Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.20 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald Witzenberg

VOLUME 28 NO. 20

R 10

4-Da gw eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 29 Mei

Vrydag 30 Mei

Saterdag 31 Mei

Sondag 1 Junie

2° 17°

2° 17°

0° 18°

1° 20°

CERES KOEKEDOUW DAM

55,6% TULBAGH DAM

46%

WAVERENSKROON TULBAGH

73%

FRIDAY, 30 MAY 2025

Bronaar vier 60ste bestaansjaar

Lesings geneem: 2025/05/28

Mari Blom 082-928-4472

• Upholstery • Rugs • Office carpets • Office chairs • Matresses • Carpets • Car interior deep cleaning • Lounge suites and couches • Dining room chairs • Outside window cleaning

WE OFFER THE BEST CLEANING SERVICE

Besigheidsperseel (Ceres) te huur vanaf Augustus 2025 • Parkering • 110m² (Onderverdeling beskikbaar) • Sonkrag • Gratis dienste

Skakel Naas 083-228-8585 of Anke 082-797-4636

Telephone: (023) 316-2021 Whatsapp: 066-316-3003 Editorial: nuus@witzenbergherald.com Advertising: erika@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.com

Polisielid in hof na hy onwettig jag ‘n POLISIESERSANT van Kleinvlei en Phillipi-Oos is einde April gearresteer nadat hy onwettig twee duikers in die Droeëhoek-omgewing gejag het. Die voorval het op 20 April omstreeks 00:40 plaasgevind. ‘n Polisielid, sers. Aron Bani (42), is betrap nadat hy na bewering ‘n duiker geskiet en ‘n tweede duiker met ‘n mes doodgesteek het. Toe die P.A. Hamlet polisie hom voorkeer, is die twee duikers toegedraai in plastiek, in sy motor gevind. Daar is ook op ‘n jaggeweer beslag gelê. Bani het op Woensdag 7 Mei in die Ceres landdroshof verskyn waarna die saak tot 20 Junie uitgestel is. Die saak word deur die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester ondersoek.

Baba van 15 maande oud, sterf op Gouda CERES speurders ondersoek ‘n voorval waarin ‘n baba van 15 maande op Gouda dood is. Die polisie se eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) op Ceres ondersoek ‘n babameisie se dood op 17 Mei. Die voorval het twee weke gelede op Gouda plaasgevind toe die baba dood is terwyl sy in die sorg van haar pa gelaat was. ‘n Nadoodse ondersoek moet gedoen word om die oorsaak van die baba se dood te bepaal. ‘n Malawiër (43) van Gouda is later weens immigrasie-oortredings gearresteer en het op 27 Mei in die Ceres landdroshof verskyn. Messteek voorval In ‘n ander voorval is ‘n man van

Nduli dood na ‘n meningsverskil oor R25 vir ‘n bier. Die voorval het Saterdag 24 Mei omstreeks 08:55 plaasgevind. Die oorledene, Teboho Maboe (36), het Saterdagoggend in die straat gestap toe die verdagte, Sipho Letule (38), van voor aangestap gekom en hom vir R25 vir ‘n bier gevra het. Maboe het blykbaar gesê hy het nie geld nie waarna Letule ‘n mes uitgepluk en Maboe daarmee gesteek het. Letule het toe van die toneel gevlug maar is op 26 Mei deur speurders op Malmesbury vasgetrek. Letule het Woensdag 28 Mei vlugtig in die Ceres landdroshof verskyn weens die moord.

NEGE onwettige immigrante is Vrydag 23 Mei op Ceres gearresteer.

Nege onwettige immigrante word op Ceres gearresteer NEGE onwettige immigrante is Vrydag 23 Mei op Ceres gearresteer. Die blitsoptrede is omstreeks 13:40 in samewerking met die Ceres polisie, Witzenberg wetstoepassers, gesondheidsbeamptes, immigrasiebeamptes, die departement van werkskepping en arbeid en personeel van binnelandse sake, van stapel gestuur. Die optrede het saamgeval met ‘n besoek van die nasionale minister van werkskepping en arbeid, Nomakhosazana Meth, aan Ceres. Vier mans van Malawië, een Nepalees, twee Ethiopiërs en een persoon van Lesotho is by JP Potatoes gearres-

teer terwyl een Ethiopiër by Bismillah, oorkant Morrisdale primêr, gearresteer is. Die ondersoek duur voort en die departement sal moontlik boetes aan die twee sakeondernemings uitreik. Hofverskyning Die nege mans, Yunusy Maya (29), Kapil Tamang (25), Ashuda James (27), Salenu Zewude (25), Awol Abe (21), Yusuph Kassim (26), Senate Nkobolane (37), Adam Ismael (34) en Patrick Cassiema (25) moet weer op 30 Mei en 2 Junie in die Ceres landdroshof verkyn.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.28 no.20 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu