WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 25
R 10
FRIDAY, 4 JULY 2025
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 3 Julie 2025
Vrydag 4 Julie 2025
Saterdag 5 Julie 2025
Sondag 6 Julie 2025
3° 12°
2° 13°
3° 12°
0° 11°
CERES KOEKEDOUW DAM
69%
TULBAGH DAM
91%
WAVERENSKROON TULBAGH
58%
Lesings geneem: 2025/07/02
DONATE BLOOD
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
‘n SKOOLBUS van Noble’s het Vrydag 27 Junie omstreeks 13:00 in Gydopas omgeslaan. Die busbestuurder, Dawid Maritz, was alleen in die bus toe die bus se remme vermoedelik onklaar geraak het. Die bus het begin gly en toe omgeslaan. Nooddienstepersoneel, verkeersbeamptes en die polisie was gou op die toneel maar niemand is in die voorval beseer nie.
Onwettige immigrant nou ook van baba se moord aangekla
‘n ONWETTIGE immigrant wat die laaste tyd op Gouda gewoon het, word nou ook van moord op ‘n babameisie aangekla. Die baba van 15 maande is op 17 Mei op Gouda dood nadat sy vroeër die dag in die sorg van ‘n Malawiër, Paul Chembuye (41), gelaat is. Die polisie het na die baba se dood ‘n geregtelike doodsondersoek geloods. Chembuye is op 11 Junie gearresteer terwyl hy in aanhouding was vir immigrasie-oortredings. Hy het op Vrydag 13 Junie in die Tulbagh landdroshof verskyn waarna die saak na 8 Julie uitgestel is. Ondersoek Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres ondersoek die babameisie se dood.