Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.4 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

VOLUME 29 NO. 4

R 10

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 5 Februarie

Vrydag 6 Februarie

Saterdag 7 Februarie

Sondag 8 Februarie

19° 33°

17° 34°

16° 28°

14° 29°

CERES KOEKEDOUW DAM

73,4%

TULBAGH DAM

75%

WAVERENSKROON TULBAGH

62%

Lesings geneem: 2026/02/04

FRIDAY, 6 FEBRUARY 2026

www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

DRIE mense is Saterdag 31 Januarie omstreeks 12:30 beseer nadat die bestuurder naby Nooitgedagcht beheer oor die voertuig verloor en dit omgeslaan en in ‘n sloot beland het. Een insittende is ernstig beseer terwyl die ander twee lig beseer is.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Gaste aangeval en beroof VIER gewapende huisrowers word deur die polisie gesoek nadat hulle gaste op ‘n plaas buite Wolseley aangeval en beroof het. Die voorval het Dinsdag 3 Februarie omstreeks 07:30 op die plaas Palmietvlei tussen Wolseley en Bainskloof, plaasgevind. Die polisie is deur die G24 sekuriteitsdienste na ‘n gaste-eenheid op die plaas ontbied waar hulle gesien het dat rowers toegang tot die perseel gekry het deur ‘n kombuisvenster. Volgens beskikbare inligting was twee bejaarde gaste van Constantia ten tye van die huisroof tuis op die plaas. Hulle is die oggend deur vier mans aangeval en beroof van ‘n Glock vuurwapen, beursies en selfone. Stefan Roderick Westermann (71) is tydens die roof met ‘n hamer oor die kop geslaan voordat die verdagtes met hul buit gevlug het. Die egpaar is kort na die voorval met privaat vervoer na Worcester MediClinic geneem vir behandeling. Westermann is later na ‘n ander hospitaal nader aan Kaapstad oorgeplaas.

Moordenaar kry nie plek in inrigting DIE man (22) wat verdink word van een van die grusaamste moorde die afgelope drie dekades op Ceres, kon teen einde Januarie nog nie opgeneem word vir waarneming nie. Zwelinjani Mbola (22) van Nduli, wat sedert 7 Desember in aanhouding is, het weer op 28 Januarie in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord en lykskending. Die staat beweer dat Mbola vir Peter Joubert (43) vermoor het deur sy liggaam met ‘n skerp voorwerp op te sny. Die saak is uitgestel tot 26 Februarie. Agtergrond Twee wetstoepassers is op 7 Desember verlede jaar deur ‘n lid van die publiek genader dat ‘n onbekende man op die sypaadjie voor ‘n onderneming in Voortrekkerstraat sit met liggaamsdele. Die beamptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het ‘n man gesien wat sit by die afgekapte arms van ‘n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied. Mbola wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrekkerstraat, lê. Die oorledene is later as Peter Joubert (43) van Vredebes en ‘n werknemer van Ina’s Car Wash Paradise, geïdentifiseer.

Oudleerder sterf tragies in stad ‘n OUDLEERDER van Charlie Hofmeyr en ‘n gholfafrigter, Garin Hoole (27), is Sondagoggend 1 Februarie tragies dood na ‘n ongeluk met sy Ducati motorfiets. Die ongeluk het omstreeks 03:40 by die Old Oak afdraai na Stellenridge plaasgevind. Met die polisie se aankoms was paramedici reeds op die toneel maar Hoole het reeds aan sy besering beswyk. Hoole het in 2016 gematrikuleer en het by TGSE Paul Mackenzie gholf akademie gestudeer en voor sy dood by die Steenberg gholfklub gewerk. Hy het onlangs ‘n betrekking in Jakarta aanvaar om daar te gaan werk.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.29 no.4 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu