Witzenberg





Verkragtingsaak weer uitgestel vir verhoor
DIE verkragtingsaak teen ‘n werklose Wolseley-inwoner is verlede Woensdag weer uitgestel.
Die saak wat in 2023 aangemeld is, is na 23 Julie uitgestel vir pleit en verhoor. Die 41jarige man wat op Wolseley gewoon het, word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind.
Die man is kort na die voorval gearresteer en aangehou voordat borgtog van R2 000 in November 2023 aan hom toegestaan is. Hy moet steeds aan streng borgvoorwaardes voldoen.
*Volgens die strafproseswet kan die verdagte geïdentifiseer word sodra hy gepleit het.

Misdaadstatistieke
Dronkbestuursake
4de meeste in Wes-Kaap
DIE misdaadsyfers vir 1 Oktober tot einde Desember 2024, is die week in Kaapstad vrygestel. Die statistieke is deur die polisiebestuur in Kaapstad bekendgemaak.
Die dokument van 149 bladsye skets soos altyd, ‘n somber prentjie van misdaad in Suid-Afrika. Misdaad bly ‘n groot bron van kommer vir inwoners.
‘n Klein ligpunt aan die einde van die misdaadtonnel - die moordsyfer het in die Wes-Kaap met 7.9% (103 moorde) afgeneem.
In die dokument is daar weer ‘n top 30 polisiestasies saamgestel vir elke misdryfkategorie in Suid-Afrika en die provinsie. Ceres het in ‘n vorige kwartaal vyf van dié Top 30’s gehaal. In die nuuste statistieke verskyn Ceres slegs in drie van die afdelings nl: bestuur onder die invloed van drank of dwelms, seksuele aanranding en poging tot moord.
Groot kommer
Op die lys vir bestuur onder die invloed van drank of dwelms, het Ceres die 4de meeste gevalle in die Wes-Kaap. Dit is ook die 46 meeste in Suid-Afrika. Dronkbestuursake het van 19 gevalle na 72 gevalle toegeneem - die grootste styging in die Wes-Kaap. Ceres is ook op die lys vir seksuele aanrandings en poging tot moord. Ceres is in die 22ste plek en 80ste in die land vir seksuele aanrandings en 26ste en 156ste vir poging tot moord.
Ander statistieke vir distriksmunisipaliteit
Daar was 26 ontvoerings in die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en 50 voertuie is gesteel. Argumente of bakleiery het tot 119 poging tot moordsake gelei waarvan 15 bendeverwant was. In 86 gevalle is messe gebruik en in 51 gevalle, vuurwapens. Sewe en twintig persone is doodgeskiet terwyl 40 met messe vermoor is en 11 met skerp voorwerpe vermoor is.
Vol hofrolle
‘n Ander bekommernis wat nie deel vorm van die misdaadstatistieke, is die oorvol hofrolle. Die Ceres landdroshof hanteer nou meer as 700 sake. Daar was teen einde Februarie meer as 300 sake op die streekhofrol met sake wat reeds tot in Augus-tusmaand uitgestel word.

DIE Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit se branddienste spook sedert 18 Februarie om brande langs die R43, in Bainskloof, bokant Schalkenbosch buite Tulbagh en Boontjiesrivier (foto regs onder) buite Wolseley, te blus. Die distriksmunisipaliteit se branddienste en vennote het die week bergbrande in hoogliggende dele bokant Koekedouwdam, Fairfield (foto links onder), Bergvliet asook Petervale (P.A.Hamlet), Wakkerstroom (Koue Bokkeveld) en Gydopas gemonitor. Brandbestryders van NCC word bygestaan deur helikopters van Leading Edge wat help met waterstorting. Talle voorbrande is by Boontjiesrivier gemaak om eiendom sowel as kraglyne te beskerm. Geen skade is sover aan eiendom in die Witzenbergstreek aangerig nie.






















FOTOS: CapeNature en Demetri van Rooyen

















MORRISDALE primêr bedank Eoudia Erasmus van die Nasionale
See Reddingsinstituut en Allistor Boer van die SAPD se duikeenheid, wat weer die 2025 Survival swemprojek vir leerders van die skool aangebied het. Die skool spreek ook hul dank uit teenoor die Witzenberg munisipaliteit vir die gebruik van die Dennebos swemgeriewe, Ryno Africa en Johanni van Wyk.
NOTICE
INTENTION TO INCUR LONG-TERM DEBT
Notice is hereby given in terms of Section 46 of the Municipal Finance Management Act that the Witzenberg Municipality intends to take up an external loan amounting to R25 million to fund certain capital projects in the 2024/2025 Capital Budget.
Par ticulars of the proposed debt are as follow: Amount of Debt to be incurred: R25 000 000
Purpose for which the debt is to be incurredAmount
Upgrade of Ceres Power StationR25 000 000
Security to be provided: None
Details of the proposed loan are available on the municipal website: www.witzenberg.gov.za and are available for public inspection and inputs until 24 March 2025.
D. NASSON
MUNICIPAL MANAGER



nuwe Acciona Energy SA windplaasprojekte is tans naby Gouda aan die gang. ‘n Vergadering is onlangs gehou om aan raadslede die proses te verduidelik. Spesiale dank aan die span van Acciona vir die inligting. VLNR: Raadslid Catherine Jacobs (Drakenstein munisipaliteit), Yolanda Tom (Acciona), rdl. Hannes Smit (Drakenstein munisipaliteit), rdl. Trevor Abrahams (Witzenberg burgemeester), rdl. Du Plooy (Bergrivier munisipaliteit), Xoliswa (Acciona) en Timothy (Acciona).
NUUS-NUUS-
NUUS-NUUSNUUSbrokkies brokkies brokkies brokkies brokkies

WICKO REUNION - 35 YEARS LATER! Calling all former WICKO Youth Group members. It’s time to reunite - 35 years have passed since our youth group days in the 1990s. We’re gathering again to plan an unforgettable reunion on 1 March at Winterberg Inn Bistro Harvest Table restaurant. To RSVP or for more information, contact Sef Noble on WA 060-7636-083 or sefnoble257@gmail.com
LIGSTRAALTJIES bied op 15 Maart 2025 hul 6de ses-aan-’n-kant kriekettoernooi en familiedag aan. Vir inskrywings stuur ‘n e-pos na Marlene Slabbert skool@ligstraaltjies.com
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
•Police Flying Squad: 10111
•Ambulance Services: 10177
•Cell Phone Emergency:112
•Disaster Risk Management Centre: 080 911 4357 (HELP)
•Poisons Information Helpline of the Western Cape: 0861-555-777
•Childline: 116
•Lifeline: 021 461 1113
•Wilderness Search and Rescue: (021) 937-0300
DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@gmail.com

Voortrekkerstraat 112 CERES
(023) 312-1057
Ceres Toyota beskik oor die onderstaande vakante posisie
GEKWALIFISEERDE WERKSWINKEL TEGNIKUS
Vereistes vir bg. pos sluit in:
•Voer voertuigtoetsing, fout diagnose asook algemene werkswinkel take
•Minimum 5 jaar ondervinding wat multi-handelsmerk voertuie dek
•Beskik oor toepaslike kwalifikasies
•Uitstekende kommunikasie in beide afrikaans en engels
•Geldige bestuurderslisensie en matrieksertifikaat
•Moet onder druk kan werk
•Sterk begeerte om doelwitte te bereik
Ons bied: ‘n Mededingende salarispakket met voordele aan.
Slegs persone met die relevante kwalifikasie, ondervinding en geldige bestuurslisensie moet aansoek doen.
Sluitingsdatum vir aansoeke: 14 Maart 2025
Begindatum: So spoedig moontlik
Stuur asb. volledige CV na: sune@cerestoyota.co.za AS JY NIE BINNE 14 DAE VAN ONS GEHOOR HET NIE, BESKOU ASSEBLIEF JOU AANSOEK AS ONSUKSESVOL.

KENNISGEWING VAN GEREGTELIKE VEILING
In die Landdroshof vir die Distrik van die Kaapse Wynland vir die Witzenberg sub-distrik gehou te TULBAGH Saakno. 87/2023
In die saak tussen: WITZENBERG MUNISIPALITEIT Vonnisskuldeiser en BEKELE RANGO Vonnisskuldenaar
KENNIS GESKIED HIERMEE ingevolge die bepalings van Reël 41 van die Wet op Landdroshowe Nr. 32 van 1944 soos gewysig dat die ondergenoemde goedere op DONDERDAG, 27 MAART 2025 om 10:00 te Meulstraat 4, Moorreesburg in eksekusie verkoop sal word deur die Balju van die Landdroskantoor vir die distrik van TULBAGH.
GOEDERE:
1 xSilwer Toyota Corolla GLS 160 met registrasieno. CCM 1258 GEDATEER te TULBAGH op hierdie 11de dag van FEBRUARIE 2025.
JOHAN BEZUIDENHOUT
Prokureur vir Eiser
Van der Stelstraat 15, Tulbagh, 6820 (Verw: JJB/EG/JC0216)

DRIE insittendes van ‘n wit Nissan Tida is Saterdag 22 Februarie lig beseer toe hul Lesotho-geregistreerde voertuig teen ‘n minibus taxi gebots het. Die beseerdes is deur Ceres EMS na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Die ongeluk het omstreeks 09:30 op die R303 naby Molenrivier in die Koue Bokkeveld plaasgevind. Na bewering het ‘n minibus voor die Nissan ingedraai waarna die Nissan se bestuurder van die pad gery en teen ‘n heining tot stilstand gekom het.
Winkels moet teen 28 Februarie al geregistreer het
ALLE spaza-winkels of huiswinkels binne munisipale grense, se uurglas om te registreer, het uitgeloop.
Dié winkels moes teen Vrydag 28 Februarie geregistreer het.
Spaza-winkels en geriewe waar voedsel hanteer word, is in November 2024 deur die regering 21 dae kans gegee om by hul plaaslike munisipaliteit te registreer. Daarna is dit tot 17 Desember verleng voordat die 28 Februarie 2025 uitsteldatum aangekondig is.
Die ongewone stap kom nadat die regering diepe bekommernis en hartseer uitgespreek het oor voorvalle van besmette voedsel, verwante siektes en sterftes nadat kinders dit by dié winkels gekoop het.
Witzenbergstreek
Die munisipaliteit het kort na die eerste aankondiging begin optree teen alle onwettige huiswinkels en dringende hofaansoeke teen eienaars en okkupeerders van sulke onwettige winkels begin. ‘n Paar winkels is gesluit en talle lisensies is sedert begin Desember afgekeur.
Daar is ongeveer 280 spaza-winkels of huiswinkels in die Witzenbergstreek. Wetstoepassers monitor die situasie asook gevalle waar buitelanders, wat die winkels onwettig oopmaak of oorkoop, die huiseienaars forseer om namens hulle vir permitte by die munisipaliteit aansoek te doen.

Verhoor van bakkiebestuurder het nog nie begin nie
DIE verhoor van die bestuurder van ‘n Ford Bantam bakkie - wat meer as 18 maande gelede, 10 insittendes vanaf Op-die-Berg na Kaapstad vervoer het - is weer uitgestel vir pleit en verhoor. Die 41-jarige bestuurder, Adriaan (Rian) Hanse het Donderdag 6 Februarie in die Bluedowns streekhof verskyn op aanklagte wat wissel van strafbare manslag en dronkbestuur. Vyf kinders is dood toe Hanse op Sondag 9 Julie 2023 omstreeks 23:30 beheer oor die bakkie verloor en ‘n sperreling op die R300 getref het.
Hanse, sy vrou Nolisa, en haar twee susters, Clarine Kyba en Jolene Kyba, het die betrokke naweek saam by die oorlede kinders se ouma op ‘n plaas in die Koue Bokkeveld-omgewing gekuier. Al die kinders was saam met die twee susters agterop die bakkie en almal is met die slag van die voertuig afgegooi.
Hanse, wat blykbaar werksaam is as ‘n vragmotorbestuurder, moet weer op 17 Maart in die Bluedowns streekhof verskyn. Sy borgtog van R5 000 is verleng.
* Dit het byna drie weke geneem om dié bevesitiging van die hofdatum, van die departement van justisie te kry.

Autumn Expo terug by Montana hoërskool sportgronde en ouderdomsgepaste aktiwiteite in ‘n veilige omgewing sal bied.
“OOH, kan nie wag vir die Expo nie, het so lekker gekuier by die laaste een!” het een van ons Facebook-volgers gesê. En wat is daar nie om van te hou nie?
Die Winelands Autumn Expo op 30 en 31 Mei 2025, terug by die pragtige Montana hoërskool sportgronde in Worcester.
Die sukses van die 2024 Expo was duidelik uit die aantal besoekers wat die verskillende geure en lewendige kultuur van die Kaapse Wynlande geniet het.
Meer as 100 verskaffers het bekroonde wyne, spiritualieë, kulinêre lekkernye en kunswerke aangebied aan meer as 2 500 besoekers. Daar was talle vermaak wat deur topkunstenaars soos Die Heuwels Fantasties, Jeod House, Tarryn Lamb, Emo Adams, en meer die lewewendige gehoor aan die dans gehou het.
Vir die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en hul vennoot, Breedevallei munisipaliteit, bly die primêre doel om die diverse aanbiedinge van die Kaapse Wynlandstreek ten toon te stel en ‘n omgewing te bevorder wat bevorderlik is vir volhoubare ekonomiese groei.
Uitvoerende burgemeester Von Schlicht verduidelik, “Ons doel is om gemeenskappe op te hef en ‘n ruimte te skep waar entrepreneurs van die streek hul produkte aan die publiek kan uitstal, wat ‘n wegspringplek in hul groei bied.”
Besoekers aan die 2025 Winelands Autumn Expo kan uitsien na ‘n nog wyer verskeidenheid aanbiedinge.
Die Expo sal die beste plekke om te bly en te verken, venues om te vier, avonture om te ervaar en produkte om te proe en te geniet, ten toon stel. Groot talente word vir vermaak opgestel, met Early B deel van die program. Wonderlike pryse sal ook op die spel wees.
Die organiseerders sorg dat kinders se vermaak opwindend is, met toegewyde verhoogoptredes en stalletjies net vir die jongspan. Ouers kan hul kinders aflaai by die afgebakende kindervermaakarea, wat kinderoppassers
Dit stel ouers in staat om deur die stalletjies en uitstallings te stap en ‘n maaltyd saam met vriende te geniet terwyl hulle die vertoning kyk. Die avontuuruitstallings sal alles insluit wat verband hou met buitelewe, avontuur en reis. Alhoewel herfs die goue seisoen in die Wynlande is, sal stalletjies en verskaffers onder dak wees, so selfs al speel die weer nie saam nie, kan besoekers steeds die stalletjies, vermaak, uitstallings en kos-waentjies geniet! Besoek gerus die Winelands Autumn Expo Facebookbladsy vir aankondigings, insluitend vermaak, uitstallings en kompetisies.
Neem deel en staan ‘n kans om gratis kaartjies, naweekwegbreke, geskenkpakke en weggeepryse te wen. Soek vir Winelands Autumn Expo op Facebook en maak seker jy volg hulle.
Kaartjies
Die kaartjies, wat alle vermaak insluit, kos R100 per volwassene, R40 vir tieners en kinders onder 12 gaan gratis in. Veilige parkering is beskikbaar teen R10 per dag. Naweekkaartjies kos R160 per persoon.
Koop nou jou kaartjies deur www.webtickets.co.za te besoek.
Die geleentheid is kontantloos, so onthou jou kaarte en/ of virtuele beursie. Stalletjiehouers het gerapporteer dat verkope hul verwagtinge oortref het, met baie wat hul voorraad moes aanvul! Hierdie jaar beloof die Winelands Autumn Expo om selfs groter en beter te wees.
Uitstalruimte beskikbaar
Uitstallers en verskaffers wat hul produkte wil verkoop of uitstal, het tot 31 Maart 2025 tyd om hul aansoeke in te dien. Om aansoek te doen, besoek www.autumnexpo.co.za en klik op die Vendors/Exhibitors-oortjie. Onthou om die bepalings en voorwaardes (terms and conditions) te aanvaar vir jou aansoek om suksesvol ingedien te word.


YOUNG Ideas sokkerklub spog met nuwe uitrustings. Ceres Motors Caltex het vanjaar die sokkerspan se uitrustings geborg.
PUBLIC NOTICE
INSPECTION OF SUPPLEMENTARY VALUATION ROLL FOR THE PERIOD 2022/ SV2
Notice is hereby given, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(i) read together with Section 78(2) of the Local Government: Municipal Property Rates Act (no 6 of 2004), herein after referred to as the “Act” that the Supplementary Valuation Roll 2022/SV2 lies open for Public Inspection at the various offices of the Municipality or the Webpage www.witzenberg.gov.za as from 24 February 2025 to 31 March 2025. An invitation is also extended, in terms of the provisions of Section 49(1)(a)(ii), read together with Section 78(2) of the Act, that any owner of immovable property or any other person may submit an objection to the Municipal Manager regarding any matter or omission in connection with the Valuation Roll within the above mentioned period. Your attention is specifically drawn to the provisions of Section 50(2) of the Act that any objection must refer to a particular property and not to the Valuation Roll as a whole. The prescribed form for the lodging of objections is available from undermentioned officials for the owners of the properties involved where supplementary valuations have been completed. Enquiries may be directed to Ms. Marizel Poole or Ms. Nokutula Mtalo at (023) 316-1854. Address: The Municipal Manager, Witzenberg Municipality, P.O. Box 44, Ceres, 6835.
PUBLIEKE KENNISGEWING
INSPEKSIE VAN AANVULLENDE WAARDASIEROL
VIR DIE PERIODE 2022/SV2
Kennis word hiermee gegee kragtens die bepalings van artikel 49(1) (a)(i) saamgelees met artikel 78(2) van die Plaaslike Regering: Munisipale Wet op Eiendomsbelasting (Wet nr. 6 van 2004), hierna verwys as die “Wet”, dat die Aanvullende Waardasierol 2022/SV2 ter insae lê vir openbare inspeksie by die onderskeie Munisipale kantore of die webblad www.witzenberg.gov.za vanaf 24 Februarie 2025 tot 31 Maart 2025. ‘n Uitnodiging word ook gerig ingevolge die bepalings van Artikel 49(1)(a)(ii) saamgelees met artikel 78(2) van die Wet dat enige ander persoon ‘n beswaar kan indien by die Munisipale Bestuurder ten opsigte van enige aangeleentheid of uitsluitsel rakende die eiendomswaardasierol binne bogenoemde tydperk. Daar word spesifiek verwys na die bepalings van artikel 50(2) van die Wet dat ‘n beswaar moet verwys na spesifieke eiendom en nie teen die waardasierol in geheel nie. Die voorgeskrewe vorm vir die indiening van ‘n beswaar is beskikbaar by die onderstaande persone vir die betrokke erwe waarop aanvullende waardasies plaasgevind het. Enige navrae kan gerig word aan Me. Marizel Poole of Me. Nokutula Mtalo by (023) 316-1854. Adres: Die Munisipale Bestuurder, Witzenberg Munisipaliteit, Posbus 44, Ceres, 6835.
ISAZISO
SIKAWONKE-WONKE NGOKUHLOLWA KOXABANGELO LWAMAXABISO LUKA 2022/SV2
Esisaziso sikhutshwe ngokweCandelo 49(1) a(i) ngokuphathelene neCandelo 78(2) looRhulumente bezeKhaya kumthetho ka-2004 unombolo 6 oyi (Local Government Municipal Property Rates) obizwa ngokuba nguMthetho wohlolo lukawonkewonke loxabangelo lwamaxabiso. Ithuba lokufaka iziphakamiso 2022/SV2 livuliwe kwii-Ofisi zikaMasipala ukusukela ngomhla we-24 Eyomdumba 2025 ukuya kumhla wama 31 EyoKwindla 2025. Naku mnathazwe www.witzenberg.gov.za Esisimemo sikhutshwe ngokubhekiselele kwiCandelo 49(1)a(ii) elifundwa ngokufana twatse neCandelo 78(2) lomthetho othi wonke ubani ongumninimhlaba/indlu onqwenela oluxabangelo kufuneka enze unakhonakho wokudibana noMlawuli-Masipala koluxabangelo lwamaxabiso lukhankanywe ngentla kwaye siqaphele nexesha elingunqamlajuqu. NgokweCandelo 50(2) lomthetho, isiphikiso/isiphakamiso kufuneka singqamane nendlu/ indawo yomntu lowo kodwa singabingaphesheya kwalomthetho woxabangelo lwamaxabiso. Iifomu zeziphikiso/iziphakamiso ziyafumaneka kwiiOfisi zikaMasipala. Koko iifomu ezigcwalisiweyo kufuneka zifakwe kwii-Ofisi zikaMasipala waseWitzenberg, 50 Voortrekker Road, eCeres. Ziziphakamiso zodwa ezizakuthathelwa ingqalelo. Imibuzo: Ms. M Poole or Ms. Nokutula Mtalo (023) 316-1854 ngamaxesha omsebenzi.
D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER
MUNISIPALE BESTUURDER
UMLAWULI-MASIPALA

DIE groep atlete van Laerskool Gericke, is in die Witzenberg atletiekspan opgeneem wat Saterdag 22 Februarie aan die Boland atletiekampioenskappe in die Paarl deelgeneem het. Die atlete het hul beste gelewer maar geeneen is in die Bolandspan opgeneem nie.

LAERSKOOL F.D. Conradie se jeugskou-leerders het Saterdag 15 Februarie aan hul eerste skou vir 2025 deelgeneem. Hulle het by Heidelberg Skou gaan deelneem en FDC se naam hoog gehou. Hierdie groep leerders het almal ‘n plek in die top 5 gekry. AGTER: Theana Louw, Cameron Cardoso, Mia Möller, Liam Giliomee en Reevah Shiba. VOOR: Amirah Shiba, Micah Giliomee, Lucia Hewitt, Nina Martens, Lizzy Schreuder en Lika Burger.
LYNBESTUURDER (VRUGTEVERPAKKING, CERES)
Dutoit Agri benodig die dienste van ‘n energieke, kundige en betroubare persoon met relevante ondervinding van produksielyne en kennis van kern- en steenvrugte by Dutoit Vrugte, sy vrugteverpakkingsaanleg in Ceres.
Die suksesvolle kandidaat sal aan die Verpakkingsbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die • Bestuur van produksiespan van ongeveer 130 personeel
• Effektiewe opstelling van die paklyn • Akkurate uitvoering van pakinstruksies
• Bestuur van gehalte • Meting en rekordhouding van uitsette • Instandhouding voedselveiligheidstelsel en • goeie algemene huishouding.
Die geskikte persoon beskik oor bogemiddelde bestuurs- en mensvaardighede, goeie rekenaarvaardighede (MS Office), terwyl ‘n toepaslike na-skoolse kwalifikasie die aansoek sal versterk.
‘n Markverwante vergoedingspakket, wat lidmaatskap tot ‘n aftreefonds insluit, word gebied.
Belangstellendes moet volledige CV’s so gou doenlik per e-pos stuur na lemarel@dutoit.com
Diensaanvaarding sal so gou doenlik, maar verkieslik nie later as 1 Mei 2025 wees nie.




ANNALIEN Erasmus het onlangs by die Williston skou puik gevaar met haar perd, Duke. Sy het die volgende plekke in die onderskeie klasse behaal:eerste plekope stap-draf (18 jaar en jonger), 2de plek - stap-draf SAR en ‘n derde plekope stap-draf (14 jaar en jonger).

CHARLIE atlete het uitstekende uitslae by die Witzenberg atletiekbyeenkoms behaal. Charlie atlete het weggestap met talle toekennings. Keenan Nathan (middel) is aangewys as victor ludorum atleet. By hom staan Martin Fredericks van Witzenberg atletiek en Nico Jansen van Boland atletiek (regs). * Ander prestasies sluit in: beste o/14 meisie - Savannah Hendriks, beste o/ 15 meisie - Orli du Toit, bes-te o/17 meisie - Helen du Toit, beste o/14-seun - Daniël van Deventer en beste o/17 seun - Keenan Nathan. Helen du Toit is aangewys as die victrix ludorum.
KENNISGEWING
2024/2025 AANSUIWERINGSBEGROTING
Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 26 Februarie 2025 is ‘n Aansuiweringsbegroting en gewysigde SDBIP vir 2024/2025 aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die Aansuiweringsbegroting en gewysigde SDBIP is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste www.witzenberg.gov.za
D. NASSON: MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres 6835 NOTICE
2024/2025 ADJUSTMENT BUDGET
During a council meeting held on 26 February 2025 an Adjustment Budget and reviewed SDBIP for 2024/2025 was tabled and approved by Council. The Adjustment Budget and reviewed SDBIP can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website www.witzenberg.gov.za
D. NASSON: MUNICIPAL MANAGER
Witzenberg Municipality
50 Voortrekker Street, Ceres, 6835 ISAZISO
UHLAHLOLWABIWOMALI
OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKA- 2024/2025 Kwintlanganiso yeBhunga ibibanjwe ngomhla wama 26 kweyoMdumba 2025. Olu hlengahlengiso luye lwathiwa thaca phambi kweBhunga kwaye luye lwavunywa liBhunga, ukuhlomla kuhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo kunye ne SDBIP, kwaye luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakumnatazwe kaMasipala www.witzenberg.gov.za
D. NASSON: UMLAWULI-MASIPALA
uMasipala waseWitzenberg
50 Voortrekker Street, Ceres,6835


se
WITZENBERG MUNISIPALITEIT DIENSLEWERING IMBIZO
HET U NAVRAE OOR ENIGE VAN DIE VOLGENDE MUNISIPALE DIENSTE?
Deernis
Registrasie op werklose databasis
Kredietbeheer (rekeninge) Registrasie vir klein besighede
Sosiale OntwikkelingsprogrammeBasiese dienste, water, elektrisiteit, vullis, strate ens.
Behuisings waglys-aansoeke en navraeDie Geïntegreerde Ontwikkelingsplan
Geriewe (sale, sportgronde), Verkeer en Wetstoepassing parke en bome
WAAR WORD DIT GEHOU?
DAG EN DATUMTYD DORPWYKEPLEK
Dinsdag25 Feb.09:00 - 12:00Wolseley2 & 7Montana Gemeenskapsaal
Woensdag26 Feb.09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Gemeenskapsaal
Donderdag27 Feb.09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Gemeenskapsaal
Maandag3 Maart09:00 - 12:00Ceres3 & 5Ceres Stadsaal
Dinsdag4 Maart09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Gemeenskapsaal
Woensdag5 Maart09:00 - 12:00Nduli1 & 12Nduli Gemeenskapsaal
Donderdag6 Maart09:00 - 12:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Gemeenskapsaal
‘n Munisipaliteit wat omgee vir sy gemeenskap, wat groei en geleenthede skep
MUNICIPAL SERVICE DELIVERY IMBIZO
DO YOU NEED ASSISTANCE WITH THE FOLLOWING MUNICIPAL SERVICES?
Indigent Registration on Municipal Unemployed Database
Credit Control (accounts) Small Businesses Support
Social Development ProgrammesBasic services, water, electricity, refuse, streets etc
Registration on Housing waitinglistThe Integrated Development Plan
Amenities (halls, sportsgrounds),Traffic and Law Enforcement parks and trees
WHERE WILL IT BE HELD?
Tuesday25 Feb.09:00 - 12:00Wolseley2 & 7Montana Community Hall
Wednesday26 Feb.09:00 - 12:00Bella Vista4 & 6Bella Vista Community Hall
Thursday27 Feb.09:00 - 12:00Tulbagh7 & 11Witzenville Community Hall
Monday3 March09:00 - 12:00Ceres3 & 5Ceres Town Hall
Tuesday4 March09:00 - 12:00P.A. Hamlet4 & 10Kliprug Community Hall
Wednesday5 March09:00 - 12:00Nduli1 & 12Nduli Community Hall
Thursday6 March09:00 - 12:00Op-die-Berg8 & 9Nuykintaba Community Hall
A Municipality that cares for its community, creating growth and opportunities
DAVID NASSON
MUNICIPAL MANAGER
MUNISIPALE BESTUURDER





NOODNOOD NOODNOOD NOOD
(023) 346-6000 (023) 316-2328
(023) 316-8600 (023) 316-1997
of skakel 10111

Oogkundige Kontaklenspraktisyn
Contact Lens
Practitioner
Optometrist
(023) 312-3060
SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874
DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835
Voortrekkerstraat 37
467, Ceres 6835
(023) 004-0595 Faks: 086-407-6707
no: 4140265846 CONTACT DETAILS : Conrad Jurg (TECHNICIAN) 082-341-1240 info@bdktech.co.za
Maryna de Villiers (SALES)
(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za

CENTRAL CERES
MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating
•Servicing
•Auto Electrical
•Aircon regassing
Voortrekkerstr., Ceres
☎ (023) 312-1254
☎ (023) 312-1274

Ceres Alarms and Guarding
Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels
Skakel Ernest (023) 316-1117

SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS
www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.za ☎☎ ☎ 023 1000 515 023 1000 1000 515 info@jptek.co.za info@jptek.co.za
Select LAUNDRY

Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres
Ma - Vry: 08:00 - 17:00
Vakansiedae: Gesluit
Ons tel op en op en Ons tel op en op en lele leww ww weraferaf eraferaf er af op op op op op spesialespesiale spesialespesiale spesiale vv verer erer soek*soek* soek*
*Terme en voorwaardes geld
HIERDIEHIERDIE HIERDIEHIERDIE HIERDIE SPSP SPSP SPASIEISASIEIS ASIEISASIEIS ASIE IS BESKIKBAARBESKIKBAAR BESKIKBAARBESKIKBAAR BESKIKBAAR INROOIINROOI INROOIINROOI IN ROOI @ R190 OF@ R190 OF OF VOLKLEURVOLKLEUR VOLKLEURVOLKLEUR VOLKLEUR @R230@R230 @ R230
SKAKELSKAKEL SKAKELSKAKEL SKAKEL (023) 316-2021























































