WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 36
R 10
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 18 September
Vrydag 19 September
1° 20°
5° 26°
Saterdag 20 September
8° 23°
Sondag 21 September
7° 26°
CERES KOEKEDOUW DAM
100% TULBAGH DAM
100% WAVERENSKROON TULBAGH
82%
Lesings geneem: 2025/09/17
FRIDAY, 19 SEPTEMBER 2025
Moordverdagte uit op borgtog van R500 ‘n MOORDVERDAGTE van Tulbagh is die week op borgtog van R500 vrygelaat. Ashwill Buffelboud (41) van Bergplaas word van moord aangekla. Volgens die Tulbagh polisie was Buffelboud en die oorledene, Shawnwill Lewies (21) van die plaas Sterk-
stroom, op Sondag 7 September in ‘n argument betrokke. Lewies het gesterf nadat hy een keer in die bors gesteek is. Buffelboud het op 15 en 16 September vir ‘n borgaansoek verskyn. Hy is later vrygelaat en moet op 4 November in die hof verskyn.
(023) 312-2144 l CERES
Osoon en Rife behandelings
• Verbeter immuunsisteem • Maak virusse, bakterieë, muf en swamme dood • Vinniger herstel van wonde, sportbeserings en vele meer
Tuis besoeke
Skakel Bianka by 072-877-2325 vir meer inligting
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Man sterf na argument met verdagtes ‘n MAN is dood nadat hy in ‘n argument met drie mans betrokke was. Die voorval is aangemeld by die Wolseley polisiestasie nadat Elvis Zwelinzani omstreeks 17:00 op Sondag 7 September in Pine Valley, Wolseley vermoor is. Zwelinzani was ten tye van die voorval by ‘n perseel in Masibulelestraat waar daar na bewering dwelms verkoop word. Hy het in ‘n argument met die drie verdagtes betrokke geraak waarna hulle hom met ‘n skerp voorwerp in die nek gesteek het. Zwelinzani het op die toneel gesterf. Drie verdagtes, Shane Majiedt, Willem Booysen en Andrew Hendricks, is na die moord gearresteer. Hulle het na die voorval vlugtig in die landdroshof verskyn voordat die saak na 22 September uitgestel is vir verdere ondersoek en ‘n borgaansoek.
Perfekte dag op Ceres vir lugballonrit saam met vriende VIER inwoners van Ceres het die kans aangegryp om Woensdagoggend ‘n lugballonrit oor Ceres te onderneem. Pieter du Toit het die ideale weerstoestande gebruik om sy stokperdjie te beoefen en drie gaste, Christelle Zulch, Vera Alberts en Johann Alberts, op die rit saam met hom te neem. Hier is Vera en Johan afgeneem bokant Ceres. TWEE ongelukke waarin vragmotors en hul vrag beskadig is, is Dinsdag 16 September aangemeld. In die eerste ongeluk (foto links) omstreeks 06:00 in Bainskloof het dié vragmotorbestuurder vermoedelik agteruit probeer ry waarna die vragmotor geknipmes en die vrag voertuie agterop, erg beskadig het. Die pas was vir ‘n geruime tyd gesluit om die vragmotor, wat nie die bergpas mag gebruik nie, te verwyder. Du Toitskloof, ‘n alternatiewe roete vir swaar voertuie is vir twee maande gesluit vir opgraderingswerk. Bestuurders vermy die weegbrug en tolhek en word met ‘n GPS herlei wat daartoe gevolg het dat party in Bainskloof beland. Plaaslike motoriste word ook gevra om versigtig te wees aangesien meer swaarvoertuie as normaalweg van die roete om Ceres gaan gebruik maak. Verkeerslui kan ook gerus vragmotorbestuurders dophou wat hul fone gebruik terwyl hulle bestuur asook die dorp binnekom teen 70 km/h en meer.