4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsig
Saterdag





![]()
4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsig
Saterdag





LAAT UITGAWE.
Na 3 dae se ontberinge wat ons hele streek geraak het, sal die Witzenberg Herald teen laat Vrydagaand en Saterdagoggend op winkel- en kafeerakke wees. Dit is 36 uur later as normaalweg.
In byna 30 jaar van die koerant se bestaan, was daar slegs die vyf weke van Covid-19 nie gedrukte weergawes op straat nie - net digitale uitgawes.
Dit is die eerste keer dat die koerant eers op 'n Vrydag verskyn.


Martin Behm
082-734-4549
martin.behm@sfpwealth.co.za




cooltech@lando.co.za
48 uur. Totale chaos. Miljoene liter water. Geen krag. Een van die ergste storms in byna 60 jaar het Maandag 11 Mei tot Dinsdag 12 Mei die hele Wes-Kaap en dele van die Noord-Kaap getref en lamgelê. Die twee kouefronte het in die 48 uur tussen 200mm en 400mm reën oor die Witzenbergstreek laat uitsak. Die Ceres Koekedouwdam het binne 'n week oorgeloop nadat dit nog verlede week 64% vol was. Ceres was tot Donderdag 14 Mei omstreeks 13:00 sonder krag nadat dele van Tulbagh en Wolseley die vorige dag herstel is. Asof dit nie genoeg was nie het 'n reuse modderstorting teen Oukop Michellspas onbegaanbaar gemaak vir enige verkeer met modder en reuse klippe wat die pad versper het. 'n Bus met 60 passasiers en twee vragmotors van Wilsons vervoer sit al dae lank in die modder vas. Die Witzenberg munsipaliteit asook ander rolspelers het sedert Woensdag toe die storm begin opklaar, ure gewerk om die pas op te ruim.
Teen Vrydagoggend was die pas nog gesluit en inspeksies deur padingenieurs moet gedoen word. 'n Enkelbaan in die pas was van Donderdag net oop vir noodvoertuie en die polisie.
* Inwoners en sakelui op Ceres moet hulle vergewis van die reëlings aangaande kraggebruik in die volgende paar weke totdat Eskom die toevoer ten volle kan herstel.


Volwaardige makelaarshuis met al jou finansiële produkte onder een dak
•Beleggings
•Lewensversekering en byvoordele
•Korttermynversekering
•Mediese fondse
•Gap cover
•Testamente
•Boedelbeplanning
•Onafhanklike advies
Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ons bly daartoe verbind om die beste moontlike diens aan ons kliënte te lewer. Indien u enige navrae het, skakel ons gerus - ons help graag.

082-364-3317
daniel.behm@sfpwealth.co.za
'n NAGKLUB op Ceres is die afgelope naweek vir die tweede keer in 'n paar maande beroof.
Agt gewapende mans het Sondag 10 Mei omstreeks 22:19 by die nagklub ingestap en personeel en dobbelaars beroof.
Volgens die polisie het twee van die verdagtes eers potspel gespeel voor die ander ses rowers die perseel betree het.
Hulle het geld geëis en een van die personeellede met 'n vuurwapen teen die kop geslaan. Vier personeellede was ten tye van die roof op die perseel asook vier inwoners wat in die dobbelarea gespeel het.
Die rowers het 'n onbekende bedrag geld gesteel asook drank, selfone en motorsleutels van die kliënte.
Hulle het daarna gevlug met 'n Toyota Corolla Quest van 'n kliënt asook in 'n wit Ford Ranger bakkie. Die Corolla is later in die dorp gevind.
DIE man (22) wat aangekla is van een van die grusaamste moorde die afgelope drie dekades op Ceres, se verhoor is die week uitgestel na Juniemaand.
Zwelinjani Mbola (22) van Nduli wat sedert 7 Desember in aanhouding is, word aangekla van moord en lykskending. Die staat beweer dat Mbola vir Peter Joubert (43) vermoor het deur sy liggaam met 'n skerp voorwerp op te sny.
Die saak is uitgestel tot 8 Junie
Agtergrond
Wetstoepassers is op 7 Desember 2025 deur 'n lid van die publiek genader dat 'n onbekende man op die sypaadjie voor 'n onderneming in Voortrekkerstraat sit met liggaamsdele by hom. Die beamptes is na die toneel oorkant hulle kantore en het 'n man gesien wat sit by die afgekapte arms van 'n mens. Hulle het die polisie na die toneel ontbied.
Mbola wat by die ledemate in die son gesit het, het laat blyk dat die res van die liggaam onder die treinspoorbrug in Voortrekkerstraat, net voor die afdraai na CFG, lê. Met die polisie se aankoms op die toneel het hulle die erg geskende liggaam van 'n man aangetref. Van sy organe het langs hom gelê.
Die oorledene is later as Peter Joubert (43) van Vredebes en 'n werknemer van Ina's Car Wash Paradise, geïdentifiseer.



ZWELINJANI Mbola (22) van Nduli wat sedert 7 Desember in aanhouding is, word aangekla van moord en lykskending.





CERES Koekedouwdam het Woensdag begin oorloop en is nou 100% vol. Twee kouefronte het in 48 uur tussen 100mm en 400mm reën oor die Witzenbergstreek laat uitsak. Die Ceres Koekedouwdam het binne 'n week oorgeloop nadat dit nog verlede week 64% vol was. Hier is Ané Vergotine en Brayden Vergotine by die oorloop. * By ILeaf en Hortec se weerstasies in die streek is daar van 11-13 Mei in die Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing 100.3 mm gemeet, in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 162.3mm en by Bronaar 137mm gemeet. By Romansrivier is 204.6mm en op Ceres is tussen 201mm en meer as 380mm gemeet. ** Die Tulbagh dorpsdam is 42% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan tans op 65%.

DIE Kaapse Wynlandstreek is sommer reg om te pronk en daar is ietsie vir almal by die derde Winelands Autumn Expo wat op 29 en 30 Mei plaasvind.
Die geleentheid is gereed om te skitter en selfs al werk die weer nie saam nie, is meeste van die Expo onder dak.
Buitelug-entoesiaste kan ’n uiteenlopende uitstalarea verken wat alles insluit van kompakte sleepwaens tot groot 4x4 karavane, asook braaitoebehore, trekkers en vragmotors. Gesinne, met of sonder stootwaentjies, is welkom om rustig te kuier en die terrein te geniet. Julle kan selfs ‘n brandweerwa van nabyaf verken!
Vanjaar bring ook opwindende nuwe aktiwiteite, soos ’n pannekoek-eetkompetisie vir dié wat dink hulle kan die klok klop.
Kosliefhebbers en passievolle tuiskokke kan uitsien na ’n kookdemonstrasie deur internasionaal bekende sjef Matthew Dreyden van die bekroonde Wolfgat restaurant. Hy sal wys hoe om ’n alledaagse gereg in iets buitengewoons te omskep.
Wanneer die honger toeslaan, kan besoekers ietsie lekker van een van die meer as 15 kostrokke, wat iets vanuit elke hoek van die wêreld bied, geniet.
Binne die groot tent, wat 100 stalletjies huisves kan besoekers nog meer verwag. Elke produk is sorgvuldig gekies, van geurige en vurige souse tot sagte, gemaklike items vir kleingoed, asook gerieflike opsies vir jou viervoetige beste vriend.
’n Wye verskeidenheid wyne van regoor die Wynlande sal beskikbaar wees, saam met jenewer (gin) en ander unieke lekkernye om die tong te prikkel.
Opwindende vermaak op die verhoog gaan seker maak dat almal sommer sal dans! Daar is omtrent elke uur ’n nuwe optrede. Vrydag se program begin kort nadat die hekke om 15:00 oopmaak, en raak lewendiger tot op die laaste optrede deur Spoegwolf om 20:00. Saterdagoggend is toegewy aan gesinsvriendelike vermaak, perfek vir oud en jonk, insluitend oupa en ouma. Kinders onder 12 kan die geleentheid bywoon en daar sal veilige, ouderdomsgepaste speelareas en opgeleide toesig beskikbaar wees.
Die Saterdagmiddagprogram is propvol kunstenaars, wat verseker dat daar iets vir elke musieksmaak is. Vir die jongste nuus en om te kyk wanneer als gebeur, volg Winelands Autumn Expo op Facebook. Bring jou vriende, jou lewensmaat en jou familie, en geniet kwaliteit tyd saam terwyl julle proe, verken en die lewendige atmosfeer geniet. Kaartjies is bekostigbaar teen R180 per persoon vir beide dae of R100 per volwassene vir ’n enkel dag, met alle vermaak ingesluit. Besoekers word aangemoedig om vooraf hul kaartjies via Webtickets te koop om teleurstelling te voorkom.
Die Expo vind net een afdraai van die N1 af by die Montana Hoërskool sportterrein in Worcester plaas, met gratis parkering op die perseel.









DIE ergste storm in 60 jaar het die Witzenbergstreek getref nadat reën Maandagoggend omstreeks 06:00 begin uitsak het. Dinsdagoggend net na 03:00 het die Dwarsrivier sy walle begin oorstroom en oor Vierdelaan en in sy-strate gevloei. Die water is deur twee woonhuise en het plek-plek byna 'n meter diep gestaan. Een huisbewoner het in die vroeë oggendure uitgeswem en 'n leer gaan haal by 'n buurman om sy familie en hul honde te ontruim. 'n Ander inwoner het hulp ontbied waarna die polisie se duikeenheid met hul rubberboot hulle en 'n hond oor die rivier moes neem na droë grond. Die duikeenheid het ook by 'n gestremde inwoner hulp aangebied wat vasgekeer was. Verder af in die rivier het daar ook huise oorstroom anderkant die Morrisdale laagwaterbruggie.
FOTOS: Ceres inwoners en Facebook






DIE Dwarsrivier het Dinsdag vir die eerste keer in byna 60 jaar sy walle verby die 100 jaar vloedlyn oorstroom. Die water het Dinsdagoggend sy hoogste vlak onder Van Bredabrug en die twee voetganger-bruggies by Ceres hospitaal bereik. Teen Donderdagoggend het die water met meer as 4.5 meter na normaalvlakke gesak. Talle laagwaterbruggies op omliggende plase is ook weggespoel.




























TULBAGH rolbalklub het op 28 April hul algemene jaarvergadering gehou en die volgende persone is tot die nuwe bestuur verkies: Hannes Pieterse (president), Neil Zeeman (vise-president), Jacques Siebrits (sekretaris) en Jannie Neethling (tesourier). Carel Venter, JP Orffer en Gerrit Karelse is as addisionele lede verkies.

TULBAGH rolbalklub het onlangs hul enkelspel klubkampioenskap afgehandel waartydens Johan Steenkamp (regs) vir Petrus de Jager in 'n opwindende en naelbytstryd met 18-17 geklop het. * Alle voornemende spelers word uitgenooi om Hannes Pieterse te skakel by 079-197-5083.
LENE Viljoen van Ceres skryf:
DAAR is baie tekens waaraan Engele gekenmerk word.
Na die ergste storm in dekades, wil ons graag die personeel van die Witzenberg munisipaliteit uitsonder vir hul uitmuntende werk die afgelope week.
"Ons het dalk in huise sonder krag gesit, maar hulle was in die wind en weer besig om die mooi Vallei vir ons te beveilig en op te ruim. Bome oor paaie is verwyder en strate is skoon gevee. Hulle kon nie by hul families wees in die tyd nie. Ek dink elke inwoner kan saamstem en van danbaarheid getuig.
Dankie!

ETIENNE Olivier, trotse Ceresiet, skryf: ONS spreek maklik ons misnoeë uit wanneer ons ontevrede is oor enigiets. Soveel te meer wanneer dit gaan oor dienslewering. Dikwels aangevuur deur berigte op sosiale en gedrukte media oor dorpe, soortgelyk aan Ceres, wat gebuk gaan onder wanbestuur. Ons betaal immers almal belasting en is geregtig op goeie dienslewering.
My gevoel was nog altyd dat in dieselfde asem waarmee ons kla, ons ook bereid moet wees om erkenning te gee wanneer dit geregverdig is. Hierdie skrywe gaan juis hieroor en verwys na die naweek van storms, 9-11 Mei. Niemand het geweet of sou vooraf die omvang van dit wat ons beleef het, kon voorspel nie. Tog, in die dae voor die storm, het die nooddienstebestuur reeds begin voorberei en noodmaatreëls in plek gestel.
Ek wil nie uitbrei op die miljoene rande se skade wat
veroorsaak is nie, ons almal het dit met ons eie oë gesien. Ek wil eerder eer bring aan die Witzenberg munisipaliteit vir die professionele en hoogs effektiewe wyse hoe hulle ons inwoners ondersteun en ons infrastruktuur beskerm het. Nooddienswerkers het onder uiters moeilike omstandighede die opruimingstaak, te midde van gure weersomstandighede, aangepak.
Die “welkome” geluid van petrolsae wat van soggens vroeg tot saans laat dreun, sopnat werkers wat skarrel om ons paaie te beveilig, gereelde en bemoedigende inligtingsessies / vorderingsverslae deur burgemeester Trevor Abrahams op sosiale media en die polisie wat selfs inwoners met 'n rubberboot gehelp het om hulle oorstroomde huise te ontruim, getuig van absolute toewyding. Welgedaan Witzenberg munisipaliteit en bestuur.
In ‘n land waar onderprestasie en middelmatigheid aanvaarbaar geraak het, het julle gewys watter verskil spanwerk en ‘n gesindheid van omgee kan maak.

THE Western Cape Blood Service (WCBS) is urgently appealing to the public to donate blood next week as blood stocks across the province come under increasing pressure.
Following the Level 8 storm, the service was unable to collect the number of units required to meet hospital demand across the province. WCBS needs to collect 700 units of blood every day to maintain a stable blood supply.
Blood groups Onegative and Opositive are currently under the greatest strain with Opositive at only a threeday supply and Onegative at just a twoday supply.
“Winter is traditionally a challenging period for maintaining a five-day blood stock level across all blood groups due to colds, flu and school holidays,” says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS.
“The Level 8 weather warning has added additional pressure to an already vulnerable blood supply. We are appealing to all eligible donors to make blood donation a priority this week to help ensure blood stocks meet hospital demand.”
Several blood donation clinics were cancelled or temporarily closed from Monday to Wednesday due to severe weather conditions, school closures and venue accessibility challenges.
All blood donation centres across the province are currently open and WCBS will communicate any further operational changes directly to donors and on social media.
If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate. Donors are advised to eat a substantial meal within three to four hours before visiting a clinic and to increase their fluid intake before, during, and after donation. Blood donation only takes 30 minutes of your time and you can donate blood every 56 days.
For more information or to find your closest blood donation clinic, visit www.wcbs.org.za, or send a WhatsApp to 0605497244 (scan QR code below). Follow the Western Cape Blood Service, thewcbsofficial, @the_WCBS, on social media for updates.
DIE Togryers museum op Ceres het begin met voorbereiding vir die jaarlikse Ubuntu Winter Drive projek. Indien lesers enige leë glas (koffie of mayonnaise) bottels het, kan hulle dit gerus aan die museum skenk.
BELANGSTELLENDES wat 'n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per epos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027.
SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to others. This organisation supports schoolgirls, children’s homes, old age homes, hospitals and other small communities around the Witzenberg area. Our work goes beyond giving: we rebuild self-love, health, fitness, and education around the menstruation cycle to schoolgirls. Please help with sanitary products for more information contact LanaDee Faroö on 072685-3223.
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 3122045 of stuur 'n epos na togryersmuseum@gmail.com
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
• Police Flying Squad: 10111
• Ambulance Services: 10177
• Childline: 116
• Lifeline: (021) 4611113
• Wilderness Search and Rescue: (021) 9370300

