Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.17 (Online Weergawe)

Page 1


DIE reën en nat padoppervlakte het Maandag sy tol geëis met twee ongelukke wat binne ure van mekaar plaasgevind het. Maandag 4 Mei omstreeks 09:30 het 'n Volvo vragmotor, wat vanaf Ceres se rigting gery het, 'n Toyota bakkie met twee insittendes in, by die eerste Wolseley-kruising getref. Die twee insittendes van die bakkie, Anthony en Eldon Dube van Pinevalley, Wolseley, asook die vragmotorbestuurder, Christopher Soldaat van Delft, het beserings opgedoen en is later na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Die polisie ondersoek 'n klag van roekelose en/of nalatige bestuur. * Die afgelope week is daar tussen 12 en 20 mm in die Witzenbergstreek gemeet. Erge weerwaarskuwings is ook vir die res van die week vir groot dele van die Wes-Kaap uitgereik.

Drie beseer in ongelukke

TWEE brandweermanne het Maandag 4 Mei 'n noue ontkoming gehad toe hulle beheer oor die brandweervoertuig verloor en dit gerol het. Die ongeluk het omstreeks 11:20 plaasgevind toe hulle op pad terug na Ceres toe gery het. Niemand is beseer nie.

DIE polisie is Dinsdag na 'n Wolseley pakstoor ontbied nadat een van die werkers gesterf het. Volgens die Wolseley polisie het Deon Marcus (60) gesterf nadat hy na bewering 'n BA-koelkamer se deur oopgemaak het. Hy moes blykbaar net die buitekant van die deur gaan skoonmaak het en daarna 'n bestuurder gaan roep het. Die voorval het tussen 10:30 en 13:00 by die Wolfpack perseel buite Wolseley plaasgevind. 'n Geregtelike doodsondersoek (GDO) word nou deur die polisie ondersoek.

Be a Lifesaver this Winter

THE Western Cape Blood Service (WCBS) is calling on the public to prioritise blood donation during winter, a time when supply is traditionally under strain. While winter often leads to a decline in blood donations, the hospital demand for blood remains constant.

“Winter is one of the most difficult periods for maintaining a stable blood supply as a result of colds and flu, and school holidays,” says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS.

“When donation levels drop, it places a strain on our stock and ultimately affects patients who depend on blood every day. This is why we are encouraging donors to remain consistent throughout winter, rather than delaying or skipping donations.”

A single blood donation takes approximately 30 minutes and can save up to three lives. However, only a small percentage of eligible individuals donate regularly, making donor retention and consistency particularly important during high-risk periods such as winter.

WCBS is therefore appealing to both existing donors and firsttime donors to respond to the call to action by donating blood and, importantly, committing to ongoing donations throughout the winter months. By continuing to donate regularly, donors help WCBS maintain a stable and sufficient blood supply to meet ongoing hospital needs.

In addition to encouraging blood donation, WCBS continues to drive its Extra Drop Initiative, which gives donors the opportunity to extend their contribution beyond the donation itself. Through this initiative, donors may choose that WCBS donate R15 to the selected charitable organisations, thereby amplifying their support for vulnerable communities across the Western Cape.

Blood donation centres across the Western Cape are open and ready to welcome donors. If you are between 16 and 75, weigh 50kg or more, are in good general health, and lead a safe sexual lifestyle, you should be able to donate. Donors are advised to eat a substantial meal within three to four hours before visiting a clinic and to increase their fluid intake before, during, and after donation. Blood donation only takes 30 minutes of your time and you can donate blood every 56 days.

Do something remarkable - Donate blood.

MAINTENANCE MANAGER

Doornkraal Agri, based in the Witzenberg Valley in Ceres, is a leading and well-established producer of apples, pears, nectarines and cherries. The company has an exciting career opportunity for a hard-working and task-orientated Maintenance Manager, responsible for the maintenance, repairs and projects at all Doornkraal Agri’s production units. The successful incumbent will report to the General Manager: Production.

