WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 26
R 10
FRIDAY, 11 JULY 2025
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 10 Julie
Vrydag 11 Julie
Saterdag 12 Julie
Sondag 13 Julie
4° 18°
3° 13°
0° 15°
3° 18°
CERES KOEKEDOUW DAM
80%
TULBAGH DAM
100% WAVERENSKROON TULBAGH
55%
(023) 316-2463
Lesings geneem: 2025/07/09
For T&C’s visit www.steers.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Twee verdagtes wil pleitooreenkoms aangaan TWEE van die drie mans wat in die Ceres streekhof tereg staan op klagtes van verkragting van ‘n jong meisie, wil ‘n pleitooreenkoms aangaan. Dié meisie, wat 9 jaar oud was, is in Desember 2022 omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing na bewering deur drie mans verkrag. Drie verdagtes, Jemeal Goeieman (21), sy oom Saul Goeieman (45) en Reginald van Wyk (31), is kort na dié voorval op 15 Desember deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer. Die drie mans is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak na meer as twee jaar voortduur. Hulle borgaansoek is tussen Februarie 2023 en Oktober 2023 aangehoor maar was onsuksesvol. Die saak is verlede Donderdag tot 30 Julie uitgestel wanneer die drie mans weer in die Ceres streekhof moet verskyn. Betroubaar word verneem dat twee van die verdagtes tans besig is om ‘n pleitooreenkoms aan te gaan.
Drie mense, waaronder twee vroue, is in Meimaand in hegtenis geneem weens die verkragting van ‘n 12jarige meisie en haar seksuele uitbuiting. Speurders verbonde aan die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het ‘n groot deurbraak gemaak en drie persone vasgetrek vir die verkragting van dié meisie. ‘n 58-Jarige man van Nduli word aangekla van statutêre verkragting en die twee vroue van 27 en 44 jaar oud, staan tereg op klagtes van seksuele uitbuiting van kinders nadat hulle die slagoffertjie na bewering aan ander mans verkoop het. Hulle het Woensdag 9 Julie weer in die hof verskyn. Dit is die tweede keer dat die meisie van Nduli in minder as drie jaar die slagoffer is van verkragting of seksuele geweld. Sy is na dié voorval uit die hospitaal ontslaan en na ‘n plek van veiligheid buite Ceres oorgeplaas. Verskeie rolspelers en die Wes-Kaap departement van sosiale ontwikkelinge, ondersteun haar tans. Die saak is na 12 Augustus uitgestel.
Jong vrou van Ceres se moordsaak uitgestel CERES VGK in Lyellstraat se toring is ‘n tyd gelede deur 'n stormwind beskadig. Van die dakplate is losgeruk. Om dit te herstel en om die omvang van skade aan die toring vas te stel, is dié stellasies rondom die kerktoring opgerig. Dit blyk nou dat die kerktoring heeltemal oorgedoen sal moet word.
TOYOTA COROLLA CROSS 1.8 XI For only R5 399 per month (VEHICLE SHOWN FOR ILLUSTRATION PURPOSES ONLY). TERMS AND CONDITIONS APPLY
Voortrekkerstr. 112, CERES l (023) 312-1057
‘n JONG vrou wat aangekla word van moord op haar vriend, se saak is tot Augustusmaand uitgestel. Ashleigh Fortuin (25) word daarvan aangekla dat sy haar vriend, Shane Scholtz (22), ‘n jaar gelede op Ceres vermoor het. Scholtz van die Rooikamp-woonbuurt op Ceres, is dood nadat hy na bewering deur Fortuin met ‘n mes in
die nek gesteek is. Die voorval het Saterdag 1 Junie 2024 omstreeks 23:55 plaasgevind tydens ‘n beweerde stryery tussen Scholtz en Fortuin. Na die voorval, is Scholtz na Ceres hospitaal gehaas waar hy ure later oorlede is. Fortuin moet weer op 20 Augustus in die hof verskyn.