Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.30 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

FRIDAY, 7 AUGUST 2026

R12

VOLUME 29 NO. 30

www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider

MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za

4-DAG WEERVOORUITSIG Donderdag 6 Augustus

Vrydag 7 Augustus

Saterdag 8 Augustus

Sondag 9 Augustus

-1° 12°

-2° 20°

-2° 18°

-4° 11°

CERES KOEKEDOUW DAM

100%

TULBAGH DAM

69%

WAVERENSKROON TULBAGH

-1°

77%

Skakel ons vir alle staalkonstruksies

Lesing geneem: 2026/08/05

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Munisipaliteit begin om laagwaterbruggie te herstel EEN van die ergste storms in byna 60 jaar het die Witzenbergstreek van 11-13 Mei getref en lamgelê. Twee koue­fronte het in die 48 uur tussen 100 mm en 400 mm reën oor die Witzenbergstreek laat uitsak en Ceres Koe­ kedouwdam het binne 'n week oorgeloop. Nou byna drie maande la­ter, is die Witzenberg munisipaliteit en 'n kontrakteur besig om die laagwaterbruggie by Morrisdale Primêr (Pretoriusstraat) met eie fondse te her­ stel teen nagenoeg R2 miljoen. Kante word waterdig gemaak en met beton herseël en dan opgevul voordat beton­ laag en teer oorgesit word. Die rivier het oor die jaar met meer as 600mm gestyg weens slik en sand in die rivier. * Verkeer van Rooikamp en omliggende gedeeltes word die afgelope maande met die hulp van die verkeersdienste gehelp om in Voortrekkerstraat in te draai. Verkeersvolumes het toe­geneem en dra by dat verkeer met tye stilstaan in Voortrekkerstraat. Die herstelwerk sal voor einde September voltooi wees.

Skok en ongeloof oor groep fabriek wil sluit DIE spreekwoordelike mat is verlede week onverwags onder Witzenberg en Breërivier vrugteboere en fabriekpersoneel op Tulbagh uitgeruk met die nuus dat een van die grootste werkverskaffers op die dorp en slegs een van twee inmaakfabrieke in die land, hul deure wil sluit.

Produsente het met skok en ongeloof kennis geneem van die Premier Foods besluit maar kommer uitgespreek oor die tydsbe­ rekening van die moontlike sluiting, die kort kennisgewing van drie maande en die negatiewe impak daarvan op die vrugtebedryf. Lees berig op bladsy 3


2 l WITZENBERG HERALD l 7 AUGUST 2026

VIER optiesevesel-kabels van Telkom is iewers oor die naweek naby die Van Bredabrug afgesny. Volgens Telkom was FTTH-dienste teen Dinsdag 4 Augustus herstel gewees terwyl die ander hoë kapasiteitsdienste Maandagmiddag herstel is. Talle besighede, huishoudings en die polisie was sedert die naweek sonder internetverbindings. Die polisie en besighede aan Vosstraat-kant was teen Dinsdagmiddag nog nie aan nie.

PHILLIP de Lange (Jeugvoorsitter van PSSA) en inwoner van Wolseley, is begin Julie deur die Eurasia Association of Photographers uitgenooi om die tweede Internasionale Jeugfotofees in Tsjeljabinsk, Rusland, by te woon. Tydens die kongres het hy ondermeer deelgeneem aan 'n bespreking met die tema: Fotografie in die era van globale verandering. Die hoofdoel van die kongres was om fotografie onder jongmense te be­vorder, internasionale samewerking te versterk en geleenthede te skep waar jong fotograwe van verskillende lande kennis, ervaring en kreatiwiteit met mekaar kan deel. Twintig lande het aan die kongres deelgeneem. Suid-Afrika se jeugfotograwe het goed presteer deur die trofee vir die beste jeugfotoklub buite Rusland te ontvang - 'n besonderse prestasie waarop ons baie trots kan wees. Hier is Phillip afgeneem saam met sy vrou, Louise de Lange. * Die besoek is moontlik gemaak deur die ondersteuning van Noelani King-Conradie van P.A. Hamlet, Albie Nel (Amazing Pies op Ceres), Francois du Bois, dr. D. Langner en die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK), asook an­der borge wat ook bydraes gemaak het.

Rekeningkundigeen Stelselklerk Laastedrif Agri (Edms) Bpk. is ’n gevestigde kommersiële landbou-onderneming wat spesialiseer in die verbouing van vars vrugte en groente. Geleë in Ceres, voorsien Laastedrif Agri ’n verskeidenheid plaaslike supermarkte sowel as internasionale markte. Laastedrif Agri bied ’n uitstekende geleentheid vir ’n Rekeningkundigeen Stelselklerk om by hul Finansiële span by die Hoofkantoor in Ceres aan te sluit. Die ideale kandidaat beskik oor uitstekende syfer- en probleemoplossingsvermoë, werk noukeurig met ’n sterk aandag aan detail, presteer goed onder druk en volg ’n proaktiewe benadering tot prosesverbetering. Die pos rapporteer aan die Finansiële Bestuurder en speel ’n belangrike rol in die instandhouding van die maatskappy se finansiële stelsels (Sage X3), die ondersteuning van rekeningkundige prosesse, en die lewering van ondersteuning aan die Finansiële Departement. Verantwoordelikhede sluit onder andere in: • Instandhouding, ondersteuning en verbetering van die Sage X3-stelsel, insluitend stelseltoetsing, foutopsporing en gebruikersondersteuning • Voorbereiding van finansiële en stelselverwante verslae vir bestuur • Prosessering van krediteurfakture, rekonsiliasie van verskafferstate, en ondersteuning met debiteure- en krediteure-administrasie • Handhawing van akkurate finansiële rekords en ondersteuning van ouditvereistes • Identifisering en implementering van stelsel- en prosesverbeterings, insluitend gebruikersopleiding waar nodig • Noue samewerking met interne rolspelers om doeltreffende finansiële administrasie te verseker. Minimum kwalifikasies, vaardighede en ervaring: • Matriek is ’n vereiste; ’n relevante tersiêre kwalifikasie sal voordelig wees; • Ongeveer 3 jaar se ervaring in ’n relevante rekeningkundige rol; • Goeie rekenaarvaardighede, insluitend rekeningkundige sagteware en Microsoft Office; • Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels. Vir meer inligting oor Laastedrif Agri, besoek gerus hul webwerf: www.laastedrif.co.za In ruil bied ons kliënt ’n mededingende vergoedingspakket. Aansoeke sal oorweeg word in terme van die Werkgewer se Indiensnemingsbeleid en Indiensnemingsgelykheidsdoelwitte. Vir meer inligting en om aansoek te doen, besoek www.m3online.co.za voor 09:00 op 17 Augustus 2026.

BLANKETS recently donated by Ceres Toyota for the Mandela-project, whose aim it was to collect 670 fleece blankets, were handed over to Loxtonia daycare by Liezel van Wyk (Ceres Toyota) and event organiser, Neal Stacey from 2feet4TB. Beanies were donated by Omgeewinkel Ceres.

YISA

Ruth Nomacebiso (Voki)

12/11/1949 - 01/08/2026 The Yisa family regrets to announce the passing of their beloved mother, grandmother, relative, and friend Ruth Nomacebiso (Voki) Yisa.

Funeral service details: Home service, Saturday, 15 August 2026 Time: 09:00 AM - 10:00 AM Thereafter, the funeral procession will proceed to Nduli Community Hall. The Yisa family sincerely thanks everyone for their prayers, love, support, and condolences during this difficult time. “Precious in the sight of the Lord is the death of His saints.” – Psalm 116:15

May her soul rest in eternal peace. For further enquiries about the funeral service, please contact Khanyiso Yisa at 062-732-5861

JAQELENE du Plessis (14) van Tul­ bagh en 'n leer­der wat tuisonderrig ontvang, is op 30 Ju­ l ie gekroon as Miss Pre Teen Mundial SA Western Cape vir 2026! Sy gaan die Wes-Kaap in Maart 2027 in Johannesburg op die nasionale verhoog verteenwoordig.


7 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 3

Fruit Products Western Cape

Kommer uitgespreek oor tydsberekening van inmaakfabriek se moontlike sluiting DIE spreekwoordelike mat is verlede week onverwags onder Witzenberg en Breërivier vrugteboere en fabriekperso­ neel op Tulbagh uitgeruk met die nuus dat een van die grootste werkverskaf­ fers op die dorp en slegs een van twee in­maakfabrieke in die land, hul deure wil sluit.

teurs gekonsentreer is. Premier het gesê FPWC is veral blootgestel aan wêreldwye marktoestande omdat ongeveer 90% van sy ingemaakte vrugteproduksie uitgevoer word en dat die onderneming nie meer ekonomies volhoubaar in sy huidige vorm is nie. Artikel 189 en wie raak dit? In die BusinessTech artikel word gemeld dat Premier Foods met 'n Artikel 189-kon­ Produsente het met skok en ongeloof ken­ sul­ tasieproses met werknemers en hul nis geneem van die Premier Foods besluit ver­ teenwoordigers begin het rakende die maar kommer uitgespreek oor die tydsbere­ voorgestelde sluiting. kening van die moontlike sluiting, die kort ken­ Daar word geraam dat meer as 3 500 nisgewing van drie maande en die negatiewe mense van Tulbagh, Wolseley en Ceres asook impak daarvan op die vrugtebedryf. Worcester, Rawsonville, Saron, Hermon en Premier Foods, een van die land se ver­ Gouda hul werk kan verloor. naamste voedselprodusente, wil die Tulbagh Anthony Dicey, boer van Wolseley en voor­ -aanleg sluit en daar is verlede week in talle sitter van die Ashton Vrugteprodusente, voel landbou-publikasies daaroor berig. dit is onredelik van Premier om drie maande Premier Foods het vroeër vanjaar vir meer kennis te gee terwyl produsente hernubare as R5 miljard die Rhodes Food Group oorge­ kontrakte van twee jaar het en reeds pro­ koop waarvan Fruit Products Western Cape duksiekoste aangegaan het om hul boorde (FPWC) se aanleg op Tulbagh deel was. vir die oestyd voor te berei. Na aanleiding van dié verwikkelinge en die Produsente het R600 miljoen rand se impak daarvan op die bedryf is Rhodes-pro­ boorde aangeplant vir die fabriek volgens dusente uitgenooi om Woensdag 5 Augus­ hul langtermyn-kontraktuele verbindings. tus 'n belangrike inligtingsvergadering op Die Tulbagh-fabriek verwerk tussen 55 000 Raw­sonville by te woon. en 60 000 ton perskes, appelkose en pere. Hierdie was net een van talle vergaderings Die uitvoerwaarde van dié vrugte beloop tot wat die afgelope week met rolspelers in die R1,2 miljard. landboubedryf plaasgevind het. Plaaslike produsente lewer gemiddeld Redes vir sluiting tussen 40% en 50% van hul vrugte aan Premier Foods het dalende wêreldwye in­maakfabrieke. Die res word uitgevoer en vraag, prysdruk en stygende insetkoste as nagenoeg 10% gaan na 'n sapfabriek. vernaamste redes vir die besluit aangehaal, Ondersoek geloods met Amerikaanse tariewe wat verlede jaar Die Mededingingskommissie ondersoek ingestel is as 'n bydraende faktor. nou of die Premier Group een van hul voor­ “Die besigheid is geraak deur volgehoue​​ waardes van hul samesmelting met die druk in die mark vir ingemaakte vrugte, insluit­ Rhodes Food Group (RFG) oortree. end dalende wêreldwye vraag, veranderende Die Mededingingstribunaal het in Maart uitvoermarktoestande, prysdruk, stygende vanjaar die samesmelting van Premier en in­setkoste en die behoefte aan groter skaal RFG Holdings goedgekeur. Een van die in 'n toenemend mededingende wêreldwye voorwaardes was dat werknemers vir drie bedryf.” jaar nie afgelê mag word nie. Volgens Premier strek die probleme ver­ der as net Tulbagh en weerspieël dit wyer Inligting in die artikel is bekom uit artikels struk­turele veranderinge in die wêreldwye wat die afgelope week in Landbou Burger, in­ gemaakte vrugtebedryf, waar produksie Landbouweekblad, BusinessTech en Famers toenemend onder minder, groter opera­ Weekly verskyn het.

Attie pak Washie vir liefdadigheid DIE pad was donker, die liggaam moeg en die volgende stap was al wat saak gemaak het.

Vir Attie Heyns het die Washie 100 Miler, wat verlede naweek plaasgevind het, nie by die wenpaal begin nie maar maande vantevore, op vroeë oggende en laataand roetes, terwyl hy sy liggaam stadig voorberei het vir iets wat die meeste mense nooit sou waag nie. Op 31 Julie het hy uiteindelik by die weg­ springpunt gestaan, wetende dat 161km voor­lê voordat hy weer sy bed sou sien. Na meer as 20 uur se aanhoudende hard­ loop, deur die nag en tot ver in die volgende dag, het Attie oor die eindstreep gestap. Hy het 23ste geëindig uit 134 deelnemers, ’n resultaat wat spreek van dissipline wat lank voor die wedloop begin het. Vir dié wat Attie ken, kom dit nie as ’n ver­ rassing dat hy hierdie uitdaging vir iemand anders as homself aangepak het nie.

Hy is die man wat groente in sy eie agter­ plaas kweek net om dit weg te gee aan oue­tehuise op Ceres. So toe hy besluit het om die Washie aan te pak, was dit nooit net oor ’n medalje nie - dit was oor Huis Pieter Strauss en Huis Maudie Kriel. Veldtog Deur ’n BackaBuddy-veldtog het Attie se loop ’n doel verder as homself gekry. Die oorspronklike teiken van R50 000 is nie net bereik nie, maar ver oorskry - tot dusver is R131 782 ingesamel, wat gelykop tussen die twee tehuise verdeel sal word. Die geld vir Huis Pieter Strauss sal gebruik word om die gebou te laat herverf, terwyl Huis Maudie Kriel se aandeel na siekesorg-toerus­ ting en skoonmaakbenodigdhede sal gaan. Die gemeenskap word aangemoedig om tot 6 Augustus by te dra deur die Backa­ Buddy-veldtog.

KENNISGEWING

NOTICE

KONSEP 2027/2032 GOP en BEGROTING PROSES PLAN Kennis geskied hiermee dat die volgende konsep dokument ter insae lê vir publieke kommentaar en insette. • Konsep 2027/2032 GOP en Begroting Proses Plan Die dokumentasie lê ter insae by alle Munisipale kantore, Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste: www.witzenberg.gov.za

DRAFT 2027/2032 IDP and BUDGET PROCESS PLAN Notice is hereby given that the following draft document is available for public inspection and inputs. • Draft 2027/2032 IDP and Budget Process Plan The documents are available for inspection at all Municipal Offices and Public Libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za.

D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835 50 Voortrekker Street, Ceres,6835


4 l WITZENBERG HERALD l 7 AUGUST 2026

INVIT ATION TO BID INVITA Bid reference: 08/2/24/18 Bid description: SALE AND DEVELOPMENT OF MUNICIPAL INDUSTRIAL ERVEN (UNREGISTERED ERF 10976, 10975 AND ERF 10917, BEING PORTIONS OF ERF 2622, CERES) TO PROMOTE LOCAL ECONOMIC DEVELOPMENT AND ENHANCE PARTICIPATION BY HISTORICALLY DISADVANTAGED PERSONS. Closing date: 11 September 2026 at 10:00 Bids will be evaluated according to the 80/20 preference point system as per Disposal or Leasing of State Assets and Income-Generating Procurement. This tender will be evaluated in terms of the Preferential Procurement Regulations, 2022 that was promulgated by the Minister of Finance on 04 November 2022 in Government Gazette No 47452. No bids will be considered from persons in the service of the state. Tenders satisfying the qualifying criteria will be evaluated in terms of price and preference. Bid documents can be obtained at a cost of R250 per set and will be available from Friday, 14 August 2026. Bids may only be submitted on the bid documentation provided by the municipality. A valid B-BBEE status level verification certificate must be submitted in order to claim preference points for B-BBEE. Points will be awarded to tenderers for their BBBEE status and locality.

LAERSKOOL Koue Bokkeveld se eerste tennisspan het tydens die onlangse skool­ vakansie aan die Egalite tennistoernooi deelgeneem. Altesaam 18 meisie- en 18 seuns­spanne vanoor die land het aan die toernooi by Sun City deelgeneem. Laerskool Koue Bokkeveld se seuns eindig vierde en die meisies sewende. "Baie dankie aan Hanlé Lourens vir haar toewyding tot ons skool se tennis en die geleenthede wat sy skep vir spelers".

Bid Documents can be obtained during office hours from Mondays to Friday from Witzenberg Municipality. The amount is payable at the Municipal Head Office, 50 Voortrekker Street, Ceres or via EFT. Please contact the Supply Chain Management Unit on (023) 312-1761/5 if you prefer to pay via EFT. Proof of payment must be submitted to the Supply Chain Unit, Dromedaris Street, Ceres before the bid document will be released. BANKING DETAILS ARE AS FOLLOW: Bank

First National Bank

Name

Witzenberg Municipality

Branch Code

200107

Account Number

627 482 159 79

Reference Number

Bid Number

Note: Originally completed bid documents must be submitted in the bid box, Witzenberg Municipality, 50 Voortrekker Street, Ceres. No electronic bid submissions will be accepted. Enquiries: Ms. Shayle Mentor Financial Directorate, Supply Chain Tel: (023) 312-1765 or supplychain@witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER

WITZENBERG Brandweerdienste het Vrydag 31 Julie Laerskool Gericke besoek en 'n demonstrasie vir graad een leerders by die skool gehou. Brandweerpersoneel het ook raad en wenke met die kleintjies gedeel.

JUNIOR PRODUKSIEBESTUURDER Koppies Hoogte Boerdery het ‘n geleentheid beskikbaar te Weltevrede, Droëhoek, Ceres. VERANTWOORDELIKHEDE SLUIT IN, MAAR NIE BEPERK TOT: • Produksie en bestuur van 20ha appels en pere volgens voorgeskrewe standaarde • Bestuur, kontrole en voorraadbeheer van bemesting, chemiese beheer, besproeiing • Nakoming van GlobalGap en SIZA vereistes • Nakoming van gesondheids- en veiligheidsvereistes • Bestuur en toesig van personeel • Beplanning van daaglikse aktiwiteite • Bestuur begroting in samewerking met bestuurder • Akkurate rekordhouding en tydige verslagdoening • Rapportering en bystand aan bestuurder AKADEMIESE VEREISTES EN ONDERVINDING: • Graad 12 • ’n Geldige bestuurslisensie • Ondervinding in appel- en peerproduksie sal voordelig wees • Goeie kommunikasie en uitstekende menseverhoudings • Basiese rekenaarvaardigheid (MS Office) • Positiewe ingesteldheid en sterk leierseienskappe • Vermoë om inisiatief te neem AANSOEK (INSLUITEND CV & SALARISVERWAGTING) KAN GESTUUR WORD NA: admin2@wadrif.com SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 20 Augustus 2026 INDIENSNEMINGSDATUM: So gou moontlik, nie later as 1 Oktober 2026 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Werwingsprosedures voldoen aan die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting (4 van 2013)(POPI).

ASSEMBLER

Responsibilities: • Take the lead with the assembly of Red Ant equipment • Take the lead with the maintenance of Red Ant equipment • Responsible for maintenance and repairs on agriculture equipment as required • Completing maintenance repairs and undertake fault finding of Red Ant and other agriculture equipment on customers sites. • Responsible for keeping the work area and tools clean • General work as required within the business Skills and experience required: • Practical mechanical experience with agriculture equipment like spray pumps, etc. • Experience working with hydraulics • Must be able to work under pressure • Must be able to work on their own but also in a team when required • Must be willing to learn Qualifications: • Ability to read and write to high standard • Valid driver’s license Closing date for applications: 21 August 2026 If you are interested in this role, please send your CV with a cover letter of no longer than 5 pages to: manager@redantagri.co.za If you received no feedback within 5 working days from the closing date you can assume that your application was unfortunately not successful.

SAKINA Godhrawala, 'n graad 12 leer­ der van Charlie Hofmeyr Hoërskool op Ceres, het uitstekend gevaar in die WesKaapse Graad 12 Besigheidstudies aan­ lyn-vasvra! Sakina het 'n indrukwekkende 99% (178 uit 180) behaal tydens die voor­ lopige aanlynrondtes en het daarmee een van die topuitslae in die provinsie behaal. Sy het nou deurgedring na die provinsiale Besigheidstudies vasvra-finaal wat op Saterdag 15 Augustus by Oude Molen tegniese skool buite Kaapstad plaasvind.


7 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 5

CERES Grassnyer kliniek het 18 jaar gelede na dié perseel in Cillierstraat in die industriëlegebied verhuis.

Besigheid bereik groot mylpaal

Oom Koos maak al dekades grassnyers, randsnyers en sae op Ceres reg KOOS Grassnyer het geen bekendstel­ ling op Ceres nodig nie. Begin Augustus het Ceres Grassnyer kliniek hul 40ste bestaansjaar gevier.

Vir meer as vier dekades lank herstel Koos van Dyk (82), of oom Koos Grassnyer soos hy alombekend staan, enige grassnyer, randsnyer, kettingsaag, kragopwekker, waterpomp of motorfiets. Almal weet oom Koos praat reguit en daar is net een pad - die regte pad. Eerlikheid, goeie kennis en goeie administrasie is deel van sy suksesresep. Verder kos vriendelikheid niks, sê hy. Saam met hom in die besigheid is tannie Emm (81) wat die administrasie en finansies behartig en oom Koos die afgelope 40 jaar bystaan. Sy ry nog elke dag werk toe en terug met haar rooi poegie-motorfiets. Oom Koos se regterhand in die werkswinkel is Elrico Witbooi wat 'n jaar gelede by hom in die werkswinkel aangesluit het en ywerig is om meer van die bedryf te leer. Koos van Dyk is 'n gebore Ceresiet en het by Charlie Hofmeyr skoolgegaan voordat hy sy skoolloopbaan op Touwsrivier voltooi. Na skool gaan werk hy by Van Dyk motors voordat hy ook as werktuigkundige 'n draai maak by Northmec, Andrag, CFG en die mu­nisipaliteit. Hy het 40 jaar gelede met Ceres grassnyer kliniek begin. Die besigheid was eers vir 22 jaar op 'n ander perseel in Joubertstraat 15 voordat dit 18 jaar gelede na die huidige perseel in Cillierstraat in die industriëlegebied verskuif het. Ceres Grassnyer kliniek verkoop 'n ver­ skei­denheid randsnyers en grassnyers wat Husky en Stihl produkte, Baumax asook Pro­fessional en Rolux insluit asook Honda en Suzuki motorfietse. Ceres Grassnyer kliniek verkoop ook Turfmaster en Kudu se ride-on grassnyers. Ondersteuning Koos en Emm van Dyk bedank elke kliënt, plaas en onderneming wat hulle die afgelope 40 jaar ondersteun het. Ceres Grassnyer kliniek is oop vanaf 07:45 tot 17:00 en kan geskakel word by (023) 312-3036.

OOM Koos en Elrico Witbooi in Ceres Grassnyer kliniek se werkswinkel.

LANGRIVIER BOERDERY (EDMS) BPK Posbus 73, Koue Bokkeveld, 6836 ☎ (023) 317-1503 E-pos: admin@langrivier.co.za

Baie geluk met jul 40ste bestaansjaar

CERES GRASSNYER KLINIEK Ons wens julle alles van die beste vir die toekoms.

KOOS van Dyk staan hier by 'n besending randsnyers wat aan 'n plaas op Ceres gelewer word.

Baie geluk met jul 40ste bestaansjaar CERES GRASSNYER KLINIEK! Ons wens julle alles van die beste toe. Mag jul besigheid van krag tot krag gaan.

CERES GRASSNYER KLINIEK Baie geluk met die viering van jul 40ste bestaansjaar. Ons is trots op ons jarelange verbintenis met julle.

☎ (023) 313-3051

(021) 945-4106

www.turfmaster.co.za

Oom Koos & Tannie Emm baie geluk met julle 40 jaar in die bedryf.

Porterstraat, Ceres (023) 312-3413 CERES GRASSNYER KLINIEK Baie geluk met jul 40ste bestaansjaar. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.

Mag julle nog honderde HUSKY BRUSH CUTTERS verkoop!!

Arie 082-495-9959 (023) 312-1707

Carel 082-823-6707 arie@cvc-ceres.co.za

PARTS CENTRE

CERES LANDBOU MIDAS (023) 312-3930 l Ceres

Ons is trots op ons verbintenis met CERES GRASSNYER KLINIEK Baie geluk met jul 40ste bestaansjaar.

☎ (023) 312-1707

Ons is trots op ons verbintenis met CERES GRASSNYER KLINIEK! Baie geluk met jul 40ste bestaansjaar.


6 l WITZENBERG HERALD l 7 AUGUST 2026

WITZENBERG HERALD

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA:

(023) 316-2021 info@witzenbergherald.com

Somersklere reeds uitgepak!

17 Dienste aangebied Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van

082-859-2300

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

PLANT AND TOOL HIRE

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres

Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat Mini skip rentals

2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste. Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

44 Huishulp AND ART FRAMING SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476

BEKWAME HUISHULP CERES

Graag ontvang ons aansoeke vir bogenoemde VOLTYDSE pos.

(MAANDAG - VRYDAG)

Vereistes: • Netjies, verantwoordelik en hardwerkend • Afrikaanssprekend • Aangename persoonlikheid met sober gewoontes • Gesond & jonk van gees (tussen 40 en 50 jarige ouderdom) • Eie vervoer tot by werkplek in Ceres dorp

Verwysings noodsaaklik CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Aug. 2026 Aansoeke & navrae: Skakel Nicole (023) 312-3136

45 Betrekkings

Peres & Williams Transport (Pty) Ltd

EC BUSDRYWER

VEREISTES: • Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer

Skakel:

072-469-7517

André du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422

crazypistonsct@gmail.com

CHARLIES

•Locksmith •Handyman and •Mobile Carwash

At the comfort of your own home R100 Small R150 SUV

For appointments contact Charles at 072-705-5233 Ev. Jacobs

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060619-2758 of 082704-3276 w.t.o.

Dankie vir al die donasies

42 Implemente

AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

• Oefenklere • Mansklere • Skoene

Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Johannes 3:16

Ma - Vry: 09:00 - 16:30 l Sat: GESLUIT

nuusbrokkies VRIENDE van die Togryers museum nooi inwoners uit om aan te sluit en 'n uitstappie mee te maak op Saterdag 15 Augustus. Stappers gaan Fairfieldplaas besoek vir 'n rots­kuns-besoek. Die gids, Renee Rust, sal die groep begelei. Dis 'n maklike 10 minute stap om die area te bereik. Skakel die museum by 076-6892-885 om jou plek te bespreek. CERES Sekondêr se Wellness Hub open op 13 Augustus. WITZENBERG PALS se algemene jaar­ vergadering vind plaas op 27 Augustus by Ceres Gholfklub. Johann Kotzé van Agri SA en Frazer Barry (TV en radio aanbierder) is die gassprekers by die geleentheid. Bespreek voor 17 Augustus by Jayden (023) 316-1191. CERES VLV (Vroue Landbouvereniging) se maandelikse vergadering word op Dins­ dag 11 Augustus by Ceres rolbalklubhuis gehou vanaf 9:00 vir 9:30. Vir navrae skakel 083-236-7076. KOOP jou Casual Day plakker vir R20.


7 AUGUST 2026 l WITZENBERG HERALD l 7

LAERSKOOL F.D. Conradie se graad 3's, die skool se eerste spreekkoor, het by die Eisteddfod in die Paarl opgetree en 'n goud+ behaal.

LAERSKOOL F.D. Conradie se grondslagfase leerders het aan die Eisteddfod voordrag (gedigte) in die Paarl deelgeneem. AGTER: Annamei Burger (goud+), Magnus Kotzé (goud+), Connie Schreuder (goud +), Meéka Cronjé (Cum Laude), Lara Dark (goud+) en Anna-May Williams (Cum Laude). VOOR: Lindle-Rose Geduld (goud +) en Jayna Fransman (Cum Laude).

OPENBARE DEELNAME KENNISGEWING AANSOEK OM DIE WYSIGING VAN DIE OMGEWINGSMAGTIGING VIR DIE VOORGESTELDE KONSTRUKSIE VAN DIE DE KEUR-DAM EN DIE VESTIGING VAN LANDBOUGEWASSE OP DIE RESTANT VAN PLAAS LEEURIVIER NR. 406 EN GEDEELTE 3 VAN PLAAS LANGLEEGTE NR. 114, KOUE BOKKEVELD Hiermee word kennis gegee van ’n openbare deelname proses (PPP) ingevolge die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur, 1998 (Wet Nr. 107 van 1998) (NEMA), soos gewysig, asook die Omgewingsimpakstudie-Regulasies, 2014 (soos gewysig). DEA&DP Verwysingsnommer: 16/3/3/2/B5/2/1050/19 Voorstel: Die voorgestelde wysigingsaansoek behels die verlenging van die tydperk wat toegestaan is vir die voltooiing van die ontwikkeling, soos vervat in Voorwaarde E3 van die Omgewingsmagtiging vir die konstruksie van die De Keur-dam en die vestiging van landbougewasse op die Restant van Plaas Leeurivier Nr. 406 en Gedeelte 3 van Plaas Langleegte Nr. 114, Koue Bokkeveld. Die aansoeker doen aansoek om goedkeuring vir hierdie wysiging van die bestaande Omgewingsmagtiging. Ligging: Die Restant van Plaas Leeurivier Nr. 406 (32°47’21.36"S; 19°17’24.22"O) en Gedeelte 3 van Plaas Langleegte Nr. 114 (32°48’6.04"S; 19°17’46.00"O) is geleë in die noordelike Koue Bokkeveld, ongeveer 70km noord van Ceres. Gelyste Aktiwiteite: Lyskennisgewing 1 (GN Nr. R.983, soos gewysig): Aktiwiteite 12 en 19. Lyskennisgewing 2 (GN Nr. R.984, soos gewysig): Aktiwiteite 15 en 16. Aansoeker: K2017 4142 42 (South Africa) (Edms) Bpk

Vrystellings/afwykings: Geen aangevra nie.

Kommentaartydperk: Die Wysigingsaansoek-verslag sal beskikbaar wees vir ’n kommentaartydperk van 30-dae vanaf Vrydag, 7 Augustus 2026 tot Dinsdag, 8 September 2026. Die verslag kan aanlyn besigtig word by https://www.dougjeff.co.za of deur die QR-kode hieronder te skandeer. Enigiemand wat nie toegang tot die verslae het nie, kan Doug Jeffery Environmental Consultants (DJEC) gedurende kantoorure kontak vir navrae.

Gericke swemmers vaar goed VIER swemmers van Laerskool Gericke en die Brave swemklub het op 31 Julie aan die Winelands JL in die Paarl deelgeneem. VLNR: Mikayla Nieuwenhuis (25 m rugslag - 2de plek en PB, 50 m borsslag - eerste plek en PB en 50 m vryslag - eerste plek en PB), Sion Nieuwenhuis (100 m wisselslag - tweede en PB, 50 m borsslag - eerste plek en PB, 50 m vryslag - sesde plek en PB), Zander Truter (50 m rugslag - vyfde plek en PB, 100 m wisselslag - vierde plek en PB, 50 m borsslag - sesde plek, 50 m vryslag - vierde plek) en Paul Truter (50m rugslag - eerste plek en PB, 100 m wisselslag - eerste plek en PB, 50 m borsslag - eerste plek en 50 m vryslag - eerste plek).

Geleentheid om deel te neem: Om te registreer en kommentaar te lewer, moet Belangstellende en Geaffekteerde Partye (B&GP’s) hul naam, kontakbesonderhede en voorkeurmetode van kommunikasie skriftelik aan die Omgewingsassesseringspraktisyn (EAP) verskaf deur die kontakbesonderhede hieronder te gebruik. B&GP’s moet ook enige direkte besigheids-, finansiële, persoonlike of ander belang wat hulle in die aansoek mag hê, bekend maak. Slegs geregistreerde B&GP’s sal verdere kommunikasie rakende die assesseringsproses ontvang. Enige persoon wat nie kan lees of skryf nie of hulp benodig om te registreer, kan Doug Jeffery Environmental Consultants gedurende kantoorure vir bystand versoek.

ALLE KOMMENTAAR MOET TEEN DINSDAG, 8 SEPTEMBER 2026 INGEDIEN WORD. Doug Jeffery Environmental Consultants EAP: Jamie Cloete E-pos: ppp@dougjeff.co.za Posbus 44, Klapmuts, 7625 Tel: 021 875 5272

QR Kode

Neem asseblief kennis: Wanneer u as ‘n B&GP registreer, stem u in tot die wettige verwerking van persoonlike inligting met betrekking tot die beoogde doeleindes, soos beskryf deur die Wet op die Beskerming van Persoonlike Inligting, 2013 (Wet No. 4 van 2013).

PUBLIC PARTICIPATION NOTICE APPLICATION FOR THE AMENDMENT OF THE ENVIRONMENTAL AUTHORISATION FOR THE PROPOSED CONSTRUCTION OF THE DE KEUR DAM AND THE ESTABLISHMENT OF AGRICULTURAL CROPS ON THE REMAINDER OF FARM LEEURIVIER NO. 406 AND PORTION 3 OF FARM LANGLEEGTE NO. 114, KOUE BOKKEVELD Notice is hereby given of a Public Participation Process (PPP) in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (NEMA), as amended and the Environmental Impact Assessment (EIA) Regulations, 2014 (as amended). DEA&DP Reference Number: 16/3/3/2/B5/2/1050/19 Proposal: The proposed amendment application entails extending the timeframe granted for the completion of the development, as stipulated in Condition E3 of the Environmental Authorisation (EA) for the construction of the De Keur Dam and the establishment of agricultural crops on the Remainder of Farm Leeurivier No. 406 and Portion 3 of Farm Langleegte No. 114, Koue Bokkeveld. The applicant is applying for approval of this amendment to the existing EA. Location: Remainder of Farm Leeurivier No. 406 (32°47’21.36"S; 19°17’24.22"E) and Portion 3 of Farm Langleegte No. 114 (32°48’6.04"S; 19°17’46.00"E), is situated in the northern Koue Bokkeveld, approximately 70 km north of Ceres. Applicable Listed Activities: Listing Notice 1 (GN No. R.983, as amended): Activities 12 and 19. Listing Notice 2 of 2014 (GN No. R.984, as amended): Activities 15 and 16. Applicant: K2017 4142 42 (South Africa) Pty Ltd

Exemptions/Deviations: None applied for.

Comment Period: The Amendment Report will be available for a 30-day commenting period from Friday, 07 August 2026 to Tuesday, 08 September 2026. The reports can be viewed online at https://www.dougjeff.co.za or by scanning the QR code below. Anyone unable to access the reports, can contact Doug Jeffery Environmental Consultants (DJEC) during office hours for assistance. Opportunity to Participate: To register and comment, Interested and Affected Parties (I&APs) must provide their name, contact details, and preferred method of communication in writing to the Environmental Assessment Practitioner (EAP) using the contact details below. I&APs must also disclose any direct business, financial, personal, or other interest they may have in the application. Only registered I&APs will receive further communications regarding the assessment process. Any person unable to read or write or needing assistance to register may request assistance from Doug Jeffery Environmental Consultants during office hours.

ALL COMMENTS MUST BE SUBMITTED BY TUESDAY, 08 SEPTEMBER 2026.

LAERSKOOL Koue Bokkeveld het onlangs twee nuwe personeellede, Gerrida du Plessis en Ilani du Toit, by die skool ver­welkom.

Doug Jeffery Environmental Consultants EAP: Jamie Cloete E-mail: ppp@dougjeff.co.za P.O. Box 44, Klapmuts, 7625 Tel: 021 875 5272

QR Code

Please Note: When registering as an I&AP you consent to the lawful processing of personal information for the intended purposes, as described by the Protection of Personal Information Act, 2013 (Act No. 4 of 2013).


8 l WITZENBERG HERALD l 7 AUGUST 2026 Die Witzenberg Her­ ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en ge­druk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei­l­a nd. Geen ad­vertensie/re­­ daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol­ gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere­ produseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Ceres ly skoknederlaag CERES het Saterdag 'n skoknederlaag gely toe hulle teen die verloop van die spel teen Young Blues verloor het. Ceres was rustyd gemaklik met 35-0 voor maar het 'n maklike oorwinning weggesmyt toe hulle met 40-43 teen die span van Wellington verloor het. Ceres kon in die tweede helfte net vyf punte aanteken. Na dié nederlaag is hulle kanse nou om te kwalifiseer vir die uitspele, neusie verby. Ceres speel Saterdag 8 Augustus weg teen hul bure, Delicious. Delicious kan ook nie meer vir die uitspele kwalifiseer nie. Die wedstryd, soos talle in die verlede, behoort weer goeie opwindende rugby op te lewer. Ander uitslae Bella Vista het Saterdag met Evergreens, wat tans die laaste plek op die punteleer beklee, afgereken met 'n CAMERON Hanekom (24), 'n oudleerder van Laerskool Gericke, Charlie Hofmeyr Hoërskool en later Paarl Boys High, draf Sater­ dag 8 Augustus om 21:00 uit vir sy derde toets vir die Springbokke wanneer hulle Argentinië in Buenos Aires pak. Hanekom het sy kans by die Bokke gekry na goeie inklimspel die afgelope paar jaar vir die Bulls. Hanekom is deel van die toergroep van 26 spelers wat vir dié Suid-Amerikaanse been gekies is terwyl 'n groep van nagenoeg 16 spelers tuis voorberei vir die belangrike wedstryde teen Nieu-Seeland.

Chloë (Bishop) Hopf (links), 'n oudleerder van Charlie Hofmeyr en oudinwoner van Ceres, het die naweek 'n skitterende tweede plek behaal in die B-well Around the Pot 100 myl (155 km) bergfietswedren wat Saterdag 1 Augustus rondom Swellen­ dam plaasgevind het. Die wedren vorm deel van die UCI Gra­ vel Series. By Chloë staan die wenner, Lisa Bone (middel) en Catherine Kruger.

groot oorwinning van 90-12. Die rustydtelling was 38-7. Bella Vista het 14 drieë aangeteken in die wedstryd waarin hulle 'n paar opkomende jong spelers speelkans gegee het. Hamlet het Saterdag 'n goeie oorwinning behaal toe hulle Tulbagh met 68-27 geklop het, Delicious verloor 39-43 teen Hillcrest, Wolseley verloor 11-73 teen die liga­voorlopers Roses United en Newtons wen 80-10 teen Villagers Newton. Naweek wedstryde Bella Vista speel Saterdag 8 Augustus teen Young Blues, Ceres speel teen Delicious, Tulbagh pak Villagers Newton, Wolseley en Hamlet meet kragte, Newtons speel teen Hillcrest en Roses United en Evergreens sal sake uitspook.

Le Bretton Lofts wen federasie wedvlug WEDVLUGDUIWE is Saterdag 1 Augustus op Vosburg losgelaat vir die Jaaroud derby-wedvlug. Duiwe kon vinnig hul hokke bereik met 'n stewige Noord-ooste wind van agter wat die pad huis toe baie vergemaklik het. Le Bretton Lofts wen die Ceresvallei federasie wedvlug. Die naweek neem die duiwe aan twee wedvlugte deel. Een wedvlug (Ultra-wedvlug) begin Vrydag vanaf Vryburg en Saterdag vlieg duiwe vanaf Kimberley. 'n Kopwind met warm temperature word voorspel en sal die duiwe behoorlik toets. Ceresvallei federasie wedvlug Vosburg 1. Le Bretton Lofts - 1766.314 mpm 2. Nikky Smith - 1710.165 mpm 3. Ronald November - 1703.694 mpm 4. E. Lofts - 1699.042 mpm 5. Neil en Abdul - 1698.803 mpm CHPS Vosburg Jaaroud derby 1. Neil en Abdul - 1698.803 mpm 2. Cyril en Ann Davids - 1675.088 mpm 3. Cyril en Ann Davids - 1605.268 mpm 4. Neil en Abdul - 1595.573 mpm BHPS Jaaroud 1. Nicky Smith - 1710.165 mpm 2. Ronald November - 1703.694 mpm 3. Sunny Loft - 1685.535 mpm 4. Ode Lofts - 1666.217 mpm Tulbagh duiweklub Hopetown Ope 1 1. Louis en Inamari - 1629.159 mpm 2. Louis en Inamari - 1550.038 mpm 3. Louis en Inamari - 1487.918 mpm 4. Always Rising Loft - 1332.665 mpm Hopetown Ope 2 1. Louis en Inamari - 1550.038 mpm 2. Louis en Inamari - 1448.977 mpm 3. Always Rising Loft - 1448.258 mpm 4. Louis en Inamari - 1395.576 mpm

AD Faul, oudleerder van Laerskool Ge­ ricke en kaptein van Paarl Boys High se eerste rugbyspan, is opgeneem in die Suid-Afrikaanse Skole o/18A-groep. Dié internasionale reeks vind vanaf 7-15 Augustus plaas met wedstryde teen Ierland, Georgië en Frankryk.

GERJO de Waal Karate, onder leiding van sensei Gerjo de Waal (4de dan), het onlangs hulle eerste Kobudo-gradering aangebied. Al die studente wat aan die gradering deelgeneem het, het geslaag. * Kobudo is die tradisionele Japannese wapenkuns wat fokus op dissipline, tegniek en die gebruik van tradisionele wapens. Die studente is op hul tegniese vaardighede, beheer en kennis geëvalueer en het uitstekende resultate behaal. Om meer uit te vind oor karateklasse, skakel gerus vir sensei De Waal by 072-3951-222.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.29 no.30 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu