DIE polisie het Dinsdag 26 Mei bevestig dat die liggaam van Poovin Nairainsamy die naweek deur stappers stroomaf naby Bainskloof op die plaas Klaarfontein gevind is. Nairainsamy, 'n vragmotorbestuurder van Durban, se Scania vragmotor is twee weke gelede tydens een van die ergste storms in die streek naby Witbrug en Olive Rock van die pad gespoel toe die Dwarsrivier sy walle oorstroom het. Die vragmotor is Donderdag 21 Mei verwyder. Die polisie se duikeenheid, EMS lede en die Wolseley polisie het ondermeer aan die soektog deelgeneem. Die polisie het ook 'n hommeltuig in die soektog ingespan.
Gemeenskap het vrae nadat ontwikkelaars groot reklamebord oprig
DIE gemeenskap het die week ernstige kwellinge en vrae geopper nadat ontwikkelaars 'n groot advertensiebord opgerig het op erf 8127 Ceres (die ou jukskeibane), in Phillipstraat, tussen die rolbalklub en die tennisbane.
Die ontwikkeling van ‘n winkelsentrum op erf 8127 Ceres (die ou jukskeibane) in Phillipstraat, tussen die rolbalklub en die tennisbane, het Ceres die week in rep en roer gehad.
Berig op bladsy 3
ESKOM is tans druk besig om normale krag toevoer na Ceres te herstel nadat 6-10 kragtorings tydens twee weke gelede se erge storm omgewaai en beskadig is. Die streek se elektrisiteitstoevoer is onstabiel met sekere areas wat na die storm geen elektrisiteit ontvang het nie. Dit sluit in talle plase en Op-die-Berg en P.A. Hamlet in, waar die vloede ernstige skade aangerig het. In die nuutste beplanning beoog Eskom om die hoofkraglyn tussen Boskloof en Romansrivier tussen 19 en 26 Junie te herstel. * John Steenhuisen (nasionale minister van landbou) saam met Pieter Graaff van Ceres en Hortgro se Jacques du Preez, het op 18 Mei die Ceresomgewing besoek en saam met plaaslike landbouleiers die skade aan die kraglyn gaan besigtig. Hoewel die stormskade massief is en finaal bereken moet word, is die grootste krisis wat die area tans in die gesig staar die voortslepende gebrek aan elektrisiteitstoevoer ná talle kragtorings tussen Wolseley en Worcester omgewaai en beskadig is.
Leah haal Wynlandspan
LAERSKOOL Gericke is trots op Leah Frieslaar wat opgeneem is in die o/11 Kaapse Wynland netbalspan. Leah gaan van 1518 Julie aan die Wes-Kaap interdistrikstoernooi op Bredasdorp deelneem.
LOST OR DESTROYED DEED
Notice is hereby given in terms of regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer T51930/2007
PASSED BY:
MARIUS CORNELIUS VAN DER BANK
Identiteitsnommer 670626 5027 082 and ANNELIE VAN DER BANK
Identiteitsnommer 691021 0014 084
Getroud binne gemeenskap van goed met mekaar IN FAVOUR OF: IVAN KORTJE
Identiteitsnommer 670421 5167 082
Getroud buite gemeenskap van goed
IN RESPECT OF:
GEDEELTE 22 VAN DIE PLAAS UINTJESKRAAL NR. 21 IN DIE KAAPSE WYNLAND DISTRIKSMUNISIPALITEIT
AFDELING CERES, PROVINSIE WES-KAAP GROOT 87,6132 (SEWE EN TAGTIG KOMMA SES EEN DRIE TWEE) Hektaar
Gehou kragtens Transportakte T51930/2007
Which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds at CAPE TOWN, Western Cape within two weeks from the date of publication of this notice.
Dated at CAPE TOWN on this 20th day of May 2026
Applicant: YOUNG ATTORNEYS INC. (ELBE YOUNG) 31 Ednam Road, Unit 5 Ednam Gardens, Rondebosch 7700
E-mail: elbe@youngattorneys.co.za
Contact number: 083-300-4452
DIE P.A. Hamlet polisie het verlede Donderdag 21 Mei Kietiekat kleuterskool besoek en teddiebeertjies en stokkielekkers aan die kinders uitgedeel. Lede van misdaadvoorkoming, sers. November Botes en sers. Zimri, het die kinders meer oor veiligheid geleer
Kwekers beloon
CERES Krisante Vereniging het hul jaarlikse skou op 9 Mei in die Ceres Welsynsentrum aangebied. Henriko Theunissen (foto regs) is aangewys as die algemene wenner met die meeste punte. Hier ontvang hy sy sertifikaat van rdl. Jacob Rooi. Noreen Theunissen (foto links) se blom is aangewys as die kampioen blom by vanjaar se skou. Hier ontvang sy haar trofee en sertifikaat van ds. Booysen.
FOTOS: Trevor Felix
Adriaan gee pas aan in uitgelese groep
ADRIAAN Wildschutt (28), internasionale langasem en oud-Ceresiet, het Sondag aan sy eerste marathon deelgeneem toe hy 'n pasaangeër was vir die Elite groep internasionale langafstand-atlete wat aan die Sanlam Kaapstad marathon kom deelneem het. Die groep het die wenner, Mohamed Esa van Ethiopië asook die bekende Olimpiese kampioen Eliud Kipchoge van Kenia ingesluit. Hy het tot die 36km merk die pas aangegee. Esa het 'n nuwe rekord roetetyd van 2:04:55 opgestel. Kipchoge was 16de in 2:13:29. * Adriaan het onlangs die New York halfmarathon oortuigend in 59:30 gewen.
Inwoners het vrae nadat ontwikkelaars groot reklamebord oprig
DIE gemeenskap het die week ernstige kwellinge en vrae geopper nadat ontwikkelaars 'n groot advertensiebord opgerig het op erf 8127 Ceres (die ou jukskeibane), in Phillipstraat, tussen die rolbalklub en die tennisbane.
Die ontwikkeling van ‘n winkelsentrum op erf 8127 Ceres (die ou jukskeibane) in Phillipstraat, tussen die rolbalklub en die tennisbane, het Ceres die week in rep en roer gehad.
In 'n skrywe word daar gemeld dat Laerskool Gericke en Hoërskool Charlie Hofmeyr, ondersteun deur plaaslike inwoners, die goedkeuring van dié ontwikkeling op hersiening geneem het na die Kaapse Hooggeregshof. Die saak is hangende en die munisipaliteit het uitstaande dokumentasie voorsien op 22 Mei 2026.
"Die skole is veral bekommerd oor die veiligheid van groot getalle kinders wat die omliggende sportvelde gebruik. Verkeersdruk, wat reeds erg is rondom die sportvelde, sal vererger. Daar is ook veels te min parkering. Groot hoeveelhede addisionele motors, minibusse en vragmotors sal na die winkelsentrum gelok word, met min ekstra veiligheidsmaatreëls vir die kinders en ander gebruikers van die sportgeriewe".
Die hofapplikante se prokureur, Leon van Rensburg, het in 'n skrywe gesê die veiligheid van veral die kinders blyk nie ‘n ernstige oorweging te gewees het tydens die goedkeuringsproses van die ontwikkeling nie.
Die dokumente van die munisipaliteit noem baie min hieroor. Dit is buitengewoon vir skole om ‘n munisipale beplanningsaansoek in die hof uit te daag. Dit beklemtoon die erns van die saak in die oë van die gemeenskap.
Die ontwikkelaar van die gholfbaan het aanvanklik aansoek gedoen vir ‘n spesifieke sonering.
Groot getalle besware is ingedien deur inwoners. Die beplanningstribunaal en die burgemeesterskomitee het hulle aan die kant van die ontwikkelaar geskaar. Hulle het ‘n ander sonering goedgekeur as die een waarvoor daar ‘n openbare deelnameproses was. Daar is ook vrae in die hofstukke of die burgemeester en sy komitee regsbevoeg was om so ‘n besluit te kon neem. Die betrokke eiendom is voorheen gelys as ‘n groen area wat nie ontwikkel mag word nie.
Na dié goedkeuring het die gholfbaanontwikkelaar die grond verkoop aan ‘n ander ontwikkelaar, Daniël Nunes, vir etlike miljoene rande. Mnr. Nunes het nou die ontwikkeling verkoop aan Dorpstraatontwikkelaars, wat die advertensiebord opgerig het.
Toe die ontwikkeling goedgekeur is, het die burgemeesterskomitee ook ‘n titelvoorwaarde van die eiendom geskrap, wat die munisipaliteit geregtig kon gemaak het op eienaarskap van die betrokke eiendom. Dit sou verhoed het dat die plaaslike ontwikkelaars die groot winste kon verdien, wat nou die geval is. ‘n Aanmaningsbrief is aan
die munisipalebestuurder hieroor gestuur, maar geen reaksie is ontvang nie.
Intussen is daar ook planne om ‘n dranklisensie vir die perseel goed te keur.
Met ‘n plaaslike regeringsverkiesing op hande, gaan hierdie kwessie waarskynlik ‘n rol speel in hoe inwoners die munisipaleraad saamgestel wil sien na November 2026.
Kommentaar
Die Witzenberg munisipaliteit neem kennis van die media navrae aangaande die beplanning en hofprosesse van dié betrokke eiendomsontwikkeling.
Aangesien hierdie aangeleentheid tans die onderwerp van ‘n formele regsproses is, word die feite deur die toepaslike hofstukke bepaal.
Ons verskaf graag die volgende feitelike uiteensetting:
Regmatige administratiewe prosesse (due process) is in alle stadiums deur die munisipaliteit gevolg.
Alle tersaaklike dokumentasie is reeds in ooreenstemming met die hofreëls aan die applikante se regspan afgelewer. Die munisipaliteit is definitief nie besig om die saak of enige verwante prosesse te vertraag nie.
- Geen hofinterdik is teen die munisipaliteit toegestaan om die voortsetting van die ontwikkeling te verhoed nie. Daar is dus geen regs en/of wetlike beletsel op die huidige aktiwiteite nie.
Bewerings dat die munisipaliteit die kant van die ontwikkelaar kies, is onwaar en word ten sterkste ontken. Die munisipaliteit handhaaf absolute onafhanklikheid, kies geen kant nie en is bloot besig om sy statutêre en professionele pligte na te kom.
Die munisipaliteit dra geen kennis van enige amptelike aanmaningsbrief wat aan die munisipalebestuurder gerig is oor die beweerde skrapping van titelvoorwaardes of deling in winste.
Alle besluite rakende grondgebruik en beplanning geskied binne die toepaslike wetgewende raamwerke.
Die munisipaliteit sal voortgaan om die regsproses te respekteer en sy volle samewerking aan die hof te verleen.
Vooruitgang
Inwoners wil nie in die pad van verbetering en ontwikkeling staan nie maar voel dat die ontwikkeling eerder op 'n ander meer geskikte terrein in die dorp moet plaasvind. Die hersieningsaansoek en hangende besware sal eers teen die einde van 2026 aangehoor kan word. Nog geen amptelike korrespondensie is ontvang wat kan aandui watter winkelgroepe daar gehuisves sal word nie, maar Checkers se logo is duidelik sigbaar in die kunstenaarsvoorstelling op die borde.
Ceres Mall (naby die Eselfonteinafdraai en ou padkamp) het in Januarie vanjaar aangedui dat Checkers nie meer deel van hulle planne uitmaak nie.
SterkwaterverpakkingsfasiliteitWitzenbergVallei se -indiebeskikoor’nloopbaangeleentheidvir‘nenergieke, gedreweenhardwerkendepersoon.
LOGISTIEKEBESTUURDER
Doelvandiepos: en
Jong gimnaste vaar puik in kompetisie
DIE gimnaste van Ceres Gimnastiek het van 8-9 Mei in die Paarl aan 'n gimnastiek-kompetisie deelgeneem. Die gimnaste gaan nou op 30 Mei aan die distriksproewe deelneem. Ons is baie trots op hulle harde werk en deursettingsvermoë en wens hulle alle sterkte toe vir die kompetisie! Geluk aan die vlak 1 deelnemers: Mikayla Nieuwenhuis (goud), Lia van der Merwe (goud), Lehanne Olckers (goud), Anlia Cillie (silwer) en Ale Orffer (silwer). Edlyn van Rooyen (brons) en Leah Goosen (brons) het aan vlak 2 deelgeneem met Lilly-Rose Nortje (silwer), Ellen-Mari Laubscher (brons), Corli Gibson (brons) en Joalet Gibson (brons) wat aan vlak 3 deelgeneem het.
TWEE oudskoliere van Ceres, Luan Giliomee (heelagter) en Quintin Potgieter (flank) was deel van die Junior Bokke. *Sien sportblad vir meer inligting.
Marianne Rousseau ontvang alle aansoeke en navrae by tot mwnti@iafrica.comVrydag, 05 Junie 2026
CERESCERES CERESCERES CERES (023) 316-2226
Opwindende loopbaangeleentheid te Ceres Superspar
STORE MANAGER
Die volgende vereistes sal u aansoek versterk:
•Goeie bestuurs- en kommunikasievaardighede (kliënte en personeel) asook goeie menseverhoudinge
•Goeie entrepreneursvaardighede
•Voorraadkontrole en bestellings
•Moet ten volle tweetalig wees (Afr. en Eng.)
•Hoë energie vlakke, oog vir “detail” en goeie probleemoplossing
•Moet onder druk kan funksioneer
•Moet bereid wees om naweke en skofte te werk
•Matriek en retail ondervinding
•Rekenaarvaardigheid met kennis van Sigma, Health and Safety, Food Safety en EE prosesse sal u aansoek versterk
•Vorige ondervinding sal in u guns tel
•Onmiddellik beskikbaar wees
Salaris onderhandelbaar.
Rig CV aan: ceres3@retail.spar.co.za
Vir aandag: Die Personeelbestuurder
Sluitingsdatum vir aansoeke: 7 Junie 2026
Diensaanvaardings: So spoedig moontlik
Indien u teen Vrydag 21 Junie 2026 nog geen terugvoering ontvang
het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.
HR & ADMIN OFFICER
Doornkraal Agri, based in the Witzenberg Valley in Ceres, is a leading and well-established producer of apples, pears, nectarines and cherries. The company has an exciting opportunity available for an energetic and dedicated HR & Admin Officer to join their team. The successful incumbent will report to the CEO.
R esponsibilities :
•Process wages deductions and reconciliations
•Coordination and recordkeeping of recruitment & selection processes
•Coordination and recordkeeping of training & development
•Ensure compliance to HR systems, policies and procedures
•Conduct induction of new employees
•Setup and recordkeeping of employment and housing contracts
•Coordination and recordkeeping of disciplinary actions (warnings, hearings, CCMA cases etc.)
•Coordination and recordkeeping of performance management process
•Coordinate the reporting and administration of occupational injuries (IODs)
•Plan and order PPE (personal protective equipment)
•Arrange Doornkraal Agri staff functions and team building sessions
•Provide personal assistance to the CEO
•Office administration
R equirements:
•Matric
•Relevant tertiary qualification in HR would be advantageous
•2-5 years’ experience in the processing of wages
•2-5 years’ experience in the coordination and administration of HR matters
•Exceptional verbal and written communication skills (English & Afrikaans)
•High level of emotional intelligence and interpersonal skills
•Excellent organisational skills
•Results-orientated and goal-driven
•Energetic and ability to work under pressure
•Driver’s licence and own transport
To apply, kindly register at: https://www.ditto.jobs/job-details?id=716769432
DIE Togryers museum op Ceres het begin met voorbereiding vir die jaarlikse Ubuntu Winter Drive projek. Indien lesers enige leë glas (koffie of mayonnaise) bottels het, kan hulle dit gerus aan die museum skenk.
BELANGSTELLENDES wat 'n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027.
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/ opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur 'n e-pos na togryersmuseum@gmail.com
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel (023) 312-2045.
ONS IS DRINGEND OP SOEK
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
Louw-Marie 083-634-8068
louwmarieshepherd8@gmail.com
Murchisonstraat 4, Ceres
Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat
Saak uitgestel om nuwe datum vas te stel
'n OUDWERKNEMER van 'n myn in die Noordwes provinsie wat 'n tyd lank op Ceres gewoon het en wat na bewering oor 'n lang tydperk meer as R1 miljoen by 'n Rustenburg myn gesteel het, het Maandag weer in die Rustenburg streekhof verskyn.
Volgens 'n hofpersoneellid was die saak op die hofrol geplaas. Alicia Gwynathon (Gwynnie) Cunningham (35) was by die hof nadat 'n lasbrief gemagtig is omdat sy in Januariemaand nie by die hof was nie. 'n Lasbrief is oorgehou tot Maandag toe sy wel by die hof was.
Die saak is tot 17 Augustus uitgestel om 'n verhoordatum vas te stel.
Ondersoek
Die Valke en die SAPD handelsmisdaadeenheid het sedert 2019 twee oudwerknemers van Sitona Mining ondersoek nadat hulle oor 'n lang tydperk meer as R10 miljoen gesteel het.
Een van die vrouens is in Februarie 2024 skuldig bevind en gevonnis op 126 aanklagte van nagenoeg R9.3 miljoen. Sy is tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Die tweede persoon wat aangekla is van diefstal en bedrog van meer as R1 miljoen, is Cunningham. Sy het vir 'n tyd op Ceres en in die De Doornsomgewing gewoon en gewerk maar bevind haar iewers in die Worcester of Rawsonville omgewing.
Die streekhoflanddros wou teen die einde van 2025 eers uitsluitsel gekry het oor sekere aspekte om 'n voorverhoor en verhoordatum vas te stel. Die saak is toe na Januarie 2026 uitgestel sodat Cunningham met 'n prokureur of regshulp kon konsulteer. Dit is onseker of dié konsultasies wel plaasgevind het aangesien sy nie by die hof was nie.
Agtergrond
Cunningham is in Junie 2022 saam met Dinah Dorothea Botes (42) deur die Noordwes Valke en die SAPD se gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid gearresteer weens die diefstal van meer as R10 miljoen.
Die misdade is tussen 2014 en 2019 by die Sitona mynmaatskappy naby Rustenburg gepleeg waar die vroue in die rekeningeafdeling werksaam was.
Cunningham het na bewering dieselfde metodes as Botes gebruik om meer as R1 miljoen na haar persoonlike bankrekening oor te plaas. Sy is aangekla van diefstal en bedrog asook oortredings van die Paiawet op die opbrengs van misdaad en die konfiskering van bates wat deur kriminele aktiwiteite verkry is.
NS: Die afgelope jaar het Cunningham die Ceres landdroshof genader om 'n teisteringsbevel teen die skrywer te probeer bekom om enige beriggewing oor haar hofsaak te keer. Die hooflanddros het in Aprilmaand die saak uitgegooi toe Cunningham vir die tweede keer nie by die hof opgedaag het nie.
Vyf jaar later - Jain-moordverhoor vorder nie
VYF jaar na die opspraakwekkende Jainmoord op Wolseley, moes dié saak twee weke gelede noodgedwonge uitgestel word nadat riviere hul walle oorstroom en chaos in die streek veroorsaak het.
Die verhoor sal nou op 10 Junie in die Wolseley streekhof begin vyf jaar nadat Reneé Jain (51) van Kaapstad in Maart 2021 buite Wolseley vermoor is.
Die oudpolisieman en oudhofordonans Maurice Arries (47) het onlangs aangedui dat hy 'n pleitooreenkoms met die staat wil aangaan.
Hy verskyn saam met Freddy Lottering (39),
Nolan Visagie (27) en Anthony Schippers (25).
Die vier mans staan tereg op aanklagtes wat wissel van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad.
Moord
Inbrekers het op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Jain ingebreek. Reneé Jain was die betrokke aand alleen by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat
tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is dood nadat sy deur dié verdagtes in die huis oorval, gewurg en vermoor is.
Visagie en Schippers is meer as 'n jaar na die moord in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na 'n gesamentlike polisieoptrede. Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, is in Junie 2023 as verdagte in die saak bygevoeg. Lottering dien tronkstraf uit in 'n ander saak.
Arries is nog uit op borgtog van R10 000 terwyl die ander drie mans in aanhouding bly.
Winelands Autumn Expo on 29 and 30 May
EXCITEMENT is building across the Cape Winelands as Worcester prepares to welcome thousands of visitors to the 3rd Winelands Autumn Expo on 29 and 30 May at Montana High School. And the weather could not be more perfect. Forecasts promise perfect autumn days, no wind, touches of cloud and beautiful golden sunshine, the kind of weather that lifts spirits, brings people together and reminds us why this season in the Winelands is so special. After the storms weathered over recent weeks, the Expo offers an opportunity for communities to celebrate resilience, friendship and the simple joy of being together again. This year’s Expo promises even more entertainment - more flavour and more experiences for the whole family. Visitors can enjoy entertainment from near and far, from the tried-and-tested rhythms of Klipwerf, New Strings Dance Band and Just Friends, to exciting newer sounds from Jakkals Vibes and Robbie Wessels, while celebrated artists Belinda Davids and Juan Boucher bring star power from across South Africa and beyond. The entertainment programme also features Spoegwolf, Millennium, Refentse and many more artists across the two days. Families can relax knowing there will be dedicated supervised children’s entertainment in a safe play area, while children under 12 enter free of charge. Adult tickets cost only R100 per day or R180 for an all-weekend pass, making the Expo one of the most affordable large-scale family events in the country. Beyond the music, visitors can explore over 100 indoor stalls featuring everything from handcrafted products, clothing, décor and jewellery to wines, craft beverages, gourmet treats and unique gifts.
INTERNAL AUDITOR
Closing date: 5 June 2026 at 15:00 Visit
PRINS
MUNICIPAL MANAGER Cape Winelands District Municipality
46 Alexander Street Stellenbosch 7600
www.ayandambanga.co.za 156697
LEERDERS van Laerskool Gericke het deurgedring na die redenaars se finale rondte wat 19 Augustus plaasvind. Die leerders is: Sophia Botha, Catherine Clark, Phia du Plessis, Aiden Loubser, Catherien Morkel, Janu Slabbert, Philip Botha, Karlien du Toit, Petrus Redelinghuys, Ninke Schroeder, Ankia Slabbert en Zander Truter.
KARATEKAS van Senshi Dojo karateklub op Ceres is opgeneem in die WP-span wat aan die 2026 WUKF S.A. nasionale kampioenskappe en Afro Asia ope deelgeneem het. AGTER: Taylor Engelracht (vyfde plek kata, kumite en long weapons), sensei Wayne Vermeulen (goud vir Team Sanbon Kumite), Lukas Krige (vierde plek short weapons en sesde plek long weapons) en Retief Spence (silwer vir short weapons en brons vir long weapons). VOOR: Bellané Vermeulen (vierde plek vir kata en vyfde plek kumite en long weapons) en Izak Krige (vierde plek short weapons en negende plek long weapons).
Vyf Mooi Uitsig onderwysers ontvang sertifikate van SARO
DIE Suid Afrikaanse Raad vir Opvoeders (Saro) gee erkenning aan onderwysers wat hulself bemagtig deur onderrig en opleiding. Punte word aangeteken vir bywoning van kursusse. Vyf onderwysers van Mooi Uitsig Primêr is vereer met sertifikate. VLNR: Jayden Arnoldus (brons), Lizelle Juries (brons), Tanya Swanson (silwer), Martin Absalom (waarnemende skoolhoof), Tersia Titus (silwer) en Meraldine Uys (brons).
BOLAND Laerskole Rugby se o/13 rugbyproewe het op 8 en 9 Mei by Laerskool Koue Bokkeveld plaasgevind. Beamptes van Witzenberg was teenwoordig en het gehelp by die proewe. VLNR: Edwhal Felix, Aldo Sauls, Marco Vergotine, Bron Matthyse, Craig Volmoer, Ruhaan Pieters, Cedwin Tiemie en Jayden Arnoldus.
Laerskole Rugby se o/13 rugbyproewe het op 8 en 9 Mei by Laerskool Koue Bokkeveld plaasgevind. Hier is 'n paar bestuurslede saam met die spelers afgeneem.
BOLAND
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
'n PRET gholfkompetisie vind Vrydag 29 Mei plaas met Ceres Superspar wat 'n syfer 3 kompetisie borg. Kostes beloop R120. Afslaantye tussen 14:00 en 16:30 is beskikbaar. Om jou plek te bespreek, skakel die klub by (023) 312-3068.
QUILLIN Liemand van Morrisdale Primêr is opgeneem in die o/11 Kaapse Wynland netbalspan. Quillin gaan van 15-18 Julie aan die Wes-Kaap interdistrikstoernooi op Bredasdorp deelneem.
Sport
Ceres wen naelbyt-stryd
CERES rugbyklub het Saterdag die titaniese tweestryd teen Hamlet met 39-32 gewen. Die rustydtelling was 26-10. Dit was 'n wedstryd van twee helftes waar Ceres die eerste helfte oorheers en met gemak voorgeloop het. Hulle het Hamlet harde bene laat kou en van die afskop gewys dat hulle die tweestryd wil wen. Na rustyd en met 'n goeie voorsprong het Ceres se afrigter, Nazeem Jooste, dalk te gou sy plaasvervangers opgestuur.
Ceres kon nie met die plaasvervangers weer hul ritme vind nie. Hamlet het hul kanse benut en het kort voor die einde van die wedstryd met 3229 voorgeloop. Ceres het laat in die wedstryd teruggeveg en voor die eindfluitjie geblaas het, twee vinnige drieë aangeteken om die wedstryd met 3932 te wen.
Swak dissipline
Swak dissipline was weer 'n probleem met talle kaarte wat uitgedeel is. Die skeidsregter het vroeg sy stempel afgedruk en albei spanne gestraf vir ongedissiplineerde spel. Beide spanne is met 5 geelkaarte gestraf. Hamlet het ook 'n rooi kaart ontvang.
Bella Vista het die naweek vir 'n opskudding gesorg en Roses op hul tuisveld naelskraap met 2928 geklop. Wolseley het die naweek teen Hillcrest met 2028 verloor terwyl Delicious vir Young Blues met 3730 geklop het. Villagers Newton het Evergreens met 2510 gewen en Newtons was te sterk vir Tulbagh en het maklik gewen met 4114.
Hamlet speel die naweek 'n derbywedstryd teen Delicious terwyl Ceres vir Wolseley sal huisves. Bella Vista sal kragte meet teen Hillcrest, Young Blues pak Villagers Newton, Newtons speel teen Roses en Evergreens speel tuis teen Tulbagh.
Jong Bokkies klop Fidji met 82-25
DIE Junior Bokke het die week dit twee uit twee gemaak in die internasionale o/20reeks met 'n oorwinning van 82-25 oor Fidji. Twee oudskoliere van Ceres, Luan Giliomee (heelagter) en Quintin Potgieter (flank) was deel van die span wat die vloer met Fidji gevee het. Luan het op heelagter uitgeblink en drie drieë gedruk. Quintin het ook goed gespeel en 'n drie gedruk.
BUSINESS ACCESS CONTROL
ARNO van Wyk van Ceres rugbyklub hier op een van sy talle stormlopies. Ceres het Saterdag die titaniese tweestryd teen Hamlet met 39-32 gewen.