WH Her ald Witzenberg
VOLUME 28 NO. 22
R 10
FRIDAY, 13 JUNE 2025
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 12 Junie
Vrydag 13 Junie
Saterdag 14 Junie
Sondag 15 Junie
5° 22°
7° 24°
9° 25°
7° 24°
CERES KOEKEDOUW DAM
59,6% TULBAGH DAM
49%
WAVERENSKROON TULBAGH
74%
Lesings geneem: 2025/06/11
FOTO: FB - BFW
TWEE susters van die Slanghoek-omgewing het Saterdag 8 Junie die laagwaterbruggie op pad na Slanghoek, probeer kruis. Beide het in die rivier geval. Een kon egter na veiligehid swem terwyl die ander een deur die vloedwater meegesleur is. Reddingspogings is kort na die voorval van stapel gestuur maar pogings om die vrou te vind was onsuksesvol. Die liggaam van die vrou is Maandagmiddag omstreeks 16:15 ongeveer 2 kilometer stroomaf, deur reddingwerkers gevind.
(023) 312-1916 CERES
Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com
Vriende van vermoorde man (73) by hof
Agt beseer in ongeluk by Romansrivier
‘n GROEPIE vriende van ‘n moordslagoffer het Maandag 9 Junie vreedsaam met plakkate voor die Tulbagh landdroshof gestaan waar die enigste verdagte in die Lauksmoordsaak vir die tweede keer verskyn het. Op die plakkate eis die groepie vriende geregtigheid vir Karl Lauks. ‘n Bejaarde inwoner van Tulbagh, Karl Lauks (73), is Maandag 2 Junie dood in sy motor gevind. Lauks wat alleen gewoon het, is moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy die Sondagaand van ‘n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is eers later die oggend ontdek deur ‘n inwoner. Die persoon het bekommerd begin raak toe hy/sy later sien dat mnr. Lauks steeds in sy maroen Smart-motor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, lê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met ‘n serp wat in sy mond gedruk is. Hy het vermoedelik versmoor. Die polisie het vingerafdrukke op die toneel geneem en
op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is. Inligting vanuit die gemeenskap is opgevolg waarna Tulbagh speurders ‘n deurbraak gemaak en die 29-jarige Steven Witbooi vasgetrek het. Witbooi, die enigste verdagte wat in verband met die moord gearresteer is, het op 4 en 9 Junie in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die saak is na 17 Junie uitgestel vir ‘n borgaansoek. Betroubaar word verneem dat Witbooi al talle kere met die gereg gebots het. In 2018 is tronkstraf van 2 jaar en 3 jaar aan hom opgelê vir twee huisbraak en diefstalsake by mnr. Lauks se woning. Witbooi moet ook op 29 Oktober in die Tulbagh streekhof verskyn weens ‘n huisbraak en diefstalsaak by Lauks se huis.
VERMOOR: Karl Lauks (73) van Tulbagh
AGT mense is Maandag 9 Junie omstreeks 07:10 ernstig beseer toe ‘n Toyota Fortuner van agter in ‘n Ford Bantam bakkie vasgery het. Volgens inligting wou die bakkie met 8 werkers agterop, by die plaas Romansrivier indraai toe ‘n Fortuner met ‘n CT-registrasie wat in Worcester se rigting onderweg was, die bakkie van agter getref het. Met die slag is die werkers wat agterop die bakkie gesit het, afgeslinger. Hulle is later na Ceres hospitaal geneem vir behandeling. Sover vasgestel kan word is niemand in die Fortuner beseer nie. Die Wolseley polisie ondersoek tans ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur. LAUKS is in die oprit van sy huis in Retiefstraat, Tulbagh vermoor.
WINTER TAXI
SERVICE KIT SPECIAL Diesel Service Kit + Fuel Filter from
R1 550 - R1 850 Petrol Service Kit + Fuel Filter
R1 700
INCLUDES: • Oil + Fuel filter • Sump plug washer • Engine oil Parts ONLY, excludes labour
Voortrekkerstr. 112, CERES l (023) 312-1057