Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.16 (Online Weergawe)

Page 1


Donderdag

Bejaarde vrou onskuldig bevind

'n BEJAARDE vrou van Bella Vista is verlede week onskuldig bevind aan moord.

Die hof het bevind dat sy uit selfverdediging opgetree het.

Elizabeth Sagarias (65) is verhoor weens die dood van Denrico Jensel (25) in Maart 2023.

Die voorval het op Saterdag 18 Maart 2023

plaasgevind.

Die polisie het die liggaam van Jensel met meswonde in die straat gevind. Sagarias is na die voorval gearresteer maar kort daarna op R500 borg vrygelaat.

Onskuldig

Streeklanddros Maseti het Sagarias verlede Donderdag in die Ceres streekhof onskuldig bevind.

Dronkbestuursake en talle ongelukke

'n groot probleem in streek

DIE Nissan NP300 het Maandag 27 April die pad verlaat en teen 'n berghang in Bainskloofpas afgestort. Die ongeluk is omstreeks 16:30 aangemeld en EMS nooddienste, die verkeer en polisie is na die toneel ontbied. Die bestuurder was sover vasgestel nie op die ongelukstoneel nie. Die bakkie is laataand deur Ismails herwin en na die padoppervlak gebring. *Die Worcester polisie ondersoek die voorval.

Op Ceres is 4 persone in Maart vir dronkbestuur aangekla en 11 in Aprilmaand

DIE Wes-Kaapse departement van mobiliteit het verlede week 'n beroep op inwoners gedoen om nie die elmboog te lig en agter hul motor se stuurwiel in te skuif nie.

Die vermaning kom nadat 39 motorbestuurders tussen 13 en 19 April weens dronkbestuur gearresteer is. Beamptes het in dieselfde tydperk meer as 30 000 voertuie voorgekeer. Daar was in die tydperk 26 ongelukke aangemeld waarin 28 mense gesterf het.

Isaac Sileku, Wes-Kaapse LUR vir mobiliteit, het in 'n verklaring gesê die inhegtenisnemings weens dronkbestuur toon 'n voortgesette minagting vir die wet en vir menselewens. Op Ceres is 4 persone in Maart vir dronkbestuur aangekla en 11 in Aprilmaand.

Talle ongelukke is die afgelope week aangemeld op Wolseley en in Bainskloofpas.

Klipgooi-voorval

Die polisie op Tulbagh ondersoek 'n klag van opsetlike saakbeskadiging nadat 'n bus van Jaftha vervoer se agterruit die naweek met 'n klip uitgegooi is.

Die voorval het Saterdag 25 April omstreeks 18:10 buite die sportveld plaasgevind na die wedstryd tussen Tulbagh en Hamlet.

Niemand is in die voorval beseer nie. Indien enige iemand inligting oor die voorval beskik, kan hulle die a.o. Mkala skakel by (023) 230-8100

DIE Ford bussie het Maandag 27 April omstreeks 10:30 op sy sy te lande gekom. Die ongeluk het tussen die twee Wolseley­kruisings plaasgevind. Die bussie was met 'n sleepwa en 'n Hyundai bussie agterop in die rigting van Tulbagh onderweg toe 'n rukwind vermoedelik bygedra het dat die bestuurder beheer verloor. Een persoon is lig beseer.

FOTOS: Ismails

Jong inwoner wil hê haar storie moet as motivering vir ander dien

EK wil graag my storie met lesers deel met die hoop om ander jongmense in die gemeenskap te inspireer en te motiveer.

Op ’n klein dorpie is daar dikwels stereotipiese opmerkings oor jongmense, veral dat ons nie ver sal gaan in die lewe nie. Mense het selfs al neerhalend na my verwys en gesê ek kom van ’n “plaas” af, asof dit beteken dat ek minder potensiaal het.

Op Ceres, waar die meeste geleenthede rondom fabrieke en boerderygemeenskap draai, is die verwagting dat baie leerders na matriek eerder sal gaan werk as om verder te studeer.

Ek was self een van daardie leerders en het ná matriek in ’n fabriek op die dorp gaan werk nadat ek op ’n waglys geplaas is.

Mense het my gereeld gevra: “Hoekom werk jy hier as jy so slim is?” en “Was jy nie een van die top studente op skool nie?” Maar ek het vasgehou aan my geloof dat God ’n groter plan vir my lewe het.

In 2023 het my lewe verander toe ek aanvaar is om Paralegal Studies te gaan studeer. Ek het vinnig besef dat ek ’n passie vir die reg het en het van my eerste jaar af hard gewerk en onderskeidings behaal. Dit is ook hoe ek die geleentheid gekry het om ’n studieleier te word.

TUINIER / GARDENER

Die dienste van ‘n bedrewe persoon om verantwoordelikheid te aanvaar vir algemene instandhouding van tuin in Ceres. Vereistes:

•Sober gewoontes

•Goeie gesondheid

•Goeie bywoningsrekord

•Stiptelik en ordelik

• Onmiddellik beskikbaar

Aansoeke kan afgegee word by: Dutoit, Pinestraat 5, Ceres

Of per e-pos: adel@dutoit.com

Ek was bevoorreg om een van die eerste studieleiers in my klas te wees en het vir twee jaar as een gedien. Hierdie rol het vir my baie beteken, omdat dit gewys het dat iemand my potensiaal raakgesien het, selfs toe ek nog die stil, skaam meisie was wat agter in die klas gesit het.

Ten spyte van persoonlike uitdagings en groot verliese tydens my studies het ek aangehou druk en myself te bewys. Ek het uiteindelik as een van die top studente in my klas klaargemaak en my finale jaar afgesluit deur al my vakke met onderskeidings te slaag.

Om uit my agtergrond te kom, gee hierdie prestasie vir my nog 'n dieper betekenis.

In ’n program van meer as 100 studente was ek een van slegs vyf bruin studente.

Terwyl jy grootword, hoor jy dikwels stereotipes oor bruin gemeenskappe en wat mense van ons verwag. Daardie verwagtinge kan jou soms laat voel asof jy nie in ruimtes soos universiteite hoort nie.

Maar my storie gaan oor die breek van daardie stereotipes. Dit gaan daaroor om te wys dat jou agtergrond, mense se opinies of selfs die stem van twyfel in jou eie kop nie hoef te bepaal wie jy word nie.

Ek hoop my storie kan vir jongmense, veral die uit klein dorpies soos Ceres, wys dat dit moontlik is om bo verwagtinge uit te styg. Moenie toelaat dat die stem in jou kop, die negatiewe kommentaar van ander of jou omstandighede jou definieer nie. Vertrou op God se plan vir jou lewe en die belangrikste van alles, glo in jouself.

BLOU is nie net 'n kleur nie - dit is 'n herinnering om vriendeliker en meer geduldig te wees, asook om ander beter te verstaan. Omdat elke stem saak maak, elke gemoed uniek is en elke persoon verdien om verstaan te word, het individue en sakelui verlede Vrydag Outisme bewustheidsmaand gevier. Hier is Amazing Pies se personeel wat aan die bewusmaking deelgeneem het.

APRILMAAND is Outisme bewusmakingsmaand. Onderwysers en personeel van Mooi Uitsig Primêr het verlede Vrydag blou klere aangetrek as deel van Outisme bewusmaking.

KOUE Bokkeveld Opleidingsentrum se GOB-opleiding het Saterdag 18 April in Dankbaar se saal plaasgevind. Vyf-en-sestig GOB’s het ’n impakvolle opleidingsdag bygewoon waar hulle toegerus is om met deernis te lei sonder oordeel, die Skrif as daaglikse fondament te gebruik en seker te maak hul eie “kraantjie” bly vol, sodat hulle kan gee sonder om leeg te loop. Die GOB’s is weer vol moed en is positief oor 2026 se projekte wat voorlê. Dankie aan pastoor Cecil de Kock van Padmos en pastoor Andy Minnaar en Yvette Minnaar van WRFM vir hulle motiverende boodskap wat hulle aan die GOB leiers gebring het.

BUSINESS ACCESS CONTROL

NAZMI Tamaron Dampies van Bella Vista skryf:
NAZMI Tamaron Dampies van Bella Vista.

Verkragter se verhoor begin na 8 jaar

'n VEROORDEELDE verkragter (37) van Ceres, wat sy hofsaak al langer as 8 jaar ontwrig, se verhoor het verlede week begin - vir die eerste keer sonder enige probleme.

Warren van Wyk word van die verkragting en ontvoering van 'n jong meisie in 2018 aangekla. Die verhoor is tydens sy vorige verskyning in absentia uitgestel nadat Van Wyk weer nie sy samewerking wou gee nie en die landdros se geduld met hom opgeraak het. Die verkragting het op Vrydag 7 September 2018 omstreeks 18:30 plaasgevind.

Van Wyk, gewapen met 'n mes, het die 10-jarige slagoffer na nabygeleë bosse op die plaas Achtertuin geneem waar hy haar verkrag het. Hy is gou daarna vasgetrek en het op Maandag 10 September 2018 vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn.

Tronkstraf uitgedien

Van Wyk is 'n paar jaar gelede skuldig bevind aan 'n verkragting waarvoor hy 'n 8 jaar vonnis opgelê is. Twee jaar daarvan is opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer 'n soortgelyke misdryf sal pleeg nie. Hy is in 2017 vrygelaat nadat hy 6 jaar van die vonnis uitgedien het. Hy het tot en met die tweede verkragting by sy ma op die plaas gewoon.

Ontwrig hofsaak al vir jare

Sedert sy arrestasie in 2018, het hy al 'n paar keer van regslui (regshulp) verander, geweier om met sy regsverteenwoordiger te praat, gekla en gevra dat die hoftolk verwyder word, sy verdediging self behartig en ondermeer daarop aangedring dat verklarings in getikte vorm aan hom verskaf word. In 2022 weier die hof sy versoek om die tolk te vervang en in 2023 kla hy weer oor 'n staatsaanklaer.

In April 2023 weier hy om 'n psigiater se vrae te beantwoord. In Julie 2023 reik die hof 'n bevel uit dat Van Wyk vir geestelike waarneming na Valkenberg gestuur moet word. Hy het daarna 'n tyd lank vir 'n bed gewag voordat hy van Augustus tot September 2024 vir waarneming opgeneem is.

In dié verslag word gemeld dat Van Wyk 'n lang geskiedenis het van dagga-, tik- en mandrax-misbruik asook alkoholmisbruik wat al op skool begin het. Hy het die skool in graad 7 verlaat. Op 19 September 2024 bevind die paneel van drie lede dat Van Wyk nie enige geestesafwyking het nie en dat hy verhoor kan word.

Uitstel

Die eerste getuies het verlede Vrydag in camera begin getuig.

Die verhoor is tot 18 Mei uitgestel.

CERES SAPD het verlede week misdaadbewusmakingsprojekte by PPK en Ceres Sekondêr aangebied. Tagtig leerders het die geleentheid by die skool bygewoon waar lede van die misdaadvoorkomingseenheid hulle toegespreek het oor boeliegedrag, tiener swangerskappe en dwelm­ en drankmisbruik. Rolspelers van die departement asook Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het die geleenthede bygewoon.

DIE Nissan NP300 het Maandag 27 April die pad verlaat en teen 'n berghang in Bainskloofpas afgestort. Die ongeluk is omstreeks 16:30 aangemeld en EMS nooddienste, die verkeer en polisie is na die toneel ontbied. Die bestuurder was sover vasgestel nie op die ongelukstoneel nie. Die bakkie is laataand deur Ismails herwin en na die padoppervlak gebring. *Die Worcester polisie ondersoek die voorval.

DIE bestuurder van dié Hyundai het Saterdagoggend 25 April omstreeks 04:50 teen die klipmuur van Eselfontein vasgery. Vyf insittendes is beseer waarvan twee na die Ceres hospitaal geneem is vir behandeling. Die polisie ondersoek 'n klag van roekelose en/of nalatige bestuur asook opsetlike saakbeskadiging.

Polisie

nog besig

met

hul

ondersoek na man in ongeluk sterf

EEN persoon is 'n week gelede dood in 'n ongeluk op Wolseley.

Die Zimbabwiese bestuurder van 'n groenkleurige Honda met 'n CW registrasienommer het Vrydagaand 17 April omstreeks 22:30 in 'n stilstaande vragmotor se agterkant vasgery.

Die ongeluk het regoor die Total Energies motorhawe by Agrimark plaasgevind.

Die vragmotor het in die parkeerplek oorkant die motorhawe gestaan. Een persoon het op die toneel gesterf.Twee passasiers is ernstig beseer en in die Tygerberg hospitaal opgeneem vir behandeling. Inligting

Die ondersoekbeampte is nog besig om inligting oor die ongeluk in te win. Indien daar ooggetuies is, kan hulle met s/sers. Klerk in verbinding tree by (023) 231-8017.

Dr. Abedian gasspreker by Togryers museum geselligheid

CERES Togryers museum het verlede Woensdagaand dr. Iraj Abedian as spreker verwelkom, waar hy ’n insiggewende praatjie gelewer het oor Die Drie Protagoniste van Maatskaplike Vooruitgang. Dr. Abedian het die wisselwerking tussen die individu, die gemeenskap en instellings ondersoek en beklemtoon dat volhoubare vooruitgang afhanklik is van die samewerking tussen hierdie drie rolspelers. ’n Belangrike tema wat deurgaans na vore gekom het, was die waarde van konsultasie, die noodsaaklikheid dat mense, gemeenskappe en instellings met mekaar in gesprek tree om uitdagings sinvol aan te spreek. Hy het verder daarop gewys dat vooruitgang nie in isolasie plaasvind nie, maar deur dialoog, wedersydse begrip en gesamentlike poging. Individue dra idees aan, gemeenskappe vorm gedeelde waardes, en instellings bied struktuur en stabiliteit - maar dit is deur konsultasie dat hierdie elemente in lyn gebring word. Die gehoor is aangemoedig om ‘n rol te speel in konstruktiewe gesprekke en samewerkende probleemoplossing te vind. VLNR: Dr. Iraj Abedian (spreker, Bertdene Laubscher (museumbestuurder) en rdl. Trevor Abrahams (burgemeester).

SEMI-SKILLED ELECTRICIAN

Wolseley (Full Time)

We are looking for a Semi-Skilled Electrician at our Wolseley branch. The main responsibility of this position is to assist the Senior Electrician in the department.

RESPONSIBILITIES: • Assist Electrician with daily duties

• Assist with fault-finding • Basic maintenance and repair related to all electrical components • Actively promote safe working practices according to health and safety regulations.

EDUCATION AND SKILLS: • Grade 12 with Mathematics

• Basic knowledge of 3 phase & single-phase supply • Basic knowledge of machine mechanical maintenance work.

EXPERIENCE: • A minimum of 3-5 years’ experience in a maintenance manufacturing environment • An Electrical Trade Qualification will be an advantage to the applicant

SKILLS REQUIRED: • Initiative and drive • Ability to progress in multi-skilled environment

SEWE netbalspelers van Laerskool F.D. Conradie gaan op 9 Mei op Stellenbosch aan die volgende rondte Kaapse Wynland netbalproewe deelneem. Die sewe spelers is: Layla du Plessis, Heidi Britton, Wilmie Murray en Ava Flucks wat opgeneem is in die o/13 groep, Reevah Shiba (o/12) en Ava Hendrikse en Nina Martens wat in die o/11 groep opgeneem is.

DIE netbalspelers van Morrisdale Primêr gaan op 9 Mei op Stellenbosch aan die volgende rondte Kaapse Wynland netbalproewe deelneem. Quillin Liemand, Moneefah Prins en Niché Davids is in die o/11 groep, Alnique van Rooi en Nikita Pietersen is in die o/12 groep en Miché Titus en Kylie Rose Pietersen is in die o/13 groep opgeneem.

• Personal and professional integrity

• Thrive under pressure

• Sound organizational skills

• Proficiency in English or Afrikaans required

• Must be prepared to work overtime and\or shifts and standby.

CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 8 May 2026

E-MAIL YOUR FULL COMPREHENSIVE CURRICULUM VITAE

TO: personnel@brennokem.co.za

Applicants who have not received feedback within 21 days from the closing date must please accept their application as unsuccessful.

van Staden wat opgeneem is in die o/13 Witzenberg rugbyspan wat van 8-9 Mei aan die Boland rugbyproewe in die Koue Bokkeveld gaan deelneem.

SHAYLIN Ockhuis, 'n leerder van Mooi Uitsig Primêr en kranige netbalspeler, is ingesluit in die Witzenberg netbalspan. Sy gaan op 9 Mei op Stellenbosch aan die volgende rondte Kaapse Wynland netbalproewe deelneem.
MORRISDALE Primêr is trots op Declan

Voor-verhoor in Meimaand

DIE vier mans wat aangekla word van die Lauks-moord op Tulbagh, sal Meimaand in 'n voor-verhoor verskyn.

Landdros Pieter Klazen het die saak op 11 Maart na 6 Mei uitgestel vir 'n voor-verhoor

In 'n voor-verhoor kry partye in die saak die kans om te vergader om verrigtinge te struktueer, geskilpunte te verfyn, bewyse uit te ruil en skikkings te ondersoek, wat dikwels 'n formele voor-verhoorkonferensie en die indiening van dokumente insluit. 'n Voor-verhoor bevorder doeltreffendheid en verminder verhoortyd en -koste deur geskille te skik of bewyse te finaliseer.

Agtergrond

Vier verdagtes van Tulbagh, Steven Witbooi (30), Ricardo Witness (29), Junaid Samso (25) en Abriano Morris (20), is kort na die moord vasgetrek.

'n Bejaarde inwoner van Tulbagh, Karl Lauks (73), is Maandag 2 Junie verlede jaar dood in sy motor gevind. Lauks, wat alleen gewoon het, is moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy dié Sondagaand van 'n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is later die oggend ontdek.

Lauks het in sy maroen Smart-motor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, gelê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met 'n serp wat in sy mond gedruk is. Hy het vermoedelik versmoor.

Die polisie het na die moord vingerafdrukke op die toneel geneem en op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is.

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit (KWDM) bemagtig voortdurend plaaslike jeug met vaardighede vir werklike geleenthede. “Die moeilikste ding om te leer was om hare te sny,” het Anine Baatjies van Bella Vista gesê nadat sy haar sertifikaat in haarkappervaardighede ontvang het. Dit is net een van die werklike ervarings agter KWDM se volgehoue belegging in jeugvaardigheidsontwikkeling. Die landelike en maatskaplike ontwikkeling afdeling van die KWDM bied hierdie SETA­geakkrediteerde opleidingsprogramme aan. Die projek is daarop gemik om jong mense met praktiese vaardighede toe te rus en hul kanse op werk of selfs die begin van hul eie besigheid te verbeter. ’n Totaal van 29 studente van regoor die streek het hul sertifikate ontvang. Twaalf het haarkapperopleiding op Ceres voltooi terwyl die ander 17 aan die basiese bakvaardigheidsprogram in die Paarl deelgeneem het. Beide groepe is toegerus met noodsaaklike vaardighede soos finansiële bestuur en kommunikasie, vaardighede wat net so belangrik is soos die tegniese opleiding. Elke deelnemer het ’n basiese haarkapperstel ontvang.

Saak weer uitgestel

'n MAN (37) wat daarvan aangekla word dat hy vroeër vanjaar 'n bejaarde vrou verkrag het, se saak is tot Meimaand uitgestel.

Die verkragting het Sondag 25 Januarie omstreeks 13:30 by die slagoffer (65) se dogter se huis tussen Ceres en Wolseley plaasgevind. Die slagoffer was ten tye van die voorval alleen by die huis saam met haar kleinkinders.

Roofsaak teen Dwaba tot Juliemaand uitgestel

DIE roofsaak teen Ebrahim Dwaba, een van die mans wat 'n werknemer van Pep in 2023 van duisende rande beroof het, is tot Juliemaand uitgestel. Dwaba (26) is na 'n gewapende roof op 23 November 2023 vinnig vasgetrek saam met sy medepligtige, Kamva Gqalaqha. Dwaba staan tans alleen tereg op die aanklagte nadat Gqalaqha (25), wat uit was op borgtog, skaars twee dae na sy 25ste verjaarsdag op 21 Desember 2025 doodgeskiet is terwyl hy en sy meisie van 'n taverne in Phumlastraat, Nduli gestap het. Agtergrond 'n Werknemer van Pep was die betrokke dag op pad om geld by Standard Bank op Ceres te gaan bank toe sy deur dié twee mans van nagenoeg R66 000 beroof is. 'n Gewapende man wat later as Gqalaqha geïdentifiseer is, het haar voorgekeer en beroof. Na dié roof het die mans in 'n wit Colt bakkie weggejaag.

Op die hoek van Zulch- en Cilliersstraat naby Vilco, het Gqalaqha en Dwaba teen 'n Toyota bakkie gebots.

Gqalaqha het uitgespring en weggehardloop. Die vrou wie hulle beroof het, se handsak is later in die bakkie gekry.

Die polisie het die bestuurder van die bakkie, Dwaba, wat vrugte in Munnikstraat gesmous het, op die toneel gearresteer. Hy het ook eers probeer weghardloop maar is deur omstanders op die toneel gehou.

Van die gesteelde geld is later by Gqalaqha teruggevind.

Die saak is tot 16 Julie uitgestel.

USave-roof op Wolseley

Dwaba, wat uit was op R2 000 borg, is in September verlede jaar gearresteer kort nadat hy na bewering saam met vier ander mans die USave drankwinkel op 29 September op Wolseley beroof het.

Die mans moet weer op 19 Mei in die Wolseley landdroshof verskyn.

Bejaarde vrou in hof op moordklag

DIE saak teen 'n 62-jarige vrou is verlede week weer in die Ceres landdroshof uitgestel.

Hendriena Sekels het in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord op Kerneels Steenkamp, wie gesterf het nadat sy hom vermoedelik met 'n mes gesteek het.

Die polisie is Sondag 18 Januarie omstreeks 18:40 na die moordtoneel by die Ce-

res rioolplaas naby Rooikamp ontbied waar hulle Steenkamp aangetref het waar hy dood op die grond lê. Volgens 'n ooggetuie was daar blykbaar 'n argument tussen Steenkamp en Hendriena Sekels.

Sekels het verlede week in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak vir haar konsultasie met regshulp, uitgestel is tot 18 Mei.

Die verdagte het die slagoffer gedreig voortdat hy op die vlug geslaan het.

Die saak is na 26 Mei uitgestel. Hy bly in aanhouding.

*Volgens die strafproseswet kan die verdagte eers ge­ïdentifiseer word sodra hy gepleit het.

Die verdagte (37) het die vrou in die kombuis oorrompel en gewurg voordat hy haar verkrag het. Die kleinkinders het buite gespeel en was onbewus van die aanval binne die huis.

witzenberg herald

(023)

1958/06/21

ROUDIENS

Annelize (Geduld) Mabasa (Lizie)

081-742-6706

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 n/c w.t.o.

1978/01/27 - 2017/04/25 Sus, nege jaar gelede het jy skielik heengegaan en soms is dit steeds so onwerklik. Ons het darem al geleer om met ons lewens voort te gaan, maar die verlange is baie groot. Jou klokhelder stem is stil, maar ons hoor dit weerklink wanneer ons van jou praat! Rus sag tot ons weer ontmoet. Van Griffen en Geraldine

Garene (Warries) Mollet

081-742-6706

so baie na jou. Jy sal altyd in ons harte voortleef. Liefies altyd. Mammie, uncle Griffen, Tanna & Uncle Mike

1991/06/27 - 2021/04/23

Garene, dis al weer vyf jaar sedert jy ‘n Engel geword het. Die vermisting is baie groot, maar soos met al ons ontslape geliefdes, bly jul nagedagtenis lewend in ons harte. Van Daddy, Mammie Geraldine, Oom Mike en Aunty Des, Matthew en Jasmine, Morné en Malakhai

DIE Togryers museum op Ceres het begin met voorbereiding vir die jaarlikse Ubuntu Winter Drive projek. Indien lesers enige leë glas (koffie of mayonnaise) bottels het, kan hulle dit gerus aan die museum skenk.

HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin.huisdisa@acvv.org.za

BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. *Die toerdatum is vanaf 10 tot 17 Mei 2027

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com

SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to others. This organisation supports schoolgirls, children’s homes, old age homes, hospitals and other small communities around the Witzenberg area. Our work goes beyond giving: we rebuild selflove, health, fitness, and education around the menstruation cycle to schoolgirls. Please help with sanitary products - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223

CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie en elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.

Syster
Shannon Morris
GAWIE de Wet spog met ’n ongelooflike prestasie by Ironman South Africa. Hy het die Ironman in ’n tyd van 15:24:53 voltooi.

Netbalspelers gaan aan volgende rondte proewe deelneem

DIE groep netbalspelers van Laerskool Gericke gaan op 9 Mei op Stellenbosch aan die volgende rondte Kaapse Wynland netbalproewe deelneem. Janay Abrahams, Shamique Hanse, Leah Frieslaar, Angelina Fortuin en Karlien du Toit is in die o/11 groep, Anlia Orffer, Soda Gnigue en Annie Jordaan is in die o/12 groep en Mienka du Toit, Skylar Manuel en Layla Paulse is in die o/13 groep opgeneem.

DIE drie netbalspelers van Laerskool Koue Bokkeveld gaan op 9 Mei op Stellenbosch aan die volgende rondte Kaapse Wynland netbalproewe deelneem. Die drie is Marlizéy van Zyl (o/11) en Helené du Toit en Zenith Julies wat opgeneem is in die o/12 groep.

LAERSKOOL F.D. Conradie het geskiedenis gemaak toe hulle vir die eerste keer aan skaakwedstryde deelgeneem het. Die skool se A- en B-span het teen Morrisdale Primêr in ‘n opwindende en leersame ontmoeting te staan gekom. Die A-span het uitstekend gevaar en ‘n welverdiende oorwinning behaal, terwyl die B-span waardevolle ervaring opgedoen het, al moes hulle die knie buig.

KARATEKAS van Senshi Dojo, 'n karateklub op Ceres, is gekies om die WUKF SA Wes-Kaap span te verteenwoordig tydens die 2026 WUKF SA nasionale karatekampioenskap. Die kampioenskap vind van 29 April tot 3 Mei plaas by die Boardwalk Hotel en Internasionale konferensiesentrum in Gqeberha en sal meer as 1 000 deelnemers van regoor Suid-Afrika, asook internasionale deelnemers, lok. AGTER: Retief Spence (64), Lukas Krige (6de plek in die top 10) en Taylor Engelbrecht (47). VOOR: Izak Krige (54) en Bellané Vermeulen (60), saam met hul afrigter, Wayne Vermeulen. * Die karatekas is uit ’n totaal van 1 507 deelnemers in plek volgorde gerangskik - ’n duidelike bewys van hul harde werk, deursettingsvermoë en toewyding.

TWEE atlete van Charlie Hofmeyr, Shandley Burrows en Helen du Toit, gaan aan die SA atletiekkampioenskappe in Tshwane deelneem. Shandley neem deel aan die o/18 hoogspring en Helen neem deel aan die o/18 400 meter sowel as die 400 meter hekkies wedlope.

MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE

WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS

Kennis gekied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder vir aandag Ryan van der Merwe gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, of gestuur word na ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.

Notice is hereby given that the application below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager for attention Ryan van der Merwe, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or at 50 Voortrekker Street, or e-mail it to ryan@witzenberg.gov.za to reach him before the indicated closure date of the case.

Eiendom / Property

Farm Hoogland No. 493, Ceres

Ligging / Location

17km East of Ceres

Aansoeker / Applicant MARTIN Oosthuizen: BolandPlan Town and Regional Planning 082 5655 835 bolandplan @breede.co.za

Aard / Nature

Application for rezoning a ± 2,7ha portion from Agricultural zone I to Agricultural zone II (Hoogland packing shed, cold storage and crate storage facility) Hersonering van ‘n ± 2,7ha gedeelte vanaf Landbousone I na Landbousone II (Hoogland pakstoor, koelstoor en krat stoor area)

Verw. / Ref. #CER/ 1365

Sluitingsdatum / Closure date 1/6/2026

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

Klubs behaal goeie oorwinnings

DIE Witsentraalliga van die Grootuitdaag­kompetisie is die langnaweek voortgesit met Delicious, Hamlet, Bella Vista en Ceres wat goeie oorwinnings behaal het.

Delicious het Saterdagmiddag uitgedraf teen die manne van Hillcrest en nie hulle toeskouers en ondersteuners teleurgestel nie.

Onder moeilike toestande en groot druk van beide kante is dit uiteindelik Delicious wat as oorwinnaars met 34­31 van die veld stap na ’n wedstryd wat in goeie sportmangees plaasgevind het.

Van die afskop was dit duidelik dat albei spanne vasbeslote was om hulle beste rugby te speel. Hillcrest het vroeg druk geplaas met sterk verdediging en goeie dissipline, terwyl Delicious moes hard werk om momentum te bou.

Foute, beserings en talle taktiese skuiwe het die wedstryd se tempo onvoorspelbaar gemaak en die spanning hoog gehou.

Delicious het egter met volharding en spanwerk begin beheer neem van die wedstryd. Hul agterlyn het doelgerigte aanvalle geloods, ondersteun deur ’n fisiese en vasberade voorspelerspel. Hillcrest was rustyd met 24­20 voor.

In die tweede helfte het die uitdagings toegeneem ­ moegheid, middelveldbotsings en die stryd om grondgebied het die toets van karakter verder versterk.

Delicious het in die helfte hul kanse beter benut en belangrike punte aangeteken wat uiteindelik die deurslag gegee het.

Hulle verdediging in die laaste minute was standvastig en het Hillcrest gekeer om terug te kom in die wedstryd.

Na die eindfluitjie het ware sportmanskap na vore gekom. Alhoewel Hillcrest die wedstryd verloor het, het hul orkes en ondersteuners die toon aangegee met uitstaande geesdrif en positiewe energie. Die musiek en heerlike atmosfeer ná die wedstryd het bewys dat rugby nie net oor wen of verloor gaan nie maar ook oor die gemeenskap, respek en gees.

Vir Delicious het Ruan Mabasa, Breyton Daniëls en Carrick Kustoor elk 'n drie gedruk.

Ayden Veloen het twee keer gaan druk met Greagon Baron wat met 'n strafdoel en doelskoppe slaag.

Hamlet klop Tulbagh

Hamlet rugbyklub het die naweek vir Tulbagh gemaklik met 48­33 geklop. Hamlet het 7 drieë in die wegwedstryd gedruk.

Eltino van Wyk en Marlin Baron het die naweek goeie rugby gespeel en albei het twee keer agter hulle teenstanders se doellyn gaan kuier. Albert du Plessis, Darchen Erasmus en Carlo Hendricks was die ander driedrukkers. Marlin Baron was suksesvol met vyf doelskoppe en 'n strafdoel.

Ander uitslae

Ceres het die naweek hul derde oorwinning behaal met 'n sege van 31­21 oor Young Blues, Bella Vista was te sterk vir Evergreens en het maklik met 62­7 gewen, Roses het Wolseley met 71­20 geklop en Newtons het Villagers Newton met 33­11 geklop.

Naweek se wedstryde

Delicious is stadig maar seker besig om hul spelpeil te herwin. Daar word met groot opwinding uitgesien na die naweek se derbywedstryd tussen Ceres en Delicious. Hamlet

en Wolseley spook die naweek sake uit op Hamlet se velde, Young Blues speel gasheer vir Bella Vista, Villagers Newtons en Tulbagh pak mekaar, Evergreens en Roses speel teen mekaar en Hillcrest speel tuis teen Newtons.

DIE Witsentraalliga van die Grootuitdaag-kompetisie is die langnaweek voortgesit met Delicious, Hamlet, Bella Vista en Ceres wat goeie oorwinnings behaal het. Hier duik Darchen Erasmus van Hamlet rugbyklub oor vir sy drie.

Pieter Immelman en David Wesson wen skool se gholfdag

CORNE Mostert het Saterdag 25 April die individuele stableford klubkompetisie met 37 punte gewen.

Johann van der Merwe was tweede gevolg deur Pieter Immelman in die derde plek, beide met tellings van 37 punte. Altus Joubert was in die vierde plek met Anton Nieuwoudt in die vyfde plek, beide met tellings van 36 punte.

Fondsinsamelingsdag

Fred Gaum Ceres Sekondêr Alumni se eerste fondsinsamelings­gholfdag is Vrydag 24 April aangebied.

Pieter Immelman en David Wesson was die wenners van die beterbal stableford kompetisie met 45 punte. Roy Engelbrecht en Stanley Seroot was in die tweede

plek gevolg deur Laurence Vlotman en Lester Combrink, beide met tellings van 45 punte.Die organiseerders wil die volgende ondernemings en persone bedank vir hul donasies en ondersteuning in die vorm van pryse, spanborge of kontant. Dankie aan Boland Isuzu Ceres, Ceres SuperSpar, Eddie Sound, Witzen Apteek, Belmont Blue Liqours, Alumni lede, spelers, Witzenberg Herald en Ceres gholfklub.

Die volgende kompetisies word vir Mei beplan. Op 2 Mei word 'n enkel stableford kompetisie aangebied, op 9 Mei vind die kwartaallikse houespelkompetisie plaas, op 16 Mei word 'n enkel progressiewe stableford kompetisie aagebied, op 23 Mei 'n samespel syfer plus kompetisie en op 30 Mei 'n enkel stableford kompetisie.

FOTO: Trevor Felix
PIETER Immelman (links) en David Wesson was Vrydag 24 April die wenners van die Fred Gaum Ceres Sekondêr Alumni beterbal stableford kompetisie met 'n telling van 45 punte.

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.29 no.16 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu