FRIDAY, 5 JUNE 2026







![]()
FRIDAY, 5 JUNE 2026







DIE Ceres gemeenskap het verlede week ernstige kwellinge en vrae geopper nadat ontwikkelaars groot advertensieborde opgerig het op erf 8127 (die ou jukskeibane), in Phillipstraat, tussen die rolbalklub en die tennisbane.
Die ontwikkeling van ‘n winkelsentrum is die afgelope maande 'n groot besprekingspunt op Ceres. Baie inwoners wil nie in die pad van verbetering en ontwikkeling staan nie maar voel dat die ontwikkeling eerder op 'n ander meer geskikte terrein in die dorp moet plaasvind. Hofaansoek
Laerskool Gericke en Hoërskool Charlie Hofmeyr, ondersteun deur plaaslike inwoners, het die goedkeuring van dié ontwikkeling op hersiening geneem na die Kaapse Hooggeregshof. Die munisipaliteit het einde Mei uitstaande dokumentasie voorsien.
"Die skole is veral bekommerd oor die veiligheid van groot getalle kinders wat die omliggende sportvelde gebruik. Verkeersdruk, wat reeds erg is rondom die sportvelde, sal vererger. Daar is ook veels te min parkering."
Die hersieningsaansoek en hangende besware sal moontlik teen die einde van 2026 aangehoor kan word. Nog geen amptelike korrespondensie is ontvang wat kan aandui watter winkelgroepe daar gehuisves sal word nie. Kommentaar
Daniël Nunes van Nunesprop is die eienaar van die erf en het die ontwikkeling aan Dorpstraat-ontwikkelaars verkoop as ontwikkelaars-vennoot wat later die advertensieborde opgerig het.
Nunes het einde verlede week gesê vyf beswaarmakers verteenwoordig nie 'n gemeenskap nie aangesien 99% van die inwoners die ontwikkeling steun. Hy het ook bevestig dat Checkers die ankerhuurder gaan wees met 217 parkeerplekke op die perseel.
Verlede week het die Witzenberg munisipaliteit gesê hulle neem kennis van die navrae en kwellinge aangaande die beplanning- en hofprosesse van dié betrokke eiendomsontwikkeling. Aangesien hierdie aangeleentheid tans die onderwerp van ‘n formele regsproses is, word die feite deur die toepaslike hofstukke bepaal.













WITZENBERG munisipale wetstoepassers was die afgelope weke baie bedrywig en het verskeie optredes saam met 'n taktiese ondersteuningseenheid (kontrakteur) geloods en munisipale regulasies afgedwing. Daar is gedurende Meimaand meer as 680 boetes uitgereik en daar is op 38 persone se goedere beslag gelê wat goedere onwettig in die dorp verkoop. Wetstoepassers het 65 arrestasies uitgevoer vir oortredings wat wissel van drink in die openbaar, oproerige gedrag en die onwettige oprigting van strukture. Weens die vloede het wetstoepassingsbeamptes 'n ruk lank ook inwoners gehelp wat skade gelei en hulp nodig gehad het. * Die optredes in Meimaand was onder leiding van die verkeershoof Mark Green, die hoof van wetstoepassing, German Lukas en inspekteur C.W. Sass, uitgevoer.










































HUIS Pieter Strauss en Ceres Dienssentrum het hul nuwe beheerraad vir 2026-2029 bekendgestel. VOOR: Pieter Smit (tesourier), Maddy Ross, Florina de Bruyn, Esmarelda Visagie (sekretaresse), Ralmond Cupido en Claudia Daniëls (verpleegkundige). AGTER: Marice Schuurman, Shirley Wagener, vader Tony Koopman (ondervoorsitter), Louis Marais, Raymond Koopstad en Marthinus de Villiers (voorsitter). AFWESIG: Anne Swartz.
Op Vrydag 29 Mei het die Witzenberg munisipaliteit saam met die Wes-Kaapse Kinderkommissaris, die departement van maatskaplike ontwikkeling en die SAPD, Kinderbeskermingsweek van stapel gestuur. Kinderbeskermingsweek word van 29 Mei tot 5 Junie gevier en inwoners word aangemoedig om 'n aktiewe rol te speel in die beskerming van kinders, die aanmelding van mishandeling en verwaarlosing en die ondersteuning van inisiatiewe wat die veiligheid, welstand en ontwikkeling van elke kind bevorder. Die beskerming van kinders is nie net 'n verantwoordelikheid van die regering en wetstoepassing nie maar dit is ook die verantwoordelikheid van die gemeenskap. Die program het gefokus op die bewusmaking en die voorkoming van geweld teen kinders.
Jimeal F. (Carolus)
Geldenhuys
1974/12/20 - 2023/05/21

To our late and dearly beloved and most missed person in our universe, Jimeal. Time is meant to be a healer and it’s supposed to get easier.
It’s still tough and it’s still not making sense. We’re still coming to terms with it and reflecting on our reality of dealing with everyday life without the most important person that could ever have been in our lives.
Still, life carries on and it is in the moments of those reflections we draw our strength from. The beautiful memories we cling onto and the legacy you left us with on how to live life with love and compassion. You taught us how to live a beautiful, full, loving and joyous life in the short time we were blessed by the grace of God to have you with us.
Thank you that your life is continuing through your beautiful daughters and through each and every one of us. Even though time goes on, it’s forever bringing us closer and closer to you. Our dearly beloved Jimeal, thank you for always remaining in our lives through our thoughts and by living in our hearts every moment of every day. Our love for you is growing stronger each day and we’re all looking forward with fondness in our hearts to be reunited with you and all our loved ones in our heavenly home.
From a family united in love forever.


TANNIE Babsie bereik Vrydag 'n besondere mylpaal wanneer sy 100 jaar oud word.
Christina Wilhelmina Adams, alombekend as juffrou Babsie, is op 5 Junie 1926 op Steinthal buite Tulbagh gebore.
Juffrou Babsie, die jongste van 14 kinders en die enigste oorlewende, het haar skool
NOTICE OF SALE IN EXECUTION OF MOVABLE PROPERTY IN THE MAGISTRATES’ COURT FOR THE CAPE WINELANDS DISTRICT WITZENBERG HELD AT CERES Case no.: 70/2025
In the matter between:
THERESA-ANNE PHILANDER Plaintiff and BRETT FREDERICKS
(ID. 710325 5291 085) 1st Defendant
MERLE FREDERICKS (ID. 701007 0186 086) 2nd Defendant
IN PURSUANCE of a judgment in this honourable Magistrates’ Court of CERES and writ of Execution, the goods listed hereunder will be sold in execution to the highest bidder at the Sherrif’s Office, 4 MEUL STREET, MOORREESBURG on THURSDAY, 18 JUNE 2026 at 10:00, namely:
1 x WHITE NISSAN SENTRA WITH REG. NO.: CT23935
DATED AT CERES ON THIS 25TH DAY OF MAY 2026.
JOUBERT VAN VUUREN INC
Attorneys for Plaintiff PER: CL ROBERTS Ref. CLR/MAT/18862 84 Voortrekker Street, CERES 6835
loopbaan op Steinthal begin. Sy het standerd 4 geslaag voordat sy later standerd 5 en 6 aan Tulbagh NH Sendingkerkskool voltooi het. Juffrou Babsie voltooi haar skoolopleiding en word later 'n onderwyseres na sy haar studies aan die Rhynse Opleidingskool in Worcester voltooi.
Na haar studies aanvaar sy 'n pos op Upington voordat sy terugkeer na Tulbagh en vanaf 1946 tot 1949 skoolhou by Steinthal Primêr en daarna by Tulbagh NG Sendingskool tot Desember 1986. Juffrou Babsie het haar laaste onderwysjare by Waveren Laerskool afgesluit. Sy was baie streng en het naaldwerk en Afrikaans as vakke aangebied.
"As jare lange inwoner van Tulbagh is sy baie geliefd. Sy is 'n deugsamige vrou wat altyd 'n uitsonderlike rolmodel vir ander was altyd diensbaar, nederig maar ook ferm en reguit" onthou LeeAnn Abrahams, die kleindogter van tannie Babsie se suster. Juffrou Babsie is 'n bobaas bakster, geniet tuinwerk, breiwerk en is lief vir sang en musiek. Sy was vir jare lid van die VGK kerkkoor op Tulbagh. Juffrou Babsie se lewensles aan vandag se kinders eer jou vader en jou moeder en jou dae sal verleng word. Betoon altyd respek aan ouer mense, geniet die lewe en onthou om Jesus altyd eerste te stel en hom te ken in alles wat jy doen.

wanneer sy 100 jaar oud word.
Notice is hereby given in terms of the Municipal Planning and Performance Regulation (No 3 of 2001) that the Witzenberg Municipal Council proposed an amendment to the 2022-2027 IDP at the Council meeting of 29 May 2026. At the Council meeting of 29 May 2026, the Witzenberg Municipal Spatial Development Framework 2026 until 2031 was adopted as a core component of the Witzenberg Municipal IDP. Public comment and input will be accepted until June 22, 2026: In writing, please direct your comments to: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres,6835 and/or send via e-mail to admin@witzenberg.gov.za


DIE Wes-Kaapse premier, Alan Winde, het verlede week saam met kabinetslede, die burgemeesters van Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en Witzenberg munisipaliteit asook ander rolspelers in die streek, plekke besoek wat deur die verwoestende storm van 11-13 Mei geraak is. Die besoek vorm deel van ander besoeke aan streke wat deurgeloop het onder vloede. Die afvaardiging het ook Skurweberg Sekondêr besoek wat tydens die storm saam met ds. Steenkamp, verblyf aan 9 gesondheidswerkers verskaf het. Die groep het ook Ceres en Michellspas besoek.
'n WOLSELEY inwoner het verlede week weer vlugtig op aanklagte van bedrog in die Worcester hof verskyn - meer as twee jaar nadat die misdrywe gepleeg is.
Louise van Bosch (49) is in Februariemaand deur die Bellville handelsmisdaadeenheid in hegtenis geneem op klagtes van bedrog van meer as R6 miljoen.
Die arrestasie volg na die polisie se kuber- en bedrogondersoek afgehandel is wat in Oktober 2024 begin het. Agtergrond
Van Bosch was tussen 2012 en 2024 verantwoordelik vir die algemene administrasie en betalings van Lateganskop-wynkelder buite Wolseley.
In September 2024 het die eienaar gesien 'n groot bedrag geld (meer as R64 000) is vanuit die maatskappyrekening betaal. Dit was vir hom vreemd aangesien hy en sy broers die maatskappy einde 2023 verkoop het
om ander sakegeleenthede te volg.
Die maatskappy het ondersoek ingestel en diensverskaffers geskakel oor vervalste fakture. Daar is vasgestel dat die bankrekening waarin die geld inbetaal is, 'n rekening van Van Bosch is.
Die eienaars het daarna die Hooggeregshof op 4 Desember 2024 genader om aansoek te doen vir 'n interdik om Van Bosch en haar man te keer om hul eiendomme te verkoop en hul bankrekening te bevries hangende die polisieondersoek. Die aansoek is later toegestaan.
Arrestasie
Van Bosch het na haar arrestasie twee aande in die polisieselle deurgebring voordat sy vir die eerste keer in Februarie in die Worcester landdroshof verskyn het.
Sy is later op R10 000 borgtog vrygelaat en moet gereeld by die polisie op Wolseley aanmeld. Die saak is tot 22 Junie uitgestel.
TOLKE wat nie beskikbaar is nie en in 'n verkeerde taal tolk en 'n regsverteenwoordiger wat siek is, bly die Inverdoorn renoster-verhoor ontwrig.
Dit is die eerste keer dat renosterstropers in die Khayelitsha streekhof, 'n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings in die Wes-Kaap, verhoor word.
Vyf mans word verdink en aangekla dat hulle in Desember 2021 vyf renosters op Inverdoorn, tussen Ceres en Sutherland, doodgeskiet het.
Elke keer is die staat se getuies beskikbaar en reg maar die verhoor word deurentyd uitgestel.
Die landdros het nou die saak na
Augustusmaand uitgestel vir verhoor. Verdagtes in aanhouding
Amade Filemone Chongo (51) van Mosambiek staan saam met Innocence Davey Chiwenya (60), Wishes Mugari (34), Justice Cossa (32) en Michael Mbaura (27) in die beskuldigdebank. Twee van die stropers is van Zimbabwe, twee is van Mosambiek en een is van Malawië.
Dié renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en 'n forensiese ondersoeker, vasgetrek.
Die mans word verdink van die
stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, 'n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om 'n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - 'n optrede sonder 'n permit teen 'n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.
Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings het destyds nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings, beloop.
'n VEROORDEELDE verkragter van Bella Vista wat uit was op parool, is in die Kaapstad hooggeregshof skuldig bevind.
Leano Vergotine (42), voorheen van Bella Vista, se verhoor is in April- en Meimaand in die Wynberg hof aangehoor waar hy op 17 aanklagte van seksuele oortredings wat in 2022 plaasgevind het, tereggestaan het.
Waarnemende regter Amanda van Leeve het Vergotine skuldig bevind op 15 van die 17 klagtes. Dit sluit vyf aanklagte in van die verkragting van drie minderjariges, twee seuns en 'n meisie, asook die drie aanklagte wat verband hou met die vervaardiging van kinderpornografie en die besit van kinderpornografie. Vergotine is op een aanklag van ontvoering en een klag van poging tot verkragting, vrygespreek.
Agtergrond
Die voorvalle het tussen 10 en 11 September 2022 plaasgevind toe hy die een slagoffer in sy Wendy-huis toegesluit het. Vergotine het fotos van haar geneem en haar na bewering verkrag. Die volgende oggend het die slagoffer daarin geslaag om te ontsnap en die saak by die polisie aangemeld.
Die polisie het na Vergotine begin soek en hom 'n week later op 19 September 2022 gearresteer. 'n Geheue-stokkie is tussen sy eiendom gevind nadat dit by Worcester gevangenis ingehandig is.
Die polisie het daarop beslag gelê waarna hulle die ontstellende selfoon-videos en fotos van slagoffers op gekry het waar hy hulle in die berge rondom Ceres verkrag het. Die jongste slagoffer was maar 9 jaar oud en is tussen Januarie en September 2022 gereeld deur Vergotine verkrag. Die videos is in camera deur waarnemende regter Van Leeve, Vergotine se regsverteenwoordiger en die staat besigtig.
Vonnisverrigtinge
Vergotine staar 'n paar lewenslange vonnisse in die gesig. Hy was ten tye van dié misdrywe uit op parool. Hy is 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir 'n verkragting wat in Julie 2008 gepleeg is.
Vonnisverrigting sal moontlik volgende week plaasvind.
* Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres (s/a.o. AJ van Rooy) het die saak ondersoek.






SATERDAG 30 Mei het 40 inwoners aan die 310de Ceres parkrun deelgeneem. Die eerste parkrun is in April 2018 aangebied. Neal Stacey het Saterdag sy 100ste parkrun voltooi. Hier is hy afgeneem saam met Maddy Ross, een van die vrywilligers wat elke Saterdag by die wedloop diens doen.
Heidedal/PiekenierskloofVrugte (Edms) Bpk is 'n gevestigde en progressiewe sitrus, steenvrug, wyndruif- en rooibos tee boerdery/vrugte verpakker in die . Die volgende loopbaangeleentheid het by die onderneming ontstaan.
Citrusdal-omgewing
Dieaardvandieposbekleërsewerksbeskrywingvereispraktiese kundigheid&bewesewerkservaring(±5-10jaar)gerugsteundeur‘n toepaslikekwalifikasieasambagspersoon(”millwright”ofpas-endraai).
Verantwoordelikhede
DURING June, the Western Cape Blood Service (WCBS), celebrates National Blood Donor Month, with World Blood Donor Day observed globally on 14 June.
WCBS’s June theme: Be Remarkable, shines a spotlight on ordinary people doing extraordinary things and is the perfect time to honour the blood donors who save lives every day.
To mark this occasion, WCBS will host several blood donation clinics across the province on Saturday, 13 June, with the goal of collecting 1 000 units of blood. The day will also focus on encouraging new donors to begin donating blood, as winter is historically a challenging period for blood stocks. A larger, more sustainable donor base helps ensure a stable blood supply for patients in need.
The need for donations remains especially important as O-negative blood stocks currently stand at a two-day supply.

O-negative is the universal blood group used in emergencies when there is no time to determine a patient's blood type, making every donation particularly valuable. WCBS also launched its WhatsApp Channel on 1 June. The channel will serve as a direct communication platform that enables the blood service to share information with donors and build an engaged community through relevant, actionable messaging.
Whether you’re a regular donor or want to donate for the first time, National Blood Donor Month is the ideal time to “Be Remarkable”. If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate.
Donors are advised to eat something before visiting a clinic and to increase their fluid intake before, during, and after donation. Blood donation only takes 30 minutes of your time and you can donate blood every 56 days.

wentelrondomvoorkomendeénroetine instandhoudingopdiewerksperseel,wathoofsaakliksalfokusop verpakkingsmasjienerieentoerustingomdeurgaansekontinuïteit vandieproduksieprosesteverseker.Algemeneinstandhouding t.o.vverkoelingsfasiliteite,geboueengrondesalookvan toepassingwees. meganikasweiselektrisiteitenelektronika. 'nBewesewerksrekordsalgetuigdatdiesuksesvollekandidaat‘n toegewydeengedissiplineerdepersooniswatstiptelikennoukeurig werk.Goeiemenseverhoudings-veralbinnespanverbandtesamemetenergieenstamina,salprioriteitewees.
'n OUDLEERDER van Charlie Hofmeyr, dr. Rochelle Marx (matriekklas 2019), word gelukgewens met die verwerwing van haar BVSc-graad in veeartsenykunde aan die Universiteit van Pretoria. Danksy harde werk, deursettingsvermoë en toewyding het sy haar graadkursus suksesvol voltooi.
'n OUDLEERDER van Charlie Hofmeyr, Rocco van Velden (matriekklas van 2019), word gelukgewens met sy ongelooflike prestasies! Rocco het die gesogte John Todd Morrison-navorsingsmedalje 2025 ontvang. Die medalje word jaarliks toegeken aan die beste MSc-student in fisika of toegepaste wiskunde aan Stellenbosch Universiteit wat met onderskeiding gradueer. Rocco is ook aangewys as die algehele wenner van die Helpmekaar Studiefonds vir 2026. ‘n Besondere eer om deel te wees van die 39 studente wat onderskeidings in 2025 behaal het en deur die fonds ondersteun word. Op die foto oorhandig Arrie Hanekom (bestuurder van die studiefonds) die prys aan Rocco (regs). Rocco is tans besig met sy PhD in toegepaste wiskunde aan die Stellenbosch Universiteit.
Toepaslikekennisvandievolgendeisuiters belangrik
Marianne Rousseau ontvang alle navrae en aansoeke vertroulik by tot mwnti@iafrica.com Woensdag, 17 Junie 2026
Heidedal/PiekenierskloofVrugte (Edms) Bpk is 'n gevestigde en progressiewe sitrus, steenvrug, wyndruif- en rooibos tee boerdery/vrugte verpakker in die . Die volgende loopbaangeleentheid het by die onderneming ontstaan. Citrusdal-omgewing
(vrugte verbouing)
Ditsalvandieposbekleërverwagwordom'nproduksie-eenheid selfstandig,maarinoorlegmetdieBesturendeDirekteur,tebestuur. salfokusopdiebestuurvan watbeplanningen organiseringt.o.v.dievolgendeinsluit:
Sleutelverantwoordelikhede produksieverwanteaangeleenthede, mannekraginfrastruktuur,i.e.implemente,toerustingenmaterialeallebeskikbare hulpbronnekwaliteitsversekeringbegrotingsenadministrasie veiligheidalgemenehigiëneennetheid.
Heidedal/PiekenierskloofVrugte (Edms) Bpk is 'n gevestigde en progressiewe sitrus, steenvrug, wyndruif- en rooibos tee boerdery/vrugte verpakker in die . Die volgende loopbaangeleentheid het by die onderneming ontstaan.
Citrusdal-omgewing
DieAdministratiewe-enAkkreditasiesBeamptesal,insamewerking metSeniorBestuur,verantwoordelikheidaanvaarviro.a.menslike hulpbronaangeleenthede,finansiëleadministrasie,kantoor administrasie,diehanteringvanakkreditasie-enouditvereistes (GlobalGap,BRCGS,COSTCO,TESCO,SIZASocial& Environmental,LeafAdd-Onens.)enwaarnodig,pakhuis administrasie.
Verantwoordelikhede-watbinnespanverbanduitgevoerword -verwyso.a.nadievolgendesleutelaspekte:
NOTICE OF SALE IN EXECUTION OF MOVABLE PROPERTY IN THE HIGH COURT OF SOUTH AFRICA (WESTERN CAPE DIVISION, CAPE TOWN) Case no.: 2025-017841
In the matter between: WILHELM DE KOCK BOERDERY (PTY) LTD Plaintiff and VANESSA ELIZABETH KRUGER 1st Defendant
MARIUS WINSTON KRUGER 2nd Defendant
In terms of a Warrant of Execution issued by the above Honourable Court, the Sheriff of the High Court for the district of Ceres will sell by public auction the undermentioned movable property:
1 x 2017 Scania R500 V8 Horse - CT4853
1 x 3 Axle Curtain Trailor - CT24602
Belangrikeevalueringskriteriasalo.a.wees: minstens bewese Heidedal/ PiekenierskloofVrugte
‘nLandbougerigtetersiêrekwalifikasieen/of 5jaartoepaslikeen praktieseervaringinsitrus/vrugteverbouing bestuursvaardighedeen-potensiaaluitstaandeleierseienskappe enspanbouvermoënsgoedontwikkelderekenaarvaardighede praktieseervaringm.b.t.deurlopendekwaliteitsversekering bepaaldeadministratiewe-enrekenaarkundigheid. Dieondernemingbieddienodigeorganisatoriesekapasiteiten ondersteuningsdiensteomdievereistebestuursbeginselstoete pas.
Saammet‘nuitstekendeloopbaangeleentheid,bied ‘nkompeterendevergoedingspakketwat huisvestinginsluit.
Marianne Rousseau ontvang alle aansoeke vertroulik by tot mwnti@iafrica.comWoensdag, 17 Junie 2026
bestuurvan sekereaspektevandieindiensnemingsproses,insluitend oriënteringenopleidingvannuwepersoneelledebystandmet ‘payroll’-bestuur,werknemervergoedingen-voordelebystanden bestuurvanwerknemersrekordsontwikkeling/navorsingm.b.t. relevanteprogrammeviropleidingenwerknemerontwikkeling handhawingvanbepaaldefinansiëlerekordsenliasseringstelsels administratieweondersteuningenvoorbereidingvanfinansiële verslaesoosversoekdeurfinansiëleafdelingversekerdaaglikse effektieweadministratieweprosesseenfunksioneringvankantoor ondersteuningaanpersoneelenbestuur,insluitendhanteringvan korrespondensie,voorbereidingvandokumenteenskeduleringvan vergaderingsbestuurvankommunikasiekanalei.e. telefoonoproepeene-posse.
Diepossluito.a.in:
hanteringvanakkreditasie-enouditvereistes watinsluit-maarniebeperkisnietot-samewerkingmetkonsultante virvoldoeningaanenhandhawingvanoudit-standaardeen protokolle,rekordhoudingenindieningvanrelevantedokumente (GlobalGap,BRCGS,COSTCO,TESCO,SIZASocial& Environmental,LeafAdd-Onens.).Skakelmeteksterneouditeure.
Dieaardvandieposvereis: uitstekendeadministratiewe-, beplanning/organisering-,tydsbestuur-enkommunkasie vaardighede.
Hierdie is 'n ideale en opwindende geleentheid vir die gade van die Produksie Bestuurder.
17 Junie 2026
Date of sale: 18 June 2026
Time: 10:00
Sheriff’s office: 4 Meul Street, Moorreesburg
DATED AT CERES ON THIS 3rd DAY OF JUNE 2026.
JOUBERT VAN VUUREN INC
Attorneys for Plaintiff
PER: GJ VAN VUUREN 84 Voortrekker Street, CERES 6835 E: retha@jvanvuuren.co.za T: (023) 312-3152
IN ’n tyd waar byna alles vinniger, meer digitaal en meer gekoppel raak, is dit maklik om te aanvaar dat elke nuwe tegnologiese skuif outomaties vooruitgang beteken. Dit klink modern. Dit lyk indrukwekkend. Dit pas by die taal van die tyd.
Maar wanneer dit by jong kinders kom, veral laerskoolkinders, moet ons dalk stadiger dink. Die vraag is nie of tegnologie bestaan nie. Dit bestaan. Die vraag is ook nie of kinders uiteindelik digitaal vaardig moet wees nie. Natuurlik moet hulle. Die werklike vraag is of jong kinders se leer, huiswerk, gedrag, beloning en selfs sosiale interaksie te vroeg deur skerms, platforms en toestelle begin beweeg.
In ’n streek soos die Witzenberg het ons iets besonders.
Baie van ons kinders word nog blootgestel aan natuur, landbou, diere, seisoene, grond, weer, sport, werk en werklike mense.
Hulle kan nog in ’n fisiese wêreld grootword. Dit is ’n groot voorreg. Juis daarom moet ons versigtig wees om nie sommer elke tegnologiegedrewe onderwysmodel as vooruitgang te aanvaar nie.
Google Classroom, Chromebooks, ClassDojo, digitale huiswerk en aanlyn leerplatforms mag administratief gerieflik wees. Dit mag modern lyk. Maar dit beteken nie noodwendig dat dit ontwikkelingsgepas is vir jong kinders nie.
’n Jong kind se brein ontwikkel nie net deur inligting te ontvang nie. Dit ontwikkel deur herhaling, beweging, gesprek, spel, konflik, herstel, skryf, teken, tel, bou en konkrete ervaring. Dit is hoe aandag, impulsbeheer, emosionele regulering, taal, fynmotoriese beheer, frustrasietoleransie en selfstandigheid gevorm word.
’n Skerm verander die manier waarop ’n kind aandag gee en leer. Wanneer ’n kind eers moet inteken, klik, blaai, soek en tussen skerms beweeg voordat die werklike leer begin, word daar ’n tweede laag tussen die kind en die inhoud geplaas. In plaas daarvan dat die kind direk met taal, getalle, vorms, patrone of idees werk, moet die kind eers die toestel en platform bestuur.
Vir ouer kinders kan dit soms sin maak. Maar vir jong laerskoolkinders moet ons mooi vra of dit die regte volgorde is. Kinders moet eers die fisiese wêreld bemeester voordat hulle te sterk in die virtuele wêreld ingetrek word. Hulle moet eers met ’n potlood kan skryf voordat ’n sleutelbord of skerm die normale manier van werk word.

wat gedurende die skoolvakansie op Saldanha plaasvind.
Hulle moet eers getalle met hulle hande en oë verstaan voordat alles op ’n toestel gebeur. Jonathan Haidt se boek, The Anxious Generation, het hierdie gesprek wêreldwyd weer sterk na vore gebring. Die boek is ’n navorsings en bewysgedrewe samevatting van wat oor die afgelope dekade of twee met kinderjare gebeur het. Haidt wys daarop dat kinders al hoe vroeër uit ’n speelgebaseerde kinderjare en in ’n skermgebaseerde kinderjare beweeg het. Hierdie skuif hou verband met probleme soos swakker aandag, swakker slaap, angs, sosiale vergelyking, minder onafhanklikheid, minder vrye spel en swakker ontwikkeling in die regte wêreld. Google Classroom is natuurlik nie dieselfde as sosiale media nie. ’n Chromebook is nie dieselfde as ’n selfoon met onbeperkte toegang tot sosiale platforms nie. Maar dit is wel deel van dieselfde groter beweging waarin kinderjare meer skermgebaseerd, minder fisies, minder handgeskrewe, minder van aangesig tot aangesig en minder gegrond in die regte wêreld raak. Dieselfde geld vir platforms soos ClassDojo.
Dit word dikwels as ’n handige kommunikasie of klasbestuurhulpmiddel aangebied. Maar kinders kry ook karakters of avatars wat hulle kan verander en waarmee hulle in ’n virtuele omgewing kan funksioneer.
Dit beteken dat die kind se selfbeeld, gedrag, beloning, deelname en verhouding met die skool deur ’n digitale laag bemiddel kan word. ’n Jong kind behoort nie homself deur ’n avatar, punte, ikone of virtuele beloning te leer beleef nie. Hy moet homself in die regte wêreld leer ken.
Haidt maak ook ’n belangrike punt oor vrye spel. Volgens hom ontwikkel kinders nie selfvertroue deur net veilig gehou te word nie. Hulle ontwikkel selfvertroue deur klein uitdagings te hanteer, deur te val en weer op te staan, deur te sukkel en weer te probeer, deur konflik met maats te hanteer en deur te leer dat hulle meestal meer kan hanteer as wat hulle self gedink het.
Discover mode vs Defend mode
Hy beskryf dit as die verskil tussen kinders wat in “discover mode” en kinders wat in “defend mode” grootword.
In “discover mode” kyk ’n kind na die wêreld as ’n plek van geleenthede, ontdekking, groei en selfstandigheid. In “defend mode” kyk ’n kind na die wêreld as ’n plek van bedreiging, gevaar en onsekerheid.
Die probleem is dat ons as ouers en ge meenskappe dikwels oorbeskermend geraak het in die werklike wêreld, maar onderbeskermend in die virtuele wêreld.


Ons raak bekommerd oor kinders wat buite speel, val, fietsry, met gereedskap werk, in bome klim of ’n mate van risiko in die werklike wêreld hanteer.
Maar juis daardie wêreld is die wêreld wat hulle nodig het om te groei.
Terselfdertyd laat ons kinders al hoe makliker in ’n digitale wêreld in, waar ons dikwels baie minder weet oor wat hulle doen, wat hulle sien, watter speletjies hulle speel, met wie hulle kommunikeer en watter gewoontes hulle ontwikkel. Ons neem ontwikkelende vryheid in die regte wêreld weg, maar gee dan vir hulle ’n vorm van vryheid in die virtuele wêreld wat selfs volwassenes sukkel om te verstaan en te beheer.
’n Klein mate van werklike risiko leer ’n kind om risiko te hanteer. ’n Skerm kan dit nie vervang nie. ’n Rekenaar speletjie kan gevaar naboots, maar dit gee nie dieselfde liggaamlike, emosionele en sosiale terugvoer as die regte wêreld nie.
Wanneer ’n kind in die regte wêreld speel, moet hy wag, onderhandel, verloor en wen. Hy leer om frustrasie te hanteer. Hy leer om konflik te herstel. Hy leer om terug te gaan na dieselfde kind die volgende dag en weer saam te speel. Hy leer gesigte lees, stemtoon hoor, liggaamstaal verstaan en binne ’n werklike gemeenskap funksioneer.
Virtuele verhoudings werk anders.
Dit is dikwels ontliggaam en teksgebaseerd, met minder onmiddellike reaksie en met ’n lae drempel om in en uit te beweeg. Dit kan kinders gewoond maak daaraan om verhoudings as maklik vervangbaar te beleef, eerder as iets waaraan mens moet werk, wat herstel moet word, en waarin mens die volgende dag weer teenwoordig moet wees.
In die Witzenbergstreek is dit juis ons sterkpunt dat kinders mekaar in die regte wêreld kan leer ken. Hulle moet saam speel, saam sukkel, saam verloor, saam wen en mekaar die volgende dag weer in die oë kyk. Dit is hoe karakter, gemeenskap en emosionele volwassenheid ontwikkel.
Hierdie beteken nie dat skole tegnologie moet verwerp nie. Dit beteken wel dat tegnologie sy plek moet ken.
In die laerskoolfase behoort die verstek nie digitaal te wees nie. Die verstek behoort papier, potlood, boeke, fisiese huiswerk, handskrif, praktiese wiskunde, mondelinge bespreking, lees, teken, konkrete leer en werklike spel te wees.
Ek is ook bekommerd wanneer skole begin streef na ’n identiteit rondom ’n korporatiewe tegnologieplatform.
’n “Googlegesertifiseerde” skool mag
CERESCERES CERESCERES CERES (023) 316-2226
Who will report directly to the Butchery manager
The following requirements are needed:
•Previous butchery experience will be advantageous, and especially working with Bandsaw
•Must have knowledge of hygiene and practice food safety regulations in the workplace
•Must be competent in handling orders and stock take
•Excellent people’s skills
•Must be able to handle and work under pressure
•Must be willing to work weekends and shifts
•Must be fully bilingual
•Preferably reside in Ceres/Wolseley
•Must have matric
Salary negotiable.
Please include a copy of your CV, ID and your SARS Notice of Registration (IT150) reflecting your Tax
Reference Number with your application: ceres.superspar2@gmail.com & ceres3@retail.spar.co.za
For attention: Human Resources
Closing date for applications: 21 June 2026
Availability: Willing to join as soon as possible
Should you not receive any feedback by 1 July 2026
please consider your application unsuccessful.
progressief lyk, maar is dit werklik die soort vooruitgang waarna ’n laerskool moet streef? Behoort die trots van ’n landelike skool te wees dat dit meer Googlegedrewe, appgedrewe en platformgedrewe raak? Of behoort die trots eerder te wees dat dit iets bied wat al hoe skaarser word: kleiner klasse, regte verhoudings, sterk waardes, handgeskrewe werk, fisiese boeke, konkrete leer, natuur, landbou, gemeenskap en kinders wat nog toegelaat word om in die regte wêreld groot te word?
Ons is nie Silicon Valley, of San Francisco of Los Angeles nie. Ons is ’n landelike gemeenskap met ’n spesifieke sterkpunt. Daardie sterkpunt moet ons nie sommer prysgee omdat die wêreld sê alles moet digitaal wees nie. As ouers, onderwysers en gemeenskapslede moet ons hierdie gesprek eerlik voer.
Nie in konflik nie, maar met erns. Nie teen onderwysers nie, maar saam met hulle. Nie uit nostalgie nie, maar uit verantwoordelikheid teenoor kinders se ontwikkeling. Die vraag is eenvoudig: Wil ons hê ons kinders moet vroeër en dieper in die digitale wêreld ingetrek word, of wil ons hê hulle moet eers sterk, selfstandig, kreatief, liggaamlik, emosioneel en sosiaal in die regte wêreld ontwikkel?
Vir my is die antwoord duidelik. Jong kinders het nie meer skerms nodig nie. Hulle het meer regte wêreld nodig. Meer papier. Meer potlood. Meer boeke. Meer spel. Meer beweging. Meer gesprek. Meer natuur. Meer hande wat bou. Meer gesigte wat hulle kan lees. Meer volwassenes wat hulle vertrou om te groei. Tegnologie kan wag. Kinderontwikkeling kan nie.
Artikel geskryf deur Kruger Goosen (Pr. Sci. Nat.), 'n ouer en wetenskaplike.
NS: Byna die helfte van lande in die wêreld het reeds beperkings ingestel om digitale-verslawing onder jong kinders te bekamp. Lande soos Australië (o/16), Frankryk (o/15), Suid-Korea en Griekeland het vir beide selfoongebruik en sosiale media ouderdomsbeperkings ingestel. Pole beplan ook om van 1 September kinders onder 16 jaar te verbied om selfone by skole te gebruik. Komaan, Suid-Afrika, julle bly agter! - RED.

Hierdie uitdagende geleentheid het op ons plaas ROMANSRIVIER in die Wolseley-omgewing ontstaan. Dit is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van ‘n proeftydperk.
Vereistes:
• ‘n Naskoolse kwalifikasie sal in u guns tel
• 5 jaar bewese toepaslike ervaring in ‘n bestuursposisie
• Bewese ervaring in die verbouiing van kern- en steenvrugte
• Kennis ten opsigte van oesbeskerming, bemesting en besproeiing
• Moet in ’n span kan werk
• Die ideale kandidaat sal beskik oor dryfkrag, streng dissipline en goeie menseverhoudinge
Die Maatskappy bied aangename werksomstandighede en ‘n mededingende vergoedingspakket aan.
E-pos ‘n volledige CV so spoedig moontlik aan : recr uitment@graaff-fr uit.com
Sluitingsdatum vir aansoeke : 15 JUNIE 2026
Pos aanvaarding : So spoedig moontlik maar ideaal nie later as 1 Augustus 2026 nie.

(023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)












Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 w.t.o.














TWEE karatekas van Senshi Dojo, 'n karateklub op Ceres, Mia Laubscher en Retief Spence, is onlangs saam met hul afrigter, sensei Wayne Vermeulen, uitgenooi na die Shorinryu Shorinkan International swartgordelkamp wat van 1517 Mei by Gariepdam plaasgevind het. Deelnemers van SuidAfrika, Australië, Ierland en die VSA het die kamp bygewoon. Mia en Retief het waardevolle internasionale blootstelling gekry vir hul voorbereiding vir hul swartgordelgradering later vanjaar.

SES karatekas van Senshi Dojo, 'n karateklub op Ceres, het onlangs aan die Helderberg Liga deelgeneem en 17 medaljes verower. Twee karatekas, Taylor Engelbrecht (4de plek) en Retief Spence (5de plek), het onder die top 10 geëindig. 192 karatekas het deelgeneem. AGTER: Maisah Mars (brons kumite, Warriors Girls silwer), Ireasha Green (silwer kumite en silwer kata), Bellané Vermeulen (goud long weapons, brons kata en Warriors Girls silwer) en sensei Wayne Vermeulen. VOOR: Retief Spence (silwer long weapons, silwer short weapons, brons kumite en Warriors goud), Taylor Engelbrecht (goud kata, 2x silwer medaljes vir kumite en long weapons en Warriors goud) en Adriel Ndlovu (silwer kumite).

RETIEF Spence het die naweek aan die Helderberg karateliga deelgeneem en goed presteer. Hy het uitstekende uitslae behaal in sy onderskeie afdelings (silwer long weapons, silwer short weapons, brons kumite en Warriors goud) en boonop ’n indrukwekkende algehele vyfde plek uit 192 deelnemers verower.
DIE 2026 wedvlugduiwe seisoen het Saterdag 30 Mei in die Witzenbergstreek afgeskop met die eerste wedvlug vanaf Laingsburg.
BHPS
Laingsburg Jaaroud 1 en Ceres Federasie
1. Emile Arries - 1352.935 mpm
2.


Koue Bokkeveld is trots op hul redenaars se goeie uitslae tydens die
kompetisie. Geluk aan:
86.2%),
AANVAARDING: 2026/2027
BEGROTING EN GOP
Kennis geskied hiermee ingevolge, onderskeidelik, artikel 18 van die Munisipale Begrotings en rapporterings regulasies, 2009 artikel 75(A)(3) van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet No. 32 van 2000) dat die volgende dokumente gedurende die Raadsvergadering op 29 Mei 2026 goedgekeur is.
•Begroting en Begrotings beleide 2026/2027
(en aanduidende syfers vir 2027/2028 en 2028/2029)
•Gewysigde Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) 2026/2027
Die 2026/2027 begroting, fooie, kostes en tariewe sal vanaf 1 Julie 2026 geïmplementeer word. Die gemelde Raadsbesluit en alle ander tersaaklike dokumentasie is ter insae by alle Munisipale Kantore, Openbare Biblioteke van die Witzenberg Munisipaliteit gedurende normale kantoorure, en is ook beskikbaar op die Witzenberg Munisipaliteit se webwerf by: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER
ADOPTED: 2026/2027
BUDGET AND IDP
Notice is hereby given in terms of Section 18 of the Municipal Budget and reporting regulations, 2009, and Section 75(A) (3) of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act Nr 32 of 2000) respectively, that the following documents were approved at the Council meeting held on 29 May 2026.
•Budget and Budget Policies 2026/2027 (and indicative figures for 2027/2028 and 2028/2029)
•Amended Integrated Development Plan (IDP) 2026/2027
The 2026/2027 budget, fees, costs and tariffs shall be implemented with effect from 1 July 2026. The said Council Resolution and all other relevant documents may be inspected at the Municipal Offices and Public Libraries of Witzenberg Municipality during normal office hours and is also available on the Witzenberg Municipality’s website at: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON MUNICIPAL MANAGER

Af
AMKELEKILEYO:
UHLAHLO LWABIWO MALI LUKA 2026/2027 NE IDP
Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 18 likaRhulumente wengingqi wezohlahlolwabiwo mali kunye nomthetho wokunika ingxelo, ka 2009, necandelo 75(A) (3) likaRhulumente weNgingqi: uMthetho owaziwa njenge (Municipal Systems Act ka 2000 unombolo 32) ubhentsisa mhlophe ukuba ezizinto zilandelayo ziye zavunywa kwintlanganiso yeBhunga eyayibanjwe ngomhla wama 29 kuCanzibe 2026.
•Uhlahlo lwabiwomali luka 2026/2027 (Namanani abonisayo ka2027/2028 no 2028/2029)
•Inkqubo yeZicwangciso zoPhuhliso Yeminyaka Emihlanu (IDP) -2026/2027
Uhlahlolwabiwo mali luka 2026/ 2027 neendleko kunye namaxabiso aqingqiweyo ziyakuzalisekiswa ukusuka ngomhla wo 1 KweyeKhala 2026. Ezizigqibo zeBhunga kunye namanye amaxwebhu anxamnye ayakufumaneka kuzo zonke ii-Ofisi zikaMasipala nakumathala eencwadi kaMasipala wase Witzenberg ngamaxesha empangelo, kwaye ayafumaneka nakwi website ethi: www.witzenberg.gov.za
D. NASSON UMPHATHI-MASIPALA


Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

'n oorwinning van 39-21
FOTO: Herman Snyman
CERES rugbyklub het Saterdag hul segetog voortgesit met 'n oorwinning van 39-21 oor Wolseley.
Die telling kon veel groter gewees het as Ceres enduit gekonsentreer en met oorgawe gespeel het.
Ceres se pak voorspelers begin weer hul staal wys en Wolseley het geen teenvoeter gehad om Ceres se voorspelers in toom te hou nie.
Agterlangs het verbroude kanse bygedra dat Ceres nie meer punte kon opstapel nie. Tyrone Fortuin en Stanton de Bruin was agterlangs vernietigend op die aanval met Arno van Wyk, Jaco Wiehahn en JW Snyman wat voorlangs goed vertoon het.
Stanton de Bruin, Tyrone Fortuin, Jaco Wiehahn, Bradley Sass en Damion Vermeulen het
drieë gedruk. William van Wyk het die ander punte met sy skopvoet aangeteken
Ander uitslae
Delicious het Saterdag 'n goeie oorwinning van 3331 oor Hamlet behaal terwyl Tulbagh hul eerste oorwinning van die seisoen behaal het met 'n oorwinning van 2421 oor Evergreens. Bella Vista het die naweek vasgeval en naelskraap met 2932 teen Hillcrest verloor. Young Blues het Villagers Newtons met 2017 geklop en Roses het met Newtons afgereken en met 2922 gewen.
Naweek se wedstryde
Dit is net Ceres wat die naweek speel om hul eerste rondte wedstrydbepalings af te handel. Ceres speel teen Hillcrest op Wellington en hoop om hul segetog daar voort te sit nadat hulle die seisoen sleg begin het.


WIEHAN Swart het Vrydag 29 Mei die Ceres SuperSpar syfer 3 kompetisie by Ceres gholfklub gewen.
Pieter du Toit was in die tweede plek gevolg deur Marko Swart in die derde plek.
Wilhelm Muller was die naaste aan die pen op no.5 en Stubbs (Corbin) was die naaste op no.9. Goeie tellings is deur Wilan van der Berg (26 houe) en Jurie Joubert (27 houe) aangeteken.
Spelers moet kennis neem dat op 20 Junie vind die US Open houespel gholfkompetisie en dans plaas.
Saterdag 30 Mei het die klub 'n enkel stableford kompetisie aangebied.
Henry Brown het die kompetisie met 40 punte gewen. Michael Bergman was tweede met 36 punte en Peter Versfeld in die derde plek met 35 punte.
Kompetisies
Die volgende kompetisies vind Juniemaand plaas.
Op Saterdag 6 Junie sal die baan gesluit wees vir die Nelson finaal wat hier plaasvind.
Op Saterdag 13 Junie word 'n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied, op 20 Junie 'n enkel houespel kompetisie en op 27 Junie 'n enkel stableford kompetisie.

WIEHAN Swart het Vrydag 29 Mei die Ceres SuperSpar syfer 3 kompetisie by Ceres gholfklub gewen. Pieter du Toit was in die tweede plek gevolg deur Marko Swart in die derde plek.

LUAN Giliomee het sy terugkeer tot die Junior Bok-span in styl gevier met vyf drieë. In die oorwinning van 82-25 oor Fiji het Luan drie drieë gaan druk. In die wedstryd op Stellenbosch teen Georgië het hy weer speelkans op heelagter gekry en twee drieë gedruk in die oorwinning van 57-14.
