diewe se diefstal van 'n OTM-houer met banknote was van korte duur toe hulle deur die Wolseley polisie gearresteer is. Vyf mans tussen die ouderdomme van 18 en 42 jaar oud, is vinnig vasgetrek. Berig op bladsy 3
DIE Witzenberg gemeenskap het verlede week met skok en ongeloof gehoor dat 'n sesjarige kind op 'n plaas vermoor is. Die keer is die beweerde moordenaar skaars 14 jaar oud.
Desney Struis (6) van die plaas Visgat in die Agter-Witzenbergvallei het op 7 Julie omstreeks 19:00 tragies gesterf nadat sy vermoedelik deur 'n 14-jarige seun vermoor is. Volgens voorlopige inligting het Desney, 'n graad een leerder van die Eike primêr, vroeër die dag saam met die seun en ander maats op die plaas gespeel voordat sy vermis geraak het. Haar ma, Jolene Struis (36), het pas van die werk gekom en na haar begin roep maar kon haar nie in die hande kry nie. Sy het begin om na Desney te soek voordat sy voetspore na 'n riviertjie daar naby gevolg het. Sy het Desney se lewelose liggaam in 'n sloot daar naby in 'n boord gevind.
Verdagte
Die polisie het die volgende dag 'n 14-jarige verdagte gearresteer. Hulle was ook blykbaar 'n week voor die moord op die plaas toe die einste seun glo by 'n huis ingebreek en geld gesteel het.
Die seun, wat minderjarig is en volgens wet nie geïdentifiseer mag word nie, het verlede Donderdag 16 Julie in die hof verskyn voordat die saak na 13 Augustus uitgestel is.
Begrafnis
Die begrafnisdiens van Desney Struis het Saterdag 18 Julie vanuit die Bella Vista gemeenskapsaal plaasgevind.
Fetus gekry
In 'n ander voorval is 'n 6 maande oue fetus van 'n seuntjie op Maandag 13 Julie op 'n vullisterrein buite Wolseley gekry
Die polisie het nadat die liggaampie in Pine Valley ontdek is, begin navraag doen by die
Rugbyspeler sterf na wedstryd
'n JONG rugbyspeler wat as heelagter en veelsydige agterspeler vir Kromfontein rugbyklub uitgedraf het, is die naweek tragies dood.
Volgens beperkte inligting het Jay-Dee Gouws kort nadat hy geduik is, sy bewussyn verloor waarna hy later op pad na die hospitaal oorlede is. Talle ondersteuners asook Bella Vista rugbyklub, Red Roses en Langrivier United, het hul medelye uitgespreek. "Geen woorde kan die pyn van so 'n verlies werklik verlig nie, maar ons bid dat die Hemelse Vader julle sal toevou met Sy liefde, vertroosting en krag en dat Hy julle sal dra deur hierdie ongelooflik moeilike tyd. Mag die kosbare herinneringe aan Jay-Dee vir altyd in julle harte voortleef". 'n Diens is Woensdag 22 Julie op die plaas gehou.
kliniek en Ceres hospitaal aangesien hulle geweet het dat die ma dringende mediese behandeling nodig sou kry. 'n 34-Jarige ma van drie kinders van Pine Valley, is op 15 Julie gearresteer waarna sy behandeling gekry het en op 17 Julie ontslaan is.
Sy is daarna in die polisieselle aangehou en het Maandag 20 Julie in die Wolseley landdroshof op 'n klag van verberging van geboorte verskyn.
Die vrou was blykbaar by die kliniek vir 'n aborsie maar dit was te laat. Sy het self-medikasie gebruik waarna die fetus op die stortingsterrein gelos is. Volgens die nadoodse ondersoek was daar geen longfunksie en is die fetus doodgebore.
Sy is op waarskuwing vrygelaat en moet weer op 25 Augustus in die hof verskyn. DESNEY Struis
die Agter-Witzenbergvallei.
DIE bestuurder van die Toyota bakkie het Dinsdag 21 Julie beheer verloor en die bakkie gerol. Die ongeluk het omstreeks 14:00 naby die Gouda-kruising plaasgevind. Niemand is beseer nie.
(6) van die plaas Visgat in
Dit is goed om boeke te lees
TWEE inwoners van Bella Vista, Jacob Rooi en Jan Douries, was verlede week besig met gemeenskapswerk in hul woonbuurt, toe hulle dié twee jong kinders aangestap sien kom met biblioteekboeke. Wat 'n verfrissende toneel - kinders wat nog lees! Hier is Reahlin Lottering (graad 4 leerder van Bella Vista Primêr) en Rainicca Isaacs (graad 6 leerder van Mooi Uitsig Primêr) afgeneem met hulle boeke.
WITZENBERG Municipality wishes to advise residents that new fencing has recently been installed around a number of municipal properties. The fencing forms part of a project that was awarded through a formal public tender process and is aimed at strengthening safety, security, and access control at municipal facilities. This investment will assist in safeguarding municipal infrastructure and assets, while also creating a safer environment for municipal employees, service providers and members of the public who make use of these facilities.
INWONERS word aangemoedig om Saterdag 25 Julie blou klere te dra ter ondersteuning van die Nasionale Seereddingsinstituut wat bewustheid skep oor verdrinkingsvoorkoming. Die NSRI moedig gemeenskappe aan om waterveiligheid ernstig op te neem. Ter voorbereiding van die spesiale dag, besoek Eoudia Erasmus (NSRI), skole en instansies en het sy o.a. ’n waterveiligheidsaanbieding by D’Agen Versorgingsoord op Tulbagh gelewer. "Deur kinders reeds van jongs af oor waterveiligheid op te voed, is regtig belangrik en het die kinders so baie geleer", het die personeel van D'Agen gesê. VLNR: Dina Morris, Wendy Abrahams en Elsa Demas van D'Agen saam met 'n paar kinders.
Donkerbos Landgoed beskik tans oor die volgende vakature: VRAGMOTOR DRYWER
Die geskikte kandidaat sal :
• Beskik oor ‘n Kode 14-lisensie
• Geldige PDP
• Sober gewoontes
• Bereid wees om oortyd te werk
• Betroubaar en verantwoordelik
Stuur CV na : elmarie@donkerbos.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke : 31 Julie 2026
Vyf diewe gou vasgetrek
OPPORTUNISTIESE diewe se diefstal van 'n OTM-houer met banknote was van korte duur toe hulle deur die Wolseley polisie gearresteer is.
Vyf mans tussen die ouderdomme van 18 en 42 jaar oud, het Donderdag16 Julie omstreeks 08:27 gesien die deur van 'n OTM masjien en die kluisdeur in Kosmosstraat, Wolseley staan oop. Hulle het 'n geldtrommel gegryp en met nagenoeg R56 000 op die vlug geslaan.
Fidelity Guards het vroeër die winkel besoek en die geld in die OTM gelaai. Wie die OTM en kluisdeur oopgelos het, vorm nou deel van die polisie se ondersoek.
Breek trommel oop
Die vyf diewe het die trommel oopgebreek waarna almal vol
groen ink gespuit is. Vyf mans is kort daarna gearresteer. Nog twee verdagtes wat van die gesteelde geld by hulle gehad het maar blykbaar nie deel was van die oorspronklike diefstal nie, is op 17 Julie omstreeks 21:00 gearresteer.
Die vyf; Christopher Smit (32), Mario Julies (32), Donovan de Bruin (42), Mikyle Geduld (18) en Ribano Fortuin (34) het op Maandag 20 Julie vlugtig in die Wolseley landdroshof op diefstalklagtes verskyn.
Lindsay Malan (43) en Sharon Mars (35) het verskyn op klagtes van besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die saak is tot 27 Julie uitgestel vir verdere ondersoek. Die sewe mense bly in aanhouding.
Meer as 30 onwettiges het al in hof verskyn
OPTOGTE teen onwettige immigrante wat deel gevorm het van die March to March veldtog, het einde Junie in groot dele van die land plaasgevind.
In die Witzenbergstreek was alles betreklik stil met net 'n paar pogings van opportunistiese inwoners wat informele besighede in die Pinevalley woonbuurt by Wolseley wou plunder. Die polisie het die pogings vinnig in die kiem gesmoor. Die polisie, binnelandse sake en die departement van werkskepping en arbeid het sedert einde Junie talle optredes en inspeksies geloods waartydens winkeleienaars besoek is en vir identiteitsdokumente gevra is.
Daar is ook vasgestel of hulle enige onwettige buitelanders in diens geneem het.
Droogte voorspel
Die dokumentasie is daarna na binnelandse sake gestuur om te bepaal of die winkeleienaars en werknemers wettig in die land is.
Op Ceres het 26 onwettige immigrante gedurende Juliemaand in die hof verskyn, op Wolseley 7 en op Tulbagh 2. Die meeste is afkomstig van Lesotho, Malawi, Somalië en Ethiopie.
Optredes
Tientalle busse met veral Malawiërs en Zimbabwiërs, is vroeër teruggeneem na hul onderskeie lande. 'n Verslag van migrasiestatistieke van 20222023, toon dat immigrante 5.1% (meer as 3 miljoen) van SuidAfrika se bevolking uitmaak.
Cloete se vonnis word opgeskort
'n MAN wat op 'n klag van huishoudelike geweld en die oortreding van 'n beskermingsbevel tereggestaan het, is skuldig bevind.
Damion Anthony Cloete (43) is op 9 Julie skuldig bevind in die Tulbagh landdroshof nadat hy vroeg in Meimaand gearresteer is.
Landdros Pieter Klazen het Cloete 18 maande gevangenisstraf opgelê wat ingeheel opgeskort is vir 2 jaar
Cloete het die slagoffer op Whatsapp en TikTok geïntimideer en 'n beskermingsbevel van Oktober 2023, oortree. Hy was in 2024 uit op R500 borg toe hy kort daarna verdwyn het.
El Niño tref Suid-Afrika, droër winter in Wes-Kaap verwag
'n El Niño-weerverskynsel het Suid-Afrika reeds getref en die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) waarsku dit sal waarskynlik al hoe sterker word. Daarby moet Wes-Kaapse boere, wat reeds in Mei onder erge storms en oorstromings deurgeloop het, hulle staal vir verwagte droër toestande die res van die winter.
Die SAWD het verlede week in hul jongste maandelikse seisoenale voorspelling gesê hulle verwag die ontwikkeling van 'n sterk El Niño in die volgende paar maande.
"Die El Niñosuidelike ossillasie (Enso) het pas 'n swak El Niñotoestand bereik," lui die verklaring.
Die suidwestelike en suidelike kusgebiede van die land sal volgens die SAWD ondergemiddelde reënval dié winter en in die vroeë lente ontvang.
"Reënval wat minder sal wees as gewoonlik in hierdie gebiede sal na verwagting 'n beduidende uitwerking op die produksie van gewasse en vee hê," lui die verklaring.
Die toepaslike besluitnemers word volgens die SAWD aangeraai om boere te bedien van die nodige raad oor hoe om die situasie te hanteer. Daar word voorts verwag dat die oostelike kusgebiede van SuidAfrika gedurende laat winter en die lente bonormale reënval sal ontvang, asook dat die minimum en maksimum temperature na verwagting gedurende die winterseisoen oor die grootste deel van SuidAfrika bonormaal sal wees. El Niño is 'n natuurlike verskynsel waar seeoppervlaktemperature in die oostelike Stille Oseaan warmer raak
weens verswakkende passaatwinde.
Volgens dr. Ivan Meyer, WesKaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, is dit nog bietjie vroeg om te praat oor die presiese uitwerking hiervan op WesKaapse boere. "Ten minste is die damme darem vol," sê Meyer. 'n Interministeriële komitee oor klimaatsverandering en die WesKaapse kabinet het volgens Meyer op 'n onlangse vergadering ernstige kommer uitgespreek oor die El Niño-effek.
Dr. Ivan Meyer, WesKaapse minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme, het die kwessie na die interministeriële komitee onder leiding van Anton Bredell, WesKaapse minister van plaaslike regering, omgewingsake en ontwikkelingsbeplanning, verwys. "Daardie aanbieding sal voor die interministeriële komitee dien voordat dit na die kabinet verwys word. Ons is 'n baie belangrike landboustreek met 17 000 boere en 58% van uitvoer in SuidAfrika kom vanuit die WesKaap."
Volgens die SAWD word verwag dat die sterk El Niñotoestande wat na verwagting in die volgende maande sal ontwikkel, tot en met die 2026'27somerseisoen sal voortduur. Volgens die SAWD kan die voorspellings moontlik mettertyd verander en boere word aangeraai om die weeklikse en maandelikse voorspellings dop te hou.
Artikel Netwerk24
Christiaan du Plessis
DIE kitsbank in Kosmosstraat wat beroof is.
'n FOTO samestelling deur Google Gemini AI.
VANAF 9-12 Julie het 17 mannekamp-leiers van Ceres, Koue Bokkeveld en Wolseley, ‘n kamp gaan aanbied vir die Men-on-the-Move mannegroep in Bloemfontein. Dit is die derde keer wat hulle daar gaan kamp het. Bloemfontein se vier leiers het 17 van hulle jonger manne vir hierdie intense program ingeskryf wat as ‘n lewensveranderende ervaring beskryf word. Plaaslike leiers was verstom oor die geesdrif en vaardigheid van die nuwe jong leiers. Dit was darem nie net werk nie – die span kon ook 'n draai gaan maak het by die Anglo Boereoorlog-en- Vrouemonument. Die Sondag na die kamp, is hulle na Nelson Mandela se standbeeld op Navil Hill en het ook by Bloemfontein se eie Waterfront gaan inloer. * Die groep het bestaan uit: Jonathan Jonkers (kampleier), Nicolaas Lukas, Jeffrey Geduld (kok), Marco van Wyk, Gert Swarts, George Galant (pastoor), Johannes Julies (onderleier), Renaldo Pietersen, Stoffel Swarts, Stephen Jacobs, Winnert Afrika, Carlin Nel, Dawid Stuurman, Dirk Rosekrans, Piet Nel, Christo Arries (hoofleier) en David Fortuin. Die groep is besonder dankbaar vir die plase wie se ruim borgskappe die toer moontlik gemaak het.
KENNISGEWING VAN VOORNEME OM AANSOEK TE DOEN VIR DIE ONTEIENING VAN SERWITUTE VAN KRAG OORDRAG
KENNISGEWING INGEVOLGE REGULASIE 2(3)(a) VAN GN R147 IN GG 30754 - ELEKTRISITEIT REGULASIES VIR ONTEIENING NAMENS ‘N LISENSIEHOUER.
1. NEEM KENNIS dat die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid Afrika SOC Beperk (“NTCSA”) van voorneme is om by die Minister van Publieke Werke en Infrastruktuur aansoek te doen vir die onteiening van serwitute van krag oordrag oor die volgende eiendomme:
1.1.Resterende gedeelte van die Plaas 1205 - Geleë in Swartland DC Munisipaliteit, Registrasie Afdeling Malmesbury, Provinsie Wes-Kaap, grootte: 918.1608 hektaar, gehou kragtens Transportakte: T55133/2007.
1.2.Resterende gedeelte van die Plaas 1240 - Geleë in Swartland DC Munisipaliteit, Registrasie Afdeling Malmesbury, Provinsie Wes-Kaap, grootte: 277.4368 hektaar, gehou kragtens Transportakte: T35572/2016.
1.3.Gedeelte 1 van die Plaas 1167 - Geleë in Swartland DC Munisipaliteit, Registrasie Afdeling Malmesbury, Provinsie Wes-Kaap, grootte: 87.5067 hektaar, gehou kragtens Transportakte: T38160/2003.
2. NEEM VERDERE KENNIS dat die NTCSA van voorneme is om aansoek te doen vir die onteiening van ‘n ewigdurende 80 meter wye serwituut vir die oordrag van elektriese krag oor die bogenoemde eiendomme, langs die roete(s) soos ooreengekom, onderhewig aan enige bestaande serwituut of enige ander saaklike regte, om elektrisiteit oor die eiendomme te vervoer deur gebruik te maak van 765 kV oorhoofse kraglyn(e) wat elk bestaan uit geleiers wat op pale of strukture gemonteer is, tesame met sodanige ondersteuningsstrukture of meganismes as wat nodig of gerieflik mag wees.
3. NEEM VERDERE KENNIS dat die NTCSA die bogenoemde serwituut benodig om die 2de 765 kV Kappa Sterrekus kraglyn op te rig om sodoende die kragoordragkapasiteit van die Kaapse Korridor te verhoog om die voorspelde ladings te verskaf en oortollige opwekking as gevolg van die integrasie van grootskaalse hernubare opwekking te ontruim.
4. NEEM VERDERE KENNIS dat enige persoon wat ‘n belang het by die voorgestelde onteiening geregtig is om die gehele aansoek te inspekteer en verdere besonderhede daaroor te bekom by Vezi & De Beer Attorneys Inc. 319 Alpineweg, h/v Alpineweg & Suidlaan, Lynnwood, Pretoria, gedurende besigheidsure deur ‘n afspraak te maak by (012) 361 5640 of per e-pos na mustafa@vezidebeer.co.za
5. NEEM VERDERE KENNIS dat enige persoon wat ‘n belang het by die voorgestelde onteiening geregtig is om ‘n beswaar te liasseer, gestaaf deur die relevante voorlegging binne 21 (EEN-EN-TWINTIG) dae na die datum waarop hierdie kennisgewing gepubliseer is. Enige besware en voorlegging mag gestuur word per e-pos na mustafa@vezidebeer.co.za or per hand afgelewer word by Vezi & De Beer Attorneys Inc. 319 Alpineweg, h/v Alpineweg & Suidlaan, Lynnwood, Pretoria.
6. NEEM VERDER KENNIS dat enige persoon wat nadelig geraak kan word deur die voorgestelde onteienings geregtig is, kragtens die bepalings van artikel 6 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, die Minister van Openbare Werke en Infrastruktuur se besluit om die voorgestelde onteiening goed te keur binne 180 (HONDERD EN TAGTIG) dae nadat die besluit ingevolge artikel 27 van die Elektrisiteits Regulerings Wet 4 van 2006 geneem is, te hersien.
GETEKEN TE PRETORIA OP HIERDIE 9de DAG VAN JULIE 2026. VEZI & DE BEER ATTORNEYS INCORPORATED (NTCSA’S PROKEREURS VAN REKORD) per. mnr. Mustafa Mohamed Alpineweg 319, h/v Alpineweg & Suidlaan, Lynnwood, Pretoria
Sakelui skenk komberse
CERES Toyota het ook komberse vir die Mandeladagprojek geskenk aan die organiseerder Neal Stacey (2Feet4TB). Hier oorhandig Liezel van Wyk die komberse aan Neal.
WRFM het 'n onderhoud met die Witzenberg burgemeester, rdl. Trevor Abrahams (regs) en Mandeladagprojek organiseerder Neal Stacey (2Feet4TB), gevoer. Die tweede #2Feet4TB 6.7Kms4Madiba het Saterdag 18 Julie by die Bella Vista sportgronde plaasgevind.
WITZENBERG het Saterdag ook aan Mandela-dagvieringe deelgeneem toe talle inwoners by die Bella Vista sportgronde bymekaar gekom het vir 'n 6.7 km draf of stap. Die geleentheid het die fokus laat val op TB bewustheid en kinders se welstand en om 670 komberse in te samel wat in die streek versprei sal word. * Inwoners wat nog komberse vir die projek wil skenk kan dit by die Togryers museum, Ceres Toerismeburo, WRFM 105.9 of Harvest Bistro afgee.
OP Vrydag 17 Julie het die Togryers museumpersoneel, Mandeladag 'n dag vroeër gevier toe hulle saam met Ceres Haven nagskuiling, inwoners van Huis Pieter Strauss uitgevat het vir 'n stappie deur die dorp.
DIE o/12 netbalspelers van Morrisdale Primêr gaan vanaf 23-25 Julie aan die Suid-Afrikaanse Skole netbalkampioenskappe deelneem wat op Middelburg in Mpumalanga plaasvind. By hulle staan die afrigters.
LAERSKOOL Gericke se musiekleerders spog met uitstekende prestasies in hul Unisa teorie-eksamens. VLNR: Ralph Köster (voorgraad 1 - lof en ererol), Klara Zulch (graad 1 - lof en ererol), Anmari du Plessis (graad 1 - lof en ererol), John du Toit (graad 1 - lof), Elizabeth du Toit (graad 1 - lof), Adina Fick (graad 1 - lof), Gysbert du Toit (graad 2 - lof en ererol), Claudia Jantjies (graad 2 - eervolle vermelding) en William Gibson (graad 2 - eervolle vermelding).
GERICKE Laerskool is trots op onderwysers en een van hul leerders wat aan die WesKaap Interdistrikte netbaltoernooi deelgeneem het. Natasha Mepomie (Wynland o/11 afrigter) en Leah Frieslaar (o/11) het 'n silwer medalje by die toernooi verwerf. Akeshia Haywood was die spanbestuurder van die o/12 span wat 'n brons medalje verower het. Maria-Lize Visser het as skeidsregter en gradeerder by die toernooi opgetree. Sy het ook die o/18 finaal as skeidsregter hanteer. VLNR: Akeisha Haywood, Maria-Lize Visser, Leah Frieslaar en Natasha Mepomie.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIK BEPLANNING VERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Erf 502
Prince
Alfred Hamlet
Ligging / Location Van Riebeeckstraat 14 / 14 Van Riebeeck Street, Prince Alfred’s Hamlet
Aansoeker / Applicant
Qifeng Chen (Olga Mina Jose 071-216-3893)
Aard / Nature
Hersonering vanaf
Enkelwoonsone I na Residensiële Sone III (Woonstelle)
Single Residential Zone I to Residential Zone III (Flats)
QUILLIN Liemand, 'n leerder van Morrisdale Primêr en kranige netbalspeler, het die afgelope skoolvakansie aan die Kaapse Wynland interdistrikte netbaltoernooi deelgeneem. Die o/11 span het ‘n silwer medalje verower. Hier is Quillin afgeneem saam met Anziska Klaasen (Kaapse Wynland meisie o/11 spanbestuurder).
NOTICE OF INTENTION TO APPLY FOR THE EXPROPRIATION OF SERVITUDES OF POWER TRANSMISSION
NOTICE IN TERMS OF REGULATION 2(3)(a) OF GN R147 IN GG 30754 - ELECTRICITY REGULATIONS FOR EXPROPRIATION ON BEHALF OF A LICENSEE.
1. TAKE NOTICE that the National Transmission Company South Africa SOC Limited (“NTCSA”) intends to apply to the Minister of Public Works and Infrastructure for the expropriation of servitudes of power transmission over the following properties:
1.1.Remaining Extent of Farm 1205, situated in the Swartland DC Municipality, Registration Division Malmesbury, Province of Western Cape, measuring 918.1608 hectares, held by Deed of Transfer T55133/2007.
1.2.Remaining Extent of Farm 1240, situated in the Swartland DC Municipality, Registration Division Malmesbury, Province of Western Cape, measuring 277.4368 hectares, held by Deed of Transfer T35572/2016.
1.3.Portion 1 of Farm 1167, situated in the Swartland DC Municipality, Registration Division Malmesbury, Province of Western Cape, measuring 87.5067 hectares, held by Deed of Transfer T38160/2003.
2. TAKE FURTHER NOTICE that NTCSA intends to apply for the expropriation of a perpetual 80-meter-wide servitude for electric power transmission over the abovementioned properties, along the route(s) as agreed upon, subject to any existing servitude or other real rights, to convey electricity across the properties utilising 765 kV overhead power line(s) each consisting of conductors mounted on poles or structures together with such support structures or mechanism as may be necessary or convenient.
3. TAKE FURTHER NOTICE that NTCSA requires the servitude indicated above to construct the 2nd 765 kV Kappa Sterrekus powerline to increase the power transfer capacity of the Cape Corridor to supply the forecasted loads and to evacuate excess generation due to the integration of largescale renewable generation.
4. TAKE FURTHER NOTICE that any person having an interest in the proposed expropriation is entitled to inspect the entire application and obtain further particulars in respect thereof at Vezi & De Beer Attorneys Inc. 319 Alpine Way, cnr. Alpine Way & South Lane, Lynnwood, Pretoria, during business hours by making an appointment at (012) 361-5640 or by e-mail to mustafa@vezidebeer.co.za
5. TAKE FURTHER NOTICE that any person who has an interest in the proposed expropriation is entitled to file an objection, supported by the relevant submission within 21 (TWENTY-ONE) days after the date upon which this notice is published. Any objections and submissions can be sent via e-mail at mustafa@vezidebeer.co.za or delivered by hand to Vezi & De Beer Attorneys Inc. 319 Alpine Way, cnr. Alpine Way & South Lane, Lynnwood, Pretoria.
Sluitingsdatum / Closure date 25/08/2026
6. TAKE FURTHER NOTICE that any person who may be adversely affected by the proposed expropriations is entitled, under the provisions of section 6 of the Promotion of Administrative Justice Act 3 of 2000, to review the Minister of Public Works and Infrastructure’s decision to approve the proposed expropriation within 180 (ONE HUNDRED AND EIGHTY) days after the decision has been taken under section 27 of the Electricity Regulation Act 4 of 2006.
SIGNED AT PRETORIA ON THIS THE 9th DAY OF JULY 2026.
VEZI & DE BEER ATTORNEYS INCORPORATED (NTCSA’S ATTORNEYS OF RECORD)
per. Mr. Mustafa Mohamed
319 Alpine Way, cnr. Alpine Way & South Lane, Lynnwood, Pretoria
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 n/c w.t.o.
INWONERS word uitgenooi om die Vriende van die Museum se algemene jaarvergadering by te woon op Donderdag 30 Julie om 18:00 by die Togryers museum. Dr. Arnold van Dyk is die gasspreker wat sal gesels oor; Die Bittereinders - waarom het hulle tot die bitter einde geveg? Bespreek teen 27 Julie by 076-689-2885.
Jacques en Handre wen gholfdag
SATERDAG 18 Julie het Ceres gholfklub 'n 2-bal scramble kompetisie aangebied wat saam met die jaarlikse Britse Ope plaasgevind het.
Die kompetisie is deur Joubert van Vuuren prokureurs geborg.
Jacques van der Rijst en Handre van der Merwe was die wenners met 53 nettotelling met JC van Niekerk en Jannes van Niekerk in die tweede plek met 57 nettotelling. Janus Goosen en Benna Viljoen was derde met 58 houe.
Addisionele pryse
BJ Claasen was die naaste aan die pen op no.3, Charles Basson was naaste aan die vlaggie op no. 5/14 en Neill Janse van Rensburg was die naaste op no.16. Wynand
Smit het die langste bofhou op no.17 geslaan en Handre van der Merwe het die langste sethou op no.4/13 gesink.
Daar was ook pryse vir die besgeklede vrou: Francis Matthee en besgeklede mans: Neill Janse van Rensburg en Lombaard Grobler. Cornel Muller en Wilhelm Muller het die beste brutotelling van 66 houe aangeteken.
Kompetisies
Op Saterdag 25 Julie word 'n 4-bal beterbal stableford kompetisie aangebied, op 1 Augustus word 'n enkel syfer plus kompetisie gespeel, op 8 Augustus 'n enkel stableford, op 15 Augustus 'n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 22 Augustus 'n 4BBB stableford kompetisie en op 29 Augustus 'n enkel stableford.
TWEE leerders van Laerskool Gericke en kranige muurbalspelers, Hosea Maralack en Judah Maralack, het die naweek van 17-19 Julie aan die Afrika junior ope by UCT deelgeneem. Judah het 'n negende plek en Hosea 'n 12de plek behaal by die toernooi. Sian Myburgh Foto regs), 'n leerder van Laerskool Gericke en lid van die o/11 Boland muurbalspan, het van 27-30 Junie aan die jaarlikse Interprovinsiale Toernooi (IPT) op George deelgeneem. Sian en sy span het met trots teen van die land se beste provinsiale spanne meegeding. Boland het as 'n span vyfde geëindig uit 8 deelnemende spanne.
WAT 'n fantastiese manier om die skoolvakansie af te sluit! Op 16 Julie het 'n baie energieke groepie leerders van Ceres Primêr (graad 2 tot graad 7) die Ceres Toerismekantoor en Togryers museum besoek. Gewapen met hope nuuskierigheid, baie vrae en lekker laggies het hulle deur die dorp gestap.
JORALDI Havenga, 'n leerder van Laerskool Gericke, het aan die Koringkriek Toneelfees deelgeneem. Sy is as beste aktrise aangewys uit 12 produksies wat aan die fees deelgeneem het. Joraldi het met haar uitsonderlike vertolking dié gesogte toekenning verower.
WAITROSE Foundation supported YearBeyond. YeBoneers have been on the go the past weekend and especially on Mandela Day. During this particular Mandela Day activation, YeBoneers acted as marshalls, served as MC for the day and also hosted the Mayor of the Witzenberg. Lots of singing and dancing enjoyed throughout the day! Well done to this group of young people who are demonstrating their passion for and commitment to their community in the Ceres area and embracing every opportunity for growth within their service year.
De Keur Landgoed, ‘n gevestigde vrugte verbouing maatskappy, geleë in die Koue Bokkeveld, is opsoek na ‘n energieke en dinamiese vrugte junior produksiebestuurder om permanent by hul span aan te sluit, op Rocklands plaas in die Koue Bokkeveld.
VERANTWOORDELIKHEDE:
Produksiebestuur: • Monitering, evaluering en toepassing van alle produksiepraktyke, insluitend snoei, uitdun, oes, nuwe aanplantings, bemesting en plaagbeheer • Evaluering van vrugkwaliteit en implementering van regstellende maatreëls waar nodig • Verseker dat produktiwiteit in ooreenstemming met produksiedoelwitte gehandhaaf word • Ondersteuning aan die Produksiebestuurder met die evaluering van produksiedoelwitte en volhoubare produktiwiteit. • Verantwoordelikheid vir boordhigiëne • Vestiging en ontwikkeling van nuwe boorde • Ondersteuning aan die Besproeiingshoof waar nodig. Begrotingsbestuur: • Bestuur van toegewese begrotings binne die goedgekeurde raamwerk • Ontwikkeling en implementering van aksieplanne om begrotingsdoelwitte te bereik.
Administrasie : • Verseker akkurate in- en uitkloktye administrasie, insluitend daaglikse allokasies en loonverwante inskrywings • Voltooiing en instandhouding van boordhigiënevorms• Ouditadministrasie, verslae en toesig oor algemene netheid, veiligheid en gesondheid • Doeltreffende en noukeurige voorraadbeheer.
Opleiding en ontwikkeling: • Ondersteun die beplanning van werknemers se opleidingsbehoeftes • Verseker dat werknemers relevante opleidingskursusse bywoon • Verskaf interne opleiding en afrigting waar nodig.
Leierskap en toesighouding: • Motiveer en ontwikkel werknemers • Ondersteun die toepassing van dissipline en maatskappybeleid • Fasiliteer weeklikse spanvergaderings • Beplan en koördineer daaglikse werkstake om optimale produktiwiteit en produksiedoelwitte te verseker • Bestuur van spanne en werknemers op die plaas.
VAARDIGHEDE :
Leierskapvaardighede, organisasievermoë, kommunikasievaardighede en goeie menseverhoudings, probleemoplossing, administratiewe- en bevoegde rekenaarvaardighede.
ONDERVINDING EN OPLEIDING:
• Minimum 3 jaar ondervinding as ‘n vrugteproduksie-assistent • Kennis van snoei, uitdun, oes, jongboomvorming (appels en pere) • Nasionale Diploma in Landboubestuur of ander soortgelyke tersiêre kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel.
Markverwante vergoeding en byvoordele sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se voorsorgfondsskema is ‘n voorvereiste vir die aanstelling.
SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 7 Augustus 2026
AANSTELLINGSDATUM : So spoedig moontlik
Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket, ‘n afskrif van u ID en drie verwysings aan: recruitment@dekeur.co.za vir aandag Johan du Plessis
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
Arries se duiwe vaar goed
WEDVLUGDUIWE het Saterdag 18 Julie vanaf Strydenburg gevlieg.
Emile Arries van BHPS duiweklub het uitstekend gevaar en wen ook die WRPU (Winelands Racing Pigeons Union) asook die Ceresvallei federasie wedvlug. Duiwe vlieg Saterdag vanaf Carnavon wat as 'n kortpad-wedvlug geklassifiseer word. Ceresvallei federasie wedvlug Strydenburg
1. Emile Arries 1316.233 mpm
2. Cameron Mars 1310.495 mpm
3. Cameron Mars
4. Van Rooy Loft
5. Emile Arries
1305.569 mpm
1304.094 mpm
1297.616 mpm CHPS Strydenburg
1. Cyril en Ann Davids 1272.995 mpm
mpm 5. Cyril en Ann Davids
WILAN van der Berg, leerder van Charlie Hofmeyr en kranige gholfspeler, het die o/19 afdeling van die Somerset-Wes junior kampioenskappe gewen. Wilan het ’n uitstekende rondte van 71 gespeel om as die wenner van die bruto-afdeling gekroon te word.
MARKO Swart (regs) van Charlie Hofmeyr en kranige gholfspeler, was die naaswenner van die De Zalze junior ope (o/13 bruto-afdeling) met 'n telling van 79 houe.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE (WITZENBERG GRONDGEBRUIKBEPLANNING VERORDERING PN 289/2015) WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS (WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW PN 289/2015) Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder vir aandag Ryan van der Merwe gerig word by Posbus 44, Ceres 6835 of Voortrekkerstraat 50, of gestuur word aan ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager for attention Ryan van der Merwe, P.O. Box 44, Ceres 6835 or at 50 Voortrekker Street, or at ryan@witzenberg.gov.za to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Erf 695, Wolseley
Ligging / Location 44 Voortrekker Street
Aansoeker / Applicant
JH Burger (083-4432287)
Aard / Nature
Application for rezoning from business Zone I to single residential zone I Hersonering vanaf sakesone l na enkelwoonsone l
Verw. / Ref. 15/4/1/ 3/49
DELICIOUS het Saterdag Evergreens met 49-25 geklop. Clinton Ruiters was een van Delicious se groot uitblinkers.
Spanne behaal groot oorwinnings
BELLA Vista rugbyklub, Delicious en Newtons het die naweek al drie groot oorwinnings behaal.
Bella Vista het Villagers Newton met 677 geklop terwyl Delicious met 4925 aan die wenkant was teen Evergreens. Newtons het Wolseley met 5033 geklop.
Ander uitslae
Ceres het Saterdag vir 'n groot oorwinning gesorg toe hulle met inklimspel vir die ligavoorlopers Roses United met 3124 geklop
het. Hillcrest was te sterk vir Hamlet en het met 5335 gewen, Newtons het Wolseley met 5033 afgestof en Young Blues het Tulbagh met 3828 geklop.
Naweek wedstryde
Bella Vista speel die naweek tuis teen Newtons, Roses United en Delicious pak mekaar, Hamlet speel tuis teen Young Blues, Ceres speel teen Tulbagh, Evergreens en Wolseley pak mekaar en Villagers Newton en Hillcrest sal sake uitspook.
Sluitingsdatum / Closure date 30 Days 'n SOKKERTOERNOOI vir plaaslike sokkerspanne is Sondag 19 Julie op die Nduli sportveld aangebied. Drie wedstryde is gespeel. In die hoofwedstryd het SBM Ajax FC teen Rea Vaya FC gespeel en na speeltyd verstreke was en die telling steeds gelyk was, met strafskoppe gewen. Hier is SBM Ajax se doelwagter, Elam Ngwane, in aksie tydens die wedstryd.