H e r a l d
FRIDAY, 26 JUNE 2026







![]()
FRIDAY, 26 JUNE 2026








DIE Opel Astra het Maandag 22 Junie op die Kluitjieskraalpad naby die Pinevalley-ingang buite Wolseley, onverklaarbaar aan die brand geslaan. Vlamme het gou versprei en die voertuig heeltemal uitgebrand. Niemand is in die voorval beseer nie.



SES weke nadat die Witzenbergstreek onder een van die ergste storms in 'n paar dekades deurgeloop het, het Eskom die week laat blyk dat normale kragtoevoer na Ceres en ander dorpe, eers teen 3 Julie na normaal sal terugkeer.
Lees berig op bladsy 5
'n WOLSELEY inwoner wat op aanklagte van bedrog in die Worcester streekhof verskyn wil nou 'n pleitooreenkoms met die staat aangaan.
Louise van Bosch (49) is in Februariemaand deur die Bellville handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem op klagtes van bedrog van meer as R6 miljoen. Die arrestasie volg na die polisie se kuber- en bedrogondersoek afgehandel is wat in Oktober 2024 begin het.
Agtergrond
Van Bosch was tussen 2012 en 2024 verantwoordelik vir die algemene administrasie en betalings
van Lateganskop-wynkelder buite Wolseley.
In September 2024 het die eienaar gesien 'n groot bedrag geld (meer as R64 000) is vanuit die maatskappyrekening betaal. Dit was vir hom vreemd aangesien hy en sy broers die maatskappy einde 2023 verkoop het om ander sakegeleenthede te volg.
Die maatskappy het ondersoek ingestel en diensverskaffers geskakel oor vervalste fakture.
Daar is vasgestel dat die bankrekening waarin die geld inbetaal is, 'n rekening van Van Bosch is.
Die eienaars het daarna die Hooggeregshof op 4 Desember 2024 gena-
der om aansoek te doen vir 'n interdik om Van Bosch en haar man te keer om hul eiendomme te verkoop en hul bankrekening te bevries hangende die polisieondersoek. Die aansoek is toegestaan.
Saak uitgestel
Van Bosch het na haar arrestasie twee aande in die polisieselle deurgebring voordat sy vir die eerste keer in Februarie vanjaar in die Worcester landdroshof verskyn het. Sy is later op R10 000 borgtog vrygelaat en moet gereeld by die polisie op Wolseley aanmeld. Die saak is tot 29 Julie uitgestel sodat die pleitooreenkoms opgestel kan word.


WYNAND Kloppers is Saterdag 13 Junie by Winterberg Inn as die 58ste Lions president by Ceres Lionsklub ingehuldig. * Japie Alberts is aangewys as die Lionslid van die Jaar.

LAERSKOOL Koue Bokkeveld het verlede Vrydag 'n Pajamadag, fliek, springmielies en warm sjokolade voluit benut! Dié dag was heerlik en almal was dit eens.....die vakansie kan nou maar begin!

SHANDLEY Burrows, 'n leerder van Charlie Hofmeyr en belowende sewes rugbyspeler, het die gemeenskap se hulp nodig om 'n droom te verwesenlik. Shandley is gekies om die einde van die jaar aan die o/19 Emirates sewestoernooi te gaan deelneem. Indien die gemeenskap hom kan help met borge en donasies, sal dit baie waardeer word.

Werksgeleentheid beskikbaar by CVC Gear corporation
WERKSWINKELBESTUURDER
• Bestuur van werkswinkel
• Rekenaarvaardig
• Ondervinding in staalverkope
• Sterk leiers eienskappe
Stuur asb. u CV na: petro@landbouonderdele.co.za
Aansoeke sluit: 20 Julie 2026
Indien u teen 25 Julie 2026 geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

WITZENBERG verkeersdepartement het Woensdag 17 Junie leerders van Mooi Uitsig toegespreek oor padveiligheid. Na die gesprek het leerders mussies ontvang wat hulle meer sigbaar sal maak wanneer hulle 'n pad oorsteek veral die besige kruising vanaf Blouberg na Mooi Uitsig Primêr.

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA:
• Warm klere • Jasse • Kinderklere Wintersklere reeds uitgepak!
Dankie vir al die donasies
INWONERS word uitgenooi om 'n unieke uitstalling uit die Acheuleantydperk, te kom besigtig by die Togryers museum. Die uitstalling: Die Acheuleanrewolusie: 'n Groot deurbraak in Klipwerktuigtegnologie, fokus op oorspronklike Acheuleanklipwerktuie wat op Ouplaas in die Witzenbergvallei ontdek is. Hierdie artefakte dateer uit die vroeë steentydperk en bied 'n seldsame geleentheid om van die oudste spore van menslike tegnologie in die Witzenbergstreek van nader te besigtig. Van die voorwerpe wat uitgestal word, is Acheuleanhandbyle, handpikke, afgeskilferde klipskerwe en kapmesse. Hierdie werktuie is vervaardig en gebruik vir 'n verskeidenheid take, waaronder die verwerking van voedsel, houtbewerking en ander alledaagse oorlewingstake. Die uitstalling kan besoek word tot einde Juliemaand. Besoektye is Maandag tot Donderdag tussen 08:00 17:00 en Vrydag van 08:00 16:00.

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat
Ma - Vry:09:00 - 16:30 Sat:GESLUIT



'n paar lewenslesse gedeel. Hier is Shandine saam met 'n paar leeders afgeneem.

'n VERMEENDE koperdief is Maandag 22 Junie vasgetrek nadat hy in die Pinevalley woonbuurt buite Wolseley vir die polisie gevlug het. Hy is skynbaar lid van 'n sindikaat wat vanuit die Slanghoekvallei by die diefstal van koper betrokke is. * Hy sal in die week in die Wolseley landdroshof verskyn.
Nuutste syfers bekend
DIE nuutste misdaadstatistiek vir die tydperk Januarie tot Maart 2026 is onlangs bekend gemaak. Die dokument skets soos altyd, 'n somber prentjie van misdaad in Suid-Afrika.
Die Wes-Kaap is heel bo-aan die nasionale lys vir dwelm-verwante misdrywe met 26 286 gevalle en het die tweede hoogste voorkoms van motorkapings in die land. Gauteng het die tweede meeste (12 364 gevalle) van dwelm-verwante misdrywe.
Ander statistieke toon dat daar 983 moorde in die Wes-Kaap (derde hoogste in land) gepleeg is en 1663 gevalle van seksuele voorvalle aangemeld is en 1107 verkragtings (vierde hoogste in die land). Meer as 4900 gevalle van inbrake by wonings is in die tydperk in die Wes-Kaap aangemeld.
Beperkte begrotings en vol hofrolle
Die polisie en justisie se begrotings moet dringend aangepas word by die nuutste tendense en statistieke. Die agterstand by die polisie se forensiese laboratoriums is astronomies en moet opgeknap word en daar sal meer aanstellings gemaak moet word om sake vinniger af te handel.
'n Ander groot bekommernis wat nie deel vorm van dié kwartaallikse misdaadstatistieke, is landdros- en streekhowe se oorvol hofrolle.
THE IEC in the Western Cape has recorded an overall total of 235 178 registration activities over the past registration weekend.
Of these there were 47 457 new registrations and a further 187 772 citizens checked and updated their details. Western Cape Provincial Electoral Officer, Michael Hendrickse, has conveyed his gratitude to the public who took time out to turn up at voting stations to register, re-register or check and update their details.
“I would also like to express my sincere appreciation to the IEC team and staff at voting stations who assisted citizens and ensured that the process ran smoothly. I also have to express our appreciation to our many stakeholders and role-players, which include the South African Police Services, local law enforcement and municipalities, and especially the Department of Home Affairs which had opened its offices over the weekend,” he said.
While 49 957 citizens went online, 185 221 physically visited voting stations across the province.
The province has 1 623 voting stations. Unfortunately, five stations located in rural areas of Beaufort West, Cederberg and Kannaland, which were inaccessible due to road damages or closures following the devastating floods, could not open. Arrangements are being made to visit these five communities to register and reregister voters.
The IEC continues to urge the youth to participate in the voting process and is encouraged by the turnout among young people during registration weekend.
The age breakdown of the registration activity in the Western Cape is as follows:
As is the trend with registration data, more females participated at 131 709 and males at 103 469. Encouragingly, there’s been a welcome uptick in the Western
Cape Voters’ Roll.
Compared to September 2025 when it was at 3 274 338, it now stands at 3 359 425, translating into an increase of over 85 000 voters.
In line with ensuring all South Africans have access and opportunities to participate in the electoral processes, the IEC has announced citizens will no longer incur any data costs when interacting with the Online Voter Registration Portal.
The Commission has also announced the second voter registration will take place on 1 and 2 August. Voters and eligible citizens must make use of these opportunities to ensure they are in the correct municipal ward segment of the National Common Voters Roll.
Citizens who have not yet registered are reminded that the Online Voter Registration Portal will remain available until the official Proclamation of the 2026 Local Government Elections.
When registering online:
- Go to (www.elections.org.za) and go to registertovote
- Enter your name and surname, contact details, and create a password
- Capture your address details
Upload a photo or file of your valid SA ID – green ID book, smart ID or temporary ID
- Insert the One Time Pin (OTP) sent to your mobile phone
Receive a notification that you are registered to vote within 24 hours
To check if you are registered:
- SMS your ID number to 32810 (R1 per SMS)
Go to your local IEC office from Monday to Friday during office hours
- Go to the IEC website: www.elections.org.za and follow the link “Am I registered to vote?’
- Check the Voters’ Roll at the voting station where you are registered to vote during the voter registration weekend
- Call Toll-free from a landline to the call centre 0800 11 8000



Trompoppies
DIE trompoppies van Ceres Primêr is gekies om saam met die Bolandspan aan die SAMCA nasionale presidentsliga-toernooi vanaf 3 -11 Julie in Gauteng te gaan deelneem. VLNR: Shamah Tieties, Luché Mathysse, Eriné Baron, Luché le Fleur en Elainah Sauls. *Ceres Primêr is trots op hierdie prestasie van die leerders en vra die gemeenskap, plaaslike besighede en sakeleiers om die skool te ondersteun met skenkings om die groep in staat te stel om sonder finansiële bekommernisse aan die kompetisie deel te neem. Die geraamde kostes beloop nagenoeg R7 500 per deelnemer en sluit in akkommodasie, etes asook die inskrywingsfooie. Vir meer navrae skakel gerus die skool by (022) 100-0787. * Truveto Snyders is in die enkel mans kategorie opgeneem.

Laastedrif Agri (Pty) Ltd. is ‘n gevestigde kommersiële landbou-onderneming wat spesialiseer in die produksie van vars vrugte en groente. Laastedrif is in Ceres gebaseer en bedien ‘n verskeidenheid plaaslike supermarkte, sowel as internasionale markte. Hierdie poste rapporteer aan die Eienaar en senior bestuurspan, en is geskik vir individue wat volle operasionele verantwoordelikheid kan neem en verseker dat alle aspekte van produksie doeltreffend bestuur word.
Die Senior Produksiebestuurder: Kern- en Steenvrugte sal volle verantwoordelikheid neem vir ’n produksieeenheid van 120ha kern- en steenvrugte, terwyl die Senior Produksiebestuurder: Kernvrugte volle verantwoordelikheid sal neem vir ’n 120ha kernvrugte-eenheid.
Die ideale kandidate is sterk, praktiese leiers wat ewe gemaklik is met beide vooruitbeplanning sowel as die daaglikse bestuur van plaas aktiwiteite - individue wat spanne effektief kan lei en die druk van onafhanklike plaasbestuur kan hanteer.
Sleutel verantwoordelikhede sluit in (maar is nie beperk tot):
•Beplanning en bestuur van alle produksie-aktiwiteite vanaf aanplanting tot oes;
•Toesig oor besproeiing, bemesting, gewasbeskerming en boordprestasie;
•Begrotings- en kostebestuur;
•Leiding, ontwikkeling en bestuur van produksie-spanne;
•Monitering en verslagdoening van produksie-, gehalte- en algemene prestasie;
•Verseker dat alle boerderypraktyke aan vereiste standaarde en sertifiserings voldoen;
•Deurlopende verbetering van prosesse om produktiwiteit, gehalte en winsgewendheid te verhoog.
Minimum vereistes:
•’n Relevante tersiêre kwalifikasie in Landbou of ’n soortgelyke veld;
•Bewese ervaring in ’n soortgelyke rol met die bestuur van groot plase en produksie-spanne;
•Ervaring in die verbouing van kern- en/of steenvrugte;
•Bewese kennis en ervaring van begrotings- en kostebestuur;
•Goeie kennis van arbeidsverhoudinge;
•Sterk rekenaarvaardighede (MS Office, spesifiek Excel);
•Geldige bestuurslisensie.
Ons kliënt bied ’n mededingende vergoedingspakket, asook verblyf. Aansoeke sal oorweeg word in terme van die Werkgewer se Indiensnemingsbeleid en Indiensnemingsgelykheidsdoelwitte.
DIE eerste FAK-kultuurnaweek, wat van 19 tot 20 Junie op die Montpellier Wynlandgoed buite Tulbagh aangebied is, het alle verwagtinge oortref en bewys dat daar ’n sterk behoefte bestaan aan gehalte- Afrikaanse kuns, musiek, teater en kultuurervarings in die Wes-Kaap. Wat as ’n inisiatief begin het om die FAK se kultuurvoetspoor in die Wes-Kaap uit te brei, het gegroei tot ’n besonderse viering van Afrikaanse kreatiwiteit, vakmanskap en gemeenskap. Besoekers van reg oor die Wes-Kaap het saamgetrek om die unieke program te geniet wat sorgvuldig saamgestel is om die beste van Afrikaanse uitvoerende en visuele kunste aan te bied. Teen die skilderagtige agtergrond van die Winterhoekberge en die historiese wynlandskap van Tulbagh het die fees ’n atmosfeer geskep waar kuns en kultuur op ’n intieme en betekenisvolle wyse beleef kon word. Anders as groter feeste wat dikwels deur oorvol programme gekenmerk word, het die FAK-Kultuurnaweek gefokus op gehalte, verdieping en persoonlike betrokkenheid.
Die fees het op Vrydagaand afgeskop met Cap Classique: Die Kaap is weer Klassiek!, ’n stylvolle openingskonsert wat die toon vir die naweek aangegee het. Die kombinasie van uitnemende musiek, Montpellier se bekroonde wyne en die unieke atmosfeer van die wynkelder het besoekers onmiddellik in die feesgees gedompel.
Een van die hoogtepunte van die naweek was die bekroonde eenmanstuk Reünie met Frank Opperman. Die produksie, geskryf deur

Vir meer inligting en om aansoek te doen, besoek www.m3online.co.za voor 09:00 op 9 Julie 2026.
Dana Snyman en bekroon met ’n kykNET Fiësta-prys, het gehore diep geraak. Musiekliefhebbers is ook bederf met By alle skone dinge, waarin die komponis Franco Prinsloo se toonsettings van ikoniese Afrikaanse poësie tot lewe gekom het deur die stem van Chris Vale. Werke van onder andere Ingrid Jonker, N.P. van Wyk Louw, Breyten Breytenbach en Antjie Krog het nuwe dimensies gekry in ’n produksie wat die rykdom van Afrikaanse woordkuns beklemtoon het. Die visuele kunste het ook sterk verteenwoordiging geniet deur John Robbertse se uitstalling Skep, waarin identiteit, herinnering en kultuur deur ou voorwerpe en miniatuurskilderye ondersoek is. Besoekers het die geleentheid gehad om met die kunstenaar te gesels en die stories agter die werke te ontdek.
’n Verdere hoogtepunt was die gesprek Wynstories, waarin Frank Opperman, Franco Prinsloo en Sallas de Jager die rol van musiek in rolprente en televisiereekse bespreek het. Die gesprek het waardevolle insigte gebied oor die kreatiewe prosesse agter sommige van Suid-Afrika se bekendste produksies en het gelei tot lewendige gesprekke onder feesgangers. Die fees is Saterdagaand afgesluit met die elegante Spyseniersberg Soirée, waar musiek, wyn en samesyn op gepaste wyse die einde van ’n onvergeetlike naweek gemerk het. Die konsert het die fees se kernboodskap perfek saamgevat: dat kultuur mense bymekaarbring, inspireer en ’n gevoel van verbondenheid skep.


Sian op pad na George vir muurbal
SIAN Myburgh van Laerskool Gericke het Saterdag 20 Junie die Boland Muurbal pette-se remonie bygewoon. Sian gaan Boland by die Interprovinsiale muurbaltoernooi (IPT) verteenwoordig wat van 27–30 Junie op George plaasvind.


DIE vloedskade van 11-13 Mei kan duidelik gesien word op die fotos van die laagwaterbruggie naby Morrisdale Primêr. Dit sal etlike maande duur voordat die bruggie herstel gaan word. Die Witzenberg munisipaliteit het reeds aansoek vir befondsing gedoen by nasionale rampbestuur. Die verkeer van Rooikamp en omliggende gedeeltes word met die hulp van die verkeersdienste gehelp om in Voortrekkerstraat in te draai. Verkeersvolumes het baie toegeneem en dra by dat verkeer met tye stilstaan in Voortrekkerstraat.
SES weke nadat die Witzenbergstreek onder een van die ergste storms in 'n paar dekades deurgeloop het, het Eskom die week laat blyk dat normale kragtoevoer na Ceres en ander dorpe, eers teen 3 Julie na normaal sal terugkeer.
Dit is 'n week later as wat aanvanklik beplan is. Huishoudings, klein ondernemings en fabrieke op die dorp sal nou vir 'n ekstra week met beurtkrag moet saamleef.
Twaalf kragtorings is tussen 11-13 Mei op drie verskillende plekke omgewaai en beskadig - baie daarvan in bergagtige gedeeltes wat moeilik bereikbaar is.
In 'n munisipale omsendskrywe wat Maandag 22 Junie op sosiale media geplaas is, sê die Witzenberg munisipaliteit dat Eskom die tydelike herstelwerk aan die 132 kV hoofkraglyn tussen Boskloof en Romansrivier eers teen 3 Julie sal afhandel.
Eskom werknemers saam met privaat instansies is al ses weke besig om die hoofkraglyn te herstel, gate te help grawe en toegangspaaie te bou. Die stukkende kragtorings word met ongeveer 50 houtmaste vervang. Die pale van 18 meter lank moet in 3 meter diep gate geplant word en elke paal weeg nagenoeg 1500kg. Herstelwerk word deur die bergagtige terrein belemmer.
As dié herstelwerk afgehandel is, moet 12 nuwe kragtorings opgerig word om die tydelike lyn te vervang. Eskom beplan om die permanente kragtorings voor einde Desember 2026 te vervang en te voltooi.
Beurtkrag verleng
Nywerhede en sakeondernemings maak sedert die storm en vloed gebruik van kragopwekkers en die verbruik word op sowat R3 miljoen se diesel per dag geraam.
Dit het 'n groot impak op landbou-aktiwiteite.

BONGANI Banda (22), die tweede verdagte wat aangekla is van moord op 'n sendeling en Ceres-inwoner, is die week gevonnis.
Dit bring na meer as drie jaar, 'n einde aan die moordverhoor van twee mans wat op klagtes van roof met verswarende omstandighede, diefstal van 'n motorvoertuig en die moord op Herman Nieuwoudt (59) tereggestaan het.
Banele Moya (22) het vroeër skuld beken en 'n pleitooreenkoms met die staat aangegaan. Hy dien tans 'n effektiewe vonnis van 20 jaar uit.
Banda se verhoor het in Desember 2025 in die Worcester streekhof begin en is Maandag 22 Junie afgehandel met vonnisoplegging.
Banda is 15 jaar tronkstraf opgelê weens die roof met verswarende omstandighede, 30 jaar weens die moord en 5 jaar vir voertuigdiefstal.
Die vonnisse weens roof en diefstal sal saam met die vonnis vir moord uitgedien word wat beteken dat Banda effektief 30 jaar agter tralies sal bly. Agtergrond Dié moord het destyds skokgolwe deur die Witzenbergstreek gestuur.
Herman Nieuwoudt het op Vrydag 5 Mei 2023 net na 17:00, sy huis op Ceres verlaat om kruideniersware in die dorp te gaan koop. Die Toyota dubbelkajuit bakkie waarmee hy gery het, is die laaste keer omstreeks
18:00 op veiligheidskameras opgemerk waar dit uit Ceres in die rigting van Michellspas gery het. Saterdag 6 Mei 2023 omstreeks 08:30 het 'n voetganger lede van die Worcester SAPD gestop en meegedeel dat hy 'n man se liggaam, wat later as dié van Herman Nieuwoudt uitgeken is, langs die pad opgemerk het. Pleitooreenkoms
Moya het einde April in sy pleitooreenkoms erken dat hy die betrokke aand van die moord vergesel was van Banda om gemeenskapswerk in Zwelethemba, 'n woonbuurt buite Worcester waar hulle woon, met Nieuwoudt te bespreek.
Terwyl hulle gery het, het die twee moordenaars egter ondermekaar bespreek of hulle iets waardevol by Nieuwoudt kan roof.
Nadat hulle gestop het, het beide mans messe uitgehaal, vir Nieuwoudt gedreig en R3 000 en 'n selfoon met geweld by hom afgevat. Nieuwoudt het hierna probeer vlug maar beide mans het hom agternagesit en verskeie kere met die messe gesteek. Hulle het sy liggaam in bosse langs die Ceres/ Worcesterpad versteek voordat hulle met die bakkie op die vlug geslaan het.
Die twee mans het Worcester toe gery waar hulle probeer het om die gesteelde bakkie te verkoop. Niemand wou egter die bakkie koop nie. Beide is later gearresteer en aangekla.








DIE Togryers museum op Ceres se UBUNTU WINTERDRIVE het amptelik afgeskop. Tot op hede is 270 bottels gepak en die verspreiding daarvan het reeds begin. “Ons kan egter nie die projek volhou sonder die hulp van ons gemeenskap nie. As jy betrokke wil raak kan jy sopprodukte/bottels skenk. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 3122045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@ gmail.com
BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027


Boland Roll on Lawn
Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS STEM, HERSTEL, VERKOOP EN KOOP KLAVIERE.
Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd.
Skakel Wessel de Beer
060-619-2758 of
TALENTE virre Toekoms is opgewonde om aan te kondig dat aansoeke vir die 2026vertoning nou oop is. “Ons nooi aspirantsangers, dansers en akteurs van die Witzenbergstreek uit om aansoek te doen en deel te word van vanjaar se reis. Die oudisies vind op 27 Junie plaas vanaf 10:00-14:00 by Amazing Pies, Vosstraat, Ceres. Belangstellendes kan ‘n WhatsApp boodskap stuur na 081 025 3013 om die skakel vir die aansoekvorm te ontvang.
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum @gmail.com
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
• Police Flying Squad: 10111
• Ambulance Services: 10177

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS
STEFAN STEYN


SECURE
info@jptek.co.za AND ART FRAMING 083-227-6476















CONGRATULATIONS to the SBM AJAX soccer team of Nduli on becoming the Witzenberg Promotional League champions. This incredible victory is a shining example of dedication and community spirit. FLTR: Sipho Nonabe (team manager), André van der Berg (Ceres Fruit Growers Packhouse Manager) and Benjamin Maqala (team founder).

THREE soccer players, Rorisang Seliane (defender - under 15) from Lingomso Primary School in Tulbagh and Tshepo Maifo (central midfielder) as well as Aluve Mqungquthu (goalkeeper - under 17) both from Iincingazethu High School in Nduli, Ceres, were selected at the recent provincial Winter Games for the under-15 African Championship football trials and the under 17 Winter Games that were held in Cape Town.
These learners represented the Cape Winelands schools football structure at the Western Cape provincial finals and will now go on and participate in the national finals that will take place from 11-15 July in the Eastern Cape where they, if selected, will become eligible for the national youth team.
The Witzenberg Local Football Association wants to extend a congratulatory message to these learners and their school's. The Witzenberg LFA is also reminding the schools that the schools football program will commence with the under 13 and under 19 Kay Motsepe Schools Championship when the schools reopen for the third school term in July.
Interested schools can contact Jason Gordon (the interim school football coordinator) for more details at 076-833-2016

SATERDAG 20 Junie het Ceres gholfklub 'n enkel houespel kompetisie (US Open) aangebied. Johan du Toit was die wenner met 69 houe. Carel Matthee was in die tweede plek, ook met 69 houe met
BJ Claasen in die derde plek met 70 houe.
Kompetisies
Op Saterdag 27 Junie word 'n enkel stableford kompetisie aangebied.
Saterdag 4 Julie word 'n enkel syfer plus kompetisie aangebied, op 11 Julie 'n enkel progressiewe stableford kompetisie, op 18 Julie 'n enkel stableford kompetisie en op 25 Julie 'n 4-bal beterbal stableford kompetisie.

DELICIOUS netbalklub het Saterdag 20 Junie vir Alberts B met 47-24 geklop. Mische Africa (middel agter) is aangewys as die speler van die wedstryd.

LAERSKOOL Koue Bokkeveld se eerste tennisspan is die vakansie op pad na Sun City om aan die Egalite tennistoernooi deel te neem. Altesaam 32 spanne sal aan die toernooi deelneem. Die skool bedank al die borge wat hulle ondersteun het. VLNR: Wikus Bothma, Ben van der Merwe, Daniël du Toit, Cassie du Toit, Frans le Roux, Helené du Toit, Cara van den Heever, Zoey Carolus, Zané Bothma en Mia Gagiano.

LEAH Frieslaar van Laerskool Gericke is aangewys as die onderkaptein van die Kaapse Wynlande o/11-netbalspan. Die span neem in die Julie skoolvakansie aan die Interdistrikte netbaltoernooi op Bredasdorp deel.

BOLAND Tweekamp het op 19 Junie hul jaarlikse prysuitdeling aangebied waartydens atlete wat deur die seisoen uitstekende prestasies gelewer het, beloon is. Laerskool Gericke is trots op Mikayla Nieuwenhuis (graad 1) wat aangewys is as die beste o/8 tweekampatleet vir die 2025/2026-seisoen.


Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.



BELLA Vista het Saterdag vir die tweede keer vanjaar vir Ceres geklop. Bella Vista het die opwindende wedstryd met 35-26 gewen.
RUGBYKLUBS in die Boland het Saterdag 20 Junie hul tweede rondte ligaverpligtinge hervat na 'n tweeweek-ruskans.
Een van die wedstryde waarna ondersteuners uitgesien het was die derbystryd tussen Ceres en Bella Vista. Ceres het Saterdag die tweede rondte op 'n lae noot afgeskop toe Bella Vista hulle vir die tweede keer vanjaar geklop het.
Bella Vista het die opwindende wedstryd met 3526 gewen nadat hulle Ceres voorlangs swaar laat leef het. Die gewoonlik gedugte pak van Ceres kon nie aan die gang kom nie. Vir Ceres het Bradley Sass en Tyron Fortuin (2) drieë gedruk met William van Wyk wat ander punte met sy skopvoet aangeteken het. Ceres het eers in die laaste vyf minute twee vinnige drieë gedruk nadat die impakspelers opgekom het.
Boodskap aan ander klubs
Met die oorwinning het Bella Vista 'n duidelike boodskap aan ander klubs in die Witsentraal kompetisie gestuur.
Bella Vista met kaptein Jemiehl Muller, Adrian Mars en Lurencó Jumath aan die voorpunt was met hul stormlopies 'n doring in die vlees van Ceresverdedigers.
Peter Sauls en Lorenzo Boer het oral opgeduik en met hul spoed meters veldgewen. Ook in die lynstane
het Bella Vista die oorhand gehad en verskeie aanvalle is van die lynstane geloods.
Die skakelpaar, Ruan Manuel en Clayton Isaacs, se besluitneming was goed en het beslis rigting gegee aan die wedstryd. Iets wat wel gepla het is dissipline op kritieke tye wat bygedra dat Bella Vista die wedstryd met twaalf spelers op die veld voltooi het.
Vir Bella Vista het Lorenzo Boer twee drieë gedruk terwyl Peter Sauls en Ruan Manuel ook 'n keer agter die doellyn gaan kuier het. Patwin van der Merwe slaag met drie doelskoppe en twee strafdoele. NathanOtniel van Wyk slaag ook met 'n skepdoel.
In die ander wedstryde het Delicious maklik met Wolseley afgereken en met 5031 gewen, Tulbagh moes die knie voor die ligavoorlopers, Roses, buig met 1371, Hamlet was te sterk vir Villagers Newton en het met 6716 gewen. Hillcrest klop Evergreens 5812 en Young Blues verloor tuis met 1541 teen Newtons.
Naweek wedstryde
Ceres reis na Wellington vir hul wedstryd teen Villagers Newtons terwyl Delicious en Bella Vista sake gaan uitspook in hul derbystryd. Hamlet speel weg teen Newtons, Wolseley en Tulbagh pak mekaar terwyl Roses en Hillcrest en Evergreens en Young Blues kragte sal meet.


WEDVLUGDUIWE is Saterdag 20 Junie op Victoria Wes gelos.
Duiwe het redelik vinnig hul hokke bereik met 'n Noordewind wat hulle bietjie kon aanhelp huis toe. Camerin Mars het die Ceresvallei federasie wedvlug gewen met 'n wenspoed van 1491.891 mpm.
Saterdag 27 Junie vlieg die duiwe weer vanaf Leeu Gamka. Ceresvallei federasie wedvlug
Victoria Wes
1. Camerin Mars 1491.891 mpm
2. Van Wyk en


DIVAN Manuel, oudleerder van Wolseley Sekondêr, is weer terug op die atletiekbaan na 'n ernstige kniebesering in 2021. Divan neem van 14 Junie tot 25 Julie deel aan atletiekbyeenkomste in Europa. Hy het 'n verspringitem in Dessau, Duitsland met 'n afstand van 7.84 meter gewen. Hy het ook in Aprilmaand 'n silwer medalje verower by die nasionale kampioenskappe met 'n afstand van 7.95 meter. Divan spog vanjaar met 'n persoonlike beste sprong van 8.07 meter. Hy neem Sondag 28 Junie aan 'n byeenkoms in Frankryk deel.