Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.27 (Online Weergawe)

Page 1


nie begin nie

TWINTIG maande nadat 'n man op Ceres aangeval en met 'n mes gesteek is, het die verhoor van die drie verdagtes nog nie begin nie.

Die saak is sedert Desember 2023 talle kere sedert die voorval uitgestel. Die laaste uitstel was om 'n prokureur aan te stel en dat die prokureur op rekord kan kom.

Die gewese sewesrugbyspeler, Jaiden Baron (28) verskyn saam met sy broer Jo-Neil Baron (24) van P.A. Hamlet en hul vriend, Burton Zimri (23) van Ceres.

Jaiden Baron word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer asook poging tot moord. Burton Zimri en Jo-Neil Baron word aangekla weens poging tot moord.

Die saak is Vrydag 10 Julie uitgestel tot 9 November. Hul borgtog van R2 000 elk, is verleng.

Voorval

Die 2024 klagtes teen die drie mans hou verband met 'n bakleiery en 'n messteek-voorval op 7-8 Desember.

Die eerste voorval het blykbaar in 'n straat naby 'n nagklub plaasgevind en die ander een by 'n privaat woning in Ceres se middedorp. 'n Groep vriende het blykbaar die betrokke aand saam in 'n nagklub gekuier.

Ryan Hendricks (die klaer) en Jaiden Baron was nadat hulle weg is by die nagklub, na bewering in 'n argument betrokke wat later in die straat op 'n bakleiery uitgeloop

het. Volgens die klagstaat het Jaiden Baron vir Hendricks met 'n sleutel in die gesig gesteek.

Hendriks is na die voorval na 'n vriend se woning in die middedorp. Jaiden het na bewering sy broer, Jo-Neil, en vriende in Rooikamp gaan haal en na Hendricks begin soek. Hulle is na 'n woning in Fabriekstraat waar hulle Hendricks na bewering aangerand en verskeie kere met 'n mes gesteek het. Hendricks is na die voorval na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling.

Die polisie het Zimri en Jo-Neil Baron op 8 Desember 2024 in hegtenis geneem. Jaiden Baron is vroeg op 9 Desember 2024 gearresteer nadat hy na bewering by iemand se woning weggekruip het. Hy het later die dag saam met sy broer en Zimri vir die eerste keer in die landdroshof verskyn.

Rugbyspelers se verhoor het nog

'n SEKURITEITSWAG het verlede week gesterf nadat hy deur 'n voertuig getref is.

Phikile Bakamela (46), 'n sekuriteitswag van Ceres Alarms, het Woensdag 8 Julie

van P.A. Hamlet onderweg was. Die polisie en nooddienste was gou op die toneel maar kon niks vir die slagoffer doen nie.Die polisie ondersoek 'n saak van strafbare manslag teen die bestuurder van die Opel Astra. Sekuriteitswag

omstreeks 18:30 gesterf kort nadat hy die pad by die eerste kruising van Bella Vista tussen Ceres en P.A. Hamlet wou oorsteek. Hy moes aan die oorkant van die pad gaan wag vir 'n saamrygeleentheid na sy werkspunt.

'n Taxi het gewag om vanaf Ceres regs in te draai na Bella Vista toe Bakamela volgens CCTV videomateriaal aan die agterkant van die taxi wou verbyhardloop. Hy is egter getref deur 'n Opel Astra wat in Ceres se rigting

Volwaardige

•Beleggings

•Lewensversekering en byvoordele

•Korttermynversekering

•Mediese fondse

•Gap cover

•Testamente

•Boedelbeplanning

•Onafhanklike advies

Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ons bly daartoe verbind om die beste moontlike diens aan ons kliënte te lewer. Indien u enige navrae het, skakel ons gerus - ons help graag.

JAIDEN Baron (bo) verskyn saam met sy broer, Jo-Neil Baron en hul vriend, Burton Zimri (regs).

Jong sportman gekies vir Internasionale sewestoernooi

CHRIS-WILL du Toit, 'n graad 11 leerder van Charlie Hofmeyr en tans lid van die Boland o/18 Cravenweek span blink uit op die rugbyveld. Hy is ook verkies om aan die o/18 Internasionale sewesrugytoernooi vanaf 27-29 November in Dubai, by te woon. Toernooikoste beloop nagenoeg R47 000 en om sy droom te verwesenlik, vra die familie die gemeenskap vir enige donasie klein of groot. Dit sal opreg waardeer word. Donasies kan inbetaal word: Capitec, Chriselda Fortuin, rekeningnommer - 1253670275.

CERES Toyota wil hul opregte dank en waardering uitspreek aan Toyota Knights vir die ruim kosborgskappe wat hulle aan Vrolike Vinkies Enrichment and Development Centre en Huis Pieter Strauss geskenk het. Ceres Toyota het die skenkings namens Toyota Knights laat aflewer. Hier is Arno van Wyk (handelaarshoof van Ceres Toyota) afgeneem saam met Louis Marais (bestuurder van Huis Pieter Strauss).

DIE opening van Ceres Gemeenskaps-dagsentrum is onbepaald uitgestel weens Meimaand se stormskade. ‘n Gedeelte van die skade wat aangerig is was aan Ceres CDC se dak tydens die storm van 11 en 12 Mei. * Berig bladsy 3.

Donasies altyd welkom

Congratulations Congratulations Congratulations Congratulations

Baie geluk aan Nicole Speelman met die ontvangs van jou graad in Inligtingswetenskap op 24 Junie 2026!

Jou harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het vrugte afgewerp, en ons is ongelooflik trots op jou prestasie. Mag hierdie mylpaal die begin wees van ‘n opwindende nuwe hoofstuk vol geleenthede, sukses en vervulling.

Jou familie wens jou God se rykste seën, wysheid en die leiding toe vir die pad vorentoe. Mag elke droom wat jy nastreef, met vreugde en voorspoed beloon word.

Baie geluk - ons vier hierdie besondere prestasie saam met jou!

Met liefde - Jou man, seun en ouers.

OP 31 Julie neem Attie Heyns, 'n inwoner van Ceres en lid van Ceres atletiekklub, deel aan die Washie 100 Miler - Afrika se oudste 100-myl-padwedloop. Die 161 km-wedloop begin by die Cathcart Country Club in die Oos-Kaap en eindig die volgende dag by die Buffs Club in Oos-Londen, met deelnemers wat die afstand binne 26 uur moet voltooi. Attie gebruik dié uitdaging om fondse in te samel vir twee tehuise op die dorp, Huis Pieter Strauss en Huis Maudie Kriel, met 'n doelwit wat gelykop tussen die twee tehuise verdeel sal word. Huis Pieter Strauss sal die fondse gebruik om die geboue binne en buite te herverf, terwyl Huis Maudie Kriel dit wil aanwend vir trollies en toebehore vir die siekeboeg en noodsaaklike skoonmaaktoerusting. Vir Attie gaan die veldtog egter oor veel meer as net geld. "Ons senior burgers mag nie onsigbaar word in die gemeenskap se oë nie. Hierdie is 'n geleentheid om vir die inwoners van die twee tehuise te wys dat ons aan hulle dink, hulle waardeer en hulle menswaardigheid erken." Lede van die publiek kan die veldtog ondersteun deur 'n donasie via BackaBuddy te maak, of indien hulle verkies om anoniem te skenk, 'n e-pos te stuur aan jacques@ kjhlaw.co.za. * Die eerste doelwit om R50 000 in te samel is binne dae verbygesteek en staan tans op meer as R52 400. Inwoners en sakelui wat nog bydraes wil maak, kan dit steeds inbetaal.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

Bella Vista mors met Tulbagh

BELLA Vista rugbyklub het Saterdag vir Tulbagh 'n groot pakslae toegedien.

Bella Vista het die eensydige wedstryd met 82­5 gewen nadat hulle teen rustyd al met 49­5 voorgeloop het.

Tulbagh het vir die eerste kwartier teenstand gebied voordat die spreekwoordelike damwal gebreek en Bella Vista die drieë begin inryg het.

Die tuisspan het geen teenvoeter gehad vir Bella Vista se aggressie en inklim­spel van hul voorspelers nie. Die agterlyn het ook met meer dringendheid gespeel en telkemaal die

voordeellyn oorgesteek.

Dit is moeilik om spelers uit te sonder en die oorwinning was 'n groot spanpoging.

Patwin van der Merwe (2), Nathan­Otniel van Wyk (2), Jay­Brehano Swarts (2), NashWinn Lintnaar (2), Peter Sauls, Ronaldo Ambraal, Adrian Mars en Benito Kriel het almal drieë gedruk.

Patwin van der Merwe was in die kol met nege doelskoppe terwyl Ruan Manuel en Jemiehl Muller ook elkeen met 'n doelskop geslaag het.

Ceres het Saterdag 'n groot oorwinning

Hewitt wen kompetisie op Ceres

SATERDAG 11 Julie het Ceres gholfklub 'n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied.

Louis du Toit was die wenner met 'n telling van 39 punte. Simon Molaza was in die tweede plek met 36 punte gevolg deur Bennie van Rensburg in die derde plek met 35 punte. Harry Hewitt was vierde met 33 punte. Kompetisies

oor Evergreens behaal en maklik met 57­17 gewen. Delicious het vasgeval teen Newtons en met 22­32 verloor, Wolseley klop Villagers Newton met 40­22, Roses United wen 53­41 teen Hamlet en Hillcrest klop Young Blues 40­21.

Naweek wedstryde

Bella Vista reis die naweek na Wellington om Young Blues te pak. Ceres speel Saterdag 19 Julie teen Roses United, Delicious en Evergreens speel teen mekaar, Newtons is tuis teen Wolseley, Hillcrest en Hamlet meet kragte en Tulbagh is gasheer vir Young Blues.

Op Saterdag 18 Julie word 'n beterbal scramble kompetisie aangebied en op 25 Julie 'n 4­bal beterbal stableford kompetisie. Op 1 Augustus word 'n enkel syfer plus kompetisie gespeel, op 8 Augustus 'n enkel stableford, op 15 Augustus 'n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 22 Augustus 'n 4BBB stableford kompetisie en op 29 Augustus 'n enkel stableford.

Franklin se duif wen

WEDVLUGDUIWE het Saterdag 11 Julie vanaf Calvinia gevlieg.

Franklin van der Merwe van Saron duiweklub het uitstekend gevaar. Sy duif wen die WRPU asook Ceresvallei federasie wedvlug. Saterdag 19 Julie vlieg die duiwe vanaf Strydenburg.

Ceresvallei federasie wedvlug

Calvinia

1. Franklin van der Merwe ­ 1229.360 mpm

2. Maruis Koopman ­ 1202.650 mpm

3. Visagie Lofts ­ 1191.761 mpm

4. Mauritius Lofts ­ 1181.925 mpm

5. Marquine Pieterse ­ 1181.003 mpm

CHPS ­ Calvinia

1. Mauritius Lofts ­ 1181.925 mpm

2. Cyril en Ann Davids ­ 1157.902 mpm

3. Cyril en Ann Davids ­ 1154.501 mpm

4. Clarence van Wyk ­ 1145.730 mpm

5. Cyril en Ann Davids ­ 1130.427 mpm

Tulbagh duiweklub

Victoria Wes Jaaroud 1

1. Louis en Inamari ­ 1283.963 mpm

2. Always Rising Loft ­ 1206.841mpm

3. Louis en Inamari ­ 1183.221mpm

4. Louis en Inamari ­ 1003.558 mpm

5. Louis en Inamari ­ 987.191mpm

Victoria Wes Ope 1

1. Louis en Inamari ­ 1406.522 mpm

2. Louis en Inamari ­ 1287.094 mpm

3. Louis en Inamari ­ 1261.741 mpm

4. Bertie Rabie ­ 1259.626 mpm

5. Bertie Rabie ­ 1259.626 mpm

BHPS

Britstown ­ 4 Julie

1. ODE Lofts ­ 1420.405 mpm

2. Emile Arries ­ 1417.875 mpm

3. Emile Arries ­ 1414.851 mpm

4. Emile Arries ­ 1414.717 mpm

5. Van Rooy Loft ­ 1409.008 mpm

Calvinia Jaaroud

1. Marquine Pieterse ­ 1181.003 mpm

2. Table Bay Ceres ­ 1142.484 mpm

3. Table Bay Ceres ­ 1132.126 mpm

4. Marquine Pieterse ­ 1130.059 mpm

5. Table Bay Ceres ­ 1114.972 mpm

DIE spelers en bestuur van Bella Vista rugbyklub wil hul opregte dank uitspreek teenoor Randall Julius van Ceres Apteek vir die borg van hul sweetpakke.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.29 no.27 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu