WH Her ald Witzenberg
VOLUME 29 NO. 6
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 19 Februarie
Vrydag 20 Februarie
14° 33°
15° 35°
CERES KOEKEDOUW DAM
71%
TULBAGH DAM
67%
WAVERENSKROON TULBAGH
60%
Lesings geneem: 2026/02/18
Saterdag 21 Februarie
16° 35°
Sondag 22 Februarie
17° 33°
FRIDAY, 20 FEBRUARY 2026
(023) 312-2144 l CERES
Brande vinnig geblus DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) se brandweerdienste is op 14 Februarie na twee afsonderlike brandvoorvalle buite Tulbagh en Kluitjieskraal, uitgeroep. Brandweervoertuie en -spanne van KWDM se brandweerstasies in Worcester, Stellenbosch, Paarl en op Ceres en Robertson, tesame met grondpersoneel van die NCC, is na beide voorvalle ontplooi. Brande is gou onder beheer gebring.
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Vrou (49) in hof na miljoene verdwyn
Man sterf voor winkel ‘n MAN het Dinsdag gesterf nadat hy voor ‘n kitskosonderneming inmekaar gesak het. Volgens beperkte inligting het die man van Wolseley met sy gesondheid gesukkel en was hy na 10:00 binne die kitskosplek toe hy uitstap en op die sypaadjie sterf. Die polisie was gou op die toneel en die liggaam is bedek. Die polisie het geen dossier geopen nie omrede dit ‘n natuurlike sterfte was.
‘n WOLSELEY inwoner (49) is vroeër die maand gearresteer nadat die polisie hul kuber- en bedrogondersoek van die afgelope twee jaar, afgehandel het. Louise van Bosch (49) van Wolseley is deur die Bellville handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem op klagtes van bedrog van meer as R6 miljoen. Die arrestasie volg na ‘n polisieondersoek wat reeds in Oktober 2024 begin is. Agtergrond Van Bosch was tussen 2012 en 2024 verantwoordelik vir die algemene administrasie en betalings van Lateganskop-wynkelder buite Wolseley. In September 2024 het die eienaar gesien ‘n groot bedrag geld (meer as R64 000) is vanuit die maatskappyrekening betaal. Dit was vir hom vreemd aangesien hy en sy broers die maatskappy einde 2023 verkoop het om ander sakegeleenthede te volg. Die maatskappy het ondersoek ingestel en diensverskaffers geskakel oor vervalste fakture. Daar is vasgestel dat die bankrekening waarin die geld inbetaal is, ‘n rekening van Louise is. Die eienaars het daarna die Hooggeregshof op 4 Desember 2024 genader om aansoek te doen vir ‘n interdik om Van Bosch en haar man te keer om hul eiendomme te verkoop en hul bankrekening te bevries hangende die polisieondersoek. Die aansoek is later toegestaan. Arrestasie Van Bosch het twee aande in die polisieselle deurgebring voordat sy Vrydag 6 Februarie in die Worcester landdroshof verskyn het. Sy is op R10 000 borgtog vrygelaat en moet in die week by die polisie op Wolseley aanmeld. Die saak is tot 24 Maart uitgestel wanneer sy in die streekhof moet verskyn.