WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 24
R 10
FRIDAY, 27 JUNE 2025
4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag Vrydag Saterdag Sondag 15 September 16 September 17 September 18 September
1° 11°
2° 11°
CERES KOEKEDOUW DAM
62,5% TULBAGH DAM
77%
WAVERENSKROON TULBAGH
60,5%
2° 12°
4° 20°
Ceres Remhoogte Boerdery 130ste bestaansjaar Sien spesiale bylae op bl. 5 - 8
Lesings geneem: 2025/06/25
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Moordsaak weer uitgestel
Man (49) sak inmekaar en sterf ‘n MAN (49) wat Donderdag by die Ceres landdroshof vrygelaat is nadat die P.A. Hamlet-moordsaak teen hom tydelik teruggetrek is, het omstreeks 11:20 by die Tulbagh minibus taxi staanplek in Munnikstraat, inmekaar gesak en gesterf. Die polisie en EMS was vinnig op die toneel maar kon niks vir die man, wat later as Albert Monkeanae van Bokveldskloof in die Koue Bokkeveld geïdentifiseer is, doen nie. ‘n Geregtelike doodsondersoek (GDO) is later gedoen wat bepaal het dat Monkeanae aan natuurlike oorsake dood is.Van sy medisyne en pille is by hom gekry.
Polisie soek dié inbrekers VIER of vyf verdagtes is op CCTV betrap waar hulle by ‘n woonhuis in Parkstraat, Ceres, ingebreek het. Die inbraak het tussen 7 en 17 Junie plaasgevind. Die diewe het onder andere juweliersware, horlosies, ‘n Samsung platskerm TV, ‘n Dell skootrekenaar en ‘n 9mm Astra pistool tydens die inbraak gesteel. * Indien iemand enige van die verdagtes herken, kan hulle anoniem die inligting stuur na 079-894-1255. Hulle kan ook die ondersoekbeampte, s/sers. John Baron, skakel by (023) 316-8500. * Groter fotos sal ook op die Witzenberg Herald se Facebook-blad geplaas word.
DIE moordsaak teen ‘n vrou wat haar kêrel met ‘n kombuismes doodgesteek het, se saak is verlede week in die Ceres landdroshof uitgestel. Andrew (Nickel) Africa (37) van Vredebes en ‘n werknemer by die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, het begin Maart 2025 aan steekwonde aan sy regter bo-been en linker bors, gesterf. Die polisie is later na ‘n woning in die Vredebes ontwikkeling waar hulle die 31-jarige Samanthea Baadjies gearresteer het. Hofverskyning Baadjies, ‘n werknemer by 'n wegneemeteonderneming op Ceres, het Donderdag 19 Junie weer in die Ceres landdroshof verskyn op ‘n klag van moord. Beweringe dat die paartjie baklei het, maak deel uit van die polisie se ondersoek en hofsaak. Verdere klagtes kan later bygevoeg word sodra die polisie se moordondersoek afgehandel is. Die saak is na 19 September vir verdere ondersoek uitgestel. Baadjies se borg van R2 000 is verleng.