DIE Renault Kwid het verlede Donderdag 21 Augustus onverklaarbaar aan die brand geslaan en uitgebrand.
Die voorval het vroegoggend tussen Bella Vista en P.A.Hamlet naby die Cascade afdraai plaasgevind. Sover as wat vasgestel kan word, is niemand in die voorval beseer nie. Die bestuurder het net stoom uit die voertuig se enjin sien trek toe hy langs die pad stop voordat voertuig aan die brand geslaan en uitgebrand het. Nooddienste was gou op die toneel.
‘n MAN wat die afgelope 5 jaar uit op borg was vir ‘n moord, is verlede week op Ceres gevonnis.
Geregtigheid het na vyf jaar geskied toe Jonathan Opperman, ook bekend as Dotty, Vrydag 22 Augustus in die Ceres streekhof tot 12 jaar gevangenisstraf gevonnis is.
Hy was die afgelope tyd werksaam by ‘n plaaslike laerskool sonder dat die skool geweet het van die hangende moordsaak teen hom.
Moord destyds Opperman het tereg gestaan in die Ceres streekhof weens die moord op Curtley Cedras (20). Cedras is op 22 Februarie 2020 dood nadat hy verskeie kere met ‘n mes in die bors gesteek is.
Die voorval het die aand omstreeks 00:20 plaasgevind na ‘n beweerde stryery tussen Cedras en Opperman.
• Patmos 30ste bestaansjaar
• Laerskool Koue Bokkeveld 60ste bestaansjaar
Polisie kry wapens
DIE polisie het verlede week op vuurwapens en ammunisie beslag gelê kort nadat ‘n Bella Vista inwoner buite ‘n kafee doodgeskiet is.
Virgel Samson (42), is Donderdag 14 Augustus omstreeks 19:20 voor ‘n kafee in Duikerweg, doodgeskiet. Hy het net uit die winkel gestap na waar hy sy bakkie geparkeer het, toe hy deur ‘n 24-jarige verdagte in die straat doodgeskiet is.
Wapens gevind
Speurders het inligting opgevolg en op ‘n huis in Bella Vista toegeslaan wat as stoorplek gebruik is om vuurwapens te versteek.
Daar is op 5 handwapens beslag gelê wat begrawe was. ‘n Dag later is nog twee handwapens en meer as 600 rondtes ammunisie in ‘n badkamer in dieselfde huis gekry.
Een verdagte is weens die besit van dié wapens en ammunisie inhegtenis geneem. Antonio Lintnaar (45) het Maandag 18 Augustus vlugtig in die hof verskyn waarna die saak na 18 September uitgestel is. Misdaadintelligensie sowel as ballisties moet nou vasstel of van die wapens gesteel is en of dit met ander misdrywe verbind kan word.
Die twee handwapens wat later gekry is, behoort blykbaar aan ‘n plaaslike inwoner en is nie as gesteel aangemeld nie. Dié verwikkeling vorm deel van die polisie-ondersoek.
Die polisie se speurwerk het hulle daarna na ‘n verdagte, Keenan Hantam (24), gelei wat verdink word dat hy vir Samson doodgeskiet het. Hy is op 18 Augustus gearresteer en het Woensdag 20 Augustus in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is vir verdere ondersoek en ‘n borgaansoek na 27 Augustus uitgestel.
Ander saak
Hantam, wat ten tye van dié skietvoorval uit op borgtog was, het ook op 21 Augustus saam met twee ander mans, Edwill Johannes (30) en Jean-Pierre Appollis (21), in die Ceres streekhof verskyn op klag-tes van aanranding om ernstig te beseer en moord.
Hulle het ‘n man op 29 Maart 2024 met ‘n klip gegooi, hom geslaan en geskop en toe met ‘n mes gesteek. Die polisie het hulle kort na die moord gearresteer.
Beide Johannes en Hantam is op 22 Mei 2024 op borgtog van R2 000 vrygelaat terwyl Appollis in aanhouding is by Worcester gevangenis. Die drie se saak is na 16 September uitgestel.
SARONSBERG wynkelder se Full Circle 2022 is aangewys as die nasionale rooiversnit-wenner tydens die Terroir toekenningsgeleentheid wat op 13 Augustus by Lanzerac plaasgevind het. Hier staan Christiaan van Huysteen met die toekenning.
BUFFALO RIDGE TEAM LEADER
/ SUPERVISOR
(Full time) (Full time)
• Should have experience;
• Located in the Buffelspoort area. CV’s can be sent to: accountsbr@josims.com
Closing date for applications: On or before 12 September 2025
Ceres Lions
Accessing your local clinic safely during winter
AS temperatures drop, the Western Cape Department of Health and Wellness urges residents to prioritise their health and safety during the colder months.
The Department has implemented several measures across its healthcare facilities to ensure continued access to quality care while minimising risks associated with cold weather.
Appointment systems to reduce waiting time and exposure
To promote efficiency and reduce exposure to cold, wet weather, clinics across the province continue to use appointment systems throughout the year. These systems allow patients to arrive only 30 minutes to one hour before their scheduled time, significantly cutting down on waiting times and crowding. To improve your patient experience, we urge our community members to make use of the appointment booking system to reduce delays and streamline their visits. If you are unable to attend, contact your clinic to reschedule your appointment.
Prioritising Vulnerable Groups
The Department remains committed to caring for vulnerable groups, including the elderly and young children. These patients are prioritised to protect them from the harsher effects of cold weather, and the public’s patience and cooperation in this regard is appreciated.
Promoting Safety at Clinics
For security and visibility reasons, you are advised to visit your clinic during daylight hours and to arrive no more than an hour before your scheduled appointment. This precaution helps avoid safety risks associated with dark or early morning queues while waiting for the clinic to open. Being aware of the opening hours of the clinic will help in ensuring that you are safe and avoid queuing early hours in the morning and jeopardising your safety.
Accessing Emergency Care
Emergency care remains available at all local clinics for minor ailments. A triage system ensures patients are as-
Johan Jacobs voltooi kapelaanskursus
JOHAN Jacobs van Ceres (regs) het onlangs ‘n kapelaanskursus suksesvol voltooi. Op Saterdag 23 Augustus is Johan amptelik deur Eden Chaplaincy Group SA georden. Hy is tans betrokke met geestelike werk by korrektiewe dienste, Ceres Heaven Night Shelter, omliggende instansies en die Witzenberg gemeenskap.
sessed based on urgency, ranging from red (most urgent and life-threatening) to green (less urgent and stable), so that those in critical need receive immediate care and can be transferred to the next level of care if needed based on the healthcare professional’s assessment.
Remember that our emergency service centres located in our district, regional and 24-hour primary health care centres operate in accordance with the South African triage system. Under this system, individuals categorised as red, with life-threatening illnesses or injuries, receive treatment first, before those classified as green and stable. If you have minor ailments, please consider accessing services at your day clinic.
Winter Wellness Tips
To stay healthy this winter, the Department offers the following advice:
- Get vaccinated: Flu vaccinations are available at your local clinic. We encourage you to get your flu jab, especially if you have chronic illnesses or any other underlying illnesses that could affect your health.
- Maintain good hygiene: Wash hands regularly and keep surfaces clean.
- Stay active: Engage in regular physical activity, even indoors. Join a wellness group if possible.
- Eat well and stay hydrated: Consume a balanced, nutrient-rich diet and drink at least eight glasses of water daily.
- Get enough rest: Aim for eight hours of quality sleep per night and manage stress by speaking to a loved one or health professional.
- Take prescribed medication: Continue taking your medication as directed and consult your healthcare provider if you have any questions. Patients are encouraged to share their healthcare experiences, good or bad. Feedback can be submitted through our official complaints system using our suggestion boxes at facilities, by speaking directly with facility managers for immediate feedback.
Cleaner position based in Grootfontein, Ceres
Want to join a frontrunner in renewable energy that is actively seeking early entry into new markets globally?
Main purpose of position:
R100R100 R100 per persoon (wegneem)
Kerrie Bredie & Rys
3 September 2025
Kan opgetel word by Oranjestraat, Togryers Museum, Ceres tussen 12:30 - 14:00 Vir navrae skakel: Bertdene 076-689-2885
18 September 2025 l 18:30 vir 19:00
Prince Alfred’s Hamlet NG Kerksaal R200 (Sluit ligte ete in. Bring asb. eie glase en drankies) Skakel Beaulah (023) 313-3694 of Alma 083-443-0881
We are looking for a Cleaner to be based in Ceres, Western Cape in South Africa to be part of our global team working together towards our vision - improving our future. As our Cleaner you will be responsible to provide efficient cleaning and auxiliary services within the Scatec operations and maintenance building and to ensure a well-maintained work environment for employees and visitors.
Qualifications and competencies:
•Grade 10 or equivalent NQF qualification and basic literacy is advantageous
•2 Years proven experience as a Cleaner in an office environment
•Based in Grootfontein, Ceres, Western Cape
•Reliable, consistent attendance & available to work extended hours, weekends and public holidays as required How do I apply?
•Applications should be submitted to Scatec by no later than the specified closing date
•Ensure that you meet all the minimum requirements
•Load your application, CV, etc. on our website www.Scatec.com
•Applicants who do not have internet access, may e-mail to recruitment@scatec.com
Closing date for applications: 2 September 2025
‘n INWONER van Bella Vista, Virgel Samson (42), is twee weke gelede voor ‘n kafee in Duikerweg, doodgeskiet. Antonio Lintnaar (regs) het Maandag 18 Augustus vlugtig in die hof verskyn op klagtes van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.
Lees berig op voorblad.
Somaliër in hof na skietvoorval
‘n SPAZA winkel en ‘n bakkie is twee weke gelede deur ontstoke inwoners aan die brand gesteek nadat ‘n winkelwerker op ‘n klant losgebrand het.
Die voorval het Sondag 17 Augustus in Lokasiestraat, in Pine Valley woonbuurt buite Wolseley plaasgevind.
Twee Somaliërs, Omar Abdullai (25) en die winkeleienaar, Abdullah Salaat (29), is deur gemeenskapslede gevang kort nadat Abdullai na bewering sonder rede skote op ‘n klant geskiet en hom en ‘n kind getref het.
Die mans is gearresteer en na die polisiestasie geneem. Die voorval het vinnig vererger toe gemeenskapslede die winkel en ‘n bakkie aan die brand gesteek het. Polisielede is ook later met klippe bestook waarna een lid beseer is.
Die polisie se eenheid vir openbare orde (POP) is ontbied om te help om wet en orde te herstel. Die polisie het beslag gelê op ‘n onwettige 9mm Pietro Beretta pistool en ammunisie.
Hof verskyn Omar Abdullai het verlede week in die hof verskyn. Salaat is vrygelaat.
Man (50) aangerand, sterf dae later in Tygerberg hospitaal
SPEURDERS ondersoek ‘n moordklag nadat ‘n inwoner van Wolseley eers aangerand is en toe dae later in die hospitaal gesterf het sonder om sy bewussyn te herwin.
Trevor Bruintjies (50) het verlede Woensdag gesterf nadat hy die vorige naweek ernstig aangerand is in ‘n struweling met die verdagte, Frankie Khewana (34). Hy is talle kere teen die kop geskop en geslaan. Hy is na die aanranding na Ceres hospitaal vervoer voordat hy
na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is en aan lewensondersteuningsmasjiene gekoppel is. Hy het later aan sy beserings beswyk sonder om sy bewussyn te herwin.
Die polisie is eers dae later van die aanranding en dood van Bruintjies in kennis gestel.
Inligting is opgevolg waarna Khewana gearresteer is. Hy het Maandag 25 Augustus in die hof verskyn waarna die saak uitgestel is.
‘n VRAGMOTOR met ‘n sleepwa van Ceres wat staaldromme vervoer het, het Woensdagoggend net na 07:00 in Michellspas omgeslaan. Niemand is in die voorval beseer nie en verkeersdienste was gou op toneel om die verkeer te reguleer.
Twee mans wil pleitooreenkoms met staat aangaan
TWEE van die drie mans wat in die Ceres streekhof teregstaan op klagtes van verkragting van ‘n jong meisie in 2022, wil ‘n pleitooreenkoms aangaan.
Dié meisie, wat 9 jaar oud was ten tye van die voorval, is in Desember 2022 omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing na bewering deur drie mans verkrag.
Drie verdagtes, Jemeal Goeieman (21), sy oom Saul Goeieman (45) en Reginald van Wyk (31), is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer.
Die mans is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak na meer as twee jaar voortduur. Hulle borgaansoek was tussen Februarie 2023 en Oktober 2023 aangehoor maar was onsuksesvol.
Die saak is Donderdag 21 Augustus, sonder dat enige vordering gemaak is, na 2 Oktober uitgestel wanneer die drie mans weer in die Ceres streekhof moet verskyn. Die saak is uitgestel omrede hul regshulp-prokureur siek was.
Daar is nog geen uitsluitsel of die pleitooreenkoms wat twee van die verdagtes met die staat wil aangaan, al gefinaliseer is nie.
Dit is die tweede keer dat dié meisie van Nduli in minder as drie jaar die slagoffer is van verkragting of seksuele geweld.
Ander saak
Speurders verbonde aan die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het in April vanjaar, ‘n 58-jarige man van Nduli van statutêre verkragting aangekla asook twee vroue van 27 en 44 jaar oud, weens die seksuele uitbuiting van kinders nadat hulle die meisie (nou 12) na bewering aan ander mans verkoop het. Hul saak is na 4 September uitgestel vir ‘n borgaansoek.
CERES MOTORS
Voortrekkerstraat 19, CERES ☎ (023) 004-1402
Saak uitgestel
DIE saak teen ‘n jong vrou wat na bewering haar mansvriend verlede jaar vermoor het, is tot Oktobermaand uitgestel.
Ashleigh Fortuin (26) word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), in Junie 2024 op Ceres vermoor het.
Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in die nek gesteek is. Die voorval het op Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n stryery tussen Scholtz en Fortuin. Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is.
Fortuin moet weer op 15 Oktober in die hof verskyn. Die saak is na die streekhof oorgeplaas.
