






![]()







EEN persoon is dood en twee ernstig beseer in 'n ongeluk op Wolseley.
Die bestuurder van 'n groenkleurige Honda met 'n CW registrasienommer het Vrydagaand 17 April omstreeks 22:30 in 'n stilstaande vragmotor se agterkant vasgery. Die ongeluk het regoor die Total Energies motorhawe by Agrimark plaasgevind.
Volgens inligting is een persoon dood en twee ernstig beseer. Die vragmotor was in 'n parkeerplek oorkant die motorhawe.
Ceres EMS en Witzenberg brandweerdienste en die SAPD was op die ongelukstoneel en het gehelp om die beseerdes te stabiliseer.
















'n VEROORDEELDE verkragter van Bella Vista wat uit was op parool, se verhoor op ander seksuele klagtes teen hom het verlede week in die rondgaande Kaapstad hooggeregshof begin.
Leano Vergotine (42), voorheen van Bella Vista, se verhoor het van 14 22 April in die Wynberg hof begin waar hy op 18 aanklagte teregstaan van voorvalle wat in 2022 plaasgevind het. Hy het onskuldig gepleit en het in die hof aangevoer dat die voorvalle met toestemming van die slagoffers, wat tussen 9 en 18 jaar oud was, plaasgevind het.
Vergotine staan tereg op vyf aanklagte van die verkragting van drie minderjariges, twee seuns en 'n meisie, asook poging tot verkragting, aanranding om ernstig te beseer ('n 18-jarige meisie), ontvoering en drie aanklagte van die vervaardiging van kinderpornografie en die besit van kinderpornografie.
Agtergrond
Van die voorvalle het tussen 10 en 11 September 2022 plaasgevind toe hy die een slagoffer in sy Wendyhuis toegesluit het.
Vergotine het fotos van haar geneem en haar na bewering verkrag. Die volgende oggend het die slagoffer daarin geslaag om te ontsnap en die saak by die polisie aangemeld.
Die polisie het na Vergotine begin soek en hom 'n week later op 19 September 2022 gearres
teer. 'n Geheue-stokkie is tussen sy eiendom gevind nadat dit by Worcester gevangenis ingehandig is.
Die polisie het daarop beslag gelê waarna hulle die ontstellende selfoon-videos en fotos van slagoffers op gekry het, waar hy hulle in die berge rondom Ceres verkrag het. Die jongste slagoffer was maar 9 jaar oud en is tussen Januarie en September gereeld deur Vergotine verkrag.
Die videos is in camera deur waarnemende regter Amanda von Leeve, Vergotine se regsverteenwoordiger en die staat besigtig.
Die verhoor gaan op 29 en 30 April voortgesit word. Vergotine staar 'n paar lewenslange vonnisse in die gesig. Hy was ten tye van dié misdrywe uit op parool. Hy is 15 jaar gevangenisstraf opgelê vir 'n verkragting wat in Julie 2008 gepleeg is.



































TULBAGH VGK het vanaf 28 Maart 'n nuwe leraar, ds. Tesné Coetzee (23). Ds. Coetzee is in Port Elizabeth gebore maar het later saam met haar ouers en susters na die Wes-Kaap verhuis waar hulle in Hawston grootgeword het. In 2020 voltooi sy haar hoërskool loopbaan by Hawston Sekondêre Skool en in 2021 begin sy haar teologiese studies aan die Universiteit Stellenbosch. In 2024 verwerf sy haar BDiv graad en in 2025 verwerf sy haar meestersgraad MDiv. Tesné sê sy is oortuig dat sy geroep is om aktief deel te neem aan God se koninkryk sowel as om positiwiteit oor grense te versprei. "Vir my as jong bruin vrou is menseverhoudinge ongeag ouderdom, ras, klas en geslag sowel as respek uiters belangrik om as 'n geloofsgemeenskap saam te kan leef en mekaar te kan dra en ondersteun in enige situasie. VGK Tulbagh is my eerste gemeente wat die Here aan my toevertrou het en ek vertrou dat ek vir baie jare hier tuis sal wees en dat ek saam met die inwoners van Tulbagh, ‘n pad sal stap en ook altyd daarna sal streef om ‘n impak te maak in kinders en volwassenes en bejaardes se lewens".



Jamie-Lee van Schalkwyk oudleerder van Hoërskool Charlie Hofmeyer, het haar Nasionale Dilpoma in Natuurbewaring aan die Kaapse Skiereiland Universiteit van Tegnologie (CPUT) Belville verwerf.

Van jou trotse ouers Agus en Jacqueline van Schalkwyk

Wolseley (Full Time)
Brenn-O-Kem, a well-established company, is looking for a professional, highly organised Receptionist to join the team.
RESPONSIBILITIES: • Welcome and assist visitors, clients and contractors • Manage the reception area to ensure professional appearance • Answer, screen and direct all incoming calls • Assist various departments with daily administrative functions • Order office supplies for various departments.
MINIMUM REQUIREMENTS : • Grade 12 • Certificate or Diploma in an Administration field would be advantageous • Basic computer literacy • Fluent in Afrikaans and English.
EXPERIENCE & SOF T SKILLS : • Previous experience in an administrative or receptionist role • Exceptional telephone etiquette
• Good time keeping • Honest, reliable and act with integrity
• Strong communication & interpersonal skills.
CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 30 April 2026
E-MAIL YOUR FULL COMPREHENSIVE CURRICULUM VITAE
TO: personnel@brennokem.co.za
Applicants who have not received feedback within 21 days from the closing date must please accept their application as unsuccessful.


HUIS Disa bied 'n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur 'n e-pos na admin.huisdisa@acvv.org.za
BELANGSTELLENDES wat 'n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-5591708 of per e-pos by mettnico@gmail. com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027
SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to others. This organisation supports schoolgirls, children’s homes, old age homes, hospitals and other small communities around the Witzenberg area. Our work goes beyond giving: we rebuild self-love, health, fitness, and education around the menstruation cycle to schoolgirls. Please help with sanitary products - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223
CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie en elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.


Die dienste van ‘n bekwame persoon word benodig as Werktuigkundige Assistent in ons werkswinkel op Ceres. Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir : • Herstelwerk aan trekkers en implemente • Instandhoudingswerk • Goeie toepaslike ondervinding van trekkers en plaasimplemente sal die aansoek versterk.
Vereiste: • Geldige bestuurslisensie
Weskus Meganisasie is ‘n filiaal van die R ovic Agri-groep en bied die volgende voordele aan die suksesvolle kandidaat: • Kompeterende vaste pakket • Mediese- en Pensioenfonds
Rig asb. CV per e-pos aan: ceres@weskusmeg.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 8 Mei 2026
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik

LUNA Lourens, 'n inwoner van Gydosig aftree-oord het kniekombersies gebrei en dit onlangs aan Charmain Botha (bestuurder by Haven nagskuiling) oorhandig om aan inwoners te gee. Met die koue wat die naweek ingetree het, word die skenking verwelkom.

TOGRYERS museum nooi die Witzenberg gemeenskap uit om op 23 April om 18:00 te kom luister na dr. Iraj Abedian, 'n gerespekteerde ekonoom en beleidsadviseur se aanbieding: “Die drie hoofrolspelers van maatskaplike vooruitgang: Die individu, instellings en die gemeenskap.” Die praatjie sal handel oor hoe vooruitgang vorm aanneem wanneer individue nuwe idees aanbied, gemeenskappe saamstaan rondom gedeelde waardes en instellings die nodige stabiliteit en bestuur verskaf. Regoor die wêreld is mense op soek na ’n nuwe paradigma vir maatskaplike ontwikkeling en elke individu het ’n aktiewe rol daarin. Bespreek jou plek by 076-6892-885.





DIE vragmotor het Saterdag omstreeks 11:00 'n kettingbotsing veroorsaak toe hy in die agterterkant van 'n voertuig vasgery het. Drie voertuie is in die voorval beskadig. 'n Man, vrou en hul kinders wat in een van die voertuie was, is nie beseer nie.

CERES nooddienste is Sondagmiddag na 'n ongelukstoneel tussen P.A. Hamlet en die Bella Vista-kruising ontbied nadat die bestuurder van 'n Mercedes beheer verloor en die voertuig gerol het. Met hulle aankoms was 'n insittende reeds met privaat vervoer na 'n hospitaal geneem. Die voertuig het op sy dak te lande gekom. Geen verdere inligting was teen druktyd beskikbaar nie.

'n HONDA motor met 'n CW registrasienommer het Vrydagaand 17 April omstreeks 22:30 in 'n stilstaande vragmotor se agterkant vasgery waar dit oorkant die Total Energies motorhawe by Agrimark geparkeer gestaan het. * Lees ook voorblad berig.
'n MAN (31) wat voorheen in die Koue Bokkeveld op 'n plaas gewerk het, is verlede week lewenslank tronk toe gestuur weens die verkragting en aanranding van sy gewese meisie.
Gerald Joseph is verlede Woensdag 15 April lewenslange gevangenisstraf in die Worcester streekhof opgelê vir die verkragting van sy gewese meisie (25). Hy is ook tot 10 jaar elk gevonnis op drie klagte van aanranding met die doel om ernstig te beseer en 'n verdere 5 jaar gevangenisstraf vir ontvoering.
Die streekhof het ook gelas dat Joseph onbevoeg verklaar word om 'n vuurwapen te besit en dat sy besonderhede in die nasionale register vir seksuele oortreders opgeneem word.
Agtergrond
Volgens hofstukke spruit die skuldigbevinding van Joseph uit voorvalle wat op 23 April en 25 Junie 2023 op die plaas Sterkwater plaasgevind het.
Joseph en die 25-jarige slagoffer was voorheen in 'n romantiese verhouding betrokke.
Joseph het die slagoffer op 23 April aangeval terwyl sy saam met vriende gekuier het.
Hy het haar drie keer in die arm en rug met 'n mes gesteek. Die slagoffer is later by die hospitaal afgelaai maar Joseph is nooit in hegtenis geneem nie.
Na 'n tweede aanval op 25 Junie 2023 is Joseph eers gearresteer.
Hy het die betrokke dag die slagoffer by haar vriend se huis gaan haal en teen haar wil na sy huis geneem. Op pad het hulle gestry en hy het haar in die oog geslaan.
Met hul aankoms by die huis het hy 'n baksteen opgetel en haar teen die kop geslaan.
Hy het ook 'n stoel opgetel en haar op haar rug geslaan voordat hy haar in die huis gedwing het.
'n Familielid wat die gewelddadige aanvalle aanskou het, het die polisie gebel waarna die polisie die vrou halfnaak in die huis gevind het na die verkragting.
Die polisie het hom in hegtenis geneem maar die volgende dag weer vrygelaat vir rebelse gedrag.
Nadat die slagoffer die volgende dag 'n saak by die polisie aanhangig gemaak het, het die ondersoekbeampte, s/a.o. AJ van Rooy van Ceres SAPD se eenheid teen gesinsgeweld, kindermishandeling en seksuele misdrywe (GKS), vir Joseph weer gearresteer vir die aanrandings, ontvoering en verkragting.

DIE deelsverhoor van drie Wolseley
SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, gaan Juliemaand in die Bellville handelsmisdaadhof voortgesit word.
Die vyf het weer op 16 April op klagtes van korrupsie en regsverydeling in die hof verskyn.
Die verhoor teen drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (47), kst. Johannes Fransman (44) en kst.(v) Melzandré Pieters (37), en oudpolisieman Daniël Davids (47) en 'n buurtwaglid, Anita Fransman (45), is na 17 Augustus uitgestel wanneer die deelsverhoor voortgesit sal word.
Agtergrond
Die vyf se hofverskyning spruit voort uit
'n ondersoek van die WesKaap SAPD antikorrupsieeenheid wat vyf jaar geledeop 21 April 2021 in die Wolseleyomgewing plaasgevind het.
Die drie polisielede is op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie in hegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer.
Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit 'n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.





Wespecializeinthedevelopment,processing,packaging andmarketingofdriedfruit,nutsandrelatedspeciality productsforSouthAfricanandinternationalretail.
Thefollowingnewpositionisavailableatourprocessingand packagingfacilityintheCeresValley.
PurposeofPosition:
Toensureconsistentproductqualityand compliancethrougheffectiveimplementationoftheQuality ManagementSystem.
This position reports to the Head of theTechnical Department.
Theincumbentwill
ImplementandmaintainQualityManagement System(QMS)Controlrawmaterial,in-processandfinished productqualityApprovereleaseoffinishedproductsManage non-conformances,correctiveandpreventiveactionsSupportand participateinrelevantauditsMonitorGMP,hygiene,sanitationand housekeepingTrendqualitydataandreportKPIsManageQC personnelTrainQCandproductionpersonnelregardingqualityand hygienerequirements.
Thefollowingcompetenciesarerequired

Technicalknowledge
ExperienceinFSSC22000orBRCGSAnalytical,problemsolving,operational&complianceskillsAbilitytofunctionwithina teamWelldevelopedcommunicationabilitiesforreporting,training andcross-teamcollaborationasrequiredBefocussedondetailand contantobservationtomakesounddecisionsunderpressure Influentialleadershipabilityinordertoensurequalitycompliance/ assuranceatalltimes.
Thesuccessfulcandidatewill,ideally,have±5yearsrelated experienceintheFMCGIndustry,togetherwithaDegreeorDiplomain FoodScience/FoodTechnology.
Thisisanexcellentcareerdevelopmentopportunity.Remunerationis marketrelated.
Marianne Rousseau will receive all applications andenquiriesat till mwnti@iafrica.com Wednesday, 06 May 2026
NTI Recruitment
KENNISGEWING VAN DIE RAAD SE VOORNEME OM GROND AAN TE KOOP
Kennis word hiermee gegee van die Raad se voorneme om ±13ha van Restant van Plaas 212 te Op-die-Berg aan te koop teen ‘n markverwante prys vir doeleindes vir die uitbreiding van die bestaande begraafplaas en uitlê van sportgronde.
Indien daar enige besware teen sodanige aankope is, moet u skriftelike besware voor of op 30 April 2026 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na admin@witzenberg.gov.za
NOTICE OF COUNCIL’S INTENTION TO PURCHASE LAND
Notice is hereby given of the Council’s intention to acquire ±13 hectares of the Remainder of Farm 212, Op-die-Berg, at a market-related price for purposes of the expansion of the existing cemetery and the establishment of sports grounds.
Any objections to such acquisition must be submitted in writing on or before 30 April 2026 to the offices of the Municipal Manager, for the attention of Ms. L. Nieuwenhuis, at 50 Voortrekker Street, Ceres, or via e-mail to admin@witzenberg.gov.za


KENNISGEWING VAN DIE RAAD SE VOORNEME OM GROND AAN TE KOOP
Kennis word hiermee gegee van die Raad se voorneme om die volgende eiendom geleë te Erf 2575 Ceres aan te koop teen ‘n markverwante prys vir doeleindes vir die uitbreiding van die bestaande kantore.
Indien daar enige besware teen sodanige aankope is, moet u skriftelike besware voor of op 30 April 2026 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me. L. Nieuwenhuis by Voortrekkerstraat 50, Ceres of e-pos na admin@witzenberg.gov.za
NOTICE OF COUNCIL’S
Notice is hereby given of the Council’s intention to acquire the following property, namely Erf 2575 Ceres, at a marketrelated price for purposes of the expansion of the existing offices.
Any objections to such acquisition must be submitted in writing on or before 30 April 2026 to the offices of the Municipal Manager, for the attention of Ms. L. Nieuwenhuis, at 50 Voortrekker Street, Ceres, or via e-mail to admin@witzenberg.gov.za



IN Nduli het daar plek-plek strate oorspoel weens verstopte stormwaterdreine. Hier loop 'n inwoner enkeldiep in die water in Nkonjanestraat. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die Witzenbergstreek is daar van 17-20 April in die Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing 35.6mm gemeet, in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 38.1mm en by Bronaar 53mm gemeet. By Romansrivier is 59.6mm, by Winterhoek (Tulbagh) is 58.1mm en op Ceres is 79mm gemeet. * Van 1-20 April 2026 is 71.2mm in die Bo-Swaarmoed en Lakenvlei omgewing gemeet teenoor April 2025 se 32.8mm, in die Koue Bokkeveld is 62.7mm by Sterkwater gemeet teenoor April 2025 se 21.7 mm en by Bronaar is 91.4mm gemeet teenoor April 2025 se 22mm. By Romansrivier is 88.9mm gemeet teenoor 37.2mm in April verlede jaar, by Winterhoek (Tulbagh) is 91.4mm gemeet teenoor die 7.7mm in April 2025 en op Ceres is 110.9mm gemeet teenoor die vorige April se 52.2mm.**Die Ceres Koekedouwdam is 59.2% vol, Tulbagh dorpsdam is 36% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan tans op 57%.

AGRI Wes-Kaap se streekkongres is onlangs op Ceres aangebied. Ander streke wat die kongres bygewoon het sluit in Goudini, Hexvallei, Kwaggaskloof, Olifantsberg en Overhex, Bonnievale, KOO, McGregor, Montagu, Robertson en Elgin/Grabouw. AWK se streekkongresse bly ‘n belangrike geleentheid om met lede te skakel, die jaar se fokuspunte te bespreek en die belangrikheid van georganiseerde landbou te beklemtoon. Tydens die kongres is streekbestuurders vir die onderskeie areas ook herverkies. Hier is lede van Agri Witzenberg bestuur afgeneem. VLNR: FC Orffer (Tulbagh LV voorsitter), Sebastian Wolfaardt (AWK Jongboerkomiteelid), Daniël Cillié (KBV LV voorsitter), Niël Bruwer (WBV LV voorsitter), Suretha Deetlefs (sekretaresse), Heinie du Toit (Voorsitter Agri Witzenberg), Marlandi van den Heever (sekretaresse Ceres/ KBV LV), Jonathan Gibson (Ceres /Witzenberg LV voorsitter), Pieter Ferreira (Wolseley LV) en André Vermeulen (Ceres/Tankwa LV voorsitter). * Spesiale dank gaan aan die borge van die dag: Red Ant Agri Engineering Solutions (hoofborg), Cape Town Market, Work Accident Support en AWK.
'n ONWETTIGE immigrant wat op Gouda gewoon het, het die week in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die dood van 'n babameisie wat in sy sorg gelaat was.
Die baba van 15 maande is op 17 Mei 2025 op Gouda dood nadat sy vroeër die dag in die sorg van 'n Malawiër, Paul Chembuye (41), gelaat is.
Na die baba se dood is 'n geregtelike doodsondersoek geloods waarna die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) besluit het om hom van ondermeer moord aan te kla.

Chembuye is op 11 Junie verlede jaar gearresteer terwyl hy in aanhouding was vir immigrasieoortredings. Die saak is na 29 April uitgestel. Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres ondersoek die babameisie se dood. Nog klagtes kan later bygevoeg word.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their plant in Worcester, Western Cape.
APPRENTICESHIPS 2026
MECHANICAL FITTING/ ELECTRICIAN/MILLWRIGHT
The Apprenticeship Programme provides candidates with access to classroom and on-the-job training that will enable them to acquire knowledge and expertise in the chosen trade, as well as, obtain a trade certificate after the successful completion of their trade test. The Apprenticeship includes Training related cost, Personal Protective Equipment, Payment of Institutional Training, On-site Personal Insurance, as well as, a monthly stipend.
Permanent employment on completion of trade test is not guaranteed.
Duties and responsibilities :
•Commit to and successfully complete the apprenticeship as required
•Ensure a healthy and safe work environment
•Adhere to all health, safety, and environmental policies and legislation
•Achieve trade-based technical competencies
•Comply with contractual training agreement
Minimum requirements:
•NQF Level 4 Qualification with Mathematics & Science / Minimum of a Grade 12
Qualification with English
•Applicable trade theory and an additional trade related technical subject would be advantageous
•A team player who can also work independently
•Driven, highly self-motivated
•An agile thinker with excellent problem-solving skills
•Great attention to detail and an aptitude for engineering
Applications can be addressed per e-mail to : dlintnaar@cfp.co.za
Closing date for applications : 30 April 2026
Preference will be given to candidates from previously disadvantaged communities and/or belonging to designated groups.
INSPECTION OF SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL FOR THE PERIOD 2022/3 Notice is hereby given, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(i) read together with Section 78(2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act (no. 6 of 2004), herein after referred to as the “Act” that the Supplementary Valuation Roll 2022/ 3 lies open for Public Inspection at the various offices of the Municipality or the Webpage www.witzenberg.gov.za as from 17 April 2026 to 8 May 2026. An invitation is also extended, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(ii), read together with Section 78(2) of the Act, that any owner of immovable property or any other person may submit an objection to the Municipal Manager regarding any matter or omission in connection with the Valuation Roll within the above mentioned period. Your attention is specifically drawn to the provisions of Section 50(2) of the Act that any objection must refer to a particular property and not to the Valuation Roll as a whole. The prescribed form for the lodging of objections is available from under mentioned officials for the owners of the properties involved where supplementary valuations have been completed. Enquiries may be directed Ms. Marizel Poole or Ms. Nokutula Mtalo at (023) 316-1854. Address: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835.
INSPEKSIE VAN AANVULLENDE WAARDASIEROL VIR DIE PERIODE 2022/3 Kennis word hiermee gegee kragtens die bepalings van artikel 49(1) (a)(i) saamgelees met artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Wet op Eiendomsbelasting (Wet nr. 6 van 2004), hierna verwys as die “Wet”, dat die Aanvullende Waardasierol 2022/3 ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie Munisipale kantore of die webblad www.witzenberg.gov.za vanaf 17 April 2026 tot 8 Mei 2026. ‘n Uitnodiging word ook gerig ingevolge die bepalings van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met artikel 78(2) van die Wet dat enige ander persoon ‘n beswaar kan indien by die Munisipale Bestuurder ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel rakende die eiendomswaardasierol binne bogenoemde tydperk. Daar word spesifiek verwys na die bepalings van artikel 50(2) van die Wet dat ‘n beswaar moet verwys na spesifieke eiendom en nie teen die waardasierol in geheel nie. Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van ‘n beswaar is beskikbaar by die onderstaande persone vir die betrokke erwe waarop aanvullende waardasies plaasgevind het. Enige navrae kan gerig word aan Me. Marizel Poole of Me. Nokutila Mtalo tel (023) 316-1854. Adres: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835.
SIKAWONKE-WONKE NGOKUHLOLWA KOXABANGELO LWAMAXABISO LUKA 2022/3
Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 49(1)a(i) ngokuphathelene necandelo 78(2) looRhulumente bezeKhaya kumthetho ka 2004 kwinombolo 6 oyi(Local Government Municipal Property Rates) ozakuthi emveni kokuba ubizwe nje ngoMthetho othi, uhlolo lukawonkewonke loxabangelo lwamaxabiso. Ithuba lokufaka iziphakamiso 2022/3 luvuliwe kwii-Ofisi zikaMasipala ukusukela ngomhla we-17 kweyoKwindla 2026 ukuya ngomhla we 8 kutshazimpuzi 2026. Naku mnathazelo ( www.witzenberg.gov.za). Esisimemo sikhutshwe ngokwecandelo 49(1)a(ii) elifundwa ngokufana twatse necandelo 78(2) lomthetho othi wonke ubani ongumnini-mhlaba/indlu onqwenela oluxabangelo kufuneka enze unakhonakho wokudibana noMlawuli-Masipala koluxabangelo lukhankanywe ngentla kwaye siqaphele ixesha elingunqamlajuqu. Ngokwecandelo 50(2) lomthetho, isiphikiso / isiphakamiso kufuneka singqamane nendlu / indawo yomntu lowo kodwa singabingaphesheya kulomthetho woxabangelo. Iifomu zeziphikiso / iziphakamiso zikhona kwii-Ofisi zikaMasipala. Kwaye iifomu ezigcwalisiweyo kufuneka zifakwe kwii-Ofisi zikaMasipala waseWitzenberg, 50 Voortrekker Road, eCeres. Ziziphakamiso zodwa ezizakuthathelwa ingqalelo. Imibuzo: Ms. Marizel Poole or Ms. Nokutula Mtalo at (023) 316-1854 ngamaxesha omsebenzi.
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
UMLAWULI-MASIPALA





NOODNOOD NOODNOOD NOOD
(023) 346-6000 (023) 316-2328
(023) 316-8600 (023) 316-1997
of skakel 10111

Oogkundige Kontaklenspraktisyn
Contact Lens
Practitioner
Optometrist (023) 312-3060
SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835





SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS
Maryna de Villiers (SALES) (023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za

CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres
☎ (023) 312-1254
☎ (023) 312-1274

Ceres Alarms and Guarding
Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels
Skakel Ernest (023) 316-1117
www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.zawww.jptek.co.za
☎ 023 1000 515 023 1000 515 info@jptek.co.za info@jptek.co.za info@jptek.co.za info@jptek.co.za info@jptek.co.za

Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00
Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en Ons tel op en Ons tel op en Ons tel op en lele leww weraferaf af op op op spesialespesiale spesiale vverer ersoek*soek* *Terme en voorwaardes geld

(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)











Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 n/c w.t.o.








VIER hokkiespelers van Laerskool F.D. Conradie is opgeneem in Boland hokkiespanne.
VLNR: Layla du Plessis (meisies o/13 Shiraz-span), Rayleeq Africa (meisies o/13 Shiraz-span), Jaydee Kruger (seuns o/13 Barlinka-span) en Adrian Mars (seuns o/13 Shiraz-span).

DIE vier leerders van Laerskool Gericke is opgeneem in die Boland o/13 hokkiespanne.
VLNR: Anmari du Toit (IPT A-span), Mason Hendricks en Kenzo Swart (Barlinka B-span) en Janu Slabbert (nie-reisende reserwe).
NOTIFICATION OF PUBLIC PARTICIPATION FOR A NATIONAL ENVIRONMENTAL MANAGEMENT ACT, 1998 (ACT NO. 107 OF 1998) [NEMA] SECTION 24G APPLICATION FOR THE UNLAWFUL CONSTRUCTION OF FACILITIES ON FARM 332, TULBAGH, WESTERN CAPE
Notice is hereby given as part of the public participation process in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998) (“NEMA”), of the intention to submit a Section 24G Application to the Western Cape Department of Environmental Affairs and Development Planning (DEA&DP). The applicant, Normandien Farms (Pty) Ltd, is undertaking a Section 24G rectification process for the unlawful commencement and construction of a bottling facility and associated infrastructure on Farm 332 (Kaaldraai), Tulbagh, Western Cape. The initial development included a bottling facility of approximately 3 794m², associated parking areas, and an access road of approximately 200m in length (±8 - 10 m wide), resulting in an initial development footprint of approximately 7 294m² on land previously cultivated and grazed. Subsequent works have increased the overall development footprint to exceed 1 hectare. The site includes an airfield/ landing strip of approximately 1.120km in length, a hangar, and associated infrastructure related to the bottling operation.
Legislation : The constructed activities may have triggered the following listed activities in terms of the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014 (as amended), promulgated under NEMA, and are therefore subject to a Section 24G rectification process:
Listing Notice 1 (GN R.327 of 2017, as amended) :
Activity 28: Residential, mixed, retail, commercial, industrial or institutional developments where such land was used for agriculture, game farming, equestrian purposes or afforestation on or after 1 April 1998 and where such development will occur outside an urban area, and where the total land to be developed exceeds 1 hectare; Activity 19: The infilling or depositing of any material of more than 10 cubic metres into a watercourse.
Listing Notice 3 (GN R.324 of 2017, as amended) :
• Activity 7: The development of aircraft landing strips and runways 1.4 kilometres and shorter, where such development occurs outside an urban area.
The above activities were commenced with prior to obtaining the required Environmental Authorisation and are therefore subject to a Section 24G rectification process.
Water Use Triggers in terms of the National Water Act, 1998 (Act No. 36 of 1998):
• Section 21(c): Impeding or diverting the flow of water in a watercourse
Section 21(i) : Altering the bed, banks, course or characteristics of a watercourse
These water uses relate to the infilling of a watercourse and the installation of stormwater infrastructure associated with the runway development.
Please note that the details and listed activities above may change during the application process.
Registered Interested and Affected Parties (I&APs) will be notified of any such changes.
Opportunity to Participate: You are hereby notified of the opportunity to register as an Interested and Affected Party (I&AP). If you would like to register as an I&AP, please do so in writing to Jonathan Lassen at Sillito Environmental Consulting (SEC), providing your name, contact details, and an indication of any direct business, financial, personal, or other interest that you may have in relation to this application. Please note that future correspondence will only be sent to registered I&APs. Kindly quote the SEC Project Number (0251016) in all correspondence. You are also requested to pass this information on to any person you believe may be interested in or affected by the proposed application.
Registration as an I&AP should be undertaken in writing, via email or text, using the contact details below:
Sillito Environmental Consulting (SEC)
Postal: P.O. Box 30134, Tokai, 7966
E-mail: administration@environmentalconsultants.co.za
Tel: (021) 712-5060
The commenting period will be from the 24th of April 2026 to the 26th of May 2026. Please note that we respect your right to privacy and aim to comply with the requirements of the Protection of Personal Information Act, 2013 (Act No. 4 of 2013) (“POPIA”). By registering as an I&AP, you consent to your name, contact details, and comments being included in the public participation process and disclosed to the relevant authorities for the purposes of this application. This information will only be used for this application and for no other purpose. If requested, your personal information will be removed from the I&AP register at any stage of the process. More information on POPIA can be found at: https://www.gov.za/documents/protection-personalinformation-act.

Plaaslike skuts vaar goed in kompetisie
LUCA du Preez, kranige skut en leerder van Charlie Hofmeyr Hoërskool, het Saterdag 18 April tydens Kaapjag se algemene jaarvergadering en prysuitdeling, waar die top skuts van al 11 takke vereer word, hul sertifikate en toekennings ontvang. Luca het 'n 2de plek algeheel behaal in CHASA randslag ghong skiet (junior kategorie), 2de plek algeheel behaal in CHASA senterslag ghong skiet (junior kategorie) en 'n algehele eerste plek in CHASA senterslag baanskiet (junior kategorie). Luca is ook deur die SA Hunting Rifle Association genooi om vanaf 7 tot 9 Mei aan die S.A. kampioenskappe op Joubertina te gaan deelneem. Tydens die kompetisie sal ’n span gekies word wat in Julie 2026 aan die Wêreldkampioenskappe gaan deelneem.
* Luca het Saterdag vir die o/15A rugbyspan gespeel en kon nie die geleentheid bywoon nie. Sy pa het die toekennings namens hom ontvang.

'n LEERDER van Laerskool Gericke, Eljay du Plessis, het op 11 April aan die CHASA senterslag ghong en .22LR Vlakte-kompetisie op Bronaar deelgeneem. Hy het 'n eerste plek in sy Penkop-klas .22 behaal.
PUBLIC NOTICE: PART 1 AMENDMENT APPLICATION FOR THE AUTHORISED WOLSELEY WIND ENERGY FACILITY, WITZENBERG LOCAL MUNICIPALITY, WESTERN CAPE PROVINCE
DFFE Reference Number: 14/12/16/3/3/1/121/AM6
Project Description: Wolseley Wind Farm (Pty) Ltd has applied to amend its existing Environmental Authorisation (EA) for the approved Wolseley Wind Energy Facility. The Part 1 Amendment process seeks to 1) extend the validity period of the EA and to 2) update the holder’s contact details in the EA
The amendment sought is administrative and limited in scope and falls within the ambit of amendments to be applied for in terms of Part 1 of Chapter 5 of the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014, as amended.
Project location:
•De Liefde (6/323; 7/323),
•De Liefde C (5/334; RE/334),
•Kleineberg (64/208, RE/21/208),
•Romansrivier (RE/320, 22/320), and
•Vaalvlei (RE/324)
Public Participation:
Interested and Affected Parties (I&APs) are invited to:
•Register as stakeholders
•Review project information
•Submit comments, questions, or concerns
To register and participate, please provide the following to the EAP:
•Your name and contact details
•Preferred method of communication
•Any interest in the project (e.g. business, financial, personal)
•Provide your comment in writing
•Use 260306 as reference number and
•Submit the comment within this Public Participation period.
By registering, you consent to your details being shared with relevant parties as required by law (POPIA).
30-day Comment Period: 24 April 2026 up to and including 26 May 2026
Access to Information and Submissions:
For assistance with understanding this notice or the project documents, please contact the EAP.
Contact details:
For attention: Ludwig van der Merwe (EAP)
E-mail: comments@terramanzi.co.za
Tel: (021) 701 5228
Project Reference: 260306
Website: www.terramanzi.co.za
Project documents: https://terramanzi.egnyte.com/fl/fJhRqwDcwxgx or please scan the QR code (documents available from 24 April 2026).




Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

DIE Witsentraalliga van die Grootuitdaag-kompetisie het Saterdag 18 April behoorlik vlamgevat met Delicious wat 'n puik sege oor die voorlopers, Roses behaal het en Bella Vista wat onverwags vasgeval het.
Delicious het Saterdag 'n klipharde wedstryd met 4340 teen ligavoorlopers, Roses, gewen. Delicious was rustyd met 2521 voor.
Roses het eerste punte aangeteken met ’n vroeë drie, maar Delicious het goed teruggeslaan met sterk voorspelerspel en kliniese verdediging.
In die tweede helfte het Delicious se dissipline en fiksheid die verskil gemaak, met drie goed-afgeronde drieë wat uiteindelik die wedstryd in hul guns geswaai het. Roses het tot die laaste bly veg, maar kon nie 'n gaping vind nie.
Vir Delicious het PeterJohn Smit, Carrick Kustoor en Breyton Daniëls elkeen 'n drie gedruk.
Edlynne Loff (flank) het uitgeblink en twee drieë gedruk met Greagon Baron wat slaag met 'n doelskop en strafdoel. Ayden Veloen druk 'n drie en is in die kol met 'n doelskop en twee strafskoppe.
Wolseley klop Evergreens Paarl Wolseley het weer ’n soliede vertoning gelewer om Evergreens Paarl met 2712 te klop en ’n waardevolle bonuspuntoorwinning te behaal.
Die tuisspan het die wedstryd van die afskop oorheers, met hul voorspelers wat die botoon gevoer en konstante druk op die besoekers toegepas het. Hul gestruktureerde spel en goeie balbeheer het gesorg dat Wolseley 'n goeie voorsprong opgebou het.
Evergreens het in die tweede helfte beter vertoon en probeer terugveg, maar
nog ’n drie deur Wolseley het enige hoop op ’n terugkeer verydel.
Wolseley se punte het gekom deur drieë van José Erasmus, Christopher Vermeulen en Carlton Lendoor, asook ’n strafdrie. Marwaan Snyman het met ’n suksesvolle doelskop en ’n strafdoel geslaag.
Na ses wedstryde lê Bella Vista tweede op die Witsentraalliga punteleer met Roses in die eerste plek.
Beide het 5 wedstryde gewen. Hamlet is tans in die 5de plek, gevolg deur Delicious, Wolseley en Ceres. Ceres het nog net 2 wedstryde gewen. Tulbagh is tans in die laaste plek op die punteleer en het sover al hul wedstryde verloor.
Ceres het die naweek slegs hul tweede oorwinning behaal met 'n sege van 3121 oor Tulbagh, Hamlet klop Young Blues met 3224, Newtons klop Bella Vista naelskraap 2826 en Hillcrest is te sterk vir Villagers Newton en wen 4928.
Naweek se wedstryde
Wolseley pak die naweek Roses United in ’n wegwedstryd, Bella Vista speel tuis teen Evergreens, Delicious speel teen Hillcrest, Ceres pak Young Blues, Tulbagh en Hamlet speel teen mekaar en Villagers Newton speel tuis teen Newtons.
DIE Witsentraalliga van die Grootuitdaag-kompetisie het Sa terdag 18 April behoorlik vlamgevat met Delicious wat 'n puik sege oor die voorlopers, Roses, behaal het. Hier duik Edlynne Loff (flank) oor vir een van sy twee drieë.
FOTO: Trevor Felix


DIE drie swemmers van Laerskool Gericke het die seisoen ure in en langs die swembad deurgebring. Hulle behaal ook goeie prestasies by die S.A. Vlak 3 swemkampioenskappe in OosLonden. VLNR: Roz Malherbe (neem deel aan 8 items en kwalifiseer vir twee finale en eindig sewende in 100 meter vlinderslag en 8ste in 50 meter rugslag), Isabella de Jager (neem deel aan 10 items en kwalifiseer vir drie finale en eindig sesde in die 100 meter borsslag sowel as in die 50 meter en 200 meter borsslag) en Max Malherbe (neem deel aan 7 items en kwalifiseer vir 50 meter borsslag finaal en verower ‘n brons medalje).



TAYSHAAN Jacobs, 'n rugbyspeler en leerder van Mooi Uitsig Primêr, is ingesluit in die Witzenberg o/13 rugbyspan. Hy gaan aan die Boland o/13 rugbyproewe deelneem wat van 89 Mei plaasvind.

HELEN du Toit van Charlie Hofmeyr Hoërskool het onlangs saam met haar spanmaats 'n silwer medalje in die 4x400 meter aflos by die senior ASA S.A.atletiekkampioenskappe verower.