WH Her ald Witzenberg
FRIDAY, 27 MARCH 2026
R10
VOLUME 29 NO. 11
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 26 Maart
Vrydag 27 Maart
Saterdag 28 Maart
Sondag 29 Maart
10° 30°
12° 29°
9° 26°
8° 27°
CERES KOEKEDOUW DAM
62%
TULBAGH DAM
45%
WAVERENSKROON TULBAGH
59%
(023) 312-1460
Lesings geneem: 2026/03/25
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
DIE berugte Bella Vista-kruising naby Thusongsentrum waar Elicheen (Ella) Maasdorp (36) op 12 Maart raakgery is. Daar is reeds talle versoeke aan die Witzenberg munisipaliteit en WesKaap provinsie ge rig om aandag aan die gevaarlike kruising te skenk en 'n verkeerslig of voetgangerbrug daar op te rig.
Daar is die afgelope tyd talle versoeke aan die Witzenberg munisipaliteit en Wes-Kaap provinsie gerig om aandag aan die gevaarlike kruising te skenk en 'n verkeerslig of voetgangerbrug daar op te rig. 'n Petisie is begin waarin daar gevra word dat dringende stappe gedoen moet word om die Ceres/Hamletpad en Bella Vista kruisings te beveilig vir leerlinge en fabriekswerkers. Mense wat die petisie wil steun, kan 'n e-pos stuur aan Jacob Rooi - jrooi@witzenberg. gov.za. Voorstelle is welkom sê rdl. Rooi, wat al sedert Oktober 2024 veg om die spoedbeperking laer te maak tussen die twee kruisings.
Ma herstel goed nadat sy deur bakkie getref is DIE ma van 'n drieling wat skaars drie maande oud is, maak goeie vordering in die Tygerberg hospitaal nadat sy twee weke gelede deur 'n bakkie by die Bella Vista-kruising omgery is. Elicheen (Ella) Maasdorp (36) is Donderdag 12 Maart ernstig beseer toe sy omstreeks 15:10 by die Bella Vista-kruising op die R303 deur 'n Nissan NP200 bakkie raakgery is. Maasdorp was vroeër die dag saam met 'n ouer dogter by die Thusongsentrum in Bella Vista om haar 3 maande oue drieling vir 'n
kindertoelae te registreer. Toe hulle klaar is, het hulle die pad probeer oorsteek waar 'n minibus taxi langs die pad vir hulle gewag het om hulle na P.A. Hamlet te neem waar hulle woon. Hulle het blykbaar halfpad op die geelstrepe gewag toe Maasdorp deur die bakkie getref is. Nadat sy deur EMS-lede op die toneel gestabiliseer is, is sy na Ceres hospitaal vervoer voordat sy na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is. Maasdorp, wat oorgeplaas is na 'n gewone saal, het reeds twee operasies ondergaan. Sy sou verlede Vrydag geopereer word maar
dit is later gekanselleer. Die dokters gaan haar enkel sowel as heup in een operasie probeer herstel. Volgens 'n familielid is die operasie Dinsdagmiddag gedoen. Skenkings Die drieling, Gilbert, Gilmore en Gilwin, word met die hulp van hul ouma, Anna-Maria Sas, hul ma se suster en drie ouer sussies van 21, 14 en 7 jaar oud, versorg. Dit gaan goed met die drieling en daar is ook 'n groot baba-kampbed geskenk waarin al drie kan slaap.
Doeke, melk, bottels en vars produkte is altyd welkom en kan goed gebruik word. Die familie waardeer almal se hulp en ondersteuning en het reeds ruim skenkings vir die babas ontvang. Indien mense nog wil help, kan hulle met Andrea per Whatsapp skakel by 072-7676966 of Kalisma (suster) by 072-092-5152. Skenkings kan ook by Witzenberg Herald se kantore in die Harmonie-gebou (oorkant Charlie Hofmeyr se hokkieveld) afgegee word.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 26 - 29 MARCH 2026 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226
SUPERSPAR TOPS: BUSINESS HOURS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Mon - Sun 07:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00
Lamb bulk ¼ pack
14999
Grabouw boerewors
Lamb braai chops
p/kg
10999 p/kg
p/kg
17999
7kg Potato bag, 1kg Carrots, 1kg Onions, 1kg Sweet Potato and ¼ Pumpkin PER COMBO
100
Spar Rusks ass. 450g/500g
p/meal
SERVING SUGGESTION
p/kg
17
Spar Tuna in water 99 or oil 170g
Bull Brand corned meat 300g
Douwe Egberts coffee ass. 200g/230g
4499
14999
Lamb knuckle + stew
14999
00
Rib Burger
2700 & Chips
Simba Chips 120g ass.
Omo Washing powder 4kg PER COMBO
11999
Red Heart Rum 750ml + 1L Coca-Cola (incl. variants) Smirnofff Spirit Cooler cans 6 x 440ml
3300 Kellogg’s 1kg Corn Flakes
BUY ANY 2 FOR
24000
BUY 2 FOR
Snowflake Cake wheat flour 2.5kg
SaveMor White or Brown sugar 2kg
Baby Soft toilet tissue 2-ply 18’s
14999
2899 Ouma loaf
21900
Smirnoff Vodka 1818 750ml
999
BUY ALL 4 FOR
89900
each
6999
3499
3999
12699
KVW Brandy family 750ml NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER OUDERDOM VAN 18 JAAR. GENIET VERANTWOORDELIK.