Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.4 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

Volume 28 no. 4

R 10

Friday, 7 February 2025

Afleweringsopsies en kaartjies is ook beskikbaar teen ‘n addisionele prys.

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 6 Februarie

Vrydag 7 Februarie

Saterdag 8 Februarie

Sondag 9 Februarie

12° 31°

16° 36°

15° 33°

14° 33°

10 Rooi rose - R150 1 Enkele rooi roos - R20 Skakel gerus vir Lien - 072-236-1585 Bestellings sluit 12 Februarie 2025

CERES KOEKEDOUW DAM

81,5% TULBAGH DAM

75%

WAVERENSKROON TULBAGH

86%

Lesings geneem: 2025/02/05

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Kinders sterf tragies TWEE kinders van 4 en 5 jaar oud, is die afgelope twee weke tragies dood. In die eerste voorval het Bevin Je-Nico van Wyk (4) op Tulbagh gesterf nadat hy teen ‘n bewegende vragmotor vasgehardloop het. Die voorval het Maandag 27 Januarie omstreeks 18:46 op die plaas, Theuniskraal, plaasgevind. Die bestuurder (20) van die vragmotor het aan die polisie gesê hy het twee kinders langs die pad gesien waar hy besig was om by die plaasingang in te draai. Een kind het vermoedelik veilig verby gehardloop terwyl die oorledene, teen die kant van die Mercedes vragmotor vasgehardloop het. Bevin het ‘n kopwond opgedoen en op die toneel gesterf. *Die bestuurder was teen druktyd nog nie aangekla nie. Die polisie moet nog ‘n waarskuwingsverklaring by hom afneem en hul ondersoek voltooi.

Die begrafnisdiens vind Sondag 9 Februarie plaas. Tweede sterfte In die tweede voorval is ‘n 5-jarige seuntjie, Ajay Hess, opslag dood kort nadat hy uit ‘n skoolbus geklim het. Die tragiese voorval het verlede Donderdag 30 Januarie omstreeks 14:10 op die Eselfonteinpad oorkant Kleinfonteinplaas, plaasgevind. Volgens ‘n ooggetuie het die bus gestop om kinders van Eselfontein primêr af te laai. Ajay het uitgeklim en oor die pad gehardloop. ‘n Aankomende bakkie het hom getref kort nadat hy oor pad begin hardloop het. Hy is op die toneel dood Waarskuwingsverklarings is reeds van die bus- asook bakkiebestuurder bekom. Die polisie se ondersoek moet voltooi word en niemand is nog aangekla nie. Onderwysers het die kinders na die voorval kom ondersteun en traumaberading is vir hulle gereël.

Hooibale val af toe vragmotor afdraai DIE Wolseley vragmotor het Donderdag ‘n deel van sy vrag hooibale verloor. Die voorval het omstreeks 11:43 by die kruising naaste aan Tulbagh plaasgevind. Lede van Witzenberg munisipale verkeer en wetstoepassers was gou op die toneel.

LT.KOL. Albert Ballack (60) het na 41 jaar diens in die polisie, waarvan 28 jaar as bevelvoerder van P.A. Hamlet, afgetree. Verlede Vrydag 31 Januarie was sy laaste dag op kantoor waar hy sedert 1997 die bevelvoerder was. Hy het sy loopbaan by Ceres SAPD begin. Van 1993 tot 1997 was hy bevelvoerder van die polisie se satellietkantoor op Op-die-Berg. ‘n Polisie-orkes het deelgeneem aan die afskeidsgeleentheid wat deur inwoners, GPF-lede sowel as kollegas van ander polisiestasies, brandweer en EMS, bygewoon is.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.28 no.4 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu