Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.23 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Promotion valid 19 - 21 June 2026

FRIDAY, 19 JUNE 2026

R12

VOLUME 29 NO. 23

T&C’s apply

(023) 312-2144 l CERES

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 Junie

Vrydag 19 Junie

Saterdag 20 Junie

Sondag 21 Junie

7° 21°

6° 21°

9° 25°

11° 25°

• Air conditioning • Refrigeration

CERES KOEKEDOUW DAM

100%

MICHAEL SMIT 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

TULBAGH DAM

56%

WAVERENSKROON TULBAGH

68,75%

Lesings geneem: 2026/06/17

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Taxis wat pad versper beskadig na Nyala hulle tref 45 MINUTE se chaos! Verkeer het verlede Woensdag 10 Junie tussen 11:45 en 12:30 vir kilometers stilge­ staan nadat ongelukkige taxi-eienaars die pad aan die natuurtuin-kant onwettig geblokkeer het met hul voertuie na 'n onderonsie vroeër die dag met verkeersbeamptes. Die onwettige blokkasie van 'n hooftoegangsroete in Ceres, het verreikende ge­volge vir landbou wie se produkte by die Kaapstad hawe moes kom en inwoners wat hul kinders by skole moes kry. Maar die slegste van dié onwettige optrede was 'n jong pasiënt wie dringende mediese behandeling moes kry en 'n bejaarde inwoner wat anderkant Wolseley suurstof benodig het, wat deur die blokkasie geraak is. Vroeër die oggend was munisipale verkeersbeamptes besig met puntdiens om die oggendverkeer vanaf Rooikamp woonbuurt by die Voortrekkerstraataansluiting by Van Bredabrug te reguleer. 'n Minibusbestuurder het blykbaar op 'n geellyn gestop en mense naby ABSA afgelaai. Verkeersbeamptes het die bestuurder genader waarna daar gevind is dat hy geen lisensie of permit vir die roete, het nie. Hy is na die verkeerskantore begelei waar nog foute aan sy voertuig gevind is wat verband hou met padvaardigheid. Daar is op die minibus beslag gelê. 'n Groep mense het by die verkeerskantore begin saamdrom na die beslaglegging. Die minibuseienaar het ook daar opgedaag

waarna 'n konfrontasie met beamptes ontstaan het toe hy na bewering die minibus se sleutel gegryp het. In die proses is twee van die beamptes beseer. Munisipale wetstoepassers, die verkeersdienste en Ceres polisie het omstreeks 11:40 met begeleiding van 'n Nyala-voertuig van die taktiese ondersteuningseenheid (kontrakteur), die taxi na die Paarl-skut begelei toe hul die onwettige taxi-blokkasie teëkom. Betroubaar word verneem dat 'n taxi voor die konvooi skielik gestop en die bestuurder na bewering uitgespring het. Die aankomende Nyala het die taxi getref en uit die pad ge­stamp. Nog twee ander taxis is by die na­tuurtuin getref. Die munisipaliteit het 'n ondersoek na die voorval geloods. Polisie se ondersoek laat vrae Vrae word nou gevra nadat die Ceres po­ lisie slegs 'n klag van roekelose en nalatige bestuur geopen het. Teen Dinsdag 16 Junie was daar nog geen klag geregistreer teen betrokke minibusbestuurders vir publieke geweld, die onwettige blokkeer van 'n pad of die polisie en verkeersdienste verhinder om hul werk te verrig nie. Die gemeenskap was na die voorval erg ongelukkig en het met talle plasings op sosiale media gereageer en gesê dat sulke optredes glad nie geduld moet word nie. Die verkeersdienste en munisipale wetstoepassers het net hul werk gedoen. Na onderhandelings is die pad omstreeks 12:30 oopgemaak en verkeer kon weer vloei.

DIE beskadigde taxi nadat 'n Nyala-voertuig van die taktiese ondersteuningseenheid hulle getref en uit die pad gery het. Die vragmotor het na die voorval probeer om by tennisklub te draai maar kon nie sy draai kry voordat hy die pad ook geblokkeer het nie.

Porterstraat (023) 312-3411 Besigheidsure: Ma. - Vr.: 08:00 - 17:00 Sat.: 08:00 - 11:30 Kontak ons gerus vir professionele beleggingsadvies.

Promosie geldig tot 31 Julie 2026 (terwyl voorraad hou)

DROMEX DROMEX SOFTSHELL PUFFER JACKET JACKET R600 Black, Royal Blue, Navy R550

Manie Malan CFP®

B Comm (Hons) Fin Accounting, LLB, Admitted Attorney, Advanced PDFP

S 083 448 2290 E manie.malan@psg.co.za

Michelle Goosen CFP®

B Comm, Post Graduate Dip in Financial Planning, CFP

S 072 319 1494 E michelle.goosen@psg.co.za

TERME EN VOORWAARDES GELD. GEEN SMOUSE. PRYSE IS BTW ING.

Radiant Quartz Heater R215

Olive, Black, Navy

Salton Panel Heater R770

DROMEX FLEECE JACKET R330 Khaki, Black, Navy

• Welvaartbestuur • Aftreebeplanning • Boedelbeplanning • Investec Bank CCM

PSG Wealth Ceres | 58 Voortrekker Str | T 072 319 1494

Pineware Quartz Heater R360

Goldair 7 Fin Oil Heater R750 Goldair 9 Fin Oil Heater R850


2 l WITZENBERG HERALD l 19 JUNE 2026

Vyf leerders presteer VYF leerders van Laerskool Gericke het musiekprestasies gelewer om op trots te wees. Die leerders het uitstekende Unisa-musiekuitslae behaal, met lof geslaag en meer as 80% behaal. VLNR: Klara Zulch (graad 1 klavier), Talita Viljoen (voor-graad 1 klavier), Gracie Gibson (voor-graad 1 klavier), Anmarie du Plessis (graad 2 blokfluit) en Hanna Spamer (voor-graad 1 klavier).

TANNIE Babsie van Tulbagh het Vrydag 5 Junie 'n besondere mylpaal bereik toe sy haar 100ste verjaarsdag gevier het. Christina Wilhelmina Adams, alombekend as juf­ frou Babsie, is op 5 Junie 1926 op Steinthal buite Tulbagh gebore. Juffrou Babsie, die jongste van 14 kinders en die enigste oorlewende, het haar skoolloopbaan op Steinthal begin. Sy het standerd 4 geslaag voordat sy later standerd 5 en 6 aan Tulbagh NH Sendingkerkskool voltooi het. Juffrou Babsie voltooi haar skoolopleiding en word later 'n onderwyseres na sy haar studies aan die Rhynse Opleidingskool in Worces­ ter voltooi. Na haar studies aanvaar sy 'n pos op Upington voordat sy terugkeer na Tulbagh en vanaf 1946 tot 1949 skoolhou by Steinthal Primêr en daarna by Tulbagh NG Sendingskool tot Desember 1986. Juffrou Babsie het haar laaste onderwysjare by Waveren Laerskool afgesluit. Sy was baie streng en het naaldwerk en Afrikaans as vakke aangebied.

nuusbrokkies DIE Togryers museum op Ceres se UBUNTU WINTERDRIVE het amptelik af­ geskop. Tot op hede is 270 bottels gepak en die verspreiding daarvan het reeds be­ gin. "Ons kan egter nie die projek volhou sonder die hulp van ons gemeenskap nie. As jy betrokke wil raak kan jy sopprodukte/ bottels skenk. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur 'n e-pos na togryersmuseum@gmail.com INWONERS word uitgenooi om 'n unieke uitstalling uit die Acheulean-tydperk, te kom besigtig by die Togryers museum. Die uitstalling: Die Acheulean-rewolusie: 'n Groot deurbraak in Klipwerktuigtegnologie, fokus op oorspronklike Acheulean-klipwerktu­ ie wat op Ouplaas in die Witzenbergvallei ontdek is. Hierdie artefakte dateer uit die vroeë steentydperk en bied 'n seldsame geleentheid om van die oudste spore van menslike tegnologie in die Witzenbergstreek van nader te besigtig. Van die voorwer­ pe wat uitgestal word, is Acheulean-handbyle, handpikke, afgeskilferde klipskerwe en kapmesse. Hierdie werktuie is vervaardig en gebruik vir 'n verskeidenheid take, waaronder die verwerking van voedsel, houtbewerking en ander alledaagse oorlewing­ stake. Die uitstalling kan besoek word tot einde Juliemaand. Besoektye is Maandag tot Donderdag tussen 08:00 -17:00 en Vrydag van 08:00 -16:00.

TALENTE virre Toekoms is opgewon­ de om aan te kondig dat aansoeke vir die 2026-vertoning nou oop is. "Ons nooi aspi­ rant-sangers, dansers en akteurs van die Wit­zenbergstreek uit om aansoek te doen en deel te word van vanjaar se reis. Die oudisies vind op 27 Junie plaas vanaf 10:0014:00 by Amazing Pies, Vosstraat, Ceres. Belangstellendes kan 'n WhatsApp boodskap stuur na 081 025 3013 om die skakel vir die aansoekvorm te ontvang.

BELANGSTELLENDES wat 'n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027. SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to oth­ ers. This organisation supports schoolgirls, children’s homes, old age homes, hospitals and other small communities around the Witzenberg area. Our work goes beyond giving: we rebuild self-love, health, fitness, and education around the menstruation cycle to schoolgirls. Please help with sanitary pro­ ducts - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223. IN case of emergencies, please keep the following numbers handy: • Police Flying Squad: 10111 • Ambulance Services: 10177 • Cell Phone Emergency: 112 • Disaster Risk Management Centre: 080-911-4357 (HELP) • Poisons Information: 0861-555-777 • Childline: 116 • Lifeline: (021) 461-1113 • Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300 DIE Togryers museum se konferensiefasi­ liteit is oor naweke beskikbaar. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045.


19 JUNE 2026 l WITZENBERG HERALD l 3

Eskom vorder om kraglyn te herstel VYF weke nadat die Witzenbergstreek onder een van die ergste storms in 'n paar dekades deurgeloop het, werk Es­kom en plaaslike privaat instansies nou saam om normale krag toevoer na Ceres en ander dorpe so gou moontlik te herstel.

Twaalf kragtorings is tussen 11-13 Mei op drie verskillende plekke omgewaai en beskadig - baie daarvan in bergagtige gedeeltes wat moeilik bereikbaar is. Die streek se elektrisiteitstoevoer is sedert die storm onstabiel met veral Ceres wat ge­ buk gaan onder nood-beurtkrag terwyl ander dorpe soos Op-die-Berg en P.A. Hamlet ook sukkel met kragtoevoer. In die nuutste beplanning van 11 Junie be­oog Eskom om die 132 kV hoofkraglyn tussen Boskloof en Romansrivier teen 24 Junie tydelik te herstel. Dit is twee dae vroeër as hul vorige aanduiding. Pieter du Toit, voorsitter van Ceres Besig­ heidsinisiatief, het verlede week namens CBI 'n kort verklaring uitgereik om inwoners en sakelui beter in te lig rakende die kragsituasie. "Eskom werk voltyds met twee spanne saam met privaat instansies om die hoofkraglyn te herstel, gate te help grawe en toegangspaaie te bou en te herstel. Die kraglyn gaan tydelik herstel word deur die stukkende kragtorings met ongeveer 50 houtmaste te vervang.

Hierdie is ‘n moeilike projek omdat die krag­lyn deur ‘n bergagtige terrein loop. Die pale van 18 meter lank moet in 3m diep gate geplant word en elke paal weeg nagenoeg 1 500kg." As dié proses afgehandel is, moet 12 nuwe kragtorings opgerig word om die tydelike lyn te vervang. Eskom beplan om die permanente kragtorings voor einde Desember 2026 te vervang en te voltooi. Langtermynoplossing Daar word ook aan 'n langtermynoplossing gewerk. "Daar moet uit foute geleer word en dit is belangrik dat 'n gemeenskap en landbougebied nie afhanklik kan wees van een

DIE voormalige adjunkminister van elektrisiteit, Samantha Graham-Maré, was Maandag 9 Junie deel van 'n afvaardiging wat saam met Agri Wes-Kaap en die Wes-Kaap regering met boere en ander rolspelers in die Witzenbergstreek vergader het. 'n Verslag van boere en besighede op Ceres oor hul elektrisiteitsuitdagings is oorhandig en die afvaardiging is ingelig oor hoe die Witzenberg munisipaliteit help om dié elektrisi­teitsituasie te bestuur. Na afloop van die vergadering is Eskom-spanne ontmoet tydens 'n terreinbesoek. Die spanne herstel die Eskom-lyne wat tydens die vloede in Meimaand beskadig is. Daar het die afvaardiging eerstehands gehoor hoe boere 'n helpende hand bied om die elektrisiteitstoevoer te help herstel. * Grondeienaars, besighede, CBI, CFG, Agri Wes-Kaap, Witzenberg munisipaliteit, Eskom en alle ander rolspelers, insluitend die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit is bedank vir elkeen se bydraes die afgelope weke.

enkele toevoerlyn nie - 'n sirkelroete moet gebou word," sê Du Toit. Hulle werk nou saam met die munisipaliteit om te help met die kragverdeling aangesien die proses nie deur 'n sentrale ge-outomatiseerde beheerpunt beheer word nie. Baie nywerhede en sakeondernemings maak sedert die storm gebruik van kragopwekkers. Volgens Du Toit beraam hulle die verbruik op sowat R3 miljoen se diesel per dag. "Ons bedank elke inwoner vir hul same­ werking en geduld gedurende hierdie ontwrigtende tyd. Die toedeling en bestuur van beskikbare krag in die Witzenbergstreek

word met die grootste verantwoordelikheid en begrip hanteer". Rampbestuur Wes-Kaap het onlangs gesê die skade aan infrastruktuur in die Wes-Kaap beloop meer as R7 miljard en R1.7 miljard vir munisipaliteite. Tydens die Mei-vloede is 11 mense in die provinsie dood en 651 is gered. Humanitêre bystand soos maaltye, komberse en klere is aan 56 000 mense uitgedeel en daar is tydelike huisvesting aan 3690 mense gegee. Meer as 230 padsluitings of ontwrigtings het plaasgevind. Landbou het R5 miljard se skade gelei, 1400 hektaar landbougrond is beskadig en skade aan landbou-infrastruktuur oorskry al R3.9 miljard.


4 l WITZENBERG HERALD l 19 JUNE 2026

Tegnologie kan wag, maar voorbereiding kan nie NA aanleiding van twee weke gelede se artikel oor skerms, tegnologie en kinderontwikkeling was daar heelwat reaksie uit die gemeenskap, en dit het ’n waardevolle gesprek geopen.

Een van die skole wat die gesprek verder geneem het, was Laerskool Koue Bokkeveld, wat die skrywer genooi het om die onderwerp met hulle te kom bespreek. Die gesprek was bitter waardevol en juis daarom deel ek graag hierdie opvolgartikel. My bekommernisse het nie skielik verdwyn nie, maar dit is duidelik dat die skool baie van dieselfde gevare raaksien. Hulle sien ook die lokvalle van tegnologie raak. Hulle sien ook dat ’n jong kind se brein kwesbaar is vir te veel skermblootstelling, onmiddellike beloning, digitale afleiding en die soort prikkels wat baie platforms doelbewus gebruik. Waar hulle dalk van my verskil, lê nie noodwendig in die probleem nie. Die verskil lê in hoe mens die probleem benader. In my eerste artikel het ek geskryf oor die ontwikkelingsproses van ’n jong kind se brein. Die dele van die brein wat ’n kind help om impulsgedrag te beheer, versoeking te weerstaan, langtermyngevolge te verstaan en gesonde selfdissipline te bou, is nog nie ten volle ontwikkel nie. Dit is juis waarom tegnologie op ’n jong brein so ’n sterk uitwerking kan hê. ’n Skerm gee vinnige terugvoer. ’n Speletjie gee onmiddellike beloning. ’n Platform vang sy aandag. ’n Kind se brein leer vinnig dat stimulasie net ’n klik weg is. Dit is juis hier waar Laerskool Koue Bokke­ veld se mening insiggewend is. Hulle uitgangspunt is nie dat tegnologie onskadelik is nie. Hulle probeer ook nie maak asof Chromebooks, Google Classroom en ander digitale hulpmiddels vanself opvoedkundige vooruitgang beteken nie. Wat hulle wel sê, is dat hierdie digitale wêreld reeds bestaan en dat kinders daarmee gekonfronteer gaan word. Die vraag is hoe hulle daaraan blootgestel word, op watter ouderdom, binne watter grense en onder wie se begeleiding. Die skool se siening is dat ’n Chromebook nie die onderwyser moet vervang nie. Dit moet ook nie die boek, die potlood, die klasgesprek of die fisiese leerproses vervang nie. Dit is ’n hulpmiddel.

NOTICE OF SALE IN EXECUTION OF MOVABLE PROPERTY IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN) Case no.: 2025-017841 In the matter between: WILHELM DE KOCK BOERDERY (PTY) LTD Plaintiff and VANESSA ELIZABETH KRUGER 1st Defendant MARIUS WINSTON KRUGER 2nd Defendant In terms of a Warrant of Execution issued by the above Honourable Court, the Sheriff of the High Court for the district of Ceres will sell by public auction the undermentioned movable property: 1 x 2017 Scania R500 V8 Horse - CT4853 1 x 3 Axle Curtain Trailor - CT24602 Date of sale: Time: Sheriff’s office:

25 June 2026 10:00 4 Meul Street, Moorreesburg

DATED AT CERES ON THIS 3 rd DAY OF JUNE 2026.

JOUBERT VAN VUUREN INC

Attorneys for Plaintiff PER: GJ VAN VUUREN 84 Voortrekker Street, CERES 6835 E: retha@jvanvuuren.co.za T: (023) 312-3152

Dit is iets wat bestuur moet word. Hulle wil juis hê kinders moet leer dat tegnologie nie ’n speelding sonder grense is nie, maar ’n instrument wat verantwoordelik gebruik moet word. Hulle probeer die blootstelling beheer en dit in ’n gesonde leerproses inwerk. Hierdie benadering word ook deur die internasionale onderwysliteratuur ondersteun. UNESCO se 2023-verslag oor tegnologie in onderwys stel die beginsel eenvoudig: digitale tegnologie moet leer en onderrig ondersteun, nie die menslike onderwyser en aangesig-tot-aangesig leer vervang nie. Dit is ook hoe ek Laerskool Koue Bokkeveld se terugvoer verstaan. Tegnologie moet sy plek ken. Dit moet iets belangriks ondersteun, nie iets belangriks vervang nie. Wanneer dit die onderwyser, die kind se eie denke, die boek of die fisiese leerproses begin vervang, raak dit nie meer ’n hulpmiddel nie. In die eerste artikel het ek geskryf oor hoe kinders in die regte wêreld ’n mate van risiko nodig het om te ontwikkel. ’n Kind leer nie moed, selfvertroue en goeie oordeel deur teen elke moontlike seerkry beskerm te word nie. Hy leer dit deur te klim, te val, weer op te staan, met ander kinders te bots, konflik te herstel en te ontdek dat hy meer kan hanteer as wat hy gedink het. Wat Laerskool Koue Bokkeveld vir my verduidelik het, is dat hulle dieselfde beginsel ook in die digitale wêreld probeer toepas. Nie om kinders roekeloos aan gevaar bloot te stel nie, maar om hulle onder toesig te leer hoe om gevaartekens raak te sien. Soos ’n ouer ’n kind nie vir altyd van fietsry kan weghou net omdat hy kan val nie, kan ’n skool ook nie maak asof die digitale wêreld nie bestaan nie. Die verskil is dat die skool voel die blootstelling moet begeleid wees. Dit moet begrens wees. Dit moet deur volwassenes bestuur word wat self voorbereid is en verstaan waarna om te kyk. Dit is vir my ’n belangrike punt. Die skool het nie net besluit om tegnologie te gebruik omdat dit modern lyk nie. Hulle het hulleself begin toerus om die gevare daarvan beter te verstaan en te bestuur. Hulle probeer kinders leer hoe om digitale hulpmiddels te gebruik sonder dat daardie hulpmiddels hulle aandag, denke en gedrag begin beheer. Hulle probeer kinders voorberei vir die wê­ reld van hoërskool, kunsmatige intelligensie

en aanlyn invloede, maar binne ’n omgewing waar daar nog leiding, grense en gesprek is. Die tyd van kunsmatige intelligensie maak hierdie gesprek nog belangriker. Ons beweeg in ’n wêreld in waar ’n kind nie net inligting op ’n skerm kry nie, maar waar ’n rekenaar kan antwoord, ontwerp en redeneer. Dit kan ongelooflik nuttig wees, maar dit kan ook ’n kind se eie denke lui maak as dit verkeerd gebruik word. Die gevaar is nie net dat kin­ ders te veel skermtyd kry nie. Die groter gevaar is dat hulle begin glo dat denke iets is wat ’n toestel namens hulle doen. As skole nie hierdie realiteit doelbewus aanspreek nie, kan kinders leer om antwoorde te kry sonder om die denkproses self te ontwikkel. Daarom moet skole in die tyd van kunsmatige intelligensie juis sterker fokus op natuurlike, menslike intelligensie. ’n Kind moet leer om selfstandig te dink, vrae te vra, antwoorde te bevraagteken en goeie oordeel te vorm. Tegnologie kan help, maar dit mag nie die kind se eie verstand vervang nie. Dit is waar ek dink Laerskool Koue Bokke­ veld se benadering sterk is. Hulle staan nie blind aan die kant van tegnologie nie. Hulle is ook nie blind teenoor tegnologie nie. Hulle probeer ’n moeiliker pad stap. Hulle probeer die fisiese wêreld beskerm terwyl hulle kinders voorberei vir die digitale wêreld. Hulle probeer balans hou tussen papier en platform, tussen handskrif en Chromebook, tussen onderwyser en hulpmiddel, tussen beskerming en voorbereiding. Vir ’n klein landelike skool is dit eintlik besonders. Soos ek twee weke gelede genoem het, het ons streek natuurlike voordele wat baie stedelike skole nie meer het nie. Ons kinders het nog ruimte. Hulle het nog gemeenskap. Hulle het nog sport, natuur en die kans om in ’n werklike wêreld groot te word. As ’n skool hierdie sterkpunte kan be­­hou, maar terselfdertyd kinders op ’n verantwoordelike manier leer om tegnologie te verstaan en te bestuur, dan is dit juis ’n sterk model wat die Witzenbergstreek ’n groot voor­sprong gee. Ek dink ander skole in die omgewing kan hieruit leer. Nie deur blindelings meer toestelle in klasse in te bring nie, maar deur eers die regte vraag te vra. Wat probeer ons met tegnologie bereik?

SINCE 2001, Tulbagh's Christmas in Winter has been creating magical memories for families who gather to celebrate Christmas in June. Now celebrating its 25th anniversary, the 2026 festival promises to be the biggest and most joyful celebration yet.

This three-day event from 26-28 June brings families together on historic Church Street for an experience that's become a beloved tradition and a cornerstone of the South African festival calendar, welcoming thousands of visitors annually. Three Days of Family Fun and Festive Magic Friday: Let's Sparkle and Shine The weekend kicks off on Friday evening with the Christmas Light Switch-On followed by the spectacular Farmers Electric Light Parade that lights up the valley. Church Street transforms into a twinkling Christmas wonderland where families can wander through the artisanal craft market, enjoy delicious treats from food vendors, warm up with a cup from the Glühwein shack, visit the festival bars and enjoy live music and entertainment. Saturday: Wine, Dine & All Things Merry Saturday brings the Kidz Winter Wonderland with real snow from snow machines, jumping castles and an Enchanted Forest. Games and activities keep the kids entertained while live music, street performers and carol singers create a festive atmosphere along Church Street. The artisanal craft market and food vendors offer plenty to explore, shuttles run to local wine farms for tastings and the festival bars and Glühwein shack keep everyone warm. Prizes and giveaways add extra excitement throughout the day. Sunday: Defrost Day Sunday brings a more relaxed atmosphere with lamb on a spit and Glühwein recovery specials including mimosas and Bloody Marys. The Kidz Winter Wonderland and Kids Christmas Enchanted Forest continue with games and activities, while live music provides the perfect soundtrack to end the weekend. Throughout the weekend, wine farms and restaurants across the valley offer special tastings, pairings and Christmas-inspired meals. Tickets for the Whole Family All weekend tickets are priced at R250 (includes complimentary Christmas hat). Day passes are R100. Children under 12 enter free, with discounted rates available for children aged 12-18 and pensioners. Wine tasting tickets are R130 (includes wine glass) which are available separately. All tickets available exclusively via Webtickets or any Pick n Pay store nationwide.

Vervang dit iets belangriks, of ondersteun dit iets belangriks? Help dit kinders om beter te dink, of maak dit hulle afhanklik van vinnige antwoorde? Word die kind se wêreld groter en ryker of word dit net platter en meer skermgebaseerd? My bekommernisse van verlede week bly staan. Ek glo steeds dat kinderontwikkeling eerste moet kom. Ek glo steeds dat ’n jong kind se fondament in die fisiese wêreld gebou moet word. Ek glo steeds dat tegnologie maklik te veel plek kan inneem as dit nie doelbewus begrens word nie. Maar ek het ook uit hierdie gesprek gesien dat daar skole is wat die gevare raaksien en aktief probeer werk aan ’n gesonde manier om dit te bestuur. Laerskool Koue Bokkeveld se benadering is nie om kinders onvoorbereid aan die digitale wêreld oor te laat nie. Hulle benadering is om kinders te begelei, te leer, te waarsku en toe te rus voordat hulle eendag sonder die­selfde beskerming in daardie wêreld moet funksioneer. En miskien is dit juis waar die balans lê. ’n Skool wat genoeg van kinderontwikkeling verstaan om te weet dat die fisiese wêreld eerste kom, en genoeg van die moderne wêreld verstaan om te weet dat kinders ook vir die digitale wêreld voorberei moet word. Tegnologie kan wag. Kinderontwikkeling kan nie. Maar voorbereiding, indien dit reg begelei word, is ook deel van kinderontwikkeling en moet betyds en verantwoordelik begin. Artikel geskryf deur Kruger Goosen (Pr. Sci. Nat.), 'n ouer en wetenskaplike.

NS: Byna die helfte van lande in die wêreld het reeds beperkings ingestel om digitale-verslawing onder jong kinders te bekamp. Lande soos Australië (o/16), Frankryk (o/15), Suid-Korea en Griekeland het vir beide selfoongebruik en sosiale media ouderdomsbeperkings ingestel. Pole beplan ook om van 1 September kinders onder 16 jaar te verbied om selfone by skole te gebruik. Komaan, Suid-Afrika, julle bly agter! - RED.

Tulbagh Christmas in Winter Marks 25 Years of Winter Wonderland Magic


19 JUNE 2026 l WITZENBERG HERALD l 5

Cloete gaan later verhoor word DAMION Anthony Cloete (43) wat maande lank deur speurders gesoek is in verband met 'n 2024 huishoudelike geweld klag op Tulbagh, moet weer later die maand in die hof verskyn.

Cloete is vroeg in Meimaand gearresteer en het sedertdien talle kere in die Tulbagh landdroshof verskyn. Uitgestel Die saak is tot 22 Junie uitgestel vir verhoor. Hy was voorheen uit op R500 borg maar het later verdwyn. Cloete bly in aanhouding.

Jain-moordverhoor het nog nie begin nie MEER as vyf jaar na die opspraakwekkende Jain-moord op Wolseley, het die verhoor van vier verdagtes nog nie begin nie.

Die saak is vir die soveelste keer uitgestel - die keer weer sodat een van die verdagtes regshulp kan kry. Die verhoor sal nou op 26 Augustus in die Wolseley streekhof begin - vyf jaar nadat Reneé Jain (51) van Kaapstad in Maart 2021 buite Wolseley vermoor is. Die oudpolisieman en oudhofordonans Maurice Arries (47) het vroeër aangedui dat hy 'n pleitooreenkoms met die staat wil aangaan. Hy verskyn saam met Freddy Lottering (39), Nolan Visagie (27) en Anthony Schippers (25). Die vier mans staan tereg op aanklagtes wat wissel van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuur­wapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad. Moord Inbrekers het op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Jain ingebreek. Reneé Jain was die betrokke aand alleen by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is dood nadat sy deur dié verdagtes in die huis oorval, gewurg en vermoor is. Visagie en Schippers is meer as 'n jaar na die moord in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na 'n gesamentlike polisie-optrede. Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, is in Junie 2023 as verdagte in die saak bygevoeg. Lottering dien tronkstraf uit in 'n ander saak. Arries is nog uit op borgtog van R10 000 terwyl die ander drie mans in aan­ houding bly.

DIE Afrikaanse Taalmuseum en Taalmonument (ATM), die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Historium Trust is verheug om die vyfde Fe­nomenale Vroue-toekennings aan te kondig.

Taalmonument, munisipaliteit en trust borg weer gesogte toekennings DIE Afrikaanse Taalmuseum en Taalmonument (ATM), die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Historium Trust is verheug om die vyfde Fenomenale Vroue-toekennings aan te kondig.

Hierdie toonaangewende jaarlikse geleent­ heid sal die merkwaardige prestasies van die ongelooflike vroue in ons gemeenskap vier. Die versoek om benoemings is nou oop en ons nooi die publiek om onbesonge heldinne wat inspirerende bydraes tot die Kaapse Wynland-gemeenskappe maak, te nomineer. Inskrywings is gratis en sluit op Dinsdag 21 Julie om 16:00. Die beoordeling sal in Augustus deur ’n paneel voor­aanstaande vroue behartig word waarna die toekenningseremonie op Dinsdag 25 Augustus beloof om weereens ’n hoogtepunt van Vrouemaand te wees. Op die glansgeleentheid sal die uit­ sonderlike prestasies van vroue wat hul ge­meenskappe geïnspireer en ander gemo­ tiveer het om na uitnemendheid te streef, erken en gevier word. Die Fenomenale Vroue-toekennings se doel is om toe­komstige geslagte met hoop

en bemagtiging te vervul en te bewys dat daar geen perke is aan wat vroue kan bereik nie. Die gemeenskap word aangemoedig om deel te neem aan die erkenning van hierdie uitsonderlike vroue, ongeag hul agtergrond en hul besonderse reise. Vanjaar se geleentheid vind boonop plaas in dieselfde jaar wat die land die aanvaarding van Suid-Afrika se grondwet 30 jaar gelede (1996) vier, die Soweto-opstande van 50 jaar gelede (1976) herdenk en 70 jaar gelede (1956) se historiese vroue-optog op Vrouedag eer. Op dié manier bring dit plaaslik hulde aan vroue se rol in die bevordering van menseregte, gelykheid en gemeenskapsont­ wikkeling. Die 10 kategorieë is: Landbou, Vroeëkin­ derontwikkeling, Basiese Onderwys, NRO-/ GOW-sektor, Entrepreneur, Ondersteuning, Bestuur, Passie, Bevordering van Afrikaans/ veeltaligheid asook Gestremdhede. Kategoriebeskrywings en bepalings en voorwaardes by www.capewinelands.gov.za. Benoemingsvorms kan aanlyn ingevul en afgelaai word of by enige KWDM-kantoor of by die Historium Trust in Pastorielaan, Paarl, afgehaal word.

Vrou (62) bly in aanhouding DIE saak teen 'n 62-jarige vrou is in die Ceres landdroshof vir verdere ondersoek uitgestel.

Hendriena Sekels het verlede Vrydag 12 Junie in die Ceres land­ droshof verskyn weens die moord op Kerneels Steenkamp wie gesterf het nadat sy hom vermoedelik met 'n mes gesteek het. Die saak is vir konsultasie met regshulp en verdere ondersoek uitgestel tot 26 Junie. Sekels bly in aanhouding. Agtergrond Die polisie is Sondag 18 Januarie omstreeks 18:40 na die moord­ toneel by die Ceres rioolplaas naby Rooikamp ontbied waar hulle Steenkamp aangetref het waar hy dood op die grond lê. Volgens 'n ooggetuie was daar blykbaar 'n argument tussen Steenkamp en Hendriena Sekels.

Moordenaar se verhoor na Junie uitgestel DIE man (22) wat aangekla is van een van die grusaamste moorde die afgelope 30 jaar op Ceres, se saak is vir 'n streekhofdatum uitgestel.

Zwelinjani Mbola (22) van Nduli wat sedert 7 Desember 2025 in aanhouding is, word aangekla van moord en lykskending. Die staat beweer dat Mbola vir Peter Joubert (43) vermoor het deur sy liggaam met 'n skerp voorwerp op te sny. Die saak is uitgestel tot 27 Au­gustus. Agtergrond Wetstoepassers is op 7 Desem­ ber 2025 deur 'n lid van die publiek genader dat 'n onbekende man op die sypaadjie voor 'n onder­ neming in Voortrekkerstraat sit

met liggaamsdele by hom. Die be­amptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het 'n man gesien wat sit by die af­ gekapte arms van 'n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied. Mbola wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrek­ kerstraat, net voor die afdraai na CFG, lê. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die erg geskende liggaam van 'n man aangetref. Van sy organe het langs hom gelê. Die oorledene is later as Peter Joubert (43) van Vredebes en 'n werknemer van Ina's Car Wash Paradise, geïdentifiseer.


6 l WITZENBERG HERALD l 19 JUNE 2026

witzenberg herald Boland Roll on Lawn (023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Anna de Wee ROUDIENS: Do. 18 Jun. Huis: 19:00 Darlingstraat 596, Bella Vista

BEGRAFNIS: Sa. 20 Junie

Huis: 09:00 Darlingstraat 596, Bella Vista Kerk: 10:00 V.G.K. Bella Vista Graf: Bella Vista

Diebeste diens, altyd. John Kannemeyer (023) 316-1814

Martin Jacobus Malgas

Begrafnis: Sat. 20 Junie

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

Kerk: 11:00, Gemeenskapsaal, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

081-742-6706

STEFAN STEYN 083-227-6476

Huis: 10:00, Witzenberg Laan 22, P.A. Hamlet

n/u: 082-5753-181

Jan Jantjies

1983/06/04 - 2026/06/07

ROUDIENS: Donderdag 18 Junie Huis: 19:00 Eerstestraat 4, Vredebes

BEGRAFNIS: Sat. 20 Junie Huis: 09:00 Eerstestraat 4, Vredebes Kerk: 10:00 Geelhoutstraat 97, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

1967/08/08 - 2026/06/13

ROUDIENS: Donderdag 18 Junie

Huis: 19:00 Japonikastraat 1029, Bella Vista

BEGRAFNIS: Sat. 20 Junie

Huis: 10:00 Japonikastraat 1029, Bella Vista Kerk: 11:00 Ebeneser Kerk, Bella Vista Graf: Bella Vista

081-742-6706 n/u: 082-5753-181

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing (023) 312-1254 (023) 312-1274

AND ART FRAMING 1956/01/19 - 2026/06/10

Ser vice Cent er & Panelbeat ing

Voortrekker St., Ceres

Merlin Sass

1951/08/03 - 2026/06/09

CENTRAL CERES MOTORS

Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres

Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more

André du Preez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

Select

LAUNDRY Whatsapp of skakel

082-821-3610 Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit

Ons tel op en lewer af op spesiale versoek* *Terme en voorwaardes geld

PLANT AND TOOL HIRE

Mini skip rentals

2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 (023) 312-1414

c/o Vos- & Faure Street 83

Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml) - Sans 241: 2015 limit = 0 WATER TREATMENT WORKS

25 May 2026 - 15 June 2026 25 May 2026

1 June 2026

8 June 2026

15 June 2026

Skakel Wessel de Beer

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere! Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. (060) 619-2758 of 082-704-3276

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Warm klere • Jasse • Kinderklere Wintersklere reeds uitgepak!

Dankie vir al die donasies Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat

Ma - Vry: 09:00 - 16:30 Sat: GESLUIT


19 JUNE 2026 l WITZENBERG HERALD l 7

Youth Day: WCG launches Positive Parenting Series THIS Youth Month, the Western Cape Government is launching an innovative positive parenting series, covering spe­cific topics that teens told us are important to them.

Nearly 50 000 teenagers across the Wes­ tern Cape helped to shape a new chapter in how the province supports adolescent wellbeing and parental connection. Through the Planet Youth survey, rolled out across the province in 2025, almost 50 000 Grade 8 and 9 learners from 123 schools shared their experiences, challenges and as­pirations. With a response rate of almost 89%, the sur­ vey provides one of the most comprehensive pictures ever collected of adolescent wellbe­ ing in the province. The survey showed us that parents play an important social protective role in teens’ lives and now, through a video podcast, we are discussing these insights with parents on how to connect with their teens on the things that matter most to them. The findings are helping to shape how the Western Cape Department of Health and Wellness supports young people through the launch of the Masithethe “Let’s Talk” Positive Parenting Series and through the expansion of Youth Zones, which are adolescent-fo­ cused healthcare spaces. "Adolescence is a period of great vulner­ ability, but it is also a period of enormous possibility. If we want young people to make healthy choices, we must create environ­

ments that make those choices possible," says Dr. Keith Cloete, Head of the Western Cape Department of Health and Wellness. Western Cape Minister of Health and Wellness Mireille Wenger said the Planet Youth findings provide valuable insight into the factors that help young people thrive. "If we want to improve youth wellbeing, we must focus on prevention. The Planet Youth findings show us that strong families, supportive adults and safe spaces are some of the most powerful protective factors in a young person's life. Our response is therefore focused on strengthening those protective factors before problems become crises." Strong families remain one of the best forms of prevention The Planet Youth findings show that parents and caregivers remain among the strongest protective influences in a young person's life. Yet the survey also found that: - 33% of learners seldom or rarely spend time with their parents on weekends; - 29% identified their mental health as an area where they need support; and - learners whose parents know where they are after school, maintain open communication and set clear expectations are significantly less likely to engage in risky behaviours such as drinking, vaping, cannabis use and unsafe sexual activity. In response, the Department is launching the Masithethe Positive Parenting Program­ me on 16 June 2026.

Masithethe, meaning "Let's talk", is an ini­ tiative aimed at supporting the whole family around the adolescent. More than a parenting programme, it is an investment in stronger family relationships, safer communities and better outcomes for young people. The programme brings together teenagers, parents, caregivers and professionals with expertise in parenting and family support in an open and practical conversation series about the realities of raising adolescents in today's world. The content focuses on positive communication, trust-building, setting healthy boundaries and providing consistent support. Parents and caregivers are empowered with practical skills that help young people thrive while reducing the risks associated with violence, substance abuse, teenage pregnancy and other harmful outcomes. The series shares honest information, tools and re­ sources that families can use in everyday life. Creating safe spaces where young people belong The Department is also encouraging teens to make use of its free Youth Zones across the province. Youth Zones are dedicated adolescent-friendly spaces often located within healthcare facilities but separate from routine clinic areas. Teenagers often do not access healthcare because of inconvenience, stigma or the feel­ ing that services are not designed for them. Youth Zones provide access to informa­ tion, support and services related to mental,

sexual and physical health in a welcoming, non-judgemental environment. They also create opportunities for young people to take ownership of their wellbeing and make informed decisions about their futures. While not all facilities currently have Youth Zones, the Department aims to expand this model as widely as possible. The Planet Youth survey found that only 68% of teenagers feel safe in their com­ munities, highlighting that improving youth wellbeing requires a whole-of-society effort. To help create healthier and safer environ­ ments for young people, the Department is working with other Western Cape Govern­ ment departments, civil society organisations and community partners to strengthen oppor­ tunities for connection and belonging through after-school programmes, youth-focused safe spaces and community partnerships. This Youth month, the Department encour­ ages parents, caregivers and communities to invest in the wellbeing of young people by listening to them, supporting them and creating environments where they can thrive. The evidence is clear: When young people have strong relationships, supportive adults and safe spaces, they are more likely to make healthy choices and reach their full potential. Building those protective factors is not only an investment in our youth, but an investment in the future of the Western Cape.

Saterdag

Jacques Meyer wen kompetisie op Ceres SATERDAG 13 Junie het Ceres gholfklub 'n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied.

Jacques Meyer, 'n besoeker van Worcester, was die wenner met 40 punte gevolg deur Henry Brown in die tweede plek en Johan Smit in die derde plek, beide met 36 punte. Roy Engelbrecht was vierde met 35 punte en Johann van der Merwe in die vyfde plek met 34 punte. TWEE leerders van Mooi Uitsig Primêr, Kaylen Lintnaar en Ava Molosana, het Saterdag 30 Mei aan die Kaapse Wynland distrik gimnastiek kampioenskappe in die Paarl deelgeneem. Hulle het deurgedring na die volgende rondte. Die Wes-Kaap gimnastiek kampioenskappe sal op 28 Junie op Saldanhabaai plaasvind.

ADRIAN Mars van Laerskool F.D. Conradie is opgeneem in die Boland rugby akademiespan. Die span sal aan die Cravenweek in Bloemfontein deelneem vanaf 28 Junie - 3 Julie.

Kompetisies Spelers moet kennis neem dat op 20 Junie vind die US Open houespel gholfkompetisie en dans plaas. Op Saterdag 27 Junie word 'n enkel stableford kompetisie aangebied.

BUSINESS ACCESS CONTROL

087 095 3617

info@jptek.co.za


8 l WITZENBERG HERALD l 19 JUNE 2026 Die Witzenberg Her­ ald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en ge­druk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei­l­a nd. Geen ad­vertensie/re­­ daksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars vol­ gens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gere­ produseer word nie.

Sport Witzenberg Herald

Roberto se duiwe wen WEDVLUGDUIWE is Saterdag op Leeu Gamka gelos.

Duiwe het vinnig hul hokke bereik met die Ceres duiweboere wat baie goed gedoen het in die Winelands Racing Pigeons Union. Meyer en Van Wyk het die unie wedvlug vanaf Leeu Gamka gewen. Roberto van Wyk wen die WRPU (Wine­ lands Racing Pigeons Union) wedvlug vanaf Beaufort Wes (16 Junie) en neem die eerste en tweede plekke in. Saterdag word die duiwe op Victoria-Wes losgelaat. Ceresvallei federasie wedvlug Leeu Gamka 1. Meyer en Van Wyk 1602.630 mpm 2. Marius Koopman 1590.145 mpm 3. Emile Arries - 1585.506 mpm 4. Sunny Lofts - 1582.593 mpm 5. ODE Lofts - 1578.152 mpm CHPS - Leeu Gamka 1. Cyril en Ann Davids 1547.536 mpm 2. Cyril en Ann Davids 1528.658 mpm 3. Team Koopman ARL - 1508.005 mpm 4. Cyril en Ann Davids 1507.134 mpm 5. Team Koopman ARL - 1499.454 mpm Tulbagh duiweklub Laingsburg Jaaroud 1. Louis en Inamari 1057.466 mpm 2. Louis en Inamari 1057.466 mpm 3. Bertie Rabie - 977.760 mpm 4. Bertie Rabie - 921.864 mpm 5. Bertie Rabie - 890.604 mpm Tulbagh duiweklub Laingsburg Ope 1. Louis en Inamari 1131.345 mpm 'n SPRINGBOK-KAMP het verlede week plaasgevind ter voorbereiding van Sa­ terdag 20 Junie se wedstryde teen Zimbabwe en die Barbarians in Gqeberha. Rassie Erasmus, Springbok-afrigter, kon weens die Bulle se verpligtinge in die VRKeindstryd op 19 Junie, nie die oefengroep kies wat hy graag sou wou nie. Luan Giliomee van Ceres, was deel van die 51 spelers wat na die oefenkamp genooi is. Na die kamp is hy in die Springbok A-span opgeneem wat Saterdag teen Zimbabwe speel. * Luan, wat vanjaar 'n droomseisoen beleef, is ook ingesluit in die Junior Springbokgroep wat Suid-Afrika se Wêreldrugby o/20 kampioenstitel in Georgië gaan verdedig. Die toernooi begin op 27 Junie met Suid-Afrika wat om 18:30 teen Uruguay speel. Op 2 Ju­lie om 18:30 speel die Junior Bokke teen Georgië en teen Wallis op 7 Julie om 16:00.

2. Louis en Inamari 3. Always Rising Loft 4. Louis en Inamari 5. Louis en Inamari BHPS Leeu Gamka Ope 1 1. Emile Arries - 2. Sunny Loft - 3. ODE Lofts - 4. Van Rooy Loft 5. Roberto van Wyk -

1089.487 mpm 1071.559 mpm 1060.978 mpm 1001.508 mpm 1585.506 mpm 1582.593 mpm 1578.152 mpm 1574.034 mpm 1570.069 mpm

Dinsdag 16 Junie het duiwe vanaf Beaufort Wes gevlieg. Roberto van Wyk het dubbel seker gemaak van 'n oorwinning toe hy die eerste twee plekke in die Ceresvallei federasie wedvlug ingeneem het. 1. Roberto van Wyk 1671.195 mpm 2. Roberto van Wyk 1670.337 mpm 3. CT Nige - 1670.145 mpm 4. Emile Arries - 1669.338 mpm 5. Roberto van Wyk 1668.338 mpm CHPS - Beaufort Wes 1. Cyril en Ann Davids 1599.542 mpm 2. Cyril en Ann Davids 1540.272 mpm 3. Michael Mauritius 1474.638 mpm 4. Cyril en Ann Davids 1453.893 mpm 5. Cyril en Ann Davids 1452. 606 mpm BHPS Beaufort Wes 1. Roberto van Wyk 1671.195 mpm 2. Roberto van Wyk 1670.337 mpm 3. Emile Arries - 1669.030 mpm 4. Roberto van Wyk 1668.338 mpm 5. Emile Arries - 1638.542 mpm

RUGBYKLUBS in die Boland hervat Saterdag 20 Junie hul tweede rondte liga­ verpligtinge na 'n breuk van twee weke. Spelers behoort uitgerus en reg te wees

vir die tweede rondte. Baie spanne sal hul momentum wil behou terwyl ander hul sokkies sal moet optrek. Een van die wedstryde waarna ondersteuners uitsien is die derbystryd tussen Ceres en Bella Vista. Ceres sal die keer die bordjies wil verhang nadat Bella Vista hulle in die eerste rondte geklop het. In die ander wedstryde pak Delicious vir Wolseley, Tulbagh speel tuis teen ligavoorlopers, Roses, Hamlet is gasheer vir die wedstryd teen Villagers Newton, Hillcrest speel teen Evergreens en Young Blues speel teen Newtons.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook