Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.34 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

VOLUME 28 NO. 34

R 10

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 4 September

Vrydag 5 September

6° 25°

9° 27°

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

100% WAVERENSKROON TULBAGH

71%

Lesings geneem: 2025/09/03

Saterdag 6 September

7° 24°

Sondag 7 September

6° 17°

FRIDAY, 5 SEPTEMBER 2025

Matroosberg-brandstigter kry ses jaar gevangenisstraf DIE Matroosberg-brandstigter is Dinsdag in die Ceres streekhof swaar gevonnis. Ashlin Brandon Paulse (26) het op klagtes tereg gestaan wat verband hou met ‘n brand in Mei 2023 waarin die bekende Matroosberg skihut in puin gelê is en drie voertuie van gaste wat daar oornag het, wat in die brand vernietig is. Paulse is skuldig bevind

op drie klagtes van brandstigting, huisbraak met die opst om te steel en diefstal nadat hy vroeër ‘n pleit-ooreenkoms met die staat aangegaan het. Op elk van die eerste twee aanklagte, is hy 24 maande gevangenisstraf opgelê. Op die derde aanklag is hy 6 jaar gevangenisstraf opgelê. Paulse sal effektief 6 jaar uitdien nadat die landdros beveel het dat klagte

een en twee samelopend met klagte drie uitgedien moet word. Sewe Kaapse vriende het die naweek van 26 - 28 Mei 2023 by Matroosberg se skihut oornag en die volgende oggend gaan stap. Met hulle terugkeer omstreeks 18:00 het hulle die uitgebrande hut en drie voertuie aangetref. Die brand het die voertuie asook persoonlike besittings vernietig.

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Khewana (34) se saak uitgestel DIE saak teen ‘n moordverdagte van Wolseley is die afgelope week uitgestel. Plaaslike speurders ondersoek ‘n klag nadat ‘n 50-jarige inwoner van Wolseley eers aangerand is en toe dae later in die hospitaal gesterf het sonder om sy bewussyn te herwin. Trevor Bruintjies het op 20 Augustus gesterf nadat hy die vorige naweek ernstig aangerand is in ‘n struweling met die verdagte, Frankie Khewana (34). Bruintjies is talle kere teen die kop geskop en geslaan. Hy is na die aanranding na Ceres hospitaal vervoer voordat hy na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is en aan lewensondersteuningsmasjiene gekoppel is. Hy het later aan sy beserings beswyk sonder om sy bewussyn te herwin. Die polisie is eers dae later van die aanranding en dood van Bruintjies in kennis gestel. Inligting is opgevolg waarna Khewana gearresteer is. Hy het 28 Augustus weer in die landdroshof verskyn waarna die saak na 2 Oktober uitgestel is.

Verdagtes bly in aanhouding Blou of geel - almal lekker uitbundig! LAERSKOOL F.D. Conradie het die week hul interhuis wintersport-afsluiting gehou. Die leerders is in twee groepe verdeel - blou en geel - waarna sosiale wedstryde teen mekaar gespeel is. Donderdag 4 September speel die skool bietjie rugby en netbal teen Laerskool Koue Bokkeveld. Hier is die uitbundige en lawwe o/11 netbalspan afgeneem tydens dié sportdag.

Make your life easier with Mobile convenience

CONTROL YOUR HOME FROM ANYWHERE!

DRIE mans wat in Maartmaand by Ceres Caltex gearresteer is met ‘n onwettige vuurwapen, se borgaansoek was onsuksesvol. Die mans was Sondag 23 Maart omstreeks 00:24 besig om brandstof in te gooi, toe die polisie hulle genader het. Een van die mans het uit die VW Citi Golf gespring en probeer weghardloop terwyl die polisielede, wat toevallig by die vulstasie was,

besig was om met die Citi Golf se bestuurder te praat. Die polisielede het Zigwebule Sifile (27) van Gouda, agterna gesit en naby Charlie Hofmeyr vasgetrek met ‘n onwettige 9mm vuurwapen in sy besit. Die ander twee mans, Nkosikhona Busman (35) en Thabiso Qwane (23), is ook gearresteer. Die saak is Maandag na 1 Oktober uitgestel. Hulle bly in aanhouding.

ONE STOP DIY STORE. FOR ALL YOUR HARDWARE, BUILDING AND PAINT SUPPLIES

CERES MICA HARDWARE

KARSTEN HARD WARE AND BUILDING SUPPLIES HARDW - CO REG NO NO:: 2015/197291/07

OPEN GATE VIA MISSED CALL

Simply dial the G-ULTRA and the missed call automatically trigger your gate to open, for super safety and ultra convenience SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 087 095 3617 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES

ONS VIER SEPTEMBERMAAND ONS 10DE BESTAANSJAAR Kom besoek ons by Retiefstraat 28, Ceres (tussen Agrico en V/D Merwe Houtsaery)

vir al ons spesiale verjaarsdag aanbiedinge! (023) 312-1053 fanie@reidsmica.co.za

sales1@reidsmica.co.za sales2@reidsmica.co.za


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook