WH Her ald Witzenberg
Volume 28 no. 8
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 6 Maart
Vrydag 7 Maart
Saterdag 8 Maart
Sondag 9 Maart
15° 31°
16° 33°
17° 35°
13° 30°
CERES KOEKEDOUW DAM
72,2% TULBAGH DAM
58%
WAVERENSKROON TULBAGH
83%
Lesings geneem: 2025/03/05
Friday, 7 March 2025
Vrou (25) daag nie by landdroshof op nie ‘n LASBRIEF is uitgereik nadat ‘n 25-jarige vrou wat van moord aangekla word, nie by die hof vir haar verhoor opgedaag het nie. Die lasbrief word oorgehou tot die volgende verskyningsdatum op 12 Maart. Ashleigh Fortuin word aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), in Junie 2024 op Ceres vermoor het.
Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Fortuin. Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.
Kantoorspasie
TE HUUR te Van Eedengebou, Voortrekkerstraat, Ceres (Ou Witzenberg Herald perseel)
ONMIDDELLIK BESKIKBAAR
Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
GROOT SPASIE MET BAIE PARKERING TE HUUR VIR: KANTOOR-, WINKELOF RESTAURANT Geleë te Voortrekkerstraat, Ceres
(langs Ceres Brouery, oorkant De Jagers) Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Nuwe ontwikkelings kom op Ceres DRIE winkelsentrum-ontwikkelaars was die afgelope jaar of twee in onderhandelings met die Witzenberg munisipaliteit gewikkel om nuwe inkopiesentrums op te rig of te omskep in ‘n nuwe winkelsentrum. Ceres Junction sentrum Bemcorp (Red Caviar Holdings) het onlangs die perseel gekoop waar Ceres Mica, Jet, Wellsave en Bella Vista taxistaanplek gehuisves is. Werksaamhede het einde Januarie 2025 afgeskop en byna alles is reeds gesloop. Blykbaar gaan die Ceres Junction sentrum teen November weer oopmaak. Dit is nie bekend watter nuwe winkels daar gaan open nie en watter van die bestaande winkels gaan terugkeer nie. Ceres Mall New Africa Developments, die ontwikkelaar van die beoogde Ceres Mall, het einde verlede jaar gesê hulle wil eers alle onderhandelings, vereistes en gesprekke met rolspelers, die plaaslike munisipale owerheid en moontlike huurders afhandel en finaliseer voordat daar meer inligting oor die beplande projek verskaf sal word. Die beoogde winkelsentrum met nagenoeg 50-60 winkels, kom op die stuk grond by die Eselfontein-afdraai. Ceres leefstylsentrum Die beplande Ceres leefstylsentrum (nagenoeg 13 winkels), is ‘n kleiner ontwikkeling op die jukskei-erf agter die Ceres rolbalklub. Daniël Nunes, ‘n plaaslike sakeman en gebou-eienaar, het einde Oktober 2024 gesê hy glo dat die beplande leefstyl-winkelsentrum ‘n positiewe impak vir die dorp inhou, desondanks die besware wat teen die projek ingedien was. ‘n Hersoneringsaansoek van Nunesprop en besware teen die ontwikkeling, het op 27 Februarie voor die Witzenberg beplanningstribunaal gedien. Die aansoek is voorlopig goedgekeur met ‘n lang lys voorwaardes wat insluit dat ‘n gewysigde ontwikkelingsplan ingedien en goedgekeur moet word wat voorsiening maak vir 4 parkeerplekke per 100 vierkante meter op die perseel (232 parkeerplekke i.p.v. die oorspronklike 120), dat ‘n 3 meter boulyn aan Voortrekkerstraat se kant gehandhaaf word, dat toegang slegs vanaf Phillipstraat toegelaat word met geen direkte toegang van Voortrekkerstraat, dat die ontwikkelaar verantwoordelik is vir al die opgradering aan die munisipale infrastruktuur en siviele ingenieursdienste, dat die bome aangrensend aan Voortrekker- en Phillipstraat, nie verwyder mag word nie en dat die erf nie gebruik mag word vir ‘n vulstasie nie. Die Wes-Kaap departement van infrastruktuur meld in hul skrywe dat hul geen beswaar het teen die aansoek op voorwaarde dat die brug oor die waterstroom in Phillipstraat, wyer gemaak moet word om tweerigting verkeer te akkomodeer asook ‘n sypaadjie vir voetgangers. Nunes het Dinsdag gesê hulle is bly om die groenlig vir die projek te kon kry en dat hulle nou kan voortgaan met hul beplanning. Hulle sal ook die voorwaardes nakom. Hy is dankbaar vir die geleentheid en wil net die beste vir die dorp hê.
QUANTUM FK4-FILTER KIT
WERKSAAMHEDE het einde Januarie 2025 by Ceres Junction afgeskop en byna alles is reeds gesloop. Blykbaar gaan die sentrum teen November 2025 weer oopmaak. Dit is nie bekend watter nuwe winkels daar gaan open nie en watter van die bestaande winkels gaan terugkeer nie. Onder links is 'n voorstelling van Ceres Mall en regs onder is die Jukskei-erf agter die rolbalbaan.
(023) 312-3143 l (n/u) 082-898-0220 l Vosstraat 87, Ceres l petro@landbouonderdele.co.za
TOYOTA CONQUEST & COROLLA FK17-FILTER KIT
R390
R180
TOYOTA HILUX D4D BAKKIES FK1-FILTER KIT Landbou Onderdele (Edms) Bpk t/a Ceres Landbou Midas
SAE40 ... R285
20W50 .. R300
15W40 . R335
R475