Skip to main content

Witzenberg Herald Vol.28 no.15 (Online Weergawe)

Page 1


Appels is ons besigheid - boerdery vier 56 jaar

INWONERS en skoliere het Dinsdag 22 April deelgeneem aan Aardedag (Earthday) om ‘n skoner Ceres te vestig. Die Ceres omgewingsprojek is geloods in samewerking met die Witzenberg munisipaliteit, Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit, CBI, Togryers museum en vriende, die toerismeburo en raadslede. Die Dwarsrivier aan weerskante van Van Bredabrug is skoongemaak. Daar is ook ‘n bewusmakingsaksie in die sakekern geloods waar pamflette uitgedeel is.

Omgewingsprojek word geloods om Ceres skoner te maak

WITZENBERG burgemeester, rdl. Trevor Abrahams, het Dinsdag 22 April saam met ander rolspelers deelgeneem aan ‘n omgewingsprojek op Aardedag (Earthday) om ‘n skoner Ceres te vestig. Die Ceres omgewings-projek is geloods langs die Dwarsrivier waartydens 50 gemeenskapslede meer as 85 sakke vullis opgetel het. Hier is CBI se ondervoorsitter, Anton Reyneke, afgeneem saam met Pieter du Toit (voorsitter van CBI) en rdl. Trevor Abrahams.

DIE bedrogsaak teen ‘n voormalige Witzenberg burgemeester is vroeër die maand vir die vierde keer vir dieselfde rede uitgestel - sodat hy ‘n prokureur kan aanstel. Barnito Klaasen (49) het Dinsdag 8 April in die Malmesbury landdroshof op klagtes van bedrog en alternatiewelik diefstal, verskyn. Die klagtes hou verband met R6.559 miljoen wat hy tussen April 2017 en Oktober 2021 onregmatig vanuit sy prokureurs-trustrekening aangewend het.

Klaasen is op 4 Julie 2024 deur die SAPD se handelsmisdaadeenheid gearresteer nadat die saak reeds in Maart 2022 by RiebeekWes polisie aangemeld is. Die saak is na 7 Mei uitgestel. Klaasen se borgtog van R10 000 is verleng.

Bedrogklagte

Klaasen het op Vrydag 27 September 2024, op ‘n ander bedrogklag in die Tulbagh landdroshof verskyn. Die saak is die betrokke dag deur ‘n nuwe landdros tydelik van die hofrol verwyder sodat Tulbagh SAPD eers hul bedrogondersoek kan voltooi. Die saak is sedertdien nog nie weer op die hofrol teruggeplaas nie. Dié bedrogklag is in Maart 2023 by die Tulbagh polisie aangemeld.

Ek was maar net‘n kind

GEBROKE Weeskind skryf:

VOLWASSENES besef nie altyd die woorde wat hulle vir kinders sê, ’n wond in hul hartjie slaan nie. Julle sien dit as ‘n grap en lag te lekker. Jou grap laat ‘n dogtertjie met ‘n bloeiende hart. Die wonde wat onherstelbare letsels laat. Letsels wat geen terapie, medikasie ooit kan genees, dit bloei dag na dag. Ek leef saam met die wond, voel die warm bloed stroom uit my hart. Niemand sien dit - net ek voel dit, voel hoe bloed warm oor my bors stroom. Dag na dag voel ek dit drup. Die beste manier om myself te beskerm noudat ekself ‘n volwassene is, is isolasie. Isoleer jouself dan kan jy hulle nie hoor nie. Hoe behandel jy jou susterskind soos ‘n slaaf, bediende, huishulp. Is dit vir jou maklik omdat sy nie ‘n ma het nie? Sy het niemand wat luister wanneer sy kla nie? Kla maar by ouma, oupa, oom, tannie. Ek is my pa se oogappel - so jy kla verniet. Hy sal in elk geval nie luister nie. Dit moet lekker wees om die oogappel van jou pa te wees. Iets waaroor ek nog net kon droom. Ek het nie eers ‘n pa gehad nie. Hy het ons gelos en gekies om ander mans se dogters groot te maak. Ek kon niks doen nie behalwe om seker te maak ek kom nie naby hom. Dit is ook ‘n grens wat julle blatant geignoreer het want gereeld het julle my na hom geneem. Na my ma se dood wou ek net vergeet van sy bestaan dalk vergeet ek van die seer, die pyn van verwerping. Dit kon werk maar julle het dit vreeslik vermaaklik gevind om my te herinner aan my pa wat my weggesmyt het. Julle het so lekker gelag wanneer julle my gereeld herinner aan hom met julle grappe. Vir my was dit egter ‘n skerp lem wat deur my siel sny. Jy lyk net soos jou pa, jy het sy neus. Jy het jou pa se suster se stoep-sterre, jy is nie so slim soos ons kinders nie. Selfs my geboortereg het julle my nie ge-

gun nie. Julle het al die geleentheid gehad om julle suster te verbied om julle familienaam aan my te gee. Die vet swart dogtertjie. Hoekom wag tot na haar dood en my daaroor straf. Jy het so gespog oor die R30 onderhoud wat jou pa gestuur het. Dit was vir julle beter as ‘n vermaaklikheidskonsert. Skatterlag. Terwyl ek net ‘n kind was, ‘n kind wat wens haar ma staan uit die dood op en kom vat haar hier weg. ‘n Kind wat met alles in haar net van haar pa en sy familie wou vergeet - maar so het julle seker gemaak dat dit nie gebeur nie.’n Kind wat soveel dae omgewens het sy kan net dood gaan. Dalk kry hulle iemand anders om hulle te vermaak wanneer ek weg is.

Sy moet gewoond raak omdat haar ma ‘n huishulp was? Was dit jou rede? Dat ek die Aspoestertjie-storie in jou huis moes oorspeel dag na dag. Ek het geglo dit is omdat ek nie ‘n ma het nie. Almal wie ‘n ma gehad het, het nie soos ek skottelgoed gewas nie, elke Saterdag wasgoed gewas of elke Sondag mandjies moes leeg stryk nie. Ook kook soos ‘n huisvrou.

Dit was my verantwoordelikheid, my lot. Hoe sê jy, jy treur oor die dood van jou suster terwyl jy haar kind mishandel en emosioneel skeur? Is dit die kind wat moes betaal vir die verlies van jou suster? Moes die kind betaal vir haar pa se gruweldaad? Wat het jou so bitter gemaak dat ‘n kind die prys daarvoor moes betaal? ‘n Weeskind moes die prys betaal.

Mense wees liefdevol, beskermend en ondersteunend teenoor kinders wie hulle ouers aan die dood afstaan op ‘n jong ouderdom. Die verlies van die liefde, beskerming en ondersteuning van ‘n ma laat hulle ongelooflik broos. Geen kind behoort die prys te betaal vir ‘n pa se keuses of dade nie. Wees waaksaam, emosionele skade aan ‘n kind is ONHERSTELBAAR

Ek weet waarvan ek praat. Ek weet - want ek is die slagoffer van familie-grappe.

Laastedrif Agri (Edms.) Bpk., is ‘n gevestigde, kommersiële landbou onderneming, wat spesialiseer in die verbouing van vars groente en vrugte.

Laastedrif bedien ‘n reeks plaaslike supermarkte asook buitelandse markte.

Ons beskik tans oor die volgende betrekking te Ceres-dorp, administratiewe hoofkantoor van die besigheid.

DEBITEURE KLERK

Die persoon vorm deel van ‘n dinamiese span en rapporteer aan die Finansiële Bestuurder.

Verantwoordelikhede en pligte sluit o.a. in:

•Fakturering van debiteure

•Vaslegging en allokasie van daaglikse verkope

•Oplossing van kliënte se navrae

•Monitering van krediet limiete en betalingsterme

•Voorbereiding van debiteure state

•Voorbereiding van weeklikse- en maandelikse verslae

•Ander administratiewe take soos vereis word.

Vereistes benodig :

•Toepaslike finansiële kwalifikasie sal die aansoek versterk

•5 Jaar ondervinding in ‘n soortgelyke pos

•Goeie rekenaar- en Excel vaardighede word benodig

•Sterk administratiewe vaardighede

•Vermoë om onder druk te werk

•Konstante dissipline t.o.v. afhandeling en nakoming van sperdatums

•Goeie kommunikasievaardighede in Afrikaans en Engels

Vergoeding : Markverwante vergoedingspakket en pensioenvoordele word aangebied.

Belangstellende kandidate wat aan die bogenoemde kriteria voldoen, word versoek om ‘n gedetailleerde CV te e-pos na: innis@cillie.co.za

Sluitingsdatum vir aansoeke: 9 Mei 2025

Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang het nie, moet u asb aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.

Laastedrif Agri (Edms.) is ‘n gelyke geleentheid werkgewer, en alle gekwalifiseerde aansoekers sal oorweging vir indiensneming ontvang sonder inagneming van ras, kleur, godsdiens, ouderdom, geslag, nasionale oorsprong, gestremdheidstatus, genetika, beskermde veteraanstatus, seksuele oriëntasie, geslagsidentiteit of -uitdrukking, of enige ander kenmerk beskerm deur regeringswette.

Vir meer inligting rakende die besigheid, besoek gerus ons webtuiste by: www.laastedrif.co.za.

DIE jaarlikse VGK Ceres Paasbasaardag is die naweek weer op Ceres aangebied. Inwoners en besoekers van heinde en ver kom kuier en ondersteun die gewilde basaar. Tafels het weer gekreun met potte wat vol potjiekos was, daar is lekker gebraai en onder die uitstrektent het vriende gekuier en allerhande lekkernye geniet. Daar was vrugte en groente vir Afrika en outydse basaarmandjies. Die kerk se jeuggroep, begelei met kitaar en klavier, het sommige se danslus laat ontwaak. Alles in lekker feestelike geestelike atmosfeer en om geld vir die Here se werk te verkry. 2026 word daar weer so gemaak.

nuusbrokkies

INWONERS in die Witzenbergstreek word gevra om boeke wat nog nie teruggebring is nie, na die verskillende biblioteke in die streek terug te bring sonder om enige boete te betaal. Vanaf 21 Maart tot 21 Mei sal geen boetes op laat boeke gehef word nie.

CERES krisante skou vind Saterdag 10 Mei plaas in Ceres stadsaal. Die skou open om 11:00. Verversings en blomme sal te koop aangebied word. Vir navrae skakel André Pedro by 083-5484-851.

MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie. Indien jy deel wil wees daarvan, skakel gerus vir Tina 073-950-7380, Yolanda 073-919-3903 of Esmerelda by 071-866-8842

DIE Ceres Sekondêr matriekklas van 2005 hou hul 20 jaar reünie. Vir enige navrae kan die volgende persone geskakel word: Arno Vergotine - 073-591-1427, Henrico Fransman - 060-626-7723, Melony Meyer - 078-7597206 of Jo-Wayne Pedro - 083-387-2990.

DIE Robertson Geskiedenis Gilde nooi belangstellendes uit na hul maandelikse byeenkoms op Donderdag 15 Mei om 18:00 vir 18:30 stiptelik by die NG Kerk Sy Saal. Adv. Jan C. Heunis SC (seun van oud minister Chris Heunis) is die gasspreker. Sy praatjie sal handel oor: Binnekring - Skerm storiesFW, Cyril, ens. Slegs ‘n beperkte aantal kaartjies is teen R50 p.p. beskikbaar. Kaartjies kan by die Robertson museum tussen 9:30 en 13:00 gekoop word. Vir navrae en kaartjies skakel Wyona Ramsauer by 082-740-7532

We are looking for a PARISH SECRETARY with a strong Anglican background that will report directly to the Rector, Parish Priest and Church wardens to provide an effective and efficient administrative support, to ensure the smooth and efficient operation and management of the Parish Office.

QUALIFICATIONS & EXPERIENCE: • Grade 12 and at least 2 years experience in office administrative duties.

KEY ACCOUNTABILITIES:

•Manage Parish office, establish and maintain a professional, effective, efficient, warm and friendly office atmosphere and service in the reception and parish office area;

•Screen Rector visits and manage access to the Parish office;

•Attend all Parish council meetings, to record the minutes;

•Prepare documents for Parish services and meetings;

•Administrative, secretarial and clerical support to office & staff;

REQUIREMENTS:

•Maintain Christian character and should at all times be neatly groomed and appropriately attired for office work;

•Be proficient in communication and interpersonal skills;

•Accuracy and attention to detail;

•Excellent organizational skills and ability to multi-task;

•Proficiency in secretarial, bookkeeping and computer skills.

SHOULD YOU MEET ALL THE REQUIREMENTS, PLEASE

E-MAIL YOUR CV (ID, MATRIC CERTIFICATE INCLUDED) TO: peanutsnc@gmail.com

CLOSING DATE FOR APPLICATIONS: 28 April 2025

EMPLOYMENT ACCEPTANCE: As soon as possible

Should you not receive any feedback two weeks after closing date, please consider your application unsuccessful.

DIE Togryers museum se konferensiefasiliteit is oor naweke beskikbaar vir verhuring vir klein funksies en werkswinkels/opleiding. Skakel die museum vir meer inligting by (023) 312-2045 of stuur ‘n e-pos na togryersmuseum@ gmail.com

INWONERS in die Witzenbergstreek word gevra om boeke wat nog nie teruggebring is nie, na die verskillende biblioteke in die streek terug te bring sonder om enige boete te betaal. Vanaf 21 Maart tot 21 Mei sal geen boetes op laat boeke gehef word nie.

MATRIEKULANTE van 1995 hou hul 30 jaar reünie.

ST. ANDREW’S CHURCH, CERES

Waterprobleme plek-plek beter

DIE afgelope paar maande het inwoners van Wolseley en Tulbagh gereeld gesukkel met lae waterdruk, watergehalte en by tye geen watertoevoer.

Wes-Kaap regering het vroeër die maand ‘n oorsigbesoek gebring om hul te vergewis van die voortdurende wateruitdagings op Tulbagh. Die hoë vlak besoek het ten doel gehad om eerstehandse insig te verkry oor kwessies wat watervoorsiening en waterinfrastruktuur in dié dorp raak.

Die afgelope week is Tulbagh se sandfilters voltooi en kontrakteurs het Woensdag met toetse begin. Die beplanning is om voor die einde van die week oor te skakel.

Die Wes-Kaap regering sê om toegang tot skoon water te verseker is ‘n prioriteit en hul werk nou saam met die Witzenberg munisipaliteit om praktiese en doeltreffende oplossings te vind.

Wolseley waterprobleme

Wolseley sukkel ‘n geruime tyd met lae waterdruk en by tye geen watertoevoer.

Die munisipaliteit ondervind veral gedurende die wintermaande of na swaar reën probleme met die dorp se hooftoevoer vanaf Tierhokskloof.

‘n Projek van meer as R23 miljoen is tans aan die gang om die bestaande hoof watertoevoerlyn te vervang asook die konstruksie

van ‘n nuwe uitkeerstruktuur.

Die pypleidingsgedeelte van die projek behoort teen einde Meimaand klaar te wees en die uitkeerstruktuur teen Augustusmaand. Die huidige watertoevoerprobleme sal dan opgelos wees.

Die afgelope maand het die Witzenberg munisipaliteit probleme ondervind met die watertoevoer wat veroorsaak het dat die reservoir-vlakke drasties gedaal het wat weer veroorsaak het dat sekere woonareas, baie swak waterdruk ondervind het. Die munisipaliteit sukkel om reservoir-vlakke vir Wolseley op te kry.

Tans is dit nog laag maar alle woonareas het water. Invloeie word 24-uur per dag deur munisipale personeel gemonitor.

Woensdag is daar oorgeskakel na ‘n tydelike invloeikas aangesien die kontrakteur reeds met werk aan die bestaande en nuwe inlaatstruktuur begin het. Invloeie was beter en is die munisipaliteit hoopvol dat reservoir-vlakke nou sal styg.

Waterkwaliteit

Gerugte dat die waterkwaliteit in die munisipaliet se bedieningsarea nie geskik is vir menslike gebruik nie, is ongegrond en onwaar. Dit word volgens wetgewing elke maand getoets. Die munisipaliteit doen ook weeklikse monitering.

Polisie soek al 3 weke na vermiste man

SIVIWE Sonti (26) van Nduli word vermis. Indien die gemeenskap meer inligting het oor Sonti, kan hulle vir sers. Zimri skakel by (023) 316-8500.

Moordsaak teen twee verdagtes uitgestel tot Meimaand

TWEE mans wat vasgetrek is vir die moord van ‘n 62-jarige man, moet Meimaand weer in die hof verskyn.

Die oorledene, Sakiysi Nyathi wat vir Oslo Fruiters op Ceres gewerk het, is op 21 Maart met ‘n mes in die nek gesteek. Die moord het omstreeks 16:40 in Retiefstraat naby Kaap Agri, plaasgevind.

Nyathi het van die werk gestap toe hy deur die twee mans gekonfronteer en beroof is van sy selfoon.

Nkokheli Tyokolo (30), ‘n bergslaper, is kort na die moord op Dinsdag 25 Maart by sy blyplek in die berg vasgetrek. ‘n Tweede verdagte, Romeo Constance (42), is ‘n week later op Donderdag 3 April vasgetrek.

Die saak teen beide mans is na 7 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

Hulle bly in aanhouding.

Roof en diefstal

Constance verskyn ook in Ceres landdroshof op ‘n onverwante klag van roof en diefstal.

Hy het na bewering ‘n persoon in November 2024 in Lyellstraat gedreig met ‘n mes en van ‘n onbekende bedrag geld beroof.

Die saak is na 8 Mei uitgestel vir verdere ondersoek.

FAIRFIELD primêr wil hul opregte dank oordra aan die personeel van Warmbokkeveld Korrektiewe dienste vir die skenkings van skryfbehoeftes en skoolklere aan hul leerders. Dankie vir ‘n besonderse dag waartydens die leerders bederf is met lekker eetgoed en ‘n springkasteel.

Appels is ons besigheid - boerdery vier 56 jaar

BYKANS ‘n eeu gelede het die Hanekom’s se oupa die familie in die Witzenbergstreek gevestig - die plek waar sy nageslag nou nog op verskeie plase met groot sukses boer.

Hannes Hanekom, sy broer, Sakkie en hul pa, Izak Hanekom, se 200 hektaar boerdery bestaan uit die plase Welgemeen en Slagboom, waar hulle die afgelope 56 jaar boer, meestal met appels.

Die Hanekom-familie produseer ook pere op hul plase Welgemeen en Slagboom. Om kontantvloeistabiliteit te verseker en hul natuurlike hulpbronne te benut, produseer hulle ook uie en uiebolle vir saadproduksie. Boerdery vier spog toekenning Welgemeen boerdery het tydens die onlangse Ceres Fruit Growers (CFG) se jaarlikse prysuitdelingsfunksie, die toptrofee vir algehele beste prestasie ontvang. Hulle was ook die eerste ontvangers van die Buks Nel wisseltrofee vir die beste prestasie met BigBucks Gala appels. Die boerdery het ook die trofeë vir Golden Delicious, Abate Fetel en Mahana Red ontvang.

“Appels is ons besigheid. Verlede jaar was ‘n ongelooflike seisoen en ons was werklik geseënd. Die klimaat hier met sy genoegsame koue eenhede is gepas vir die verbouing van appels en daarom plaas ons die grootste fokus op ons appels” sê Hannes Hanekom, wat aan die hoof staan van Welgemeen boerdery se bedrywighede.

in ons area maar BigBucks Gala is beslis ons suksesstorie” sê Hanekom.

Die Witzenbergvallei se klimaat is volgens hom baie voordelig as dit kom by verbouing van BigBucks Gala en hulle het nog nooit hitteskade op die appels gehad nie.

Hannes vertel verder dat hulle aan die begin genoeg van die kultivar aangeplant het om dit beter te leer ken en lesse daaruit te leer. Boonop is die kultivar ‘n uitstekende presteerder in die streek.

“Ons het vroeg reeds besef dat ons boerdery nie al die appels van hierdie kultivar op dieselfde tyd kan pluk nie, want dit is baie moeilik om vas te stel of dit ryp is of nie. Tydens oestyd gaan ons twee of drie keer deur die boordeen ons plukkers wat almal goeie opleiding ontvang het - pluk slegs die appels wat ryp en gereed is”.

“BigBucks is nie net ‘n suksesstorie op ons plaas nie maar ook in Suid-Afrika - ‘n trotse

Suid-Afrikaanse kultivar.”

Stadig oor die klippe

Een ding wat die span van Welgemeen boerdery oor die jare geleer het, is om te veel, te vinnig te doen nie.

“Dit is belangrik om voor te bly en uit te brei, maar nie te vinnig sodat jy te veel risikos skep nie”.

Wanneer Hannes voor moeilike besluite te staan kom, onthou hy altyd sy ouma se raad.

iets aan te plant en veral appels, want dit is baie duur om ‘n appelboord te vestig”. Hanekom vertel verder dat hul lank gelede geleer het dat alles nie altyd werk nie en daarom werk hulle nou saam met belangegroepe soos Tru-Cape en Ceres Fruit Growers. By hulle leer die Hanekoms meer danksy die beskikbare kundigheid en navorsing maar bly ook op hoogte van wat in die landboubedryf aangaan.

Hannes en Sakkie bly aan die voorpunt van nuwe variëteite en onderstokke deur inligting wat deur CFG en Tru-Cape gedeel word, weer op klein skaal op die plaas te beproef.

“Met verloop van tyd leer jy watter grondtipes en hellings die beste by verskillende onderstamme pas, maar daar is geen universele reël nie. Wat op ‘n naburige plaas werk, werk dalk nie op joune nie. Daarom eksperimenteer ons voortdurend”.

Deesdae is daar soveel verskillende tegnologie wat deur boerderye gebruik kan word om ‘n plaas so doeltreffend as moontlik te bestuur maar Hannes sê hulle is baie selektief as dit kom by die gebruik daarvan.

“As dit kom by ‘n afdeling soos die pakstoor, moet ons op die voorpunt wees met tegnologie omdat ons nie kan bekostig om agter te raak nie. Hier kan die gebruik van tegnologie ‘n enorme verskil maak oor hoe vinnig en doeltreffend ons werksvloei is”.

tegnologie wat meer akkurate weervoorspellings bied. Daar is altyd iets nuuts en opwindend op die mark, maar ons het ook al met tyd geleer om versigtig te wees en soms ‘n bietjie te wag. Daar is dalk iets beters op die mark wat meer doeltreffend is.”

Beplanning vir die toekoms

As ’n derdegenerasie-familieplaas glo die Hanekoms in oop gesprekke en proaktiewe beplanning om verwagtinge te bestuur.

“Ons betrek kundiges om ons te help om vir die toekoms te beplan en die volgende generasie se oorgang na die besigheid te fasiliteer. Dit is belangrik om hierdie besprekings vroeg te voer, strukture in plek te stel en ‘n diepgaande begrip van die plaas se bedrywighede te ontwikkel”.

Hannes vertel dat hulle na al die jare die basiese peste en plae wat gepaardgaan met vrugteboerdery, onder beheer het maar met die klimaat wisselvalligheid, is dit nie altyd ‘n gegewe nie.

“Daar is altyd risikos met nuwe en vreemde goggas wat voorkom en ‘n impak kan hê op ons vrugte. Daarom werk ons nou saam met kundiges wat meer as ons weet van peste en plae en hoe om dit te beheer. Met die nodige kundigheid kan ons self die nuwe probleme hok slaan”.

BigBucks Gala ‘n suksesverhaal

Van die begin van die BigBucks Gala-appelkultivar se ontstaan was Welgemeen boerdery een van die produsente wat ‘n kans met die kultivar gevat het. Iets wat beslis tot hul voordeel was.

“Ek ken oom Buks (wat die kultivar ontdek het), baie goed en ons het geglo dat die kultivar baie goed sal aard in ons vallei”.

“Al die Gala-appelkultivars presteer goed

Baie geluk WELGEMEEN BOERDERY met jul uitstaande prestasie en toekenning. Ons is trots op ons jarelange verbintenis met die Hanekom-familie.

“Ouma Lettie Hanekom het altyd gesê: Kom tyd, kom raad. Impulsiewe besluite lei dikwels tot ongunstige uitkomste. Neem ‘n ekstra oomblik om te dink voordat jy optree. En bowenal, bly op jou knieë! Die vrugtebedryf hou jou nederig - baie van wat ons ontvang is onverdiend.”

Tegnologie en variëteitsinnovasie

Hannes sê dat hulle altyd iets in die mou voer as dit kom by onder meer nuwe kultivars en om nuwe tegnologie aan boord te bring. Hulle glo ook in deeglike navorsing om seker te maak die boeke klop as jy verandering aanbring. “Dit is ‘n enorme risiko om sommer net

Fabricius Meganiese

Dienste bied ook die volgende dienste aan:

• Koop en verkoop van landboutoerusting

• Verhuring van trekkers

• Diens en herstel van landboutoerusting en implemente

Skakel gerus vir enige kwotasies en navrae: Philip 082-784-6599

Protealaan 28, Op-die-Berg fabricius@fabricius.co.za

Baie geluk aan Welgemeen en al sy mense, met 56 jare van sukses en vooruitgang!

“As dit kom by die boerdery en produksie, is die bestuurspan meer selektief oor wat gebruik word. Daar is baie tegnologie beskikbaar maar nie alles het ‘n positiewe invloed op ons wins nie. Ek maak altyd eers die som en kyk of dit ons gaan help om of geld te spaar of om meer wins te maak.”

“Ek vra myself altyd - gaan spesifieke tegnologie die produksieprosse verbeter? Ons produseer appels en teen die tyd weet ons om dit te doen. Tegnologie gaan nie daarmee help nie maar dit kan help met ander afdelings op die plaas”.

“Ons gebruik van die nuutste tegnologie soos geprogrameerde besproeiing, ‘n program wat die uitwerk van lone vergemaklik en

CONRADIE VERVOER

Deon Conradie ☎ (023) 313-3705 082-658-5429 deonconradie57@gmail.com

Hartlik geluk Welgemeen Boerdery met jul 56ste bestaansjaar en uitmuntende prestasie. Ons is trots op ons verbintenis van byna drie dekades lank.

☎ (023) 312-2055james@redantagri.co.za www.redantagri.co.zaPorterstraat 13, CERES Baie geluk aan die Hanekom-familie van Welgemeen Boerdery met jul uitsonderlike prestasie!

“Ons boer in ‘n baie koeler area en ons moet goed aanplant wat in dié klimaat aanpas. Tog moet ons ook stappe neem om die vrugte teen natuurlike elemente te beskerm. Ysreën en hael is twee weerverskynsels wat ‘n groot impak kan hê op ‘n oes en groot skade kan veroorsaak.

“Deel van ons toekomsplanne en nuwe uitbreidings, is om nette op te sit wat die vrugte beter beskerm. Die nette kos egter baie geld maar dit is ‘n belegging wat kan help om sonskade te beperk en dat water nie so gou verdamp nie.”

Hierdie familieboerdery sien uit na die toekoms en veral vir wanneer die nuwe generasie die besigheid gaan betree.

Ons is trots op ons verbintenis met Welgemeen Boerdery. Baie geluk met jul 56ste bestaansjaar asook die uitstaande toekenning. ☎ ☎ ☎ (023) 313-3596

Fields ahead in crop care services, agrochemicals and support h/v Rietief- & Cilliersstraat 35, Ceres

Ons wens graag die Hanekom-familie van Welgemeen Boerdery baie geluk met die eerste Buks Nel-Wisseltrofee vir die beste prestasie in die Bigbucks Gala! Dit is vir ons ‘n besondere voorreg om ‘n volhoubare en suksesvolle pad saam met julle te kan stap.

(023) 316-2170 l www.nexusag.net

WELGEMEEN boerdery het tydens die onlangse Ceres Fruit Growers (CFG) se jaarlikse prysuitdelingsfunksie, die toptrofee vir algehele beste prestasie ontvang. Hier oorhandig Francois Malan (links), besturende direkteur van CFG en ‘n Tru-Cape aandeelhouer, die trofee aan Hannes.

WELGEMEEN BOERDERY

baie geluk met jul 50+ jare in besigheid asook die uitstaande prestasie en toekenning!

Ons is saam met julle trots en dankbaar vir ‘n mooi besigheidsverhouding. Ons sien uit na nog baie groot suksesse vir die toekoms. Altus, Gerrit & personeel

☎ (023) 312-3152

DU PLESSIS AUTO t/a

AUTO-ELECTRICAL &

Arionstraat, Ceres

☎ ☎ ☎ ☎ (023) 312-3450/1

NA-URE: 083-5561-867

Ons is trots op ons verbintenis met WELGEMEEN BOERDERY.

Baie geluk met die herdenking van jul 56ste bestaansjaar en die uitmuntende prestasie.

Appels is ons besigheid

WERKSWINKEL & HERSTELWERK

☎ ☎ 079-986-7418

Boerneefstraat, Ceres ✉ ✉ 340, Ceres, 6835 yolanda@tsvragmotors.co.za

WELGEMEEN BOERDERY

Baie geluk met julle 56ste bestaansjaar. Dit is ‘n groot voorreg om met julle besigheid te doen.

Beste wense aan WELGEMEEN BOERDERY!

Mag ons jarelange besigheidsvennootskap, bydra tot jul toekomstige suksesse. Vosstraat 72, CERES 6835

(023) 312-1124 083-268-7417 Jannie

ONE STOP DIY STORE. FOR ALL YOUR HARDWARE, BUILDING AND PAINT SUPPLIES CERES MICA HARDWARE

KARSTEN HARDWARE AND BUILDING SUPPLIES

- CO REG NO: 2015/197291/07 28 RETIEF STR, CERES, 6835 Nuwe besigheidsperseel (tussen Agrico en V/D Merwe Houtsaery)

WELGEMEEN BOERDERY.

Baie geluk met jul 56ste bestaansjaar en besonderse toekenning ontvang!

(023) 312-1053fanie@reidsmica.co.za sales1@reidsmica.co.zasales2@reidsmica.co.za

Baie geluk aan Welgemeen Boerdery met jul 56ste bestaansjaar en groot prestasie behaal. Alle voorspoed en sukses vir die pad vorentoe.

Mnr. Willem Visser 082-253-7024

☎ ☎ (023) 316-1131 willem@shelantiagri.co.za

Voortrekkerstraat 82 ☎ ☎ (023) 312-2261 / 082-577-7169 johan@jrt.co.za

WELGEMEEN BOERDERY

Baie geluk met jul 56ste bestaansjaar asook jul uitstaande prestasie en toekenning

• Platbakvervoer • Tipbakvervoer

• Kalk / Gips • Sand / Klip / Stene

Oogkundige

Kontaklenspraktisyn

Contact Lens

Practitioner

Optometrist  (023) 312-3060

SKAKEL OF WHATSAPP: 072-951-2874 DE KEURSENTRUM 2, CERES 6835

Voortrekkerstraat 37

467, Ceres 6835

(023) 004-0595

Faks: 086-407-6707 Reg no:

CONTACT DETAILS : Conrad Jurg (TECHNICIAN) 082-341-1240 info@bdktech.co.za

Maryna de Villiers (SALES)

classifieds

Skakel ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. 60 Jaar+ diens gekwalifiseerd. Wessel de Beer 060619-2758 of 082704-3276 w.t.o.

SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing

•Auto Electrical

•Aircon regassing

Voortrekkerstr., Ceres

☎ (023) 312-1254

☎ (023) 312-1274

Ons installeer en versien alle elektroniese alarm- en kamerastelsels

Skakel Ernest (023) 316-1117

SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS

(023) 004-0595 ctsales@bdktech.co.za AND ART FRAMING

Whatsapp of skakel 082-821-3610

op op spesialespesiale vv verer ersoek*soek* soek* *Terme en voorwaardes geld

Ceres Alarms and Guarding Bespreek hierdie spasie

06/11/1995 - 28/04/2011

Shannon, onse Engel, die 28ste April 2025 is dit alreeds 14 jaar dat jy by Liewe Jesus is. Ons verlang nog steeds so baie na jou. Jy sal altyd in ons harte voortleef. Liefies altyd. Mammie, uncle Griffen, Tanna & Uncle Mike

Annelize (Geduld) Mabasa (Lizie)

1978/01/27 - 2017/04/25 Sus, agt jaar gelede het jy skielik heengegaan en soms is dit steeds so onwerklik. Ons het darem al geleer om met ons lewens voort te gaan, maar die verlange is baie groot. Jou klokhelder stem is stil, maar ons hoor dit weerklink wan-neer ons van jou praat! Rus sag tot ons weer ontmoet. Van Griffen en Geraldine

Garene (Warries) Mollet

1991/06/27 - 2021/04/23

Garene, dis al weer vier jaar sedert jy ‘n Engel geword het. Die vermisting is baie groot, maar soos met al ons ontslape geliefdes, bly jul nagedagtenis lewend in ons harte. Van Daddy, Mammie Geraldine, Oom Mike en Aunty Des, Matthew en Jasmine, Morné en Malakhai

R40 per koerant bondel te koop by Witzenberg Herald se kantore. Skakel (023) 316-2021.

Silent inverter generator • Gas geyser • 160L water tanks • 2 x Dryers All equipment included. In very good condition R120 000 o.n.c.o. Whatsapp 082-947-0734 for more information DOG GROOMING MOBILE BUSINESS

Boland Roll on Lawn

Verskaffing, aflewering en pak van

ON LAWN” Skakel 082-859-2300

CPH Groep. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Hanlie 086-111-5193 rek C27 m.t.o.

Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o.

Shannon Morris

LAERSKOOL F.D. Conradie is trots op drie leerders wat in provinsiale hokkiespanne opgeneem is. VLNR: Herchell Shiba (seuns o/13 Barlinka-span), Geo-Wayne Ambraal (seuns o/13 Boland Shiraz-span) en Ferran Snyders (meisies o/13 Barlinka-span). Die hokkiespelers gaan vanaf die 29 Junie tot 2 Julie aan hokkietoernooie deelneem.

Cara voer dialoog op by KKNK

CARA Erwee van Charlie Hofmeyr het op 1 en 2 April by die 29ste KKNK-fees in Oudtshoorn opgetree. Sy het ‘n dialoog opgevoer saam met Alison Jegels, ‘n leerder van Pionierskool op Worcester. Hierdie stuk was een van 15 stukke wat in Oktober 2024 by die Woordfees opgevoer was. Uit die 15 dialoë is slegs 8 gekies vir die KKNK.

JONG fotograwe van die Witzenbergstreek en lede van die Photographic Society of South Africa (PSSA) het verlede jaar internasionaal uitgeblink. VLNR: Christelle Engelbrecht, Phillip de Lange van Wolseley en nasionale direkteur PSSA Jeug, Ane Sauer en Sofia van der Merwe.

Jong fotograwe blink internasionaal uit

JONG fotograwe van die Witzenbergstreek en lede van die Photographic Society of South Africa (PSSA) het onlangs aan die Eurasia Noframes Russia 2024 fotokompetisie deelgeneem en besonder goed gevaar.

Meer as 17 000 fotos is vanjaar vir dié kompetisie ingeskryf en die jong fotograwe se werk het kop en skouers bo die res uitgestaan.

PSSA se jeug het in April 2024 deelgeneem aan die kompetisie en fotograwe is genooi om die prysuitdeling en kongres in Junie 2024 in Rusland by te woon. Weens finansiële beperkings, die voortslepende oorlog en sanksies kon jeugfotograwe nie dit self bywoon nie.

Om die medaljes en sertifikate in Suid-Afrika te kry, was ook ‘n logistieke nagmerrie weens die posdienste en vlugte tussen S.A. en Rusland wat nie meer funksioneer nie.

Die Russiese ambassade het egter uit hul pad gegaan om die jongmense te help en het hulle die afgelope week die posstuk vanaf Chelyabinsk tot in Suid-Afrika gebring. ’n Spoggerige prysuitdelingsgeleentheid is toe by die Russiese ambassade in Pretoria gehou waar die Charlie fotograwe se medaljes en sertifikate oorhandig is.

Goeie fotograwe

“Suid-Afrika se fotograwe presteer baie goed op internasionale vlak en ek dink die groot rede daarvoor is die variëteit in ons fotografie. Rusland se fotograwe, is byvoorbeeld briljant met portretfotografie, waar fotograwe uit Suid-Afrika oor die algemeen baie veelsydig is” sê Phillip de Lange van Wolseley en nasionale direkteur PSSA Jeug. Riaan Engelbracht (10) van die Koue Bokkeveld het vanjaar die Judge’s Choice-toekenning gewen en is een

van die jongste fotograwe wat aan die kompetisie deelgeneem het.

Die jeugfotograwe het werklik goed gevaar in vanjaar se kompetisie en hul uitslae was as volg:

● Die PSSA Youth Photographers of South Africa het ’n spesiale toekenning ontvang vir beste klub, Anjani Kara (13) van Charlie Hofmeyr, het ’n brons medalje ingepalm vir kleurfotografie (10 tot 13 jaar oud).

● Thomas Bothé (18) se foto in die “Inanimate art-kategorie” het gewen. Hy het ook twee goue medaljes ontvang in ander kategorieë.

● Rian Engelbrecht se foto: Rustende Rooikat, het vir hom die Judge’s Choice-toekenning besorg.

● Charl Conradie (17) van Charlie Hofmeyr, het ook weggestap met ’n Judge’s Choice-toekenning en ’n goue medalje vir landskapsfotografie verower. Hy het ook ’n brons medalje ontvang.

● Anine Engelbrecht (17) van Charlie Hofmeyr, se liefde vir diere-fotografie het vir haar ’n silwer medalje besorg.

● Liza du Toit van Charlie Hofmeyr, het ’n silwer medalje gewen vir landskap-fotografie.

Charlie skoliere het ook aan die PSA Youth Showcase van Amerika deelgeneem. Hoërskool leerlinge van dwarsoor die wêreld mag hieraan deelneem en elke skool mag net 8 fotos inskryf.

Charlies se fotograwe het as volg presteer: Sofia van der Merwe (eerste plek), Ané Sauer (tweede plek), Chloe Sarikaki (meriete sertifikaat) terwyl Anandi van As, Charl Conradie, Anine Engelbrecht, Christelle Engelbrecht, Jani van der Merwe, Liza du Toit en Jaco Winterbach se se fotos almal aanvaar was wat Charlie Hofmeyr ‘n 100% suksesvolle inskrywing gegee het.

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 17D, Ceres en gedruk deur Novus Print, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Wincen wen kompetisie

WINCEN Abrahams het Saterdag 19 April skitterende gholf gespeel om die enkel stableford klubkompetisie met 44 punte te wen. Glennie Nasson was tweede met Harry Hewitt in die derde plek, beide met 39 punte. Hannes Beeslaar was vierde met 37 punte. Saterdag-kompetisies

Op Saterdag 26 April word ‘n beterbal stableford (Standard Bank pare) aangebied. Meimaand kompetisies: Enkel houespel kompetisie op 3 Mei, op 10 Mei word ‘n beterbal stableford kompetisie aangebied, op 17 Mei ‘n enkel syfer plus, op 24 Mei ‘n beterbal stableford (Standard Bank pare) en op 31 Mei ‘n enkel stableford kompetisie. Putjiespelkompetisie

Die enkel putjiespel finaal is afgehandel met BJ Claasen wat Bjorn Zimri met 5 en 4 geklop het. Die pare putjiespel finaal moet teen Sondag 27 April afgehandel wees. Sosiale gholf

Spelers kan Vrydae vanaf 15:00 deelneem aan ‘n Sundowner kompetisie teen R120 vir 9 putjies. Die kompetisieformaat is individuele stableford. Klublede en besoekers kan ook van Maandag tot Donderdag R60 betaal vir 9 putjies en op Sondae R150 vir 18 putjies.

Spelers moet die klub skakel by (023) 3123068 vir besprekings.

* Spelers moet daarop let dat die klub se setperke gehollow tine is.

Sport Witzenberg Herald

DIE naweek het Kalos (Waboomskraal) vir Wakkerstroom Rangers maklik geklop in ‘n Vlakkie-krieketligawedstryd wat op P.A. Hamlet beslis is. Kalos het 184 lopies in 20 boulbeurte aangeteken. Wakkerstroom het moedig probeer maar is gou vir 71 lopies in 12 boulbeurte uitgehaal.

SATERDAG hervat rugbyklubs hul ligaverpligtinge na ‘n langnaweek waartydens geen wedstryde plaasgevind het nie. Bella Vista speel gasheer vir Ceres. Die derbystryd beloof om vir goeie, opwindende rugby tussen die twee buurklubs te sorg. Hamlet pak Newtons, Delicious speel tuis teen Temperance en Wolseley en Hillcrest meet kragte. Roses United en Young Blues sê mekaar die stryd aan en Villagers Newton speel teen Evergreens Paarl. Plaaslike ondersteuners word gevra om die klubs te ondersteun.

TULBAGH sosiale krieketunie het vanaf 18 tot 20 April ‘n suksesvolle kriekettoernooi op die plaas Vrolikheid aangebied. Die uitslae is as volg: Die Pukke wen die toernooi met die Dolphins in die tweede plek en die Kings in die derde plek. * Die bestuur bedank Vrolikheid dat hulle ingestem het dat die toernooi daar kon plaasvind. Dankie ook aan al die klubs wat deelgeneem het, toeskouers en laaste maar nie die minste - die bestuur.

FOTO: Trevor Felix

Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Witzenberg Herald Vol.28 no.15 (Online Weergawe) by Witzenberg Herald - Issuu