WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 40
R 10
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 16 Oktober
Vrydag 17 Oktober
Saterdag 18 Oktober
Sondag 19 Oktober
7° 19°
9° 27°
10° 21°
9° 25°
CERES KOEKEDOUW DAM
100% TULBAGH DAM
95%
WAVERENSKROON TULBAGH
100%
Lesings geneem: 2025/10/15
FRIDAY, 17 OCTOBER 2025
(023) 312-2144 l CERES
Vuurwapensaak teen 3 mans weer uitgestel DIE saak teen drie mans wat in Maartmaand by Ceres Caltex gearresteer is met ‘n onwettige vuurwapen, se saak is weer in die Ceres landdroshof uitgestel. Geen redes is gegee vir die uitstel nie. Die mans was Sondag 23 Maart omstreeks 00:24 besig om brandstof in te
gooi, toe die polisie hulle genader het. Een van die mans het uit die VW Citi Golf gespring en probeer weghardloop terwyl die polisielede, wat toevallig by die vulstasie was, besig was om met die Citi Golf se bestuurder te praat. Die polisielede het Zigwebule Sifile (27)
van Gouda, agterna gesit en naby die hoërskool vasgetrek met ‘n onwettige 9mm vuurwapen in sy besit. Die ander twee mans, Nkosikhona Busman (35) en Thabiso Qwane (23), is ook gearresteer. Uitsteldatum Die saak is na 27 November uitgestel.
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Ses sterf in ongeluk
SES subkontrakteur-werknemers wat betrokke was by die bou van Oya Energy Hybrid projek (sonkrag en wind met battery stoorplek) buite Ceres, is Saterdag dood in ‘n kop-aan-kop botsing op die Karoopoort-grondpad. Die bestuurder van die Ford Ranger, Craig Liebenberg (23), was onderweg in die rigting van Inverdoorn. Berig en fotos op bladsy 3
Martin Behm 082-734-4549 martin.behm@sfpwealth.co.za
Volwaardige makelaarshuis met al jou finansiële produkte onder een dak • Beleggings • Gap cover • Lewensversekering en byvoordele • Testamente • Korttermynversekering • Boedelbeplanning • Mediese fondse • Onafhanklike advies Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ons bly daartoe verbind om die beste moontlike diens aan ons kliënte te lewer. Indien u enige navrae het, skakel ons gerus - ons help graag.
Daniel Behm 082-364-3317 daniel.behm@sfpwealth.co.za
2 l WITZENBERG HERALD l 17 OCTOBER 2025
Tankwa Family Day THE Western Cape Department of Social Development (DSD) took its services to one of the most rural parts of the province: the Tankwa Karoo, an area bordering the Northern Cape. On Saturday, 4 October, the department brought the DSD Mobile Office along with staff to the Tankwa Family Day. Every year, government departments, NGOs, and farmers host a family weekend for the people of Tankwa, bring services closer to residents. DSD was joined by various entities including the Western Cape Departments of Health and Wellness, Agriculture, Economic Development and Tourism, as well as Witzenberg Municipality and the Cape Winelands District Municipality. The event were attended by Witzenberg mayor, Trevor Abrahams, Cape Winelands mayor, dr. Elna von Schlicht and provincial minister of social development, Jaco Londt.
Stappers voltooi roete AGT stappers van Ceres, Worcester, Durbanville, Clanwilliam en Moorreesburg het vanaf 5-10 Oktober die taaiste staproete in Afrika, die Amathole van 106km, aangepak en voltooi. Die stappers het by Maden-dam begin en by Hogsback klaargemaak. Hulle het nagenoeg 18km per dag gestap oor berge en dale. Fotos van die stappers wat begin en klaargemaak het. VLNR: Lundell Baadjies, Alexander Norman, Marco Horne, Brian Cookson, Allister Boer, Emmett Poole, Jacques Ludick en Hennie Matthews. * Die stappers bedank Abdul Hendriks vir die etes, Jonathan Alexander (vervoer) en Nuno (Fiesta drankwinkel).
NOTICE OF WATER USE LICENCE APPLICATION (WU41506) FOR SECTION 21(E), (F) & (G) WATER USES ON BEHALF OF WITZENBERG MUNICIPALITY ON REMAINDER OF ERF 1, TULBAGH, WESTERN CAPE. Witzenberg Municipality is in the process of updating the current water use licence for the Tulbagh WWTW in terms of the National Water Act, 1998 (Act 36 of 1998). The town’s sewage is treated at the WWTW, with fully treated and disinfected effluent being stored in the Klip River dam for irrigation onto gardens, public open spaces and sport fields in summer and discharge into the Klip River during winter. Please forward any questions, comments or objections to the below contact person. Closing date for comments: 21 November 2025 Marlé Kunneke - 071 406 0602 MarleKunneke@mweb.co.za
Kunje Boerdery is ‘n gevestigde vrugteboerdery in die Koue Bokkeveld.
JUNIOR PAKLYNBESTUURDER Bogenoemde posisie het by Kunje Boerdery Pakstoor ontstaan vir ‘n gedrewe, dinamiese en energieke kandidaat. VEREISTES: • Matriek • Toepaslike tersiëre kwalifikasies / ondervinding sal in die aansoeker se guns tel • Bewese rekenaarkennis asook rekenaarvaardighede • Tegniese vaardighede PLIGTE: • Bestuur van paklyn: Lyn balansering, produktiwiteit, daaglike kalibrasies van paklyne, opstel van pakprogramme • Verpakking en kwaliteit • Bestuur van personeel • Koelkamer kontrolering RIG ASB. U AANSOEK EN VERKORTE CV (MAKS. 4 BL.) MET VERWYSINGS, PER E-POS AAN: leoni@kunje.co.za AANSOEKE SLUIT: 31 Oktober 2025 DIENSAANVAARDING: 1 Desember 2025 Slegs kortlys kandidate sal gekontak word. Indien u geen terugvoering binne twee weke na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
BOEDELKENNISGEWING Likwidasie- en distribusierekening In die boedel van wyle HENDRIKA JOHANNA SHEPHERD Id. no.: 270906 0019 084 wat woonagtig was te Van Riebeeckstraat 25, Ceres en wat te Ceres op 5 Oktober 2024 gesterf het. Boedelnommer: 020799/2024 Kennis geskied hiermee dat die Eersteen Finale Likwidasie- en distribusierekening in bogenoemde boedel ter insae lê in die kantore van die Meester van die Wes-Kaap Hoë Hof, Kaapstad en die Landdros, Ceres vir ‘n tydperk van 21 dae gereken vanaf 17 Oktober 2025. VOLSCHENK REKENMEESTERS POSBUS 303 CALEDON 7230
DIE Wes-Kaap departement van kultuursake en sport het op 7 Oktober hul jaarlikse kultuurtoekennings by die Artscape-teater in Kaapstad oorhandig. Die geleentheid het individue wat bydraes op die gebied van kuns, kultuur, taal, erfenis, biblioteke en museums lewer, vereer. Die Togryers museum op Ceres het tydens die geleentheid ‘n toekenning ontvang ter erkenning van hul bydrae tot die bevordering van sosiale insluiting van museums, erfenis en geografiese name. Bertdene Laubscher (museumbestuurder), het die toekennings in ontvangs geneem.
Op 15 Oktober 2025 sou ‘n baie spesiale persoon in die Potgieter-familie se lewens 83 jaar oud geword het. Sy het ons op 27 Julie 2025 verlaat en na haar ewige tuiste en herontmoeting met ons families vooruitgegaan en sy sit in aanbidding by Jesus se voete. Ek wil eer gee aan dié persoon, Maria Magdalena v.d. Merwe, Leah, Lenie, Tanna Leah, Suster Lenie, Laaitjie - baie name vir een besonderse vrou! Leah is die dogter van Nana v.d. Merwe, wat al die jare by die Huysamer-/Potgieter-familie in Fabriekstraat 63 gebly het. Nana en Leah het in ‘n woonstel gebly en was beskou as familie. Leah het skoolgegaan tot st. 8, waarna sy as oppasser vir die fisies gestremde Wendy opgetree het. Hulle was lede van die NG kerk in Lyellstraat, met ‘n baie wye familie en vriendekring. Vir my as kind was die Sondagaand dienste wonderlik om saam met hulle te ervaar - dan word daar heerlik gesels voor en na die diens. Soos tyd verloop het, het Leah se natuurlike aanvoeling van verantwoordelikheid gesorg dat alles altyd sleepglad verloop het. Sy het haar lewe toegewy aan Wendy en die Potgieter-gesin, sonder om haar eie ma af te skeep. Haar ma, Nana is presies 2 weke na my ma Peggy oorlede. Na ons ouers en Wendy se dood, het ek teruggetrek na my ouerhuis en was ek tuis met Leah en nog ‘n engel, Getruida. Leah is op 8 November 2023 na Huis Maudie Kriel waar sy wonderlike versorging en liefde ontvang het. Haar gesondheid het stelselmatig agteruitgegaan en is 27 Julie 2025 oorlede. Ek eer haar nagedagtenis! Belinda (Bibbie) Potgieter
17 OCTOBER 2025 l WITZENBERG HERALD l 3
DIE wrak van die minibus waarin die ses mans passasiers was. Die minibusbestuurder wat ook ernstig beseer is, is na die Tygerberg hospitaal oorgeplaas. Die polisie kon nie bevestig of hy dalk onder diegene was wat later in die hospitaal gesterf het nie.
Ses sterf op Karoopoort-grondpad
SES subkontrakteur-werknemers wat betrokke was by die bou van Oya Energy Hybrid projek (sonkrag en wind met battery stoorplek) buite Ceres, is Saterdag dood in ‘n kop-aan-kop botsing op die Karoopoortgrondpad. Twee werkers het omstreeks 14:00 gesterf nadat die minibus waarin hulle passasiers was, in ‘n digte stofwolk teen ‘n Ford Ranger bakkie gebots het. Die minibus van Zake’s Tours was in die rigting van Ceres onderweg. Die bestuurder van die Ford Ranger, Craig Liebenberg (23), was onderweg in die rigting van Inverdoorn. Die botsing het na Karoopoort naby die kruising van die R46 en die R355, plaas-
gevind. Van die beseerdes is in ‘n kritieke toestand na Ceres hospitaal gehaas waar van die insittendes later in die hospitaal gesterf het. Die minibusbestuurder is ook ernstig beseer en van Ceres hospitaal na Tygerberg hospitaal oorgeplaas. Die polisie kon Woensdag nog nie bevestig of hy dalk onder diegene was wat in die hospitaal gesterf het nie. Nooddienstepersoneel van EMS, verkeersdienste en die polisie was op die toneel. Die pad was van 14:00 tot omstreeks 18:00 gesluit terwyl verskillende rolspelers op die botsingstoneel werksaam was. Medelye Die Oya-projek het met kommer kennis geneem van die tragiese ongeluk waarin ses subkontrakteur-werknemers gesterf het.
Inverdoorn-stropers verskyn in Khayelitsha streekhof DIE verhoor van vyf vermeende renosterstropers is verlede Dinsdag in die Khayelitsha streekhof, ‘n prioriteitshof vir natuurbewaringsoortredings, uitgestel. Die vyf stropers het in Desember 2021, vyf renosters op Inverdoorn, tussen Ceres en Sutherland, doodgeskiet. Amade Filemone Chongo (50) van Mosambiek staan saam met Innocence Davey Chiwenya (59), Wishes Mugari (33), Justice Cossa (31) en Michael Mbaura (27) in die beskuldigbank. Twee stropers is van Zimbabwe, twee is van Mosambiek en een is van Malawië. Dié renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek. Die mans word verdink van die stroping
en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65 km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagtes van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings. Waarde Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhorings. Eerste saak in Wes-Kaap Die verhoor is tot 7 November uitgestel wanneer die polisie se ondersoekbeampte sal begin getuig. Dit is die eerste keer dat ‘n stropingssaak in die Wes-Kaap, aangehoor word.
We offer: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems · Analytic Based Alert Notification Systems
023 1000 515 info@jptek.co.za
“Ons wil ons meegevoel betuig aan die families, vriende en kollegas van die insittendes wat hul lewens verloor het in Saterdag se ongeluk. Dit is ‘n groot verlies. Oya Energy Hybrid projek werk nou saam met die SAPD, verskillende rolspelers en belanghebbendes. Klagtes oor die pad Klagtes van grondeienaars rakende die toestand van die pad, die hoë spoed waarmee van die subkontrateurs na die sonkragprojek ry, is van die besprekingspunte wat by ‘n vergadering later die maand geopper gaan word. Oya Energy Hybrid projek erken die gemeenskap se frustrasies rakende padveiligheid, spoedoortredings en padonderhoud. “Alhoewel die betrokke pad ‘n openbare pad is en nie deur Oya Energy Hybrid projek besit word
nie, besef Oya dat hul aktiwiteite bydra tot verkeersvolumes. Die Oya-span werk nou saam met Sinohydro (‘n EPC-kontrakteur en verantwoordelik vir konstruksie op die terrein), om gepaste versagtingsmaatreëls te identifiseer wat kan help dat ‘n soortgelyke tragedie en ongeluk nooit weer herhaal word nie”. * NOTA: Twee sonplase is tans in aanbou in die Ceres Karoo - Scatec se projek op die Calviniapad en die Oya Energy Hybrid projek op die Sutherlandpad. Oya is ‘n konsortium van vier aandeelhouers: G7 Renewable Energies, Engie Africa, Vigo Energy en Perpetua Holdings. (Sinohydro is nie ‘n aandeelhouer nie maar is verantwoordelik vir die konstruksie).
Verhoor uitgestel DIE verhoor van ‘n Wolseley-inwoner wat van verkragting aangekla word, is in die streekhof tot volgende week uitgestel. Die saak is twee jaar gelede by die polisie aangemeld. Charl Botes (42) word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind. Botes, wat onskuldig pleit op die aanklagte teen hom, is later op borgtog van R2 000 vrygelaat. Die saak is tot 22 Oktober uitgestel wanneer die verhoor voortgesit sal word.
SECURE YOUR PROPERTY WITH:
Early warning FIRE detection systems
4 l WITZENBERG HERALD l 17 OCTOBER 2025
As I prepare to take this exam, I ask for:
CERES SEKONDÊRE SKOOL
Clarity of mind and thought • Confidence and calmness • Wisdom and understanding • Recall and remembrance of the knowledge I’ve gained •
Die personeel en skoolbeheerliggaam wil alle matrikulante sterkte en voorspoed toewens met die 2025 eindeksamen. 078-525-4489 ceres.sec@wcgschools.gov.za
May I perform to the best of my abilities and achieve success. May this experience help me grow, learn, and become a better version of myself. CHARLIE HOFMEYR
Die personeel en ouers wens die matrikulante van Bella Vista Hoërskool sterkte en voorspoed toe met die komende eindeksamen.
LAERSKOOL GERICKE Ceres
LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD ☎ (023) 317-0611 Faks: (023) 317-0123 Protealaan 1 Koue Bokkeveld, Op-Die-Berg
Sterkte en voorspoed aan elke Charlie-matrikulant met die komende eindeksamen. Stay positive, keep working hard and push through to the end!
Baie sterkte en voorspoed aan elke matrikulant met die komende eindeksamen. (023) 312-1110
074-049-7078
On behalf of the Council of Witzenberg Municipality, I would like to take this opportunity as the Executive Mayor, to wish all our matriculants all of the best. May God bless you with grace and wisdom. Our prayers and thoughts are with you. Namens die Raad en die gemeenskap van Witzenberg, wil ek, as Burgemeester alle matrikulante sterkte toewens vir die komende eksamens. Mag God u seën met wysheid en insig. Ons dra u op in gebed. Nje ngoSodolophu waseWitzenberg, Ndikwamele no Masipala waseWitzenberg. Ndithabatha elithuba, ndininqwenelela impumelelo kwim viwo zenu zamagqibela kankqoyi zebanga leshumi. Yanga uQamata anganiphahla xanibhala amaphepha enu okugqibela. Nakuhlalanisemithandazweni yethu.
Trevor Abrahams Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor
Namens die hele skoolfamilie van Laerskool Koue Bokkeveld, wil ons alle matrikulante sterkte toewens vir die komende eksamen. Mag God julle seën met wysheid en insig. Ons dra julle op in gebed.
17 OCTOBER 2025 l WITZENBERG HERALD l 5
Verkragter (37) bly sy hofsaak en verhoor ontwrig
AGT leerders van Laerskool F.D. Conradie wat deel was van die WP-span, het tydens die skoolvakansie aan die nasionale jeugskou kampioenskappe op Upington deelgeneem. Die leerders het ongelooflik goed gevaar en nege medaljes verower waarvan drie goud, vier silwer en twee brons was. Die WP-span het ook die kampioenskappe gewen. AGTER: Liam Giliomee, Theana Louw, Mia Möller, Marle Erasmus en Lucia Hewitt. VOOR: Jacobus Botha en Micah Giliomee.
‘n VEROORDEELDE verkragter (37) van Ceres, wat al langer as 7 jaar in aanhouding is weens die verkragting en ontvoering van ‘n jong meisie in 2018, se verhoor in die Ceres streekhof is vir die soveelste keer uitgestel - die keer weer vir regshulp. Rolspelers wat nou betrokke is by dié saak, kan net hulle koppe skud oor al die vertragingstaktieke wat gebruik is in die saak van Warren van Wyk. Dat die streekhof se geduld met hom nog nie opgeraak het nie, gaan egter die verstand te bowe - veral omrede hy van ‘n jong meisie se verkragting aangekla word. Hy het ook al voorheen 6 jaar gevangenisstraf van ‘n 8 jaar vonnis vir verkragting uitgedien. Die ontwrigtende gedrag van Van Wyk, duur reeds al ‘n paar jaar. In die tydperk het hy al 'n paar keer van regslui (regshulp) verander, geweier om met sy regsverteenwoordiger te praat, gekla en gevra dat die hoftolk verwyder word, sy verdediging self behartig en ondermeer daarop aangedring dat verklarings in getikte vorm aan hom verskaf word. In 2022 weier die hof sy versoek om die tolk te vervang en in 2023 kla hy weer oor ‘n staatsaanklaer. In April 2023 weier hy om ‘n psigiater se vrae te beantwoord. In Julie 2023 reik die hof ‘n bevel uit dat Van Wyk vir geestelike waarneming na Valkenberg gestuur moet word. Hy het daarna ‘n tyd lank vir ‘n bed
gewag voordat hy van Augustus tot September 2024 vir waarneming opgeneem is. Verslag In dié verslag word ondermeer gemeld dat Van Wyk ‘n lang geskiedenis het van dagga-, tik- en mandraxmisbruik asook alkoholmisbruik wat al op skool begin het. Hy het egter die skool in graad 7 verlaat. Op 19 September bevind die paneel van drie lede dat Van Wyk nie enige geestesafwyking het nie en dat hy verhoor kan word. Agtergrond Die verkragting het op Vrydag 7 September 2018 omstreeks 18:30 plaasgevind. Van Wyk, gewapen met ‘n mes, het die 10jarige meisie na bosse op die plaas Achtertuin geneem waar hy haar verkrag het. Hy is egter gou vasgetrek en het op Maandag 10 September 2018 vir die eerste keer in die Ceres landdroshof verskyn. Vorige vonnis Van Wyk is ‘n paar jaar gelede skuldig bevind aan verkragting waarvoor hy ‘n 8 jaar vonnis opgelê is. Twee jaar daarvan is opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer ‘n soortgelyke misdryf sal pleeg nie. Hy is in 2017 vrygelaat nadat hy ses jaar van die vonnis uitgedien het. Hy het tot en met die tweede verkragting by sy ma op dié plaas gewoon. Die verhoor het eers in 2025 begin. Die saak is Maandag 13 Oktober tot 27 November uitgestel vir regshulp.
MUNISIPALITEIT WITZENBERG: GRONDGEBRUIKAANSOEKE INGEVOLGE ARTIKEL 15(2) VAN DIE WITZENBERG GRONDGEBRUIK BEPLANNING VERORDENING WITZENBERG MUNICIPALITY: LAND USE APPLICATIONS IN TERMS OF SECTION 15(2) OF THE WITZENBERG LAND USE PLANNING BY-LAW Kennis geskied hiermee dat die aansoek hierna uiteengesit nou ter insae lê gedurende normale kantoorure in die kantoor van die Munisipale Bestuurder. Alle navrae moet aan die aansoeker gerig word. Besware en kommentaar, indien enige, moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word by Posbus 44, Ceres, 6835 of Voortrekkerstraat 50, om hom te bereik nie later as die aangewese sluitingsdatum van die saak nie. Notice is hereby given that the application listed below is available for perusal at the office of the Municipal Manager during normal office hours. All enquiries must be referred to the applicant. Comment and objections, if any, must be lodged in writing with the Municipal Manager, P.O. Box 44, Ceres, 6835 or 50 Voortrekker Street, to reach him before the indicated closure date of the case.
LAERSKOOL F.D. Conradie is trots op twee van hul leerders, Lizzy Schreuder en Izak Krige, wat presteer het in hul UNISA blokfluit praktiese eksamens. Lizzy het haar eksamen met meriete geslaag en Izak met onderskeiding.
Eiendom / Property
Ligging / Location
Aansoeker / Applicant
Erwe 248, 263 & 264 Prince Alfred Hamlet / Erven 248, 263 & 264 Prince Alfred Hamlet
Goosenstraat 3 / 3 Goosen Street, Prince Alfred Hamlet
Hilletje Wiehahn (Elizma Beets 082-467-6934 - namens aansoeker / on behalf of applicant)
Aard / Nature
Sluitingsdatum / Closure date
Drie 18/11/2025 onderverdelings, hersonering van een gedeelte en konsolidasie / Three subdivisions, rezoning of one portion and consolidation
6 l WITZENBERG HERALD l 17 OCTOBER 2025
classifieds AND ART FRAMING
Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Karlina May
1964/09/27 - 2025/10/12 ROUDIENS: Do. 16 Okt. Huis: 19:00 Plaas Klein Avontuur BEGRAFNIS: So. 19 Okt. Huis: 09:00 Plaas Klein Avontuur Saal: 10:00 Dankbaar Saal Graf: Bella Vista
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021.
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
CENTRAL CERES MOTORS
Service Center & Panelbeating
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van
AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
PLANT AND TOOL HIRE
Skakel
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276
082-859-2300 Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Christiaan 079-177-2490 ☎ (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
CHARLIES
mobile carwash At the comfort of your own home For appointments contact Charles at 072-705-5233 R100 Small R150 SUV
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy: • Police Flying Squad ................. 10111 • Ambulance Services ................ 10177 • Cell Phone Emergency ................ 112 • Disaster Risk Management Centre ........................ 080-911-4357 (HELP) • Poisons Information Helpline of the Western Cape ............. 0861-555-777 • Childline ....................................... 116 • Lifeline ....................... (021) 461-1113 • Wilderness Search and Rescue .................................. (021) 937-0300
SOMERSKLERE Vrouehemde R20 elk ONS IS DRINGEND OP SOEK NA:
Skoolklere, mans-, vroue- en kinder-somersklere
Let me take care of your pet-, household and cooking needs!
Include: Dogs, Cats, Birds, Bunnies etc.
I do feeding of animals, play time, walks, medication & lots of love! R120 (Day sitting from 06:00 - 18:00) R180 (Overnight stay from 17:00 - 08:00)
Please contact me on: 064-647-0037 Enquiries welcome / References available
WCBS asks donors to ‘Give Someone a Lifeline’ during plasma awareness week The Western Cape Blood Service (WCBS) officially marks Plasma Awareness Week this October, celebrating the vital role plasma plays in sustaining the lives of patients across the province. This week, WCBS renews its call for new and returning donors to participate in its ‘Give Someone a Lifeline’ campaign. Plasma, the golden liquid portion of blood, makes up about half of our blood volume and carries essential proteins such as antibodies and clotting factors. These proteins help blood to clot, fight infection, and maintain healthy blood pressure. For many patients, including those recovering from trauma, burns, or surgery, and those managing chronic conditions like haemophilia or immune deficiencies, plasma is more than a treatment; it’s a lifeline. “Every year, Plasma Awareness Week allows us to shine a spotlight on the incredible impact our donors have on patients who need plasma,” says Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS. “The need for plasma is constant and critical. Through plasma donations, we can create therapies that help patients who can’t produce the antibodies or clotting factors their bodies need to survive. These donations truly keep patients alive.” Unlike whole blood donation, plasma donation is performed through a process called apheresis. During the procedure, blood is drawn into a specialised machine that separates the plasma and safely returns the rest of the blood components to the donor. Each session takes about 40 minutes, and donors can donate plasma every two weeks, making it one of the most effective ways to make a recurring difference. The ‘Give Someone a Lifeline’ campaign serves as a reminder of the personal and lifesaving impact of every donation. WCBS
Ons doen ook herstelwerk aan enige kledingstukke! Louw-Marie 083-634-8068 louwmarieshepherd8@gmail.com Murchisonstraat 4, Ceres (Ingang in Lyellstraat oorkant Ceres Cycles) Ma - Vry: 09:00 - 16:00 Sat: 09:00 - 12:00
encourages all eligible individuals to book an appointment and experience the rewarding act of plasma donation. “We are excited to welcome both new and existing loyal donors to either start their donation journey or continue to reach their milestones during Plasma Awareness Week,” adds Marike. By taking a small amount of time to donate your whole blood or plasma, you are literally giving someone the chance to live” Where Can You Donate Plasma? Plasma donation is available by appointment at the following blood donation centres from 09:00 - 17:00 on weekdays: • Blue Route Mall • Kenilworth Shopping Centre • 9 Long Street • N1 City Shopping Centre (Some donation centres offer additional days or different times, which may be confirmed directly on our website.) Distributed by the Western Cape Blood Service Public Relations Manager: Marike Carli 071-856-3625 | marike@wcbs.org.za About the Western Cape Blood Service (WCBS): The Western Cape Blood Service (WCBS) is a non-profit regional health organisation, dedicated to collecting blood from voluntary blood donors, and providing the safest blood products and efficient service to the community, while operating at the highest professional and ethical standards and remaining a viable organisation. WCBS works without prejudice to supply safe blood and blood products to all communities in the region, from Cape Town all the way up to George. It’s our goal to deliver a world-class blood service in the Western Cape.
Weekly microbiological compliance: e.Coli (CFU/100ml) - Sans 241: 2015 limit = 0 October 2025
WATER TREATMENT WORKS
6 October
13 October
17 OCTOBER 2025 l WITZENBERG HERALD l 7
SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, het onlangs hul steun toegesê aan kanker-bewusmaking gedurende Oktober en November. Senshi Dojo dra hul pienk gordels met trots - ’n gebaar van solidariteit met almal wat deur kanker geraak word. “Karate staan vir moed, deursettingsvermoë en gemeenskapwaardes wat ons deel met almal wat teen die siekte veg. Jy is nie alleen in die stryd teen kanker nie - ons veg saam!”
PUBLIEKE DEELNAME BY OPSTEL VAN RAAD SE HERSIENE ONTWIKKELINGSPLAN EN BEGROTING 2026/2027 Kennis geskied hiermee dat ingevolge die Raad se Strategiese Proses Plan, daar nou met ‘n rondte publieke deelname vergaderinge begin sal word ten einde die publiek se insette ten opsigte van die Hersiene 2026/ 2027 GOP en Begroting te bekom. Openbare vergaderinge sal in die verskeie dorpe vanaf 14 tot 30 Oktober 2025 plaasvind. Afsonderlike vergaderinge met die verskeie forums en sektore word ook belê. Lede van die publiek word hiermee hartlik uitgenooi en sterk aangemoedig om met die Raad en Amptenare te vergader sodat daar saam oor ons toekoms besin kan word. Die vergaderinge vind soos volg plaas:
KIRAN Reddy, ‘n leerder van Laerskool Gericke, het op 13 September aan die Sanlam provinsiale WOW-spelkompetisie in Wellington deelgeneem. Hy het teen die Wes-Kaap se beste spelkonings en -koninginne deelgeneem.
DAG
DATUM
TYD
DORP
WYKE
PLEK
Dinsdag
14 Okt.
18:00
Tulbagh
7 & 11
Witzenville Gemeenskapsaal
Donderdag
16 Okt.
18:00
Nduli
1 & 12
Nduli Gemeenskapsaal
Dinsdag
21 Okt.
18:00
P.A. Hamlet
4 & 10
Kliprug Gemeenskapsaal
Woensdag
22 Okt.
18:00
Bella Vista
4&6
Bella Vista Gemeenskapsaal
Donderdag
23 Okt.
18:00
Ceres
3&5
Ceres Stadsaal
Dinsdag
28 Okt.
18:00
Wolseley
2&7
Pine Valley Gemeenskapsaal
Donderdag
30 Okt.
18:00
Op-die-Berg
8&9
Nyukintaba Gemeenskapsaal
PUBLIC PARTICIPATION IN DRAFTING OF COUNCIL’S REVIEWED DEVELOPMENT PLAN AND BUDGET 2026/2027 Notice is hereby given that in terms of Council’s Strategic Process Plan, there will now be embarked upon a round of public participation meetings in order to assemble the inputs from the community in respect of the Review 2026/2027 IDP and Budget. Public meetings will be hosted in the different towns from 14 to 30 October 2025. Separate meetings with different forums and sectors will also be held. Members of the public are cordially invited and strongly encouraged to meet with Council and Officialdom in order to plan collectively for our future. The meetings will take place as follows: DAY
DATE
TIME
TOWN
WARDS
VENUE
Tuesday
14 Oct.
18:00
Tulbagh
7 & 11
Witzenville Community Hall
Thursday
16 Oct.
18:00
Nduli
1 & 12
Nduli Community Hall
Tuesday
21 Oct.
18:00
P.A. Hamlet
4 & 10
Kliprug Community Hall
Wednesday
22 Oct.
18:00
Bella Vista
4&6
Bella Vista Community Hall
Thursday
23 Oct.
18:00
Ceres
3&5
Ceres Town Hall
Tuesday
28 Oct.
18:00
Wolseley
2&7
Pine Valley Community Hall
Thursday
30 Oct.
18:00
Op-die-Berg
8&9
Nyukintaba Community Hall
DAVID NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER VERW/REF NR: 02/02/1
8 l WITZENBERG HERALD l 17 OCTOBER 2025
Sport
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen adver tensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Arries se duiwe maak skoonskip
Charl en Herman wen kompetisie CHARL du Toit en Herman van der Walt, het Saterdag 11 Oktober die beterbal stableford kompetisie met 43 punte gewen. Charles Basson en Ashley Schroeder was in die tweede plek met 42 punte gevolg deur Peter Versfeld en David Cohen met 41
punte. Pieter Immelman en J. Human was in die vierde plek met 39 punte, gevolg deur Saxtus Janse van Rensburg en Johan Smit met 38 punte en Etienne Notley en Christiaan Orffer met 38 punte. Saterdag-kompetisies Op 18 Oktober word ‘n enkel progressiewe stableford kompetisie aangebied en op 25 Oktober ‘n enkel syfer plus kompetisie. Sundowner kompetisie Ruan van Rooyen (foto links) het Vrydag 10 Oktober se Ceres SuperSpar Sundowner-kompetisie met ‘n uittel gewen met 21 punte. Pieter Immelman was tweede, ook met 21 punte. Spelers kan weer Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan die Ceres Superspar Sundowner kompetisie. Koste beloop R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Pizzas sal ook beskikbaar wees. Klublede moet vroegtydig vir die Sundowner-kompetisie bespreek en ook aandui of hul pizzas wil bestel. Spelers moet die klub skakel by (023) 312-3068 vir besprekings.
CHARL du Toit, jare lange lid van Ceres gholfklub, het Saterdag 11 Oktober, ‘n besondere prestasie behaal toe hy ‘n arend 2 op die syfer 4 (258 meter) negende putjie by Ceres gholfklub, aangeteken het.
Wolseley krieketklub verspeel kanse in Boland T20-kompetisie WOLSELEY krieketklub het hul kanse verspeel om verder in die Boland Gold Rush T20 deel te neem. Wolseley het saam met Piketberg, Veldrif en Essex Clanwilliam sake uitgespook vir ‘n plek in die volgende rondte.
Wolseley het twee van hul drie wedstryde, teen Essex Clanwilliam en Veldrif, gewen maar teen Piketberg verloor. Janico Adams met 4/14 en Wilbur Pietersen met 3/26 het vir Wolseley met die bal uitgeblink terwyl Devanirio van Neel met tellings
van 56 en 41 lopies, die beste met die kolf gevaar het. Volgende wedstryd Wolseley se volgende wedstryd is ‘n T20 tweede rondte wedstryd teen Drakenstein EDU op 8 November in die Paarl.
WEDVLUGDUIWE het Saterdag weer vanaf Victoria Wes gevlieg. JRK Lofts se duif het die WRP unie wedvlug sowel as die Ceresvallei Federasie gewen. Emile Arries van BHPS het beide die jaaroud en ope wedvlugte van Britstown oorheers. Die naweek vind die laaste wedvlug van die 2025 duiweseisoen plaas vanaf Springfontein. Die wedvlug word reeds Vrydag gevlieg omdat die weer vir Saterdag nie baie gunstig lyk nie. Ceresvallei Federasie Wedvlug Victoria Wes 1. JRK Lofts 1191.144 mpm 2. Cyril en Ann Davids - 1172.651 mpm 3. Le Bretton Lofts 1163.702 mpm 4. Jason van Rooy 1159.107 mpm 5. Mauritius Lofts 1157.281 mpm CHPS wedvlug Victoria Wes 1. Cyril en Ann Davids 2. Jason van Rooy 3. Mauritius Lofts 4. Mauritius Lofts 5. Cyril en Ann Davids BHPS Britstown jaaroud 3 1. Emile Arries 1388.738 mpm 2. Emile Arries 1327.699 mpm 3. Emile Arries 1297.855 mpm 4. Emile Arries 1148.499 mpm 5. Emile Arries 1130.571 mpm Britstown ope 3 1. Emile Arries 1407.058 mpm 2. Emile Arries 1389.001 mpm 3. Emile Arries 1364.321 mpm 4. Emile Arries 1335.437 mpm 5. Emile Arries 1323.028 mpm
New venue: Lyell Street Sportgrounds, Ceres New start and finish point
Ceres Michell’s Pass Half Marathon SATURDAY 25 OCTOBER 2025 All registration............................................. 05:30 Half Marathon ............................................. 07:00 10km Road race ......................................... 07:15 5km Fun run ............................................... 07:20 5km Pretloop/Funrun inskrywings word hierdie jaar oorgedra/geskenk aan die Witzenberg Kankervereniging.
Prize giving ................................................. 10:30 Enter online: https://www.entryninja.com Closing date for pre-entries: 11 October 2025
RACE NUMBER COLLECTION: Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45
FARM / COMPANY RACE CHALLENGE According to the rules of ASA and BA
Stalls and refreshments will be available at the venue.
SEE YOU IN CERES!
Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com
DANIELL Luff, ‘n leerder van Laerskool Gericke en 'n Ceres stoeier, het die afgelope skoolvakansie saam met die Kaapse Wynlandspan deelgeneem aan die S.A. jeugstoeikampioenskappe in Centurion. Hy het in beide Vrystyl en Grieks-Romeins, 'n tweede plek behaal.