WH Her ald Witzenberg
VOLUME 29 NO. 1
R 10
FRIDAY, 16 JANUARY 2026
(023) 312-2144 l CERES
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig
Inbreker na ses maande nog nie aangekla nie
Donderdag 15 Januarie
Vrydag 16 Januarie
Saterdag 17 Januarie
Sondag 18 Januarie
13° 26°
12° 29°
12° 27°
11° 27°
‘n INBREKER wat ses maande gelede vinnig vasgetrek is nadat hy by ‘n huis op Ceres ingebreek het, is nog nie weens dié huisbraak aangekla nie. Die verdagte, Abraham Wildschutte (52), het egter al op ‘n mindere klagte verskyn weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom. Die saak is tot 4 Mei vir verhoor uitgestel. Die Ceres polisie en Ceres Alarms het op 9 Junie 2025 omstreeks 23:40, twee verdagtes wat met ‘n TV en huisgoedere in Vierdelaan gestap het, voorgekeer. Hulle het die gesteelde goed neergegooi en weggehardloop. Wildschutte is later gevang nadat hy by ‘n erf in Vierdelaan ingehardloop en oor ‘n hek gespring het.
CERES KOEKEDOUW DAM
80%
TULBAGH DAM
90%
WAVERENSKROON TULBAGH
66%
Lesings geneem: 2026/01/14
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Padsterftes daal in provinsie DIE afgelope Desember vakansie was daar heelwat minder sterftes op die WesKaap se paaie. Die afgelope drie weke was daar slegs ‘n paar ongelukke in die Witzenbergstreek aangemeld. Geen sterftes of ernstige beserings is aangemeld nie. Op 7 Januarie het EMS nooddienste gehelp om ‘n vragmotorbestuurder uit ‘n verfrommelde kajuit te red. Twee vragmotors het by die Tulbagh-kruising gebots. Een van die bestuurders het vasgesit en moes EMS ‘n hidroliese kake gebruik om die man te bevry. Die bestuurder het beserings aan sy bors en bene opgedoen. * Van 5-11 Januarie het 12 mense in padongelukke in die Wes-Kaap gesterf teenoor die 25 in die vorige week. Agt van die sterftes was voetgangers. ‘n Voetganger is op P.A. Hamlet dood nadat sy op Kersdag omstreeks 20:30 raakgery is. Provinsiale verkeersbeamptes het 240 padversperrings en spoedlokvalle oor die provinsie heen gehou en meer as 51 000 voertuie is voorgekeer. Meer as 15 000 verkeersboetes is uitgereik. 79 motorbestuurders is in hegtenis geneem vir bestuur onder die invloed van drank. Nog fotos in vandag se uitgawe.