Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.21 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

VOLUME 28 NO. 21

R 10

FRIDAY, 6 JUNE 2025

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 5 Junie

Vrydag 6 Junie

Saterdag 7 Junie

Sondag 8 Junie

4° 21°

2° 18°

5° 14°

1° 13°

CERES KOEKEDOUW DAM

55,8% TULBAGH DAM

53%

WAVERENSKROON TULBAGH

74%

Lesings geneem: 2025/06/04

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Inwoners omgekrap brand buitebande GOOGLE MAPS

Alleenloper in sy motor vermoor ‘n BEJAARDE inwoner van Tulbagh is Maandag dood in sy motor gevind. Volgens die Tulbagh polisie is Karl Lauks (73), wat alleen gewoon het, moontlik in die vroeë oggendure vermoor nadat hy Sondagaand laat van ‘n plaaslike kuierplek teruggekeer het. Sy liggaam is eers later die oggend ontdek deur ‘n inwoner wat gedink het Lauks is net dronk. Die persoon het bekommerd begin raak toe hy/sy later sien dat mnr. Lauks steeds in sy maroen Smart-motor, wat in die oprit na sy huis in Retiefstraat geparkeer was, lê. Die polisie is na die toneel ontbied waar hulle Lauks aangetref het met ‘n serp wat deur iemand in sy mond gedruk is. Vinnige arrestasie Vingerafdrukke is op die toneel geneem. Die polisie het ook op bewysstukke beslag gelê wat vir DNS analise weggestuur is. Inligting is opgevolg waarna Tulbagh speurders ‘n deurbraak gemaak en ‘n 29-jarige verdagte vasgetrek het. Steven Witbooi (29) van Tulbagh het 4 Junie vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn.

‘n GROEP van nagenoeg 100-150 omgekrapte inwoners van Pine Valley buite Wolseley, het Maandag 2 Junie reg in eie hande geneem en die treinspoorbrug tussen dié woonbuurt en die dorp versper en motorbande gebrand. Die inwoners is kwaad oor die talle voorvalle van afpersing by spazawinkels, onwettige minibus taxis en die groot getal onwettige immigrante op die dorp.* Die vorige naweek is die soveelste spazawinkel-eienaar of -werker doodgeskiet. Lees berig elders op die bladsy.

VERMOOR: Karl Lauks (73) van Tulbagh.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.28 no.21 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu