WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 27
R 10
FRIDAY, 18 JULY 2025
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 17 Julie
Vrydag 18 Julie
Saterdag 19 Julie
Sondag 20 Julie
2° 11°
2° 16°
3° 21°
4° 20°
CERES KOEKEDOUW DAM
87%
TULBAGH DAM
100% WAVERENSKROON TULBAGH
52%
(023) 312-2144 l CERES
Lesings geneem: 2025/07/16
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Motorongeluk in 2024
Aanklaer moet besluit oor vervolging WEKE na ‘n gru-ongeluk die lewe van ‘n jong Ceres inwoner in Februarie 2024 geëis het, was daar talle onbeantwoorde vrae. Nou 17 maande na die noodlottige ongeluk, is die polisiedossier na die staatsaanklaer gestuur vir ‘n beslissing in die ongeluk waarin Lindzay Petersen (23) van Bella Vista gesterf en Arushaan Seroot (27) van Bella Vista ernstig beseer is. Agtergrond Twee motors, ‘n donkergroen VW Golf en ‘n wit Ford ST met ‘n CFA registrasienommer, was Sondag 18 Februarie 2024 omstreeks 01:40 in ‘n noodlottige botsing betrokke naby die lekkergoedfabriek tussen Montana se ingang en die treinspoor. In die polisie se oorspronklike botsingsverslag, was Petersen, aan wie die VW TenaCiti Golf behoort het, een van drie pas-
TUSSEN 1-16 Julie vanjaar het daar heelwat minder reën geval as in die ooreenstemmende tyd verlede jaar. By ILeaf en Hortec se weerstasies in die Witzenbergstreek is daar in die Warm Bokkeveld (Ceres) 113.8mm reën gemeet, by Bo-Swaarmoed en in die Lakenvlei omgewing is 72mm gemeet en in die Koue Bokkeveld by Sterkwater is 68.9mm en by Bronaar 11.8mm gemeet. By Romansrivier is 75.8mm en in die Winterhoekomgewing by Tulbagh is 100.8mm gemeet. Van 1-16 Julie 2024 is 350.6 in die Warm Bokkeveld gemeet en by Lakenvlei meer as 237mm. Juniemaand is meer reën gemeet as in die oorstemmende tyd verlede jaar. * Die Ceres Koekedouwdam is nou 87% vol, Tulbagh dorpsdam is 100% vol en die Waverenskroondam buite Tulbagh staan op 52%.
Martin Behm 082-734-4549 martin.behm@sfpwealth.co.za
sasiers in die VW Golf. Volgens die inskrywing in die botsingsverslag het Seroot, die motor bestuur en het hy ernstig beserings opgedoen. Hy was in die wrak vasgekeer en na die ongeluk is hy in die intensiewesorgeenheid van die Tygerberg hospitaal behandel. Beskikbare CCTV beeldmateriaal is ondermeer bymekaar gemaak om meer lig op die ongeluk te werp. Van die vrae wat beantwoord moes word is wie die voertuig bestuur het nadat mense na die ongeluk beweer het dat die oorledene die motor bestuur het. Die bestuurder van die Ford ST, Cameron Julies (31) en drie insittendes, Tyrone Martinus, Clint Jacobs en Avril Green, almal van Wolseley, het ligte beserings opgedoen.
Saak na streekhof oorgeplaas TWEE mans wat agt maande gelede petrol oor ‘n 17-jarige kind van Kweperfonteinplaas uitgegooi het, se saak is na die Ceres streekhof oorgeplaas. Die kind het einde verlede jaar brandwonde opgedoen nadat twee mans, Chriszain Malan
Volwaardige makelaarshuis met al jou finansiële produkte onder een dak • Beleggings • Gap cover • Lewensversekering en byvoordele • Testamente • Korttermynversekering • Boedelbeplanning • Mediese fondse • Onafhanklike advies Baie dankie vir u volgehoue ondersteuning. Ons bly daartoe verbind om die beste moontlike diens aan ons kliënte te lewer. Indien u enige navrae het, skakel ons gerus - ons help graag.
(22) en Jedi Sias (21), petrol oor hom uitgegooi en hom aan die brand gesteek het. Die gruvoorval het Sondagaand 24 November 2024 omstreeks 21:00 op die plaas Eselfontein plaasgevind. Malan en Sias bly in aanhouding. Die saak is na 16 Oktober uitgestel.
Daniel Behm 082-364-3317 daniel.behm@sfpwealth.co.za