









![]()










DIE ma van 'n drieling wat skaars drie maande oud is, verkeer tans in 'n kritieke maar bestendige toestand in Tygerberg hospitaal nadat sy verlede week omgery is.
Elicheen Maasdorp (36) is verlede Donderdag ernstig beseer toe sy omstreeks 15:10 by die Bella Vista-kruising op die R303 deur 'n Nissan NP200 bakkie raakgery is.
Voorlopige inligting dui daarop dat Maasdorp vroeër die dag saam met 'n ouer dogter by die Thusongsentrum in Bella Vista was om haar drieling van drie maande oud, vir 'n kindertoelae te registreer. Toe hulle klaar is, het hulle die pad probeer oorsteek waar 'n minibus taxi langs die pad vir hulle gewag het om hulle na P.A. Hamlet te neem waar hulle woon.
Hulle het blykbaar halfpad op die geelstrepe gewag toe Maasdorp deur 'n voertuig getref is. Nadat sy deur EMS-lede op die toneel gestabiliseer is, is sy na Ceres hospitaal vervoer. Sy is later na Tygerberg hospitaal oorgeplaas waar sy reeds twee operasies ondergaan het. Sy word Vrydag weer geopereer.
Skenkings
Volgens 'n familiekennis gaan dit onder omstandighede goed met die familie en het hulle reeds ruim skenkings vir die babas vanuit die breë gemeenskap ontvang.
Die drieling, Gilbert, Gilmore en Gilwin, word met die hulp van hul ouma, hul ma se suster en drie ouer sussies van 21, 14 en 7 jaar oud, versorg. Doeke, melk, bottels en vars produkte is altyd welkom en kan goed gebruik word. Die twee jonger sussies benodig ook toiletware en algemene skoolgoed.
Die familie waardeer almal se hulp en ondersteuning. Maasdorp se ma en die ouma van die drieling, kon die afgelope paar dae haar dogter twee keer in Tygerberg hospitaal besoek nadat plaaslike inwoners haar met vervoer gehelp het.
Indien mense wil help, kan hulle met Andrea per Whatsapp skakel by 072-767-6966 of Kalisma (suster) by 072-092-5152. Skenkings kan ook by Witzenberg Herald se kantore in die Harmonie-gebou (oorkant Charlie Hofmeyr se hokkieveld) afgegee word.
NS: Daar is die afgelope paar dae op sosiale media talle versoeke gerig om die familie te help en te ondersteun. Inwoners word vriendelik gewaarsku dat opportuniste reeds die plakkaat onderskep het en hul bankbesonderhede onderaan gesit het.



ELICHEEN Maasdorp (36) is verlede Donderdag ernstig beseer. FOTO REGS: Die drieling, Gilwin, Gilmore en Gilbert, word met die hulp van hul ouma, hul ma se suster en drie ouer sussies van 21, 14 en 7 jaar oud, versorg. Ander inwoners van Hamlet help ook by die huis.


DIE Togryers museum het Saterdag 14 Maart ’n loodsprojek aangebied vir geskiedenisonderwysers van die Witzenberg Professionele Leergemeenskap (PLC)
DIE Togryers museum het Saterdag 14 Maart ’n loodsprojek aangebied vir geskiedenisonderwysers van die Witzenberg Professionele Leergemeenskap (PLC) om hul kennis van plaaslike geskiedenis uit te brei en te gesels oor hoe hierdie geskiedenis sinvol in die klaskamer gebruik kan word.
Die inisiatief het deel gevorm van ’n samewerking met Stanford Universiteit. Prof Grant Parker van die Stanford Universiteit het die sessie virtueel bygewoon asook Barry Jooste (hoof opvoedkundige beampte van WesKaap museumdiens).
Ander deelnemers het dr. Riffel van die Universiteit van WesKaapland en Ronald
Balie van die 1825 Koue Bokkeveld opstandkomitee, ingesluit. Onderwysers van verskeie skole op Ceres en omliggende dorpe het die sessie bygewoon.
Tydens die sessie is daar gekyk na die agtergrond van erfenisprojekte, die benadering wat gevolg word en hoe die gepaardgaande erfenisopdrag vir leerders beoordeel sal word. Daar is ook besin oor die historiese betekenis van die Koue Bokkeveld opstand en die plek daarvan in die streek se geskiedenis.
Die byeenkoms het die waarde van samewerking tussen skole, universiteite, museums en gemeenskapsorganisasies beklemtoon, asook die belangrike rol wat plaaslike geskiedenis kan speel om geskiedenisonderrig meer relevant vir leerders te maak.
Koue Bokkeveld: Ceres
Daar bestaan ’n opwindende geleentheid op Lindeshof, een van Dutoit Agri se landgoedere geleë in die Koue-Bokkeveld naby Op-die-Berg in die Wes-Kaap, vir ’n Produksiebestuurder om die bestuurspan op Lindeshof in die uitvoering en bestuur van vrugteproduksie en gepaardgaande arbeid te versterk.
Die posbekleër, ’n bedrewe Vrugte-Produksiebestuurder, sal aan die Landgoedbestuurder rapporteer en die hoofverantwoordelikhede sluit in:
•Bestuur van boordaktiwiteite insluitend chemiese uitdunning, oesbeskerming en boordontwikkeling
•Monitering van siektes en plae en bestuur van plaagbeheerprogramme
•Bemesting kalibrasie en toediening van vloeibare kunsmis (fertigasie)
•Bestuur van 4 - 5 spanne vir oes, uitdun en snoei (werwing, organisering en evaluering)
•Implementering en bestuur van GlobalG.A.P., Nature’s Choice en SIZA standaarde
•Daaglikse en weeklikse beplanning van produksiedoelwitte
•Toedeling van arbeid, toerusting en materiaal
•Toesig oor kwaliteit en produktiwiteit van werk
•Personeelbestuur, dissipline en spanontwikkeling
•Rekordhouding, loonadministrasie en ondersteuning met begrotings
•Weeklikse verslagdoening en algemene administrasie
Minimum vereistes
Die suksesvolle kandidaat sal oor die volgende beskik:
•’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Landbou / Hortologie / Plantfisiologie
• Minstens 5 jaar ondervinding in vrugteproduksie, verkieslik op kommersiële skaal
•Goeie kennis van oesbeskerming, plaagbeheer en boordbestuur
•Ondervinding met GlobalG.A.P. of soortgelyke sertifiseringsprogramme
•Sterk leierskap-, bestuurs- en kommunikasievaardighede
•Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede
•Die vermoë om selfstandig te werk, spanlede te motiveer en produktiwiteit te verbeter
•Goeie dissipline, stiptelikheid en netheid
Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat behuising en lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit. Diensaanvaarding sal so gou moontlik, maar verkieslik nie later as 1 Junie 2026 wees nie.
Aansoeke kan aanlyn ingedien word op Dutoit se webwerf: https://www.dutoit.com/about/careers/


MOOI Uitsig Primêr se wiskunde en taal uitslae het groot verbetering getoon in die sistemiese uitslae van die WKOD. Hier is die graad 3 en 6 onderwysers saam met die waarnemende skoolhoof, Martin Absalom, afgeneem. * Graad 3 wiskunde het met 16.3 en Huistaal 21.3 verbeter. Graad 6 wiskunde het met 20.1 en huistaal het met 26.1 verbeter.

CERES Lionsklub het tydens hul Maart vergadering toekennings aan drie van hul lede gemaak. Andrè Lombaard het 'n 35 jaar lid toekenning ontvang en Humberto Cardoso sr. het 'n 45 jaar lid toekenning ontvang. Wynand Kloppers (Lions president) het tydens dieselfde geleentheid die Melvin Jones Fellowship toekenning aan Herman Laubscher (vise-distriksgoewerneur) oorhandig. VLNR: Andrè Lombaard, Humberto Cardoso sr., Wynand Kloppers en Herman Laubscher. * Die Melvin Jones Fellowship toekenning is die hoogste eerbewys van Lionsklub Internasionaal.
Daar bestaan ’n opwindende geleentheid op Coshla, een van Crispy Farming se drie bemagtigings plase van 250ha geleë in die Ceres-area, Wes-Kaap, vir ’n Produksiebestuurder om die bestuurspan op Crispy Farming in die uitvoering en bestuur van vrugteproduksie en gepaardgaande arbeid te versterk.
Die posbekleër, ’n bedrewe Vrugte-Produksiebestuurder, sal aan die mentor rapporteer en die hoofverantwoordelikhede sluit in:
•Bestuur van boordaktiwiteite insluitend chemiese uitdunning, oesbeskerming en boordontwikkeling
•Monitering van siektes en plae en bestuur van plaagbeheerprogramme
•Bemesting kalibrasie en toediening
•Bestuur van 4 - 6 spanne vir oes, uitdun en snoei (werwing, organisering en evaluering)
•Implementering en bestuur van GlobalG.A.P., Nature’s Choice en SIZA standaarde
•Daaglikse en weeklikse beplanning van produksiedoelwitte
•Toedeling van arbeid, toerusting en materiaal
•Toesig oor kwaliteit en produktiwiteit van werk
•Personeelbestuur, dissipline en spanontwikkeling
•Rekordhouding, loonadministrasie en ondersteuning met begrotings
•Weeklikse verslagdoening en algemene administrasie
Minimum vereistes
Die suksesvolle kandidaat sal oor die volgende beskik:
•’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie in Landbou / Hortologie / Plantfisiologie sal in die kandidaat se guns tel.
• Minstens 5 jaar ondervinding in vrugteproduksie, verkieslik op kommersiële skaal
•Goeie kennis van oesbeskerming(MB 4000), plaagbeheer en boordbestuur
•Ondervinding met GlobalG.A.P. of soortgelyke sertifiseringsprogramme
•Sterk leierskap-, bestuurs- en kommunikasievaardighede
•Goeie administratiewe en rekenaarvaardighede
•Die vermoë om selfstandig te werk, spanlede te motiveer en produktiwiteit te verbeter
•Goeie dissipline, stiptelikheid en netheid
Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat behuising en lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.
Diensaanvaarding sal so gou moontlik, maar verkieslik nie later as 1 Augustus 2026 wees nie.
Kwalifiserende kandidate vanuit die voorheenbenadeelde groepering sal voorkeur geniet.
Aansoeke kan aanlyn ingedien word op Dutoit se webwerf: https://www.dutoit.com/about/careers/


'n MENSLIKE skedel is verlede week by die tonnel in Michellspas gevind.
Die ontdekking van die skedel kom nadat Transnet met toetse besig was om die spoorlyn weer oop te stel nadat dit vir byna drie jaar gesluit was weens stormskade aan die spoorlyn.
Die Ceres polisie is ontbied na die tonnel waar die skedel by die hek langs die gholfbaan gekry is.
'n Stapper het die skedel iewers opgetel en by die hek wat gesluit was, gelos.
Die polisie het die skedel weggestuur en daar is bevind dat die skedel ouer as 100 jaar is. Hulle vra nou dat die stapper, moontlik iemand plaaslik, na vore moet kom aangesien 'n antropoloog en erfeniskenners die plek wil besoek en bestudeer waar die skedel oorspronklik in die berg gevind is.
Navrae
Daar kan met adjudant offisier Vian van Wyk by Ceres speurders in verbindig getree word by (023) 316-8500.
'n MAN wat in 2023 sy gewese meisie aangerand het, is drie jaar later skuldig bevind aan haar aanranding.
Siposethu Xatoto (35) is Woensdag 4 Maart in die Ceres landdroshof skuldig bevind op 'n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer.
Landdros Mabuya het hom 'n R3 000 boete of drie maande gevangenisstraf opgelê wat ingeheel opgeskort is vir 5 jaar.
Voorval
Stacey Klazen, Xatoto se gewese meisie, het by 'n vorige geleentheid gesê die voorval het
Deur Jacob Rooi
HOEWEL Ceres se nuwe, uitgebreide gemeenskapskliniek binnekort sy eerste pasiënte gaan ontvang, beteken dit nie kliënte van bestaande fasiliteite moet nou hul naaste kliniek los nie.
Só het dr. Elton Titus, hoof van die Ceres hospitaal, Maandag 16 Maart gesê tydens 'n inligtingsessie oor die kliniek wat binne enkele maande sy deure gaan open waar die ou Ceres Netcare hospitaal was. Dié hospitaal het Oktober 2021 sy deure gesluit.
Dr. Titus het beklemtoon dat dit nie 'n daghospitaal is met 'n ongevalleafdeling nie, maar wel 'n uitgebreide kliniek met ure van 07:00 tot 17:00. Die ongevalleafdeling bly by die Ceres hospitaal.
"As jy 'n lêer het by jou naaste kliniek, gebruik steeds daardie lêer. Anders as jy na die nuwe fasiliteit gaan moet 'n nuwe lêer vir jou geskep word."
Amptenare van die departement openbare werke het die grondplan gewys en verduidelik watter dienste beskikbaar gaan wees. Die nuwe fasiliteit gaan oor spreekkamers beskik, 'n groot wagkamer met 'n oorvloeiarea, twee tandartsteaters, 'n administratiewe area en openbare toilette. Elke wagarea kry 'n eie kleur. Daar is ook genoeg parkeerplek.
Volgens dr. Titus sal toerusting soos lessenaars, netwerkrekenaars en telefoonlyne binnekort aangebring word. Die finale voorbereiding kan vier tot ses weke neem. "Ons wou al 1 April intrek, maar nou gaan dit waarskynlik eers gedurende Meimaand gebeur," het hy gesê. Van die personeel van die Annie Brown kliniek gaan wel oorskuif, maar vrese dat die kliniek gaan sluit, is besweer. "Dit gaan nie toemaak nie, maar die verskillende dienste gaan verander.
" Dit word deur die gemeenskapsorganisasie Norsa oorgeneem. Norsa beywer hom vir kinderbeskerming en die algehele gesondheid en welstand van gemeenskappe. Voorheen is siek mense by Annie Brown behandel, maar dáár sal voortaan op voorkomende dienste gekonsentreer word.
Dit sluit in immunisering en professionele sorg vir swanger vroue. Enkele nuwe poste is by die nuwe kliniek geskep, onder meer vir twee kliniese verpleegsters, een klerk (altesaam drie) en een apteker.
"Die idee is om 'n groter pakket met beter dienste by die nuwe kliniek te lewer met groter ruimte, ook vir tandartse. Nog 'n tandarts sal ook aangestel word, tesame met 'n stoelassistent. Daar gaan ook 'n permanente dokter aan diens wees."
Die Hospiceeenheid wat tans by Ceres hospitaal gevestig is, skuif ook oor na die nuwe kliniek wat agt tot tien en meer beddens daar beskikbaar gaan maak sodat pasiënte nie in stoele hoef te sit nie.
"Daar is reeds tekens dat dit beter dienste kan lewer met 'n beter vloei van pasiënte."
Pasiënte sal ook afsprake moet maak. Eerste afsprake kan gemaak word sodra 'n vaste openingsdatum bekend is.
Die Bella Vista en Ndulikliniek gaan normaalweg voort met geen dienste wat afgeskaal word nie.
Opinies
Sylvia Minnaar, 'n inwoner van Bella Vista, het die kliniek verwelkom. "Ceres het so iets nodig," het sy gesê. Jan Douries, oudonderwyser en gemeenskapswerker, het gesê dit gebeur dikwels dat mense wat byvoorbeeld afsprake maak vir 08:00 by die Bella Vistakliniek eers teen 16:00 gehelp word. "Dit is onaanvaarbaar".
Die wyse waarop ouer mense behandel word, laat ook veel te wense oor. Hy het dit ook later aan dr. Titus herhaal en het die belofte gekry dat aandag daaraan gegee sal word.
Ettiene Arendse was bekommerd dat pasiënte vroegoggend sal opdaag en buite voor die hek sal moet wag. Daar word gehoop dat dit nie sal gebeur nie omdat die kliniek meestal volgens afsprake sal werk.
"Kom ons vat die fasiliteit en maak dit ons eie. Dit gaan nie perfek wees nie, maar 'n verbetering van waar ons was" het dr. Titus gesê.
'n Opvolgvergadering sal kort voor die opening van die kliniek gehou word.
op 8 Februarie 2023 omstreeks 07:15 plaasgevind toe hy by haar woning opgedaag en haar aangerand het.
Haar suster en ma het daarna Xatoto uit die huis gestoot voordat hy in sy motor geklim en weggery het. Klazen het na dié aanrandingsvoorval, die Ceres landdroshof genader vir 'n beskermingsbevel wat op 22 Mei 2023 deur die landdros toegestaan is.
Die vonnis bring 'n lang en uitgerekte huishoudelikesaga en talle oorenweer klagtes tot 'n einde.























OPENBARE KENNISGEWING
VAN HERSKEDULERING VAN RAADSVERGADERING
NA 31 MAART 2026
Kennis word hiermee gegee ingevolge
Artikel 19 van die Wet op Plaaslike
Regering: Munisipale Stelsels, 2000 (Wet 32 van 2000) dat die Raadsvergadering van 25 Maart 2026 herskeduleer is na Dinsdag, 31 Maart 2026 om 10:00 in die Raadsaal, John Steyn Biblioteek, Owenstraat, Ceres
D. NASSON
MUNISIPALE BESTUURDER
MUNICIPAL MANAGER
Verw/Ref.: 03/1/2/3
PUBLIC NOTICE OF RESCHEDULING OF COUNCIL MEETING TO 31 MARCH 2026
Notice is hereby given in terms of Section 19 of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 (Act 32 of 2000) that the Council meeting of 25 March 2026 has been rescheduled to Tuesday, 31 March 2026 at 10:00 in the Council Chambers, John Steyn Library, Owen Street, Ceres


HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE?
Deernis
Registrasie op werklose databasis
Kredietbeheer (rekeninge) Registrasie vir klein besighede
Sosiale OntwikkelingsprogrammeBasiese dienste, water, elektrisiteit, vullis, strate ens. Behuisings waglys-aansoeke en navraeDie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan Geriewe (sale, sportgronde), Verkeer en Wetstoepassing parke en bome WAAR WORD DIT GEHOU?
DAG EN DATUMTYD DORPWYKEPLEK
Dinsdag17 Maart09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal Woensdag18 Maart09:00 - 12:00Nduli1 & 12Nduli Gemeenskapsaal
Donderdag19 Maart09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Gemeenskapsaal
Vrydag20 Maart09:00 - 12:00Ceres3 & 5Ceres Stadsaal
Dinsdag24 Maart09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal Woensdag25 Maart09:00 - 12:00Wolseley2 & 7Pine Valley Gemeenskapsaal
Donderdag26 Maart09:00 - 12:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Gemeenskapsaal ‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep
DO YOU NEED ASSISTANCE WITH THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES?
Indigent Registration on Municipal Unemployed Database
Credit Control (accounts) Small Businesses Support
Social Development ProgrammesBasic services, water, electricity, refuse, streets etc Registration on Housing waitinglistThe Integrated Development Plan Amenities (halls, sportsgrounds),Traffic and Law Enforcement parks and trees
WHERE WILL IT BE HELD? DAY AND DATETIMETOWNWARDVENUE
Tuesday17 March09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall
Wednesday18 March09:00 - 12:00Nduli1 & 12Nduli Community Hall
Thursday19 March09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Community Hall
Friday20 March09:00 - 12:00Ceres3 & 5Ceres Town Hall
Tuesday24 March09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall
Wednesday25 March09:00 - 12:00Wolseley2 & 7Pine Valley Community Hall
Thursday26 March09:00 - 12:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Community Hall
A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities
DAVID NASSON
MUNICIPAL MANAGER
MUNISIPALE BESTUURDER


ANGELIQUE du Toit, a Charlie Hofmeyr pupil, competed at the second SANESA (South African National Equestrian Schools Association) qualifier on Sunday 15 March and delivered an excellent performance. Her results were as follows: Prix Caprilli - 2nd place, In-Hand Utility3rd place, Working Rider - 2nd place and Show Riding - 1st place.
LUDWIG Prins en Wouter Keulder het Saterdag die beterbal stableford kompetisie met 45 punte gewen. Bennie van Rensburg en Janus Goosen was tweede, ook met 45 punte. Willie van Heerden en John Whitehead was in die derde plek gevolg deur Lappies Labuschagne en Christiaan Orffer, beide met tellings van 44 punte.
Kompetisies
Die volgende kompetisies word vir Maartmaand beplan. Op 21 Maart word 'n enkel houespel kompetisie aangebied. Die jaarlikse Ceres klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, B- of C-afdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in. Inskrywings sluit 22 Maart en die lys is by die klub beskikbaar.
Spelers kan ook die klub skakel by (023) 312-3068 of 084-2997244 of 'n e-pos na admin@ceresgolfclub.com stuur. Sundowner kompetisies
Die volgende Ceres Superspar Sundowner word op 20 Maart aangebied. Daar sal geen Sundowner kompetisie wees op 27 Maart.

geborg deur
Vrydag 13 Maart op Ceres aangebied. Martin van Jaarsveld was die wenner met 24 punte met Johan du Toit in die tweede plek met 21 punte.
VIER gemaskerde mans het vir die tweede keer in 6 weke op 'n gasteplaas buite Wolseley toegeslaan.
Die huisroof gaan nou die eienaars noop om hul sekuriteit op dié gasteplaas te hersien en te verbeter. Die polisie het Woensdagoggend gesê hulle ondersoek na die voorval is nog in 'n vroeë stadium.
Vier onbekende verdagtes het Dinsdag 17 Maart omstreeks 22:00 by die gaste-eenheid op die plaas Palmietvlei ingebreek. Met hul aankoms is agt mense reeds na Worcester MediClinic geneem vir behandeling.
Teen druktyd was die aard van hul beserings nie bekend nie.
Die agterdeur van die gaste-eenheid was beskadig en het oopgestaan. Daar was bloed op die stoep.
Verklarings
Verklarings van gaste moet nog deur die ondersoekbeampte verkry word en dit is nie bekend of die rowers gewapen was en wat gesteel of vermis word nie. Of die twee voorvalle met mekaar verband hou, vorm deel van die polisie-ondersoek.
Vorige huisroof en aanval
Onbekende gewapende huisrowers het op 3 Februarie ook twee gaste op dieselfde plaas buite Wolseley aangeval en beroof.
Die voorval het omstreeks 07:30 plaasgevind.
Die gaste is beroof van 'n Glock vuurwapen, beursies en selfone.
Stefan Roderick Westermann (71) is tydens die roof met 'n hamer oor die kop geslaan voordat die verdagtes met hul buit gevlug het.

PAH- Opvoedkundige Trust se veeldoelsentrum is deur Laerskool F.D. Conradie op 11 Maart, amptelik geopen. 'n Vriendskaplike hokkietoernooi teen Laerskool FD Conradie, Laerskool Gericke, Curro Langebaan en Hoërskool Charlie Hofmeyr is aangebied. 'n Gesellige aand is ook saam met die donateurs geniet. VLNR: Calla du Toit (donateur) het die opening waargeneem saam met Helen Wolfaardt (SBL voorsitter) en Deon Labuschagne (skoolhoof).
Notice is hereby given in terms of Regulation 68 of the Deeds Registries Act, 1937, of the intention to apply for the issue of a certified copy of Deed of Transfer No. T19601/1966.
Passed by:
JACOBUS STEPHANUS WOLFAARDT
Born on: 1 December 1910
Registered in favour of:
MUNICIPALITY OF CERES (now WITZENBERG MUNICIPALITY)
in respect of certain: Erf 2549 (a portion of Erf 1777), Ceres, in the Witzenberg Municipality, Division Ceres, Province of the Western Cape which has been lost or destroyed.
All interested persons having objection to the issue of such copy are hereby required to lodge the same in writing with the Registrar of Deeds: Western Cape at Cape Town, Floor 4, Information Desk, 2 Riebeeck Street, Foreshore, Cape Town, CAPE TOWN within two weeks after the date of the publication of this notice.
DATED at TULBAGH on 10 MARCH 2026
APPLICANT: WITZENBERG MUNICIPALITY
c/o Bezuidenhout Incorporated
45 Church Street, Tulbagh, 6820
E-mail address: johan@johanb.co.za
Contact number: (023) 022-0001





(023) 316-2021 l info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)










- 2026/03/13
☎ (023) 312-1274



Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN” Skakel 082-859-2300

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-6192758 of 082-704-3276

ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: • Warm klere asook kinderklere • Jasse Wintersklere word uitgepak op 1 April.

