Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.23 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

VOLUME 28 NO. 23

R 10

FRIDAY, 20 JUNE 2025

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig

Voetganger ernstig beseer na dronkryer haar tref

Donderdag 19 Junie

Vrydag 20 Junie

Saterdag 21 Junie

Sondag 22 Junie

-2° 13°

1° 14°

-1° 19°

1° 18°

CERES KOEKEDOUW DAM

59,6% TULBAGH DAM

66%

WAVERENSKROON TULBAGH

66%

Lesings geneem: 2025/06/18

‘n VOETGANGER is in ‘n kritieke toestand nadat sy die naweek raakgery is. ‘n Dronkbestuurder het Saterdag omstreeks 18:15 ‘n vrou naby Fase 5, buite P.A. Hamlet getref. Volgens ‘n voorlopige polisieverslag het ‘n vrou en ‘n man in Waboomlaan gestap toe die bestuurder van ‘n Toyota Hilux bakkie, hulle langs die pad getref het. Die erg beseerde vrou is na Ceres hospitaal geneem waarna sy later na Tygerberg hospitaal oorgeplaas is. Die bestuurder wat woonagtig is in Nduli, is op die toneel gearresteer en aangekla van die bestuur onder die invloed van alkohol en bestuur sonder ‘n geldige bestuurderslisensie.

(023) 312-2144 l CERES

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Drie aangekla van verkragting en seksuele uitbuiting DRIE verdagtes wat in hegtenis geneem is weens die verkragting van ‘n 12-jarige meisie en haar seksuele uitbuiting, het verlede week vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn. Speurders verbonde aan die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), het Meimaand ‘n groot deurbraak gemaak en dié drie verdagtes, ‘n man en twee vroue, vasgetrek vir die verkragting van die meisie. Die meisie van Nduli is in Maart vanjaar vir die tweede keer in minder as drie jaar verkrag. Sy is na dié voorval uit die hospitaal ontslaan en na ‘n plek van veiligheid buite Ceres oorgeplaas. Verskeie rolspelers en die Wes-Kaap departement van sosiale ontwikkelinge, ondersteun haar tans. Saak uitgestel ‘n 58-Jarige man van Nduli word aangekla van statutêre verkragting en die twee vroue van 27 en 44 jaar oud, staan tereg op klagtes van seksuele uitbuiting van kinders nadat hulle die slagoffertjie verkoop het aan ander mans. Die saak is na Woensdag 9 Julie uitgestel. Meisie se eerste verkragtingsaak nog nie afgehandel nie Dié meisie was in 2022 ook ‘n verkragtingslagoffer toe drie mans haar verkrag het. Die drie mans, Jemeal Goeieman (21), sy oom Saul Goeieman (45) en Reginald van Wyk (31), is kort na dié voorval op 15 Desember 2022 deur lede van die Ceres polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS), gearresteer. Die drie mans is sedert hul arrestasie in aanhouding terwyl die saak na meer as twee jaar voortduur. Die 2022-verkragting het omstreeks 23:45 in die Bo-Swaarmoed omgewing plaasgevind. Die saak is tot 3 Julie uitgestel wanneer die drie mans weer in die Ceres streekhof moet verskyn.

DNS monsters geneem om te help om ma op te spoor CERES speurders volg nog leidrade op nadat die liggaam van ‘n pasgebore baba begin Mei naby Loversbridge gevind is. ‘n Geregtelike doodsondersoek is geopen nadat die liggaam van ‘n pasgebore baba op Saterdag 3 Mei in ‘n rugsak gevind is. DNS van twee vroue is reeds geneem maar dit kan maande duur voor die uitslag bekend gemaak word. Drie hawelose mense wat in Michellspas in die berg en onder die brug woon, het net na middernag oor Loversbridge in die rigting van die Akkerbos gestap toe hulle ‘n pienk rugsak langs ‘n bankie opmerk. Hulle het besluit om die rugsakkie te vat en daarmee berg toe te stap. Naby die krieketveld by Victoriapark het hulle die laaste lig gebruik om te kyk wat in die sak is. Dit is toe dat hulle die dooie baba meisie in die sak sien. Die haweloses het ‘n veiligheidswag voorgekeer voordat die polisie omstreeks 01:15 na die toneel ontbied is. Inligting Die polisie volg leidrade op om die ma en/ of naasbestaandes op te spoor. Die pienk rugsak waarin die meisie se liggaam versteek was, asook ‘n hangertjie, is as bewysstukke ingedien. Indien inwoners oor enige inligting rakende die ma beskik of weet wie se hangertjie en pienk rugsak dit is, kan hulle vir s/ kst. Baartman of s/a.o Van Wyk skakel by (023) 316-8500. * Die Witzenberg Herald se digitale voorblad van 9 Mei, is al meer as 160 000 keer na gekyk.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.28 no.23 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu