riebeeck Street, Prince Alfred Hamlet ENQUIRIES: (023) 313-3051 A certified copy of your RSA ID document must be attached to your application.


13 MARCH 2026 l WITZENBERG HERALD l 5

BADISA Tulbagh hosts fun walk RESIDENTS of Tulbagh turned out in colourful spirit on Saturday, 7 March, when Badisa Tulbagh hosted a lively fun run in celebration of Kuumba Care Day. The event formed part of a nationwide celebration where communities came together to celebrate creativity, compassion and care, while enjoying a little friendly competition. “Thank you to everyone who joined us and supported this special cause. Your support helps us continue the work we do for the children in our community,” said Arendène du Plessis, chairperson of Badisa Tulbagh’s management board.

BESKIKBARE VAKATURE DIESEL- / TREKKER WERKTUIGKUNDIGE

Sluit aan by ons Case IH Ceres-tak! • Minstens 5 jaar ondervinding as ‘n gekwalifiseerde werktuigkundige • Landbou-toerusting kennis • Case IH produkkennis sal in u guns tel PIERRE de Jager van Ceres, wat die insamelingspoging gelei het, het met die waentjie wat aan sy fiets gehaak is voor gery met die res van die groep wat gehelp het om die waentjie tot by die eindpunt te stoot. * Inwoners en organisasies wat nog donasies wil maak kan dit inbetaal vir die BackaBuddy veldtog vir Cordré Smith van Matroosberg om met kostes vir ‘n dringende hartoperasie te help of vir gestremde veterane. Laasgenoemde kan direk in 61MVV se rekening: 61 Mech Battalions Group Veterans Association, Standard Bank, takkode 006305, rekening no. 00329-3661 met verwysing CTCT 26 inbetaal word.

Stuur verkorte CV en kwalifikasies na: tarina.louw@cnh.com Sluitingsdatum vir aansoeke: 5 April 2026 As u nie teen 24 April 2026 terugvoering ontvang het nie, is u aansoek onsuksesvol.

SES en twintig fietsryers, wat ‘n Springbok professionele fietsryer van die 90’s en vyf fietsryers van die Witzenbergstreek ingesluit het, het Sondag tydens die Cape Town Cycle Tour aan ‘n fondsinsamelingspoging vir 61MVV se gestremde veterane, deelgeneem. Die groep fietsryers het Anton van Rooyen, wat meer as 40 jaar gelede sy bene in ‘n landmynontploffing verloor het, ingesluit. Hy is die volle 109km met ‘n spesiaal toegeruste waentjie gesleep en het die groep die eindpunt in 6 uur 16 minute en 45 sekondes bereik.

LEERDERS van Wanganella Primêr het onlangs skoolskoene ontvang. Wanganella was een van sewe skole in die Witzenbergstreek waar ‘n totaal van 299 pare skoene uitgedeel is. Die projek word deur rdl. Andile Gili (heel regs) bestuur en hanteer.

Standard terms and conditions on all promotions and products apply and can be viewed at www.telkom.co.za. E&OE. Deal valid from 1 January - 31 March 2026. Telkom shall be entitled in line with the Act (Electronic Communications Act 36 of 2005) and/or any Regulation to adjust the amounts reflected under Telkom’s Tariff List from time to time. *Fibre promotion comes to an end 31 March 2026. **Promotional pricing only applies for the first 6 months of the 12-month contract. Thereafter, standard pricing will apply for the remainder of the contract.


6 l WITZENBERG HERALD l 13 MARCH 2026

witzenberg herald

deur te gee. nuusbrokkies toerismekantoor Dit sluit in sportgebeurtenisse

(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Share Your Spark: WCBS calls on donors to inspire others

Magrieta Spanneberg

1954/08/08 - 2026/03/06 Begrafnisdiens So. 15 Maart 2026 Huis: 09:00, Plaas Lindeshof Saal: 10:30, Plaas Lindeshof Graf: Op-die-Berg

! 081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Katriena Rooi

1944/05/13 - 2026/03/10 Begrafnisdiens So. 15 Maart 2026

Huis: 09:00, Palmstraat 17, Bella Vista Graf: Bella Vista

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

! 081-742-6706 n/u: 082-5753-181

Arthur Jeffery De Bruin 1952/11/28 - 2024/03/14

THIS March, the Western Cape Blood Service (WCBS) is encouraging the public to share their spark - not just by donating blood, but by sharing the personal stories that inspire others to join the lifesaving mission. As part of its first-trimester campaign theme, Share, WCBS is focusing on the power of storytelling, peer influence, and community motivation. Word of mouth remains one of the most effective and trusted forms of marketing, reinforcing the impact of personal stories in motivating others to act. With thousands of patients relying on blood transfusions every day, the need for blood remains constant. WCBS believes that when one donor shares their story, it can create a ripple effect that inspires many more to give. “For some donating blood is personal. For others, it’s a simple way of giving back. When donors share their reason for donating, it becomes powerful,” says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS. “This month, we’re asking donors to share their ‘why’ - whether it’s in honour of a loved one, a New Year’s resolution, or simply because they care. Their stories inspire others, and together, we spark a movement of generosity.” Throughout March, WCBS will spotlight real donor stories across its digital platforms to encourage participation. How to Share Your Story: Donate blood at your closest blood donation clinic and share your story via WhatsApp to 060-549-7244. Share it on socials, tag us at The Western Cape Blood Service #shareyoursparkWCBS Whether you’re a regular blood donor or considering it for the first time, this is your moment, your story, your spark, your blood - it all matters. If you are between 16 and 75 years old, weigh 50kg or more, and are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you may be eligible to donate blood. The process takes just 30 minutes, and you may donate every 56 days. Donors are encouraged to eat a good meal within 3 - 4 hours before donating and increase their fluid intake before and after donation.

Rest in peace From your loving wife, daugthers, son and grandchildren

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du PPreez reez

082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Select

LAUNDRY Whatsapp of skakel

082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 Louw-Marie 083-634-8068 l louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstr 4, Ceres, (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)

Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: GESLUIT Ons doen ook herstelwerk

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: aan enige kledingstukke! • Warm klere en kinder-klere • Jasse

Wintersklere word uitgepak op 1 April.

DANKIE VIR ALLE DON ASIES DONASIES Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml) - Sans 241: 2015 limit = 0

Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

En die engel van die Here het weer vir die tweede maal gekom en hom aangeraak en gesê: Staan op, eet; anders is die pad vir jou te veel. I Konings 19:7

Ev. Jacobs

MOOI Uitsig Primêr bied vanjaar hul jaarlikse karnaval aan op 20-21 Maart. CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die

HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n epos na admin.huisdisa@acvv. org.za BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail. com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027. MUNISIPALE swembaddens is vanaf 1 November 2025 oop. Dennebos is oop vanaf 08:00 tot 19:00 en toegang beloop R99 vir dagbesoekers. Toegang by die Eiland, Bella Vista, P.A. Hamlet, Montana en Witzenville swembaddens beloop R10 vir volwassenes en R1 per kind.

DIE warm weer van die afgelope week het vir groot opgewondenheid gesorg tydens die NSRI se Survival Swimming-program. Kinders het dit terdeë geniet om in die water af te koel, terwyl hulle terselfdertyd belangrike oorlewingsvaardighede aanleer. Die program fokus daarop om kinders vertroud te maak met water en hulle te leer hoe om hulself te help indien hulle onverwags in die water beland. Deur speelse oefeninge en praktiese lesse bou die kinders selfvertroue en leer hulle noodsaaklike waterveiligheidsvaardighede. Dit is werklik bemoedigend om te sien hoe vinnig die kinders vorder en ook die water baie geniet. Van kleins af word hul geleer dat water baie lekker kan wees, maar ook baie gevaarlik kan wees. Volwasse toesig is baie belangrik wanneer kinders naby water is. Vir enige navrae skakel Eoudia Erasmus by 074-321-5322. Hier sit Sheryl Jacobs (hoof van Little Light Children Centre) saam met ‘n groepie van die swemmertjies.