HAMLET rugbyklub wil Dutoit Groep en veral Dutoit groente bedank vir hul truie borgskap. Hier hou Pieter du Toit (hoof van Dutoit Groente) die nuwe eerstespan trui vas met Howard Shiba (voorsitter) wat die nuwe tweede- en derdespan trui vashou.

HAMLET rugbyklub het verlede week nuwe rugbytruie van Dutoit Groep ontvang. VOOR: Elton Shiba (spanbestuurder), Gilbert Damon (sekretaris) en Maxwell Lakay (derdespan kaptein).
AGTER: Cyril Rhode (addisionele lid), Ralph du Plessis (tweedespan afrigter), Pieter du Toit (hoof van Dutoit Groente), Howard Shiba (voorsitter), Adrian Robertson (eerstespan hulp-afrigter), Lorenzo Kannemeyer (derdespan afrigter) en Johan Laubscher (addisionele lid).



DIE Biblioteekdienste van die Witzenberg munisipaliteit hou weer hul jaarlikse
BIBLIOTEEKWEEK vanaf 16-22 Maart. Dit is ook weer die begin van hul boetevrye periode, wat strek vanaf 16 Maart - 16 April. Lesers kry die geleentheid om alle boeke of enige ander biblioteek materiaal wat lank uitstaande is, terug te bring sonder dat enige boetes gehef sal word.
MOOI Uitsig Primêr bied vanjaar hul jaarlikse karnaval aan op 20-21 Maart
CERES Toerisme is tans besig om ’n 2026 Kalender vir die Witzenbergstreek saam te stel en nooi alle organisasies en organiseerders uit om hul beplande geleenthede, gesellighede en funksies aan die toerismekantoor deur te gee. Dit sluit in sportgebeurtenisse en ander kultuur en spesiale geleenthede. Stuur inligting na info@ ceres.org.za. Dit is belangrik om die streek se datums te koördineer en sal help dat groot geleenthede nie oorvleuel nie sodat elke geleentheid die maksimum ondersteuning kry wat dit verdien. Enige navrae kan aan die Ceres toerismeburo by (023) 316-1287 gerig word.
DIE jaarlikse Ceres Superspar klubkampioenskappe sal vanjaar op 28 Maart plaasvind. Spelers kan inskryf vir die A-, Bof C-afdeling oor 36 putjies (houespel). Die D-afdeling sal oor 18 putjies beslis word (stableford). Koste beloop R480 vir 36 putjie en R275 vir D-afdeling spelers. Inskrywingsgeld sluit twee etes in.
HUIS Disa bied ‘n potjiekos kompetisie aan op 16 Mei. Vir navrae of om in te skryf, skakel (023) 230-0245 of stuur ‘n e-pos na admin.huisdisa@acvv.org.za
BELANGSTELLENDES wat ‘n pelgrimstoer na Israel wil meemaak, kan pastoor Nico Mettler skakel by 060-559-1708 of per e-pos by mettnico@gmail.com. * Die toerdatum is 10 tot 17 Mei 2027
Op 17 Maart 2026 is Wêreld Maatskaplike Werkersdag gevier. Die bestuur van Ceres ACVV-tak wil graag hul opregte dank en waardering uitspreek teenoor hul Maatskaplike werkers. Hul toewyding en omgee in hul taak, is vir ons ’n inspirasie en vir Ceres se gemeenskap ‘n groot diens.

Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke!
Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres
VIR VIR VIRALLEDON ALLEDON ALLEDON ALLEDONASIESASIES ASIESASIES ASIES (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles)
Ma - Vry:09:00 - 16:00 Sat:GESLUIT



























































Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

ADRIAAN Wildschutt (27), internasionale langasem en oud-Ceresiet, het Sondag die New York halfmarathon oortuigend in 59:30 gewen en sodoende wêreldatletiek deeglik van hom laat kennis neem. Dit was slegs sy tweede halfmarathon waaraan hy deelneem. Adriaan het die prestasie in koue weerstoestande behaal en is die eerste Suid-Afrikaner wat die wedloop, waaraan 30 000 atlete deelgeneem het, kon wen.
*Adriaan het ook vroeër die maand aan die Absa Run Your City 10km wedloop in Gqeberha deelgeneem en die wedloop in 27:47 gewen. ** Zouhair Talbi van Amerika was in die tweede plek in 59:41 en Gulveer Singh van Indië in die derde plek in 59:42.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE
(WITZENBERG GRONDGEBRUIK BEPLANNING VERORDENING PN 289/2015)
WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS
(WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW PN 289/2015)
Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder, vir aandag Ryan van der Merwe gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, of per e-pos gestuur word na ryan@witzenberg.gov.za om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie.
Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing to the Municipal Manager, for attention Ryan van der Merwe, P.O. Box 44, Ceres or 50 Voortrekker Street or e-mail to ryan@witzenberg.gov.za to reach him before the indicated closure date of the case.
Eiendom / Property
Remainder of Farm
Romans Rivier Nr 320
Remainder of Farm
De Liefde Nr 334
Portion 6 Farm
De Liefde Nr 323
Portion 64 of Farm
Kleinberg Nr 208
Remainder of Farm
Vaal Vlei Nr 324
Portion 21 of Farm
Kleinberg Nr 208
Portion 7 of Farm
De Liefde nr 323
Portion 22 of Farm
Romans Rivier Nr 320
Portion 5 of Farm
De Liefde Nr 334
Ligging / Location East of the R43 Road between Wolseley and Worcester turn off
Aansoeker / Applicant
Warren Petterson Planning (021) 5525255
Aard / Nature
Proposed wind turbine energy facility for the purposes of 21 wind turbines
Verw. / Ref. 15/4/2 /222
Sluitingsdatum / Closure date 30 Days


BELLA Vista en Wolseley het die naweek hul derby wedstryde oortuigend gewen. Twee ander spanne, Ceres en Hamlet, het naelskraap verloor.
Wolseley het die afgelope naweek ’n indrukwekkende oorwinning behaal toe hulle Tulbagh met 3010 in ’n opwindende derbywedstryd geklop het. Teen rustyd was die telling 1010.
In die tweede helfte het Wolseley se ervaring en beter spel die deurslag vir 'n oorwinning gegee.
Tulbagh het in die eerste helfte hard probeer om weerstand te bied en met die wind in hul guns het hulle Wolseley onder druk geplaas. Die tuisspan het egter in die tweede helfte beheer oor die wedstryd geneem en met meer ritme gespeel.
Wolseley se voorspelers het hul stempel afgedruk en ’n stewige grondslag gelê, terwyl die agterlyn die geleenthede wat geskep is, doeltreffend in punte omskep het.
Hierdie kombinasie van sterk voorspelerspel en kliniese afronding agterlangs het Wolseley in staat gestel om geleidelik die oorhand oor hulle bure te kry.
Puntemakers
Curtley Malgas, Romario Andrews, Ethan
Frans en Christopher Coetzee het drieë vir Wolseley gedruk. Marowaan Snyman het twee strafdoele bygevoeg terwyl Ethan Frans en Snyman elk in die kol was met 'n doelskop. Vir Tulbagh het Elroy Pieters 'n drie gedruk met Ashwin Williams wat die doelskop oorgeskop het. Hy het ook met ’n strafdoel geslaag.
Bella Vista klop Delicious
Bella Vista het die naweek Delicious op hul tuisveld gepak en die harde wedstryd met 2513 gewen.
Twee ander spanne, Ceres en Hamlet, het naelskraap verloor. Ceres het met 3839 teen Villagers Newton verloor en Hamlet het 2022 teen Newtons verloor.
Vir Hamlet het Marlon Baron goeie rugby gespeel en was hy in die kol met 'n skepdoel, 'n strafskop, 'n drie en twee doelskoppe.
Naweek wedstryde
Die naweek vind die derde rondte plaas. Tulbagh het die naweek 'n moeilike wedstryd wat voorlê teen Hillcrest, Wolseley speel tuis teen Bella Vista, Delicious en Villagers Newton meet kragte en Ceres reis na Newtons. Hamlet speel weg teen Evergreens en Roses speel teen Young Blues.

die
met
op hul
en
bal. Hy was een van sy span se uitblinkers.
