WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 30
R 10
FRIDAY, 8 AUGUST 2025
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 7 Augustus
Vrydag 8 Augustus
Saterdag 9 Augustus
0° 18°
4° 21°
4° 17°
Sondag 10 Augustus
4° 17°
CERES KOEKEDOUW DAM
97,6% TULBAGH DAM
10 0% WAVERENSKROON TULBAGH
MEAL IT!
52%
Lesings geneem: 2025/08/06
(023) 312-1916 CERES
Add a 440ml buddy
11680
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Rowers slaan toe op nog 'n Ceres-winkel VERDAGTE 1
VERDAGTE 2
VERDAGTE 3
SLEGS vier dae nadat ‘n drankwinkel op Ceres van derduisende rande beroof is, het drie rowers op nog ‘n winkel in Vosstraat toegeslaan. Drie rowers het verlede Woensdag omstreeks 07:10 by Ceres Popin Express (ou OK) ingestap en geld van ‘n personeellid en die eienaar geëis. Die twee is met vuurwapens na die kantoor gedwing waar hulle R30 000 aan die rowers gegee het voordat die onbekende mans op die vlug geslaan het. Polisie het na dié voorval, sakelui gewaarsku om nie groot bedrae kontant op hul persele te hou nie en eerder die geld te gaan bank. Drankwinkel roof Derduisende rande is Saterdag 26 Julie tydens ‘n besigheidsroof op Ceres gesteel. Drie tot vier mans het kort na sluitingstyd by die Jumbo drankwinkel in Voortrekkerstraat toegeslaan en die Chinese eienaars van duisende rande beroof. Drie mans met handwapens het omstreeks 17:05 by die winkel ingestap terwyl personeel en een van die eienaars besig was om geld te tel en dit in ‘n kluis te sit. Een rower is na die stoorkamer, een het in die drankwinkel gestaan terwyl ‘n derde rower na die kantoor is. Hier het hy een van die eienaars met die vuurwapen oor die kop geslaan voordat hulle ‘n groot bedrag geld uit die kluis geneem en op die vlug geslaan het. Die mans het saam met ‘n vierde man wat buite gewag het, verby Britos gehardloop en in die middedorp verdwyn. Speurders het ‘n uitgebreide ondersoek geloods en Dinsdag 29 Julie ‘n verdagte ondervra. Die verdagte, Tsoene Lekaota (24) van Lesotho, wat Saterdae as sekuriteitswag by die drankwinkel gewerk het, is inhegtenis geneem en aangekla. Hy het Woensdag 30 Julie vlugtig in die hof verskyn voordat die saak tot 6 Augustus uitgestel is. CCTV beeldmateriaal van die verdagtes is die week deur die polisie uitgereik in die hoop dat die gemeenskap van hulle sal herken. Die Chinese winkeleienaars het na die roof aan die polisie gesê dat nagenoeg R850 000 geroof is. Van die geld het hulle blykbaar gespaar om ‘n voertuig te koop.
DIE Wes-Kaapse departement van gesondheid en welstand het, in samewerking met die Kinderhospitaaltrust en vennote, die wêreldklas brandwondsorg wat by die Rooi Kruis kinderhospitaal verskaf word, na die Kaapse Wynland gebring. Die eerste brandwondeenheid vir kinders is Donderdag 31 Julie by Ceres hospitaal geopen VLNR: Dr. Anita Parbhoo (hoof van die Rooi Kruis kinderhospitaal), Chantel Cooper (hoof van Kinderhospitaaltrust), rdl. Trevor Abrahams (burgemeester), Mireille Wenger (Wes-Kaapse minister van gesond-heid en welstand) en dr. Elton Titus (mediese bestuurder van Ceres hospitaal).
Man bly agter tralies na verkragting van meisie (15) DIE verkragtingsaak teen ‘n Ceres inwoner (30), is begin Julie na die streekhof oorgeplaas. In Oktober 2024 was ‘n 15-jarige meisie van Ceres, die slagoffer van ‘n verkragting. Die voorval het gedurende die naweek van 3 Oktober 2024 in die parkie langs Naudéstraat, plaasgevind. Volgens hofdokumente het die meisie die betrokke dag saam met ‘n vrou (33) in die parkie gedrink. Die verdagte, wat sy nie geken het nie, het saam met ‘n vriend daar
aangekom en saam met hulle begin drink. Later is die vrou en die vriend daar weg waarna die verkragting en seksuele aanranding plaasgevind het. Uitgestel Die saak is reeds meer as 15 keer uitgestel en is nou na die Ceres streekhof oorgeplaas. Die verdagte moet weer op 12 November in die hof verskyn. Hy bly in aanhouding (skedule 6 misdryf) na ‘n onsuksesvolle borgaansoek in Februarie vanjaar.
ALLE TOYOTA VOERTUIG EIENAARS
URGENT TAKATA AIRBAG RECALL FREE SAFETY CHECK DONE WITH RECALL VEHICLES Toyota is one of 19 Manufacturers that are equipped with Takata airbags, some of which may be faulty. As a precautionary measure we, CERES TOYOTA, urge you to visit our Dealership so that we are able to assess whether your vehicle is part of this all important recall. Such a visit is a mere 5 minutes of your time.
Please visit us at 112 Voortrekker Street, Ceres or send us a picture of your vehicles licence disc to: 082-565-9479 or richard@cerestoyota.co.za