die Dwarsrivier-opruiming.
met die fokus op die gedeelte
die
die


Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

'n OOM wat 'n saamrygeleentheid Hamlet toe gegee is, meen die skeidsregter het Bella Vista bevoordeel, terwyl talle Bella Vista ondersteuners meen dis net die teenoorgestelde nadat Saterdag se groot derbystryd in omstredenheid geëindig het.
Hamlet het die tweestryd met 3230 gewen.
Bella Vista was nog tot kort voor die einde met 3025 voor maar nadat Hamlet vanaf hul eie kwartgebied gevorder het en sowat vyf minute Bella se doellyn aangeval het, het hulle die wendrie gedruk al was die grensregter se vlag uit.
Die skeidsregter het na die toekenning van die drie gaan luister, maar het besluit die drie bly staan en die doelskop was oor.
"Ons weet nie wat gebeur het nie, maar ons aanvaar dit so. Die skeidsregter maak die laaste besluit," het 'n Bella Vista amptenaar agterna op die veld gesê.
Opwindende wedstryd
Dit was 'n opwindende wedstryd met Bella Vista wat drie keer gaan druk het voordat Hamlet uiteindelik hul doellyn kon oorsteek. Albei spanne se skoppe pale toe het meestal die kol getref.
Die skeidsregter het vroeg sy stempel afgedruk en albei spanne gestraf vir ongedissiplineerde spel 'n aanduiding van die gehalte dissipline op die dag.
Bella Vista se skrums en dryfmaalbewegings was goed, maar kon net nie aan die gang kom nie. Bella Vista het die grootste deel van die wedstryd voorgeloop maar kon nie 'n groot genoeg gaping opbou nie. Hamlet se Marvin
Fredericks en Marlin Baron het hul span gehelp om die agterstand te laat krimp.
Vir Hamlet het Elvendo Heugh en Jacobus Coetzee elkeen 'n drie gedruk. Marvin Fredericks het met twee strafdoele en 'n skepdoel geslaag terwyl Marlin Baron drie strafdoele en twee doelskoppe oorgeskop het.
Vir Bella Vista teken Patwin van der Merwe, Nathan van Wyk en Jaytin Martin hul punte aan.
Ander uitslae
Wolseley het Young Blues met 3117 geklop, Delicious het maklik met Tulbagh afgereken en met 6221 gewen, Roses het Villagers Newton met 4517 geklop en Newtons het Evergreens afgeransel en met 5010 geklop.
Naweek se wedstryde
Alle wedstryde is die naweek afgestel weens nat en onspeelbare velde.
*Berig saamgestel uit inligting van Jacob Rooi en Gilbert Damon)



SATERDAG 9 Mei het die kwartaallikse enkel houespelkompetisie plaasgevind.
Harry Hewitt (foto regs) het die kompetisie met 69 houe gewen met Lloyd Vercuil in die tweede plek met 72 houe. Roy Engelbrecht was derde gevolg deur Altus Joubert, beide met tellings van 73 houe. Kompetisies
Die volgende kompetisies vind Meimaand plaas. Op 23 Mei word 'n samespel syfer plus kompetisie aangebied en op 30 Mei 'n enkel stableford kompetisie. 'n Pret gholfkompetisie vind Vrydag 29 Mei plaas met Ceres Superspar wat 'n syfer 3 kompetisie borg.