STEFAN STEYN 083-227-6476

PLANT AND TOOL HIRE

DIE Vriende van die Togryers museum nooi inwoners uit om deel te wees van hul eerste uitstappie vir die jaar op Sondag 15 Maart om 14:00. Vier geestelike instellings word besoek: St. Mary’s Katolieke kerk, St. Andrews Anglikaanse kerk, die Moskee en die AME kerk. Kom luister na die insiggewende ontstaansgeskiedenis van hierdie denominasies. Begin van die toer is by die Katolieke kerk. Besprekings is noodsaaklik. Belangstellendes kan bespreek by (023) 312-2045 of 076-689-2885.

DIE jaarlikse Ceres Superspar klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, B- of C-afdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.

Lesse bied lekker lafenis vir die kleintjies!

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

*Terme en voorwaardes geld

DELICIOUS rugbyklub nooi inwoners uit om hul steak braai op 13 Maart te ondersteun. Kostes beloop R90 per persoon. Steak-borde kan afgehaal word by die rugbyveld tussen 17:00 en 19:00.

en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur jou inligting na info@ceres.org.za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie sodat elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.

Survival Swimming:

AND ART FRAMING

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

Two years have passed, yet it feels as though we said goodbye only yesterday. Your absence has created a void, a silence too loud to bear.

DIE Biblioteekdienste van die Witzenberg munisipaliteit hou weer hul jaarlikse BIBLIOTEEKWEEK vanaf 16-22 Maart. Dit is ook weer die begin van hul boetevrye periode, wat strek vanaf 16 Maart - 16 April. Lesers kry die geleentheid om alle boeke of enige ander biblioteek materiaal wat lank uitstaande is, terug te bring sonder dat enige boetes gehef sal word.

February - March 2026

WATER TREATMENT WORKS

23 February

2 March

9 March


13 MARCH 2026 l WITZENBERG HERALD l 7

Flaming Dragons wen SATERDAGAAND is die gewilde nag gholf oor 9 putjies op Ceres gholfbaan aangebied. Die Flaming Dragons (foto) het die kompetisie met 52 punte gewen. Die Boland Birdies was tweede met 49 punte gevolg deur die Jade-span met 48 punte, Dark Rangers met 46 punte en die Moonlight Mulligans in die vyfde plek met 46 punte. * Die organiseerders bedank die borge Ceres Superspar, Mountain Ridge Wines, Postnet, The Barn Gym, Ceres Padel Waverley Hills en Boland Isuzu asook die vol veld spelers

VIER rolbalspelers van Ceres rolbalklub is genooi om aan die Boland Rolbal Ope Meesterstoernooi by die Kleinmond rolbalklub deel te neem wat van 28 Februarie to 1 Maart aangebied is. Charmaine Mostert en Engela Lambrechts is genooi om in die vroue ope-afdeling deel te neem. Johan Botha en Stoffel Lambrechts (links en regs onder), is genooi om in die mans ope-afdeling deel te neem. Die vier spelers is deel van die top 12 mans en 12 vroue in die distrik.* Van die spelers het ook onlangs uitstekende prestasies behaal tydens die Boland Rolbal Ope enkelskampioenskappe. Johan Botha en Stoffel Lambrechts het bronsme-daljes in die mans enkels verower terwyl Engela Lambrechts ’n bronsmedalje in die vroue-afdeling gewen het. Stoffel Lambrechts is ook vanjaar aangewys as Boland Rolbal se veterane mans enkelspel kampioen.

Wolseley krieketspan struikel oor die laaste hekkie DARLING het die naweek die Promosie Wes T20 klubkampioenskaptitel verower deur Wolseley maklik met 91 lopies te klop. Darling het eerste gaan kolf en 168/3 in sy toegelate 20 boulbeurte aangeteken. Sergio Thomas (41), Abraham Henkelman (36) en Sergio Rooms (35) het die beste met die kolf gevaar. Vir Wolseley neem Cyril January 1/29,

Ravel Prins 1/27 en Wilbur Pietersen 1/28. Wolseley het in hul kolfbeurt lelik in duie gestort en kon slegs 77 lopies aanteken. Vir Darling neem Jevon Cloete 2/2, Bradley Lewis 2/31 en Karel Bruintjies 2/8. Slegs Devanrio van Neel (19), Ryan Ockhys (12) en Sheraldo Poole (11) kon iets met die kolf uitrig.

STEL U BELANG OM ‘N RAADSLID TE WORD?

Wel dis NOU u laaste kans om aansoek te doen!

Cape Winelands District Municipality strives towards rendering a dynamic and effective service to the community under its jurisdiction. As an Employment Equity Employer, we currently offer the following vacancies to appropriately qualified and experienced individuals:

DEPUTY DIRECTOR: LEGAL SERVICES

Wilfred F Pietersen PRESIDENT

Party Embleem / Logo

Christopher J. Grootboom ERE-PRESIDENT

Die People’s Democratic Movement (PDM) is op 1 Desember 2005 in Robertson (Wes-Kaap) gestig deur mnr. Christopher J. Grootboom, wat tans as Ere-President dien. Die party is amptelik by die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) geregistreer as ‘n nasionale politieke party en is tans besig met voorbereidings om deel te neem aan die 2026 Munisipale Verkiesing. Ons visie is om betekenisvolle verandering in gemeenskappe teweeg te bring, veral onder landelike gemeenskappe, vroue, jeug en persone met gestremdhede. Die PDM is daartoe verbind om met oplossings vorendag te kom om daadwerklike behoeftes van die gemeenskap aan te spreek.

UITNODIGING AAN VOORNEMENDE KANDIDATE Die PDM nooi hiermee persone wat betrokke is by gemeenskapsontwikkeling, leiers van plaaslike organisasies, geestelike leiers, tradisionele leiers, huidige en voormalige raadslede, afgetrede individue en ander belanghebbendes wat ‘n verskil in hul gemeenskap wil maak, om aansoek te doen om as wyk- of proporsionele kandidaat te dien. Let asseblief daarop: Geen kansvatters sal oorweeg word nie. Slegs gemotiveerde individue met ‘n bewese verbintenis tot gemeenskapsdiens sal oorweeg word. ‘n Streng keuringsproses sal gevolg word om te bepaal of kandidate aan die vereistes van die PDM voldoen. AANSOEKPROSEDURE: (Voornemende kandidate moet volgende inligting via e-pos of Whatsapp stuur): • Volle naam en van • ID nommer • Naam van dorp en munisipaliteit • Wyksnommer • Woonadres • Sel- / telefoonnommer • E-posadres Aansoekvorms sal aan voornemende kandidate per e-pos gestuur word.

STUUR U BESONDERHEDE AAN: ✉ pdmsouthafrica@gmail.com l cjgrootboom@gmail.com ☎ 073 252 4135 | 074 931 3730 | 082 896 8422 SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: Donderdag, 30 April 2026 (Geen laat aansoeke sal oorweeg word nie.) Groete - PDM Nasionale Bestuur

Requirements: • A relevant three-year tertiary qualification preferably a B degree in Law (LLB advantageous) • Eight (8) years or more relevant legal experience required • The appointee will be required, as a condition of his/her appointment, to obtain the Minimum Municipal Competency Levels in the unit standards for each competency area within 18 months from the date of appointment, as regulated by the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No 56 of 2003): Municipal Regulations on Minimum Competency Levels • Computer literacy in MS Office • Valid Code B driver’s licence • Willingness to work overtime and to work at home after hours • Ability to work effectively within a political environment and to balance political views with organisational needs when communicating differing viewpoints on complex issues • Ability to handle sensitive matters, and to maintain confidentiality and integrity • Ability to work on diverse legal matters simultaneously • Ability to communicate legal advice to staff members in understandable terms • Willingness to successfully participate in functional workshops, courses, seminars, etc. to acquire knowledge in order to translate it into practical use on the job • Willingness to render timely services, to internal and external stakeholders and officials • Ability to provide up-to-date information by staying abreast of the latest legislation, regulations and information that may affect the municipality’s operations • Ability to demonstrate personal commitment to resolving difficulties/problems • Physically and mentally fit and healthy • Good communication and written skills • Sound interpersonal relations and conflict management skills • Ability to work under severe pressure and adhere to strict deadlines • Ability to work independently and interpret legislation • Ability to critically and analytically evaluate information and data to take informative decisions • Language proficiency in at least two of the three official languages of the Western Cape.

DEPUTY DIRECTOR: MUNICIPAL HEALTH SERVICES AND AIR QUALITY Requirements: • A relevant tertiary qualification, preferably a BTech in Environmental Health • Proof of current registration as an Environmental Health Practitioner with the Health Professions Council of South Africa (HPCSA) as an Independent Practitioner • Successful completion of Peace Officer training • Valid motor vehicle driver’s licence • Computer literacy in MS Office • Eight (8) years or more relevant experience required and a minimum of three (3) years managerial experience • The appointee will be required, as a condition of his/her appointment, to obtain the Minimum Municipal Competency Levels in the unit standards for each competency area within 18 months from the date of appointment, as regulated by the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No 56 of 2003): Municipal Regulations on Minimum Competency Levels • Functional mobility, ability to drive long distances and mental fitness • Excellent conflict resolution skills to be able to deal with physical and psychological trauma in the workplace and community • Deadline-oriented and must be able to work under pressure to meet deadlines • Ability to multi-task • Accounting abilities within tight financial constraints • Language proficiency in at least two of the three official languages of the Western Cape.

DEPUTY DIRECTOR: GOVERNANCE, RISK AND COMPLIANCE Requirements: • A relevant tertiary qualification preferably an LLB or relevant postgraduate qualification or a relevant three-year tertiary qualification in either Finance / Accounting, Audit, Legal, Forensic Investigations or Information Technology • Eight (8) years or more relevant experience in a junior/middle management position related to complaints/investigation within a private/public sector organisation or in Local Government • The appointee will be required, as a condition of his/her appointment, to obtain the Minimum Municipal Competency Levels in the unit standards for each competency area within 18 months from the date of appointment, as regulated by the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No 56 of 2003): Municipal Regulations on Minimum Competency Levels • Computer literacy in MS Office • Valid Code B driver’s licence • Language proficiency in at least two of the three official languages of the Western Cape • Good management, human relations, interpersonal and communication skills • Good conflict handling skills • Knowledge of relevant legislation • Excellent communication and facilitation skills and attention to detail.

Closing date: 20 March 2026 at 15:00 Visit www.capewinelands.gov.za for the full advertisement and the application procedure. HF PRINS MUNICIPAL MANAGER Cape Winelands District Municipality 46 Alexander Street Stellenbosch 7600 www.ayandambanga.co.za 156099


8 l WITZENBERG HERALD l 13 MARCH 2026

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Bella Vista klop Ceres, Delicious verspeel hul kanse DIE 2026 rugbyseisoen het die naweek afgeskop met talle spanne wat betrokke was in derbywedstryde. Bella Vista rugbyklub het hul seisoen in die Witsentraalliga van die Grootuitdaag-kompetisie afgeskop met ‘n wedstryd teen Ceres rugbyklub. Dit was ‘n harde wedstryd tussen die twee top buurklubs. Bella Vista het Ceres met 34-26 geklop. Bella Vista se volgende drie wedstryde is teen Delicious, Wolseley en Tulbagh. Delicious verspeel hul kanse Op Wolseley het Delicious ‘n gerieflike voorsprong van 19-3 deur hul vingers laat glip om uiteindelik die wedstryd met 24-25 te verloor. Met ‘n sterk wind en gebiedsvoordeel in die

eerste helfte, het Delicious die wind uit die tuisspan se seille gehaal. Teen rustyd was die besoekers met 19-3 voor. Na rustyd het Wolseley hulself reggeruk en met meer ondernemingsgees begin speel. Dit was grootliks te danke aan Enrico Mouries wat van die plaasvervangersbank af beheer geneem het oor die wedstryd. Sy natuurlke aanvoeling vir die spel en die manier hoe hy dinge laat gebeur het was ‘n inspirasie vir sy span. Wolseley se punte het bestaan uit drieë deur Bevan Schoeman, Edwin Vermeulen en Christopher Vermeulen. Mouries het drie verdoel en ook twee strafdoele oorgeklits. Saterdag is dit weer derbytyd met Tulbagh

wat gasheer vir Wolseley speel. Ander uitslae Tulbagh se terugkeer na die Witsentraalliga van die Grootuitdaag-kompetisie se seisoen het op ‘n laagtepunt begin met ‘n reuse nederlaag. Roses United het Tulbagh met 164-7 geklop. Hamlet het ook hul eerste wedstryd van die seisoen met 28-29 teen Villagers Newton verloor. Naweek se wedstrydbepalings Die naweek speel Bella Vista teen Delicious op laasgenoemde se veld, Ceres speel teen Villagers Newton, Hamlet speel tuis teen Newtons en Tulbagh speel tuis teen Wolseley.

BELLA Vista rugbyklub het hul seisoen in die Witsentraalliga van die Grootuitdaagkompetisie afgeskop met ‘n oorwinning van 34-26 oor Ceres rugbyklub. FOTO: Trevor Felix

Twee kompetisies aangebied

CHLOë Bishop van Ceres en Epic spanmaat Nicolette Griffioen (afwesig), wat vanjaar deur De Grendel en Graaff Fruit geborg word, ontvang haar geborgde Toyota bakkie van Arno van Wyk van Ceres Toyota. Chloë, ‘n oudleerder van Charlie Hofmeyr, neem vanjaar aan haar tweede Epic deel en vir die eerste keer as een van die elite vroue deelnemers. Fietsryers spring Sondag 15 Maart by Meerendal weg in ‘n 20km proloog. Van 16 Maart tot Sondag 22 Maart word 7 skofte oor 545km aangepak. * Chloë, wat minder as twee jaar fietsry, het ook die naweek aan die Cape Town Cycle Tour deelgeneem in die elite vroue-afdeling oor 78km en die wedren in 2 uur 11 minute en 12 sekondes in die 24ste plek voltooi.

DIE naweek is twee gholfkompetisies aangebied. Saterdag 7 Maart is ‘n enkel stableford kompetisie aangebied. Henry Brown was die wenner met 37 punte. Peter Versfeld was in die tweede plek gevolg deur Saxtus Janse van Rensburg en L. Vercueil, almal met 34 punte. Saterdagaand is die gewilde nag gholf oor 9 putjies aangebied. Die Flaming Dragons het die kompetisie met 52 punte gewen. Die Boland Birdies was tweede met 49 punte gevolg deur die Jadespan met 48 punte, Dark Rangers met 46 punte en die Moonlight Mulligans in die vyfde plek met 46 punte. Die organiseerders bedank die borge Ceres Superspar, Mountain Ridge Wines, Postnet, The Barn Gym, Ceres Padel, Waverley Hills en Boland Isuzu asook die vol veld spelers wat deelgeneem het. Kompetisies Die volgende kompetisies word vir Maartmaand beplan. Op 14 Maart word ‘n 4BBB stableford kompetisie aangebied en op 21 Maart ‘n enkel houespel kompetisie. Die jaarlikse Ceres klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, B- of C-afdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in. Inskrywings sluit 22 Maart en die lys is by die klub beskikbaar. Spelers kan ook die klub skakel by (023) 312-3068 of 084-2997244 of ‘n e-pos na admin@ceresgolfclub.com stuur. Sundowner kompetisies Die volgende Ceres Superspar Sundowner word op 13 en 20 Maart aangebied. Daar sal geen Sundowner kompetisie wees op 27 Maart.

DEMETRI van Rooyen van Ceres het Saterdag 7 Maart aan die uitmergelende Pass2Pass Ultra Trail 100km wedloop deelgeneem. Hy het ‘n uitstekende derde plek behaal in ‘n tyd van 13:12:49. Die roete, met 4600 meter se klimme, het by Doolhof Wynlandgoed op Wellington begin waarna atlete oor Groenberg Traverse, Du Toitskloof, Kromrivier Dome, die Limietberge en terug oor Bainskloof na Doolhof gehardloop het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.29 no.9 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu