WH Her ald Witzenberg
R12
VOLUME 29 NO. 25
FRIDAY, 3 JULY 2026
www.mastheadfp.co.za A representative of MASTHEAD Financial Planning (Pty) Ltd, a licensed Financial Services Provider
MASTHEAD Financial Planning Neels Boshoff (Financial Planner) 082-335-8331 l nboshoff@mastheadfp.co.za Anna-Marié Boshoff (Financial Planner) 082-376-6498 l aboshoff@mastheadfp.co.za
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 2 Julie
Vrydag 3 Julie
Saterdag 4 Julie
Sondag 5 Julie
2° 13°
3° 16°
4° 17°
7° 20°
CERES KOEKEDOUW DAM
100%
TULBAGH DAM
60%
WAVERENSKROON TULBAGH
73%
Lesings geneem: 2026/07/01
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Speler sterf maande na fratsongeluk 'n RUGBYSPELER van Tulbagh (24) is verlede week dood vier maande nadat hy ernstig beseer is in 'n fratsongeluk buite die dorp.
Pasop vir water in pas DIE Witzenberg munisipaliteit het met die aanvang van die skoolvakansie 'n beroep op alle motoriste gedoen wat deur Michellspas ry om na die onlangse reënval, versigtig te wees vir water wat by tye in die pas opdam en die risiko verhoog dat bestuurders beheer oor voertuie kan verloor. * Tussen 28 en 29 Junie is meer as 41 reën in die Warm Bokkeveld gemeet. By ander ILeaf en Hortec weerstasies is daar in die Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing 22.9mm gemeet en in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 25.1mm en by Bronaar 19mm gemeet. By Romansrivier is 34.2mm gemeet. * Die Ceres Koekedouwdam is steeds meer as 100% vol, Tulbagh dorpsdam is 60% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan tans op 73%. * Gedurende Meimaand is daar in die streek meer as 200mm gemeet terwyl daar plek-plek meer as 400mm uitgesak het.
Jaheim Kock, 'n skrumskakel van Tulbagh rugbyklub, was op Sondag 1 Maart saam met 'n paar ander rugbyspelers toe die Ford Fiesta waarin hulle passasiers was, omstreeks 06:00 onklaar geraak het op 'n draai tussen Skilpadrug en Eikelaan-plaas buite Tulbagh. Die mans het hulp ontbied maar is kort daarna beseer nadat die bestuurder van die Renault Clio wat hulle kom help het, onverklaarbaar teen die stilstaande Ford Fiesta gebots het. Die drie beseerdes is omstreeks 06:40 na Ceres hospitaal vir behandeling ge neem. Jaheim Kock, 'n kelderassi stent van Saronsberg wynkelder, is ernstig beseer en na die Tygerberg hospitaal oor ge plaas waar hy tot en met sy dood, talle operasies ondergaan het. Die ander be seerdes, Thurston Jurgens, is kort na die ongeluk uit die hos pitaal ontslaan terwyl 'n derde persoon, net bekend as Emile, in die Ceres hospitaal behandel is. Twee ander mans wat ook op die toneel was, is nie beseer nie.
KEEP YOUR TOYOTA RUNNING LIKE IT SHOULD - WITH PARTS YOU CAN TRUST FROM FILTERS + BRAKES TO CLUTCH KITS + MORE, QUANTUM PARTS ARE BUILT FOR RELIABILITY, PERFORMANCE + VALUE
QUANTUM PARTS NOW AVAILABLE AIR FILTER DIESEL ............................................................... R172 AIR FILTER PETROL .............................................................. R219 AIRCON FILTER ..................................................................... R151 BRAKE DISCS FRONT (2) ..................................................... R1 554 BRAKE PADS .......................................................................... R668 BRAKE SHOES ...................................................................... R646 BRAKE DRUMS (2) ................................................................ R2 205 SPARK PLUGS (4) .................................................................. R312 WIPER BLADES (2) ................................................................ R260 CLUTCH KIT DIESEL ............................................................. R4 935 CLUTCH KIT PETROL ........................................................... R4 579 Visit Ceres Toyota today and get what your vehicle really needs. Voortrekkerstraat 112 CERES (023) 312-1057
Perfect for taxis, fleets, and everyday drivers Competitive pricing across a wide range Trusted quality, backed by Toyota
Ondersoek Tulbagh polisie het na die on geluk 'n saak van roekelose en/ of nalatige bestuur ondersoek maar sal nou na die afsterwe van Jaheim, ook 'n strafbare manslagklag byvoeg teen die bestuurder van die Renault. Hoe die ongeluk plaasgevind het, vorm deel van die polisie se ondersoek. Indien iemand enige ander inligting het kan hulle die ondersoekbeampte skakel by (023) 230-8100. Medelye Saronsberg wynkelder het op sosiale media gesê dat dit met groot hartseer is dat hulle die afsterwe van Jaheim Kock met lesers deel. "Ons opregte meegevoel gaan aan Jaheim se ouers, familie en geliefdes. Begrafnisreëllings was teen druktyd nie beskikbaar nie.
2 l WITZENBERG HERALD l 3 JULY 2026
Leerders kry sertifikate vir 100% bywoning DIE groep leerders van W.F. Loots Primêr op Wolseley is deel van die Grondslagfase-leerders wat onlangs sertifikate ontvang het vir 100% skoolbywoning en uitstaande akademiese prestasie!
Cape Winelands distriCt MuniCipality SCOPE EXPANSION TO THE OPERATIONAL CONTRACT FOR THE LANDFILL SITE IN WORCESTER DUE TO FLOOD DAMAGES EXPERIENCED Notice is hereby given in terms of Section 116 (3) (b) of the Local Government Municipal Finance Act, 2003 (Act 56 of 2003) that it is the intention of the Cape Winelands District Municipality to expand the scope and cost within the same terms and conditions of the existing contract with the Contractor who has been appointed in the operations of the Landfill site in Worcester. The expansion of the scope and cost is necessitated for remedial actions required due to the floods experienced on 11 May 2026, which has also caused a delay in the commencement of the operations. The agreement to be expanded is: EXISTING AGREEMENT
CONTRACT
T 2025/120 awarded to Raalebborg Environmental (Pty) Ltd.
OPERATION AND MANAGEMENT OF THE REGIONAL WASTE DISPOSAL FACILITY ON ERF 28007, WORCESTER
INWONERS word uitgenooi om 'n unieke uitstalling uit die Acheulean-tydperk, te kom besigtig by die Togryers museum. Die uitstalling: Die Acheulean-rewolusie: 'n Groot deurbraak in Klipwerktuigtegnologie, fokus op oorspronklike Acheulean-klipwerktuie wat op Ouplaas in die Witzenbergvallei ontdek is. Hierdie artefakte dateer uit die vroeë steentydperk en bied 'n seldsame geleentheid om van die oudste spore van menslike tegnologie in die Witzenbergstreek van nader te besigtig. Van die voorwerpe wat uitgestal word, is Acheulean-handbyle, handpikke, afgeskilferde klipskerwe en kapmesse. Hierdie werktuie is vervaardig en gebruik vir 'n verskeidenheid take, waaronder die verwerking van voedsel, houtbewerking en ander alledaagse oorlewingstake. Die uitstalling kan besoek word tot einde Juliemaand. Besoektye is Maandag tot Donderdag tussen 08:00 -17:00 en Vrydag van 08:00 -16:00.
Attie gaan einde Julie die Washie aanpak om fondse vir twee tehuise in te samel OP 31 Julie neem Attie Heyns, 'n inwoner van Ceres en lid van Ceres atletiekklub, deel aan die Washie 100 Miler - Afrika se oudste 100-myl-padwedloop. Die 161 km-wedloop begin by die Cathcart Country Club in die Oos-Kaap en eindig die volgende dag by die Buffs Club in Oos-Londen, met deelnemers wat die afstand binne 26 uur moet voltooi. Attie gebruik dié uitdaging om fondse in te samel vir twee tehuise op die dorp, Huis Pieter Strauss en Huis Maudie Kriel, met 'n doelwit van R50 000 wat gelykop tussen die twee tehuise verdeel sal word. Huis Pieter Strauss sal die fondse gebruik om die geboue binne en buite te herverf, terwyl Huis Maudie Kriel dit wil aanwend vir trollies en toebehore vir die siekeboeg en noodsaaklike skoonmaaktoerusting. Vir Attie gaan die veldtog egter oor veel meer as net geld. "Ons senior burgers mag nie onsigbaar word in die gemeenskap se oë nie. Hierdie is 'n geleentheid om vir die inwoners van die twee tehuise te wys dat ons aan hulle dink, hulle waardeer en hulle menswaardigheid erken." Lede van die publiek kan die veldtog ondersteun deur 'n donasie via BackaBuddy te maak, of indien hulle verkies om anoniem te skenk, 'n e-pos te stuur aan jacques@kjhlaw.co.za.
Notice is hereby given further in terms of Section 21 and 21A of the Local Government Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the local community and affected parties are invited to submit comments or representations on the proposed amendments of the agreement. Such comments or representations must be submitted by not later than Friday, 17 July 2026 at 12:00. Comments together with supporting documentation and/ or representations must be submitted in a sealed envelope clearly endorsed “RESPONSE TO SCOPE EXPANSION TO THE OPERATIONAL CONTRACT FOR THE LANDFILL SITE IN WORCESTER DUE TO FLOOD DAMAGES EXPERIENCED” and be deposited in the tender box at 29 Du Toit Street, Stellenbosch. All submissions must be addressed to: The Municipal Manager, Cape Winelands District Municipality. Persons who are physically disabled or who cannot write but wish to participate in the process may come during office hours to the Cape Winelands District Municipality offices at 29 Du Toit Street, Stellenbosch where a staff member will assist that person to transcribe his or her comments or representations. Enquiries may be directed to: The Municipal Manager, Cape Winelands District Municipality, PO Box 100, Stellenbosch 7599, tel. 0861 265 263, or via e-mail: christo@capewinelands.gov.za H.F. PRINS MUNICIPAL MANAGER Cape Winelands District Municipality 46 Alexander Street Stellenbosch 7600 ayandamanga.co.za 157062
CAPE WINELANDS DISTRICT
M U N I C I PA L I T Y • M U N I S I PA L I T E I T • U M A S I PA L A
Werksgeleentheid beskikbaar by CVC Gear corporation
WERKSWINKELBESTUURDER • Bestuur van werkswinkel • Rekenaarvaardig • Ondervinding in staalverkope • Sterk leiers eienskappe
Stuur asb. u CV na: petro@landbouonderdele.co.za Aansoeke sluit: 20 Julie 2026 Indien u teen 25 Julie 2026 geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.
'n BELONING van R1 000 word aangebied vir die terugvind van 'n gesteelde Giant Anthem bergfiets. Skakel 083-3166-546. * Daar is verlede week ook twee ander fietse gesteel, 'n BMX en 'n bergfiets. Die eienaar van die bergfiets het self sy fiets teruggekry voordat dit op 'n sleepwa Oos-Kaap toe is.
3 JULY 2026 l WITZENBERG HERALD l 3
Dit gaan maande duur voor bruggie herstel word DIE vloedskade van 11-13 Mei kan duidelik gesien word op die fotos van die laagwaterbruggie naby Morrisdale Primêr. Dit sal etlike maande duur voordat die bruggie herstel gaan word. Die Witzenberg munisipaliteit het reeds aansoek vir befondsing gedoen by nasionale rampbestuur. Die verkeer van Rooikamp en omliggende gedeeltes word met die hulp van die verkeersdienste gehelp om in Voortrekkerstraat in te draai. Verkeersvolumes het baie toegeneem en dra by dat verkeer met tye stilstaan in Voortrekkerstraat.
Talle gearresteer
Probleme met onwettige immigrante in streek ook onder die vergrootglas OPTOGTE teen onwettige immigrante wat deel vorm van die March to March veldtog, het Dinsdag landswyd plaasgevind. In die Witzenbergstreek was alles betreklik stil met net 'n paar pogings van opportunis tiese inwoners wat informele besighede in die Pinevalley woonbuurt by Wolseley wou plunder. Die polisie het die pogings vinnig in die kiem gesmoor. In Nduli was byna al die informele winkels gesluit terwyl net hier en daar 'n klein onder neming toe was op Ceres. Die polisie, binnelandse sake en departe ment van werksepping en arbeid het sedert einde verlede week talle optredes en inspek sies geloods waartydens winkeleienaars besoek is en vir identiteitsdokumente gevra is. Daar is ook vasgestel of hulle enige on wettige buitelanders in diens geneem het. Die dokumentasie is daarna na binnelandse sake gestuur om te bepaal of die winkel eienaars en werknemers wettig in die land is. Talle onwettiges wat in Wolseley aangehou
word, het reeds in die Ceres landdroshof verskyn. In twee gevalle is onwettige persone met R3000 beboet maar weer vrygelaat. Dit skep ernstige vrae oor hoe die proses ge koördineer word en wanneer die persone gedeporteer word. Die polisie wou nie die week enige statis tieke hieroor bekend maak nie. Wag nog Tientalle busse het veral Malawiërs en Zimbabwiërs teruggeneem na hul onderskeie lande terwyl baie nog in groot stede wag om na hul land van oorsprong terug te keer. 'n Verslag van migrasiestatistieke van 2022-2023, toon dat immigrante 5.1% (meer as 3 miljoen) van Suid-Afrika se bevolking uitmaak. Oortreding Die nasionale werkgewersorganisasie van Suid-Afrika (NEASA) het verlede week gesê dat werkgewers wat die immigrasiewet oortree beboet kan word met R10 000 per ongedokumenteerde werker of tronkstraf van 1 jaar opgelê kan word vir 'n eerste oortreding.
'n PAAR winkels wat aan buitelanders behoort is geplunder op Wolseley.
4 l WITZENBERG HERALD l 3 JULY 2026
Taalmonument, munisipaliteit en trust borg weer gesogte toekennings DIE Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Historium Trust is verheug om die vyfde Fenomenale Vroue-toekennings aan te kondig.
Hierdie toonaangewende jaarlikse geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die ongelooflike vroue in ons gemeenskap vier. Die versoek om benoemings is nou oop en ons nooi die publiek om onbesonge heldinne wat inspirerende bydraes tot die Kaapse Wynland-gemeenskappe maak, te nomineer. Inskrywings is gratis en sluit op Dinsdag 21 Julie om 16:00. Die beoordeling sal in Augustus deur ’n paneel vooraanstaande vroue behartig word waarna die toekenningseremonie op Dinsdag 25 Augustus beloof om weereens ’n hoogtepunt van Vrouemaand te wees. Op die glansgeleentheid sal die uitsonderlike prestasies van vroue wat hul gemeenskappe geïnspireer en ander gemotiveer het om na uitnemendheid te streef, erken en gevier word. Die Fenomenale Vroue-toekennings se doel is om toekomstige geslagte met hoop en bemagtiging te vervul en te bewys dat daar geen perke is aan wat vroue kan bereik nie. Die gemeenskap word aangemoedig om deel te neem aan die erkenning van hierdie uitsonderlike vroue, ongeag hul agtergrond en hul besonderse reise. Vanjaar se geleentheid vind boonop plaas in dieselfde jaar wat die land die aanvaarding van Suid-Afrika se grondwet 30 jaar gelede (1996) vier, die Soweto-opstande van 50 jaar gelede (1976) herdenk en 70 jaar gelede (1956) se historiese vroue-optog op Vrouedag eer. Op dié manier bring dit plaaslik hulde aan vroue se rol in die be vordering van menseregte, gelykheid en gemeenskapsontwikkeling. Die 10 kategorieë is: Landbou, Vroeëkinderontwikkeling, Basiese Onderwys, NRO-/GOW-sektor, Entrepreneur, Ondersteuning, Bestuur, Passie, Bevordering van Afrikaans/veeltaligheid asook Gestremdhede. Kategoriebeskrywings en bepalings en voorwaardes by www. capewinelands.gov.za. Benoemingsvorms kan aanlyn ingevul en afgelaai word of by enige KWDM-kantoor of by die Historium Trust in Pastorielaan, Paarl, afgehaal word.
DIE Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Historium Trust is verheug om die vyfde Fenomenale Vroue-toekennings aan te kondig. Hierdie toonaangewende jaarlikse geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die ongelooflike vroue in ons gemeenskap vier.
FINANCIAL SYSTEMS ADMINISTRATOR (HALF-DAY) - CERES Zonnehaven is a South African fruit grower and exporter delivering premium fresh produce with a fully traceable, sustainable farm-to-freight supply chain. The company currently has a half-day vacancy for a Financial Systems Administrator to join the team. This role is ideal for a detail-oriented administrator with strong accounting, ERP or business systems experience who enjoys working with data, reconciliations and process improvement. IT user support and liaison with external service providers also form part of the position. Responsibilities: • Create invoices on system and reconcile as needed • Reconcile data (pack house intakes & dispatches, invoices) on system and make necessary adjustments • Create new setups on system as needed • Liaise with system service provider regarding troubleshooting and system errors • Provide support to staff regarding system-related queries • Provide support to staff regarding IT hardware and software-related queries and relay issues to service provider Requirements: • Minimum Matric (with maths & accounting as subjects) • A relevant tertiary qualification (accounting / admin / IT / systems / databases) will be advantageous • 2 years’ relevant experience • Previous experience in the fruit export industry will strengthen the application • Above average computer skills • Previous experience with Vitrax and Microsoft Business Central will strengthen the application • Excellent communication (English & Afrikaans) and interpersonal skills with people on all levels • Excellent planning and organisational skills • Accuracy and attention to detail • Numerical skills • Driver’s licence A market-related and competitive remuneration package will be offered to the successful candidate, based on experience, skills and competencies. To apply, kindly send your application with CV by 8 July 2026 to: reception@zonnehaven.com
DIE jaarlikse Christmas in Winter is vanaf 26-28 Junie vir die 25ste keer op Tulbagh aangebied. Talle feesgangers het die naweek 'n draai op die dorp gemaak. Huis Disa het ook hul basaar aangebied wat goed ondersteun is deur die besoekers.
Electoral Commission NOTICE OF APPLICATION FOR REGISTRATION OF A POLITICAL PARTY IN TERMS OF SECTION 16(1)(A) OF THE ELECTORAL COMMISSION ACT, 1996 (ACT 51 OF 1996)
1)
2) 3) 4)
5)
Notice is hereby given that the Witzenberg Taxpayers and Ceres Vigilance Association is applying for the registration in terms of the Electoral Commission Act, 1996 (Act No. 51 of 1996) Date on which the application will be or has been submitted to the Chief Electoral Officer 25 July 2026 The abbreviation of the name of the party is WTACVA The distinguishing mark or symbol of the party is printed underneath
Anyone wishing to raise an objection against the intended registration must do so by written notice in which are set out the grounds for the objections and which must be delivered at the office of the Chief Electoral Officer within fourteen days after publication of this notice.
Derick Mouton. ........................................ 082-540-2321 Ronaldo van Wyk. .................................... 083-322-2233
3 JULY 2026 l WITZENBERG HERALD l 5
Sass vang graad by Unisa RUWAAN Sass het Woensdag 24 Junie sy B.Ed graad met 'n onderskeiding verwerf aan UNISA. By hom staan sy ouers, Rowan en René van Rooi.
Onwettige immigrant van moord op baba aangekla
'n ONWETTIGE immigrant van Malawië wat op Gouda gewoon het, het in die Tulbagh streekhof verskyn weens die dood van 'n babameisie wat in 2025 in sy sorg gelaat is.
Koperdief probeer ontvlug 'n VERMEENDE koperdief is Maandag 22 Junie met 'n groot hoeveelheid koper in Pine Valley gevang. Hy is omstreeks 14:20 gearresteer nadat hy vir die polisie probeer weghardloop het. Die verdagte, Gift Sirewu (31), het verlede Woensdag 24 Junie vlugtig in die Wolseley landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek uitgestel.
Die baba van 15 maande is op 17 Mei 2025 dood nadat sy vroeër die dag in die sorg van Paul Chembuye (42), gelaat is. Na die baba se dood is 'n geregtelike doodsondersoek geloods waarna die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) besluit het om hom aan te kla. Chembuye is in Junie verlede jaar gearresteer terwyl hy in aanhouding was vir immigrasie-oortredings. Die saak is na 26 Augustus uitgestel.
Electoral Commission NOTICE OF APPLICATION FOR REGISTRATION OF A POLITICAL PARTY IN TERMS OF SECTION 16(1)(A) OF THE ELECTORAL COMMISSION ACT, 1996 (ACT 51 OF 1996)
1) Notice is hereby given that the
Witzenberg Community Party (W.C.P.)
is applying for the registration in terms of the Electoral Commission Act, 1996
(Act No. 51 of 1996)
2) Date on which the application will be or has been submitted to the Chief Electoral Officer
6 July 2026
3) The abbreviation of the name of the party is
W.C.P.
4) The distinguishing mark or symbol of the party is printed underneath
WITZENBERG COMMUNITY PARTY Build the future 5) Anyone wishing to raise an objection against the intended registration must do so by written notice in which are set out the grounds for the objections and which must be delivered at the office of the Chief Electoral Officer within fourteen days after publication of this notice. Loyiso (Nduli) ............................... 084-556-6803 Mandilakhe (Fase 4) ..................... 084-095-8209
PROCUREMENT OFFICER
Reid & Verwey is looking for the services of a Procurement Officer with an appetite for cost saving initiatives and a proven track record of building procurement structures. This position is based at our Ceres offices. Responsibilities: • Local and international procurement duties • Stock forecasting and lead time management • Supplier relationship management • Supplier sourcing and price negotiation • Build and upkeep of procurement database • Assist with stocktake proceedings • Management support as required Skills and experience required: • Good Computer Literacy (MS Office, Pastel, Ritesoft) • Above average MS Excel Literacy • Minimum 5 year experience in similar role • Proven track record (examples) of cost saving initiatives Qualifications: • Relevant post school diploma/degree • Valid driver’s license • Reliable transport to and from work Closing date for applications: 20 July 2026 If you are interested in this role, please send your CV with a cover letter of no longer than 5 pages to: hr@redantagri.co.za If you received no feedback within 5 working days from the closing date you can assume that your application was unfortunately not successful.
6 l WITZENBERG HERALD l 3 July 2026
WITZENBERG HERALD (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com
17 Dienste aangebied
17 Dienste aangebied
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
CENTRAL CERES MOTORS
Boland Roll on Lawn
Skakel
082-859-2300
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres
☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
/ 22 Skoonheid Gesondheid
AND ART FRAMING SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
42 Implemente PLANT AND TOOL HIRE Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Die Here is lankmoedig, maar groot van krag; en nooit laat die Here ongestraf bly nie. Sy weg is in warrelwind en in storm, en wolke is die stof van sy voete. Nahum 1:3
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA:
• Warm klere • Jasse • Kinderklere
Wintersklere reeds uitgepak!
Dankie vir al die donasies Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
SHANDLEY Burrows, 'n leerder van Charlie Hofmeyr en belowende sewes rugbyspeler, het die gemeenskap se hulp nodig om 'n droom te verwesenlik. Shandley is gekies om die einde van die jaar aan die o/19 Emirates sewestoernooi te gaan deelneem. Indien die gemeenskap hom kan help met borge en donasies, sal dit baie waardeer word.
Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml) - Sans 241: 2015 limit = 0
Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat
Ma - Vry: 09:00 - 16:30 Sat: GESLUIT
WATER TREATMENT WORKS
June 2026 8 June 2026
15 June 2026
22 June 2026
29 June 2026
3 JULY 2026 l WITZENBERG HERALD l 7
Duiwe vlieg teen sterk wind
Peter Versfeld wen kompetisie
DUIWE is Saterdag 27 Junie vir die tweede wedvlug vanaf Leeu Gamka, losgelaat.
SATERDAG 27 Junie het Ceres gholfklub 'n enkel stableford kompetisie aangebied.
'n Sterk Noordweste wind het die duiwe se pad huis toe bietjie moeiliker gemaak. JRK Lofts wen die Ceresvallei federasie wedvlug. Die naweek vlieg duiwe vanaf Britstown. Ceresvallei federasie wedvlug Leeu Gamka 2 1. JRK LOFTS - 1259.891 mpm 2. Emile Arries - 1259.416 mpm 3. Emile Arries - 1259.209 mpm 4. Team Koopman ARL - 1257.928 mpm 5. Team Koopman ARL - 1257.928 mpm CHPS - Leeu Gamka 2 1. Team Koopman ARL - 1257.928 mpm 2. Team Koopman ARL - 1257.928 mpm 3. Team Koopman ARL - 1250.441 mpm 4. Cyril en Ann Davids 1234.459 mpm 5. Mauritius lofts 1215.967 mpm BHPS Leeu Gamka 2 Jaaroud 1. Emile Arries - 1259.416 mpm 2. Emile Arries - 1259.209 mpm 3. Sunny Loft - 1255.249 mpm 4. ODE Lofts - 1248.843 mpm 5. Emile Arries - 1248.205 mpm Tulbagh duiweklub Leeu Gamka 1 Jaaroud Bertie Rabie het die eerste vyf plekke verower. Tulbagh duiweklub Leeu Gamka 1 Ope Bertie Rabie het die eerste vyf plekke verower.
Peter Versfeld was die wenner met 36 punte. Lloyd Vercuel was in die tweede plek met 34 punte gevolg deur Emile Marais in die derde plek met 33 punte. Kompetisies Op Saterdag 4 Julie word 'n enkel syfer plus kompetisie aangebied, op 11 Julie 'n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 18 Julie 'n enkel stableford kompetisie en op 25 Julie 'n 4-bal beterbal stableford kompetisie.
LAERSKOOL Gericke is trots op John van Rhyn en Zoe Everett wat goeie prestasies op die rolbalbaan behaal het toe hulle onlangs die Boland o/15 dubbels titel verower het. Beide John en Zoe het van 27 en 28 Junie deelgeneem aan die o/18 Boland junior meesterstoernooi wat op Kleinmond plaasvind het. * Die Boland o/15 rolbalspan het ook 'n silwer medalje verower by die BSA juniortoernooi waar John vir die derde agtereenvolgende jaar die skip van die Boland o/15 span was. John behaal ook 'n tweede plek in die Boland o/15 enkelspel-afdeling en 'n derde plek by die o/18 toernooi op Klein mond. ** Wéan van Rensburg (oudleerder van Laerskool Gericke), het 'n brons medalje verower in die o/35 meestersafdeling.
LAERSKOOL Koue Bokkeveld is trots op Zhenia Prins en Mieke Smit met hul goeie akademiese vordering. Beide leerders het 'n WOEMA-toekenning ontvang omdat hul punte met 5% of meer verbeter het.
HANDRI Westman (voorheen de Villiers), oudleerder van Charlie Hofmeyr (1982) en oudlid van Ceres tennis klub, is tans die afrigter en bestuurder van die Suid-Afrikaanse junior tennisspan wat aan die Wimbledon tennistoernooi deelneem. Westman se aanstelling getuig van jare se toewyding, kundigheid en passie vir tennis, asook haar waardevolle bydrae tot die ontwikkeling van jong Suid-Afrikaanse spelers.
DELICIOUS het Saterdag die opwindende derbystryd teen Bella Vista met 23-20 gewen. Hulle het laat in die tweede helfte 'n strafskop oorgeskop. Berig op bladsy 8.
8 l WITZENBERG HERALD l 3 JULY 2026 Die Witzenberg Her ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eila nd. Geen advertensie/re daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere produseer word nie.
Sport Witzenberg Herald
Delicious verras Bella Vista SATERDAG se derbystryd teen Delicious kan vir Bella Vista bekend staan as dié een wedstryd van verspeelde kanse.
DIVAN Manuel, oudleerder van Wolseley Sekondêr, neem van 14 Junie tot 25 Julie deel aan 'n aantal atletiekbyeenkomste in Europa. Divan het onlangs 'n verspringitem in Dessau, Duitsland met 'n afstand van 7.84 meter gewen. Woensdag 24 Junie het hy aan die Tipos Kritérium deelgeneem en met 'n afstand van 7.79 meter gewen. Sondag 28 Junie het hy aan die Troyes de l’Aube byeenkoms in Frankryk deelgeneem en 7.37 meter gespring. * Divan het ook in Aprilmaand 'n silwer medalje verower by die nasionale kampioenskappe met 'n afstand van 7.95 meter. Divan spog vanjaar met 'n persoonlike beste sprong van 8.07 meter.
Delicious het die opwindende wedstryd met 23-20 gewen nadat hulle laat in die tweede helfte 'n strafskop oorgeskop het. Bella Vista het rustyd met 17-12 voorgeloop. Delicious het vroeg al in die wedstryd nie toegelaat dat die tuisspan sy stempel op die wedstryd kan afdruk nie. Ongedwonge foute en swak besluitneming het dit ook nie makliker vir Bella Vista gemaak nie. Bella Vista se agttal het soos altyd hul kant gebring en dit was slegs desperate keerwerk van Delicious wat gekeer het dat daar nie met dié rolmaalbewegings punte aangeteken kon word nie. Agterlangs het Delicious verskeie aanvalle geloods wat die Bella Vista verdedigers laat bont staan het. Hulle het meters veld gewen. Teen die einde van die wedstryd was die uitslag nog die weegskaal maar met 'n paar strafskoppe binne trefafstand, het Bella Vista nie pale toe geskop nie maar eerder gekies
om die kantlyn op te soek. Puntemakers Vir Bella Vista het Westley Jonkers (2) en Patwin van der Merwe drieë gedruk. Van der Merwe slaag ook met 'n strafdoel en 'n doelskop. Ceres het Saterdag vir Villagers Newtons maklik met 47-14 geklop. Ceres het van die afskop gewys dat hulle dié wedstryd agter langs wil speel. Ceres het 8 drieë gedruk met Enzio Lintnaar wat 'n driekuns behaal het. In die ander wedstryde het Wolseley met Tulbagh afgereken en met 29-24 gewen, Hamlet het Saterdag sleg verloor. Newtons het hulle met 50-18 afgeransel. Roses United het naelskraap met 27-26 teen Hillcrest ge wen en Young Blues klop Evergreens 26-10. Naweek wedstryde Ceres speel die naweek teen Newtons, Bella Vista speel tuis teen Wolseley, Delicious speel teen Villagers Newton, Hamlet speel tuis teen Evergreens, Young Blues pak Roses United en Tulbagh reis na Hillcrest. FOTO ONDER: Trevor Felix
Luan terug op losskakel LUAN Giliomee, veelsydige agterspeler en oudleerder van Charlie Hofmeyr, kry Donderdagaand om 18:30 die kans om op losskakel vir die Junior Bokke uit te draf. Luan, wat vanjaar 'n droomseisoen beleef, is in die Junior Springbokgroep wat Suid-Afrika se Wêreldrugby o/20 kampioenstitel in Georgië verdedig. * Die toernooi het verlede Woensdag begin waar Suid-Afrika 'n wegholoorwinning van 104-7 oor Uruguay behaal het. Die Junior Bokke speel op 7 Julie om 16:00 hul laaste groep wedstryd teen Wallis.
NOG 'n Springbok vir Ceres. Hayley Hardneck, oudleerder van Ceres Primêr, is onlangs ingesluit in die S.A. o/20 Junior Springbokspan. Sy is ook uitgenooi na die S.A. o/23 Springbok-oefenkamp. Hayley se prestasies getuig van haar harde werk, onwrikbare deursettingsvermoë en vasberadenheid om haar drome te verwesenlik. "Vir ons is Hayley veel meer as net 'n uitstekende sportvrou - sy is 'n ware baanbreker en 'n groot inspirasie vir die meisies van Ceres Primêr".