We will be closed for renovation from 1 September 2025 and will reopen again in December 2025 We appreciate your patience
Leerders spog met nuwe sweetpakke
MORRISDALE primêr bedank Perdekraal-Oos windplaas vir die skenking van skoolsweetpakke. Twintig leerders is geïdentifiseer om die skoolsweetpakke te ontvang. Die oorhandiging is bygewoon deur Gerane Damon en Shannon Lombaard van PerdekraalOos windplaas. Saam met die leerders staan Tammy-Leigh Jacobs van Morrisdale primêr.
Fairfield primêr bly oor sweetpak-skenking
FAIRFIELD primêr bedank Perdekraal-Oos windplaas vir die skenking van 20 sweetpakke aan hul leerders. Dit is al 3 jaar dat dié projek by Fairfield aangebied word. Hierdie skenking dra beslis by tot die ontwikkeling van ‘n positiewe selfbeeld by elke leerder.
FAIRFIELD primêr bedank mev. Potgieter en vriendinne vir die skenking van beanies en slaapsokkies aan die graad R en graad 1 leerders. Dit word opreg waardeer. Die leerders kan nou lekker warm gehou word in die koue winterseisoen.
SKILLED SEASONAL WORKERS - CERES
530 Fix term (three to ten months) job opportunities available at Sterkwater Boerdery in Witzenberg Valley and the Koue Bokkeveld. Preference will be given to applicants with experience in fruit and vegetable farm operations.
Jobs available and minimum qualifications:
1.Supervisors in Pome fruit activities x 10 (Grade 10)
2.Apple pickers x 300 (Grade 7)
3.Onion planters & toppers x 110 (Grade 5)
4.Micro Irrigation workers x 30 (Grade 7)
5.Sorters & Packers x 80 (Grade 7)
R emuneration and conditions: Remuneration will be in terms of Sectorial Determination 13 of the Basic Condition Act and in terms of qualifications and experience for specific and skilled jobs. Payments are made fortnightly and require a valid SA Bank account. Workers must be hardworking, trustworthy and willing to stay on the farm with a legal SA ID document. Workers must comply with the company protocols and policies. At least 18 years of age, experienced and skilled for the specific jobs, able to communicate in Afrikaans and English.
Proof of qualifications and experience must be submitted. Please send your Curriculum Vitae, clearly indicating the position being applied for to: Sterkwater Boerdery
P.O.Box 103, Ceres, 6835 or E-mail: verpakking@sterkwater.co.za
Enquiries: ☎ (023) 313-3596
Closing date for applications: 12 September 2025
IN case of emergencies, please keep the following numbers handy:
VRIENDE van die Oorlogsmuseum, WesKaap-tak, bied ‘n insiggewende Anglo-boereoorlog toer aan die naweek van 12-14 September. Die toer skop Vrydagaand, 12 September af by die Togryers museum op Ceres. Die bekende prof. Erik Holm, is die hoofspreker en gaan gesels oor “Rytuie en Trekkrag tydens die Anglo-Boereoorlog” Indien jy die aand wil bywoon kan jy jou plek bespreek by die museum (023) 312-2045. Koste beloop R60 p.p. en sluit ‘n ligte ete in. Ander besoekpunte is: Komm. Jan Theron se graf op Ceres, Miskloof, Rooilande, Matjiesfontein, oornag in Laingsburg, ABO begraafplaas, Floriskraal, Buffelsrivier, Wagendrift, Driefontein en Vriendeklip. Vir meer besonderhede oor die toer kan Peter Greeff geskakel word by 082-4234606 of peter@orchman.com
DIE Togryers museum se jaarlikse fondsinsameling vind plaas op 3 September. Die Ceres Lions bied weer hulle heerlike kerriebredie aan teen R100 per persoon. Kaartjies is nou beskikbaar en bestellings kan geplaas word by 076-689-2885. Bestel betyds om teleurstelling te voorkom.
DIE kantoor van die adjunkminister van justisie en konstitusionele ontwikkeling, Andries Nel, het Saterdag 23 Augustus op kort kennisgewing, ‘n veiligheids-imbizo op P.A. Hamlet aangebied. Die imbizo het op geweld teen vroue en kinders gefokus en is saam met die Cape Winelands Womens Movement aangebied. Die onderburgemeester, Johnathan Nel, het onder andere die gemeenskap toegespreek.
ELF leerders van Morrisdale primêr het Saterdag 23 Augustus aan die Kaapse Wynland Spelkompetisie op Wellington deelgeneem. Drie leerders het deurgedring na die WesKaap spelkompetisie.
Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd , South Africa’s preferred producer and marketer of apple and pear juices concentrate, as well as a range of other concentrates and purees, have the following employment opportunity at their factory in the beautiful town of Ceres, Western Cape.
CLIENT ACCOUNT MANAGER
The successful candidate will report directly to the Manager: Marketing and the responsibilities of the position include the following key performance areas:
•Effective, professional communication (verbal as well as written) with key clients to improve the customer experience
•Negotiating to achieve set target prices
•Requesting quotations from the relevant service providers such as shipping companies and transporters
•Obtain in-depth knowledge about the product range and specifications offered by CFP
•Internal communication to ensure that expectations of customers are achieved
•Compile and execute the customer management plan, this will include limited
National Travel
•Provide other ad-hoc administration support to the Marketing team
•Introduce new and potential customers to CFP
•Tell the CFP story and strengthen the customers’ perspective of CFP
•Know the business of customers’ business to find new links to the products offered by CFP
•Find new markets for existing and new products offered by CFP
•Do desk research and gather market intelligence when needed
•Responsible for a designated group of clients as per discretion of the Manager
The ideal candidate should have the following attributes/skills/qualifications:
•Qualification in Marketing / Sales or similar
•Excellent Communication skills (English and Afrikaans)
•Relevant experience would be advantageous
•Local travel
•Valid driver’s license and own reliable transportation
•Computer literate: Word, Excel, Outlook, PowerPoint, Logistics Software
Applications can be addressed per e-mail to: dlintnaar@cfp.co.za
Closing date for applications: 11 September 2025
Wolseley-saak
Vyf se verhoor gaan oor maand voort in handelsmisdaadhof
DIE verhoor van drie Wolseley SAPD-lede en twee inwoners van die dorp, gaan oor ‘n maand voortgesit word in die Bellville handelsmisdaadhof.
Die vyf het weer op 20 Augustus op klagtes van korrupsie en regsverydeling in die hof verskyn. Die verhoor teen drie polisielede, sers. Mxolisi Sigila (46), kst. Johannes Fransman (43) en kst.(v) Melzandré Pieters (36), en oudpolisieman Daniël Davids (46) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (44), is na 26 September uitgestel wanneer die verhoor sal voortgaan.
Agtergrond
Die vyf se hofverskyning spruit voort uit ‘n lang ondersoek van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid na ‘n voorval meer as
4 jaar gelede op 21 April 2021 in die Wolseleyomgewing.
Die drie polisielede is later op 7 Januarie 2022 by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het. Die twee inwoners is by hul onderskeie huise gearresteer.
Volgens die ondersoekspan het die verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel.
Die vyf is steeds uit op borgtog van R2 000 elk.
PRODUKSIEBESTUURDER: VRUGTE
Koue Bokkeveld: Ceres
Daar bestaan ’n opwindende geleentheid op Lindeshof, een van Dutoit Agri se Landgoedere geleë in die Koue Bokkeveld naby Ceres in die Wes-Kaap vir ’n Produksiebestuurder om die bestuurspan op Lindeshof in die uitvoering en bestuur van vrugteproduksie en gepaardgaande arbeid te versterk.
Die posbekleër, ’n bedrewe vrugtebestuurder, sal aan die Landgoedbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir: • Kontrole en toesig oor alle produksie aktiwiteite wat onder meer boord ontwikkeling, besproeiing, bemesting en oes beskerming insluit • Bestuur van en beheer oor produktiwiteit van arbeid • Verwante administrasie.
Die suksesvolle kandidaat sal oor die volgende beskik: • ’n Toepaslike tersiêre kwalifikasie • Minstens 3 jaar goeie ondervinding van die verbouing van kernvrugte op groot skaal • Bogemiddelde rekenaarvaardighede • Bogemiddelde kommunikasie- en bestuursvaardighede • Die vermoë om selfstandig en op eie inisiatief te funksioneer, ondergeskiktes te motiveer en produktiwiteit te verbeter • Toepaslike ondervinding in die verbouing van kersies sal die aansoek versterk. Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat behuising en lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.
WERKSWINKELBESTUURDER
Witzenbergvallei: Nooitgedacht
Die dienste van ‘n bekwame persoon word benodig vir die bestuur van die werkswinkel op Nooitgedacht, een van Dutoit Agri se Landgoedere geleë aan die bokant van Gydopas, in die rigting van Koue Bokkeveld in die Wes-Kaap vir ‘n Werkswinkelbestuurder
Die posbekleër sal direk aan die Landgoedbestuurder rapporteer en verantwoordelik wees vir die bestuur van onder meer • die meganiese afdeling (landgoed voertuie en -masjinerie) en • instandhouding van alle geboue, waterpomp- en elektriese toerusting.
‘n Toepaslike meganiese kwalifikasie en ondervinding van ten minste vyf jaar in die instandhouding van landbou masjinerie (veral trekkers en spuitpompe) is ‘n vereiste, terwyl kennis en vaardigheid in die instandhouding van implemente en toerusting die aansoek sal versterk. Hierbenewens beskik die suksesvolle kandidaat oor goeie bestuursvaardighede en die vermoë om op eie inisiatief en dissipline te funksioneer.
Benewens aangename werkomstandighede bied ons ’n mededingende vergoedingspakket wat behuising en lidmaatskap tot ’n aftree- en mediese fonds insluit.
Om vir beide hierdie posisies aansoek te doen, doen asseblief aansoek op die webtuiste: www.dutoitagri.co.za. Die posisie is onder die “About/Careers” afdeling op die webtuiste.
Diensaanvaarding sal so gou moontlik, maar verkieslik nie later as 1 November 2025 wees nie.
30 jaar van genade
Patmos Arbeidsbediening getuig van God
se getrouheid
DERTIG jaar lank verkondig Patmos Arbeidsbediening die Evangelie op plase, in pakhuise, fabrieke, skole en bewaarskole en saam met gemeenskappe gewandel deur hoop, genesing en groei. Patmos se storie is ’n lewende bewys dat Christus se lig selfs in die verste uithoeke helder bly skyn. ’n Klein begin wat groot vrug dra In 1994 is Patmos Arbeidsbediening begin deur twee grondeienaars, André Smith en Johannes Pienaar, wat gehoor het hoe God hulle roep na die plaaswerkers van die Ceresomgewing. Wat as ’n eenvoudige gehoorsaamheid aan God se stem begin het, het oor drie dekades ontwikkel tot ’n bediening wat vandag sowat 150 plase en 30 skole en bewaarskole bedien, met ’n sieletal van meer as 57 000 mense.
Kerkdienste binne Bo-Swaarmoed het gegroei van 30 mense op ’n Sondag tot 180 mense wat weekliks saamkom. Hierdie groei word toegeskryf aan die bediening se effektiewe betrokkenheid in mense se daaglikse lewens en die kontekstuele verstaan van bedieningspraktyk en menslike nood.
Patmos Arbeidsbediening se werk is wyd versprei en word deur toegewyde plaaslike leiers gedra:
Bo-Swaarmoed: ds. Cecil de Kock
Slanghoek: pastoor Allen Nicholas Eselfontein en Hamletpad: pastoor Callie Steenkamp
Boesmanland en dele van die NoordKaap: pastoor Clarence Uren Agter-Witzenberg en Tankwa Karoo: pastoor Lofty Baadjies
Xhosa bediening in die verskillende areas: evangelis Annie Gxumisa
Mylpaal
’n Belangrike mylpaal was die aanstelling van kinder- en jeugpastoor Karin de Wee, wat ’n BTh-graad aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het en vandag groot spronge maak in die ontwikkeling van die kinder- en jeugbediening.
“Ons bediening is geanker in die geloof dat elke mens, hoe ver of afgesonder ook al, kosbaar is in God se oë,” sê die direkteur van Patmos Arbeidsbediening.
“Dít is die dryfveer agter elke bybelstudie, elke beradingsessie, elke kinderprogram en elke gesinsprojek wat ons aanpak.”
Berading, pastorale ondersteuning en opheffing
Een van die belangrikste aspekte van die bediening is berading. Baie werkers op plase, pakhuise, fabrieke en skole dra swaar laste van armoede, gesinsprobleme, geweld en verslawing. Patmos Arbeidsbediening het dit ’n kernfokus gemaak om pastoraal en prakties by mense se lewens betrokke te wees.
Daarby is die bediening aktief betrokke in opheffings- en ontwikkelingsprogramme, wat insluit:
•GBV-bewusmaking en ondersteuning
•5-punt plan teen alkohol- en dwelmverslawing
•Waardes-ontwikkeling
•Toegerus vir die volgende week
•Dissipelskap
•Tienerswangerskap-voorkoming en begeleiding
•Saamstap met seerkry-kinders (in samewerking met Petra kinderbediening opleiding)
•Enkelmoeders-toerusting
“Ek het gevoel ek het nêrens om te draai nie,” vertel ’n moeder van Slanghoek. “Toe het Patmos my gehelp deur met my te bid en te luister. Vandag is ek sterker en ek weet ek hoef nie my pad alleen te stap nie.”
Bidure, eredienste en geloofsgemeenskappe
Elke week word bidure en eredienste regoor die streek aangebied - in kerksale, stoorplekke, pakhuise, fabrieke en selfs onder die bome. Hierdie byeenkomste is nie net plekke van aanbidding nie, maar ook waar die gemeenskap saamkom, mekaar dra en die Woord van God beleef.
Gemeenskapsuitreike
Patmos Arbeidsbediening reik ook jaarliks uit na die Chris Hani informele nedersetting buite Tulbagh en Reyterwacht in Kaapstad, waar basiese behoeftes aangespreek word met kospakkies, komberse en appels. In tye van droogte in die Noord-Kaap steek die bediening ook ’n helpende hand uit na boere en werkers. Verder bedien ds. Cecil de Kock op ’n roteerbasis ’n pakhuis in Villiersdorp, waar opheffing en ontwikkeling op grondvlak plaasvind.
Jeug- en kinderbediening Kinders en jongmense is die toekoms van elke gemeenskap.
Daarom lê Patmos Arbeidsbediening groot klem op jeug- en kinderbediening. Kinderbybelklasse, kampe vir jongmense, sportaktiwiteite en kreatiewe programme word weekliks aangebied. Hierdie projekte help kinders om sterk waardes te ontwikkel en gee jongmense hoop vir ’n beter toekoms.
Nog ’n mylpaal is die opleiding van plaaswerkers as kinderbedieningsleiers, sodat hulleself Bybelklasse en gesinsaktiwiteite in hul gemeenskappe kan fasiliteer.
Toerusting en strategiese samewerking Patmos se bedienaars woon kwartaalliks toerustingsessies by Stellenbosch Universiteit by, onder leiding van dr. Chris Jones, waar strategiese riglyne en nuwe bedieningsmodelle ontwikkel word.
Voorentoe kyk
Tydens die 30 jaar vieringe, het mense uit al die bedieningsgebiede saamgetrek om God te loof vir drie dekades se getrouheid. Daar was lofprysing, getuienisse en dankbaarheidmaar ook ’n sterk roepstem om vorentoe te kyk.
“Ons glo die volgende 30 jaar gaan net soveel vrug dra,” sê een van die jong leiers. “Die Evangelie moet steeds verkondig word - op die plase, in die pakhuise, in die fabrieke, in die skole en in die gemeenskappe. Ons taak is nog lank nie klaar nie.”
’n Lig wat bly skyn
Met drie dekades agter hulle staan Patmos Arbeidsbediening as ’n lewende bewys van hoe geloof, volharding en liefde ’n gemeenskap kan verander. Van die boorde van Ceres tot die werksplekke van die Boesmanland, van bidure in pakhuise tot gesinskampe in die berge, getuig hul verhaal van ’n eenvoudige waarheid: Christus se lig skyn helder, selfs in die mees afgesonderde plekke.
DE KOCK BOERDERY
BK Reg: 2013/152488/07 (023) 316-2823
Indien lesers en inwoners met leraars en pastore in aanraking wil kom:
Cecil de Kock 082-930-1921dekock.cecil.@gmail.com
Cordré Smith 082-809-2935 erfdeel@mweb.co.za
Wilhelm de Kock072-245-3889admin@dkboer.co.za
Marthinus de Villiers082-324-6751manager@cerescbi.co.za
Ds. Allen Nicholas082-695-7325 pastallen@gmail.com
Skakel Gerhard Smith vir kundige bystand met jou buitelandse valuta behoeftes by gerhard@kudafx.co.za
VIER rugbyspelers van Morrisdale primêr, Alex Alexander, Declan van Staden, Liqhawe Hinana en Marquin Persent, is opgeneem in die o/12 Witzenberg rugbyspan. Die seuns het op 22 en 23 Augustus aan die Boland proewe in Wellington deelgeneem.
LAERSKOOL Gericke het Dinsdag 19 Augustus hul redenaarsfinaal in die Claudetorium aangebied. Ses junior sprekers het deelgeneem en goeie toesprake gelewer. Die junior wenner was Catherine Clark met Gysbert du Toit (tweede) en Sophia Botha (derde).
CERES FRUIT GROWERS (PTY) LTD. EXCITING CAREER OPPORTUNITY, CERES, WESTERN CAPE
Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd, one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, requires an energetic and professional person for the following position at its Ceres plant:
CROP PROTECTION AND MARKET ACCESS SPECIALIST
The incumbent will report directly to the Manager: Producer Services and be part of a dynamic team that aims to maximize producers’ revenue potential.
RESPONSIBILITIES: • Management of pest control protocol and MRL’s • Liaison with growers on pest control protocol and MRL constraints of different markets / customers • Cooperation with chemical representatives and industry bodies regarding compliance with market residue requirements • Conducting physical orchard inspections and providing support to growers • Collection, interpretation and communication of spray programs and MRL results to clients in collaboration with chemical consultants • Handling administration and enquiries relating to customer needs in line with legal requirements.
AFTER THE CANDIDATE HAS SET TLED INTO THE TEAM, THE FOLLOWING TASKS MAY POSSIBLY BECOME PART OF THE ROLE: • Coordination of allocated production units (fruit specifications, pool selections, and orchard preparation strategies)
• Advising producers regarding market needs • Advising growers on setting up of spray programs in collaboration with chemical consultants.
ESSENTIAL QUALIFICATIONS, SKILLS, AND EXPERIENCE: • Tertiary qualification in Agricultural Sciences • Minimum 3 years’ experience in a similar work environment with excellent fruit knowledge • Excellent interpersonal skills (Afrikaans and English) • Excellent computer literacy (MS Office, specifically Excel) • Valid driver’s license and reliable own transport.
ADVANTAGEOUS: • Experience in Entomology or Horticulture within the pome fruit Industry • Successful completion of AVCASA training.
Please apply online stating clearly the position being applied for at www.m3online.co.za before 09:00 on 12 September 2025
For general enquiries, contact the team at M3 Human Capital Management on (021) 863-1444
IF YOU HAVE NOT BEEN CONTACTED WITHIN THREE WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ACCEPT THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL. In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups
LAERSKOOL Gericke het Dinsdag 19 Augustus hul redenaarsfinaal in die Claudetorium aangebied. Vyf senior sprekers het deelgeneem en goeie toesprake gelewer. Eduard Joubert was die senior wenner met Danike Myburgh in die tweede plek en Phia du Plessis (derde). * Die organiseerders wil die drie beoordelaars; Vaughn Lowe, Mike Geldenhuys en Natasha Dicey, bedank vir die harde werk.
As the Executive Mayor of Witzenberg Municipality, I am grateful to our Heavenly Father that we have received our 12th consecutive Clean Audit from the office of the Auditor-General of South Africa (AG).
A Clean Audit status is an indication that:
•the financial statements are free from any material misstatement,
•the municipality complies with the relevant legislation and regulations,
•the necessary controls are in place, and
•that the Annual Report is a true reflection of the municipality, as measured against the proposed targets.
I hereby express my appreciation to the council members and staff of the municipality for their dedication in these challenging times.
Mayco Members and Directors
Trevor Abrahams Executive Mayor
Corporate Services
Committee
ELEKTRISITEIT TARIEWE
‘n Koste van voorsieningstudie ten opsigte van elektrisiteit voorsiening is deur die Munisipaliteit onderneem, die tariewe word vanaf 1 Julie 2025 tot die 2027/2028 finansiële jaar infaseer. Die doel van die studie soos vereis deur NERSA is om te bepaal wat die werklike koste vir die lewering van elektrisiteit aan verskillende verbruikers te bepaal.
Sekere uitgawes word as vaste uitgawes beskou, uitgawes wat nie beinvloed word deur die werklike verbruik van elektrisiteit nie. Hierdie uitgawes moet deur die vaste heffings soos basiese fooie en kapasiteitheffings gefinansier word.
Elektrisiteit tariewe vir huishoudelike verbruikers met krediet meters is soos volg aangepas: 2024/20252025/2026Aanpassing
Basies135.65Nuut
Kapasiteit heffing per Amp.6.88Nuut
0 - 600 kWh2.932.33-20.4%
601 en meer kWh4.713.96-15.8%
Daar word beraam dat die elektrisiteitskoste vir ‘n residensiële verbruiker met ‘n kredietmeter, 60 Amp-aansluiting en ‘n elektrisiteits verbruik van 800 kWh per maand met 11.3% sal styg. Verbruikers het die keuse om die aansluitings grote (Amp) te verminder, maar dit kan beter beplanning van elektrisiteit gebruik noodsaak, alle toerusting kan dalk nie gelyktydig gebruik word nie.
Gelukkig het NERSA die voorafbetaalde elektrisiteitstariewe vir 2025/2026 sonder enige vaste kostes goedgekeur. Gebruikers het dus 'n verdere opsie om oor te skakel na 'n voorafbetaalde elektrisiteit meter. Local Economic Development Committee Technical Services Committee
WITZENBERG INDIGENT DRIVE
Witzenberg Municipality will be embarking on an Indigent Drive as from 5 September 2025 to sign up new qualifying beneficiaries and renew the benefits of existing beneficiaries
10 l WITZENBERG HERALD l 29 AUGUST 2025
VRIENDE van die Oorlogsmuseum, Wes-Kaap-tak, bied ‘n insiggewende Angloboereoorlog toer aan die naweek van 12-14 September. Die toer skop Vrydagaand, 12 September af by die Togryers museum op Ceres. Die bekende prof. Erik Holm, is die hoofspreker en gaan gesels oor “Rytuie en Trekkrag tydens die Anglo-Boereoorlog” Indien jy die aand wil bywoon kan jy jou plek bespreek by die museum (023) 312-2045. Koste beloop R60 p.p. en sluit ‘n ligte ete in. Vir meer besonderhede oor die toer kan Peter Greeff geskakel word by 082-423-4606 of peter@orchman.com
SATERDAG 26 Julie het drie gewapende mans die Chinese eienaars van Jumbo drankwinkel op Ceres van derduisende rande beroof. Speurders het na ‘n uitgebreide ondersoek vir Tsoene Lekaota (24) van Lesotho in hegtenis geneem. Lekaota het Saterdae as sekuriteitswag by die drankwinkel gewerk. Die saak is tot 27 Augustus uitgestel. * CCTV beeldmateriaal van die drie verdagtes is deur die polisie uitgereik in die hoop dat die gemeenskap van hulle sal herken. Skakel (023) 3168500 indien jy een van die mans herken.
SLEGS vier dae nadat ‘n drankwinkel op Ceres van derduisende rande beroof is, het rowers ‘n winkel in Vosstraat beroof. In beide gevalle het die polisie CCTV fotos van die verdagtes vrygestel maar na ‘n maand kon die gemeenskap nie help om die verdagtes te identifiseer nie. Drie gewapende rowers het op 30 Julie by Ceres Popin Express (ou OK) ingestap en hulle van R30 000 beroof. * CCTV beeldmateriaal van twee verdagtes is deur die polisie uitgereik in die hoop dat die gemeenskap van hulle sal herken. *Skakel (023) 316-8500 indien jy een van die mans herken.
Ceres Sekondêr
DERBY
2025
30 Augustus 2025
Ceres Sportgronde (Rooikamp)
Optog van skole...................... 07:30
Opening + ver welkoming 07:45
Netbal 12:05
Rugby 14:30
Oorhandigings 16:00
Bella Vista Hoërskool
Derby tussen Ceres Sekondêr en Bella Vista Hoërskool wat plaasvind op Saterdag 30 Augustus 2025. Die hoofingang van die winkel is opgemaak met baniere en plakkate en daar is selfs ‘n koek, cupcakes en doughnuts gebak in Sekkies en Bella se kleure. Kom maak gerus ‘n draai in die winkel.
Voor v.l.n.r:Yuron Lintnaar, Ruaan Koopman, Richie Engelbrecht, Kieraan Krotz, mnr. Blom, Bonke Mazomba, mnr. van Huffel, Zandre Williams, Reon Onrust.
Voor v.l.n.r:Christiano Baartman, Harold de Silva, mnr. B. Fredericks (afrigter), mnr. W. Hector (kondisioneringsafrigter), Jeandre Krotz (kaptein), Girsh-rick Smith
IN Julie 1964 word ‘n erf in Nuwe Dorp vir R200 deur wyle Fanie van der Merwe gekoop.
Op 19 Januarie 1965 word ‘n eenvertrek skoolplan goedgekeur waarna Laerskool Koue Bokkeveld sy deure met 10 kinders open. Die skool het gedurende hul eerste bestaansjaar, slegs een onderwyser (ook die skoolhoof) me. Bettie Gerber, aan die stuur van sake saam met ‘n skoolkomitee van drie lede - Carl van der Merwe (voorsitter), Willie van der Merwe en Jan van Bosch (sekretaris). Nuwe skoolgebou
In 1989 word die nuwe skoolgebou opgerig in die jaar wat die skool hul 25ste bestaansjaar met 84 leerlinge vier.
In ‘n destydse koerant staan daar geskryf: Min skole op die platteland groei nog en die Laerskool Koue Bokkeveld is een van die uitsonderinge met steeds stygende leerlinggetalle.
Vandag 60 jaar later, leef Laerskool Koue Bokkeveld elke dag sy leuse van: Net die Beste. “Ons glo dat elke leerder van ons hegte skoolfamilie hul beste moet kan uitleef, in die prag en wonderlike natuurskoon wat ons gegun word hier in die Koue Bokkeveld. Dankie vir elkeen se ondersteuning. Ons weet ons sal van krag-tot-krag gaan in die toekoms: altyd besig om uitnemendheid na te streef, ons waardes te leef en dit aan die volgende generasie oor te dra”
Kort hoogtepunte:
30 Julie 1964: Fanie van der Merwe koop ‘n erf op Op-die-Berg
19 Januarie 1965: Die skool word amptelik geopen
1967: Die skool kry ‘n nuwe skoolhoof, Dennis Mostert. Twee jaar later (1969) word dit ‘n tweemanskool met 23 leerders.
17 September 1972: Die skool hou sy eerste skoolkonsert in die Bergsig Koöp se nuwe stoor.
1975: Nuwe skoolhoof, Hannes Klem, begin sy termyn. Dit is nou ‘n driemanskool met 38 leerlinge.
1977-1989: Gerrie Berner rig tennis af by die Laerskool Koue Bokkeveld. Handri Westman help hom later jare met afrigting.
1977: Leon van Rooyen word skoolhoof.
1978: Cecile (Nonna) du Toit speel o/12 rugby om die span vol te maak en druk ‘n wendrie.
1980-1983: Danie Coetzee word as skoolhoof aangestel. Die skool het nou 70 leerlinge. Die skool word 15 jaar oud en gee ‘n gedenkblad uit.
1983-1992: Tertius Visser word skoolhoof. Die skool het nou 75 leerders. Die skool spog met twee skoolbussie: Die Skip en die Ark.
1986: Marjorie van der Merwe (Prins) verwerf Springbokkleure in atletiek.
1988: Inwyding van die skool se rugbyveld.
1989: Nuwe skoolgebou word geopen.
1990: Bettie du Plessis sluit die ou skool se deur en trek na die nuwe skoolgebou. Skool vier 25 jaar met ‘n Lodilla konsert.
1993-1996: Abre Gerber is die skoolhoof.
1997-2005: Neels du Toit is die skoolhoof.
1998: Die Neelsie word opgerig op die wal en dien as snoepie.
2000: Oudleerder De Wet Barry speel sy eerste wedstryd vir die Springbokke.
Dogs and all
Baie geluk met jul 60ste bestaansjaar LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD
Dit is vir ons ‘n voorreg om vir julle van diens te wees.
2006-2010: Hein Mostert is die skoolhoof.
2011: Die rugbyveld word gedraai om twee velde te maak. Breyton Paulse skenk die rugbypale. Pre-graad R trek in by Laerskool Koue Bokkeveld.
Maryna Meyer verwerf S.A. Skole kleure in muurbal o/14.
2011-2016: Wilhelm (Choppie) van der Merwe is die skoolhoof.
2013: Bronaar plase skenk ‘n klaskamer vir pre-graad R. 2015: Die skool raak 50 jaar oud en hou ‘n konsert met Jak de Priester.
2016: Pieter de Bruyn is die skoolhoof.
2018: Twee krieketnette word opgerig. Twee tennisbane en ‘n netbalbaan word opgerig by die skool. Die skool kry ‘n webblad en Frans van der Merwe word ‘n S.A. gimnas. In dieselfde jaar word Inge van der Merwe as Mej. Junior Teen Universe aangewys.
2020: Covid
2021: Net die beste koop ‘n nuwe groot skoolbus vir die skool.
2022: Die toneelgroep wen trofee vir die beste produksie by Charlie Hofmeyr se toneelfees. Die eerste tennisspan wen die Sun City Egalite tennistoernooi en Zak Oosthuizen word gekies vir die S.A. Skole o/13 tennisspan.
2023: Gr. R -7 besoek Tafelberg.
2024: Die WKOD vervang twee opslaanklasse en bou twee nuwe klasse aan.
2025: Die skool vier hul 60ste bestaanjaar in Oktober.
Baie geluk aan die Laerskool Koue Bokkeveld met die viering van jul 60ste bestaansjaar. Wonderlike herinneringe en ’n kosbare nalatenskap.
Baie geluk Laerskool Koue Bokkeveld met jul 60ste bestaansjaar. 086-006-1002 www.dogsandall.co.za
Laerskool Koue Bokkeveld, hartlik geluk met jul 60ste verjaarsdag. Dis is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosieer te wees.
Sport is our Game www.disasports.co.za
KOUE BOKKEVELD ☎ ☎ (022) 921-3536
Kunje Boerdery wens Laerskool Koue Bokkeveld hartlik geluk met hul 60ste bestaansjaar. Toegewydheid, uitmuntende diens en gehalte lei tot sukses.
BELMONT
Op-die-Berg, Koue Bokkeveld ☎ ☎ (023) 317-0605
Baie geluk LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD met jul 60ste bestaansjaar.
Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.
30 Julie 1964: Fanie van der Merwe koop ‘n erf op Op-die-Berg
OP 19 Januarie 1965 word ‘n eenvertrek skoolplan goedgekeur waarna Laerskool Koue Bokkeveld sy deure met 10 kinders open.
DIE skool het gedurende hul eerste bestaansjaar, slegs een onderwyser (ook die skoolhoof) me. Bettie Gerber, aan die stuur van
LAERSKOOL
KOUE BOKKEVELD
Baie geluk met jul 60ste bestaansjaar. Ons wens julle alles van die beste vir die toekoms.
(023) 315-5603
Die Direksie en Personeel van De Keur Groep wens LAERSKOOL
KOUE BOKKEVELD van harte geluk met hul 60ste bestaansjaar.
MARJORIE van der Merwe (Prins) verwerf Springbokkleure in atletiek.
FRANS van der Merwe word ‘n S.A. gimnas.
2000: Oudleerder De Wet Barry speel sy eerste wedstryd vir die Springbokke.
INGE van der Merwe word as Mej. Junior Teen Universe aangewys.
Ons beste wense vergesel LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD met die viering van julle 60ste bestaansjaar!
Die Direksie en Personeel van Dutoit Groep is dankbaar vir hoë standaard opvoeding en -opleiding wat deurlopend dinamiese leiers, goeie ouers en suksesvolle sakelui oplewer.
Baie geluk aan Laerskool
Koue Bokkeveld met jul 60ste verjaarsdag!
Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle geassosieer te word.
Kom kyk die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks by ons
083-227-6476
SECURE YOUR PROPERTY WITH CCTV CAMERAS and ALARM SYSTEMS www.jptek.co.zawww.jptek.co.za www.jptek.co.za
Whatsapp of skakel 082-821-3610
Joubertstr. 16, Ceres Ma - Vry: 08:00 - 17:00 Vakansiedae: Gesluit Ons tel op en Ons op Ons tel op en Ons op lele leww ww weraferaf eraferaf er af op op op op op spesialespesiale vv verer erer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld
Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie
Skakel Ernest (023) 316-1117
Friedel Schuurman
1973/12/06 - 2025/08/24
ROUDIENS: Donderdag, 28 Augustus Kerk: 19:00 V.G.K. Ceres
Boeta, die skok is groot. Die verlies nog groter. Jy is vir ewig in ons harte gegraveer. Lief vir jou. Marice en Christo Bevin en Kaylynne
Friedel Schuurman
My liewe man
Ek het nie woorde vandag om te beskryf hoe ek voel nie, maar weet ek gaan jou so baie mis en sal jou altyd, altyd lief hê. Jou vrou Liani
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
Skoonvlei Industrial Bassi Business Park 4 Edison Street, Ceres Mechanical workshop • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more
André du PAndré du P André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
CHIEF MPONDA HERBALIST All problems solved: •Love •Financial •Job •Court cases •Evil spirit and many more Please call 067-891-4114 WhatsApp 073-144-1844
TWEE landlopers van Morrisdale primêr, Paisley Manuel (meisies o/9) en Moneefah Prins (meisies o/10), is opgeneem in die Boland landloopspan wat op 30 Augustus aan die Wes-Kaap landloopkampioenskappe op Stellenbosch gaan deelneem.
Delicious wen
DIE rugbyseisoen
staan einde se kant toe met slegs vier wedstryde wat die naweek gespeel is.
Saterdag 30 Augustus vind slegs een wedstryd plaas tussen die ligavoorlopers Roses United en Bella Vista. Delicious het Saterdag hul wedstryd teen Evergreens Paarl met 21-17 gewen terwyl Ceres onverwags teen die agteros, Temperance verloor het. Temperance het 20-17 gewen. Roses United het hul segetog voortgesit en met 28-15 gewen teen Hillcrest terwyl Newtons vir Young Blues met 29-17 geklop het.
Laaste twee wedvlugte
Slegte weer laat duiwe sukkel om hokke te bereik
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 16 Augustus
op Beaufort Wes en Leeu Gamka gelos.
Die weer was baie sleg terwyl ‘n sterk
wind die duiwe se terugtog bemoeilik het. Cyril en Ann Davids se duif het die Beaufort Wes WRPU uniale wedvlug gewen asook die Ceresvallei Federasie. Meyer en Van Wyk se duif wen die Leeu Gamka Ceres Federasie wedvlug. Ceresvallei Federasie
Wedvlug Beaufort Wes
1. Cyril en Ann Davids - 1196.378 mpm
2. Camerin Mars -1196.004 mpm
3. Camerin Mars -1195.714 mpm
4. Meyer en Van Wyk -1195.012 mpm
5. Nathan Jacobs -1193.301 mpm
Ceresvallei Federasie
Wedvlug Leeu Gamka
1. Meyer en Van Wyk -1094.871 mpm
2. Meyer en Van Wyk -1093.858 mpm
3. Camerin Mars -1089.646 mpm
4. Gilbert lofts -1085.680 mpm
5. Pat Prins - 1042.019 mpm
CHPS
Wedvlug Beaufort Wes
1. Cyril en Ann Davids - 1196.378 mpm
2. Team Koopman ARL -1189.020 mpm
3. Van Rooy Lofts - 1173.492 mpm
4. Van Rooy Lofts - 1173.492 mpm
5. Cyril en Ann Davids - 1157.035 mpm
CHPS
Wedvlug Leeu Gamka
1. Cyril en Ann Davids - 1034.877 mpm
2. Cyril en Ann Davids - 1011.448 mpm
3. Cyril en Ann Davids - 1002.501 mpm
4. Team Koopman ARL -992.231 mpm
5. Mauritius Lofts -978.174 mpm
BHPS
Leeu Gamka Ope 3
1. Emile Arries -1099.416 mpm
2. C. Vergotine -1084.855 mpm
3. C. Vergotine -1068.927 mpm
4. Emile Arries -1036.161 mpm
5. Emile Arries -1033.506 mpm
BHPS
Leeu Gamka jaaroud 3
1. Emile Arries -1053.396 mpm
2. Emile Arries -1035.881 mpm
3. Emile Arries -1034.203 mpm
4. Emile Arries -1025.209 mpm
5. Roberto van Wyk -1019.024 mpm
WEDVLUGDUIWE is Saterdag 23 Augustus op Vryburg vir hul eerste ultra-langafstand wedvlug losgelaat. Dit was ‘n bitter moeilike wedvlug en duiwe het eers Sondag hul hokke bereik. Slegs enkele duiwe het Sondag die wedvlug voltooi. Die WRPU uniale vlug is deur Gilbert Lofts van Wolseley gewen. Hulle het ook die Ceres Federasie wedvlug gewen.
Duiwe is Sondag vir die tweede vlug op Kimberley gelos. Dit was ook ‘n moeilike vlug. Team Koopman ARL wen die uniale wedvlug asook die Ceresvallei Federasie en hul duiwe behaal die eerste asook tweede plekke.
Saterdag 30 Augustus vlieg duiwe vanaf Prieska.
Ceresvallei Federasie
Wedvlug Vryburg
1. Gilbert lofts - 1043.833 mpm
2. Marius Koopman -984.442 mpm
Ceresvallei Federasie
Wedvlug Kimberley
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Witzenberg Herald
Sport
Karatekas verwerf 18 medaljes by kampioenskappe
SENSHI Dojo, ‘n karateklub op Ceres, se studente het Saterdag 16 Augustus uitgeblink by Kaapse Wynland uitnodigingskampioenskappe. Die toernooi het by Hugo Rust in Wellington plaasgevind waar hulle groot sukses behaal het. Elf karatestudente het deelgeneem en 18 medaljes verower. Vir vier jong karatekas, Dylan Cloete, Ireasha Green, Maisha Mars en Jano Hanekom, was dit hulle eerste kompetisie waar hulle deelgeneem het.
AGTER: Dylan Cloete, Bellanè Vermeulen, Roman Hough, Retief Spence en Ruan du Preez. VOOR: Le Roux Hough, Ireasha Green, Maisha Mars en Jano Hanekom. AFWESIG: Adriel Ndlovu en Tylor Engelbrecht.
Enter online: https://www.entryninja.com
Closing date for pre-entries: 11 October 2025
RACE NUMBER COLLECTION: Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45
YOU IN CERES!
Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com
CHARLIE Hofmeyr hoërskool het die afgelope naweek hul jaarlikse Interskole byeenkoms teen Robertson aangebied. Die o/19A spanne het almal hulle beste gegee. Meisieshokkie het die trofee gedeel, seunshokkie het gewen, en die skool se gholf- en netbalspan het goeie oorwinnings op hul tuisveld behaal. Die eerste rugbyspan het egter hul wedstryd verloor. VLNR: Bea Potgieter (meisieshokkie), Jaun Visser (seunshokkie), Jan van der Merwe (skoolhoof), Charl Conradie (gholf) en San Mari Prins (netbal).
LAERSKOOL Gericke se o/13A-rugbyspan het die 2025 rugbyseisoen op ’n besonderse noot afgesluit.
Rugbyspan maak geskiedenis
LAERSKOOL Gericke se o/13A-rugbyspan het die 2025 rugbyseisoen op ’n besonderse noot afgesluit.
Die span het nie net al hul wedstryde dié seisoen gewen nie (behalwe een gelykop teen Wesbank), maar hulle het ook drie skoolrekords laat spat.
Die rekords wat vanjaar in die slag gebly het was: die meeste punte aangeteken in ’n seisoen, die minste punte in ‘n seisoen afgestaan en die eerste rugbyspan in die skool se geskiedenis wat ’n hele seisoen onoorwonne voltooi het.
Onder leiding van toegewyde afrigters, Gunther von Bentheim en Pieter Basson, het hierdie groep jong spelers goeie dissipline, spanwerk en talent ten toon gestel.
Dié afrigtersduo spog die afgelope vier jaar met ’n indrukwekkende wenrekord van 72%. Die 2025 seisoen se prestasie is sonder twyfel die kroon op hul harde werk.
Die span het 19 oorwinnings behaal met een wedstryd wat gelykop geindig het. In 11 van hul wedstryde het hulle hul teenstanders met geen punte huistoe gestuur - ’n duidelike bewys van hul klipharde verdediging.
Die span het 593 punte aangeteken en slegs 125 afgestaan. Hulle het ook oorwinnings behaal oor Eikestad, Courtrai, Hugenote en Robertson.
Goeie seisoen
“Wat hierdie span so besonders maak, is nie net hul vermoë om te wen nie, maar hul samehorigheid, nederigheid en harde werk. Elke speler het sy rol perfek vervul en die span het gespeel met ‘n vlak van volwassenheid wat ver bo hul ouderdom uitstaan”.
Die 2025 o/13A-rugbyspan van Laerskool Gericke het nie net al hul wedstryde gewen nie - hulle het ’n nalatenskap van uitnemendheid agtergelaat.