Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.29 (Online Weergawe)

Page 1


Een persoon dood en kind (5) ernstig beseer

SPEURDERS op P.A. Hamlet ondersoek twee ongelukke waarin 'n 5-jarige kind ernstig beseer en na die Rooi Kruis kinderhospitaal vir behandeling geneem is en 'n voetganger en sy hond wat die naweek gesterf het op die R303.

Die kind is beseer toe 'n waentjie van 'n Toyota bussie afgehaak en 'n ander voertuig in Gydopas getref het. Die voorval het Saterdag 25 Julie omstreeks 18:10 plaasgevind. 'n Klag van roekelose en/of nalatige bestuur word ondersoek.

In die tweede geval is 'n man en sy hond Saterdagaand dood nadat 'n voertuig hulle getref het. Die voorval het omstreeks 20:00 naby die plaas Fonteintjie in die Koue Bokkeveld plaasgevind.

Die oorledene is later as Mhukulisi Maguwa (38) geïdentifiseer. Vrou

DIE bestuurder (22) van 'n silwer Corsa bakkie het Maandag 27 Julie omstreeks 13:30 beheer oor die bakkie verloor, die brug se kant getref voordat die bakkie gerol en aan die oorkant van die pad tot stilstand gekom het.

FOTO: Charles van der Walt

DIE bestuurder van 'n silwer Corsa bakkie het Maandag 27 Julie omstreeks 13:30 beheer oor die bakkie verloor, 'n brug se kant getref voordat die bakkie gerol en aan die oorkant van die pad tot stilstand gekom het.

Die bakkie was vanuit Ceres en Bella Vista se rigting onderweg na P.A. Hamlet. Die EMS nooddienste, die Witzenberg brandweerdienste en die polisie is na die ongelukstoneel buite P.A. Hamlet ontbied.

Noodwerkers het 'n tyd lank gespook om die beseerde passasier, Mavis Ndzongana (58), uit die wrak te haal. Sy is later met 'n oop wond aan haar been na die hospitaal geneem maar het daar haar bewussyn verloor en gesterf. 'n Roudiens is Woensdag 29 Julie by die woning gehou.

Arresteer

Die bestuurder van die bakkie, Athemkozi Mbeko (22), blykbaar die oorledene se seun, het na die ongeluk, die ongelukstoneel verlaat. Hy is later by die woning in Hector Pietersenstraat deur uniformlede gearresteer.

Die polisie het Mbeko vir strafbare manslag aangekla. Die polisie moet nog hul ondersoek afhandel. Dat die bestuurder nie oor 'n wettige bestuurderslisensie beskik nie, sal ook deel uitmaak van die polisie-ondersoek.

MAVIS Ndzongana (58) het na die ongeluk in die hospitaal gesterf.

ON 29 July stakeholders from across the Witzenberg region came together for the official launch of the Witzenberg Local Drug Action Committee (LDAC). "By bringing together government, law enforcement, community organisations and local leaders, we are strengthening our fight against substance abuse through prevention, awareness, intervention and support".

SCHOOLS across the Western Cape will once again take up the challenge to save lives as part of the Week of Warriors campaign taking place from 27-31 July.

The campaign aims to assist WCBS in reaching its goal of growing its youth donor base by 1500 donors during the current financial year, while also helping to address the ongoing pressure on blood stocks during winter.

Through the Week of Warriors campaign, learners across the province are stepping up to help address this seasonal pressure on blood stocks while encouraging a culture of giving among young people.

“Young donors are the future of blood donation,” said Marike Carli. “If we want to secure a stable blood supply for years to come, we need to invest in growing our youth donor base now. These learners are showing incredible leadership by choosing to give back to their communities and help save lives.”

If you are between 16 and 75, weigh 50 kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate. Donors are advised to increase their fluid intake before, during, and after donation. Blood donation only takes 30 minutes of your time, and you can donate blood every 56 days.

For more information or to find your closest blood donation clinic, visit www.wcbs.org.za or send a WhatsApp to 060 549 7244.

nuusbrokkies

EDUCATION Outreach is ‘n NGO wat hom beywer vir die ondersteuning en nasorg van leerders in skole. Die organisasie is opsoek na energieke en passievolle persone wat 'n liefde het om leerders te help in die Witzenberg gemeenskap. Belangstellendes kan die hoof van die organisasie, Isak Hendriks, skakel by 079-081-7053

BELANGSTELLENDES wat 'n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060­559­1708 of per e­pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027

IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:

• Police Flying Squad: 10111

• Ambulance Services: 10177

• Cell Phone Emergency: 112

• Disaster Risk Management Centre: 080­911­4357 (HELP)

• Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861­555­777

• Childline: 116

• Lifeline: (021) 461­1113

• Wilderness Search and Rescue: (021) 937­0300

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312­2045 of stuur 'n e­pos na togryersmuseum@gmail.com

CERES Gimnastiek se gimnaste en leerders van Laerskool Gericke het die naweek van 26-28 Junie aan die Wes-Kaap kampioenskappe deelgeneem en uitstekende prestasies behaal. In die vlak 1-afdeling het Mikayla Nieuwenhuis 'n goue medalje verwerf met Lehanne Olckers (brons) en Ale Orffer (brons). In die vlak 2-afdeling het Emma Coetzee silwer en Leah Goosen brons verower en in die vlak 3-afdeling het Johalet Gibson, Corli Gibson en Lilly-Rose Nortjé al drie brons medaljes verower.

ANKIA Slabbert van Laerskool Gericke het Saterdag 18 Julie aan die Mega-Gimnastiek se vriendskaplike Winter Wonderland kompetisie deelgeneem. Ankia het Ceres gimnastiek in die vlak 5 afdeling verteenwoordig en algeheel vierde geëindig. Sy het ook 'n prys vir beste tema-gekleede deelnemer ontvang. Die streek-kompetisie vind op 8 Augustus plaas.

Diefstalsaak sloer na twee jaar voort

DIE diefstalsaak teen drie mans wat in September 2024 'n Troxler-masjien van R250 000 uit een van Roadmac se voertuie gesteel het, sloer voort in die streekhof.

Die saak is vroeër weens uitstaande ondersoekwerk tydelik afgehaal voordat dit weer op 21 Julie se streekhofrol geplaas is.

Die drie mans moet weer op 15 September in die hof verskyn.

Duur masjien

Die Troxler-masjien word deur padingenieurs gebruik om teerdigtheid te meet en bevat radio-aktiewe materiaal.

Drie verdagtes, Llwellyn Nel (35), Justin Charles (35) en Raynaldo van Neel (32), het nadat hulle die masjien in 2024 gesteel het, dit opgekap en later vir 'n skamele R64 aan 'n ongeregistreerde skroothandelaar verkoop. Nadat dit aan die ongeregistreerde skroothandelaar op P.A. Hamlet verkoop is, is die skrootmetaal na 'n geregistreerde handelaar in die Paarl voordat dit by 'n handelaar in Epping beland het waar die polisie dit opgespoor het. Twee verdagtes, Llwellyn Nel, ook bekend as Tubby en Justin Charles, ook bekend as Jussie Ai, is in Fase 6 buite P.A. Hamlet gearresteer. Die polisie het 'n paar dae later 'n derde verdagte, Raynaldo van Neel, gearresteer nadat hy vroeër weggehardloop het.

Kitsbank-diewe bly in aanhouding

SEWE inwoners van Wolseley sal vir nog 'n week in aanhouding moet bly nadat hulle na bewering betrokke was by die diefstal van 'n OTM-houer met banknote in.

Die opportunistiese diewe se blydskap was van korte duur toe hulle twee weke gelede deur die Wolseley polisie gearresteer is.

Die vyf verdagtes; Christopher Smit (32), Mario Julies (32), Donovan de Bruin (42), Mikyle Geduld (18) en Ribano Fortuin (34) het Maandag 27 Julie vir die diefstal saam met Lindsay Malan (43) en Sharon Mars (35) in die Wolseley landdroshof verskyn waarna die saak tot Donderdag 30 Julie uitgestel is.

Gryp geldtrommel

Vyf verdagtes het Donderdag 16 Julie omstreeks 08:27 gesien die deur van 'n OTM masjien en die kluisdeur in Kosmosstraat, Wolseley staan oop. Hulle het 'n geldtrommel gegryp en met nagenoeg R56 000 op die vlug geslaan.

Sekuriteitsdienste het vroeër die winkel besoek en die geld in die OTM gelaai. Wie die OTM en kluisdeur oopgelos het, vorm nou deel van die polisie se ondersoek.

Die diewe het die trommel oopgebreek waarna almal vol groen ink gespuit is. Nog twee verdagtes wat van die gesteelde geld by hulle gehad het maar blykbaar nie deel was van die oorspronklike diefstal nie, is op 17 Julie omstreeks 21:00 gearresteer. Malan en Mars verskyn in die hof weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die sewe verdagtes bly in aanhouding.

27 Julie het een van die dorp se verkeersbeamptes ook deel van die ongelukstatistieke geword toe 'n verkeersmotor wat op pad was na 'n ongelukstoneel, oorkant die De Keur winkelsentrum teen 'n silwer Audi gebots het. Niemand is beseer in die ongeluk wat in Voortrekkerstraat plaasgevind het nie.

Attie pak Washie

OP Vrydag 31 Julie neem Attie Heyns, 'n bekende inwoner van Ceres en lid van Ceres atletiekklub, deel aan die Washie 100 Miler - Afrika se oudste 100-myl-padwedloop. Die 161 km-wedloop begin by die Cathcart Country Club in die Oos-Kaap en eindig Saterdag by die Buffs Club in Oos-Londen, met deelnemers wat die afstand binne 26 uur moet voltooi. Attie gebruik dié uitdaging om fondse in te samel vir twee tehuise op die dorp, Huis Pieter Strauss en Huis Maudie Kriel, met 'n doelwit wat gelykop tussen die twee tehuise verdeel sal word. Huis Pieter Strauss sal die fondse gebruik om die geboue binne en buite te herverf, terwyl Huis Maudie Kriel dit wil aanwend vir trollies en toebehore vir die siekeboeg en noodsaaklike skoonmaaktoerusting. Vir Attie gaan die veldtog egter oor veel meer as net geld. "Ons senior burgers mag nie onsigbaar word in die gemeenskap se oë nie. Hierdie is 'n geleentheid om vir die inwoners van die twee tehuise te wys dat ons aan hulle dink, hulle waardeer en hulle menswaardigheid erken." Inwoners wat in die volgende paar dae nog die veldtog wil ondersteun, kan nog 'n donasie maak via BackaBuddy. Indien hulle verkies om eerder anoniem te skenk, kan hulle 'n e-pos stuur aan jacques@kjhlaw.co.za. * Die doelwit om R50 000 in te samel is binne dae verbygesteek en die insamelingspoging het Dinsdag 28 Julie op R83 824 gestaan. "Dankie aan elkeen wat skenkings gemaak het. Ook aan die inwoners van die tehuise".

Twee sake

teruggetrek

TWEE klagtes van aanranding teen 'n oud Ceres-inwoner is die week teruggetrek.

Die besluit van die streekhof kom nadat twee sake wat vroeër saamgevoeg is, afgewentel is vir bemiddeling en op 27 Julie afgehandel is. Riaan Barnard (45) het sedert Maart 2024 'n paar keer in die George streekhof verskyn weens die aanranding van sy pa, Phillipus Barnard (82). Die voorval het tussen 4 en 5 Maart 2024 plaasgevind tydens 'n onderonsie.

Ondersoek

Die polisie se ondersoek na 'n ander voorval wat in Januarie 2024 plaasgevind het, is afgehandel. Barnard moet op 4 November weer in die hof verskyn.

DIE kitsbank in Kosmosstraat wat beroof is.
MAANDAG

BOY Muller Primêr in die Koue Bokkeveld se o/14 netbalspan het na Johannesburg vertrek om aan die S.A. netbaltoernooi te gaan deelneem. Die skool bedank Lize en Phillip Fabricius vir die borgskap van kleresakke, rugsakke, waterbottels en warm kouse.

JADE HILL FARMING PTY LTD

DREWYN Baron, oudleerder van Ceres Primêr, het 'n kontrak by die Bulle geteken om voortaan vir hulle te speel. Sterkte met die Cravenweek. Adrian Vergotine (regs), oudleerder van Ceres Primêr, is onlangs ingesluit in die Stormers Bolts-oefengroep. Vergotine is tans in sy eerste jaar by die WP Internasionale rugbyinstituut.

ENVIROAFRICA CC

NEMA PUBLIC PARTICIPATION PROCESS

THE PROPOSED CONSTRUCTION OF THE NEW JADE HILLS DAM ON PORTION 26 OF THE FARM STINKFONTEIN NO. 383, CERES

Notice is hereby given of the application for environmental authorisation, as well as the availability of the Pre-Application Scoping Report for public participation. The public participation process is being conducted in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (“NEMA”), Environmental Impact Assessment (“EIA”) Regulations of 2014 (as amended). The proposed Jade Hills dam includes activities listed in terms of the NEMA EIA Regulations 2014.

EnviroAfrica cc has been appointed by Jade Farming (Pty) Ltd. to undertake the NEMA application process for Environmental Authorisation.

Application for environmental authorisation to undertake the following activities* in terms of NEMA EIA Regulations 2014:

Government Notice R327 (Listing Notice 1): Activity No. 12, 19 and 27

Government Notice R325 (Listing Notice 2): Activity No. 16

Government Notice R324 (Listing Notice 3): Activity No. 12, 14

*Please note that the listed activities above may change during the course of the NEMA Application process. Registered I&APs will be notified of any changes.

Project Description & Location: The proposed development entails the construction of a new dam for the storing of winter water for summer irrigation on Portion 26 of Farm Stinkfontein No. 383, Ceres, known as Jade Hills. The site is located approximately 5km east of Ceres, off the Ezelfontein Road. The dam will be located on existing agricultural land.

Site co-ordinates: 33° 22' 31.67“S, 19° 22' 13.15“E

The proposed dam will have a final total capacity of ±110 000m3, a maximum wall height of ±12.5m, and a total surface area of ±2.3ha. A pipeline of approximately 700m with a diameter of 150mm is proposed from the Jade Hills Delivery Point. Water to flow via gravity to the dam.

Public Participation: Interested and Affected Parties (“I&APs”) are hereby notified that the Pre-Application Scoping Report is available for viewing and comment on the website of EnviroAfrica, i.e., https://enviroafrica.co.za/public-projects/.

I&APs must register and provide comment to EnviroAfrica on the project via written correspondence addressed to bianca@enviroafrica.co.za or Postnet Suite 341, Private Bag X29, Somerset West, 7129. Tel. (021) 851-1616. The closing date for comment is 9 September 2026

Please note that only Registered I&APs will be notified of the availability of reports and other written submissions made (or to be made) to the Department by the applicant, and be entitled to comment on these reports and submissions; will be notified of the outcome of the application, the reasons for the decision, and that an appeal may be lodged against a decision; and will be notified of the applicant’s intention to appeal the decision, and where and for what period the appeal submission will be available for inspection.

By registering as an I&AP, you hereby give EnviroAfrica cc the permission to circulate your name and contact details to the relevant stakeholders as stated, per statutory requirements, in line with the Protection of Personal Information (POPI) Act No. 4 of 2013 (as amended), unless otherwise informed, in writing to us.

Note: A full list of registered I&APs, as well as all correspondence with I&APs, will be submitted to the competent authority.

MOOI Uitsig Primêr se o/7,o/8 en o/9 netbalspanne het op Saterdag 25 Julie aan die Riverview Primêr se sportdag op Worcester deelgeneem. Hier is die afrigters saam met hul spanne.

CNH Agricultural vier

70ste bestaansjaar

CNH Agricultural, voorheen Northmec, is 'n bekende landboubesigheid op Ceres wat onlangs hul 70ste bestaansjaar gevier het.

Geskiedenis

Die suksesvolle maatskappy het geen bekendstelling op Ceres nodig nie en is in 1956 deur Spilhaus van Ceres Landboudienste gekoop. In 1982 het Gants die maatskappy oorgeneem waarna dit in 1990 begin besigheid doen het onder die naam Northmec. Northmec het later vir Invicta Bearings uitgekoop waarna die groep vir Bearing Man, die grootste verspreiders van rollaer en rollaerkettings in Suid­Afrika, uitgekoop het. Net na COVID19, is Northmec oorgeneem en staan hulle sedertdien bekend as CNH Agricultural (Case New Holland).

Suksesresep

Die hoofrede vir CNH Agricultural se sukses is dat die maatskappy aan 'n wye reeks behoeftes van die streek se boere voorsien. Hulle verskaf 'n wye reeks produkte vir groente­ en graanverbouing. As deel van die pakket word die voorsiening van diens en onderdele ingesluit. CNH Agricultural is 'n landswye maatskappy en die direkte invoerders van Case IH asook Baldan­ en Stortiprodukte vir melkery boerderye.

Groente­ en Vrugtebedryf

CNH Agricultural voorsien 'n wye verskeidenheid trekkers tussen 53kW en 69kW, beide 4x2 en 4x4, aan die groente­ en vrugtebedryf. Hulle beskik ook oor 'n reeks Case IH trekkers vanaf 50 kW tot 100kW, 4x2 of 4x4 met of sonder kajuit waarby ingesluit 'n reeks High Clear trekkers. 'n Verskeidenheid Baldan en IMEP spuittoerusting met 'n volreeks balkspuite van 12 meter tot 24 meter met 600 liter tot 3000 liter tenke is ook beskikbaar. Kousbalkspuite is ook beskikbaar vanaf 14 meter driepunt.

Spesifieke Jacto-produkte, dienste en onderdele is op aanvraag beskikbaar.

Graanverbouing

CNH Agricultural se diens is nie net tot die Witzenberg­

streek beperk nie. CNH Agricultural lewer ook dienste aan die Citrusdal­en Porterville­omgewing.

Personeel

Jannie Brand is die bestuurder van CNH Agricultural op Ceres en hanteer ook verkope.

CNH Agricultural se na­verkoopdiens beskik oor 'n goed toegeruste werkswinkel. Die werkswinkel word beman deur Johan Roberts (werkswinkelbestuurder) saam met werktuigkundiges Louis Jordaan en Macniel Schuurman. Elma Agenbach hanteer die administrasie. Die onderdeleverkoopdiens word beman deur Naydene Groenewald en Christiaan Sauer.

Die afdeling versprei egte onderdele vir CNH Agricultural se produkte­reeks, asook alternatiewe onderdele vir die meeste plaasimplemente. Die onderdele­afdeling hanteer ook speelgoed plaasimplemente vir die "klein boertjies." Die maatskappy versprei die volle reeks Fleeguard filters asook bossiekapperlemme met sy lewenslange waarborg.

CNH Agricultural se administrasie sake word behartig deur Tarina Louw en Rhoda Jantjies.

CNH Agricultural beskik oor 'n volledige velddiensspan wat 24­uur beskikbaar is. Die na­ure nommers vir die werkswinkel is 082­219­4712 vir Johan, vir verkope Jannie ­ 083­268­7417 en vir onderdele skakel 072480­5040 ­ Naydene.

Besigheidsure

CNH Agricultural se besigheidsure is vanaf Maandae tot Donderdae 07:45 ­ 17:30 en Vrydae vanaf 07:45 tot 17:00.

"CNH Agricultural se suksesvolle verlede is bewys dat ons kliënte verseker kan wees van 'n lang en voorspoedige toekoms saam met ons," het Jannie Brand gesê.

"Ek bedank al ons kliënte en verspreiders vir diens en ondersteuning oor die afgelope 70 jaar. Ek wil ook die personeel bedank vir hul lojaliteit en toegewydheid teenoor myself en die maatskappy".

Besoek gerus die CNH Agricultural perseel en vertoonlokaal in Vosstraat.

CNH Agricultural, voorheen Northmec, is 'n bekende landboubesigheid op Ceres wat onlangs hul 70ste bestaansjaar gevier het. Die perseel en vertoonlokaal is in Vosstraat geleë en het aan die begin van 2017 na dié perseel verhuis.

CNH Agricultural se sukses is dat die maatskappy 'n wye reeks produkte aan die landboubedryf voorsien.

Ons is trots op ons verbintenis met CNH AGRICULTURAL (NORTHMEC)

Baie geluk met jul 70ste bestaansjaar. (023) 313-3596

Arionstraat, Ceres (023) 312-3450/1

Baie geluk met die herdenking van jul 70ste bestaansjaar. DU PLESSIS AUTO t/a

NA-URE: 083-5561-867

Ons is trots op ons verbintenis met CNH AGRICULTURAL (NORTHMEC).

KOUE BOKKEVELD (022) 921-3536

Kunje Boerdery wens

CNH Agricultural (Northmec) Ceres hartlik geluk met hul 70ste bestaansjaar.

Toegewydheid, uitmuntende diens en gehalte lei tot sukses.

PRINCE ALFRED’S HAMLET (023) 004-0499

Hartlik geluk met jul 70ste bestaansjaar

CNH Agricultural (Northmec) Ceres. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.

(023) 313-3373 admin@welgemeen.co.za

CNH AGRICULTURAL (NORTHMEC) CERES

Baie geluk met jul 70ste bestaansjaar!

Dankie vir die jarelange diens wat julle lewer.

DIE CNH Agricultural personeel hier afgeneem saam met Jannie Brand, bestuurder van CNH Agricultural. VLNR: Louis Jordaan, Macniel Schuurman, Raynique Peres, Melvin van Wyk, Elma Agenbach, Tarina Louw, Rhoda Jantjies, Christiaan Sauer, Naydene Groenewald, Johan Roberts, Jannie Brand en Deacon Jacobs.

Oogkundige

Kontaklenspraktisyn

Contact Lens

Practitioner

Optometrist (023) 312-3060

BTW no: 4140265846

CONTACT DETAILS : Cornell Pieterse (TECHNICIAN)

060-560-1150

info@bdktech.co.za

Maryna de Villiers (SALES) (023) 004-0595

HERALD

☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels

SkakelErnest (023)316-1117

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

Stem, her stel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060 ­ 619 ­ 2758 of 082­704­3276

VANAF 9-12 Julie het 17 mannekamp-leiers van Ceres, Koue Bokkeveld en Wolseley, ‘n kamp gaan aanbied vir die Men-on-the-Move mannegroep in Bloemfontein. Dit is die derde keer wat hulle daar gaan kamp het. Bloemfontein se vier leiers het 17 van hulle jonger manne vir hierdie intense program ingeskryf wat as ‘n lewensveranderende ervaring beskryf word. Plaaslike leiers was verstom oor die geesdrif en vaardigheid van die nuwe jong leiers. Dit was darem nie net werk nie – die span kon ook 'n draai gaan maak het by die Anglo Boereoorlog-en- Vrouemonument. Die Sondag na die kamp, is hulle na Nelson Mandela se standbeeld op Navil Hill en het ook by Bloemfontein se eie Waterfront gaan inloer. * Die groep het bestaan uit: Jonathan Jonkers (kampleier), Nicolaas Lukas, Jeffrey Geduld (kok), Marco van Wyk, Gert Swarts, George Galant (pastoor), Johannes Julies (onderleier), Renaldo Pietersen, Stoffel Swarts, Stephen Jacobs, Winnert Afrika, Carlin Nel, Dawid Stuurman, Dirk Rosekrans, Piet Nel, Christo Arries (hoofleier) en David Fortuin. Die groep is besonder dankbaar vir die plase wie se ruim borgskappe die toer moontlik gemaak het.

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! ONS

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat

JRK Lofts se duif wen wedvlug

WEDVLUGDUIWE is Saterdag 25 Julie op Carnarvon losgelaat. JRK Lofts se duiwe het uitstekend gevaar en die Ceresvallei federasie wedvlug gewen. Die naweek vlieg duiwe vanaf Vosburg. Die wedvlug dien ook as derby-wedvlug waaraan slegs jongduiwe kan deelneem. Ceresvallei federasie wedvlug

Carnarvon

1. JRK Lofts - 1374.922 mpm

2. CT Nige - 1374.585 mpm

3. JRK Lofts - 1374.420 mpm

4. JRK Lofts - 1369.689 mpm

5. Cyril en Ann Davids - 1369.057 mpm

LEOPOLDT Verhoef, belowende tennisspeler en leerder van Laerskool Gericke, het van 24­26 Julie aan die TSA Winelands Winter tennistoernooi deelgeneem. Hy het 'n eerste plek in die seuns o/12 dubbels behaal en 'n vyfde plek in die o/12 enkels.

CHPS - Carnarvon

1. Cyril en Ann Davids - 1369.057 mpm

2. Cyril en Ann Davids - 1368.610 mpm

3. Neil en Abdul - 1360.647 mpm

4. Neil en Abdul - 1350.303 mpm

5. Neil en Abdul - 1348.205 mpm

BHPS

Carnarvon Ope

1. ODE Lofts - 1365.916 mpm

2. Emile Arries - 1360.148 mpm

3. Emile Arries - 1359.321 mpm

4. Van Rooy Loft - 1358.793 mpm

5. Sunny Loft - 1353.971 mpm

TWEE leerders van Laerskool Gericke en kranige karatekas, Gabriel Turner en Han­Mari van Eeden, het op 18 Julie onder die vaandel van die Tulbagh Dojo aan die Kenwyn Martial Arts uitnodigingstoernooi deelgeneem. Han­Mari het goud verwerf met kumite en 'n brons medalje in kata en Gabriel het 'n silwer medalje in kata verwerf.

PUBLIC NOTICE

Sophia se sketse vaar goed in kompetisie

SOPHIA Botha, 'n leerder van Laerskool Gericke, het 'n uitstekende kunsprestasie behaal. Sophia het gedurende Maart 2026 aan die ATKV se Digikunskompetisie deelgeneem met die tema:Droomwêreld. Sy het twee kunswerke in die Illustrasie: Potlood­/Pensketsafdeling ingeskryf en vir "My Kleurvolle Droomwêreld" 'n A+ simbool en vir "My Droom Eilande", 'n A­simbool behaal.

PART 2 AMENDMENT APPLICATION FOR THE WOLSELEY OHPL AND ASSOCIATED INFRASTRUCTURE NEAR WOLSELEY IN THE WITZENBERG LOCAL MUNICIPALITY, CAPE WINELANDS DISTRICT MUNICIPALITY, WESTERN CAPE PROVINCE

CA Reference Number (DFFE): 2025/02/0024

Project Description:

Wolseley Wind Farm (the Applicant) intends to amend their existing Environmental Authorisation (EA) dated 5 April 2023 (DFFE Ref: 14/12/16/3/3/1/2615). The amendment will include changes to the approved final layout and EMPr, and administrative amendments.

Project location:

The Project is located approximately 5km south of Wolseley and 26km northwest of Worcester, directly adjacent to the R43 along the eastern side, within the Witzenberg Local Municipality, Cape Winelands District Municipality, Western Cape Province.

• Centre point: 33°29’12,10488"S; 19°13’4,10052"E

Terramanzi Group (on behalf of the Applicant) is undertaking a public participation process in terms of the EIA Regulations, 2014 (as amended) published under the National Environmental Management, 1998 (NEMA) (Act No. 107 of 1998).

Public Participation:

Interested and Affected Parties (I&APs) are invited to:

•Register as stakeholders

•Review project information

•Submit comments, questions, or concerns

To register as an I&AP and participate, please provide the following to the EAP:

•Your name and contact details

•Preferred method of communication

•Disclosure of any interest in the approval or refusal of the application

•Provide your comment in writing,

•Use 240801 as reference number and

•Submit the comment within this Public Participation period.

By registering, you consent to your details being shared with relevant parties as required by law (POPIA).

30-day Comment Period: 3 August 2026 to 3 September 2026

Access to Information and Submissions:

For assistance with understanding this notice or the project documents, please contact the EAP

Contact details:

For attention: Ludwig van der Merwe (EAP)

E-mail: comments@terramanzi.co.za

Tel: (021) 701 5228

Project Reference: 240801

Website: www.terramanzi.co.za

Project documents: https://terramanzi.egnyte.com/fl/YKY4wdDYgtbF or kindly scan the QR code (documents available from 3 August 2026).

Alternatively contact the EAP to arrange access.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

LEE-Hanro Arendse, oudleerder van Morrisdale Primêr en Stellenbosch Hoërskool, het onlangs 'n volbeurs ontvang om aan die Iowa Community College in Amerika te gaan studeer. Hy was deel van die ACE beursprogram. Die bekende Zola Budd is sy afrigter en het 'n groot rol in sy atletiekloopbaan gespeel. Lee-Hanro is 'n goeie voorbeeld van harde werk, deursettingsvermoë en Christelike waardes.

Roy en Jodey wen kompetisie

SATERDAG het Ceres gholfklub 'n beterbal stableford kompetisie aangebied.

Roy Engelbrecht en Jodey Kayer was die wenners met 44 punte. Simon Molaza en J. van der Westhuizen was tweede met 40 punte. Van der Westhuizen se telling het ook saam met BJ Claasen getel wat hulle derde laat eindig het met 39 punte. Charl du Toit en Herman van der Walt was vierde met 39 punte. Kompetisies

Op Saterdag 1 Augustus word 'n enkel syfer plus kompetisie gespeel, op 8 Augustus 'n enkel stableford, op 15 Augustus 'n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 22 Augustus 'n 4BBB stableford kompetisie en op 29 Augustus 'n enkel stableford kompetisie.

Bella Vista verloor net-net 36-37

BELLA Vista rugbyklub het Saterdag naelskraap verloor.

Newtons het die wedstryd met 37­36 gewen. Ceres het hul wen­momentum behou in die tweede rondte met 'n maklike oorwinning van 85­14 oor Tulbagh. Ander uitslae

Hamlet het Saterdag 'n goeie oorwinning behaal toe hulle Young Blues met 49­24 geklop het. Delicious het naelskraap 3234 teen ligavoorlopers, Roses United, verloor terwyl Wolseley vir Evergreens 17­14 geklop het en Hillcrest klop Villagers Newton met 50­29.

Naweek wedstryde

Bella Vista speel die naweek weg teen Evergreens, Wolseley en United Roses gaan sake uitspook en Hamlet en Tulbagh pak mekaar. Ceres speel weg teen Young Blues en Newtons en Villagers Newton pak mekaar. Delicious speel weg teen Hillcrest.

SENSHI Dojo, 'n karateklub op Ceres, het aan die KMAC karate & kobudo uitnodigingstoernooi deelgeneem wat by die Kenway Martial Arts sentrum plaasgevind het. Die klub het 'n 7de plek behaal met karatekas wat 12 medaljes verower wat vier goues, drie silwer en vyf brons, ingesluit het. *Mia Laubscher het 'n besonderse prestasie behaal deur tweede te eindig op die top 10 individuele ranglys van alle deelnemers aan die toernooi. Uitslae: Roman Hough (brons - kumite en vyfde plek in kata), Izak Krige (goud - langwapens, brons - kata, vyfde plek kortwapens en negende plek kumite), Jano Hanekom (vyfde plek kumite en sesde plek kata), Alicea Hough (brons - kata), Retief Spence (silwer - langwapens, vierde plek kata, sesde plek kortwapens en negende plek - kumite), Mia Laubscher (goud - langwapens, goud - kortwapens, silwer - kata en silwer - kumite), Taylor Engelbrecht (goud - kata, brons - langwapens en vyfde plek kumite) en Lukas Krige (brons - kata, vierde plek kortwapens, vyfde plek kumite en vyfde plek langwapens).

ELCADO Baadjies, slot van Bella Vista rugbyklub, het Saterdag die lynstane oorheers. Bella Vista het egter die wedstryd teen Newtons naelskraap met 36-37 verloor.
FOTO: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook