WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 42
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 30 Oktober
Vrydag 31 Oktober
Saterdag 1 November
Sondag 2 November
9° 35°
9° 25°
6° 22°
5° 29°
CERES KOEKEDOUW DAM
99%
TULBAGH DAM
98%
WAVERENSKROON TULBAGH
100%
FRIDAY, 31 OCTOBER 2025
Mari Blom 082-928-4472
• Upholstery • Rugs • Office carpets • Office chairs • Matresses • Carpets • Car interior deep cleaning • Lounge suites and couches • Dining room chairs • Outside window cleaning
WE OFFER THE BEST CLEANING SERVICE
Sterkwater vier 35ste bestaansjaar
Lesings geneem: 2025/10/29
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Leerders geskok na meisie (16) sterf
FOTO: Duke Photography
DIE jaarlikse Michellspas halfmarathon en 10 en 5km pad-wedlope het die naweek plaasgevind. Dit is die 32ste jaar wat die halfmarathon aangebied is. Hier is atlete by die wegspring afgeneem. * Berig en fotos op p.8.
INWONERS en hoërskoolleerders van Tulbagh was die naweek geskok om te hoor van ‘n jong meisie se selfdood. Die polisie is Sondagmiddag omstreeks 14:45 na ‘n huis in Klapperstraat ontbied waar ‘n 16-jarige Tulbagh hoërskoolleerder haar eie lewe geneem het deur haarself met ‘n belt op te hang na ‘n rusie met haar ma. Begrafnis Huldeblyke het op sosiale media ingestroom vir die meisie wat so tragies dood is. Hoëskool Tulbagh het ook hul medelye aan haar familie oorgedra. ‘n Gedenkdiens is Dinsdag 28 Oktober in die NG Tulbagh gemeente gehou. * Enigiemand wat met geestesgesondheidskwessies sukkel, kan die Suid-Afrikaanse depressie-en-angsgroep (Sadag) se 24-uur geestesgesondheidshulplyn by 0800-456-789 skakel. Sadag het ook ‘n Whatsapp beradingslyn 076-882-2775 wat tussen 09:00 en 16:00 gebel kan word. Skakel ook die Federasie vir Geestesgesondheid by (011) 781-1852 of Lifeline South Africa by 0861-322-322.
Geen datum vir noodvergadering DIE ondersoek na die oorsaak van ‘n gruongeluk waarin ses subkontrakteur-werknemers, wat betrokke was by die bou van Oya Energy Hybrid projek (sonkrag en wind met battery stoorplek) buite Ceres, gesterf het, is nog nie afgehandel nie. Die ses mans het Saterdag 11 Oktober gesterf na ‘n kop-aan-kop botsing op die Karoopoort-grondpad. Twee werkers is opslag dood nadat die minibus waarin hulle passasiers was, in ‘n digte stofwolk teen ‘n Ford Ranger bakkie gebots het. Die minibus van Zake’s Tours en Thsathsu was in die rigting van Ceres onderweg en die bestuurder van die Ford Ranger, Craig Liebenberg (23), was onderweg in
die rigting van Inverdoorn. Die beseerdes is in ‘n kritieke toestand na Ceres hospitaal gehaas waar vier later in die hospitaal gesterf het. Die minibusbestuurder, Mohlomi Motlakase (29) is na die Tygerberg hospitaal gehaas maar het later aan sy beserings beswyk. Hy is die enigste oorledene wie se naam al bevestig is. Die pad was van 14:00 tot omstreeks 18:00 gesluit terwyl verskillende rolspelers op die botsingstoneel werksaam was. Kommer Die Oya-projek het met kommer kennis geneem van die tragiese ongeluk waarin ses subkontrakteur-werknemers gesterf het. Klagtes van grondeienaars rakende die toestand van die pad, die hoë spoed waarmee
van die subkontrateurs na die sonkragprojek ry, is van die besprekingspunte wat hulle by ‘n noodvergadering wil opper. ‘n Datum vir dié vergadering kon nog nie vasgemaak word nie aangesien datums wat voorgestel word, nie al die rolspelers wat dit moet bywoon, pas nie. Oya Energy Hybrid projek het na die ongeluk gesê hulle erken die gemeenskap se frustrasies rakende padveiligheid, spoedoortredings en padonderhoud. “Alhoewel die betrokke pad ‘n openbare pad is en nie deur Oya Energy Hybrid projek besit word nie, besef Oya dat hul aktiwiteite bydra tot verkeersvolumes. Die Oya-span werk nou saam met Sinohydro (‘n EPC-kontrakteur en verantwoordelik vir konstruksie op die ter-
rein), om gepaste versagtingsmaatreëls te identifiseer wat kan help dat ‘n soortgelyke tragedie en ongeluk nooit weer herhaal word nie”.