Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.29 no.14 (Online Weergawe)

Page 1


SKAARS 'n week nadat

drie Wolseley informele besighede beroof is, is 'n omstander die naweek in een van dié winkels geskiet.

In verlede week se voorval is 'n Somalier gewond en sigarette en kontant is geroof.

Volgens die polisie het die voorval Sondag 12 April omstreeks 20:05 in Africastraat by die Z Shop plaasgevind.

Met hul aankoms het hulle 'n gewonde Filemon Ramokoaeni (26) op die winkel se vloer aangetref. 'n Ambulans is ontbied waarna hy na Ceres hospitaal vervoer is vir behandeling.

Volgens voorlopige inligting is Ramokoaeni 'n kliënt wat kort tevore by die winkel ingestap het.

Twee mans het agter hom ingestap en net op hom begin skiet. Hulle het niks gebuit nie en na die skietery op die vlug geslaan.

Ondersoek

Die polisie ondersoek 'n klag

van poging tot moord.

Een van die verdagtes was geklee in in swart sweetpak met wit Nike pet op terwyl die ander verdagte 'n grys sweetpak aangehad het met 'n rooi Nike pet op. Beide is klein gebou en medium in lengte.

Tulbagh moord

Die Tulbagh speurders is opsoek na twee verdagtes wat Sondag 12 April 'n man helder oordag doodgeskiet het.

Volgens die polisie het skote omstreeks 12:10 in Obiqualaan by 'n informele woning geklap.

Met hulle aankoms op die toneel het hulle 'n 43-jarige Lesotho burger met verskeie wonde in sy lyf en kop aangetref.

Die oorledene het voor 'n informele huis gesit toe die twee verdagtes aangestap gekom en hom geskiet het. Die skieters het op die vlug geslaan.

Inligting

Indien iemand oor enige inligting beskik kan hulle vir s/ kst. J.R. Morris skakel by (023) 230-8100.

Air Mercy Services (AMS) helikopter was Saterdag 11 April omstreeks 08:35 op Ceres. Hulle het 'n jong manlike pasiënt kom oplaai en na Tygerberg hospitaal vervoer. Die man was blykbaar vroeër met 'n mes gesteek. AMS of die hospitaal kon nie enige inligting verskaf of bevestig nie. Hier is die lugambulans-paremedici besig om die pasiënt in die helikopter te laai.

DIE

ELJADEN Tromp (regs) is 'n derde jaar onderwysstudent wat tans prakties doen by Ceres Sekondêr. Hy was voorheen deel van die Year Beyond jeugprogram wat jongmense help om te besluit wat hulle met hul lewe wil maak. By hom staan Isak Hendriks. Hendriks was 'n mentor by @ Home learning en Eleanor Louw van CUP (afwesig).

TOGRYERS museum nooi die Witzenberg gemeenskap uit om op 23 April om 18:00 te kom luister na dr. Iraj Abedian, 'n gerespekteerde ekonoom en beleidsadviseur se aanbieding: “Die drie hoofrolspelers van maatskaplike vooruitgang: Die individu, instellings en die gemeenskap.” Die praatjie sal handel oor hoe vooruitgang vorm aanneem wanneer individue nuwe idees aanbied, gemeenskappe saamstaan rondom gedeelde waardes en instellings die nodige stabiliteit en bestuur verskaf. Regoor die wêreld is mense op soek na ’n nuwe paradigma vir maatskaplike ontwikkeling en elke individu het ’n aktiewe rol daarin. Bespreek jou plek teen 19 April by 076­6892­885.

HAMLET NEW DOCTORS

Cnr. Voortrekker- & Church St. 10, PA Hamlet, (Hamlet Lodge, entrance Church Street) (021) 300-9553 l 078-307-7569 a/h hamlet@drjwest.co.za

DrDr Dr. Mirielle vd Merwe and Dr . Merwe and Dr Dr. Jacques W . Jacques . Westest estest est Mon - Fri : 08:30 - 17:00 l Saturday: 08:30 - 12:00 PLUS AFTER HOURS AVAILABILITY FOR EMERGENCIES! TULBAGH NEW DOCTORS (021) 300-9552 076-493-4300 a/h 2 Piet Retief St, Tulbagh

DrDr DrDr Dr. Mirielle vd Merwe . Mirielle vd Merwe . Mirielle vd Merwe Mirielle vd Merwe vd Tuesday + Thursday: 14:00 - 17:00 DrDr Dr. Curt Minnie . Minnie . Monday - Saturday : 09:00 - 12:00

KOUE Bokkeveld Opleidingsentrum se senior kamp is van 30 Maart tot 1 April by Dennebos gehou. Die kamp was ’n groot sukses met 56 leerders wat deelgeneem het aan talle buitelig­toere, museum besoeke, 'n skattejag en 'n talentkompetisie. Die leerders het meer geleer hoe belangrik dit is om regte keuses te maak, in jouself te glo en trots op jouself te wees. Sprekers het hulle inspireer met stories oor leierskap, selfwaardes, dissipline en deursettingsvermoë. Hulle het ook meer geleer oor Ceres se geskiedenis, bome in die natuur en selfs hoe om stokbrood op ’n stok te braai! Die kamp was nie net pret nie en kinders het waardevolle lesse oor waardes, karakter en die toekoms geleer. ’n Onvergeetlike ervaring wat die leerders gemotiveer het om hul drome na te streef! "Ons bedank die plase wat bygedra het en leerders geborg het, die Witzenberg munisipaliteit vir die afslag op verblyf en al ons vennote vir hul tyd en aanbiedings gedurende die drie dae van die kamp. Baie dankie aan die departement van landbou­ontwikkeling vir die geskenksakkies. Dit word opreg waardeer". DIE netbalspelers van Laerskool F.D. Conradie het deurgedring na die Witzenberg netbalproewe wat op 21 April in die Koue Bokkeveld plaasvind. Ava Hendrikse, Nina Martens en Leane Erasmus is opgeneem in die o/11 groep, Eve­Line Manus, Faithlynne Pass en Reevah Shiba is deel van die o/12 groep en Heidi Britton, Ava Flucks, Layla du Plessis en Wilmie Murray is in die o/13 groep.

DIE Witzenberg belastingbetalersvereniging het die afgelope tyd goeie opbouende en konstruktiewe vergaderings met rolspelers in die munispaliteit gehou. Hulle het reeds 'n stuk oop grond langs die sportvelde in Bella Vista (Buitenstraat en op die hoek van Vrede- en Magnoliastraat) geïdentifiseer vir 'n klein besigheidsontwikkeling en is besig om planne te finaliseer. Die vereniging vergader weer teen die einde van die maand met die munisipaliteit. * Die Witzenberg belastingbetalersvereniging se bestuurslede. VLNR: Adam

van Wyk, Warren Hector (voorsitter), Steven Williams (hulp-kassier), Julian Hails (president), Ronaldo van Wyk (sekretaris), Warrick Hails, Julleen Schreuder, Rowena van der Poel en Cupido Swarts. AFWESIG: Derick Mouton (kassier), Ylonn Willemse (hulp-sekretaresse) en Anneline Fritz.

Vyf jaar later

Jain-moordverhoor weer uitgestel

VYF jaar na die opspraakwekkende Jain-moord op Wolseley is die saak verlede week weer uitgestel.

Die keer sodat die een beskuldigde (Lottering) se nuwe prokureur op rekord kan kom, dat Arries moontlik 'n pleit- en vonnisooreenkoms met die staat kan aangaan en die polisie aangedui het dat nog persone aangekla gaan word en tot die saak gevoeg gaan word.

Die verhoor sal nou op 13 Mei in die Wolseley streekhof begin - vyf jaar nadat Reneé Jain (51) van Kaapstad buite Wolseley vermoor is.

Die oudpolisieman en oudhofordonans Maurice Arries (47) verskyn saam met Freddy Lottering (39), Nolan Visagie (27) en Anthony Schippers (25).

Die vier mans staan tereg op aanklagtes wat wissel van huisbraak met die doel om te roof, roof met verswarende omstandighede, sameswering om te roof en moord te pleeg, moord, aanranding, die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie en aanklagte ingevolge die Wet op die Voorkoming van georganiseerde misdaad.

Moord

Inbrekers het op 26 Maart 2021 by die vakansiewoning van Jain ingebreek.

Reneé Jain was die betrokke aand alleen by die huis in die De Vierde Liefde privaat natuurreservaat tussen Wolseley en Bainskloof. Sy is dood nadat sy deur dié verdagtes in die huis oorval, gewurg en vermoor is. Visagie en Schippers is meer as 'n jaar na die moord in Mei 2022 deur die ondersoekspan in hegtenis geneem na 'n gesamentlike polisie-optrede. Maurice is in Desember 2022 op Piketberg gearresteer en Frederick (Freddy) Lottering, is in Junie 2023 as verdagte in die saak bygevoeg. Lottering dien tronkstraf uit in 'n ander saak.

Arries is uit op borgtog van R10 000 terwyl die ander drie mans in aanhouding bly.

Ongelukke in streek neem toe

DIE bestuurder van die motor het verlede Donderdag 9 April omstreeks 18:00 met 'n onpadwaardige motor teen 'n sperreling naby die treinspoor in Michellspas gebots. Twee vroue en 'n 2-jarige meisie was gelukkig om nie enige beserings op te doen nie. * Die Witzenberg verkeersdienste en polisie kan gerus hul fokus verskuif na motorbestuurders sonder lisensies en diegene wat ry met onpadwaardige voertuie, aftrek, beboet en die voertuie skut voordat nog lewens verwoes word.

Tolke se afwesigheid vertraag verhoor Renostersaak

DIE verhoor van die vyf mans wat verdink en aangekla word dat hulle meer as vier jaar gelede vyf renosters op Inverdoorn, tussen Ceres en Sutherland, doodgeskiet het, is weer uitgestel.

Die keer weer omrede tolke nie beskikbaar was nie. Daar is nog min vordering gemaak in die vyf stropers se verhoor.'n Omgekrapte landdros het die verhoor tot 27 Mei 2026 uitgestel.

Die vyf vermeende stropers verskyn in die Khayelitsha streekhof, 'n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings.

Verhoor vertraag

Amade Filemone Chongo (51) van Mosambiek staan saam met Innocence Davey Chiwenya (60), Wishes Mugari (34), Justice Cossa (32) en Michael Mbaura (27) in die beskuldigdebank. Twee van die stropers is van Zimbabwe, twee is van Mosambiek en een is van Malawië.

Dié renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en 'n forensiese ondersoeker, vasgetrek.

Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, 'n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om 'n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - 'n optrede sonder 'n permit teen 'n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings.

Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings het destyds nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings, beloop.

Konstruksie van 'n nuwe reservoir begin

DIE Witzenberg munisipaliteit het verlede week 'n sooispit-seremonie gehou waar die konstruksie van 'n nuwe 3 megaliter reservoir op Tulbagh beplan word. VLNR: Jaco Steyn (direkteur van tegniese dienste), rdl. Trevor Abrahams (burgemeester), rdl. Elizabeth Sidego en Cobus Kritzinger (finansiële direkteur).

DIE Witzenberg munisipaliteit het verlede week 'n sooispit-seremonie gehou waar die konstruksie van 'n nuwe 3 megaliter reservoir op Tulbagh beplan word.

Die projek is 'n belangrike mylpaal in die versterking van die plaaslike waterinfrastruktuur en vorm deel van die munisipaliteit se voortgesette pogings om betroubare en volhoubare watervoorsiening vir die Tulbagh-gemeenskap te verseker. Dit sal ook help om toekomstige ontwikkelingsbehoeftes te ondersteun.

Die projek van meer as R17 miljoen is toegeken aan JVZ Construction. Die befondsing word verskaf deur die munisipale infrastruktuurtoelaag (MIG), met bykomende befondsing deur Witzenberg munisipaliteit.

Die omvang van die werk sluit die konstruksie van die 3 ML versterkte

betonreservoir in, tesame met pyplyninstallasies en klepkamers. Die kontrak het op 23 Februarie 2026 begin en is geskeduleer om teen Desember 2026 klaar te wees.

Die burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, het tydens die sooispit-seremonie die strategiese belangrikheid van dié projek beklemtoon.

“Hierdie projek is 'n kritieke belegging in ons waterinfrastruktuur, wat 'n betroubare watervoorsiening vir die Tulbaghgemeenskap verseker en volhoubare groei in die toekoms moontlik maak". Witzenberg munisipaliteit wil noodsaaklike infrastruktuurprojekte steun en aanpak wat dienslewering en lewensgehalte verbeter en volhoubare ontwikkeling dwarsdeur die munisipale gebied bevorder.

CHARLIE Hofmeyr Hoërskool se eerste rugbyspan het tydens die skoolvakansie uitgeblink tydens die Oakdale rugbytoernooi. Hulle klop Ben Viljoen 27-5, Lichtenburg 24-10 en Piet Retief 27-5. Charlies wen ook die trofee vir die span wat die mooiste rugby gespeel het. Die skool het ook in 2024 die trofee gewen toe Charlies vir die eerste keer daaraan deelgeneem het. * Geluk aan Dewald Jaars (loskopstut) en Joshua Swarts (vaskopstut) wat albei in die Oakdale Dream XV-span opgeneem is.

ANGELIQUE du Toit het verlede naweek op haar perd, Galaxy, aan die SAWMGA Western Mounted Games kompetisie deelgeneem en tweede plek in haar groep behaal.

AJ Louw, 'n leerder van Charlie Hofmeyr Hoërskool en 'n kranige motorfietsryer, het op 28 Maart op Caledon aan die Western Cape Offroad Club se eerste wedren van 2026 deelgeneem. Dit was sy heel eerste wedren in die ope klas. AJ behaal algeheel ‘n uitstekende derde plek asook ‘n tweede plek in die ope klas afdeling.

LAERSKOOL Gericke het hulle nuwe hoofleiers vir 2026 aangewys. VLNR: Max Malherbe (onderhoofseun), Dawie de Vries (onderhoof), Christiaan du Toit (hoofseun), Sjoerd Selders (skoolhoof), Janinke du Toit (hoofmeisie) en Ané Potgieter (onderhoofmeisie).

Leopoldt Verhoef blink uit op tennisbaan

LEOPOLDT Verhoef van Laerskool Gericke het gedurende die skoolvakansie aan twee TSA-tennistoernooie deelgeneem en uitstekende prestasies behaal. Leopoldt het tweede geëindig in die Cape Town Tennis Autumn-toernooi. Hy en 'n maat het die dubbels gewen. Daarna het hy aan die junior nasionale byeenkoms in Bloemfontein deelgeneem. Slegs die beste 60 tennisspelers per ouderdomsgroep kwalifiseer vir hierdie toernooi. Leopoldt het goed gevaar en 24ste in die enkels en 5de in die dubbels geëindig.

AFDELINGSBESTUURDER: KERNVRUGTE

Koue Bokkeveld, Ceres

Die Harmonie Groep, ‘n goed gevestigde en groeiende familiebesigheid, beskik oor hierdie opwindende geleentheid op die vrugte- en groenteplaas, Môrester Landgoed, Op-die-Berg in die Wes-Kaap.

Ons benodig die dienste van ‘n bedrewe Vrugtebestuurder wat doelgerig en sistematies take kan beplan, uitvoer en afhandel om sodoende die 150ha eenheid optimaal te bestuur. Die ideale kandidaat is ‘n innoverende spanspeler wat aan die Landgoedbestuurder rapporteer en deel vorm van ‘n dinamiese bestuurspan.

Verantwoordelikhede sluit in: • Optimale bestuur en benutting van hulpbronne • Opstel en bestuur van begroting • Verwante Loon-, Besproeiing-, GlobalGap- en Sizarekordhouding • Bestuur en kwaliteitbeheer van alle boordaktiwiteite, dissipline en ontwikkeling van personeel om deurlopend produktiwiteit, effektiwiteit en doeltreffendheid van hierdie winssentrum te verbeter.

Minimum Vereistes: • Toepaslike tersiêre landbou kwalifikasie met 5 jaar ondervinding, uitgebreide kennis van verbouingspraktyke wat fokus op appelen peerboordbestuur (plant tot oes) • Bewese kennis van plantvoeding, besproeiing, produksie en oesbeskerming • Proaktiewe bestuurs-, probleemoplossing-, besluitneming- en kommunikasievaardighede • Administratieween rekenaarvaardighede • ‘n “Hands-on” persoon met goeie dissipline, netheid en stiptelikheid wat verantwoordelikheid vir sy werk aanvaar. Benewens aangename werksomstandighede bied hierdie langtermynloopbaangeleentheid ‘n markgerigte pakket wat prestasievergoeding, lidmaatskap van die Groep se aftreefonds en mediese skema, asook behuising op die Landgoed, insluit.

Rig ‘n verkorte CV met kontakbare verwysings, in vertroulikheid, per e-pos aan : mannekrag@morester.co.za om ons te bereik voor 30 April Navrae kan gerig word aan : Riaan 0233161198 ‘n Gelyke geleenthede-beleid word gevolg. Ontvangs van u aansoek sal bevestig word, slegs kortlyskandidate sal binne drie weke weer gekontak word.

Alle landbouwerkers mag deelneem. ’n Landbouwerker is enige persoon wat deel vorm van en ’n bydrae tot die boerdery lewer

Die werkgewer, bestuur, plaaswerkerskomitee of medewerkers kan persone vir die kompetisie benoem.

* Algemene Werker

* Drywer

* Administratiewe Personeel

* Tegniese Operateur

* Besproeiingspesialis

* Diereproduksie

* Sosiale Ontwikkeling

* Landbouverwerking

DIE groep leerders van Laerskool Gericke het na die tweede rondte van Amesa (Association for Mathematics Education of South Africa) deurgedring.

Lasbrief: Polisie soek skieter

'n LASBRIEF is verlede week uitgereik

vir die arrestasie van 'n Somaliër wat in Augustus 2025 lukraak skote op 'n klant geskiet en 'n kind skrams getref het.

Omar Hamud Abdullai (25) moes verlede Donderdag 9 April in die hof verskyn het nadat 'n lasbrief vir hom oorgehou is. Sodra die polisie hom arresteer sal hy sy

borgtog van R2 500 verbeur.

Agtergrond

Die skietvoorval het Sondag 17 Augustus 2025 in Lokasiestraat in die Pine Valley woonbuurt buite Wolseley plaasgevind.

Die beskuldigde Abdullai en die winkeleienaar, Abdullah Salaat (29), is deur gemeenskapslede gevang kort nadat Abdullai na be­

Meisie twee keer verkrag

Saak na 28 Julie uitgestel vir 'n voor-verhoor

DRIE mans wat sedert 2023 tereg gestaan het op aanklagte van verkragting van 'n 9­jarige meisie, se voor­verhoor gaan in Juliemaand aangehoor word.

'n Nuwe streeklanddros moet die verhoor behartig nadat een van die mans se pleitooreenkoms en ligte straf einde verlede jaar deur 'n ander landdros verwerp is.

'n Voor­verhoor gaan nou op 28 Julie plaasvind om te bepaal of die staat reg is en of die nuwe verhoor kan begin.

Aangekla

Jemeal Goeieman (22) word saam met sy oom, Saul Goeieman (46) en Van Wyk (32) aangekla van die 9­jarige meisie se verkragting in Desember 2022.

Die mans is kort na dié voorval op 15

Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer. Die voorval het omstreeks 23:45 in die Bo­Swaarmoed omgewing plaasgevind. Hulle is sedert hul arrestasie in aanhouding.

Tweede verkragting

Dieselfde meisie, nou 13 jaar oud, was in April 2025 vir die tweede keer die slagoffer van verkragting of seksuele geweld.

Drie verdagtes, 'n 59­jarige man van Nduli en twee vroue van 28 en 44 jaar oud, bly in aanhouding.

Die saak is na 15 Mei 2026 uitgestel.

* Volgens die strafproseswet kan dié man en twee vroue eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het.

BEMARKINGSASSISTENT

Dutoit Groente, Prince Alfred Hamlet

Dutoit Groente is op soek na ’n dinamiese en detail gedrewe Bemarkingsassistent om ons Bemarkingsafdeling te versterk. Die suksesvolle kandidaat sal hoofsaaklik verantwoordelik wees vir Verkope, Logistiek en Uitvoere

Hoofverantwoordelikhede :

•Ondersteuning van die verkoops- en bemarkingspan

•Koördinering en administrasie van plaaslike en uitvoerverkope

•Bestuur & opvolg van logistieke prosesse (vervoer, dokumentasie & aflewerings)

•Hantering van uitvoerverwante dokumentasie en voldoeningsvereistes

•Skakeling met kliënte, agente en diensverskaffers

•Algemene administratiewe & verslagdoeningspligte in die Bemarkingsafdeling

Minimum vereistes :

•Ten minste 5 jaar toepaslike ondervinding in bemarking, verkope, logistiek en uitvoere

•Sterk administratiewe- en organisatoriese vaardighede

•Goeie kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels)

•Vermoë om onder druk te werk en streng spertye te haal

•Rekenaarvaardig (MS Office; ervaring met bemarking- of logistieke stelsels, Vitrax en BC sal voordelig wees)

•Geldige rybewys (voordelig)

Persoonlike eienskappe:

•Akkuraat en detail georiënteerd

•Proaktief en selfgedrewe

•Spanwerker met ’n positiewe ingesteldheid

Ons bied:

•Aangename werksomstandighede.

•’n Mededingende vergoedingspakket wat lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.

Indien u voldoen aan bogenoemde vereistes doen asseblief aansoek op ons webtuiste: https://www.dutoit.com/about/careers/ Diensaanvaarding: 1 Junie 2026

wering sonder rede skote op 'n klant geskiet en hom en 'n kind na bewering skrams getref het. Die mans is later gearresteer en na die polisiestasie geneem.

Die voorval het egter vinnig vererger toe gemeenskapslede die winkel en 'n bakkie aan die brand gesteek het. Polisielede is ook later met klippe bestook.

Die polisie se eenheid vir openbare orde (POP) is ontbied om te help om wet en orde te herstel.

Die polisie het beslag gelê op 'n onwettige 9mm Pietro Beretta pistool en ammunisie. Salaat is kort na die voorval vrygelaat.

NASIONALE skolier-fotograwe, het onlangs aan die German International Photocup as deel van die Photographic Society of South Africa (PSSA) Youth Photographers of South Africa-span, deelgeneem. Altesaam 80 skoliere het Suid-Afrika verteenwoordig en hulle het meer as 600 fotos vir die kompetisie ingeskryf. Internasionaal het die kompetisie meer as 12 000 inskrywings wêreldwyd ontvang. Michiel Herholdt (regs) van Laerskool Gericke se foto “Flock of Sheep”, is vir die kompetisie aanvaar. * ’n Paar van Charlie Hofmeyr Hoërskool se fotograwe het ook deelgeneem en uitstekende prestasies behaal. Die volgende leerders het erkenning in Duitsland ontvang: Ane Sauer (5 erkennings), Angelique du Toit (een erkenning) en Stella Hanekom (een erkenning). Die standaard van die kompetisie is besonder hoog en die prestasies wys dat jong fotograwe hul stempel internasionaal kan afdruk. Die Suid­Afrikaanse jeugspan het vir die derde jaar agtereenvolgens die Youth World Cup in Duitsland gewen.

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape. HSE OFFICER (HEALTH, SAFETY AND ENVIRONMENT)

The successful candidate will report directly to the Manager: Engineering Services and the responsibilities of the position include the following key performance areas :

•Ensure compliance with the Occupational Health and Safety Act (OHS Act) through internal audits.

•Implement and maintain NOSA standards and conduct annual external and internal audits.

•Develop and enforce policies, procedures, work instructions, and safety pictograms.

•Drive safety objectives via the HSE management system and conduct annual reviews.

•Oversee departmental safety meetings and documentation.

•Conduct risk and impact assessments and maintain emergency plans.

•Develop and deliver training materials and induction presentations to raise employee awareness.

•Manage legal registers, SHE statistics, document control, and HSE intranet upkeep.

•Assistance with utility data (water/electricity) and engineering support.

•Oversee plant availability statistics, access control systems, and HSE appointments.

Qualifications and skills :

•Relevant tertiary qualification in Safety Management (NOSA, SAMTRAC or equivalent).

•Minimum 3 years’ experience in a similar position.

•Strong knowledge of OHS Act and legal compliance requirements.

•Proven experience with NOSA systems and HSE management frameworks.

•Proven ability to conduct audits, inspections, and risk assessments.

•Strong organizational skills for document control and compliance tracking.

•Excellent administrative abilities, computer literacy and experience in drafting technical documents.

The Company offers a market related compensation package.

Applications can be addressed per e-mail to : dlintnaar@cfp.co.za

Closing date for applications: 22 May 2026

In

(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276 vir enige navrae. w.t.o.

Henry wen kompetisie, Wilan teken goeie telling aan

Die eerste Meesters syfer 3 kompetisie, geborg deur Ceres Shell, is Vrydag 10 April aangebied. Henry Brown (foto links) was die wenner met 19 houe. Wilan van der Berg (foto regs) het die beste brutotelling van 25 houe (2 onder baansyfer) aangeteken. By hom staan Michael Bergman (organiseerder).

‘n Kind begin nie sonder rede selfbesering toepas nie. Dis belangrik om die onderliggende probleme wat die selfbesering veroorsaak, te oorweeg. Ouers/volwassenes moet die kind se emosionele en geestelike genesing ondersteun deur gesprekvoering, luister, positiewe bevestigings en liefde.

LAASTE KANS. Die biblioteekdienste van die Witzenberg munisipaliteit bied weer hul boetevrye periode aan vanaf 16 Maart - 16 April. Lesers kry die geleentheid om alle boeke of enige ander biblioteek materiaal wat lank uitstaande is, terug te bring sonder dat enige boetes gehef sal word.

BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. *Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027

SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to others. This organisation supports schoolgirls, children’s homes, old age homes, hospitals and other small communities around the Witzenberg area. Our work goes beyond giving: we rebuild self-love, health, fitness, and education around the menstruation cycle to schoolgirls. Please help with sanitary products - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223

CERES Toerisme is besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie en elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels/ opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n epos na togryersmuseum@gmail.com

POTJIEKOS KOMPETISIE aangebied deur HUIS DISA, TULBAGH 16 Mei 2026

Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin.huisdisa@acvv.org.za

Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!

WYNAND Claasen en Johan Smit het Saterdag 11 April Initium se gholfdag gewen. VLNR: Henry Brown, Wynand Claasen, Johan Smit, Gert Griessel (Initium), Gunther Greffrath en Dirkie de Ruiter.

Wynand en Johan wen kompetisie

WYNAND Claasen en Johan Smit het Saterdag 11 April Initium se beterbal stableford kompetisie met 43 punte gewen.

Gunther Greffrath en Dirkie de Ruiter was in die tweede plek gevolg deur Henry Brown en FK van Schalkwyk in die derde plek. Beide spanne het 43 punte aangeteken. Syfer 3 kompetisie

Die eerste Meesters syfer 3 kompetisie, geborg deur Ceres Shell, is Vrydag 10 April aangebied.

Henry Brown was die wenner met 19 houe. Danie Goosen was tweede gevolg deur JanRas van der Linde en Peter Ovenstone.

Al drie het 22 houe gespeel. Wiehan Swart was vyfde met 23 houe.

Altus Joubert was die naaste aan die vlaggie op no. 2 en Wiehan Swart was die naaste op no.9. Wilan van der Berg het die beste brutotelling van 25 houe (2 onder baansyfer) aangeteken.

Kompetisies

Die volgende kompetisies word vir April beplan. Op 18 April word 'n samespel syfer plus kompetisie aangebied en op 25 April 'n enkel stableford kompetisie. Daar is geen Sundowner kompetisies op 17 en 24 April. Spelers moet ook kennis neem dat die setperke die afgelope week ge-hollowtine is.

PUBLIC NOTICE

INSPECTION OF SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL FOR THE PERIOD 2022/3

Notice is hereby given, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(i) read together with Section 78(2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act (no. 6 of 2004), herein after referred to as the “Act” that the Supplementary Valuation Roll 2022/ 3 lies open for Public Inspection at the various offices of the Municipality or the Webpage www.witzenberg.gov.za as from 17 April 2026 to 8 May 2026. An invitation is also extended, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(ii), read together with Section 78(2) of the Act, that any owner of immovable property or any other person may submit an objection to the Municipal Manager regarding any matter or omission in connection with the Valuation Roll within the above mentioned period. Your attention is specifically drawn to the provisions of Section 50(2) of the Act that any objection must refer to a particular property and not to the Valuation Roll as a whole. The prescribed form for the lodging of objections is available from under mentioned officials for the owners of the properties involved where supplementary valuations have been completed. Enquiries may be directed Ms. Marizel Poole or Ms. Nokutula Mtalo at (023) 316-1854. Address: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835.

PUBLIEKE KENNISGEWING

INSPEKSIE VAN AANVULLENDE

WAARDASIEROL VIR DIE PERIODE 2022/3

Kennis word hiermee gegee kragtens die bepalings van artikel 49(1) (a)(i) saamgelees met artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Wet op Eiendomsbelasting (Wet nr. 6 van 2004), hierna verwys as die “Wet”, dat die Aanvullende Waardasierol 2022/3 ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie Munisipale kantore of die webblad www.witzenberg.gov.za vanaf 17 April 2026 tot 8 Mei 2026. ‘n Uitnodiging word ook gerig ingevolge die bepalings van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met artikel 78(2) van die Wet dat enige ander persoon ‘n beswaar kan indien by die Munisipale Bestuurder ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel rakende die eiendomswaardasierol binne bogenoemde tydperk. Daar word spesifiek verwys na die bepalings van artikel 50(2) van die Wet dat ‘n beswaar moet verwys na spesifieke eiendom en nie teen die waardasierol in geheel nie. Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van ‘n beswaar is beskikbaar by die onderstaande persone vir die betrokke erwe waarop aanvullende waardasies plaasgevind het. Enige navrae kan gerig word aan Me. Marizel Poole of Me. Nokutila Mtalo tel (023) 316-1854. Adres: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835.

ISAZISO

SIKAWONKE-WONKE NGOKUHLOLWA KOXABANGELO LWAMAXABISO LUKA 2022/3

Esisaziso sikhutshwe ngokwecandelo 49(1)a(i) ngokuphathelene necandelo 78(2) looRhulumente bezeKhaya kumthetho ka 2004 kwinombolo 6 oyi(Local Government Municipal Property Rates) ozakuthi emveni kokuba ubizwe nje ngoMthetho othi, uhlolo lukawonkewonke loxabangelo lwamaxabiso. Ithuba lokufaka iziphakamiso 2022/3 luvuliwe kwii-Ofisi zikaMasipala ukusukela ngomhla we-17 kweyoKwindla 2026 ukuya ngomhla we 8 kutshazimpuzi 2026. Naku mnathazelo (www.witzenberg.gov.za). Esisimemo sikhutshwe ngokwecandelo 49(1)a(ii) elifundwa ngokufana twatse necandelo 78(2) lomthetho othi wonke ubani ongumnini-mhlaba/indlu onqwenela oluxabangelo kufuneka enze unakhonakho wokudibana noMlawuli-Masipala koluxabangelo lukhankanywe ngentla kwaye siqaphele ixesha elingunqamlajuqu. Ngokwecandelo 50(2) lomthetho, isiphikiso / isiphakamiso kufuneka singqamane nendlu / indawo yomntu lowo kodwa singabingaphesheya kulomthetho woxabangelo. Iifomu zeziphikiso / iziphakamiso zikhona kwii-Ofisi zikaMasipala. Kwaye iifomu ezigcwalisiweyo kufuneka zifakwe kwii-Ofisi zikaMasipala waseWitzenberg, 50 Voortrekker Road, eCeres. Ziziphakamiso zodwa ezizakuthathelwa ingqalelo. Imibuzo: Ms. Marizel Poole or Ms. Nokutula Mtalo at (023) 316-1854 ngamaxesha omsebenzi. D. NASSON

MUNISIPALE BESTUURDER

MUNICIPAL MANAGER

UMLAWULI-MASIPALA

Boland B mans rolbalspan het ’n bronsmedalje verower tydens

nasionale kampioenskappe wat vanaf 9-13 Maart in Benoni plaasgevind

Edwill Adonis, Pieter Mostert, Juan Smith en Wian Nieuwoudt. * Die span het ook op 11 Maart 'n besondere prestasie behaal toe hulle ’n voltal van 8 *(twee balle elk van al vier spelers) opgetel het in hul wedstryd teen die Grens distrikte.

- VAKANTE BETREKKINGPRODUKSIEBESTUURDER - VRUGTE

POSVLAK: Middel Bestuursvlak

AFDELING: Leeuwrivier

FISIESE ADRES : Leeuwrivier, Koue Bokkeveld, Ceres

TIPE A ANSTELLING: Permanent, onderhewig aan die suksesvolle aflegging van drie maande proeftydperk

DOEL VAN POS: Kontrole oor alle vrugte herlewingsboerdery produksieprosesse en koste effektiewe bestuur van die betrokke afdeling.

VERANTWOORDELIKHEDE:

• Ontwikkel en implementeer snoei- en uitdunbeleide volgens kultivar en tydraamwerke • Monitor boorddata en spuitprogramme weekliks• Beplan en skeduleer besproeiing • Vestig nuwe boorde en aanplantings • Doen weeklikse produksiebeplanning (oes en toerusting) • Uitvoer van herlewingsboerdery praktyke • Toesig oor algehele kwaliteitbeheer • Monitor en kontroleer vrugte vir kneusplekke • Doen sap-analises en implementeer regstellings • Stel begrotings op en bestuur dit • Verskaf maandelikse terugvoer aan bestuur • Verseker deursigtigheid van allokasies • Bepaal koste per hektaar per aktiwiteit • Verseker winsgewende oesskattings • Plaas bestellings via die Sentrale Aankoper • Voltooi rekwisisies en verseker goedkeuring • Beheer produkstore en handhaaf standaarde • Werwing van werknemers in samewerking met MH • Bepaal mannekragbehoeftes en arbeidsmag per seisoen • Pas dissipline toe saam met MH Bestuurder • Koördineer lone en verifieër loonlyste • Reël en bepaal opleidingsbehoeftes • Voltooi dokumentasie vir akkreditasie • Handhaaf prosedures vir oudits • Bestuur en onderhou data op die Keyphase-stelsel • Koördineer plaas sekuriteit • Hou gereelde vergaderings met produksie-assistente VAARDIGHEDE:

• Leierskapvaardighede • Organisasievermoëns • Kommunikasievaardighede en goeie menseverhoudings • Probleemoplossing • Administratiewe vaardighede ONDERVINDING EN OPLEIDING:

• Minimum 5 jaar ondervinding as ‘n vrugte produksiebestuurder • Kennis van snoei, uitdun, oes, jongboomvorming (appels en pere) • Nasionale Diploma in Landboubestuur of ander soortgelyke tersiêre kwalifikasie sal in die kandidaat se guns tel VERGOEDING & VERWYSINGS : Verskaf ten minste 3 verwysings. Markverwante vergoeding en byvoordele sal aan hierdie pos gekoppel word sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se voorsorgfondsskema en mediese planne is ‘n voorvereiste vir die aanstelling.

SLUITINGSDATUM VIR A ANSOEKE : 24 April 2026

AANSTELLINGSDATUM: 1 Augustus 2026

Stuur CV en huidige salarispakket aan Johan du Plessis na: Johan du Plessis by recruitment@dekeur.co.za

DIE
Rolbal S.A. se
het. VLNR:

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Witzenberg Herald

Sport

DIE jaarlikse Ceres Muurbalfees is die naweek van 10-12 April vir die 31ste keer op Ceres aangebied. Sewentig spelers het aan die toernooi deelgeneem. Die A-afdeling is deur Overbergies Hermanus gewen. Die Ceres Royal Gala span (foto) was tweede met Mixim van Kaapstad in die derde plek. VLNR: Jarryd Thomas, Rachel Cilliers, JW Bester en Stuart Krone.

DIE jaarlikse Ceres Muurbalfees is van 10-12 April op Ceres aangebied. Die B-afdeling is deur String Quartets van Paarl gewen. Chairman's Side Bergvliet was tweede met T-Rexes van Ceres (foto) in die derde plek. VLNR: Wentzel Gelderblom, Elnoria Swart, Japie Kruger en Johan Spangenberg. * Die C-afdeling is deur 4 Strokes van Vredendal gewen met Namakwa Daisies in die tweede plek.

Wolseley troef Newton ná terugvegpoging

DIE Witsentraalliga van die Grootuitdaag-kompetisie is Saterdag 11 April hervat na die Paasnaweek-breuk.

Wolseley het Saterdagmiddag karakter en deursettingsvermoë van die hoogste gehalte getoon toe hulle ’n agterstand uitgewis het om Newton met 24­18 te verslaan.

Wolseley was in een stadium met 13­0 agter maar ’n indrukwekkende terugvegpoging het die wedstryd in hul guns gedraai.

Newton het in die eerste helfte, met die voordeel van ’n sterk wind, ’n volskaalse aanslag geloods. Wolseley se rotsvaste verdediging en vermoë om vinnig van verdediging na aanval oor te skakel, het verhoed dat die besoekers hul oorheersing op die telbord kon uitbuit.

Die tuisspan het as ’n eenheid uitgestaan, met elke speler wat sy deel bygedra het tot die oorwinning. Shirgeo Human, verlede jaar se speler van die jaar, moet uitgesonder word met sy uitmuntende vertoning. Sy spelbeheer en foutlose skopwerk was van onskatbare waarde en het ’n groot rol in Wolseley se oorwinning gespeel. Wolseley se drieë is gedruk deur Edwin Vermeulen, Juheim Filander en Charlon Snyders. Human het al drie drieë verdoel en ook ’n strafskop suksesvol oorgeklits.

Ceres het met 35­40 teen Roses United in Wellington vasgeval, Delicious klop Evergreens 35­13, Bella Vista klop Villagers Newton met 31­10, Hamlet klop Hillcrest met 33­31 en Young Blues is te sterk vir Tulbagh en wen 46­18.

Naweek se wedstryde

Wolseley sien uit na hul kragmeting wanneer hulle dié naweek Evergreens van Paarl ontvang. Newtons is gasheer vir Bella Vista, Delicious meet kragte met Roses, Young Blues speel teen Hamlet, Hillcrest en Villagers Newton pak mekaar en Tulbagh en Ceres meet kragte.

HOU VAS!

Boer staan nader om te help.

Tweeling in Boland o/13 gholfspan opgeneem

TWEE leerders van Laerskool Gericke en junior lede van Ceres gholfklub, Marco Swart en Wiehan Swart, is vir die Boland o/13 gholfspan gekies. Die tweeling sal Boland van 18–19 April verteenwoordig op Robertson gholfklub.

Bella Vista het hul goeie seisoen voortgesit met 'n oorwinning van 31-10 oor Villagers Newton. Hier tel Jemiehl Muller vir Elcado Baadjies op tydens Saterdag se wedstryd. Lorenzo
FOTO: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook