SKOOLLEERDERS van die Koue Bokkeveld wat van afgeleë plase in die Tankwa Karoo reis, het nou toegang tot veilige, gereelde en betroubare vervoer. Die vervoerinisiatief vir Skurweberg Sekondêre Skool sal skoolbywoning verbeter en help om skoolverlaters te verminder. Die program is begin na 'n vergadering in 2023 waar die uitdagings waarmee leerders in die gebied te kampe het, uitgelig is. Baie gesinne in die Tankwa Karoo kan nie die daaglikse vervoer bekostig nie en sonder ondersteuning loop Karoo-leerders die risiko om agter te raak of heeltemal uit die skool te val. Die inisiatief word deur Perdekraal-Oos Windplaas ondersteun.
Koop nou jou eie dorpie in Karoo
DIT is nie aldag dat jy kans kry om 'n dorpie te koop nie.
As jy al lank soek na een of jy weet van iemand wat 'n dorp wil koop, dan is dit nou jou kans.
Middelpos, naby die Tankwa Karoo Nasionale Park, is in die mark. Die dorpie met 'n hotel, winkel, paar woonhuise en ou poskantoorgebou is halfpad tussen Sutherland en Calvinia op die R354 geleë naby die Noord-Kaap en Wes-Kaap grens.
"Middelpos word beskou as een van die min oorblywende outentieke Karoo-dorpies in Suid Afrika. Met sy rustige betowerende atmosfeer, oorspronklike karakter en sjarme behou dit die kulturele erfenis van lank terug, onaangeraak deur moderne massatoerisme".
Hierdie 103.26 hektaar eiendom word bemark deur Albie Loubser en Appie Maritz van Home & Hectare. Volgens hul brosjure het die eiendom uitstekende potensiaal vir ontwikkeling in besigheid, residensiële,
vervaardiging, toerisme en ander gemengde gebruike. Die dorpie is al jare 'n gevestigde halfweg-stasie vir Karoobesoekers en omliggende plase.
Die dorpie bestaan uit 'n hotel, 'n winkel, 'n fabriek-gebou, drie woonhuise in 'n goeie toestand, 'n saal en 'n ou poskantoor. Daar is ook 'n sterk boorgat en besproeibare grond van 4.75 hektaar.
Registreer nou
Belangstellendes kan solank aanlyn registeer vir die aanlyn-veiling wat tussen 21 Mei om 12:00 en 22 Mei om 12:00 aangebied word.
Besigtigting kan slegs per afspraak gereël word.
Navrae
Vir navrae skakel Albie Loubser by 082-573-9902 of Appie Maritz by 082-825-3895 of stuur 'n e-pos na albie. loubser@homeandhectare.com.
Volledige brosjure is ook beskikbaar.
Drie winkels in 24-uur beroof
'n GEWAPENDE verdagte met 'n klapmus op het binne 24-uur op drie Wolseley besighede toegeslaan en hulle van kontant en sigarette beroof.
In twee van die gevalle is 'n Somaliër en 'n 14-jarige omstander gewond.
Wolseley speurders volg tans leidrade nadat 'n man, vermoedelik dieselfde verdagte, op drie informele winkelpersele in Pine Valley toegeslaan het.
Die eerste voorval het Maandag 6 April omstreeks 20:49 plaasgevind. Mohamed Said (28) het by die deur van die Khalawa winkel in McClunestraat gestaan toe 'n gewapende man met 'n klapmus op na die winkel gestap en twee skote op hom skiet. Hy is nie getref nie waarna die skieter weggehardloop het. Die tweede roof het minute later in Africastraat by die Z Shop plaasgevind.
'n Verdagte het twee skote op Abdi Summed (35) geskiet. Hy is in die linkerarm gewond voordat hy en Adam Alli weggehardloop het.
Die skieter het die winkel binnegegaan en selfone, sigarette en 'n onbekende bedrag in kontant gevat voor hy tussen informele huise verdwyn het.
Dinsdag 7 April het die derde roof plaasgevind toe 'n ander Khalawa winkel beroof is. Volgens die polisie het die voorval omstreeks 20:40 plaasgevind toe Dhudi Mohamed besig was om voorraad van 'n bakkie af te laai.
Hulle is deur 'n onbekende man met 'n klapmus genader waarna hy op hulle begin skiet het. 'n 14-jarige seun wat naby die winkel was, is in die bo-been getref. Hy is later met privaat vervoer na Ceres hospitaal vir behandeling geneem.
Die verdagte het na die skietery die winkel binnegegaan en ongeveer R5 500 in kontant gesteel voordat hy weer tussen aangrensende informele huise verdwyn het.
’n VROU wat die Here dien en almal met liefde hanteer het. As ma en eggenote was jy ons rots, jou groot hart was 'n veilige hawe vir ons kinders en vir baie ander. Jou hande het gedien - jou hart het gegee. Jy het liefde gesaai op elke mens se pad. As kind was jy ons sonskyn en as suster ons rots. Jou groot hart het reeds van jongs af vir almal oopgestaan. Jy het elke lewe wat jy aangeraak het met onbaatsugtige liefde verryk. Jy laat 'n leemte wat niemand kan vul nie, maar jou liefde bly ons anker. Ons gaan jou verskriklik baie mis". Van jou man Wincen, Ruth, Peython, oumie Linda, Roger en Letania. * Renè Ann Abrahams (39) is op 1 April skielik oorlede weens nier-komplikasies, skaars 'n maand nadat sy die lewe aan 'n dogtertjie geskenk het. Die begrafnis vind Saterdag 11 April plaas. 'n Roudiens word Donderdag 9 April om 19:00 in die VGK Ceres gemeente gehou.
Kleintjies leer meer van Paasfees
DIE Paashaas het verlede week Kietiekat op P.A. Hamlet besoek en die betekenis van Paasfees is mooi aan die kleintjies verduidelik.
JOHANNES Wolfaardt lived years marked by poor choices, broken trust and strained relationships. He carried regret and shame and those burdens shaped his decisions and his view of himself. He reached a point where he faced the damage he caused and accepted responsibility. He turned toward faith and committed his life to change. He rebuilt discipline, sought forgiveness from those he hurt, and restored bonds step by step. His story shows the cost of wrong paths and the strength required to leave them. Today he speaks to audiences about truth, repentance, and renewal. He stands as proof that a man who confronts his past with honesty and faith gains a new direction, a clear purpose, and the courage to live with integrity.
Nuwe leraar by Ceresvallei
DIE Ceresvallei NG kerk verwelkom ds. Pierrie Kies, sy vrou Christelle, Ané (12), Daniel (10) en Mienke (4). Ceresvallei se gemeenteraad is baie opgewonde om Pierrie en sy gesin te verwelkom. Pierrie was die afgelope 16 jaar verbonde aan die Mosselbaai NG Kerk en sien daarna uit om deel te raak van die Ceresvallei-familie en die groter Ceres gemeenskap. Pierrie se intree-preek vind plaas op Sondag 12 April om 09:30 vanuit Ceresvallei NG kerk. Inwoners word uitgenooi om te kom deel in die verwelkoming van ds. Kies en gesin.
Twee mense vermoor
'n DRINKERY en stryery het die naweek die lewens van twee inwoners geëis.
In die eerste voorval het Apheliele Nongxaza (22) gesterf nadat hy Saterdag 4 April in die vroeë oggendure met 'n mes gesteek is. Nongxaza is omstreeks 02:45 in Nduli dood nadat hy in 'n stryery betrokke geraak het met Masivelani Madani (31) van die plaas Lakenvlei.
Madani het Dinsdag vlugtig in die hof verskyn op 'n aanklag van moord.
Die saak is tot 14 Augustus uitgestel.
Tweede moord
Die 39jarige Sandiswa Siyoko van die plaas Tandfontein is Saterdagmiddag op die plaas Vreeland dood na 'n stryery met
'n ander vrou.
Volgens die polisie het die moord op 4 April om 15:55 plaasgevind waar die vroue gedrink het. Thabisa Mazaleni (33) het Dinsdag vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord.
Die saak is tot 14 Augustus uitgestel.
Beide bly in aanhouding tot hul volgende hofverskyning.
Sterfgeval
In 'n onverwante voorval, is 'n plaaswerker (63) op 1 April dood terwyl hy gehelp het om 'n brand in die Koue Bokkeveld te blus.
Gert Jacobus Visagie van Tuinkloof plaas is omstreeks 20:10 dood.
Die brand het in 'n ander distrik begin en het na Tuinkloof in die Koue Bokkeveld versprei.
Justin Mullins se verhoor weer Meimaand
DIE man wat meer as 5 jaar gelede 'n Bella Vista inwoner koelbloedig in sy bakkie doodgeskiet het, se deelsverhoor gaan Meimand weer in die Worcester streekhof voortgesit word.
Justin Mullins (43) van Ceres, staan in die Worcester streekhof tereg op aanklagte van moord (2020), poging tot moord (2019) en die oortreding van 'n beskermingsbevel.
Hy word van die moord op Manschoer Constance aangekla. Constance is op 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg, Bella Vista plaasgevind.
DIE Witzenberg munisipaliteit is tans besig met die beplanning om 'n nuwe minibus taxifasiliteit op twee oop erwe tussen Vos en Oranjestraat te bou.
Die munisipaliteit beplan om die nuwe fasiliteit te bou oorkant die huidige Bella Vista taxi staanplek wat die afgelope dekades op 'n privaat erf op die hoek van Vos en Oranjestraat bedryf word.
'n Aansoek om befondsing van die nasionale regering is ook deur die munispaliteit ingedien.
Agtergrond van die projek
Daar is twee geregistreerde minibustaxiverenigings wat op Ceres bedryf word nl: Ceres Distrikte Taxivereniging (CEDTA) en CODETA (Nduli). CODETA gebruik die Nduli minibustaxistaanplek in Voortrekkerweg langs Ceres Toyota. CEDTA bedryf Bella Vista taxistaanplek in Oranjestraat.
Beide lewer dienste na meer bestemmings as net Nduli en Bella Vista. Die taxis gebruik ook parkeerplekke in die dorp.
Die Bella Vista taxistaanplek is jare gelede met die toestemming van die vorige grondeienaar daar gevestig. Die perseel is intussen aan 'n nuwe grondeienaar verkoop wat reeds verlede jaar begin het om die erf te herontwikkel en 'n nuwe winkelsentrum daar te vestig.
Die ontwikkelaar wil die reëling vir die bedryf van 'n minibustaxidienste beëindig maar wil nie dié gedeelte aan die munisipaliteit verkoop nie en wil dit as parkeerplekke gebruik.
Die munisipaliteit moet dus nou 'n nuwe taxistaanplek vir die CEDTA op die twee erwe aan die oorkant van die pad bou.
Die munisipaliteit het al in 2017 aangedui dat die twee erwe; erf 1129 en erf 1127, goedgekeur is as die voorkeurterrein vir die ontwikkeling van 'n nuwe taxifasiliteit.
Die munisipaliteit het onlangs erf 1127 verkry en die erf is tans onderhewig aan hersonering.
Die nuwe staanplek moet dieselfde voorkoms en gevoel hê as die bestaande fasiliteit in Voortrekkerweg.
Volgens betroubare inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se gewese vrou het vir haar lewe gevrees en haar in 'n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer (Manchoer Constance) gebel wat hom na die huis gehaas het.
Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het later beslag gelê op die moordwapen.
Die saak is uitgestel tot 14 Mei wanneer die deelsverhoor voortgesit sal word.
Mullins het na die skietvoorval gevlug en 'n week later homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee.
'n WEEK gelede het die Witzenberg munispaliteit begin om 'n ou vervalle gebou op dié oop erf te sloop en die bourommel te verwyder ter voorbereiding van 'n nuwe taxi staanplek wat op die erf beplan word.
Twee mans weer in die hof weens moord nuusbrokkies
DIE twee mans wat verdink word van die moord op 'n 62-jarige man, moet weer Meimaand in die Ceres landdroshof verskyn.
Die oorledene, Sakiysi (Kaizer) Nyathi wat vir Oslo Fruiters op Ceres gewerk het, is op 21 Maart 2025 met 'n mes in die nek gesteek. Die moord het omstreeks 16:40 in Retiefstraat naby Kaap Agri, plaasgevind. Nyathi het blykbaar van die werk gestap toe hy deur dié twee verdagtes gekonfronteer en beroof is van sy selfoon en beursie met kontant in.
Nkokheli Tyokolo (31), 'n bergslaper, is kort na die moord op Dinsdag 25 Maart 2025 by sy blyplek naby
Ceres natuurtuin vasgetrek. 'n Tweede verdagte, Romeo Constance (43), is 'n week later op Donderdag 3 April vasgetrek. Die saak teen beide mans is uitgestel na 11 Mei. Hulle bly in aanhouding.
Roof en diefstal Constance verskyn ook in Ceres landdroshof op 'n onverwante klag van roof en diefstal. Hy het na bewering 'n persoon in November 2024 in Lyellstraat gedreig met 'n mes en hom gesteek met die mes en van R1 000 beroof. 'n Tweede persoon, Yolanda Andrews (35), word saam met hom aangekla van roof en diefstal. Hulle moet weer op 13 April in die hof verskyn.
KENNISGEWING VAN DIE RAAD SE VOORNEME OM DIE TOLHUIS TE VERHUUR:
Kennis word hiermee gegee van die Raad se voorneme om die Tolhuis te verhuur vir ‘n langtermyn tydperk. Indien daar enige besware teen sodanige verhuring is, moet u skriftelike besware voor of op 17 April 2026 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Me L Nieuwenhuis by 50 Voortrekker Straat, Ceres of e-pos na admin@witzenberg.gov.za
NOTICE OF THE COUNCIL’S INTENTION TO LEASE THE TOLHUIS: Notice is hereby given of the Council’s intention to lease the Tolhuis for a long-term period. Should there be any objections to such lease, written objections must be submitted on or before 17 April 2026 to the offices of the Municipal Manager, for the attention of Ms L Nieuwenhuis, at 50 Voortrekker Street, Ceres, or via email at admin@witzenberg.gov.za
LAASTE KANS. Die biblioteekdienste van die Witzenberg munisipaliteit bied weer hul boetevrye periode aan wat strek vanaf 16 Maart - 16 April. Lesers kry die geleentheid om alle boeke of enige ander biblioteek materiaal wat lank uitstaande is, terug te bring sonder dat enige boetes gehef sal word.
HUIS Disa bied 'n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur 'n e-pos na admin. huisdisa@acvv.org.za
BELANGSTELLENDES wat 'n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027.
SANITARY Drive Campaign Ceres is a community driven initiative dedicated to help local girls and women in need, being a reminder to them to know how valuable they are, how we as a community can stand together in hope, love and kindness to others. Please help with sanitary products - for more information contact Lana-Dee Faroö on 072-685-3223
CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org. za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie sodat elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.
PUBLIEKE DEELNAME BY HERSIENING VAN RAAD SE ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2025/2026
Kennis geskied hiermee dat ingevolge die Raad se Strategiese Proses Plan, daar nou met ‘n rondte publieke deelname vergaderings begin sal word om die 2026/2027 Konsep GOP en Begroting voor te hou. Openbare vergaderings sal in die verskeie dorpe vanaf 8 April tot 16 April 2026 plaasvind. Lede van die publiek word hiermee hartlik uitgenooi en sterk aangemoedig om met die Raad en Amptenare te vergader sodat daar saam oor ons toekoms besin kan word.
PUBLIC PARTICIPATION IN REVIEW OF COUNCIL’S DEVELOPMENT PLAN AND BUDGET 2026/2027
Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation meetings in order to present the 2026/2027 Draft IDP and Budget.
Public meetings will be hosted in the different towns from 8 April to 16 April 2026.
Members of the public are cordially invited and strongly encouraged to meet with Council and Officials in order to plan collectively for our future.
The meetings will take place as follows:
DAYDATETIMETOWNWARDSVENUE
Wednesday8 April18:00Nduli1 & 12Nduli Community Hall
Thursday9 April18:00Tulbagh7 & 11Witzenville Community Hall
Monday13 April14:00Ceres3 & 5Ceres Town Hall
Monday13 April18:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall
Tuesday14 April18:00Wolseley2 & 7Montana Community Hall
Wednesday15 April18:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall
Thursday16 April18:00Op-die-Berg8 & 9Nyukintaba Community Hall
DAVID NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
VERW/REF NR: 02/02/1
DRIE Charlie Hofmeyr oudleerders het onlangs hul meestersgrade Cum Laude voltooi. VLNR: Ilke Olivier (M.Sc Voedselwetenskap, Rocco van Velden (M.Sc Toegepaste Wiskunde) en Elsara van der Merwe (M. Ing Engineering Management).
witzenberg herald
(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300
1986/08/23
: 10:00 V.G.K. Ceres Graf : Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
SUPPLY
083-227-6476 STEFAN STEYN
Select LAUNDRY
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres MECHANICAL WORKSHOP
• Engine overhaul • General Services
• Suspension
• Brakes
• and more André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
Hy is nie hier nie, want Hy het opgestaan soos Hy gesê het. Kom kyk na die plek waar die Here gelê het. Matthéüs 28:6
Ev. Jacobs
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Warm klere • Jasse • Kinderklere Wintersklere word uitgepak op 1 April.
Dankie vir al die donasies
Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276.
CENTRAL CERES MOTORS Service Center & Panelbeating • Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274 AND ART FRAMING
PA Hamlet. Groot 3 slaapkamerhuis met ensuite, 2 motorhuise, studeerkamer, ens. te huur vanaf 01/05/2026. Deposito + R12 500 p/m. Skakel Louis 083-427-4854.
LAASTE KANS. Die biblioteekdienste van die Witzenberg munisipaliteit bied weer hul boetevrye periode aan wat strek vanaf 16 Maart - 16 April. Lesers kry die geleentheid om alle boeke of enige ander biblioteek materiaal wat lank uitstaande is, terug te bring sonder dat enige boetes gehef sal word.
HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae skakel (023) 2300245 of stuur ‘n e-pos na admin.huisdisa@ acvv.org.za
BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027
CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ceres.org.za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie sodat elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.
Western Cape Government launches Roads4U App
THE Western Cape Government Department of Infrastructure (DOI) has officially launched its Roads4U mobile app, designed to put road maintenance reporting directly into the hands of the public.
Available on both Google Play and the Apple Store, the app allows residents to report various infrastructure defects such as road surface damage, faulty traffic signals, and faded signage.
The initiative aims to enhance the province’s road network by leveraging real-time data and citizen collaboration. Future updates will include a broadcast feature that provides all app users with real time notifications on road closures and other important events.
“A key citizen focused feature of Roads4U is its ability to automatically identify and send your report to the correct road authority. For example, if you log a defect on a road managed by the City of Cape Town or SANRAL, the platform identifies the responsible authority and forwards it at scheduled intervals. The app informs you which authority received your report and how to contact them” said Jandré Bakker, DOI Director: Operational Support.
Key Features of Roads4U include:
- Intuitive Reporting: The app automatically pins the exact GPS location of a reported defect to ensure accuracy.
- Multimedia Support: Users can upload photos and add detailed descriptions to assist repair teams.
- Transparency: Citizens will receive status updates from the technical teams on their reports. Each report is assigned a unique reference number, allowing citizens to track the progress of their report, if they don’t receive feedback through the app in time.
Murchisonstraat 4, Ceres Oorkant Hollywood Bets (Totes) in Lyellstraat
Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:GESLUIT
Provincial Minister of Infrastructure Tertuis Simmers highlighted the strategic importance of the tool. “For years, our engineers have used multiple internal processes to coordinate road related work. Roads4U simplifies these workflows by directing the public to the correct official or authority, reducing unnecessary steps and delays. This modern approach strengthens collaboration and helps us maintain the best provincial road network in South Africa while ensuring our service delivery remains agile and responsive,” he said.
The DOI has committed to prioritising safetyrelated issues. In instances where an issue cannot be addressed immediately, officials will provide a transparent explanation to the reporter.
The Department of Infrastructure encourages all road users to download Roads4U today to help keep the Western Cape moving.
RENÉ ANN ABRAHAMS
TWEE leerders van Laerskool F.D. Conradie, Bellané Vermeulen en Izak Krige (bo), is opgeneem in die provinsiale karatespan wat middel April die Wes-Kaap by die nasionale kampioenskappe gaan verteenwoordig.
Kyk na jou gesondheid
GESONDHEIDSDE
SKUNDIGES het
tydens Wêreld Nierdag gewaarsku dat chroniese niersiekte (CKD) die risiko vir lewensgevaarlike hartprobleme dramaties kan verhoog
Mense wat met CKD leef is geneig om kardiovaskulêre siekte (KVS) te ontwikkel - wat hartversaking, beroertes, koronêre arteriesiekte of aritmieë insluit en vroeë opsporing en behandeling daarvan krities maak.
Gesondheidskundiges dring daarop aan dat mense meer bewus moet wees van hierdie hart-nier-metaboliese verband en vroeg optree. CKD toon dikwels aanvanklik geen ooglopende simptome nie en baie mense besef nie dat hulle nierprobleme het totdat beduidende skade aangerig is nie.
Kamtige breinbesering vertraag verhoor
EEN verdagte se bewerings dat hy 'n breinbesering opgedoen het, is besig om 'n verkragtingsverhoor ombepaald te vertraag.
Drie mans, Angelo Jordaan (37), Jan Booysen (34) en Abraham Claasen (37), pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle. Hulle word daarvan aangekla dat hulle 'n 12-jarige meisie op 'n plaas verkrag het.
Die saak sloer al byna 6 jaar en die drie mans is al vanaf 2020 in aanhouding weens
dié verkragting.
Bewerings
Een van die mans, Abraham Claasen, het tydens een van sy talle verskynings beweer dat hy 'n hoofbesering opgedoen het tydens 'n ongeluk en dat dit sy brein aangetas het.
Weens die rede is hy nie in staat om verhoor te word nie. Hy kan eers in Valkenberg opgeneem word vir waarneming sodra 'n bed vir hom beskikbaar is.
Die verhoor is tot 15 April uitgestel.
Die voorval het Vrydag 25 September 2020 omstreeks 20:00 op die plaas Remhoogte plaasgevind.Die 12-jarige slagoffer en 'n 14-jarige maatjie het na die buurplaas gestap om aartappelskyfies te gaan koop toe hulle deur die drie mans agtervolg en in die bosse ingesleep is. Die 14-jarige meisie kon daarin slaag om weg te hardloop en hulp te ontbied. Die verdagtes is die volgende dag op Bergplaas in hegtenis geneem waar hulle gewoon het.
Skool kies nuwe leiers
AAN die begin van elke tweede kwartaal word die nuwe leiers van Laerskool F.D. Conradie
se
hoofmeisie en
FORM 3A - NOTICE OF APPLICATIONS FOR LIQUOR LICENCES IN TERMS OF SECTION 37(1) OF THE WESTERN CAPE LIQUOR ACT, 2008 - [REG. 10(1)]
Notice is hereby given that the following applications for liquor licences have been lodged with the Western Cape Liquor Authority (the Authority) and with the designated liquor officers at the indicated South African Police Service offices. The applications concerned may, up to and including the 28th day from the date of publication of the application, upon request and free of charge, be inspected by any person, at the offices of the Authority or the designated liquor officer listed hereunder. Copies of an application can be obtained from the Authority after payment of the prescribed fee. Objections and representations must be lodged in writing with the Authority and the designated liquor officer in accordance with section 39 of the Act.
VORM 3A - KENNISGEWING VAN AANSOEKE OM DRANKLISENSIES INGEVOLGE ARTIKEL 37(1) VAN DIE WES-KAAPSE DRANKWET, 2008 - [REG. 10(1)]
Hiermee word kennis gegee dat die volgende aansoeke om dranklisensies ingedien is by die Wes-Kaapse Drankowerheid (die Owerheid) en by die aangewese drankbeamptes by die aangeduide SuidAfrikaanse Polisiedienskantore. Die betrokke aansoeke kan, tot en met die 28ste dag vanaf die datum van publikasie van die aansoek, op versoek en gratis deur enige persoon besigtig word by die kantore van die Owerheid of die aangewese drankbeampte hieronder gelys. Afskrifte van 'n aansoek kan by die Owerheid verkry word na betaling van die voorgeskrewe fooi. Besware en vertoë moet ooreenkomstig artikel 39 van die Wet skriftelik by die Owerheid en die aangewese drankbeampte ingedien word.
Josua Huddlestone is die nuwe hoofseun vir 2026. Hier staan elkeen saam met hul ouers.
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Ei l and. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
BJ Claasen wen klubkompetisie met 39 punte
BJ Claasen het Saterdag 4 April die enkel proggresiewe stableford kompetisie met 39 punte gewen. Willie van Heerden was in die tweede plek met 39 punte gevolg deur Henry Brown met 36 punte en JC van Niekerk met 35 punte. Kompetisies
Die volgende kompetisies word vir April beplan. Op 11 April word 'n beterbal stableford kompetisie aangebied met Initium wat die dag borg, op 18 April word 'n samespel syfer plus kompetisie aangebied en op 20 April 'n enkel stableford kompetisie.
LIGSTRAALTJIES het Saterdag 14 Maart hul jaarlikse Ses-aan-'n-kant krieket- en familiedag aangebied. Die Masekinders-span het die dag gewen met Trojans in die tweede plek. Ander toekennings: Beste gees - 69's en beste uitrusting - Hardehout. Corné Bosch is aangewys as die beste kolwer en Marais Schutte as die beste bouler.
Rugbyspannetjie neem deel op Darling
MOOI Uitsig Primêr het op 14 Maart aan Laerskool Darling se sportdag deelgeneem. Hier is die o/11 rugbyspan afgeneem.
TYRON Daniels was twee weke gelede een van Ceres rugbyklub se uitblinkers in die wedstryd teen Evergreens. * Die afgelope langnaweek het geen wedstryde plaasgevind nie. Die liga hervat weer Saterdag 11 April met Ceres wat Roses United in Wellington gaan pak, Evergreens speel tuis teen Delicious, Bella Vista pak Villagers Newton, Wolseley en Newtons speel teen mekaar, Hamlet is gasheer vir Hillcrest en Young Blues speel teen Tulbagh.