WH Her ald Witzenberg
4-DAG WEERVOORUITSIG Donderdag Vrydag 13 Augustus 14 Augustus
Saterdag 15 Augustus
Sondag 16 Augustus
10° 23°
8° 27°
7° 23°
7° 26°
FRIDAY, 14 AUGUST 2026
R12
VOLUME 29 NO. 31
CERES KOEKEDOUW DAM
98,8%
Stygende getal aanvalle wek R 90 179 kommer in streek Available in: BBQ Chicken BBQ Beef BBQ Bacon Russian Debonairs Chicken Chicken & Spice Pine T’s&C’s apply
DIE toenemende aanvalle op plase en gasteplase in die Wolseley-omgewing, is besig om sy tol op die plaaslike toerismebedryf te eis sonder dat enige verdagtes nog vasgetrek is. 'n Polisietaakspan en plaaslike speurders sal dringend al die sake moet saamvoeg en ondersoek voordat die aanvalle lewens begin eis.
TULBAGH DAM
73%
WAVERENSKROON TULBAGH
77%
Lesing geneem: 2026/08/12
(023) 312-1916 CERES
Lees berig op bladsy 3
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Spoedgrens word verlaag NA byna twee jaar se gestoei om die spoedgrens op die R303 te verminder en talle sterftes later, het die provinsiale regering verlede week ingestem dat die spoedgrens by die twee Bella Vista-kruisings verlaag mag word. Die spoedgrens gaan eersdaags aan weerskante van die twee gevaarlike Bella Vista-kruisings verlaag word vanaf 100km/h na 80km/h. 'n Raadslid van Ceres en boorling van Bella Vista, Jacob Rooi, het twee jaar gelede met die stryd begin om die spoedgrens te verminder en ook om ten minste een
verkeerslig by die hoofkruising waar talle sterftes voorgekom het, op te rig. Die verkeerslig is nog nie goedgekeur nie maar daar is nou ingestem om die spoedgrens na 80 km/h aan te pas. Verkeersowerhede moet ook meer gereeld die spoedbeperking afdwing om die veiligheid van kinders en persone wat die kruising oorsteek, te verseker. Waarskuwingstekens om aan te dui dat voetgangers dié pad kruis, gaan ook aangebring word. Die 8-jarige Luan Kruger het einde Oktober 2025 by dié eerste kruising van Ceres gesterf terwyl 'n sekuriteitswag in die mees onlangse geval dood is toe hy deur 'n voertuig getref is.
Elicheen Maasdorp (36) is in Maart ernstig beseer toe sy op die R303 deur 'n Nissan NP200 bakkie raakgery is. Sy was saam haar 14-jarige dogter by Sassa se kantore toe die voorval gebeur terwyl sy op pad was om die pad te kruis waar die taxi gestop het. Reaksie "Ek glo dat goeie leiers betyds gevare vir weerlose mense moet raaksien en iets daadwerklik daaromtrent moet doen. Nou kan ek vir mev. Kruger gaan sê haar kind se dood iets goeds vir ander gaan beteken" het Rooi by navraag gesê. Rooi bedank die omliggende inwoners en almal wat die petisie om die veiligheid
by die kruising te verbeter, onderteken het. "Ek is baie bly dat Luan se dood iets positief gaan beteken vir ander mense wat die gevaarlike R303 pad gebruik," het mev. Mercia Kruger, ma van Luan Maandag gesê tydens 'n geleentheid in Bella Vista waar rdl. Rooi 'n bos blomme aan haar oorhandig het. Maasdorp het gesê sy is bly dat die verlaagde spoedgrens motoriste gaan dwing om versigtiger te bestuur. Twee ander inwoners wat die petisie onderteken het, Martha Allies van Bergvliet en Gerty Smith van Blouberg, was verheug oor die nuus dat motoriste sta diger moet ry en dat kinders se veiligheid baie belangrik is.
'n TOYOTA bakkie met 'n Noordwes regsistrasienommer en 'n Toyota Corolla van Wolseley was verlede Donderdag in 'n botsing betrokke. Die ongeluk het net voor 11:00 naby die Boontjiesrivier-afdraai buite Wolseley plaasgevind. 'n EMS ambulans was saam met die polisie op die toneel. Dit is nie bekend of enigiemand beseer is nie en wat die ongeluk veroorsaak het nie.
BELANGRIK VIR ALLE TOYOTA-EIENAARS
URGENT TAKATA AIRBAG RECALL IS JOU VOERTUIG VEILIG? CERES TOYOTA NOOI JOU UIT VIR ’N GRATIS VEILIGHEIDSKONTROLE.
Jou voertuig mag dalk deel wees van ’n wêreldwye terugroepaksie weens foutiewe Takata-lugsakke. Indien jou voertuig op dié lys verskyn, moet jy asb. dringend met ons kontak maak. Jou veiligheid is vir ons prioriteit! COROLLA AVENSIS HILUX (2002 - 2007) (2007 - 2010) (2010 - 2014)
AURIS (2007 - 2010) (2010 - 2013)
FORTUNER (2006 - 2009) (2009 - 2011) (2011 - 2016)
(2005 - 2011) (2006 - 2012) (2011 - 2017)
(2005 - 2009) (2009 - 2011) (2011 - 2016) Alle enkel-, ekstra- en dubbelkajuit modelle
RAV4
RUNX
(2003 - 2007) (2007 - 2010)
(2003 - 2007)
(2003 - 2007)
YARIS
(023) 316-2226 Spar toilet paper 2-ply 9’s
Beef shin
Sunlight 5in1 Auto washing powder 2kg
BUY 2 FOR
9900
Spar Tuna water or brine 175g
9999 p/kg
6299
36
00
Jacobs Kronung 200g or Refill pouch 230g
750ml Red Heart Rum + 1L Coca-Cola (incl. variants)
5699
COMBO
Huletts white sugar 2.5kg Lamb bulk braai chops
Ouma rusks ass. 450g
21900
16999
BUY 2 FOR
p/kg
4999
16999 p/kg
Rump steak matured
750ml Klipdrift Premium Brandy
Pork boerewors bulk
• Slegs 5 minute van jou tyd • Geen koste • Potensieël lewensreddend - Moenie wag tot dit te laat is nie.
Of stuur vir ons ’n foto van jou voertuig se lisensieskyf na: 082-565-9479 of richard@cerestoyota.co.za
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 13 - 16 AUGUST 2026 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS + OMISSIONS EXCL. CERES SPAR: Mon - Sun 07:00 - 19:00 l TOPS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00
Voortrekkerstraat 112 CERES ☎ (023) 312-1057
15999
19
00 each
Garlic rolls 6’s
9999 p/kg
22999 NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER OUDERDOM VAN 18 JAAR. GENIET VERANTWOORDELIK.
2 l WITZENBERG HERALD l 14 AUGUST 2026
DIE Witzenberg munisipaliteit het verder belê in die verbetering van dienslewering in die streek deur vier nuwe SCAG grassnyers en drie nuwe Hyundai H100 bakkies aan te skaf. Die parke en oopruimtes afdeling sal die vier grassnyers gebruik asook twee bakkies. Die derde bakkie is toegedeel aan die tegniese-afde ling (soliede afval). Hier is 'n paar personeellede afgeneem saam met raadslede, die direkteur van tegniese dienste, Jaco Steyn, en die burgemeester, rdl. Trevor Abrahams.
Nakieta in the Top 10 of the 2026 Championship Boerewors Competition THREE years of testing earns Koue Bokkeveld butchery
assistant a Championship Boerewors Top 10 spot. Nakieta Aaron’s phone barely stopped ringing when news spread that she had reached the Top 10 of the 2026 Championship Boerewors Competition.
“I could hardly sleep because of all the messages and well wishes,” she says. The 38-year-old from Lindeshof in the Koue Bokkeveld, a Meat Market assistant at Shoprite Ceres, first entered the competition three years ago. Since then, she has continued testing and refining her recipe. “For a farm woman like me to make the Top 10 is a blessing and a great privilege,” she says. Nakieta will join the other finalists at the grand finale in Cape Town on 15 August, when the 2026 Boerewors Champion will be crowned. The winning recipe will go on sale at Shoprite and Checkers stores nationwide later this year. Her interest in making boerewors grew while working in the Shoprite butchery, where she learnt about meat quality and traditional sausage-making. Her regional manager regularly asks her to assist other branches in maintaining the retailer’s quality standards. At home, Nakieta tested different seasonings by shaping small patties from the mince. This allowed her to taste each version before making further adjustments. “The biggest challenge was making sure I didn’t lose the original flavour by adding too many ingredients,” she says. She describes the finished recipe as juicy, carefully seasoned and having just the right texture. For her, simplicity remains one of the secrets of good boerewors. When she serves boerewors at home, her favourite accompaniments are toasted garlic bread and chakalaka stew. Now in its 34th year, the Championship Boerewors Competition is judged by an expert panel of South African chefs. All recipes must comply with strict guidelines for traditional boerewors.
NAKIETA Aaron from Lindeshof in the Koue Bokkeveld.
JULIE was een van die droogste Juliemaande in jare. Na die Mei-vloed is slegs 16.8mm in Warm Bokkeveld (Ceres) gemeet. *By ILeaf en Hortec se ander weerstasies in die streek is daar by Bo-Swaarmoed en Lakenvlei 5.9mm gemeet, in die Koue Bokke veld by Bronaar 5.6mm en by Romansrivier is 19.8mm gemeet. In Julie verlede jaar is daar 181.8mm in Warm Bokkeveld (Ceres) gemeet, by Bo-Swaarmoed en Lakenvlei 105.7mm gemeet, in die Koue Bokkeveld by Bronaar 11.8mm en by Romansrivier is 113.2mm gemeet. * Die Ceres Koekedouwdam is 98.8% vol, Tulbagh dorpsdam is 73% en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan op 77%.
PUMA Garage op Ceres het onlangs 'n kompetisie aangebied. Die wenner van die R1000 geskenkbewys was Tsoeute Sekoala.
14 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 3
Meisie (13) se verkragters in hof DRIE mans wat sedert 2023 teregstaan op aanklagte van verkragting van 'n 9-jarige meisie, se voor-verhoor gaan nou eers in Septembermaand aangehoor word.
FRIKKIE Cloete werk al 12 jaar by die inmaakfabriek en wou weet hoe kan die fabriek op nommer 99 besluit om toe te maak? "Dit is 'n pyn vir ons almal in die gemeenskap. Nie net vir ons nie, maar ook die breë gemeenskap van Wolseley, Saron, Gouda en Ceres wat hier werk. Dit is 'n bitter hartseer saak om te hoor - die een oomblik is daar nuwe eienaars en nou gaan die fabriek sluit. As die fabriek toemaak wat gaan van die werkers word en wat gaan met die besighede gebeur? Tulbagh gaan 'n spookdorp word".
ALFONZO Scheepers en Sinalo Ntunja. Alfonzo werk al 13 jaar by die inmaakfabriek. Hy voel nie baie gelukkig oor die fabriek wat nou sy deure gaan sluit nie. "Ons brood gaan nou van die tafel gevat word. Dit raak ons omliggende dorpe. As die fabriek toemaak dan het die boere ook nie meer 'n inkomste nie en hul vrugte gaan nie aan die fabriek gelewer word nie". Sinalo werk al 6 jaar by die inmaakfabriek en sê sy is erg gestres. Sy voel sleg. "Waar gaan ek kos kry, asook klere vir die drie kinders. Wie gaan vir ons sorg?"
Almal het vrae oor inmaakfabriek wat gaan sluit FABRIEKPERSONEEL en vrugteboere in die Witzenberg- en Breërivierstreek het almal onbe antwoorde vrae nadat een van die grootste werk verskaffers op Tulbagh se eienaars onlangs besluit het om die inmaakfabriek te sluit.
Dit is slegs een van twee inmaakfabrieke in die land. Produsente het met skok en ongeloof kennis geneem van die Premier Foods se besluit en hul kommer uitgespreek oor die tydsberekening van die moontlike sluiting, die kort kennisgewing van drie maande en die negatiewe impak daarvan op die vrugtebedryf. Premier Foods, een van die land se vernaamste voedselprodusente, wil die Tulbagh-aanleg sluit en daar is twee weke gelede in talle landbou-publikasies hieroor berig. Premier Foods het vroeër vanjaar vir meer as R5 mil jard die Rhodes Food Group oorgekoop waarvan Fruit Products Western Cape (FPWC) se aanleg op Tulbagh deel was. Artikel 189 en wie raak dit? In die BusinessTech artikel word gemeld dat Premier Foods met 'n Artikel 189-konsultasieproses met werknemers en hul verteenwoordigers begin het rakende die voorgestelde sluiting. Daar word geraam dat meer as 3 500 mense van Tulbagh, Wolseley en Ceres asook Worcester, Rawsonville, Saron, Hermon en Gouda hul werk kan verloor. Na aanleiding van dié verwikkelinge en die impak daarvan op die bedryf het Cosatu, Solidariteit, die Landbouvoedsel- en Geallieerde Demokratiese Werkersunie (Afadwu) en die Nasionale Unie vir alle Sektore (Nufas) op Donderdag 6 Augustus met 'n konsultasieproses by die fabriek begin. Die eerste sessie het ure geduur en het min antwoorde opgelewer terwyl personeel buite die hekke op antwoorde gewag het. Die vakbonde moet nou teen Vrydag 14 Augustus skriftelike vrae indien oor bekommernisse en Premier het
tyd tot 21 Augustus om daarop te reageer. Die tweede rondte van die konsultasieproses is geskuduleer vir 26 Augustus. Redes vir sluiting Premier Foods het dalende wêreldwye vraag, prysdruk en stygende insetkoste as vernaamste redes vir die besluit aangehaal, met Amerikaanse tariewe wat verlede jaar ingestel is as 'n bydraende faktor. Ondersoek geloods Die Mededingingskommissie ondersoek nou of die Premier Group een van hul voorwaardes van hul same smelting met die Rhodes Food Group (RFG) oortree. Die Mededingingstribunaal het in Maart vanjaar die samesmelting van Premier en RFG Holdings goedgekeur. Een van die voorwaardes was dat werknemers vir drie jaar nie afgelê mag word nie.
'n Voor-verhoor gaan nou op 1 September plaasvind om te bepaal of die staat reg is en of die nuwe verhoor kan begin. Aangekla Jemeal Goeieman (22) word saam met sy oom, Saul Goeieman (46) en Van Wyk (32) aangekla van die 9-jarige meisie se verkragting in Desember 2022. Die mans is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer. Die voorval het omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing plaasgevind. Hulle is sedert hul arrestasie in aanhouding. Tweede verkragting Dieselfde meisie, nou 13 jaar oud, was in April 2025 vir die tweede keer die slagoffer van verkragting of seksuele geweld. Drie verdagtes, 'n 60-jarige man van Nduli en twee vroue van 28 en 44 jaar oud, bly in aanhouding. Die saak is vir pleit uitgestel na 24 Augustus 2026. * Volgens die strafproseswet kan dié man en twee vroue eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het.
Vrou (55) beseer op plaas DIE toenemende aanvalle op plase en gasteplase in die Wolseley-omgewing, is besig om sy tol op die plaaslike toerisme bedryf te eis sonder dat enige verdagtes nog vasgetrek is.
'n Polisietaakspan en plaaslike speurders sal dringend al die sake moet saamvoeg en ondersoek voordat die aanvalle lewens begin eis. Nuutste geval In die nuutste voorval het vier verdagtes 'n 55-jarige vrou aangeval waar sy saam met haar honde alleen by hul woning op die plaas was. Die voorval het verlede Dinsdag 4 Augustus omstreeks 20:00 plaasgevind. Vier mans het haar aangeval en sy is ernstig beseer. Nadat een van die honde die aanvallers gebyt en verjaag het, is sy met 'n ambulans na Worcester MediClinic vervoer. Die hond is blykbaar ook beseer en met 'n mes gesteek. Die hond is na 'n veearts op Tulbagh geneem vir behandeling. Die slagoffer het kopbeserings en snywonde opgedoen. Ander aanvalle Op 'n naburige plaas is gaste wat daar oornag het, in Februarie en Maart vanjaar in twee Dinsdagaand-aanvalle beroof en beseer. In al die aanvalle was vier mans met klapmusse op betrokke en het hulle later in die rigting van Pinevalley gevlug voordat hul spoor verloor is. In 2024 was twee vroue van 77 en 81 jaar oud, ook slagoffers van aanvalle nadat 3-4 mans met klapmusse op, toegang tot hul plaashuise gekry en ondermeer juwele, 'n skootrekenaar en 'n telefoon gesteel het. Die een voorval het op 29 Oktober omstreeks 21:00 op 'n plaas buite Wolseley plaasgevind en die tweede voorval op 9 Desember omstreeks 22:30.
Skakel ons vir alle staalkonstruksies info@elcostaal.co.za
081 051 0961
4 l WITZENBERG HERALD l 14 AUGUST 2026
DRIE gimnaste van Ceres Gimnastiek en leerders van Laerskool Gericke, het Saterdag 8 Augustus aan die WAG vlak 4+ Kaapse Wynland gimnastiekkompetisie deelgeneem. Ankia Slabbert (foto links) het in die vlak 5 oudersdomsgroep 7-10 jaar deelgeneem en eindig algeheel eerste met vier goue medaljes op vier apparate. Irma-Ann Orffer (foto regs) het in die vlak 4 afdeling ouderdomsgroep 10 jaar deelgeneem en algeheel tweede geëindig met vier silwer medaljes. Olivia Viljoen (foto regs) het in die vlak 4 afdeling oudersomsgroep 11 jaar deelgeneem en algeheel vyfde geëindig. Sy het twee brons en een silwer medalje verower. Al drie die gimnaste het deurgedring na die Wes-Kaap gimnastiekkampioenskappe en sal lede wees van die Kaapse Wynland-distrikspan.
DANIEL Wolfaardt van Laerskool F.D. Conradie is ingesluit in die o/12 Witzenberg rugbyspan. Die spelers gaan van 21-22 Augustus aan die Boland proewe deelneem.
LAERSKOOL Gericke se onder 7 tot onder 9A netbalspanne het Saterdag 1 Augustus met groot entoesiasme aan 'n vriendskaplike PEP mini-netbaltoernooi deelgeneem. Hier is die o/7 spannetjie afgeneem. * Dankie aan die Kaapse Wynland Laerskole Netbal vir die uitstekende aanbieding van die toernooi. Dit was 'n dag vol pret, lekker netbal en waardevolle wedstrydervaring vir die spelers.
Ons spesialiseer in die ontwikkeling, prosessering, verpakking en bemarking van droëvrugte, neute en verwante spesialiteits produkte vir die Suid-Afrikaanse en internasionale kleinhandel. Die volgende loopbaan geleentheid het by ons verwerkingsen verpakkingsaanleg in die Ceres-vallei ontstaan.
VOORSIENINGSKETTING- EN LOGISTIEKE BESTUURDER Die posbekleër sal, as deel van die operasionele- en bestuurspan, toesig hou oor die volle aankope en logistieke funksie van die besigheid. Werksaktiwiteite sluit o.a. in Jaarlikse behoefte bepaling van rouen pakmateriale en koördinering van die aankope daarvan Bestuur van verhoudings met verskaffers en deurlopende koördinering van behoeftes en enige veranderinge Optimalisering van voorraad vlakke en koste effektiewe bestellings van voorraad Voorraad beheer, minimalisering van vermorsing en verliese van voorraad in die produksie proses, FIFO Bestuur van verouderde en oortollige voorraad Deurlopende vergelyking van werklike voorraadvlakke teenoor begrote volumes Proaktiewe kommunikasie, intern en ekstern, oor enige beperkings in rou- of pakmateriale Behoefte bepalings en impak op bestaande voorraadvlakke met die Bepaling van optimale bekendstelling van nuwe produkte produksie lopies en kapasiteitsoptimalisering Koste Verslagdoening by onderhandeling met verskaffers bestuursvergaderings Implementering van digitale transformasie in die produksie proses Vorm deel van die gesondheid- en veiligheidspan wat die nakoming van standaarde verseker Verantwoordelik vir SHERPA rapportering en oudit Koördinering en bestuur van relevante inligting, dokumentasie en navrae Skakeling met interne en eksterne partye soos nodig. Die volgende vaardighede is belangrik Uitstekende kommunikasie vaardighede Sterk in verhoudings bestuur en pos i t ie w e h o u d in g U i ts t e k en d e b e p l an n i n gs - e n organisasievaardighede Oplos van komplekse operasionele uitdagings Vermoë om op bestuursvlak by te dra tot die bewerkstelling van die sukses van die maatskappy Vermoë om ERP stelsel te verstaan, bestuur en in stand te hou Gevorderde MS Excel vaardighede. Kandidate wat oor ‘n BComm graad (Bestuurswetenskap) en bewese werkservaring (minstens 2 tot 4 jaar) beskik, is welkom om aansoek te doen. Die vergoedingspakket sal markgerig wees. Marianne Rousseau ontvang alle navrae en aansoeke vertroulik by mwnti@iafrica.com tot Vrydag, 21 Augustus 2026.
NOI Werwing
Ceres Fruit Processors (Pty)Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
ELIAH Meyer van Laerskool F.D. Conradie, het Saterdag 8 Augustus aan die Wilson tennistoernooi in die Strand deelgeneem. Hy het derde geëindig in die seuns o/13 A-afdeling.
BUYER The successful candidate will report directly to the Manager: Operations and the responsibilities of the position include the following key performance areas: • Recruitment of, and negotiations with suppliers • Purchase of all production materials and other necessities • Management of the drum preparation team • Reconciliation of Pallets • Assistance with budget compilation • Monthly stock counts and reconciliation • Administration of the buying function The ideal candidate should have the following attributes/ skills/qualifications: • An appropriate tertiary qualification as Buyer - Supply Chain Management (would serve as recommendation) • Extensive experience of purchasing in the manufacturing / technical environment • Excellent communication and interpersonal skills • Good knowledge of purchasing planning • Negotiation and administration skills • Computer skills (advanced) • Valid driver’s license • Management of small procurement team Please send your CV to: The Manager: People and Performance Systems Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd E-mail: dlintnaar@cfp.co.za Closing date for applications: 25 August 2026 In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.
AYAHLUMA Ndaba van Rietfontein Primêr in die Koue Bokkeveld, is opgeneem in die Witzenberg o/12 rugbyspan. Die spelers gaan van 21-22 Augustus aan die Boland proewe deelneem.
14 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 5
VYF persone waarvan een 'n jong kind is, is Saterdag 8 Augustus omstreeks 17:00 beseer in 'n ongeluk. Die Toyota Fortuner was van die Koue Bokkeveld met passasiers onderweg in P.A. Hamlet se rigting toe dit teen 'n Kia sportsnutvoertuig gebots het. Twee insittendes van die Kia is beseer asook twee volwassenes en 'n kind in die Fortuner.
Spoedgrens word verlaag NA byna twee jaar se gestoei om die spoedgrens op die R303 te verminder en talle sterftes later, het die provinsiale regering verlede week ingestem dat die spoedgrens by die twee Bella Vista-kruisings verlaag mag word. Die spoedgrens gaan eersdaags aan weerskante van die twee gevaarlike Bella Vista-kruisings verlaag word vanaf 100km/h na 80km/h. * Berig op voorblad.
RAADSLID Jacob Rooi het Maandag tydens 'n geleentheid wat in Bella Vista aangebied is, 'n bos blomme aan Luan se ma Mercia Kruger, oorhandig.
Plaasbestuurder se verhoor begin Oktobermaand 'n INWONER van Tulbagh wat verantwoordelik gehou word vir vier mense se dood, se verhoor sal in Oktober begin.
Vier familielede wat langs die Winterhoekpad buite Tulbagh gestap het, is Maandag 13 Januarie 2025 dood toe plukkratte met vrugte in, van 'n vragmotor afgeval het. 'n Platbak vragmotor van die plaas Vrolik heid was omstreeks 10:00 met 20 plukkratte met pruime onderweg na 'n nabygeleë pak huis toe die kratte in 'n draai naby die Drostdy kelder afgeval en die Marthinus-gesin langs die pad getref het. Elsabé Marthinus (58) en haar dogter, In grid Marthinus (25), het op die toneel gesterf nadat die kratte op hulle geval en tot in 'n
sloot saamgesleep het. Die twee kleinkinders, Jesniece Marthinus (8) en haar boetie, Justin Lee-John Marthinus (9 maande), is onderskeidelik in die Ceres hospitaal en Tygerberg hospitaal, oorlede.
TWEE voertuie was Woensdagoggend net na 07:00 in Michellspas in 'n ongeluk betrokke. Volgens beperkte inligting het die Kia teen 'n stilstaande Toyota bakkie gebots. Drie vroue en 'n man was op pad na Tulbagh toe die ongeluk gebeur het. Niemand is beseer nie maar hulle was geskok.
Verhoor gaan begin Die vragmotorbestuurder, Philippus Hauptfleisch (33), is op die toneel gearresteer en in die Tulbagh polisieselle aangehou totdat hy op 14 Januarie in die Wolseley landdroshof verskyn het op vier klagtes van strafbare manslag. Hy is later op borg van R5 000 vrygelaat. Die verhoor sal op 22 en 23 Oktober in die Tulbagh landdroshof begin.
The honest conversations continue!
LET’S TALK is packed with real support and practical tips for
caregivers of teens – straight from the experts! Catch up on previous episodes or discover new ways to navigate the teenage years. TUNE INTO RADIO ZIBONELE, HOUSTOK, VALLEY, EDEN, OR BUSH EVERY THURSDAY BETWEEN 9 AND 12 TO LISTEN IN
VRIENDE van die Togryers Museum het op 30 Julie hul algemene jaarvergadering gehou. Dr. Arnold van Dyk (middel) was die gasspreker by die geleentheid en het met gaste gesels oor die Bittereinders tydens die Anglo-Boereoorlog. Hy het as kind met navorsing begin oor die ABO en is ere-president van die Oorlogsmuseum. Hier is hy saam met Marthinus de Villiers en Gys du Toit sr.
Videos with additional advice are available on YouTube. Scan here to watch the videos.
Polisie soek twee mans wat vlug
SPEURDERS op Wolseley ondersoek twee voorvalle waarin 'n man vermoor en 'n ander een die afgelope langnaweek aangeval is.
In die eerste voorval is Jason Donovan Faas (36) verskeie kere met 'n onbekende voorwerp, vermoedelik 'n tuisgemaakte spies, gesteek. Die voorval het Saterdag 8 Augustus omstreeks 16:00 in Azaliastraat in die Montana woonbuurt, Wolseley plaasgevind. Hy is later met 'n ambulans na Ceres hospitaal vervoer waar hy behandel is voordat hy na 'n hospitaal op Worcester oorgeplaas is. Twee verdagtes het weggehardloop en is steeds voortvlugtig. Die mans is later as Jobadian Bates en Pieter Fortuin geïden-
tifiseer. 'n Derde verdagte, Dovano van Wyk (20), is later gearresteer en 'n tuisgemaakte spies is in sy besit gekry. Moordsaak In 'n ander voorval is 'n man dood nadat hy drie keer met 'n skerp voorwerp gesteek is. Morena Lebesa (26) van Pinevalley is Maandag 10 Augustus dood nadat hy omstreeks 06:30 naby 'n tavern aangeval en vermoor is. Hy is deur gemeenskapslede gedra tot by 'n spazawinkel in Lokasiestraat maar het aan sy beserings beswyk. Geen verdere inligting oor die aanval was beskikbaar nie. Drie verdagtes is geïdentifiseer maar moet nog opgespoor word.
JOIN THE CONVERSATION. STRENGTHEN YOUR FAMILY.
Brought to you by the
WCG VPU 003/E
6 l WITZENBERG HERALD l 14 AUGUST 2026
WITZENBERG HERALD
nuusbrokkies ONDERSTEUN Witzenberg APD deur jou Casual Day 2026 plakker vir slegs R20 te koop! Elke plakker maak 'n verskil en help APD om persone met gestremdhede in die gemeenskap te ondersteun. Dra jou plakker met trots op 4 September - saam kan ons meer doen.
(023) 316-2021 info@witzenbergherald.com
6 Sterfgevalle Janet Hugo (De Leeuw)
17 Dienste aangebied
Select
LAUNDRY Whatsapp of skakel
08/07/1946 - 05/08/2026
Met groot hartseer deel ons die nuus van die afsterwe van Janet Hugo (De Leeuw). Begrafnisreëlings:
Kerkdiens 15 Augustus 2026 VGKerk Vredenburg
17 Dienste aangebied
082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit
Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*
*Terme en voorwaardes geld
Boland Roll on Lawn
AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel
AND ART FRAMING
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
42 Implemente
SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
PLANT AND TOOL HIRE
STEFAN STEYN 083-227-6476 Mini skip rentals
2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414
CENTRAL CERES MOTORS
c/o Vos- & Faure Street 83
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
CHARLIES
•Locksmith •Handyman and •Mobile Carwash
At the comfort of your own home R100 Small R150 SUV
For appointments contact Charles at 072-705-5233
VRIENDE van die Togryers museum nooi inwoners uit om aan te sluit en 'n uitstappie mee te maak op Saterdag 15 Augustus. Stappers gaan Fairfieldplaas besoek vir 'n rotskuns-besoek. Die gids, Renee Rust, sal die groep begelei. Dis 'n maklike 10 mi nute stap om die area te bereik. Skakel die museum by 076-6892-885 om jou plek te bespreek. CERES Sekondêr se Wellness Hub open op 13 Augustus. WITZENBERG PALS se algemene jaarvergadering vind plaas op 27 Augustus by Ceres Gholfklub. Johann Kotzé van Agri SA en Frazer Barry (TV en radio aanbierder) is die gassprekers by die geleentheid. Bespreek voor 17 Augustus by Jayden (023) 316-1191.
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA:
Verskaffing, aflewering en pak van
082-859-2300
DIE Witzenberg o/12 rugbyproewe het Saterdag 1 Augustus by Laerskool Wolseley plaasgevind. Mooi Uitsig Primêr se o/12 rugbyspan het ook aan die proewe deelgeneem. Hier is die span saam met hul afrigter, Jayden Sanders.
Koerantbundels te koop @R40 elk (slegs kontant)
• Oefenklere • Mansklere • Skoene
Somersklere reeds uitgepak!
Dankie vir al die donasies
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres
Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat
Ma - Vry: 09:00 - 16:30 l Sat: GESLUIT
14 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 7
Twee leerders blink uit in swembad
TWEE swemmers van die Brave-swemklub en leerders van Laerskool Gericke het aan die CLA Winter Mist swemgala op Langebaan deelgeneem. Isabella de Jager (links) het vier medaljes (twee goud, 'n silwer en brons) in die ouderdomsgroep 11 jaar verower by die byeenkoms. Sy het ook persoonlike beste tye geswem in twee items. Adjane du Plessis (10) het 'n 7de plek in die 200 meter borsslag behaal. Sy het ook goeie tye opgestel in vier ander items waaraan sy deelgeneem het.
LAASTEDRIF Primêr is trots op twee leerders wat onlangs uitstekende sportprestasies behaal het. Wilbur Williams, ’n graad 5-leerder, het in elk van sy drie landloopwedlope die eerste plek in sy ouderdomsgroep behaal. Hy het Saterdag 8 Augustus aan die Boland landloopkampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Lujayden Hanekom, ’n graad 6 leerder, het op 4 Augustus aan die rugbyproewe op Bella Vista sportgronde deelgeneem. * Die skool bedank die afrigter, mnr. Domberg, vir sy leiding, ondersteuning en toewyding.
DIE jaarlikse Kiyobukan Winter Gasshuku het van 17-19 Julie op Saldanha plaasgevind. Karatekas van verskillende ouderdomme en vlakke het ’n naweek van intensiewe opleiding, kata, fiksheid, kata-kompetisie en spanbou beleef. Karatekas het van verskeie dojo's deelgeneem onder andere vanaf Wellington, Franschhoek, Villiersdorp, Tulbagh en die Bokkeveld. Die naweekprogram het ook spesialis-klasse ingesluit, aangebied deur verskeie ervare swart gordels onder leiding van renshi Andries Douglas. Medaljes en trofeë is in verskeie kategorieë toegeken ter erkenning van die deelnemers se prestasies en toewyding.
WOLSELEY het Saterdag verras en Hamlet 29-27 geklop. Hier is Wolseley se kaptein, Marlon Bailey, op een van sy stormlopies. FOTO: Trevor Felix
Wolseley verras en klop Hamlet DELICIOUS en Bella Vista het Saterdag goeie oorwinnings oor Ceres en Young Blues behaal.
Delicious het met sprankel-rugby vir Ceres ore aangesit en maklik met 53-29 gewen. Bella Vista het Young Blues oorrompel en met 56-14 gewen en daarmee hul kans om die uitspele te haal, lewendig gehou. Die rustydtelling was 35-0. Bella Vista het net te veel skietgoed gehad en alle afdelings van die spel oorheers. Bella Vista het agt drieë gedruk. Wolseley het Saterdag almal verras en Hamlet met 29-27 geklop. Ander uitslae Tulbagh het welverdiend met 26-5 teen Villagers Newton gewen. Hillcrest United het Newtons met 41-40 geklop en Roses United het 73-7 teen Evergreens van die Paarl gewen. Naweek wedstryde Bella Vista speel Saterdag 15 Augustus in 'n maak of breek wedstryd teen Hamlet, Villagers Newton pak Roses United, Evergreens is gasheer vir Newtons, Delicious speel tuis teen Tulbagh en Ceres speel teen Hillcrest. * Young Blues en Wolseley het los looitjies.
8 l WITZENBERG HERALD l 14 AUGUST 2026 Die Witzenberg Her ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eila nd. Geen advertensie/re daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere produseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Baron se duif wen Vryburg-wedvlug WEDVLUGDUIWE is Vrydag 7 Augustus op Vryburg vrygelaat oor 'n afstand van 890km sowel as vanaf Kimberley vir 'n wedvlug oor 730 kilometer. Slegs 13 duiwe het teen Vrydagaand by hul hokke aangekom. Die Kimberley duiwe was net na 16:00 terug by hul hokke. E Lofts het die Vryburg WRPU unie sowel as die Ceresvallei fe derasie wedvlugte gewen. JRK Lofts het die Kimberley WRPU unie sowel as die Ceresvallei federasie wedvlugte gewen. Die naweek vlieg duiwe weer vanaf Victoria-Wes oor 'n afstand van 420km.
CAMERON Hanekom het Saterdag in slegs sy derde toets vir die Springbokke, sy eerste toetsdrie gedruk. Hanekom (24), 'n oudleerder van Laerskool Gericke, Charlie Hofmeyr Hoërskool en later Paarl Boys High, het weer op agtsteman uitgedraf en sy voete op toetsvlak gevind toe hy onder Argentinië in Buenos Aires ingeklim het. Geronimo Prisciantelli (heelagter van Argentinië) het seker na die wedstryd aan nagmerries gely nadat Hanekom hom twee keer met plettervatte gras laat proe het. Hy het 14 duikslae uitgevoer en een keer omgekeerde besit bewerkstellig. Hanekom is ook welverdiend as speler van die wedstryd aangewys in 'n klipharde stryd wat Suid-Afrika met 17-10 gewen het. Dit was Cameron se beste vertoning sover in die Springboktrui.
Willie wen kompetisie met 36 punte SATERDAG 8 Augustus het Ceres gholf klub 'n enkel stableford kompetisie aangebied.
Willie van Heerden was die wenner met 36 punte. Henry Brown was in die tweede plek met 35 punte gevolg deur C. du Toit met 34 punte, N. Hanekom met 32 punte en Charles Basson met 31 punte. Saterdag 1 Augustus is 'n enkel syfer plus kompetisie aangebied. Pieter Immelman was die wenner met 'n telling van +4. Willie Baron was tweede, ook met +4 gevolg deur Charl du Toit sr. en N. Hauptfleisch met tellings van +1. Bennie van Rensburg was vyfde met 'n gelyk-telling. Kompetisies Op Saterdag 15 Augustus word 'n enkel progressiewe stableford kompetisie aange bied, op 22 Augustus 'n 4BBB stableford kompetisie en op 29 Augustus 'n enkel sta bleford kompetisie.
CHLOë en Dean Hopf het die naweek die gemengde afdeling van die Trans Baviaans bergfietswedren in 10:14:01 gewen. Hulle was ook algeheel 5de. Deelnemers het 24 uur om die wedren oor 230 kilometer te voltooi. Die wedren is vir die eerste keer in 2004 aangebied. * Chloë Bishop is 'n oudleerder van Charlie Hofmeyr en het eers uitgeblink in veldlope voordat sy weens 'n besering na fietsry oorgeskakel het.
Ceresvallei federasie wedvlug Vryburg 1. E. Lofts - 2. Cameron Mars - 3. Cameron Mars - 4. Marius Koopman - 5. JRK Lofts - CHPS - Vryburg 1. David Baron - 2. Team Koopman ARL - 3. Mauritius Lofts - 4. Mauritius Lofts - 5. David Baron - 1 Ceresvallei federasie wedvlug Kimberley 1. JRK Lofts - 2. Cyril en Ann Davids - 3. Ronald November - 4. Emile Arries - 5. Mauritius Lofts - CHPS - Kimberley 1. Cyril en Ann Davids - 2. Mauritius Lofts - 3. Cyril en Ann Davids - 4. Mauritius Lofts - 5. Mauritius Lofts - BHPS Kimberley Ope 1. Ronald November - 2. Emile Arries - 3. Ronald November - 4. Nicky Smith - 5. Marquine Pieterse - Vryburg Ope 1. Emile Arries - 2. Van Rooy Loft - 3. Emile Arries - 4. Roberto van Wyk - 5. Marquine Pieterse -
1453.972 mpm 1405.615 mpm 1402.664 mpm 1397.635 mpm 1395.033 mpm 1326.932 mpm 1212.455 mpm 1200.240 mpm 1196.699 mpm 179.499 mpm 1488.129 mpm 1481.294 mpm 1458.138 mpm 1452.391 mpm 1437.237 mpm 1481.294 mpm 1437.237 mpm 1384.831 mpm 1358.399 mpm 1348.814 mpm 1458.138 mpm 1452.391 mpm 1419.592 mpm 1407.176 mpm 1395.252 mpm 1387.337 mpm 1375.116 mpm 1373.863 mpm 1250.832 mpm 1217.144 mpm
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE (WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNING VERORDENING PN 289/2015) WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS (WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW PN 289/2015) Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder, vir aandag Ryan van der Merwe gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, of gestuur word na ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager for attention Ryan van der Merwe, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or at 50 Voortrekker Street, or e-mail it to ryan@witzenberg.gov.za, to reach him before the indicated closure date of the case. Eiendom / Property
Ligging / Location
Farm 6km North Kaal- of Tulbagh draai along the No.332, Winterhoek Tulbagh Road
Aansoeker / Applicant
CK Rumboll (022) 482-1845
Verw. / Ref.
Sluitingsdatum / Closure date
Application for consent 15/4/2/ use to permit a landing 310 strip (airfield)
16 September 2026
Aard / Nature
Vergunning vir die doeleindes van ‘n landingstrook (vliegveld)
SESTIEN spanne vanoor die Kaapse Wynland en Westelike Provinsie het Maandag 10 Augustus aan die Kobus Visser Gedenk rolbalpare-toernooi op Ceres deelgeneem wat deur SA Logistics geborg word. Twee rolbalspanne van Ceres rolbalklub het goed gevaar by die toernooi. Pieter en Charmaine Mostert het die tweede plek verower met 'n reeks uitstekende vertonings terwyl Stoffel en Engela Lambrechts die derde plek ingeneem het. VLNR: Pieter Mostert, Charmaine Mostert, Engela Lambrechts en Stoffel Lambrechts. * 'n Spesiale woord van waardering gaan aan die borg asook die organiseerders, vrywilligers en ondersteuners wat gehelp het om van die rolbaltoernooi 'n onvergeetlike geleentheid te maak. (Kobus Visser het vir Tulbagh rolbal gespeel en jare lank gemeenskapswerk vir die Lionsklub gedoen.)