WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 47
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 Desember
Vrydag 5 Desember
Saterdag 6 Desember
Sondag 7 Desember
17° 36°
15° 32°
13° 30°
12° 34°
CERES KOEKEDOUW DAM
92%
TULBAGH DAM
80%
WAVERENSKROON TULBAGH
89%
Lesings geneem: 2025/12/05
FRIDAY, 5 DECEMBER 2025
Ons kantoor sal gesluit wees vanaf Vrydag 19 Desember en heropen op Maandag 12 Januarie
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Ceres weer deel van misdaad se top 30
‘n TAXI (foto regs onder) was Saterdagmiddag in Michellspas in ‘n ongeluk betrokke toe dit teen die berghang gebots het. Twee persone is beseer en na die Ceres hospitaal geneem vir behandeling. * Dit is Desembermaand en verkeer is besig om toe te neem op Wes-Kaap se paaie. ‘n Beroep word op motoriste gedoen om verantwoordelik te bestuur en versigtig te wees vir voetgangers en fietsryers. Padgebruikers word gevra om gedurende die vakansie en feestyd verkeerswette te gehoorsaam en te verseker dat hulle voertuie padwaardig is en om nie onder die invloed van alkohol of dwelms te bestuur nie. Wetstoepassers gaan geen genade vir dié oortreders betoon nie. Dra jou veiligheidsgordels!
Twee in taxi beseer
DIE bestuurder van dié bakkie het Vrydag 28 November naby Skilpadrug en Eikelaan beheer verloor en van die pad gery. Die ongeluk het tussen 08:00 en 09:00 op die R46 buite Tulbagh plaasgevind.
DIE misdaadsyfers vir Julie tot September 2025 is verlede week vrygestel. In die vorige vrystelling van misdaadsyfers, was Ceres en ander dorpe in die Witzenbergstreek, nie deel van die top 30 dorpe of stede op die land se misdaadlys. Die nuutste misdaadstatistieke vir Julie tot September, wys dat Ceres, Wolseley en Tulbagh, egter weer die top 30 lys gehaal het. Ceres is 26ste in die Wes-Kaap en 72ste in die land met crimen injuria klagtes, roof by besighede is Ceres 6de en Tulbagh 13de in die Wes-Kaap. Op nasionale vlak is die twee dorpe onderskeidelik 187ste en 257ste uit meer as 360 dorpe of stede. Die slegste deel van dié syfers toon dat Ceres 4de (met drie gevalle) op die provinsiale lys is van plekke waar kinders verwaarloos of sleg behandel is in die tydperk. Wolseley het die lys vir publieke geweld gehaal en beklee die 28ste plek in die Wes-Kaap en 138ste in Suid-Afrika. Statistieke Die dokument skets soos altyd, ‘n somber prentjie van misdaad in Suid-Afrika. Misdaad bly steeds ‘n groot bron van kommer vir landsburgers met Kaapstad, Mfuleni, Mitchellsplain wat hulle in die top vier vir ernstige geweld, bevind. Die polisie en justisie begrotings moet aangepas word by die nuutste tendense en statistieke. Die agterstand by die polisie se forensiese laboratoriums is astronomies en moet opgeknap word en daar sal meer aanstellings gemaak moet word om sake vinniger af te handel. Nuwe konstabels ‘n Totaal van 3558 nuwe polisiekonstabels het onlangs by die polisie se opleidingskolleges, deel van die land se polisiediens geword. Meer as 730 is in die Wes-Kaap verwelkom. Vol hofrolle ‘n Ander groot bekommernis wat nie deel vorm van dié kwartaalikse misdaadstatistieke, is landdros- en streekhowe se oorvol hofrolle.