‘n G4S geldwa het Maandag 28 Julie omstreeks 12:30 in die Koue Bokkeveld omgeslaan nadat ‘n wiel na bewering gebars het. Twee sekuriteitswagte is lig beseer. Die een beseerde is na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Na die ongeluk moes daar eers vir ‘n ander geldwa gewag word om die voertuig weg te sleep.
Madame et Monsieur is a sculpting and reshaping treatment that uses electro-slim technology to tone and firm the body.
DERDUISENDE rande is die naweek tydens ‘n besigheidsroof op Ceres gesteel.
Drie tot vier mans het Saterdag 26 Julie kort na sluitingstyd by die Jumbo drankwinkel toegeslaan en die Chinese eienaars van duisende rande beroof. Drie mans met handwapens het omstreeks 17:05 by die winkel in Voortrekkerstraat ingestap terwyl personeel en die eienaar besig was om geld te tel en dit in ‘n kluis te sit. Een rower is na die stoorkamer, een het in die drankwinkel gestaan terwyl ‘n derde rower na die kantoor is. Hier het hy een van die eienaars met die vuurwapen oor die kop geslaan voordat die rowers ‘n groot bedrag geld uit die kluis geneem en op die vlug geslaan het.
Die mans het saam met ‘n vierde man wat buite gewag het, verby Britos gehardloop en in die dorp verdwyn.
Ondersoek
Speurders het met ‘n uitgebreide ondersoek begin. Een persoon is Dinsdag ondervra en leidrade word nog opgevolg. CCTV beeldmateriaal van die verdagtes sal later versprei word aangaande die ondersoek vorder.
Die Chinese winkeleienaars het aan die polisie gesê dat nagenoeg R850 000 geroof is. Van die geld het hulle na bewering gespaar om ‘n voertuig te koop.
Moord en roof
In twee ander voorvalle oor die naweek is ‘n man in Nduli dood nadat hy met ‘n mes gesteek is en ‘n man is van ‘n selfoon beroof.
Die moord het Saterdagaand omstreeks 18:54 in Phumlastraat plaasgevind. Die roof is Vrydagaand omstreeks 23:00 aangemeld nadat die klaer eers met ‘n vuurwapen gedreig is voordat die dief met ‘n selfoon gevlug het.
CERES Lionsklub het onlangs wintersklere en serpe aan inwoners van Huis Pieter Strauss geskenk. Die skenking gaan die winter ‘n groot verskil maak in die bejaardes se lewens. Huis Pieter Strauss bedank ook die Lionsklub vir die skenking van ‘n bril aan een van hul inwoners. “Ons kan nie genoeg dankie sê vir die wonderlike inisiatief nie!”
Annie Brown kliniek op Ceres help plaaslike haweloses
PERSONEEL van die Annie Brown kliniek en Norsa het onlangs weer uitgereik na haweloses van Ceres en hulle bloeddruk geneem, suikervlakke gemeet asook HIV en TB toetse gedoen. “Ons bedank elkeen vir hul omgee en toegewyde werk wat hul doen en verskaf aan haweloses”.
Kunje Boerdery is ‘n gevestigde vrugteboerdery in die Koue Bokkeveld.
ADMINISTRATIEWE BEAMPTE
Die ideale kandidaat is gekwalifiseerd en/of beskik oor toepaslike ondervinding. Die kandidaat moet onafhanklik en in spanverband kan werk, dinamies en energiek wees.
HOOF VERANTWOORDELIKHEDE SLUIT IN:
•Ontvangsarea bestuur;
•Gastehuis besprekings en -bestuur van onderhouden skoonmaak personeel;
•Administratiewe take vir plaaswinkel en créche;
•Algemene administratiewe take vir kantoor.
VEREISTES:
•Uitstekende kommunikasie- en rekenaarvaardighede (insluitend Microsoft Word en Excel);
•Beide Afrikaans en Engels magtig (verbale en skriftelike kommunikasie);
•Netjies, georganiseerd en moet effektief onder druk kan werk;
•Beskik oor geldige rybewys;
•Gesonde en sober gewoontes.
Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket volgens kwalifikasies en ondervinding aan die pos gekoppel.
RIG ASB. U A ANSOEK EN VERKORTE CV (MAKS. 4 BL.)
MET VERWYSINGS, PER E-POS A AN: leoni@kunje.co.za
AANSOEKE SLUIT: 8 Augustus 2025
DIENSA ANVA ARDING: So spoedig moontlik. Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
Heuningkwas of .....HARDEKWAS
Francois Snyman
Gratis (goeie) raad aan FB-krygers
VIR baie inwoners draai die lewe skynbaar net om sosiale media - Facebook, Instagram en TikTok. Whatsapp val ook onder sosiale media maar word meer oordeelkundiger bestuur deur gebruikers as die ander platvorms.
Hier is ‘n belangrike kennisgewing vir plaaslike inwoners maar ook vir ander landsburgers en sosiale media ridders en helde.
Die Julie-appelhofuitspraak oor laster op Facebook moet as ernstige waarskuwing dien rakende die publikasie van enige beweringe op sosiale media, insluitend die lewer van kommentaar en dat bogenoemde met omsigtigheid benader behoort te word.
Laster: Laster is die opsetlike aantasting van ‘n ander se reg op hul goeie naam of breedvoeriger gestel, laster is die onregmatige, opsetlike publikasie van woorde of gedrag aangaande ‘n ander wat die strekking van daardie persoon se aansien, goeie naam of reputasie te ondermyn.
Dit was nog altyd die Suid-Afrikaanse reg se posisie dat nie net die persoon wat die aanvanklike laster beweringe publiseer nie, maar ook enige persoon wat die beweringe herhaal, beaam of selfs net die aandag daarop vestig, ook in beginsel vir die publikasie daarvan verantwoordelik is.
Onthou jy publiseer iets al is dit op sosiale media en nie net in gedrukte papiervorm soos koerante of tydskrifte nie.
Diegene wat op die publikasie van lasterlike beweringe kommentaar lewer, doen dit dikwels ter ondersteuning van die skrywer en herhaling van daardie beweringe en voeg dikwels nuwe lasterlike beweringe by. Deur dit te doen stel jy jouself bloot aan ‘n lastereis. ‘n Hofbevel kan jou verplig om jou vriende en volgelinge se identiteite bekend te maak.
Die boodskap (en gratis regsadvies): Dink voordat jy dinge kwyt raak op dié platvorms. As jy die enter knoppie gedruk het, is dit daar buite in die kuberruim.
(Die volledige artikel is op Netwerk24 beskikbaar met ‘n prokureur en mediakenner se verduideliking daarby ingesluit).
Honde
Ek het al talle kere geskryf oor inwoners wat honde en ander diere aanhou om mede-inwoners te terroriseer en te irriteer.
Baie van die mense kan skaars vir hulle self sorg en verantwoordelikheid neem - wat nog te sê van hul troeteldiere.
Daar is ook strate in Rooikamp, Bella Vista en Ceres waar honde vrye teuels het en al verskeie inwoners gebyt het en ook ‘n oorlas van hulself maak.
Wetstoepassers is al hieroor genader. Daar word weer gevra om die honde-eienaars te beboet.
Die 99% wetsgehoorsame inwoners het ook regte!
Kunje Boerdery is ‘n gevestigde vrugteboerdery in die Koue Bokkeveld.
WERKTUIGKUNDIGE
Die ideale kandidaat is gekwalifiseerd en beskik oor toepaslike ondervinding, is dinamies, seIfgemotiveerd en kan onafhanklik of in spanverband werk. Kandidaat moet oor geldige rybewys beskik.
HOOF VERANTWOORDELIKHEDE SLUIT IN:
•Onderhoud en diens van alle plaasvoertuie (hoofsaaklik diesel voertuie);
•Instandhouding van toerusting, insluitend paklyne;
•Kennis en ondervinding van auto-elektrisiën werk asook sweis- en metaalwerk sal in u guns tel.
VEREISTES:
•Gekwalifiseerde dieselwerktuigkundige;
•Toepaslike ervaring van 3 - 5 jaar;
•Rekenaarvaardig;
•Goeie organisatoriese vermoë asook hoë netheid standaarde;
•Gesonde en sober gewoontes.
Daar word ‘n mededingende vergoedingspakket volgens kwalifikasies en ondervinding aan die pos gekoppel.
RIG ASB. U A ANSOEK EN VERKORTE CV (MAKS. 4 BL.)
MET VERWYSINGS, PER E-POS A AN: leoni@kunje.co.za
AANSOEKE SLUIT: 8 Augustus 2025
DIENSA ANVA ARDING: So spoedig moontlik. Slegs kortlys kandidate sal gekontak word.
NOTICE OF SALE IN EXECUTION IN THE MAGISTRATE’S COURT FOR THE DISTRICT OF CERES, HELD AT CERESCase No.: 298/24
In the matter between: KELLERMAN JOUBERT HEYNS INCORPORATED Execution Creditor (Reg. Number: 2019/261485/21) and MOUSSEAU GNINGUE
In execution of a judgment of the Magistrate’s Court for the district of Ceres, in the above matter, a sale will be held at 4 Meul Street, Moorreesburg on Thursday, 21 August 2025 at 10:00, of the undermentioned goods of the Execution Debtor:
1.3 T3 SPIRIT 05 TOYOTA YARIS Dated at CERES on this the 23rd day of JULY 2025
KELLERMAN JOUBERT HEYNS INC.
Per: A.L. Heyns Execution Creditor
12 Murchison Street, Ceres Tel.: (021) 773-0301
E-mail: melanie@kjhlaw.co.za Ref: AH/mdp/AH0317
Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh vier 100ste bestaansjaar
DIE 100ste bestaansjaar van die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh word vanaf 1-3 Augustus gevier.
Die feesnaweek skop Vrydagaand 1 Augustus af met ‘n klassieke konsert in die Oude Kerk. Mezzo sopraan Thandiswa Mpongwana en bas Reuben Mbonambi word vergesel deur die tenoor, Nick van Huyssteen. Hulle word begelei deur Juan Burgers.
Toegang is gratis maar mense moet die museum skakel om ‘n sitplek te bespreek by (023) 230-0148
Die konsert begin om 18:00 vir 18:30.
Saterdag 2 Augustus open die kunsuitstalling getiteld, In die begin, om 11:00 in die Rynse Sendingkerk in Van der Stelstraat.
Die kurator is Theo Kleynhans. Slegs plaaslike kunstenaars is genader om nuwe werk te skep vir hierdie uitstalling. Kom kyk gerus hoe verskillend hierdie kunstenaars die tema interpreteer. Daar is ook ‘n reeks werke van 40x40cm waar elke kunstenaar ‘n fragment van die Oude Kerk aanbied. Hierdie werk sal in ‘n mosaiek hang en teen ‘n goeie prys aangebied word. Die opbrengs van hierdie uitstalling word geskenk aan die museum. Kom drink ‘n glasie sjerrie en stap saam terwyl Theo Kleynhans, ‘n begeleide toer aanbied van die hele uitstalling.
Verder word daar ook ‘n 12x1.5 meter lange tekening aangebied van Afrika diere, wat deur leerders van die plaaslike Steinthal Kinderhuis gemaak is. Buite op die grasperk rondom die Rynse Sendingkerk word ‘n vlooimark aangebied met eet en bederf, feestelike musiek en kindervermaak.
Om 17:00 vir 17:30 word belangstellendes bederf met ‘n sprokies winteraand langtafel-ete voor die Oude Kerk. Dit sluit in ‘n vyfgang ete, vermaak, geskenkpak en komplimentere wyn in.
Kaartjieprys is R1500 per paar wat bespreek moet word by die museum by (023) 230-0148
Kaartjies verkoop vinnig so spring vinnig om teleurstelling te voorkom. Die spyskaart is ontwerp deur Pieter Malan van Kokkedoor-faam en eienaar van die Chef&Co
restaurant op Tulbagh wat tans die nommer een plek beklee op Trip-advisor. Kom smul aan geregte soos broodtakke met kaiings en spekboom konfyt, waterblommetjies en samp risotto, lam tamatiekos met tamatie espuma, tamatie krummel en tamatie kraal om maar ‘n paar te noem!
Die ete word afgesluit met stowe appelpoeding en hanepoot brittle
Sondag 3 Augustus om 10:00 lei die bekende dr. André
Bartlett die kerkdiens in die Oude Kerk in Kerkstraat. Tee en verversings word aangebied in die Rynse Sendingkerk in Van der Stelstraat na afloop van die erediens.
die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh word vanaf 1-3 Augustus gevier.
Onwettige immigrant weer
September in hof vir baba se moord
‘n ONWETTIGE immigrant wat op Gouda gewoon het, het verlede week in die Tulbagh landdroshof verskyn weens die dood van ‘n babameisie.
Die baba van 15 maande is op 17 Mei op Gouda dood nadat sy vroeër die dag in die sorg van ‘n Malawiër, Paul Chembuye (41), gelaat is.
Na die baba se dood is ‘n geregtelike doodsondersoek geloods waarna die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) besluit
het om hom van ondermeer moord aan te kla. Chembuye is op 11 Junie gearresteer terwyl hy in aanhouding was vir immigrasie-oortredings.
Hy het weer op 24 Julie in die landdroshof verskyn waarna die saak na 23 September uitgestel is.
Ondersoek
Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres ondersoek die babameisie se dood.
Blanket donation
A donation from Moov Energy to
DIE 100ste bestaansjaar van
purchase fleece blankets was handed over by Hedley Everts (senior business consultant) to Neal Stacey of 2Feet4TB (left) for Mandela Day. Also in the photo is Marinda Mileham from Caltex Ceres (right), who was instrumental in organising the donation.
BELLA Vista Hoërskool het op Donderdag 24 Julie, hul 30ste bestaansjaar gevier. Die skool kyk met dankbare harte terug op 30 jaar van genade. Die skool het 30 jaar gelede geopen met Pieter Weitz as skoolhoof, 500 leerders en 19 opvoeders. ‘n Skool wat bestaan uit ‘n gebou en geen meubelment nie. “Vandag kyk ons terug met 31 opvoeders en 981 leerders, 2 admin klerke, drie nie-doserende personeellede en drie kostannies”. Anschen Nasson (skoolhoof ) verwys na die skool as die “wenspan” op akademiese, sport en kulturele gebied. Slegs drie personeellede is sedert 1995 aan die skool verbonde: mnre. J. Boer, J. Hull, F. Jacobs asook me. F.Fritz. * Die skool dink ook met heimwee aan diegene wat hulle aan die dood afgestaan het. VOOR: S. Witness (departementshoof), B. Fredericks (departementshoof), J. Manuel (adjunkhoof), A. Nasson (skoolhoof), J. Boer (waarnemende adjunkhoof), S. Slinger (departementshoof) en L. Lucas (vakhoof). MIDDEL: T. Van Niekerk, M. Pharo, C. Fortuin, R. Fortuin (admin klerk), R. Philander, A. Pearson (vakhoof), J. Krotz, J. Ambraal, E. Gouws, L. Lombard, J. Saunders (vakhoof) en J. Hull (vakhoof). AGTER: J. Swartz (nie-doserend), A. Saunders (admin), G. Pietersen (admin), C. Denation, F. Jacobs(nie-doserend), M. Van Der Merwe, S. Krotz, S. Norman, K. Van Der Merwe, L. Van Wyk, J. Zimri en E. Denation.
Werksgeleentheid by Bordeaux
ONKRUID OPERATEUR
VERANTWOORDELIKHEDE :
·Spuit volgens program
·Instandhouding van trekker en spuit
·Meng van gif volgens voorskrifte
·Skoonmaak van trekker, spuit en gifstoor
·Kommunikasie met bestuur
·Vorm deel van brandbeheer span
·Enige ander Ad-hoc take (bv. stokkies kap, paaie herstel, ens)
VEREISTES:
·Geletterd: Moet goed kan lees en skryf
·Goeie wiskundige vaardighede vir die verwerking van spuitbriewe
·Moet akkuraat kan werk
·Bereid om oortyd te werk
·Moet kan trekker bestuur
·Sober gewoontes
·Veilige hantering van gifstowwe en operateur kursusse sal in jou guns tel
·Moet verantwoordelikheid kan neem
·Moet in Hamlet omgewing woonagtig wees
Die onderneming bied ‘n permanente pos met markgerigte vergoeding.
SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 11 Augustus 2025
Stuur verkorte CV met duidelike uiteensetting van vorige werksondervinding, opleiding en ten minste 3 kontakbare verwysings aan hr@verdun.co.za of handig u aansoek in by Verdun Kantoor, Van Riebeeck Straat 1, P.A. Hamlet.
NAVRAE : (023) 313-3051
‘n Gesertifiseerde kopie van u RSA ID dokument moet aan u aansoek geheg word.
rondte van die Boland o/ 17 proewe deelneem.
Schools unite to save lives
FINANSIËLE REKENMEESTER
Doornkraal Agri (Pty) Ltd is ‘n boerdery geleë in die Witzenberg Vallei, (35km vanaf Ceres). ‘n Vakature het ontstaan vir bogenoemde betrekking waar die persoon sal deel vorm van die finansiële en administratiewe span. Die posbekleër sal aan die Finansiële Bestuurder rapporteer.
Pligte:
•Volledige Rekenkundige funksie tot op proefbalans vlak
•Voorraadtellings
•Versekering
•Bate opnames
•Statutêre Vereistes (SARS)
•Begrotingsprosesse
•Bystand van dag-tot-dag administratiewe take
Vereistes:
•Relevante Tersiêre Opleiding - SAIPA/CIMA
•2 - 5 Jaar ervaring
•Voltooide klerkskap
•Rekenaargeletterdheid (Pastel, MS Office, VIP, ERP-stelsel
ervaring sal tot voordeel wees)
•Eie vervoer en bestuurslisensie
•Ondervinding in die vrugtebedryf sal tot voordeel wees
•Stiptelikheid, netheid en self-gemotiveerd
•Afsonderlik en as span te kan saam werk
•Gretigheid om te leer
Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Augustus 2025
Diensaanvaarding: So spoedig moontlik
CV kan gerig word aan: finance@dkagri.co.za
TEN of the Western Cape’s top blood-donating schools are teaming up this winter to make a powerful impact - not in the classroom, but at their blood donation clinics.
From Monday, 28 July to Friday, 1 August, these schools will join in the Week of Warriors initiative, a youth-led blood donation campaign with a clear goal: attract 1,000 blood donors in just one week.
The campaign, by the Western Cape Blood Service (WCBS), comes at a time when blood stocks traditionally dip to critical levels. With flu season, exam stress and colder weather reducing regular donor turnout, young donors are stepping up to fill the gap.
“We believe in the power of youth to lead, and these ten schools are proof of what’s possible when young people unite for a purpose bigger than themselves,” said Marike Carli, Public Relations Manager at WCBS. “They’re not just showing up - they’re setting the standard for schools across the province.”
Participating schools, in no particular order, include: Fairmont High, Protea Heights Academy, Westerford High, The Settlers High School, Spine Road High, Edgemead High, Livingstone High, Apex High, DF Malan and Worcester Gymnasium.
Each school will host its on-site blood donation clinic during the campaign week.
While members of the public won’t donate at these clinics, WCBS is encouraging communities to rally around the initiative, celebrate the schools’ leadership, and continue supporting donation efforts at blood donation clinics and centres throughout the Western Cape.
The campaign slogan, “Let’s Unite to Save Lives,” highlights both the urgency and the unity behind the drive.“
SEWE leerders en rugbyspelers van Charlie Hofmeyr, Zaheer Hepburn, Chriswill du Toit, Keenan Nathan, Randall Muller, Shandley Burrows, Tiaan du Plessis en Dewald Scholtz, is gekies om die Witzenberg o/17 sewesspan te verteenwoordig. Die span sal op 27 Augustus aan die volgende
SOPHIA Botha, ‘n leerder van Laerskool Gericke, het ’n A-simbool asook ’n B+ simbool behaal het vir haar deelname aan die ATKV DigiKuns in die kategorie: Ilustrasie: potlood-, houtskool- of pensketse vir 9- tot 12-jariges.
Laerskool se graad 7’s het onlangs nuwe baadjies ontvang. Leerders word aangemoedig om dit met trots te dra en elke oomblik van hul laaste jaar by Laerskool Wolseley, ten volle te geniet.
Laerskool bedank Brenn-O-Kem vir die borgskap van hul nuwe o/13-rugbytruie.
Accessing your local clinic safely during winter
AS temperatures drop, the Western Cape Department of Health and Wellness urges residents to prioritise their health and safety during the colder months.
The Department has implemented several measures across its healthcare facilities to ensure continued access to quality care while minimising risks associated with cold weather.
Appointment systems to reduce waiting time and exposure
To promote efficiency and reduce exposure to cold, wet weather, clinics across the province continue to use appointment systems throughout the year. These systems allow patients to arrive only 30 minutes to one hour before their scheduled time, significantly cutting down on waiting times and crowding. To improve your patient experience, we urge our community members to make use of the appointment booking system to reduce delays and streamline their visits. If you are unable to attend, contact your clinic to reschedule your appointment.
Prioritising Vulnerable Groups
The Department remains committed to caring for vulnerable groups, including the elderly and young children. These patients are prioritised to protect them from the harsher effects of cold weather, and the public’s patience and cooperation in this regard is appreciated.
Promoting Safety at Clinics
For security and visibility reasons, you are advised to visit your clinic during daylight hours and to arrive no more than an hour before your scheduled appointment. This precaution helps avoid safety risks associated with dark or early morning queues while waiting for the clinic to open. Being aware of the opening hours of the clinic will help in ensuring that you are safe and avoid queuing early hours in the morning and jeopardising your safety.
Accessing Emergency Care
Emergency care remains available at all local clinics for minor ailments. A triage system ensures patients are assessed based on urgency, ranging from red (most urgent and life-threatening) to green (less urgent and stable), so that those in critical need receive immediate care and can be transferred to the next level of care if needed based on the healthcare professional’s assessment.
Remember that our emergency service centres located in our district, regional and
24-hour primary health care centres operate in accordance with the South African triage system. Under this system, individuals categorised as red, with life-threatening illnesses or injuries, receive treatment first, before those classified as green and stable. If you have minor ailments, please consider accessing services at your day clinic.
Winter Wellness Tips
To stay healthy this winter, the Department offers the following advice:
- Get vaccinated: Flu vaccinations are available at your local clinic. We encourage you to get your flu jab, especially if you have chronic illnesses or any other underlying illnesses that could affect your health.
- Maintain good hygiene: Wash hands regularly and keep surfaces clean.
- Stay active: Engage in regular physical activity, even indoors. Join a wellness group
if possible.
- Eat well and stay hydrated: Consume a balanced, nutrient-rich diet and drink at least eight glasses of water daily.
- Get enough rest: Aim for eight hours of quality sleep per night and manage stress by speaking to a loved one or health professional.
- Take prescribed medication: Continue taking your medication as directed and consult your healthcare provider if you have any questions.
Patients are encouraged to share their healthcare experiences, good or bad. Feedback can be submitted through our official complaints system using our suggestion boxes at facilities, by speaking directly with facility managers for immediate feedback.
LESERS is altyd welkom om hulle opinies en briewe in te stuur vir plasing. Klagtes oor munisipale dienslewering of probleme, moet eers met die Witzenberg munisipaliteit opgeneem word. Klaers ontvang ‘n verwysingsnommer of skrywe dat hul brief/klagte ontvang is. Indien daar nie op die skrywes/ klagtes gereageer word nie, kan inwoners dit daarna na die koerant stuur vir plasing of om op te volg. Die naam en besonderhede van die skrywer/klaer moet die brief vergesel - die munisipaliteit reageer nie op anonieme skrywes nie.
Dit is nie die koerant se verantwoordelikheid of plig om inwoners se munisipale probleme of klagtes, onder die munispaliteit se aandag te bring nie.
BEGRAFNIS: Sat. 2 Aug. Huis: 09:00 Babrinastraat 42, Vredebes Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
van
1943/10/15 - 2025/07/27
BEGRAFNISDIENS
SATERDAG 2 Augustus Kerk: 10:00 V.G.K. Ceres Graf: Owenstraat, Ceres
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
1948/04/02 - 2025/07/26 BEGRAFNISDIENS
Saterdag 2 Augustus Huis 09:00 Disalaan 9, Kliprug, P.A. Hamlet Kerk: 10:00 V.G.K, P.A. Hamlet Graf: Bella Vista
081-742-6706 n/u: 082-5753-181
R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021. w.t.o.
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276.
SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
CHIEF MPONDA HERBALIST All problems solved:
Christiaan 079-177-2490 (023) 312-1414
c/o Vos- & Faure Street 83
Peres & Williams Transport (Pty) Ltd EC BUSDRYWER
VEREISTES:
(023) 312-1254
(023) 312-1274
Skoonvlei Industrial
Business Park 4 Edison Street, Ceres MECHANICAL WORKSHOP • Engine overhaul • General Services • Suspension • Brakes • and more André du PAndré du PPreezreez reezreez reez 082-639-2800 (023) 313-4422 crazypistonsct@gmail.com
073-144-1844
VAN EEDENGEBOUE Lieflike kantoorspasie gereed!
(Sluit in: Groot ontvangsarea, 3 x kantore, raadsaal en kopieërkamer)
Kom trek net in. Vir navrae skakel Johanni by 082-738-5671
ONS IS DRINGEND OP SOEK NA: •Skoolklere•Handdoeke •Breekgoed•Warm jasse •Mansklere en -skoene
• Lisensie Kode 14
• 1 - 2 Jaar ondervinding as busdrywer Skakel: 072-469-7517
EMERGENCY TELEPHONE NUMBERS
CERES Krisante Vereniging nooi alle belangstellendes uit om aan te sluit by die vereniging. Plantjies word gemaak en sal aan nuwe lede voorsien word. Vir meer inligting skakel Rico by 072-522-8459 of André by 083-5484-851
AANDAG: Alle Oudleerders van Fred Gaum. Die dr. Wesley en Dulcie Baartzes Stigting nooi oudleerders van Fred Gaum uit na ‘n spesiale geleentheid op Saterdag 2 Augustus 2025 om 10:00. Tydens die gedenklesing sal ‘n elektroniese afskrif van dr. Baartzes se doktorale proefskrif aan die Ceres Togryers museum en die Oude Kerk Volksmuseum op Tulbagh, oorhandig word. Die tema van dr. Baartzes se doktorale tesis: ’n Kritiese studie ten opsigte van die status van die plattelandse onderwyser in Ceres / Tulbagh omgewing. Bespreek vroegtydig by (023) 312-20245 om teleurstelling te voorkom. Plek is beperk.
Op soek na herwinbare sakke? Kry dit gratis in die week by Togryers museum tussen 08:30 en 16:00.
Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring van klein funksies en werkswinkels. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@ gmail.com
•Police Flying Squad...........10111
•Ambulance Services.........10177
•Cell Phone Emergency..........112
•Disaster Risk Management Centre (HELP).................080-911-4357
•Poisons Information Helpline Western Cape.......0861-555-777
•Childline...............................116
•Lifeline.................021) 461-1113
•Wilderness Search and Rescue ..........................(021) 937-0300
WEDVLUGDUIWE is Saterdag op Brandvlei gelos in ‘n ligte Suidoostewind.
Camerin Mars het ‘n baie goeie wedvlug beleef en het hy die WRPU (Winelands Racing Pigeons Union) wedvlug gewen. Sy duif wen ook die Ceresvallei Federasie wedvlug. Die naweek vlieg duiwe vanaf Strydenburg. Ceres Vallei Federasie
Wedvlug Brandvlei
1. Camerin Mars -1283.197 mpm
2. Meyer en Van Wyk -1281.989 mpm
3. Krotz family lofts - 1280.541 mpm
4. Krotz family lofts - 1280.061 mpm
5. Le Bretton lofts - 1278.231 mpm CHPS
Wedvlug Brandvlei
1. Jason van Rooy - 1172.259 mpm
2. Jason van Rooy - 1167.929 mpm
3. Michael Mauritius -1145.241 mpm
4. Theo en seuns hokke - 1131.462 mpm
5. Cyril en Ann Davids - 1123.948 mpm BHPS
Jaaroud - Leeu Gamka
1. Marquine Pieterse -1306.937 mpm
2. C. Vergotine - 1281.090 mpm
3. C. Vergotine - 1272.495 mpm
4. Roberto van Wyk -1253.605 mpm
5. Emile Arries - 1232.477 mpm BHPS
Ope - Leeu Gamka
1. Emile Arries - 1340.845 mpm
2. Emile Arries - 1296.713 mpm
3. Emile Arries - 1295.836 mpm
4. C. Vergotine - 1292.299 mpm
5. C. Vergotine - 1286.132 mpm
Hamlet duiweklub
Leeu Gamka Ope 2
Kitshoff hokke het die Ceres Federasie en ook die NBPU Suidstreek gewen.
1. Kitshoff hokke - 1354.061 mpm
2. Kitshoff hokke - 1304.669 mpm
3. N.J. Kitshoff jr. - 1296.611 mpm
4. N.J. Kitshoff jr. - 1276.894 mpm
5. Kitshoff hokke - 1272.017 mpm Hamlet duiweklub vlieg vanjaar net in die Ope-afdeling.
Saak weer uitgestel
DIE verkragtingsaak teen ‘n werklose Wolseley-inwoner is verlede week tot begin Augustus uitgestel. Die saak wat in 2023 aangemeld is, is na 6 Augustus uitgestel vir pleit en verhoor.
Die 42-jarige man wat op Wolseley gewoon het, word aangekla van die statutêre verkragting van ‘n 13-jarige meisie.
Die voorval het in Oktober 2023 plaasgevind.
Die man is kort na die voorval gearresteer en aangehou voordat borgtog van R2 000 in November 2023 aan hom toegestaan is. Hy moet steeds aan streng borgvoorwaardes voldoen.
Ceres netbalklub eindig derde by toernooi
CERES netbalklub het vanaf 25-26 Julie aan die jaarlikse Clanwilliam Spar netbaltoernooi deelgeneem. Ceres was die verdedigende kampioene en het vanjaar ‘n derde plek behaal uit agt deelnemende A-liga spanne. * Gerané Damon is na afloop van die toernooi gekroon as die beste middelveld speler van die toernooi. ** Spesiale dank aan Ceres Fruit Growers, Kohler Motors, Bosch N1 City ,Ceres Toyota, Basson Sport en alle donateurs wat gehelp het om die toernooi vir die klub moontlik te maak.
BasaarBasaar BasaarBasaar Basaar
6 September ‘25 om 09:00 Kom kyk die wedstryd tussen die Springbokke en All Blacks by ons
Kerrie & Rys / Basaarpoeding
Burger & Chips / Speelgoed & Lekkernye uit Ouma se kombuis
Groente & Vrugte / Vleis
Pannekoek / Teetuin
Vars brood & beskuit
Kaartfasiliteit beskikbaar Moet dit nie misloop nie!
CERES FRUIT GROWERS (PTY) LTD.
EXCITING CAREER OPPORTUNITY, CERES, WESTERN CAPE
Ceres Fruit Growers (Pty) Ltd, one of the leading fruit packing and marketing companies in SA, requires energetic and professional people for the following position at its Ceres plant:
ASSISTANT NURSE
Are you a compassionate and skilled Assistant Nurse looking for a fulfilling role in a dynamic company environment? CFG is seeking a dedicated Assistant Nurse to join our onsite clinic team. At CFG, we prioritise the health and well-being of our employees. As our Assistant Nurse, you’ll play a vital role in providing quality healthcare services, promoting a safe work environment, and supporting our workforce.
RESPONSIBILITIES: • Assist the Clinical Nurse and visiting doctor with medical examinations, treatment, and procedures • Administer first aid and provide initial care for workplace injuries or illnesses • Maintain and manage clinic supplies and equipment, ensuring everything is well-stocked and in good working order • Conduct health screenings and vital sign measurements • Assist the Clinical nurse in the administration and reporting of IOD’s and Workmen Compensation Claims • Schedule patient appointments internally and with external medical practitioners.
REQUIREMENTS: • Proven experience as an Assistant Nurse, preferably in an occupational health or company clinic environment • Strong knowledge of first aid and emergency procedures • Ability to maintain confidentiality and exercise discretion • Proficiency in basic computer applications (e.g., Microsoft Office Suite) • Ability to work independently and as part of a team • Registered with the South African Nursing Council.
WHY JOIN CFG? • Opportunity to make a tangible impact on employee wellbeing • Convenient on-site clinic location in Ceres, Western Cape • Opportunities for professional development and growth.
CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 11 August 2025
PLEASE SEND YOUR APPLICATION INCLUDING YOU CURRENT REMUNERATION AND 3 CONTACTABLE REFERENCES TO: hr@cfg.co.za
IF YOU HAVE NOT BEEN CONTACTED WITHIN THREE WEEKS OF THE CLOSING DATE, PLEASE ACCEPT THAT YOUR APPLICATION WAS UNSUCCESSFUL.
In line with our Employment Equity policy and requirements, preference will be given to suitably qualified persons from the designated groups.
Huis Maudie Kriel
Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Wilan hou Ceres se naam hoog op gholfbaan
WILAN van der Berg, leerder van Charlie Hofmeyr en lid van Ceres gholfklub, het die afgelope skoolvakansie aan verskeie GholfRSA toernooie deelgeneem. Van 30 Junie tot 2 Julie het Wilan aan die Nomads Coastal in Gqeberha (Port Elizabeth) deelgeneem en rondtetellings van 84, 85 en 76 houe aangeteken. Hy het ook van 9 tot 11 Julie aan die SA seuns o/17-kampioenskap in Alberton deelgeneem en tellings van 81, 76 en 80 houe aangeteken. Wilan het ook van 14-16 Julie aan die Nomads National Order of Merit Inland in Randburg deelgeneem en tellings van 80, 69 en 70 houe aangeteken. Wilan eindig 19de uit 112 spelers in dié gholftoernooi.
Witzenberg Herald
Sport
Tulbagh klop Lovedale
TULBAGH rugbyklub het Saterdag hul segetog in die Witzenberg streekuitdaag-kompetisie voortgesit en Lovedale oortuigend met 31-17 geklop.
Die besoekers het in die eerste 15 minute die tuisspan se verdediging behoorlik beproef met doelgerigte aanvalle.
Hierna skakel Tulbagh oor na ‘n hoër rat en loods met die broers, Camswinn en Robyn Majodina, verskeie aanvalle. Tulbagh teken drie drieë voor rustyd aan om die rustydtelling 19-17 te maak.
In die tweede helfte neem Tulbagh se agttal beheer oor die wedstryd. Jamiel Visser,Thando Nomjana en Romario Fortuin toon hul krag na talle kraglopies. Die goeie samespel tussen voor- en agterspelers is opvallend en dat die losskakel, Tyron McCree, ‘n groot rol agterlangs speel.
Vir Tulbagh druk Camswinn Majodina (speler van die wedstryd), Tyron McCree, Adrian Noko, Jaycen Wee en Jamiel Visser, elkeen drieë. Tyron McCree slaag met drie doelskoppe. Die naweek reis Tulbagh na Vastrap.
Ander uitslae Wolseley sorg die naweek weer vir ‘n opskudding in die Witsentraalliga met ‘n 40-34 oorwinning oor Delicious. Hamlet mors met Evergreens Paarl en wen maklik met 74-26, Ceres verloor naelskraap 38-39 teen Newton, Roses United klop Temperance 62-19 en Villagers Newton klop Young Blues 29-27.
Naweek se wedstryde
Die naweek pak Ceres vir Roses United in Worcester, Bella Vista speel weg teen Evergreens Paarl, Hamlet reis na Hillcrest, Delicious speel tuis teen Villagers Newton, Wolseley en Temperance meet kragte en Young Blues speel teen Newtons.
CAMSWINN Majodina (agtsteman) van Tulbagh dra die bal op een van sy talle stormlopies. Camswinn was ook die man van die wedstryd. Tulbagh het Lovedale met 31-17 geklop.
Nonna Hanekom wen klubkompetisie
NONNA Hanekom het Saterdag 26 Julie die individuele progressiewe stableford kompetisie op Ceres gholfbaan gewen.
Nonna het 38 punte aangeteken. R.Sales (besoeker) was na ‘n uittel, in die tweede plek met 38 punte gevolg deur Louis de Klerk met
Friday 24 October 2025: 10:00 - 16:00 Saturday 25 October 2025: 05:30 - 06:45
Enquiries: Nico Jansen 078-882-5299 or njansen2003@hotmail.com
37 punte. Altus Joubert was die naaste aan die pen op no.3 en no.5 en Cornel Muller het ‘n goeie telling van 70 houe aangeteken.
Saterdag-kompetisies
Op Saterdag 2 Augustus word ‘n enkel
houespel kompetisie aangebied, op 9 Augustus vind ‘n enkel stableford kompetisie plaas, op 16 Augustus ‘n beterbal stableford kompetisie, op 23 Augustus ‘n enkel syfer plus kompetisie en op 30 Augustus ‘n individuele progressiewe stableford kompetisie.
rende die skoolvakansie deel van die WP o/18 hokkiespan wat ‘n goue medalje verower het by die nasionale interprovinsiale hokkietoernooi in Pietermaritzburg.
LUC Dicey, ‘n leerder van Bishops en oudleerder van Laerskool Gericke, was gedu-
Die toernooi het van 30 Junie tot 5 Julie plaasgevind.