Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.31 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

VOLUME 28 NO. 31

R 10

FRIDAY, 15 AUGUST 2025

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

Saak al in 2023 aangemeld - verhoor begin nou op Wolseley

Donderdag Vrydag Saterdag Sondag 15 September 16 September 17 September 18 September

4° 19°

4° 19°

5° 18°

CERES KOEKEDOUW DAM

100% TULBAGH DAM

100% WAVERENSKROON TULBAGH

54%

Lesings geneem: 2025/08/13

5° 21°

DIE verhoor van ‘n Wolseley-inwoner wat van verkragting aangekla word, het verlede week in die streekhof begin. Die saak is reeds in Oktober 2023 aangemeld. Charl Botes (42) word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie. Die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind. Botes, wat onskuldig pleit op die aanklagte teen hom, is kort na die voorval gearresteer en aangehou voordat borgtog van R2 000 in November 2023 aan hom toegestaan is. Hy moet steeds aan streng borgvoorwaardes voldoen. Die slagoffer het nou begin getuig. Die saak is tot 27 Augustus uitgestel wanneer die verhoor voortgesit sal word.

(023) 312-2144 l CERES

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Beukes (27) gevonnis MEER as 7 jaar nadat ‘n jongman op Ceres vermoor is, is sy moordenaar verlede week gevonnis. Die verhoor van Llwellyn Beukes (27) het jare lank gesloer weens ondermeer met die transkripsie van hofrekords, tientalle uitstelle, ‘n prokureur wat oorlede is en selfs ‘n getuie of twee wat nie in die verhoor getuig het nie. Beukes is verlede week in die streekhof skuldig bevind aan manslag. Hy is 5 jaar gevangenisstraf opgelê waarvan 5 jaar ingeheel vir vyf jaar opgeskort is. Dood Jason (Pakkie) Petersen (28),

‘n oudwerknemer van Ceres Fruit Juices, is op 25 Maart 2018 omstreeks 03:30 met ‘n mes in die bors gesteek. Hy is op die toneel in Cillierstraat in die industriëlegebied op Ceres dood. Beukes is later gearresteer waarna hy die polisie na ‘n huis geneem het waar daar op die bebloede mes beslag gelê is waar hy dit bo-op ‘n kas weggesteek het. Navrae onbeantwoord Verskeie versoeke oor die jare aan die nasionale vervolgingsgesag en die departement van justisie, oor hoekom die saak so gesloer het, het op dowe ore geval.

Kirsten Minnaar kry 15 jaar gevangenisstraf vir moord SKAARS 10 maande nadat ‘n jong man weens moord in die Wolseley hof verskyn het, is die saak die week afgehandel na ‘n pleitooreenkoms met die staat gefinaliseer is. Kirsten Minnaar (19) het op 18 November 2024 vir Marlin Fortuin (33) op Ou Stasie buite Wolseley, met ‘n mes doodgesteek. Fortuin is ondermeer in die gesig gesteek, teen sy kop asook twee keer in sy bolyf. Die voorval het omstreeks 14:15 plaasgevind nadat Fortuin en Minnaar in ‘n onderonsie betrokke geraak het. Minnaar is na die moord deur die Wolseley polisie gearresteer nadat hy van die toneel in Piet Retiefstraat weggehardloop het. Streeklanddros Tonisi het Minnaar, wat ‘n eerste oortreder is, die voorgeskrewe 15 jaar gevangenisstraf opgelê. Vyf jaar hiervan is opgeskort wat beteken Minnaar sal effektief 10 jaar gevangenisstraf moet uitdien.

Drie familielede sterf in botsing

DRIE lede van ‘n St. Helenabaai familie is dood en ses ander mense is ernstig beseer nadat ‘n Toyota dubbelkajuitbakkie en ‘n vragmotor van La Grange vervoer van Tulbagh, in ‘n kop-aan-kop botsing betrokke was. Die ongeluk het Vrydag 8 Augustus omstreeks 06:20 in digte mis tussen Voëlvleidam en Hermon plaasgevind. Drie kinders en die bestuurder van die bakkie, Peter Alexander (41), asook drie insittendes van die vragmotor, is na ‘n hospitaal in die Paarl vir behandeling geneem. Die bestuurder en een van die kinders is al uit hospitaal ontslaan terwyl twee kinders nog in die hospitaal behandel word. * Randy (Fillies (24), sy suster, Rachéma Fillies (31) en hul ma, Heidie Alexander (48), is opslag dood in die ongeluk. Die insittendes van die bakkie was onderweg na ‘n begrafnis in Mosselbaai en die vragmotor het appels na die Kaapstad mark vervoer.

@CBIR we provide expert refrigeration contracting services for industrial clients across South Africa. With a team of experienced professionals, we offer customized solutions that meet the unique needs of each client. Our services include: • Technical Assessment (Site inspection & optimization) • Projects (Installation & commissioning) • General maintenance. • Repair of industrial refrigeration equipment. • SCADA Systems & reporting. Ensuring our clients operations run smoothly and efficiently. (021) 300-0952 | www.cbir.co.za | info@cbir.co.za | 079-741-5389


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook