WH Her ald Witzenberg
FRIDAY, 21 AUGUST 2026
R12
VOLUME 29 NO. 32
(023) 312-2144 l CERES
4-DAG WEERVOORUITSIG Donderdag Vrydag 20 Augustus 21 Augustus
4° 21°
5° 26°
Saterdag 22 Augustus
Sondag 23 Augustus
3° 21°
4° 25°
• Air conditioning • Refrigeration
CERES KOEKEDOUW DAM
98,2%
MICHAEL SMIT 082-265-6828 cooltech@lando.co.za
TULBAGH DAM
85%
WAVERENSKROON TULBAGH
74%
Lesing geneem: 2026/08/19
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Gelukkig om te leef
Bestuurder rol bakkie op grondpad naby padstal 'n KAAPSE bestuurder wat dalk bietjie te vinnig gery het, het Sondag omstreeks 14:00 beheer oor 'n Colt bakkie verloor en dit naby Tankwa padstal verskeie kere gerol. Die bestuurder wat alleen in die voertuig was, is gelukkig om die ongeluk te oorleef en is later na Ceres hospitaal geneem vir ondermeer moontlike nek- en rugbeserings.
Verdagte (14) se saak uitgestel DIE streekhofsaak waarin 'n Wolseley inwoner teregstaan op aanklagte van bedrog is einde Juliemaand uitgestel om 'n pleitooreenkoms met die staat te finaliseer. Louise van Bosch (49) is in Februarie vanjaar deur die Bellville handelsmisdaad eenheid in hegtenis geneem op klagtes van bedrog van meer as R6 miljoen. Die arrestasie volg na die polisie se kuberen bedrogondersoek afgehandel is wat reeds in Oktober 2024 begin het. Agtergrond Van Bosch was tussen 2012 en 2024 verantwoordelik vir die algemene administrasie en beta lings van Lateganskop-wynkelder
buite Wolseley. In September 2024 het die eienaar/s gesien 'n groot bedrag geld (meer as R64 000) is vanuit die maatskappyrekening betaal. Die maatskappy het ondersoek ingestel en diensverskaffers geskakel oor vervalste fakture. Daar is vasgestel dat die bankrekening waarin die geld inbetaal is, 'n rekening van Van Bosch is. Die Hooggeregshof is op 4 Desember 2024 genader om aansoek te doen vir 'n interdik om Van Bosch en haar man te keer om hul eiendomme te verkoop en hul bankrekening te bevries hangende die polisieondersoek. Die aansoek is toegestaan. Van Bosch het na haar arrestasie twee
aande in die polisieselle deurgebring voordat sy vir die eerste keer in Februarie vanjaar in die Worcester landdroshof verskyn het. Sy is later op R10 000 borgtog vrygelaat en moet gereeld by die polisie op Wolseley aanmeld. Die saak is tot 28 September uitgestel. Verkragtingsaak Die Witzenberg gemeenskap het in Julie met skok en ongeloof gehoor dat 'n sesjarige kind op 'n plaas in die Koue Bokkeveld deur 'n kind van 14 jaar oud, vermoor is. Desney Struis (6) van die plaas Visgat in die Agter-Witzenbergvallei het op 7 Julie om streeks 19:00 tragies gesterf nadat sy deur 'n 14-jarige seun vermoor is. Volgens voorlopige inligting het Desney,
'n graad een leerder van die Eike primêr, vroeër die dag saam met die seun en ander maats op die plaas gespeel voordat sy vermis geraak het. Haar ma het pas van die werk gekom en na haar begin roep maar kon haar nie kry nie. Sy het begin om na Desney te soek voordat sy voetspore na 'n riviertjie daar naby gevolg het. Sy het Desney se lewelose liggaam in 'n sloot in 'n boord gevind. Die polisie het die volgende dag die ver dagte gearresteer. Die seun, wat minderjarig is en volgens wet nie geïdentifiseer mag word nie, het verlede Donderdag weer in die hof verskyn voordat die saak na 10 September uitgestel is.
2 l WITZENBERG HERALD l 21 AUGUST 2026
Skrywer se ervaring bied hoop vir jong mense WHEN Grief turned 18 - 'n boek waarin 'n jong meisie oor haar rou emosies, die waarheid oor wat met haar pa gebeur het en die impak daarvan op haar, toe net 11 jaar oud, en haar familie se lewens, met lesers te deel. In die boek praat Natasia Cupido vir die eerste keer openhartig van haar herstelpad wat sy sedert Julie 2008 na haar pa se selfdood gestap het, hoe sy haar verlies verwerk het deur alles neer te skryf op briefies aan haar pa en aan God tot vandag waar sy 'n inspirasie wil wees vir jongmense om desondanks wat met jou gebeur, uit te styg en iets van jou lewe te maak. Die boek is teen R350 beskikbaar by Triple 1. * Natasia het grootgeword op plase in die Koue Bokkeveld en op Wolseley en het later haar skoolloopbaan by Wolseley Sekondêr voltooi. Na skool was sy twee jaar in die weermag voordat sy na Ceres teruggekeer en hier begin werk het.
DIE Kaapse Wynland Onderwysdistrik het Vrydag 13 Augustus amptelik Ceres Sekondêr se Welstandsentrum in gebruik geneem. Met die inisiatief poog WKOD en ander rolspelers om 'n veilige, inklu siewe en ondersteunende ruimte binne skoolverband te vestig, wat welstandsdienste aan leerders, ouers en opvoeders bied. Die sentrum sal 'n reeks dienste lewer wat berading, traumaverligting en -ondersteuning, motivering, mentorskap en proaktiewe lewensvaardigheidsontwikkeling insluit. Belangstellendes wat af sprake wil maak vir die gebruik van die welstandsentrum kan 'n e-pos stuur na Shareldine.Swartz@westerncape.gov. za. Tye sal strek vanaf 07:30-16:30 met ‘n uur tydgleuf per afspraak. * Sarah Roberts (kinderkommissaris), Mandy Baartman (skool maatskaplikewerker), mev. Coetzee (Ceres Sekondêr skoolhoof), beheerraadslede van die skool saam met die voorsitter Rudi Williams asook lede van DSD Witzenberg, ACVV Ceres, FAMSA, WRFM, Witzenberg mu ni sipaliteit Wouda Hanekom, departement plaaslike regering, CDWP, sr. Roenell Balie (assistent bestuurder van die Kaapse Wynland departement van gesondheid), Year Beyond, SAPD beamptes, departement van gesondheid in Witzenberg, NORSA, afgetrede skoolhoofde van Ceres SS en die SGOS koördineerder van Ceres SS.
Skool kry welstandsentrum DIE Kaapse Wynland Onderwysdistrik het Vrydag 13 Augustus amptelik Ceres Sekondêr se Welstandsentrum ingebruik geneem. Die amptelike opening is waargeneem deur Lynn le Grange (hoof van ISES van WKOD) en rdl. Johnery Mouton.
Dankie Attie vir jou opoffering HUIS Maudie Kriel se beheerraad, inwoners en personeel wil Attie Heyns en sy gesin bedank.
Hy het die Washie oor 160km vir ons aangepak. Dit was ‘n ontsettende opoffering van julle kant en weet dat dit by hierdie adres ontsettend waardeer word. Baie, baie dankie aan elke persoon wat bygedra het dat hierdie insameling nou letterlik ‘n weghol-sukses was.
LAERSKOOL Koue Bokkeveld het verlede week hul 2027 Inligtingsdag vir pre-graad R, graad R en graad 1 ouers aangebied. Dit was lekker om die ouers by die skool te ontvang en sien uit na ‘n heerlike 2027.
WITZENBERG municipality donated 100 blankets for the recent 2Feet4TB 6.7KmsMadiba Mandela Day event. Mayor Trevor Abrahams hands over the blankets to event organizer, Neal Stacey (2Feet4TB).
21 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 3
Diefstalsaak word na handelsmisdaadhof oorgeplaas 'n OUDWERKNEMER van 'n myn in die Noordwes provinsie wat 'n paar jaar op Ceres gebly en gewerk het en wat na bewering oor 'n lang tydperk meer as R1 miljoen by 'n Rustenburg myn gesteel het, het die week weer in die Rustenburg streekhof verskyn.
Plaaswerker van die Jaar 2026 JUSTIN Baartman van Graaff Fruit: Romansrivier is as die Witzenberg Landbouwerker van die Jaar 2026 aangewys. Die toekenning is oorhandig tydens die jaarlikse Witzenberg Prestige Agri toekennings wat op 30 Julie aangebied is deur Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. VLNR: Franco Williams (Departement van Landbou-Landelike Ont wikkeling), Chris Schutte (Shoprite), Justin Baartman (Graaff Fruit: Romansrivier) en Carmen Roberts (Koue Bokkeveld Opleidingsentrum). * Koue Bokkeveld Opleidingsentrum bedank die Wes-Kaapse Departement van Landbou, wat die kompetisie dryf, asook Shoprite vir hul gesamentlike borgskap en ondersteuning. Die aand het ook saamgeval met die 25-jarige viering van die Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. 'n Mylpaal wat die belang van menseontwikkeling beklemtoon.
DIE Witzenberg Landbouwerker van die Jaar 2026 is op 30 Julie by Kaleo aangewys. Die toekenning is oorhandig tydens die jaarlikse Witzenberg Prestige Agri toekennings wat aangebied is deur Koue Bokkeveld Opleidingsentrum. De Keur personeel het met hul harde werk, kundigheid en toewyding uitgestaan by die kompetisie. VLNR: Ricardo-Lee Franse (De Hoop - besproeiingspesialis eerste plek), Abongile Mbikahlobo (Leeuwrivier - tegniese operateur tweede plek), Gideon Jonase (deelnemer), Absalom Snyers (Leeuwrivier - junior bestuur eerste plek), Johan du Plessis (HR bestuurder), Dedire Kamfer (De Keur - drywers derde plek) en Merwin Davids (Rocklands - besproeiingspesialis tweede plek). AFWESIG: Adrowaan Noorman (Leeuwrivier - algemene werker tweede plek). * Ricardo-Lee Franse van De Hoop is ook aangewys as die Landbouwerker met die Beste Potensiaal.
Ondersoek duur al jare Die Valke en die SAPD handelsmisdaad eenheid, het sedert 2019 twee oudwerkne mers van Sitona Mining ondersoek nadat hulle oor 'n lang tydperk meer as R10 miljoen gesteel het. Een van die vrouens is in Februarie 2024 skuldig bevind en gevonnis op 126 aanklagte van nagenoeg R9.3 miljoen. Sy is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. Die tweede persoon wat aangekla is van diefstal en bedrog van meer as R1 miljoen, is Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (36). Die streekhoflanddros wou teen die einde van 2025 uitsluitsel gekry het oor sekere as pekte om 'n voorverhoor- en verhoordatum vas te stel. Die saak is toe verskeie kere uit gestel sodat Cunningham met 'n prokureur of regshulp kon konsulteer. Cunningham was Maandag 17 Augustus saam met haar prokureur by die hof. Die saak is van die gewone streekhof oorgeplaas na die Rustenburg kommersiële en handelsmisdaadhof. Sy moet weer op 7 Desember in dié hof verskyn. Agtergrond Cunningham is in Junie 2022 saam met Dinah Dorothea Botes deur die Noordwes Valke en die SAPD se gespesialiseerde han
delsmisdaadeenheid gearresteer weens die diefstal van meer as R10 miljoen. Die misdade is tussen 2014 en 2019 by die Sitona mynmaatskappy naby Rustenburg gepleeg waar die vroue in die rekeninge-af deling werksaam was. Cunningham het na bewering dieselfde metodes as Botes gebruik om meer as R1 miljoen na haar persoonlike bankrekening oor te plaas. Sy is aangekla van diefstal en bedrog asook oortredings van die Paiawet op die opbrengs van misdaad en die konfiskering van bates wat deur kriminele aktiwiteite verkry is.
'n MAN (22) van Zwelentemba buite Worcester het Sondag omstreeks 17:20 beheer oor sy voertuig verloor en dit net na die spoorlyn op pad na Nduli gerol. Hy het ook 'n voetganger getref wat langs die pad geloop het. Die polisie ondersoek 'n klag van roekelose en/of nalatige bestuur. Nog klagtes kan later bygevoeg word sodra bloeduitslae ontvang is. Die bestuurder is gewaarsku om Februarie 2027 in die hof te wees.
4 l WITZENBERG HERALD l 21 AUGUST 2026
Drie aanvallers bly in aanhouding DRIE inwoners van Wolseley sal in aan houding moet bly nadat hulle 'n maand gelede na bewering betrokke was by die diefstal van 'n OTM-houer met banknote in.
Twee verdagtes is op borg vrygelaat. Die vyf verdagtes; Christopher Smit (32), Mario Julies (32), Donovan de Bruin (42), Mikyle Geduld (18) en Ribano Fortuin (34) het op 6 Augustus vir die diefstal verskyn. De Bruin, Geduld en Fortuin bly in aanhou ding. Smit en Julies is elkeen op R500 borgtog vrygelaat. Die saak is tot 3 September uitgestel vir konsultasie met regslui. Gryp geldtrommel Die mans het Donderdag 16 Julie omstreeks 08:27 gesien die deur van 'n OTM masjien en die kluisdeur in Kosmosstraat,
Wolseley staan oop. Hulle het 'n geldtrommel gegryp en met nagenoeg R56 000 op die vlug geslaan. Sekuriteitsdienste het vroeër die winkel besoek en die geld in die OTM gelaai. Wie die OTM en kluisdeur oopgelos het, vorm nou deel van die polisie se ondersoek. Die diewe het die trommel oopgebreek waarna almal vol groen ink gespuit is. Vat van die geld Twee vroue wat van die gesteelde geld by hulle gehad het maar blykbaar nie deel was van die oorspronklike diefstal nie, is op 17 Julie gearresteer. Alhoewel Lindsay Malan (43) en Sharon Mars (35) in Julie aangekla was, verskyn net Malan op 20 Augustus in die Wolseley landdroshof.
Een verdagte is vasgetrek, polisie soek tweede man DIE polisie het twee weke gelede een vasgetrek in verband met die aanval op 'n Wolseley inwoner.
DRIE maande na een van die ergste vloede in die laaste paar dekades op Ceres, is daar nog geen aanduiding wanneer Dennebos gaan oopmaak nie. Loversbridge in die Akkerbos (foto bo) is ook na die vloed onveilig verklaar en vir voetgangers gesluit. Die munisipaliteit het vir befondsing aansoek gedoen om die brug en die rivier vanaf die Koekedouwdam se uitlaat tot verby Van Bredabrug te rehabiliteer.
Verhoor begin Februarie 2027 'n VROU (32) wat haar kêrel in Maart 2025 met 'n kombuismes doodgesteek het, se verhoor is na 2027 uitgestel.
Andrew (Nickel) Africa (37) van Vredebes en 'n werknemer by die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, is dood nadat hy in sy regter bo-been en linker bors met 'n mes gesteek is.
Die polisie is na die moord na 'n woning in die Vredebes ontwikkeling ontbied waar hulle Samanthea Baadjies gearresteer het. Baadjies het Vrydag 24 Julie in die Ceres streekhof verskyn op 'n klag van moord. Die verhoor is na 2 Februarie 2027 uitge stel. Baadjies is in Maart 2025 op borg van R2 000 vrygelaat.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
DISTRIBUTION MANAGER
The successful candidate will report directly to the Manager: Operations and the responsibilities of the position include the following key performance areas: • Receiving and storage of procured products, concentrates and aroma • Inventory management and control (reconciliations) and cycle-counting of both bulk-and drummed final product • Planning & scheduling of product shipment according to marketing instructions • Planning and controlling packaging activities • Planning and controlling all local and export dispatch activities • Responsible for blending, preparing, and packaging concentrate according to client specifications • Complying with financial and production system requirements • Managing product transportation logistics • Management of external storage facilities • Assistance with the annual budget completion • Liaise with engineering department regarding equipment that requires maintenance/upkeep • Ensure that equipment is operated optimally. • Performance management of subordinates • Operate a system of visual management to improve team and individual performance • The optimal utilization of human resources. • Coach/train staff • Drive good hygiene and housekeeping practices The ideal candidate should have the following attributes/skills/qualifications: • Attention to detail • Strong planning and forecasting abilities • Computer skills (MS Office) • Excellent communication skills • Ability to work independently • Proven experience in Logistics Management/Inventory Control/Production in a factory environment • Knowledge of Food Safety and a relevant post-school qualification will count in candidate’s favor Applications can be addressed per e-mail to: dlintnaar@cfp.co.za Closing date for applications: 31 August 2026 In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.
Volgens die polisie is Jason Donovan Faas (36) verskeie kere met 'n onbekende voorwerp, vermoedelik 'n tuisgemaakte spies, gesteek. Die voorval het Saterdag 8 Augustus omstreeks 16:00 in Azaliastraat in die Montana woonbuurt, Wolseley plaasgevind. Faas is met 'n ambulans na Ceres hospitaal vervoer waar hy behandel is voordat hy na 'n
hospitaal op Worcester oorgeplaas is. Peter Fortuin (21) is gearresteer maar Jo badian Bates het weggehardloop. Teen druktyd het die polisie hom nog nie opgespoor nie. Die polisie het op 'n tuisgemaakte spies beslag gelê. Hof verskyn Fortuin het Dinsdag 18 Augustus in die Wolseley landdroshof verskyn. Die saak is tot 21 September uitgestel vir verdere ondersoek.Hy bly in aanhouding.
Mullins wil getuig in binneverhoor
DIE man wat teregstaan weens die moord op 'n Bella Vista inwoner wat vyf jaar gelede koelbloedig in sy bakkie doodgeskiet is, wil nou self getuig in sy binneverhoor.
'n Binneverhoor is 'n afsonderlike verrigting waar die landdros moet besluit of spesifieke bewyse soos 'n bekentenis of 'n polisiever klaring, wettig en toelaatbaar is. Die verhoor vind in die Worcester streekhof plaas. Agtergrond Justin Mullins (43) van Ceres, staan tereg op aanklagte van moord in 2020, poging tot moord in 2019 en die oortreding van 'n be skermingsbevel. Hy word van die moord op Manschoer Constance aangekla. Constance is op 24 September 2020 in
sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg, Bella Vista plaasgevind. Mullins het na die skietvoorval gevlug en 'n week later homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee. Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se gewese vrou het vir haar lewe gevrees en haar in 'n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer (Manchoer Constance) gebel wat hom na die huis gehaas het. Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die binneverhoor is uitgestel tot 28 Augustus.
CERES (023) 316-2226 Exciting new opportunities at Ceres Superspar
BLOKMAN
CASHIERS
Report directly to Butchery manager The following requirements are needed: The following requirements are needed: • Confident and honest • Previous butchery experience and • Ability to remain calm under pressure especially working with Bandsaw • A sense of responsibility • Knowledge of hygiene and practice • Be able to work under pressure food safety regulations in workplace • Must have people skills (must have • Must be competent in handling previously worked with clients and orders and stock take must understand customer service) • Excellent people’s skills • Willing to work shifts and weekends • Must be able to handle and work • Fully bilingual (English & Afrikaans) under pressure • Must have matric with exceptional • Willing to work shifts and weekends high marks in maths and both • Must be fully bilingual Afrikaans and English to apply • Preferably reside in Ceres/Wolseley • Willing to join as soon as possible. • Must have matric • Preferably reside in Ceres/Wolseley Salary negotiable.
Salary negotiable.
Please include a copy of your CV, ID and your SARS Notice of Registration (IT150) reflecting your Tax Reference Number with your application: ceres.superspar2@gmail.com For attention: Human Resources Closing date for applications: 28 August 2026 Availability: Willing to join as soon as possible Should you not receive any feedback by Wednesday 2 September 2026 please consider your application unsuccessful. Please DO NOT send your CV if you do not reside in Ceres or Wolseley and please DO NOT apply via Facebook. Only CV’s received via e-mail will be attended to.
21 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 5
INTERSKOLE 2026
HS Charlie Hofmeyr vs. HS Robertson l 22 Augustus te Robertson
Rugby
Dogtershokkie
Agter:
Frans Geldenhuys, Hendré Kotze, Heinrich Fourie, Charl du Toit, Shandley Burrows, Joshua Swarts Middel: Chris-Will du Toit, Jordan Philander, Joshua Selders, Dewald Jaars, Louis Reynolds, Ignatius van der Merwe Voor: Ashley Reitz, Randall Muller, Mike Barnard (afrigter), Dillan Demas (afrigter), Francois du Toit (afrigter), Lourens Nel, Henry Willemse Afwesig: Zephenith Sass
Agter: Middel: Voor:
Seunshokkie
Netbal Agter: Voor:
Cari Cronjé, Elizabeth Mare, Helen du Toit, Karla Groenewald, Olivia Lima, Lillian Lima, Chanté Rossouw Gezenka Mayers, Angelique Stemmet, Livvi van Jaarsveld, Carla van der Merwe, Lize Geldenhuys, Anja du Toit Anja du Plessis (k), Simonetta Lima (afrigter), Lou Foster (afrigter), Lindie du Toit (o/k)
Jayvian Kruger, Allegra Lima, Tanya Conradie, Sofia van der Merwe, Hlumelo Mlanjana, Chelsey Davids Sal-Maré Pedro, Elizabeth Goosen (k), Cari Geldenhuys (afrigter), Chrisna du Toit (afrigter), Rai-Lee Fredericks (o/k), Jamey-Ruth Swartz
Agter: Middel: Voor:
Jaydon Wiese, Dirco Dafel, Zak Groenewald, Colin Campbell Jarren Morkel, Logan Martins, Reece Arendse, Shaun Shaunders, Willan Coetzee, Xhavier Pretorius Colan Geldenhuys, Joshua Klazen (afrigter), Dehan Ontong (k), Lou Foster (afrigter), Rossouw Matthee
Hoërskool Charlie Hofmeyr
LAERSKOOL GERICKE
Mag elke leerder, personeellid, ouer, oud-skolier, ondersteuner en vriend van Charlie Hofmeyr, pragtige herinneringe maak tydens Interskole 2026!
Charlie Guts!
☎ (023) 312-1110
"When the Great Scorer one day comes, He won't be asking the score, BUT how you played the game!"
(023) 316-2366 l www.laastedrif.co.za
(023) 313-3373
CONRADIE VERVOER Skaak Agter: Voor:
Bokang Mofokeng, Mia Murray Ruwaida Koopman (afrigter), Beandri Visser, JP Franse (afrigter)
Deon Conradie
Pierre de Jager
procon@lando.co.za
☎ (023) 313-3705 082-658-5429
082-415-
deonconradie57@gmail.com
(023) 313-3190
VERVOER VAN LANG- EN KORTAFSTAND VRAGTE
Oorhandiging van al die trofeë direk na afloop van die 1ste span rugbywedstryd.
6 l WITZENBERG HERALD l 21 AUGUST 2026
WITZENBERG HERALD
17 Dienste aangebied
(023) 316-2021 info@witzenbergherald.com
6 Sterfgevalle Ivan August
17 Dienste aangebied AND ART FRAMING
1956/03/09 - 2026/08/16 Begrafnis: Sat. 22 Aug. Huis: 09:00, Metlandstr. 4, Ceres Saal: 10:00, Peres Saal, Bella Vista
Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-6192758 of 082-7043276 w.t.o.
42 Implemente PLANT AND TOOL HIRE
Dinah Goliath Mini skip rentals
1955/07/15 - 2026/08/11
Begrafnis: Sondag 23 Aug.
Huis: 09:00, Piet-myvrou-str. 752, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista
CENTRAL CERES MOTORS
2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA:
• Oefenklere • Mansklere • Skoene
Voortrekker St., Ceres
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
Samantha Louise Jackson 1986/09/18 - 2026/08/11 ROUDIENS: Do. 20 Aug. Kerk: 19:00 Christian Mission, Bella Vista VERASSING: Sat. 22 Aug. Huis: 09:00 Dahliastraat 1087, Bella Vista Kerk: 10:00 Christian Mision, Bella Vista
PRIVAAT VERASSING
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
At the comfort of your own home R100 Small R150 SUV
For appointments contact Charles at 072-705-5233
TE KOOP
Bluetooth
R2 000
(Waarde: R2 499)
Skakel
082-721-4043
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres
Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more
André du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422
crazypistonsct@gmail.com
TE KOOP 7 Binnedeure vir
R1 400 of 1 deur vir
R250
Skakel
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van
AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
082-859-2300
082-468-2649 Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? Galásiërs 5:7
Dankie vir al die donasies
•Locksmith •Handyman and •Mobile Carwash
14 Te Koop
Duo Comfort oorfone
Somersklere reeds uitgepak!
CHARLIES
Koerantbundels te koop @R40 elk (slegs kontant) by Witzenberg Herald kantoor
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres
Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat
Ma - Vry: 09:00 - 16:30 l Sat: GESLUIT
21 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 7
CERES het Saterdag 15 Augustus met 64-56 teen Hillcrest gewen. JG du Toit (Ceres RVK) begin hier met een van sy vele kraglopies teen Hillcrest.
Bella veg terug om Hamlet te klop BELLA Vista rugbyklub het Saterdag hul wegwedstryd teen Hamlet met 3124 gewen nadat hul rustyd met 12-19 agtergeloop het.
Met die oorwinning het Bella Vista hul kanse om die Top 12 te haal lewendig gehou. Hamlet het 'n warrelwind begin gehad en dit het gelyk asof hulle Bella Vista van die veld wou vee. Hulle het die besoekers elke keer laat omdraai en gedwing om foute te maak. Hamlet was in een stadium met 16-0 voor voordat Bella Vista kort voor rustyd met hul terugvegpoging begin en twee drieë van rolmaalbewegings gaan druk het. Die voorspelers wat uitgestaan het was Bella Vista se kaptein Jemiehl Muller, Adrian Mars, Lurencó Jumath en die jongeling Peter Sauls. Hulle het telkens die bal vreesloos op die aanval gedra. Na rustyd neem die besoekers beheer oor die wedstryd en word Hamlet se verdediging tot die uiterste beproef. Bella Vista loop ook meters in die skrums en maak dit makliker vir hul agterspelers om vanaf die voorvoet te
speel. Hier moet Curtley Cedras, Cameron Davids, Ruan Manuel en Nash-Winn Lintnaar uitgesonder word. Puntemakers Adrian Mars het twee keer gaan druk met Jemiehl Muller, Peter Sauls en Nash-Winn Lintnaar wat ook elkeen 'n drie gedruk het. Patwin van der Merwe slaag met twee doelskoppe. * Geen uitslae is van Hamlet ontvang nie. Ander uitslae Delicious het die naweek maklik met 40-30 teen Tulbagh geseëvier, Ceres het met 64-56 teen Hillcrest gewen en Roses United het 'n groot oorwinning van 70-17 oor Villagers Newton behaal. Naweek wedstryde Bella Vista speel Saterdag 22 Augustus tuis teen Roses United, Ceres pak Hamlet, Delicious speel weg teen Young Blues, Tulbagh en Newtons sal sake uitspook, Wolseley reis na Hillcrest en Evergreens en Villagers Newton speel teen mekaar.
VYF leerders van Laerskool Koue Bokkeveld en kranige tennisspelers het verlede naweek uitstekend gevaar by die Wilson tennistoernooi wat in die Strand aangebied is. VLNR: Zané Bothma (derde plek o/12), Wikus Bothma (eerste plek o/13), Ben van der Merwe (tweede plek o/12), Du Toit van der Merwe (derde plek o/12) en Lindie van der Merwe (tweede plek o/9).
MIENKA du Toit, 'n leerder van Laerskool Gericke, het haar NSA Vlak 1 skeidsregters-eksamen geslaag. Sy is een van die jongste opkomende skeidsregters en die skool sien uit om te sien hoe sy groei en vorder.
Goedgedink vaar goed by Eistedfodd GRAAD 1 tot 3 nasorg-leerders van Goedgedink op Tandfontein, het op 17 Junie aan die Eistedfodd op Op-die-Berg deelgeneem. "Daar het groot opgewondenheid geheers onder deelnemers wat hulle gedigte voorgedra het. Elke kind het sy unieke gedig gekies en het die gedig wat hulle persoonlikheid sterk laat uitstaan, voorgedra". Die groep leerders het deelgeneem en uitstekend gevaar: Kaywulica Syster (92%), Mason Pedro, Anisha Geduldt, Rihaygo Paulse, Monrico Pienaar, Jesnique Klaase, Daywian Cyster, Misha Willemse en Veronique Pienaar.
LEOPOLDT Verhoef, leerder van Laerskool Gericke, het op 10 Augustus aan die TSA Winelands Grand Prix tenniskam pioenskappe in die o/12-afdeling deelgeneem. Hy het 'n tweede plek in die dubbels behaal en 'n sesde plek in die enkelspel.
ADVERTORIAL
WIEHAN Swart het die naweek met 'n telling van +9, die o/13 afdeling van die Langebaan Junior ope gewen.
Saterdag 15 Augustus het Bianka Bester in Kaapstad aan haar derde Hyrox, asook haar tweede as individuele deelnemer, deelgeneem. Bianka sê so ‘n paar weke voor die Hyrox het sy begin siek voel en kon sy vir ‘n tyd lank nie oefen nie. Sy het egter besluit dat sy nog steeds gaan deelneem en groot was haar verbasing dat sy, ten spyte van die feit dat sy nie tot die begin van die Hyrox kon oefen nie, nog steeds haar tyd met 7 minute verbeter het. Sy glo vas die Osoon- (hulle noem dit grappenderwys suurstof op steroids) en Rife behandelings, het haar beslis gehelp om vinniger te herstel, want ‘n week voor haar deelname was sy nog nie 100% gesond nie. Bianka is beskikbaar vir enige hulp met Hyrox oefeninge en voorbereiding en wil graag vir Victor Hendriks baie dankie sê vir die gebruik van sy fasiliteite by Sweet Spot Gimnasium. Bianka kan geskakel word by 072-8772-325 vir enige Osoon- en Rife behandelings
8 l WITZENBERG HERALD l 21 AUGUST 2026 Die Witzenberg Her ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eila nd. Geen advertensie/re daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere produseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Elton se duif wen wedvlug WEDVLUGDUIWE het Saterdag in 'n tweede wedvlug vanaf Victoria-Wes gevlieg.
Elton Lintnaar se duif het uitstekend gevaar en die WRPU asook Ceresvallei federasie wedvlugte gewen. Saterdag vlieg die duiwe weer vanaf Calvinia. Ceresvallei federasie wedvlug Victoria-Wes 2 Jaaroud 1. E Lofts - 1523.563 mpm 2. Sunny Loft - 1506.079 mpm 3. Sunny Loft - 1491.356 mpm 4. Emile Arries - 1470.854 mpm 5. Franse Family Loft 1462.559 mpm CHPS - Victoria-Wes 2 Jaaroud 1. Neil en Abdul - 1435.116 mpm 2. Neil en Abdul - 1329.981 mpm 3. Cyril en Ann Davids 1326.774 mpm 4. Cyril en Ann Davids 1320. 553 mpm 5. Mauritius Lofts 1307.031 mpm BHPS Victoria-Wes 2 Jaaroud 1. Sunny Loft - 2. Sunny Loft - 3. Emile Arries - 4. Sunny Loft - 5. Emile Arries –
1506.079 mpm 1491.356 mpm 1470.854 mpm 1447.428 mpm 1437.040 mpm
DREWYN Baron (links), oudleerder van Ceres Primêr en Garsfontein, het onlangs 'n kontrak by die Bulle geteken om voortaan vir hulle te speel. Na die Cravenweek is hy opgeneem in die S.A. o/18A span. Hy het een wedstryd gespeel en ook 'n drie gedruk. Twee broers van Ceres, Quintin en Christiaan Potgieter, is vanjaar deel van die Stormers Bolts (o/20) en OP spanne. Quintin (middel, oudleerder van Paarl Gimnasium en belowende agtsteman is vanaf 2026 vir drie jaar deur die Stormers gekontrakteer. Christiaan (regs) 'n oudleerder van Charlie Hofmeyr, het vanjaar senter vir die OP se senior span in die SA Cup en Curriebeker eersteliga gespeel.
Bennie wen klubkompetisie SATERDAG 15 Augustus het Ceres gholfklub 'n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied.
Bennie van Rensburg was die wenner met 41 punte. David Wesson was tweede met 41 punte gevolg deur Henry Brown met 40 punte en Willie Baron met 38 punte. Willie van Heerden was in die vyfde plek met 38 punte.
Kompetisies Op Saterdag 22 Augustus word 'n 4BBB stableford kompetisie aangebied en op 29 Augustus 'n enkel stableford kompetisie. Spelers kan op die Clubmaster app bespreek. Nelson-liga finaal Die Nelson-liga finaal het Saterdag op Ceres plaasgevind. Thee waterskloof en Citrusdal het sake uitgespook met Citrusdal wat na 'n taai tweestryd as die ligakampioen gekroon is.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE (WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNING VERORDENING PN 289/2015) WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS (WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW PN 289/2015) Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder vir aandag Ryan van der Merwe gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, of gestuur word na ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager for attention Ryan van der Merwe, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or at 50 Voortrekker Street, or email it to ryan@witzenberg.gov.za to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property
Ligging / Location
Erf 5228, 5 Bokoloshe Nduli Avenue, Nduli
Aansoeker / Applicant
Bulelwa May (072-0253332)
Aard / Nature
Verwysing / Reference
Sluitingsdatum / Closure date
Application for 15/4/1/155 Insert 30 days departure for the purpose of a sport club Afwyking vir die doeleindes van ‘n sportklub
Sekkies wen interskole rugby 37-27 CERES Sekondêr en Bella Vista Hoërskool het verlede week hul jaarlikse interskolestryd voortg esit. Ceres Sekondêr se eerste rugbyspan spog hier met die trofee nadat hulle Bella Vista met 37-27 op die Bella Vista sportgronde geklop het. FOTO: Trevor Felix