R esponsibilities:

• Development, implementation and management of maintenance plan (proactive & reactive maintenance & repairs)

• Effective maintenance and repair of all equipment, property, buildings, employee housing, workshops & vehicles

• Develop and manage project plans

• Procurement of stock and equipment / tools

• Cost / budget management in conjunction with General Manager: Production

• Management of maintenance team (including 2x Workshop Managers) and service providers

• Health & Safety management / compliance

R equirements:

• Grade 12

• Qualified Artisan / Trade test (preferably as Diesel Mechanic)

• Other relevant trade qualifications (Mechanical / Electrical) will be beneficial

• 5-10 years’ experience in maintenance (fruit industry experience will be advantageous)

• Well-developed technical knowledge and experience

• Supervisory and/or management experience

• Well-developed computer literacy (MS Office: Excel)

• Well-developed communication skills (spoken and written Afrikaans and English)

• Planning and organisational skills

• Well-developed leadership & management skills

• Dynamic, self-driven and assertive

To apply, kindly visit www.jouber tassociates.co.za, click on the vacancies tab, select the position you want to apply for and then click on the “apply now” button.

Laerskool Gericke hokkiefees was vanjaar 'n groot sukses en het die naweek van 24-26 April plaasgevind.

Dit is die sesde jaar wat die toernooi aangebied is en 23 spanne het deelgeneem. * Die skool bedank die borge vir die o/13 seuns en meisie o/13 hokkiespan-klere.

van die winter eerste spanne se wedstryd-drag en

ROLSPELERS op Ceres het as deel van die groeiende Ceres’ly Clean, Ceres’ly Green veldtog, 'n nuwe omgewingsprojek: Adopt-a-Spot geloods. Die bekendstelling het op 22 April (Aardedag) afgeskop. Nou in sy tweede jaar, bou die Ceres’ly Clean, Ceres’ly Green veldtog steeds voort op gemeenskapstrots van inwoners, besighede, skole en organisasies en moedig hulle almal aan om saam verantwoordelikheid te neem om die dorp skoon, groen en verwelkomend te hou. Die Adopt-a-Spot inisiatief nooi gemeenskapslede om ’n spesifieke area - soos ’n straat, park, oop ruimte of rivierbank - aan te neem en dit op ’n gereelde basis skoon te hou. "Die idee is eenvoudig: As elkeen van ons verantwoordelikheid neem vir ’n klein area, kan ons saam ’n groot verskil in ons dorp maak". Die inisiatief ondersteun verder ook breër omgewingsbewusmaking, insluitend herwinning en verantwoordelike afvalbestuur en om saam te werk met plaaslike vennote om ’n groter impak te maak. Vir meer inligting kan belangstellendes die Ceres Toerismeburo skakel by (023) 316-1287 of info@ceres.org.za

DIE
Dankie aan Ceres Superspar vir die borgskap
rugsakke, Graaff Fruit vir die winter tops, River Bioscience Codlmax vir die hempies, Viking vir die hokkie- en toksakke en Zonnehaven vir die hokkiesakke.

'n WATERPYP het tussen Dinsdagaand en Woensdagoggend op die hoek van Reidstraat en Vierdelaan gebars en 'n groot gat in die pad gemaak. Die munisipaliteit het die nodige waarskuwingstekens opgerig en het Woensdag begin om die gedeelte te herstel.

Inbreker staar nog klagtes in die gesig

'n INBREKER wat 'n jaar gelede vinnig vasgetrek is nadat hy by 'n huis op Ceres ingebreek het, is nog nie weens dié huisbraak aangekla nie.

Die verdagte, Abraham Wildschutte (53), het egter al op 'n mindere klagte verskyn weens die besit van vermoedelik gesteelde eiendom.

Eers het hy Maandag nie vir die verhoor opgedaag nie, waarna 'n lasbrief oorgehou is. Wildschutte het toe wel Dinsdag by die hof opgedaag waarna die saak tot Woensdag uitgestel is.

Agtergrond

Die Ceres polisie en Ceres

Alarms het op 9 Junie 2025 omstreeks 23:40, twee verdagtes wat met 'n TV en huisgoedere in Vierdelaan gestap het, voorgekeer. Die twee mans het die gesteelde goed neergegooi en weggehardloop.

Wildschutte is later gevang nadat hy by 'n erf in Vierdelaan ingehardloop en oor 'n hek gespring het. Hy is kort hierna vasgetrek en gearresteer. 'n Samsung TV en klanksisteem is later teruggevind. Dit is kort voor sy arrestasie by 'n huis in Umzumaailaan gesteel terwyl die huiseienaar by familie in 'n ander dorp gekuier het.

Saak met maande uitgestel

DIE onwettige besit van vuurwapens aanklagte teen 'n Bella Vista inwoner, is verlede week in die Ceres landdroshof met 'n paar maande uitgestel.

Antonio Lintnaar (46) is in Augustus 2025 weens die besit van dié wapens en ammunisie in hegtenis geneem.

Na die dood van Virgel Samson (42) wat op 14 Augustus 2025 omstreeks 19:20 voor 'n kafee in Duikerweg doodgeskiet is, het die polisie inligting opgevolg en op 'n huis in Bella Vista toegeslaan wat as stoorplek gebruik is om vuurwapens te versteek.

Daar het hulle op 5 handwapens beslag gelê wat begrawe was. 'n Dag later is nog twee handwapens en meer as 600 rondtes ammunisie in 'n badkamer by dieselfde adres gekry.

Die saak is verlede week tot 28 Augustus uitgestel. Lintnaar is tans uit op R2 000 borg.

Moordondersoek

Keenan Hantam (25) het onlangs in die Ceres landdroshof nadat hy na bewering vir Samson doodgeskiet het.

Die saak is tot 28 Mei uitgestel.

Hantam, wat ten tye van die Samson­moord uit op borgtog was, het op 23 April saam met twee ander mans, Edwill Johannes (31) en Jean­Pierre Appollis (22), in die Ceres streekhof verskyn op klagtes van aanranding om ernstig te beseer en moord.

Hulle het 'n man op 29 Maart 2024 met 'n klip gegooi, hom geslaan en geskop en toe met 'n mes gesteek. Die polisie het hulle kort na die moord gearresteer.

Beide Johannes en Hantam is op 22 Mei 2024 op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl Appollis in aanhouding bly by Worcester gevangenis. Die saak is na 14 Mei vir verhoor uitgestel.

DIE Africaburn het verlede week tot die naweek op die plaas Quaggafontein in die Tankwa Karoo plaasgevind. Talle feesgangers het weer deur Ceres gery of via die N1 vanaf Worcester. Die byeenkoms is soortgelyk aan die bekende Amerikaanse Burning Man. Afrikaburn is 'n gemeenskap wat saamtrek om o.a. kuns te skep, aan die einde van die naweek strukture te brand, kostuums aan te trek en na musiek te luister. Daar was vanjaar meer as 10 000 mense by die fees. * Die lugfoto wat op Elandskop se Facebookblad geplaas is, wys die uitgestrekte Karoo met vanjaar se Burners.

het Sondagoggend 3 Mei ernstige beserings vrygespring toe

motor teen 'n bus gebots het. Volgens die polisie het die ongeluk omstreeks 05:20 naby Voëlvleidam en die hoenderplaas op die R46 naby Gouda plaasgevind. Die bestuurder van 'n Chevrolet Aveo motor het na bewering 'n ander voertuig verbygesteek en teen 'n bus wat onderweg was na Wellington gebots. Die insittendes is lig

en na die Paarl hospitaal geneem. Niemand is in die bus beseer nie.

TWEE mans van Tulbagh, Thando Nomjana en Byron Minnaar,
hulle
beseer

SAMMY LEE Damon, 'n leerder van Mooi Uitsig Primêr, is ingesluit in die Witzenberg netbalspan. Sy gaan aan die Kaapse Wynland netbalproewe deelneem wat op Saterdag 9 Mei in Stellenbosch plaasvind.

DIE Ceres Wilson tennistoernooi het verlede naweek plaasgevind. Die tennisspelers van Laerskool Gericke het met entoesiasme en toewyding deelgeneem en goed presteer.

MIENKA du Toit, 'n graad 7 leerder en lid van Laerskool Gericke se fotoklub, het onlangs op nasionale vlak presteer. Mienke se foto is as die Photografic Society of South Africa (PSSA) jeugafdeling se webtuiste kategorie­wenner gekroon in die maandelikse nasionale fotokompetisie.

ERRATUM AND EXTENSION OF CLOSING DATE

NOTICE : INSPECTION OF SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL 2022/SV3

Please note that the Supplementary Valuation Roll is open for inspection: from 17 April 2026 until 01 June 2026

With the exception of the closing date of May 8, 2026, which was extended to June 1, 2026, all other details are same. We regret any inconvenience this may have caused.

Enquiries: Ms Marizel Poole and Nokutula Mtalo, Financial Directorate, Income Section on (023) 316-1854 or (023) 492-0176 or at email: marizel@witzenber g.gov.za.

D. NASSON

MUNICIPAL MANAGER

- VAKANTE POS -

GEKWALIFISEERDE DIESELWERKTUIGKUNDIGE

De Keur Landgoed, ’n gevestigde en vooruitstrewende vrugteverbouingsmaatskappy in die Koue Bokkeveld en Ceres omgewing, nooi geskikte aansoekers uit om aansoek te doen vir ’n permanente, gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige vir hul De Hoopplaas in Wolseley wat verantwoordelik sal wees vir die onderhoud, diens en herstel van alle meganiese toerusting.

SLEUTELVERANTWOORDELIKHEDE :

• Voltooi herstelwerk binne ooreengekome tydraamwerke • Verseker geen onnodige ekstra werk op implemente nie • Bestuur en beheer van onderdele • Koördineer vervoer van implemente • Uitvoer van voorkomende instandhouding

VEREISTE VA ARDIGHEDE :

• Goeie kommunikasievaardighede • Geldige bestuurslisensie • Sweisvaardighede • Vermoë om administratiewe en voorraadbeheerstelsels te implementeer en te ontwikkel

ONDERVINDING & KWALIFIKASIES :

• Minimum 5 jaar relevante tegniese en tegnologiese ondervinding • Breë praktiese ervaring • Landbou-ondervinding sal voordelig wees • Graad 12 • Gekwalifiseerde werktuigkundige

PERSOONLIKE EIENSKAPPE: Ons soek ’n hardwerkende en eerlike persoon met goeie werksetiek wat bereid is om ekstra ure te werk wanneer nodig.

VERGOEDING & VERWYSINGS : Verskaf asseblief minstens 3 verwysings. ’n Mededingende, markverwante salarispakket met byvoordele word aangebied. Let wel: Deelname aan die maatskappy se voorsorgfonds en mediese skema is verpligtend.

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE: 17 Mei 2026

AANSTELLINGSDATUM : 3 Augustus 2026

Stuur jou CV en huidige salarispakket na: recruitment@dekeur.co.za (Aandag: Johan du Plessis )

DRIE rugbyspelers van Laerskool Koue Bokkeveld, Daniël du Toit, Jean Dreyer en Ben van der Merwe, is opgeneem in die o/13 Witzenberg rugbyspan. Hulle neem die naweek aan die Boland proewe deel.

Tennisspelers blink uit

LAERSKOOL Koue Bokkeveld se tennispelers het die naweek presteer by die Ceres Wilson tennistoernooi. Ben van der Merwe (links) het eerste geëindig en Wikus Bothma (regs), het tweede geëindig in die finaal vir seuns o/13.

LINDIE van der Merwe van Laerskool Koue Bokkeveld het ook die naweek aan die Ceres Wilson tennistoernooi deelgeneem en ‘n derde plek behaal in die meisies o/9 afdeling.

MONTROUGE (VGK) Primêr het onlangs hul nuwe leiers vir 2026 gekies. AGTER: Monique

Mitchell Jordaan, Maqneill Maans en Ricky Khayi. MIDDEL: Jaen Demas, Marolene

Athel Coetzee. VOOR: Dianne Demas, Kathlego Raboleba, Lee-Jon Goeieman, Tatum Jumath en

Vergotine (prefek-koördineerder).

DIE Ceres Wilson tennistoernooi het verlede naweek plaasgevind. Die tennisspelers van Laerskool Gericke het met entoesiasme en toewyding deelgeneem en goed presteer.

FORM 3A - NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 - [REG. 10(1)]

Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.

VORM 3A - KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 - [REG. 10(1)]

Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide SuidAfrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys. Afskrifte van 'n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi. Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.

IFOMU 3A - ISAZISO SOKUFAKWA KWESICELO SEPHEPHA MVUME NGOKWECANDELO 37(1) LOMTHETHO WOTYWALA WENTSHONA KOLONI KA - 2008 [UMGAQO 10(1)]

Isaziso siyanikezelwa ukuba ezi zicelo zilandelayo zamaphepha mvume otywala zifakiwe kwabasemaGunyeni ezoTywala eNtshona Koloni (abasemaGunyeni) nakumagosa ajongene nemiba engotywala kwii-ofisi ezixeliweyo zeeNkonzo zamaPolisa aseMzantsi Afrika. Izicelo ekubhekiselelwa kuzo zingakwazi kwiintsuku ezingamashumi amabini anesibhozo (28) ukususela ngomhla wokupapashwa kwesi sicelo, xa eceliwe kwaye simahla, ziye kuhlolwa nguye nawuphi umntu okwi-Ofisi esemaGunyeni okanye yegosa elijongene nemiba engotywala elixelwe apha ngezantsi. Iikopi zesicelo zingafumaneka kwabasemaGunyeni emva kwentlawulo emiselweyo. Uchaso neengxelo ezixhasayo ezibhaliweyo zingafakwa kwabasemaGunyeni nakwigosa elijongene nemiba engotywala ngokwecandelo 39 loMthetho.

Martin,
Klaaste, Clayton Masoes en
Mitchley

aflewering

Whatsapp of skakel 082-821-3610

Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00

Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en lewer af op spesiale versoek*

*Terme en voorwaardes geld

reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com

PLANT AND PLANT TOOL HIRE HIRE

nuusbrokkies

DIE Togryers museum op Ceres het begin met voorbereiding vir die jaarlikse Ubuntu Winter Drive projek. Indien lesers enige leë glas (koffie of mayonnaise) bottels het, kan hulle dit gerus aan die museum skenk.

HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin. huisdisa@acvv.org.za

BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027

CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie sodat elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.

HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei.

LEOPOLDT Verhoef het Saterdag 2 Mei aan die TSA Eden Tecnifibre Grand Prix tennistoernooi deelgeneem. In die seuns o/12 enkels het hy ’n negende plek behaal. In die seuns o/12 dubbelspel het hy tot die semi-finaal deurgedring, waar hy en sy maat onder die top vier geëindig het.

LAERSKOOL Gericke is trots op Akeshia Haywood wat as spanbestuurder vir die o/12 Kaapse Wynland netbalspan gekies is. Die netbaltoernooi vind van 15-18 Julie plaas.

Jaycee en Lloyd wen kompetisies

JAYCEE Groenewald het Saterdag 2 Mei die individuele stableford klubkompetisie met 38 punte gewen.

Peter Versfeld was tweede met 37 punte gevolg deur Harry Hewitt in die derde plek met 35 punte. Willie van Heerden was in die vierde plek, ook met 35 punte. Ceres Superspar het Vrydag 1 Mei 'n Werkersdagkompetisie geborg.

Lloyd Vercuil was die wenner met 41 punte. Wynand Smit was tweede met 35 punte met Pieter du Toit in die derde plek met 34 punte.

jare lange lid van

het Dinsdag

te hou op putjie 14 geslaan.

die

Kompetisies

Die volgende kompetisies vind Meimaand plaas. Op Vrydag 8 Mei vind die jaarlikse Gericke gholfdag plaas. Op Saterdag 9 Mei vind die kwartaallikse houespelkompetisie plaas, op 16 Mei word 'n enkel progressiewe stableford kompetisie aagebied, op 23 Mei 'n samespel syfer plus kompetisie en op 30 Mei 'n enkel stableford kompetisie.

Twee pret gholfkompetisies vind ook in Meimaand plaas. Op Vrydag 15 en 29 Mei borg Ceres Superspar 'n syfer 3 kompetisie.

Tulbagh, Western Cape

JOB OPPORTUNITY – LOCAL OPERATIONS CONTROLLER

La Grange Vervoer is a trusted and reputable transport and logistics company, committed to delivering excellence in every aspect of our operations.

We are seeking a dedicated and detail-oriented Operations Controller to join our team in Tulbagh. This is a full-time, on-site position, and the role needs to be filled as soon as possible.

Key Responsibilities

• Manage and oversee reefer container operations

• Ensure compliance with RTMS (Road Transport Management System) standards

• Monitor and maintain SHEQ (Safety, Health, Environment & Quality) requirements

• Assist with general operational coordination and support tasks

Minimum Requirements

• Grade 12 (Matric)

• Strong computer literacy (essential)

• Ability to speak, read, and write both Afrikaans and English

• Good interpersonal and communication skills

• Previous experience in operations (advantageous)

What We’re Looking For

• A proactive, reliable individual

• Strong problem-solving ability

• Ability to work under pressure and manage multiple tasks

Interested candidates should submit their CV to: info@lagrangever voer.co.za

Applications will be reviewed immediately until the position is filled.

Ceres Toyota beskik oor die onderstaande vakante posisie

Vereistes: • Moet ‘n erkende RE5 kwalifikasie hê, sowel as ‘n RE5 sertifikaat en NCA • CPD punte moet op datum wees

• Uitstekende kennis van die FICA • Uitstekende kennis van FAIS • NCR geakkrediteerd • Uitstekende kommunikasievaardighede (geskrewe en gesproke)• Uitstekende verkoopsvaardighede is voordelig vir hierdie pos • Leerling F&I kan ook aansoek doen, met bewys van matriek en NCA. Ons bied: Mededingende salaris plus kommissie.

Sluitingsdatum vir aansoeke : 26 Mei 2026

E-pos CV na : ontvangs@cerestoyota.co.za

Besoek ons Facebook-blad vir meer inligting AS JY NIE BINNE 14 DAE VAN ONS GEHOOR HET NIE, BESKOU ASSEBLIEF JOU AANSOEK AS ONSUKSESVOL.

ALGEMENE BESTUURDER

Die volgende vereistes sal u aansoek versterk:

•Goeie bestuurs- en kommunikasievaardighede (kliënte en personeel) asook goeie menseverhoudinge

•Goeie entrepreneursvaardighede

•Voorraadkontrole en bestellings

•Moet ten volle tweetalig wees (Afr en Eng)

•Hoë energie vlakke, oog vir “detail” en goeie probleemoplossing

•Moet onder druk kan funksioneer

•Moet bereid wees om naweke en skofte te werk

•Matriek en retail ondervinding

•Rekenaarvaardigheid met kennis van Sigma, Health and Safety, Food Safety en EE prosesse sal u aansoek versterk

•Vorige ondervinding sal in u guns tel

•Onmiddellik beskikbaar wees

Salaris onderhandelbaar.

Rig CV aan: ceres3@retail.spar.co.za

Vir aandag: Die Personeelbestuurder

Sluitingsdatum vir aansoeke: 24 Mei 2026

Diensaanvaardings: Spoedig moontlik

Indien u teen Vrydag 15 Junie 2026 nog geen terugvoering ontvang het nie, neem asb. aan dat u aansoek onsuksesvol was.

Opwindende loopbaangeleentheid te Ceres Superspar
PETER Versfeld (82),
Ceres gholfklub,
tydens
Silwerhane kompetisie, sy tweede kolhou (hole in one) behaal. Peter het die volmaak-

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Ceres en Hamlet wen hul wedstryde

DIE Witsentraalliga van die Grootuitdaag kompetisie is die naweek voortgesit met derbystryde tussen Ceres en Delicious en Hamlet en Wolseley. Beide Ceres en Hamlet het goeie oorwinnings behaal.

Hamlet het die naweek maklik met Wolseley afgereken en met 70­25 gewen. Goeie hardloop rugby is opgedis met Hamlet wat 10 drieë druk.

Vir Hamlet het Albert du Plessis en Hendrie van der Merwe goed gespeel. Jo­Harry Segrys, Albert du Plessis en Carlo Hendricks het twee keer agter die opponente se doellyn gaan kuier.

Devon Sass, Darchen Erasmus, Eltino van Wyk en Eldino Willemse het die ander drieë gedruk. Marlin Baron teken 20 punte met sy skopvoet aan. Hy slaag met sewe doelskoppe en twee strafdoele.

Ceres klop bure

Dit lyk of Ceres stadig maar seker besig is om hulle voete in vanjaar se liga te vind. Hulle het die naweek vriend en vyand verras met hul vierde oorwinning. Hulle klop 'n begeesterde Delicious in 'n opwindende wedstryd met 28­21.

Wat die oorwinning nog meer besonders maak is dat Delicious die voorafgaande weke met Roses en Hillcrest van Wellington afgereken het.

Die wedstryd is meestal voorlangs beslis tussen die twee goeie pakke voorspelers. Ceres het die laaste 10 minute die oorhand gekry met twee vinnige drieë.

Vir Ceres het Jaco Wiehahn, Enzio Lintnaar en Tyrone Daniëls drieë gaan druk. Franklin Daniëls het met drie strafskoppe en 'n doelskop geslaag. William van Wyk was in die kol met een doelskop.

Bella Vista wen

Bella Vista was die naweek te sterk vir Young Blues en het maklik met 34­6 gewen. Die rustydtelling was 12­3.

Bella Vista is na die naweek se wedstryd steeds die gesamentlike voorloper in die Witsentraal Grootuitdaag kompetisie.

Die span van Jemiehl Muller vuur nog nie op al sy silinders nie maar hul verdediging is goed. Selfs met veertien manne op die veld kon Young Blues nie oor die doellyn kom nie. Agterlangs vlot alles ook nog nie so lekker nie maar daar is met elke wedstryd 'n verbetering.

Adrian Mars het Saterdag twee keer agter die doellyn gaan kuier. Nathan­Otniel van Wyk, Kayden Laban, Bertram Mahala en Reginald Ambraal het ook elkeen 'n drie gedruk. Patwin van der Merwe slaag met twee doelskoppe.

Ander uitslae

Roses het Evergreens met 50­23 geklop en Hillcrest het 'n opwindende wedstryd met 44­35 teen Newtons gewen. Villagers Newton het die naweek hopeloos te veel skietgoed gehad en het Tulbagh met 65­19 afgeransel.

Naweek se wedstryde

Bella Vista en Hamlet spook die naweek sake uit in 'n derbystryd, Delicious en Tulbagh pak mekaar, Wolseley speel tuis teen Young Blues, Newtons en Evergreens meet kragte en Roses speel teen Villagers Newton. Ceres het die naweek 'n loslootjie.

DIE jaarlikse Rhodes wedlope het die naweek van 1 Mei op Wellington plaasgevind. 'n Paar atlete van Ceres atletiekklub het ook deelgeneem. Die driemanskap het goed gevaar in die 10 km wedloop. VLNR: Kharion Willemse (algeheel elfde en vierde junior), Lorenzo Vergotine (algeheel negende en derde junior) en Stephen Boer (algeheel 17de en 9de junior).
TWEE atlete van Charlie Hofmeyr, Shandley Burrows (links) en Helen du Toit, het die afgelope naweek aan die SA atletiekkampioenskappe in Tshwane deelgeneem. Shandley het 'n skitterende derde plek in die o/19 hoogspring behaal met 'n hoogte van 1.99 meter. Helen du Toit is die nuwe S.A. o/19 400 meter kampioen met haar eerste plek in 'n tyd van 55.97.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.29 no.17 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu