Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.45 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

VOLUME 28 NO. 45

R 10

FRIDAY, 21 NOVEMBER 2025

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 20 November

Vrydag 21 November

13° 32°

13° 35°

Saterdag 22 November

15° 35°

MARIE Viljoen (103), Ceres Tuiste se oudste inwoner, is verlede Donderdag 13 November oorlede. Marie het vir 41 jaar in die Ceres-omgewing gewoon waarvan die laaste 29 jaar in Ceres Tuiste was. Sy was ‘n geliefde mens in haar gemeenskap, buitengewoon aktief in die gemeentes waar sy gedien het en was ook intens betrokke by die hospitaalraad en kankervereniging se bestuur. Sy het ‘n wye vriendekring gehad en met verskeie mense reg oor die wêreld per brief gekommunikeer. Sy het die vermoë gehad om ‘n positiewe impak te maak op elkeen wat met haar in aanraking gekom het. Sy laat vier kinders, 10 kleinkinders en 8 agterkleinkinders na.

Sondag 23 November

14° 30°

CERES KOEKEDOUW DAM

95,8%

TULBAGH DAM

85%

WAVERENSKROON TULBAGH

100%

Lesings geneem: 2025/11/19

(023) 312-2144 l CERES

SUMMER SPECIAL

Bookings essential. Valid from now until end of November 082-728-1580

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Nuwe landdros gaan saak in 2026 aanhoor

Man sterf na taxi in pas rol DRIE mense is Dinsdag 18 November in die vroeë oggendure beseer toe die taxi waarin hulle insittendes was, die pad verlaat en gerol het. Die ongeluk het omstreeks 02:50 in Theronsbergpas op die R46 plaasgevind. Waarheen en in watter rigting die taxi onderweg was, is nie duidelik nie. Die bestuurder het later in die hospitaal gesterf. FOTOS: Ismails

DRIE mans wat sedert 2023 tereg staan op aanklagte van verkragting van ‘n 9-jarige meisie, gaan nou in die Worcester streekhof verhoor word. ‘n Nuwe streeklanddros gaan die verhoor behartig nadat die vorige landdros, een van die mans se pleitooreenkoms en ligte straf verwerp het. Reginald van Wyk (31), het vroeër tot ‘n 5 jaar gevangenisstraf vir die ontvoering ingestem. Jemeal Goeieman (21) word saam met sy oom, Saul Goeieman (45) en Van Wyk aangekla van die 9-jarige meisie se verkragting in Desember 2022. Die saak is na 26 Januarie 2026 uitgestel vir verhoor. Agtergrond Die drie mans is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer. Die voorval het omstreeks 23:45 in die BoSwaarmoed omgewing plaasgevind. Hulle is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak voortduur. Hulle borgaansoek was tussen Februarie 2023 en Oktober 2023 aangehoor maar was onsuksesvol. Ander saak Dieselfde meisie, nou 12 jaar oud, was in April 2025 vir die tweede keer die slagoffer van verkragting of seksuele geweld. Drie verdagtes, ‘n 59-jarige man van Nduli en twee vroue van 28 en 44 jaar oud, bly in aanhouding. Die saak is na 3 Desember uitgestel. * Volgens die strafproseswet kan die drie verdagtes eers geïdentifiseer word sodra hulle gepleit het.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.28 no.45 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu