





![]()






187 jaar agter tralies.
Die veroordeelde verkragter en gevaarlike misdadiger, Leano Vergotine van Bella Vista, is Donderdag in die Kaapstad Hooggeregshof vyf lewenslange vonnisse en meer as 70 jaar opgelê. Vergotine (42), is Donderdag 4 Junie deur waarnemende regter Amanda van Leeve gevonnis.
Berig op bladsy 3







'n MAAND nadat die Witzenbergstreek onder erge oorstromings en winde van meer as 160 km/h deurgeloop het, sukkel talle dorpe sedertdien met kragonderbrekings en slegs 40% kragtoevoer word deur Eskom voorsien wat deur besighede en huisbewoners gedeel moet word. Eskom, tesame met plaaslike privaat-inisiatiewe, is na die storm volstoom besig om normale krag toevoer na Ceres en ander dorpe te herstel nadat 12 kragtorings op drie verskillende plekke omgewaai en beskadig is. Baie daarvan in bergagtige gedeeltes wat moeilik bereikbaar is. Die streek se elektrisiteitstoevoer is sedert die storm onstabiel met sekere areas wat na die storm geen elektrisiteit ontvang het nie. Dit sluit in talle plase en Op-dieBerg en P.A. Hamlet in, waar die vloede ernstige skade aangerig het. In die nuutste beplanning beoog Eskom om die 132 kV hoofkraglyn tussen Boskloof en Romansrivier teen 26 Junie tydelik te herstel.
Pieter du Toit, voorsitter van Ceres Besigheidsinisiatief, het die week namens CBI 'n kort verklaring uitgereik om inwoners en sakelui bietjie in te lig rakende die kragsituasie.
"Eskom werk voltyds met twee spanne saam met privaat inisiatief om die hoofkraglyn te herstel, gate te help grawe en toegangspaaie te bou en te herstel. Die kraglyn gaan tydelik herstel word deur die stukkende kragtorings met ongeveer 50 houtmaste te vervang. Hierdie is ‘n moeilike projek omdat die kraglyn deur ‘n bergagtige terrein loop. Die pale van 18 meter lank moet in 3m diep gate geplant word en elke paal weeg nagenoeg 1 500kg."
"Eskom doen tans alles in hul vermoë om teen 26 Junie dié tydelike lyn aan te skakel. Hierna moet 12 nuwe kragtorings opgerig word om die tydelike lyn te vevang. Eskom beplan om die permanente



kragtorings voor einde Desember 2026 te vervang en te voltooi. Ons vra elke inwoner se samewerking en geduld gedurende hierdie ontwrigtende tyd. Die toedeling en bestuur van beskikbare krag in die Witzenbergstreek word met die grootste verantwoordelikheid en begrip hanteer".
Langtermynoplossing
Daar word ook aan 'n langtermynoplossing gewerk. "Daar moet uit foute geleer word en dit is belangrik dat 'n gemeenskap en landbougebied nie afhanklik kan wees van een enkele toevoerlyn nie - 'n sirkelroete moet gebou word," sê Du Toit. Hulle werk nou saam met die munisipaliteit om te help met die kragverdeling aangesien die proses nie deur 'n sentrale ge-outomatiseerde beheerpunt beheer word nie.
Baie nywerhede en sakeondernemings maak sedert die storm gebruik van kragopwekkers.
Volgens Du Toit beraam hulle die verbruik op sowat R3 miljoen se diesel per dag. Meer as R5.2 miljard se vrugte en groente in koelkamers en pakhuise moet sedert die storm met beperkte kragtoevoer koel gehou word. Dit is 'n groot finansiële las op plaaslike nywerhede.
Rampbestuur Wes-Kaap het die week gesê die skade aan infrastruktuur in die Wes-Kaap beloop meer as R7 miljard en R1.7 miljard vir munisipaliteite. Tydens die Mei-vloede is 11 mense in die provinsie dood en 651 is gered. Humanitêre bystand soos maaltye, komberse en klere is aan 56 000 mense uitgedeel en daar is tydelike huisvesting aan 3690 mense gegee. Meer as 230 padsluitings of ontwrigtings het plaasgevind. Landbou het R5 miljard se skade gelei, 1400 hektaar landbougrond is beskadig en skade aan landbou-infrastruktuur oorskry al R3.9 miljard.

45 MINUTE se chaos! Verkeer het Woensdag tussen 11:45 en 12:30 op Ceres aan beide die dorpskant sowel as Michellspas stilgestaan nadat 'n vragmotor liggies teen 'n taxi gebots het. Die voorval het naby Ceres tennisklub plaasgevind. Daar het ook 'n klomp taxis by die natuurtuin gestaan wat albei rybane geblokkeer het. Die polisie en verkeersdienste was op die toneel. Verkeer het teen 12:30 weer stadig begin beweeg.

DIE Afrikaanse Taalmuseum en -monument (ATM), die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) en die Historium Trust is verheug om die vyfde Fenomenale Vroue-toekennings aan te kondig. Hierdie toonaangewende jaarlikse geleentheid sal die merkwaardige prestasies van die ongelooflike vroue in ons gemeenskap vier.
Die versoek om benoemings is nou oop en ons nooi die publiek om onbesonge heldinne wat inspirerende bydraes tot die Kaapse Wynland-gemeenskappe maak, te nomineer. Inskrywings is gratis en sluit op Dinsdag 21 Julie om 16:00.
Die beoordeling sal in Augustus deur ’n paneel vooraanstaande vroue behartig word waarna die toekenningseremonie op Dinsdag 25 Augustus beloof om weereens ’n hoogtepunt van Vrouemaand te wees. Op die glansgeleentheid sal die uitsonderlike prestasies van vroue wat hul gemeenskappe geïnspireer en ander gemotiveer het om na uitnemendheid te streef, erken en gevier word.
Die Fenomenale Vrouetoekennings se doel is om toekomstige geslagte met hoop en bemagtiging te vervul
en te bewys dat daar geen perke is aan wat vroue kan bereik nie. Die gemeenskap word aangemoedig om deel te neem aan die erkenning van hierdie uitsonderlike vroue, ongeag hul agtergrond en hul besonderse reise. Vanjaar se geleentheid vind boonop plaas in dieselfde jaar wat die land die aanvaarding van SuidAfrika se grondwet 30 jaar gelede (1996) vier, die Soweto-opstande van 50 jaar gelede (1976) herdenk en 70 jaar gelede (1956) se historiese vroueoptog op Vrouedag eer. Op dié manier bring dit plaaslik hulde aan vroue se rol in die bevordering van menseregte, gelykheid en gemeenskapsontwikkeling.
Die 10 kategorieë is: Landbou, Vroeëkinderontwikkeling, Basiese Onderwys, NRO-/GOW-sektor, Entrepreneur, Ondersteuning, Bestuur, Passie, Bevordering van Afrikaans/veeltaligheid asook Gestremdhede. Kategoriebeskrywings en bepalings en voorwaardes by www.capewinelands.gov.za. Benoemingsvorms kan aanlyn ingevul en afgelaai word of by enige KWDMkantoor of by die Historium Trust in Pastorielaan, Paarl, afgehaal word.


IN celebration of World Blood Donor Day, the Western Cape Blood Service (WCBS) will host blood donation clinics at 10 shopping malls across the province on Saturday 13 June from 09:00 to 15:00.
The goal: 1 day 1000 units of blood.
This year’s World Blood Donor Day theme: One Drop of Humanity. Give Blood. Save Lives, highlights the compassion, generosity and humanity behind every blood donation. It serves as a reminder that a single donation can make a lifechanging difference for patients in need of blood transfusions.
700 units of blood are needed every day to ensure that hospitals across the Western Cape have the blood products needed to treat trauma patients, mothers experiencing childbirth complications, cancer patients and many others whose lives depend on a reliable blood supply for survival.
“World Blood Donor Day is an opportunity to celebrate the extraordinary impact of ordinary people,” says Marike Carli, Public Relations Manager at the Western Cape Blood Service. “Every blood donor represents a drop of humanity in action. Their willingness to give 30 minutes of their time helps save lives and brings hope to patients and families across the Western Cape.”
World Blood Donor Day is officially observed on 14 June, however WCBS will celebrate the occasion on 13 June to provide more people with the opportunity to donate blood and be part of the global celebration.
The public is encouraged to visit one of the participating malls, roll up a sleeve and help WCBS reach its goal of collecting 1000 units of blood in one day. Participating malls: Blue Route Mall, Kenilworth Centre, Liberty Promenade, N1 City, Cape Gate Shopping Centre, Table Bay Mall, Somerset Mall, Tygervalley Shopping Centre, Whale Coast Mall and Langeberg Mall.
Blood donation takes only 30 minutes and one donation can save up to three lives. For more information or to find your participating blood donation clinic, visit wcbs.org.za or send a WhatsApp to 060 549 7244.

KARLI Snyman van Laerskool Gericke se foto: Detailed Leaf, is by die V International Youth Photo Contest-No Frames in Rusland aanvaar. Meer as 12 500 fotos van 3 500 jong fotograwe van 20 lande, is vir die kompetisie ingeskryf. Slegs die beste 30% is aanvaar. Karli se foto is in die makro-kategorie (10–14 jaar) gekeur - ’n besondere prestasie. Karli se aanvaarding het ook gehelp dat die PSSA Youth Photographers of South Africa vir die tweede jaar die kompetisie se Gold Cup vir die beste jeuggroep buite Rusland, verower het.
Heidedal/PiekenierskloofVrugte (Edms) Bpk is 'n gevestigde en progressiewe sitrus, steenvrug, wyndruif- en rooibos tee boerdery/vrugte verpakker in die . Die volgende loopbaangeleentheid het by die onderneming ontstaan. Citrusdal-omgewing WERKSWINKELBESTUURDER (vrugteboerdery)
Bogenoemdeposisielewer‘nbaiebelangrikeondersteuningsdiens aanproduksie-eenhedewattealletyeoptimaalmoetkan funksioneer.
Dieaardvandieposbekleërsewerksbeskrywingvereispraktiese kundigheidenbewesewerkservaring(±5jaar),gerugsteundeur‘n toepaslikekwalifikasie,verkieslikindieselwerktuigkunde. Betroubareenerkendeverwysingsbronnesalbeskikbaarmoet wees.
Verantwoordelikhedewentelrondomdievoorkomendeenroetine instandhouding,asookherstelwerkvanplaasvoertuie,implemente entoerusting.Dieinstandhoudingsafdelingsalookbetrokkewees bydieversorgingvandiebreërinfrastruktuurvandieproduksieeenhede,i.e.geboue,paaie,pompe,ens.
Diepersoonsalselfstandigmoetkanbeplanenorganiseer.Die vermoëomtekanprioritiseerisbelangrik.
Dieposbekleërsalself, saammet‘npaarhandlangers,dievereiste instandhoudingswerkdoen.
Tesamemet'nmarkgerigtevergoedingspakket,bieddie ondernemingdienodigeorganisatoriesekapasiteitomdieposisie tenvolleteondersteun.
Marianne Rousseau ontvang alle navrae en aansoeke vertroulik by tot mwnti@iafrica.com Vrydag, 19 Junie 2026

Verdun Estates, produsent en verpakker van premium steenvrugte en pitvrugte vir plaaslike en internasionale markte, soek ’n proaktiewe en detailgedrewe persoon om hul pakhuisbestuurspan te versterk.
VERANTWOORDELIKHEDE: • Oorhoofse bestuur van Vitrax-stelsels, voorraadbeheer en etikettering • Koördinering van verpakkingsprogramme en markvereistes • Gehaltebeheer en nakoming van uitvoerstandaarde • Monitering en verbetering van pakhuisprestasie en doeltreffendheid • Skakeling met produksie-, bemarkings- en internasionale kliënte • Voorbereiding van gehalteverslae en uitvoering van oudits
VEREISTES: • Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Landbou, Voedseltegnologie, Gehaltebestuur of verwante rigting sal voordelig wees • 3–5 jaar relevante ervaring in ’n vrugtepakhuis of varsprodukteomgewing • Kennis van gehaltestelsels, en uitvoervereistes • Ervaring met Vitrax of soortgelyke stelsels
Indien jy belangstel in die geleentheid, e-pos asb ‘n volledige CV aan nadine@casupport.co.za Indien u aan die keuringsvereistes voldoen, sal ons jou binne twee weke na die plasing van hierdie advertensie kontak.

DIE Togryers museum op Ceres se UBUNTU WINTERDRIVE h et amptelik afgeskop. Tot op hede is 270 bottels gepak en die verspreiding daarvan het reeds begin. "Ons kan egter nie die projek volhou sonder die hulp van ons gemeenskap nie. As jy betrokke wil raak kan jy sopprodukte/ bottels skenk. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur 'n epos na togryersmuseum@gmail.com
TALENTE virre Toekoms is opgewonde om aan te kondig dat aansoeke vir die 2026vertoning nou oop is. "Ons nooi aspirantsangers, dansers en akteurs van die Witzenbergstreek uit om aansoek te doen en deel te word van vanjaar se reis. Die oudisies vind op 27 Junie plaas vanaf 10:0014:00 by Amazing Pies, Vosstraat, Ceres. Belangstellendes kan 'n WhatsApp boodskap stuur na 081 025 3013 om die skakel vir die aansoekvorm te ontvang.
BELANGSTELLENDES wat 'n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 0605591708 of per epos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027.
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
• Police Flying Squad: 10111
• Ambulance Services: 10177
• Cell Phone Emergency: 112
• Disaster Risk Management Centre: 0809114357 (HELP)
• Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861555777
• Childline: 116
• Lifeline: (021) 4611113
• Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 3122045 of stuur 'n epos na togryersmuseum@gmail.com


'n MAAND nadat die Witzenbergstreek onder erge oorstromings en winde van meer as 160 km/h deurgeloop het, sukkel talle dorpe sedertdien met kragonderbrekings en slegs 40% kragtoevoer word deur Eskom voorsien wat deur besighede en huisbewoners gedeel moet word. Eskom, tesame met plaaslike privaat-inisiatiewe, is na die storm besig om normale krag toevoer na Ceres en ander dorpe te herstel nadat 12 kragtorings op drie verskillende plekke omgewaai en beskadig is.

45 MINUTE se chaos! Verkeer het Woensdag tussen 11:45 en 12:30 aan beide die dorpskant sowel as Michellspas stilgestaan nadat 'n vragmotor liggies teen 'n taxi gebots het. Die voorval het naby Ceres tennisklub plaasgevind. Daar het ook 'n klomp taxis by die natuurtuin gestaan wat albei rybane geblokkeer het. Die polisie en verkeersdienste was op die toneel. Verkeer het teen 12:30 weer stadig begin beweeg.


187 jaar agter tralies.
Die veroordeelde verkragter en gevaarlike misdadiger, Leano Vergotine van Bella Vista, is verlede Donderdag in die Kaapstad Hooggeregshof vyf lewenslange vonnisse en meer as 70 jaar opgelê.
Vergotine (42), is Donderdag 4 Junie deur waarnemende regter Amanda van Leeve gevonnis. Na 'n verhoor in die Wynberg hof is hy op 1 Junie op 15 van die 17 klagtes skuldig bevind. Dit sluit vyf aanklagte in van die verkragting van drie minderjariges, twee seuns en 'n meisie, asook die drie aanklagte wat verband hou met die vervaardiging van kinderpornografie en die besit van kinderpornografie.
Vergotine is 5 lewenslange vonnisse opgelê vir verkragting asook 45 jaar op drie aanklagte wat verband hou met die vervaardiging van kinderpornografie en die besit van kinderpornografie. Die res van die vonnis was vir aanranding, seksuele voorbereiding van minderjariges en kinders te gebruik om pornografie te vervaardig.
Vergotine is op een aanklag van ontvoering en een klag van poging tot verkragting, vrygespreek.
Agtergrond
Die voorvalle het in 2022 plaasgevind toe Vergotine die een slagoffer in sy Wendy-huis toegesluit het. Vergotine het fotos van haar geneem en haar verkrag.
Die volgende oggend het die slagoffer daarin geslaag om te ontsnap en die saak by die polisie aan te meld.
Die polisie het na Vergotine begin soek en hom 'n week later op 19 September 2022 gearresteer. 'n Geheuestokkie is tussen sy eiendom gevind nadat dit by Worcester gevangenis ingehandig is.
Die polisie het daarop beslag gelê waarna hulle die ontstellende selfoonvideos en fotos van slagoffers op gekry het waar hy hulle in die berge rondom Ceres verkrag het. Die jongste slagoffer was maar 9 jaar oud en is tussen Januarie en September 2022 gereeld deur Vergotine verkrag. Die videos is in camera deur waarnemende regter Van Leeve, Vergotine se regsverteenwoordiger en die staat besigtig.
Ondersoekwerk
Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) se ondersoekspan word geloof vir hul goeie ondersoekwerk wat gehelp het om Vergotine lewenslank agter tralies te bêre. Die ondersoekbeampte, sers. A.J. van Rooy van Ceres GKS het ure saam met sers. Des Prins en kapt. Jenny van Wyk gewerk om Vergotine suksesvol te vervolg.

DIE polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) se ondersoekspan wat gehelp het om Vergotine lewenslank agter tralies te bêre. VLNR: Kapt. Jenny van Wyk, sers. A.J. van Rooy (ondersoekbeampte), adv. Uys en sers. Des Prins.


ADANJE du Plessis, 'n swemmer en leerder van Laerskool Gericke, het Saterdag 6 Junie in die o/10 afdeling aan die Wynland swemgala in Somerset-Wes deelgeneem en goed presteer. Adanje was eerste in die individuele 100 meter medly (vier verskillende swemitems) en het ook 2de sowel as derde, vierde en vyfde plekke in ander items behaal. Hier is Adanje afgeneem saam met Tatjana Schoenmaker wat ook by die byeenkoms in aksie was.

Amble Ridge (Edms) Bpk is geleë op Rietfontein, Rustenburg en is ’n dinamiese landbou-onderneming wat spesialiseer in kersieproduksie vir plaaslike en internasionale markte.
Ons is opsoek na ’n gemotiveerde Junior Plaasbestuurder, om die Plaasbestuurder te ondersteun met daaglikse plaas bedrywighede.
OOR DIE ROL: Die Junior Plaasbestuurder sal die Plaasbestuurder bystaan in die bestuur van daaglikse plaasbedrywighede op ’n kersieplaas, met die fokus op optimale grondgesondheid, boomprestasie en hoëgehalte vrugteproduksie. Die rol vereis die implementering van wetenskaplik-gebaseerde landboupraktyke en die handhawing van operasionele doeltreffendheid.
SLEUTEL VERANTWOORDELIKHEDE:
•Bestuur voedings-, fertigasie- en besproeiingsprogramme
•Monitor boom- en vruggesondheid
•Koördineer oes- en logistieke aktiwiteite
•Onderhou plaasinfrastruktuur en besproeiingstelsels
•Help met rekordhouding, verslae en oudits (GlobalGAP, SIZA)
•Handhaaf gesondheid, veiligheid en netheid
ESSENSIËLE VEREISTES:
•Diploma/Graad in Landbou of Hortikulture (aanbeveel)
•Basiese kennis en ervaring van vrugteproduksie
•Ervaring met kersies sal ’n sterk voordeel wees
•Goeie kommunikasie- en spanvaardighede
•Geldige rybewys
•Bereid om lang ure te werk in piekseisoene
WAT ONS BIED:
Mededingende salaris volgens ondervinding
Geleentheid vir groei in ’n progressiewe kersieboerdery
Direkte rapportering aan die Plaasbestuurder
Aansoeke sal in terme van die maatskappy se indiensnemingsbeleid oorweeg word.


dring na die Wes-Kaap kompetisie wat vanaf 26-28 Junie op Saldanha plaasvind.
NOTICE OF ADOPTION OF THE MUNICIPAL SPATIAL DEVELOPMENT FRAMEWORK
Notice is hereby given in terms of Section 20(1) of the Spatial Planning and Land Use Management Act, 2013 (Act 16 of 2013) and Section 6 of the By-Law on Municipal Land Use Planning, 2015 that the Municipal Spatial Development Framework (MSDF) for Witzenberg was adopted by the Municipal Council on 29 May 2026
The adopted MSDF document is available to the public on the Witzenberg Municipality website: http://www.witzenberg.gov.za/
OPENBARE KENNISGEWING KENNISGEWING VAN AANVAARDING VAN DIE
MUNISIPALE RUIMTELIKE ONTWIKKELINGSRAAMWERK Kennis geskied hiermee ingevolge Artikel 20(1) van die Wet op Ruimtelike Beplanning en Grondgebruikbestuur, 2013 (Wet 16 van 2013) en Artikel 6 van die Verordening op Munisipale Grondgebruikbeplanning, 2015 dat die Munisipale Ruimtelike Ontwikkelingsraamwerk (ROR) vir Witzenberg deur die Munisipale Raad op 29 Mei 2026 aanvaar is.
Die goedgekeurde ROR dokument is beskikbaar vir die publiek op die Witzenberg Munisipaliteit webtuiste: http://www.witzenberg.gov.za/
D. NASSON
MUNICIPAL MANAGER / MUNISIPALE BESTUURDER
Ref./Verw.: 15/4/P

RESIDENSIËLE FASILITEIT VIR OUER PERSONE
BOEKHOUER - TULBAGH
5 dae p/w (½ dag pos)
Markverwante salaris
Huis Disa, Tulbagh is op soek na ‘n positiewe, energieke individu om by ons span aan te sluit. Die ideale kandidaat moet in ‘n spanverband kan werk en deursigtig wees. Vereistes: • Inkomste & uitgawes • Debiteure & krediteure • Rekonsiliëring van maandstate • Ontleding van finansiële state • BTW • Kleinkas • Beleggings
• Begrotings opstel • Oudits • Personeel salarisse, statutêre opgawes • ACVV pensioenfonds • Mediese fonds
• Bonusse • Verlof & registrasie by rade
• Bestuur (lewer verslag by maandelikse finansiële vergadering) • Befondsing
• Departementele befondsing • Bates (opstel en byhou van bateregister)
• Versekering (evalueer jaarliks) • Motorvoertuie kontrolering • Affiliasiefooie
• Administratiewe take (liassering van dokumente, hantering van alle navrae met betrekking tot finansies • Inwoners losies • Adminstrasie van toelaes.
SLUITINGSDATUM: 26 Junie 2026
E-POS VOLLEDIGE CV AAN: bestuurder.huisdisa@acvv.org.za of admin.huisdisa@acvv.org.za

Stuur asb. aansoeke aan: michaela.wilkinson@josims.com


Indien u geen terugvoer ontvang het teen 2 Julie 2026 kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

TULBAGH speurders het maande na Damion Anthony Cloete (43) gesoek in verband met 'n 2024 huishoudelike geweld klag op Tulbagh.
Cloete is vroeg in Meimaand gearresteer en het sedertdien talle kere in die Tulbagh landdroshof verskyn.
Die saak is tot 11 Junie uitgestel nadat Cloete se borgaansoek onsuksesvol was. Hy was voorheen uit op R500 borg maar het later verdwyn. Hy is tans in aanhouding.

DIE Ceres'ly Clean-veldtog het op 5 Junie afgeskop met 'n gemeenskapsinisiatief wat aangepak is saam met verskillende rolspelers wat die munisipaliteit, inwoners, vriende van die museum en toerisme ingesluit het. Die skoonmaakaksie was ook ter viering van Wêreld Omgewingsdag waar inwoners van die Rooi Kamp woonbuurt op Ceres gehelp het om hul woonbuurt skoner en netjieser te maak.
NUWE hofdatums in Augustus is bevestig nadat taal- en tolkprobleme die Inverdoorn renoster-verhoor onlangs ontwrig het.
Vyf mans word verdink en aangekla dat hulle in Desember 2021 vyf renosters op Inverdoorn, tussen Ceres en Sutherland, doodgeskiet het. Elke keer is die staat se getuies beskikbaar en reg maar die verhoor word deurentyd uitgestel.
Die landdros het die verhoor uitgestel wat op 7, 14 en 28 Augustus, in die Khayelitsha streekhof, 'n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings in die WesKaap, aangehoor sal word.
Verdagtes in aanhouding
Amade Filemone Chongo (51) van Mosambiek staan saam met Innocence Davey Chiwenya (60), Wishes Mugari (34), Justice Cossa (32) en Michael Mbaura (27) in die beskuldigdebank. Twee van die stropers is van Zimbabwe, twee is van Mosambiek en een is van Malawië.
Dié renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal en bedreigde spesieeenheid in Worcester, CapeNature en 'n forensiese ondersoeker, vasgetrek.
Kaapse Wynland K
d
Kennis geskied hiermee ingevolge artikel 28(2)(b) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en regulasie 23(3) van die Munisipale Begrotingsen Verslagdoeningsregulasies 2008, dat die Raad by Item R.15.1 van 28 Mei 2026, ’n Aansuiweringsbegroting goedgekeur het vir ’n toename in befondsing vir die 2025/2026 finansiële jaar. Ingevolge artikel 21(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000), gelees saam met regulasie 26 van die Munisipale Begrotings- en Verslagdoeningsregulasies 2008, lê die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie ter insae by die ondergemelde kantore van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gedurende gewone kantoorure en is ook beskikbaar op die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se webwerf by www.capewinelands.gov.za:
• Stellenbosch (Du Toitstraat 29): Mnr. C.J.M. Arangie
• Worcester (Trappesstraat 51): Me. R.F.V. Carelse
• Paarl (Hoofstraat 194): Me. M. Marang
• Ceres (Munnikstraat 27): Me. C. Louw
• Robertson (Van Reenenstraat 40): Mnr. J. van Zyl
H.F. PRINS
MUNISIPALE BESTUURDER
Kaapse Wynland
Distriksmunisipaliteit
Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, 'n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om 'n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) 'n optrede sonder 'n permit teen 'n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.
Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings het destyds nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings, beloop.
Dit is die eerste keer dat renosterstropers in die WesKaap verhoor sal word.

Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600 Cape Winelands

Notice is hereby given in terms of section 28(2)(b) of the Local Government: Municipal Finance Management Act, 2003 (Act No. 56 of 2003) and regulation 23(3) of the Municipal Budget and Reporting Regulations, 2008, respectively, that Council at Item C.15.1 of 28 May 2026, approved an Adjustments Budget for an increase in funding received for the 2025/2026 financial year.
In terms


PRAGTIGE reënboog oor Ceres. Die Witzenbergstreek en die Wes-Kaap het die afgelope maand erg deurgeloop onder 'n storm met wydverspreide reën. Die Ceres Koekedouwdam se watervlak het vinnig gestyg en binne 'n paar dae oorgeloop.
* Die foto van die reënboog is Maandag 8 Junie omstreeks 08:30 in Voortrekkerstraat geneem.
Kaapse Wynland K distriKsmunisipaliteit d
Kennisgewing geskied hiermee ingevolge artikels 24(1) en (2) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Finansiële Bestuur, 2003 (Wet No. 56 van 2003) en artikels 25 en 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000), asook regulasie 18(1) van die Plaaslike Regering: Munisipale Begrotings- en Verslagdoeningsregulasies, 2008 dat die Raad op sy vergadering gehou op 28 Mei 2026 onder Item R.15.2, die volgende goedgekeur het vir die 2026/2027 finansiële jaar:
• 2026/2027 tot 2028/2029 Mediumtermyn Inkomste- en Uitgaweraamwerk (MTIUR)
• Konsep 2026/2027 Dienslewering- en Begrotingsimplementeringsplan (DLBIP)
• Fooie, Gelde en Tariewe
• 2026/2027 GOP Wysiging van die 2022/2023 tot 2026/2027 Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP)
• Prestasiedoelwitte. Die begroting, fooie, gelde en tariewe vir die 2026/2027 finansiële jaar sal met ingang van 1 Julie 2026 geïmplementeer word. Ingevolge artikel 21(A) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000), is die gemelde Raadsbesluite en alle ander tersaaklike dokumente ter insae beskikbaar by die ondergemelde kantore van die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit gedurende normale kantoorure asook op die Kaapse Wynland Distriksmunisipaliteit se webwerf by www.capewinelands.gov.za:
• Stellenbosch (Du Toitstraat 29): Mnr CJM Arangie
• Worcester (Trappesstraat 51): Me RVF Carelse
• Paarl (Hoofstraat 194): Me M Marang
• Ceres (Munnikstraat 27): Me C Louw
• Robertson (Van Reenenstraat 40): Mnr J van Zyl
H.F. PRINS
MUNISIPALE BESTUURDER
Kaapse Wynland
Distriksmunisipaliteit Alexanderstraat 46 Stellenbosch 7600

'n MAN het verlede naweek buite Ceres op 'n plaas gesterf nadat hy met 'n mes gesteek is.
Volgens die Ceres polisie is Mlamlezi Xykela (27) dood nadat hy Sondag 31 Mei tussen 22:00 en 23:00 met 'n mes in die bors gesteek is. Blykbaar wou hy tussenbeide tree toe die verdagte en 'n ander man op die plaas Eselfontein in 'n stryery betrokke was. Xykela is na die voorval met privaat vervoer na die Ceres hospitaal geneem waar hy met sy aankoms by die hospitaal dood is. Die verdagte, Ntanto Ntlalombu (22), het meswonde aan sy hand en boud opgedoen. Die saak teen hom is Maandag 1 Junie in sy afwesigheid uitgestel. Hy is verlede Dinsdag uit die hospitaal ontslaan en gearresteer en word aangehou. Ntlalombu moet weer 11 Junie in die hof verskyn vir borginligting. Moord op Hamlet
Die polisie op P.A. Hamlet ondersoek 'n moordsaak nadat 'n jong vrou twee weke gelede op die dorp gesterf het. Wilma Adams (22) van Varkiesvlei by Fase 5, is dood nadat sy met 'n mes in die nek gesteek is. Daar is nog nie 'n verdagte vasgetrek nie en die polisie soek na ooggetuies wat dalk meer weet oor die voorval.



























MORRISDALE Primêr se o/12 netbalspan het aan die Wes-Kaap skole netbalkampioenskappe deelgeneem. Hulle het gekwalifiseer om die Wes-Kaap by die SA skole netbal (SASN) kampioenskappe te verteenwoordig. * Met harde werk, deursettingsvermoë, goeie sportmangees en dissipline op én langs die baan, het die spelers Morrisdale Primêr met trots verteenwoordig. Die skool wens julle alle sterkte toe vir die volgende uitdaging.

MOOI Uitsig het onlangs deelgeneem aan 'n Energie doeltreffendheidkompetisie. Die Witzenberg munisipaliteit het plaaslike skole uitgenooi om deel te neem aan die kompetisie waar leerders moes aandui hoe elektisiteit bespaar kan word. Die graad 7 leerders van Mooi Uitsig Primêr het die kans aangegryp en deelgeneem. Die volgende leerders het medaljes en sertifikate ontvang: Kieran Abrahams, Hurica Farmer, Mia Volmoer, Chelsea O' Ryan en JJ Damon.


Die volgende uitdagende geleentheid het by Graaff Fruit Pakhuis buite Prince Alfred Hamlet ontstaan. Dit is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n proeftydperk.
Minimum vereistes: • Toepaslike tersiêre kwalifikasie in landbou • Ten minste 3 - 5 jaar ondervinding in die vrugtebedryf • Goeie verstaan van boom fisiologie, boordpraktyke en bestuurstegnieke • Uitstekende kommunikasie vermoë en interpersoonlike vaardighede • Die vermoë om op alle vlakke effektief te kan lei • Bewese rekenaarvaardigheid • Ten volle tweetalig (Afrikaans en Engels) • Eerstehandse kennis van BRC en soortgelyke oudit vereistes • Bereidwilligheid om oortyd en naweke te werk soos nodig. Die suksesvolle kandidaat sal rappor teer aan die Pakhuisbestuurder en verantwoordelik wees vir : • Die toepassing en implementering van die neergelegde kwaliteitstandaarde soos deur verskillende bemarkers vereis • Besoeke aan produsente - kommunikasie en monitering van kwaliteit standaarde op plase • Evaluasie van proefblokke en innoverende boerdery praktyke • Hantering van voorgraderings, boord- en opbergingsmonsters • Invordering van oesskattings • Die byhou en rekordhouding van geïmplementeerde stelsels • Volgehoue verbeteringe op die kwaliteit stelsel • Die opleiding van personeel m.b.t vrugkwaliteit en ondersoekmetodes • Moet leiding kan gee m.b.t vrugkwaliteit- en kwaliteitversekering • Noue skakeling met produsente, bemarkers en bedryfsorganisasies. Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket aan.
E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan : recruitment@graaff-fruit.com
Sluitingsdatum vir aansoeke : 19 Junie 2026

DIE Ceres'ly Clean-veldtog het op 5 Junie afgeskop met 'n gemeenskapsinisiatief wat aangepak is saam met verskillende rolspelers wat die munisipaliteit, inwoners, vriende van die museum en toerisme ingesluit het. Die skoonmaakaksie was ook ter viering van Wêreld Omgewingsdag waar inwoners van die Rooi Kamp woonbuurt op Ceres gehelp het om hul woonbuurt skoner en netjieser te maak.

1 Julie 2026 aangestel as nuwe skoolhoof van Morrisdale Primêr.
Indien u nie binne 21 dae na die sluitingsdatum van ons hoor nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Work opportunity at Verdun Estates MAINTENANCE
Our company is looking for an experienced and reliable Maintenance Worker who can ensure that all repair and maintenance work is carried out to high standards. The ideal candidate has a strong background in various construction and repair skills and can manage projects from start to finish.
RESPONSIBILITIES:
GENERAL REPAIR WORK : Identification and repair of structural and aesthetic issues.
SURFACE MAINTENANCE : Execution of plastering, painting, tiling, and wooden flooring to keep buildings in optimal condition.
WATER MANAGEMENT : Waterproofing and repair of swimming pools/dams to prevent leaks and damage.
ROOF AND STRUCTURAL WORK: Roofing and construction work to keep structures safe and durable.
SANITARY MAINTENANCE: Plumbing to keep water and sewage systems functional.
GROUND AND OUTDOOR WORK: Paving and general outdoor repair work.
· QUALITY CONTROL : Ensure that all work is performed according to safety and quality standards.
REPORTING: Reporting on completed work and recommendations for future maintenance.
REQUIREMENTS:
10YEARS EXPERIENCE IN THE FOLLOWING :
·Building/construction·Paving
·Plastering ·Roofing
·Plumbing ·Painting
·Tiling ·Waterproofing
·Pool/dam rennovation·Flooring
Residing in Prince Alfred Hamlet, no accomodation available
The company offers a permanent position with marketrelated remuneration.
CLOSING DATE: 19/06/2026
Send a short CV with a clear outline of previous experience to hr@verdun.co.za or submit your application to Verdun Office, 1 Van Riebeeck Street, Prince Alfred Hamlet FOR ENQUIRIES CONTACT: (023) 313-3051
A certified copy of your RSA ID document must be attached to your application.


Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

'n GROEP junior rugbyspelers het van Maandag by die Springbokke kamp aangemeld ter voorbereiding van 20 Junie se wedstryde teen Zimbabwe en die Barbarians in Gqeberha. Rassie Erasmus, Springbokafrigter, kon weens die Bulle se verpligtinge in die VRKeindstryd, nie die oefengroep kies wat hy graag sou wou nie. Jong spelers, soos Luan Giliomee van Ceres, is deel van die 51 spelers wat na die oefenkamp genooi is. Beide die Springbokspan en die Springbok Aspan speel Saterdag teen die Barbarians en Zimbabwe. Luan, wat vanjaar 'n droomseisoen beleef, het die afgelope tyd vir die Junior Bokke teen Fidji en Georgië op heelagter uitgeblink.


WEDVLUGDUIWE is Saterdag 4 Junie weer op Laingsburg losgelaat.
Duiwe het hul hokke vinnig bereik. Meyer en Van Wyk wen die Ceresvallei federasie wedvlug. Die naweek vlieg die duiwe vanaf Leeu Gamka.
BHPS
Laingsburg Ope 2
Roberto van Wyk

DIE Hoërskool Bella Vista se o/17 netbalspan het derde geëindig in die Ubuntukategorie van die top skole netbalkompetisie. Hul volgende stop is Boksburg, Johannesburg. "Dankie aan elke afrigter en speler vir alles wat hulle insit". Enige donasies is welkom om leerders en afrigters te help met hul reisplanne na Johannesburg. Vir navrae skakel die skool by (023) 100-1275.


DELICIOUS se netbalspan het Saterdag 6 Junie teen Blues netbalklub gespeel en die spannende wedstryd naelskraap met 3129 gewen. INLAS: Gaynor Manus is aangewys as die speler van die wedstryd.
